c urant
dié
1 Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
19 April 2017
21.1%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 416
19 April 2017
Swartland trek herfskleed aan
Dit kwik draai anderkant 30 grade in die Swartland, maar plek-plek begin die bome en plante 'n herfskleed aantrek. Die blare verkleur na bruin of brons, terwyl die wolkbanke van tyd tot tyd dig oor die streek hang, sonder enige lafenis van 'n bietjie reën. By Nuwerus in die Darling-distrik, staan die karkas van 'n gebou wat al talle seisoene meegemaak het, en wag vir die komende winter en koue weer wat steeds die streek ontwyk.
•KONSEPBEGROTINGS BEKYK - KRAG MIN OP
Water styg skerpste
Watertariewe sal die skerpste toename op munisipale rekenings toon as die konsepbegrotings van die Swartland en Bergrivier-munisipaliteite deur hul onderskeie rade goedgekeur word. Dié twee owerhede se konsepbegrotings vir 2017/2018 maak voorsiening vir 'n styging van onderskeidelik 12% (Swartland) en 7,9% (Bergrivier) in die tariewe vir waterverbruik. Daarteenoor is die voorgestelde styging in elektrisiteitstariewe vir die komende jaar, soos voorgeskryf deur Nersa (nasionale Energiereguleerder), 1,88% (Swartland) en 2.11% (Bergrivier).
• Swartland Munisipaliteit (SM) Die voorgestelde tariefverhoging sal die kostes van water van R11.23/kl na 12.58/kl (vanaf 4kl tot 25kl) verhoog. Die 4kl gratis water per huishouding is vir 2017/2018 se finansiële jaar na 3kl gratis water verlaag. Die 8kl gratis water vir deernishuishoudings is na 7kl verlaag. In ‘n poging om die munisipale rekening bekostigbaar te hou, die finansiële volhoubaarheid van die munisipaliteit te verseker en die geloofwaardigheid van die meerjarige begroting te verbeter, sal die gemiddelde verhoging op huishouding vir die 2017/2018 se finansiële jaar min of meer tussen 5.5% en 6.5% wees. Die munisipaliteit se begrote inkomste uit tariewe en belasting, het met 5.2% van R647 894 024 na R681 697 053 gegroei, terwyl die bedryfsuitgawe (voorgestel) van R636 140 909 na R664 504 937 (4.5%) styg. Elektrisiteitstariewe se voorgestelde verhoging vir rekeningkliënte is vanaf R0.84 per eenheid tot R0.8558 vir gebruik tussen 0 tot 50kWh.
Vanaf 51 tot 350kWh verbruik, klim die tarief van R1.08 tot R1.1003. Vanaf 351 tot 600kWh verbruik, styg die tarief van R1.52 tot R1.5486 en bo 600kWh verbruik is die konseptarief voortaan R1.8237 teenoor die huidige R1.79 per eenheid. Die voorgestelde sanitasie en vullisverwyderingstariewe styg met ‘n gemiddelde tariefverhoging van 6% elk. Vullisverwydering het in die 2016/2017-boekjaar R107.18 beloop en daar word nou vir die 2017/2018-boekjaar voorgestel dat die tarief styg tot R113.61 per maand. Die voorgestelde verhoging vir belastingtariewe vir residensiële eiendom is ook 6%. Dit is van 0.5449 sent tot 0.5776 sent. Die verhoging vir belastingtariewe vir sakeeiendom is 8%. Daar is voorgestel dat landbou-gebiede ‘n afslag van 75% (dié tarief is 25% van residensieel) ontvang. Die totale konsep-kapitaalbegroting vir 2017/2018 beloop R84 433 miljoen, nadat dit verhoog het van die huidige R81 428 miljoen. Onder die algemene aanbevelings wat gemaak word, tel die bou van verdere spoedwalle, die bou van speelplekke vir kinders met spesiale verwysing na laekoste-behuisingsbuurte asook 'n beleidsaanpassing om die aanbring van elektroniese waterbeheerstelsels afdwingbaar te maak waar nodig. Die finale begroting sal op 25 Mei aan die raad voorgelê word vir goedkeuring vir die komende boekjaar. Die publiek het geleentheid om kommentaar op die konsepbegroting en voorgestelde tariefverhogings te lewer. Die inligting is by die munisipale kantoor en
op hul webtuiste by www.swartland.org.za beskikbaar.
• Bergrivier Munisipaliteit (BM) Die munisipale bestuurder, adv. Hanlie Linde, het gister met dié courant gepraat oor die gemeensakapsvergaderings wat dié munisipaliteit op nege dorpe gehou het en die goeie bywoning deur inwoners. Sy sê ook die BM se nuwe geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) is die beste een nog en met 'n nuwe web-gebaseerde weergawe sal dit soveel meer toeganklik wees vir die publiek. Linde sê die program is ontwikkel in samewerking met die provinsie. Die voorgestelde tariewe vir 2017/18 sluit 7.9% op riolering (<R11 tot R153) en ook 7.9% op vullisverwydering (<R15 tot R206). Die konsepverhoging in eiendomsbelasting beloop 7,9%. Die watertarief (voorgestel) styg van R6.57 per kiloliter vir 0 tot 6kl water verbruik, tot R7.09. Vanaf 7 tot 50kl, klim die tarief van R13.285 tot R14.30. Vanaf 51kl tot 100kl verbruik, sal die tarief van R15.25 tot R16.46 aangepas word. Diegene wat 101kl tot 200kl in 'n maand verbruik, sal voortaan R17.29 gehef word, in plaas van R16.03. Die totale konsepbedryfsbegroting beloop R329 667 000, waarvan personeeluitgawe 37% en grootmaatdiensaankope 25% die grootste komponente uitmaak. Die voorgestelde kapitaalbegroting beloop R30 269 500, met die grootste komponent dié van tegniese dienste (81%). Deernishuishoudings wat by die munisipaliteit geregistreer is, sal 'n totaal van 6kl gratis water per maand ontvang.
NUUS • NEWS
2
NUUS • NEWS
19 April 2017
Wen kaartjies na Juanita, Skaapkop-fees dié courant het oor die volgende paar weke 'n hele rits kaartjies om weg te gee na onder andere Juanita du Plessis se vertoning op Malmesbury, asook die Skaapkop-eetfees by Bushman's Cave.
Juanita:
Om een van twee kaartjies na dié sangsensasie se optrede te wen, sms die slagwoord JUANITA, tesame met jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor 14 April om 12:00.
Skaapkop-eetfees:
Om 'n kans te staan om een van twee naweekkaartjies te wen, sms die slagwoord SKAAP, saam met jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor 14 April om 12:00.
Die Moorreesburg Sakekamer
hou op 20 April hul algemene jaarvergadering om 18:30 in die Jan Bassonsaal. Die spreker is Ina Lochner, wat die rol van die ACVV in die gemeenskap sal verduidelik. Kostes beloop R50 vir lede en R60 vir nie-lede. Vir meer inligting, kontak Ennerien by 084 307 3855 of stuur ‘n epos na info@bolanddiesel. co.za Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
Veldskiet: Die Swartland-tak van die Suid-Afrikaanse Jagter- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het onlangs hul jaarlikse veldskietkompetisie gehou op die plaas Papkuilsfontein van Paul Truter. Altesaam 110 skuts het deelgeneem aan die jagskiet-oefening, kleiduif en .22 kompetisie. Die juniors het hoofsaaklik in die .22-kompetisie meegeding. Daar is ook oor lang afstande in die "long gong"-afdeling kragte gemeet. Die langste afstand het 1000m gemeet. Die groot kompetisie was egter die jag-nabootsing op "gongs". Daar is op vyf bane van vier "gongs" elk geskiet. Die naaste was ongeveer 85m met die verste 325m. Die kompetsie was sterk en op die ou end was Rudie van Niekerk, Wynand Els en Hein de Swart, gelykop. ‘n Uitskiet moes toe die wenner bepaal en Rudie van Niekerk het uiteindelik die kroon gedra. Die vroue-afdeling is deur die 13-jarige Nicole Harms gewen. Links bo probeer twee skuts hul bes, terwyl beamptes toesig hou. In die middel ontvang Nicole Harms, die wenner van die vroue-afdeling, haar trofee van Wihan Lots van die Swartland SAJWV. Regs word Rudie van Niekerk, algehele wenner, gelukgewens deur Lotz.
Studentebond hou eerste vergadering
Die nuutgestigte oud-studentebond van die Hoërskool Swartland op Malmesbury se eerste ledevergadering vind Saterdag 22 April by die losies langs die A-rugbyveld om 14:00 plaas. Ouers, ondersteuners en oud-leerders word hierna uitgenooi. Die vergadering word op dieselfde dag as die gewilde sportdag teen Worcester Gimnasium gehou. Die eerste rugbyspan se wedstryd skop om 12:00 af.
Die bond, wat hom vir die opbou en bevordering van die skool beywer, het twee areas identifiseer wat aandag nodig het, naamlik die netbalbane, asook die opknapping van die voorportale. Enige bydrae, finansieel of kundigheid, word verwelkom. “Ons wil ook net weer die volgende onder belangstellendes se aandag bring: Die oudstudentebond is onafhanklik van die skool en word onafhanklik bestuur. Indien jy enige voorstelle
het of by die oudstudentebond betrokke wil raak, e-pos ons asseblief. Die oudstudentebond kan net suksesvol wees as ons saamstaan. Die e-posadres is swartlandbond@gmail.com. "Dankie aan almal wat reeds groot skenkings, hetsy in geld of tyd, aan die oudstudentebond gemaak het. "Dit word opreg waardeer en ons sien uit daarna om ’n suksesvolle organisasie op die been te bring wat op die lang termyn ’n verskil kan maak,” sê Hendrik Spies.
GPF: Die bestuur van
die Riebeek-Wes GPF is soos volg: Zain Abrahams (voorsitter), Andre Ghalpie (onder-voorsitter), Saul Hanekom (bykomende lid). Voor is Clifton Appels (bykomende lid), Niklaas Albertus (skakelbeampte), Jan Booysen (bykomende lid), Jacob Wilskut (sekretaris). Die GPF-tak beywer hom daarvoor om die behoeftes van die gemeenskap aan te spreek.
Kook met Flori en Koelsoem:
Die kookduo, Anti Flori en Koelsoem, wat met hul eie kookprogram op die kassie spog, is eersdaags op Malmesbury ten bate van Sinethemba te sien. Die twee vriendinne van Bonteheuwel het hul pad tot in die harte van Suid-Afrikaners gekook met hul tradisonele Kaapse resepte. Dié duo is op 13 Mei om 11:00 in aksie te sien by die St Thomas Primêr op Malmesbury. Hul boeke sal ook na afloop van die ontbyt te koop aangebied word. Kaartjies beloop R80 per persoon. Kontak 022 486 6323 om jou plek te bespreek.
Bid saam met Bloemfontein
Met die groot saamtrek Saterdag in Bloemfontein, reis Christene vanoor die hele land na dié byeenkoms. Diegene wat nie die reis kan aandurf nie, kan op Malmesbury ook deel hiervan wees by die Vriend van God-kerk en ook die PPK Bethesda (Dr Euvrardstraat om 14:00).
NUUS • NEWS
19 April 2017
•SLEGS EEN VAN VYF SKIET WORTEL
Maroelaboom bring heimwee Baie stede of dorpe het ‘n bekende baken, soos byvoorbeeld die donkie van Upington waarop elkeen net eenvoudig moes sit vir ‘n kiekie. Só ook buurte en strate wat heimwee bring van jare gelede en goeie tye. Oom Oppie Opperman se Maroelaboom in De Kockstraat 29, is só ’n baken wat baie herinneringe by plaaslike inwoners van Malmesbury tuisbring. Die meeste herinneringe word vandag deur die boom se planter se familie en nageslagte gekoester. Want wie sou kon raai dat ‘n maroelaboom op Malmesbury sou groei en boonop floreer. Die skaars verskynsel wat eintlik inheems is aan die miombo-bosveld van Suid-Afrika en Wes-Afrika, bring soveel goeie herinneringe terug, dat dit eenvoudig gedeel moet word. Noeline Stofberg, se pa, oom Oppie Opperman wat hier oorlede is, se herinneringe van ‘n maroelaboom strek jare terug na die dae toe hulle op Phalaborwa gewoon het. Sy en haar broer het elke dag in die maroelaboom by hul huis op Phalaborwa vir hul pa gewag om na werk huis toe te kom en vir hom die hek oop gemaak. “Ons het eintlik die maroelas geëet, terwyl ons vir hom gewag het, skerts Stofberg. As metallurg wat vir die myne gewerk het, het hulle as gesin reg oor die wêreld gebly, onder meer op verskeie plekke in Suid-Afrika, Amerika, Botswana, Namibië, Engeland en Portugal. Oppie en sy vrou Freda het besluit om in 1991 hier op Malmesbury af te tree. Hulle word toe genooi vir die 25ste viering van die eerste koper wat op Phalaborwa ontdek is en keer soontoe terug na baie jare. “Ons staan die dag op die lughawe waar daar maroelas lê. "Oom Oppie tel toe vyf maroelas op om na Malmesbury terug te bring en hier te plant. Almal was baie skepties oor hierdie inisiatief, vertel tannie Freda. “Die boom het baie hitte nodig en sal nooit hier groei nie, want dit is ‘n bosveldboom, is daar gesê. "Hy het in elk geval voortgegaan, hulle 'n bietjie laat verouder en in boksies geplant.” Drie daarvan het gegroei en een is aan elke kant van hul oprit in De Kockstraat op Malmesbury in 1992 geplant. Die bome was ongeveer ‘n voet (30cm) hoog toe die tuindienste op ‘n dag met ‘n grassnyer oor die een boom geloop het. “Dit was ook totsiens vir die tuindienste,” lag Freda. Die ander boom het egter aanhou groei en die derde boom is weggegee. Die boom wat oorgebly het, is vertroetel en gepamperlang deur Oppie, vertel hulle. Daar is
ook paaltjies om die boom geplant, sodat die randsnyer hom nie moet beskadig nie. Vandag sit daar steeds ‘n merk aan die boom waar die randsnyer jare gelede tog die grens oorskry het. Na 10 jaar dra die boom vir die eerste keer vyf maroelas. “My pa het gesê die boom gaan nooit dra nie, want daar moet twee wees om mekaar te bestuif. Hy was verskriklik opgewonde toe die boom toe wel vrugte dra.” Almal is gebel om na die maroelas te kom kyk.” Vandag dra die boom steeds getrou sy vrugte. Soveel so dat die maroelas die straat vol lê. “Almal bring steeds vir my maroelas,” vertel Freda wat na ‘n kleiner huis op Malmesbury getrek het. Nie net was die huis bekend vir sy weelderige maroelaboom nie. "Daar is altyd na die huis verwys as die moerhuis, aangesien dit in die vorm van ‘n moer gebou is." Hulle huis was verder bekend vir hul naambord, waarop 'Oppie en Freda: Rustelose Jare' gestaan het wat op die boom aangebring is. “Almal het altyd gevra, hoekom nie 'Rustige Jare' nie. As ons die dag rustig kan spel, sal ons dit 'Rugtige Jare' maak,” het hulle altyd aan mense gesê, vertel Freda. Stil sit, was nie deel van die Oppermans se wese nie. Vandag is daar baie foto’s met die maroelaboom en sy naambord op, veral as dit tyd was vir die kinders en kleinkinders om te groet. “My pa en ma het altyd by die boom gestaan en waai tot ons om die hoek is,” sê Stofberg. Freda voeg by dat hul pa altyd gevra het dat
hulle stadig moet wegry sodat hy langer kan waai. Oom Oppie is vir die laaste keer van onder sy eie boom totsiens gewaai, nadat hy by die huis oorlede is en in ‘n lykswa daar weg is. Sy kinders het in die maroelaboom vir hom gesit en wag om huistoe te kom, net om weer vir hulle “tatta” te waai van onder dieselfde soort boom. “Hy was ‘n groot 'gentleman', hy was 'n goeie en mooi man,” vertel sy dogter op sy verjaarsdag. Oom Oppie is verewig in die maroelaboom by De Kockstraat 29.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
3
courant
Dis Goeie Nuus Sakke word al hoe leër
Met elke noodgedwonge uitstappie na die winkel, word die hoeveelheid sakke wat terugkom huis toe al minder, maar die gat in die beursie word al groter. Net soos jy gewoond raak aan 'n prys, verander dit oornag en betaal jy skielik soveel meer as gister vir dieselfde item. Jy knip-knip soms jou oë, net om seker te maak dat jy nie verkeerd kyk nie, maar dit is nou maar net hoe dit is. Pryse fluktueer aanhoudend en dit is 'n aanduiding van die onstabiele omgewing waarin ons onsself tans bevind. Al wat ons hieraan kan doen, is om die gordels 'n bietjie nouer in te trek en aan te pas by die nuwe begroting wat ons vir onsself moet optrek. Ons het net beheer oor ons eie doen en late, so laat ons dan maar daar begin en beheer oor onsself neem. Ja, die tye is moeilik, maar daar is altyd hoop, want net so vinnig soos wat dit slegter gaan, net so vinnig kan dit ook weer beter gaan. Hou altyd moed, want daar sal altyd hoop wees.
Promosie • Promotion
NUUS • NEWS
19 April 2017
dié
4
As My volk hulle verootmoedig en bid
Ons het die afgelope week Paasfees gehou. Ons noem Vrydag, Goeie Vrydag want dit herdenk die kruisiging van ons Here Jesus wat vir die hele wêreld gesterf het, sodat ons sondes vergewe kon word. Die opstanding van die Here Jesus uit die dood bevestig die profesië en Jesus se eie woorde dat Hy op die derde dag sal opstaan. Nou kan ons ‘n besluit neem om Hom as Here van ons lewe te volg, of nie. Ons land is in ‘n situasie waar ingryping van die Here nodig is. Die harte van die mense van hierdie land moet verander om respek vir mekaar te hê, en so ook teen mekaar op te tree, dat ons land genees kan word. In Psalm 80 word daar ‘n bede tot God gebid: “O God herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word.” 2 Kronieke 7:14 “en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor, en hulle sonde vergewe en hulle land genees. Saterdag die 22e April word daar nie ‘n optog gehou nie, maar ‘n gebedsbyeenkoms in die middel van ons land, in Bloemfontein. Dit is ‘n geleentheid, laat ons dit nie misloop nie.
Dreyer aangewys as Windmeul Kelder se top-produsent vir 2016
Pieter Dreyer, ‘n boer van Malmesbury, dra vanjaar weer die kroon vir Windmeul Kelder se “2016 Produsent van die Jaar”. Dreyer, van die plaas Goedeverwachting het vanjaar ‘n gemiddeld van 8 ton per hektaar geproduseer. Hoewel die oes vanjaar meer tonne as in 2016 opgelewer het, is dit steeds onder gemiddeld, voeg hy by. Dreyer is egter baie tevrede met die druiwe se kwaliteit.
“Die kwaliteit is puik. Dit is net genade van Bo,” sê hy. Volgens hom was die weersomstandighede gunstig gewees. Hy sê egter die groot probleem wat wingerdboere tans ervaar, is die tekort aan water. “Jy kry nie geld vir kwaliteit nie, maar vir tonne. En daarvoor is water nodig.” Hy boer op sowat 80 ha grond met wingerd, wat boonop droëland is. Volgens hom probeer hy elke jaar ‘n paar hektaar wingerd vervang. Dreyer se pa het in 1960 met wyndruiwe begin boer, terwyl hy in 1989 by die boerdery begin betrokke raak en voort gegaan het om aan Windmeul Kelder te lewer. Hy produseer Chenin Blanc, Semillon, Riesling, Shiraz, Cinstou en Pinotage. Dreyer se ander vertakkinge sluit ‘n bees, skaap- en koringboerdery in.
"Die kwaliteit is puik. Dit is net genade van Bo."
NUUS • NEWS
5
19 April 2017
LOWER PRICES
PnP Bulk Country Classic Boerewors
ON WHAT YOU NEED MOST
R
66
Per kg
Sasko Premium Slices Brown Bread 700g
no nameTM Frozen Chicken Braaipack with 15% Brine 2kg
R
R
9
99
49
no nameTM Fresh Chicken 4 Thighs and 4 Drumsticks
PnP Bulk Tenderised Steak WAS R119.99
Per kg
Per kg
R
99
44
R
99
84
OVER 1000 ITEMS ON SPECIAL
Plus we've dropped prices on 1300 everyday items
PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
no nameTM Corn Flakes 1kg
Nescafé Cappuccino Assorted 10s Each
R
R
R
Lucky Star Pilchards Assorted 400g Each
Coca-Cola Regular, Lite, Zero or Tab 2 Litre Each
R
13
59
79
49
R
15
99
27
99
BUY ANY 3 FOR
R
28
99
Bakers Eet-Sum-Mor Biscuits Assorted 200g Each
Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack WAS R159.90
169
R
127
99
Bakers Tennis Biscuits Assorted 200g Each
189
SAVE R65
R
16
99
WAS R254
R
18
Shop online at www.picknpay.co.za
PRICES VALID 20 - 23 APRIL 2017 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE
R
12
99
Windhoek Draught 24 x 440ml Cans or Non-returnable Bottles Per Case
PnP Dishwash Liquid Assorted 750ml Each
99
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
MMWCHS1357
R
Bell’s Blended Scotch Whisky 750ml
DISCOUNTS
Get weekly personalised discounts on the items you buy most, plus you still earn points every time you shop. Download the Pick n Pay app today.
99
Simba Potato Chips Assorted 125g
PERSONALISED
BUY MOST
14
R
SAVE R9
R
ON WHAT YOU
42
99
no nameTM Parboiled Rice 2kg
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
6
NUUS • NEWS
19 April 2017
Dagboek • Calender Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Contact: Billy at 0731476758 or Kallie 0799665956
TENDER NOTICE T21/16/17 COMMUNITY-BASED COLLECTION OF GENERAL SOLID WASTE AT CHATSWORTH, RIVERLANDS AND KALBASKRAAL Tenders are hereby invited for the community-based collection of the general solid waste generated in Chatsworth, Riverlands and Kalbaskraal areas of the Swartland Municipality. The contract comprises the collection of waste, the transport to a waste transfer facility and the off-loading of the waste at such facility Tenders and all relevant documentation in a sealed envelope, clearly marked “T32/16/17: COMMUNITY-BASED COLLECTION OF GENERAL SOLID WASTE AT CHATSWORTH, RIVERLANDS AND KALBASKRAAL” with the name and address of the tenderer, must be placed in the tender box at the Municipal Head Offices, on the corner of Church and Voortrekker Streets, Malmesbury, before 12:00 on Friday 5 May 2017, after which tenders will be opened in public. No late tenders, electronic or faxed tenders will be accepted.
Moorreesburg Sakekamer 20 April: Die Moorreesburg Sakekamer hou hulle ledeen jaarvergadering Blomtrein by !Khwa ttu 21 April: Kom geniet Blomtrein saam met Jan Blohm en Neil Nachtrein by !Khwa ttu, R27. Kaartjies beloop R120 per persoon. Deure open om 17:00 en die vertoning is 19:00. Vir verdere navrae kontak 022 451 2202
NOTICE NO T33/16/17 HANDSWEEPING STREET CLEANSING SERVICE Tenders are hereby invited for the rendering of a cleansing service for streets, sidewalks and public toilets in Malmesbury, Riebeek West and Riebeek Kasteel. The tender comprises the cleansing of all streets, sidewalks, public parking areas and public toilets. Tenders and all relevant documentation in a sealed envelope, clearly marked “T33/16/17: HANDSWEEPING STREET CLEANSING SERVICE” must be placed in the tender box at the Municipal Head Offices, on the corner of Church and Voortrekker Streets, Malmesbury, before 12:00 on Friday, 5 May 2017. No late tenders, electronic or faxed tenders will be accepted.
Johnny Star 29 April: Kom geniet 'n Entertainment Roadshow van Johnny Starr by die ou Jehova-kerksaal om 19:30. Die kostes beloop R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Kontak Johnny by 076 624 6619 met navrae.
Piketberg Hoerskool 5 Mei 2017: Kom geniet 'n Boemelaarsdans by die PHSskoolsaal om 19:00 Kostes beloop R80 per volwassene (sonder ete) en R110 per volwassene (hamburger & wedges). Bring eie drinkgoed. Eie kos welkom Navrae kontak Sanet by 082 557 6239
A compulsory clarification meeting will take place at the Town Hall, Church Street, Malmesbury on Monday, 24 April 2017 at 12:00 (registration closes at 12:05). Tender documents must be collected before the clarification meeting. Technical enquiries regarding these tenders may be directed to Mr. Freddie Bruwer at tel. 022 487 9400. Further details as well as official bid documentation may be obtained from Jo-Maré van der Westhuizen at the Supply Chain Offices, located at corner of Hill and Piet Retief Streets (next to the Checkers entrance), Municipal Offices, Swartland Municipality, Malmesbury, tel. 022 487 9700. A non-refundable cash fee of R350,00 is payable to Swartland Municipality for collection of hard copy tender documents. The tender document is available in electronic format on request, at no charge.
Rocking for Jesus Dance Event 6 May: We hereby invite you to Rocking with Jesus dance event. The first held of its kind in Malmesbury. Doors open at 19:30. For info or tickets call Liezel at 081 787 8151 or Christopher 081 722 6198
Bids will be evaluated in accordance with the Council’s Preferential Procurement Policy and the attached specifications. These contracts are classified as small contracts and the 80/20-preference point system will be used for the evaluation of the contract. The Preferential Procurement Policy will be available for perusal during normal office hours at the municipal offices. Preference points will not be allocated if Annexure MBD 6.1, included in the tender documents, is not completed. Bidders are required to submit original and valid B-BBEE Status Level Verification Certificates or certified copies thereof together with their tenders, to substantiate their B-BBEE rating claims. The tender is subject to the General Conditions of Tender and if applicable, any other Special Conditions of Tender.
Riebeek Valley Olive Festival 6-7 May 2017: Save the date for the Riebeek Valley Olive Festival. For further information: www. riebeekvalleyolivefestival.co.za
For any enquiries regarding the completion of the schedule, the bidder is requested to contact Mr Pieter Swart in advance at tel. 022 487 9700. Swartland Municipality is not obliged to accept the lowest, any part of a tender or a tender. JJ SCHOLTZ MUNICIPAL MANAGER
www.ayandambanga.co.za 130494
VACANCY BULLETIN Kontak ons by 022 487 3221.
EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE
DEPARTMENT OF HEALTH MALMESBURY CDC
CLEANER REMUNERATION: R78 066 PER ANNUM SERVICE BENEFITS: 13TH CHEQUE, EMPLOYER’S CONTRIBUTION TO THE PENSION FUND, HOUSING AND MEDICAL AID ALLOWANCE Requirements: Minimum requirement: Basic numeracy and literacy. Experience: Appropriate cleaning experience. Inherent requirement of the job: Ability to do physical tasks and operate heavy duty cleaning and household equipment. Competencies (knowledge/skills): Adhere to loyal service ethics. Duties (key results areas/outputs): Responsible for cleaning duties (i.e. sweep, dust, mop, scrub, polish, refuse handling, maintenance of general neatness and hygiene of the area) • Render assistance to the supervisor with general housekeeping duties such as control of cleaning, household equipment and care of linen • Attend in-service training appropriate to service delivery • Support Waste Management. Note: No payment of any kind is required when applying for this post. Enquiries: Ms H Visser, tel. 022 482 2729 PLEASE SUBMIT YOUR APPLICATION FOR THE ATTENTION OF MS C JULIUS, TO THE MANAGER: MEDICAL SERVICES, SWARTLAND HOSPITAL, PRIVATE BAG X2, MALMESBURY 7299.
INSTRUCTIONS TO APPLICANTS: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.westerncape.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, the names of 3 referees and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. A separate application form must be completed for each post. Applications without the aforementioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CVs will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to short-listed candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of Public Service & Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are short-listed and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.
The Department of Health is guided by the principles of Employment Equity. Candidates with disabilities are encouraged to apply and an indication in this regard will be appreciated.
Jo Dolphin 24 April: Jo Dolphin hou 'n spesiale Algemene vergadering om 18:00 te Albaniestraat 5. Vir enige navrae kontak Marie Cronje by 022 487 1156
Moorreesburg 3 Mei: Leah sing in Moorreesburg by die NG Kerksaal, Moorreesburg om 19:00. Kostes beloop R60 vir kinders onder 11 jaar en 12 jaar en ouer is R100 per kaartjie. Kaartjies is beskikbaar by Nicky Lategan Slagtery. Vir navrae kontak Thea Lategan by 084 517 5419
A compulsory clarification meeting will take place at the Town Hall, Church Street, Malmesbury on Monday, 24 April 2017 at 11:00 (registration closes at 11:05). Tender documents must be collected before the clarification meeting.
Municipal Offices MALMESBURY 13 April 2017
Vriend van God (AGS) 22 April: Vriend van God (AGS) stel hulle fasiliteite beskikbaar vir diegene wat saam wil bid met die Gebedsdag van 10:00 tot 18:00
Closing Date: 12 May 2017 130506 DIE COURANT ayandambanga.co.za
NUUS • NEWS DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Huur van kinderpartytjiedekor, springkastele, waterglybane. Druk van versiersuiker-papier (schweet sheets). Kontak 078 544 2038/ elsa@abcpartytjies. co.za #3463 --------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 ---------------------------TE HUUR TO LET TITUS EIENDOMME Wesbank - Beskikbaar 1 Mei 2017. EenSlaapkamer woonstel teen R2400 pm. Krag ingesluit, Geen kinders Hophuis teen R1600 pm. Skakel 082 780 1380 of 022 486 5219 #4358 ----4 Slaapkamer woonstel. Koopkrag. Water ingesluit. R4650,00 vanaf 1 Junie 2017. Skakel 022 487 2383 k.u. #4365 ----------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS
JADE ARENDSE Happy first birthday. Thanks for being our little sunshine. Lots of love - Mommy, Dadda, Boeta and Nanna #4359 ----Baie geluk onse blompot. Mag die Here jou seën en baie jare spaar. Lief jou baie - Ouma Anne, oupa Colla, boeta Duvan en boeta Durwin #4360 ---Geluk met jou eerste verjaarsdag. Jy bring baie vreugde in ons lewe. Lief vir jou Boeta Durwin, Tannie Des, Boeta Duvan, Peetma Fuz & Duray #4361 -----------------------------
DEVANTE - Happy birthday my angel. Mommy loves you to the moon and back. You are my rock. Love - Keagan and Ouma #4362 ---Happy first birthday to you Mithay on 19 April. Love you Aunty Nay #4363
Raai wie word 16 DEVIN, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar. Liefde - Jou ouers, susters en jeugmaats #4364 ----Devin, baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy het ‘n wonderlike dag. Baie liefies vir jou - Auntie Merc, Auntie Lorraine & kinders #4366 -----------------------------
18 April - Kyk wie is 21?. Alle seënwense met jou verjaarsdag. Niemand-gesin, Mammie, Daddy en Nashwin #4367 -----------------------------
BRITNEY - Baie geluk met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is. Met baie liefde - Mammie, Carl en Michelle #4368 ----Geluk meisiepop met jou verjaarsdag. Hoop jy het ‘n wonderlike geseënde dag. Met liefde - Peetma Cathy, Gerion, Anuska en Dimitri #4369 -----------------------------
MARIA WILLEMSE Baie geluk met Ma se 55ste verjaardag op 15 April. Baie liefde - Annelise, Oxevia, Ronald-Lee, Jomo en James #4370 -----------------------------
FRANKLIN - Geluk met jou verjaarsdag op 19 April. Geniet jou dag. Ons is baie lief vir jou - Mammie, Daddy, Mekayla en Emile #4371 ---Geluk met jou verjaarsdag. Lekker verjaar. Van: Oupa, Ouma en Boeta #4372 ---Geluk met jou verjaarsdag. Geniet die dag. Van: Ant Das, Jadene en Zoë #4373
7
19 April 2017
MERENCIA (Zoë) Veels geluk my engel met jou sewende verjaarsdag. Geniet jou daggie. Liefde Mammie en Jadene #4375 ----Veels geluk met jou verjaarsdag.Mag daar nog vele jare wees en geniet jou dag. Liefde - Ouma, Oupa en Boeta #4376 ----Baie geluk Zoë. Mag God jou ryklik seën. Liefies jou baie - Niggies en nefies #4377 ----Geluk met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is. Mag God jou vele jare spaar - Pappie, Ouma, Jaylin en Uile #4378 ---Geluk met jou verjaarsdag. Mag jy ‘n geseënde dag hê. Liefde - Jackie, Nashwill en Mitchi-Mitch #4379 ----Geluk met jou verjaardag. Lekker verjaar. Van: Oom Eben en Tannie Anna #4380 -----------------------------
Baie geluk JADE ADONIS. Nege op 14 April 2017. Lekker verjaar Mommy se poplap - Mommy, Daddy, Myra-Lee en Lyla #4381 -----------------------------
RIKADO CLAUDE VAN DER WESTHUIZEN - 25 April. Baie geluk met jou verjaardag. Dankie dat jy die beste Pa en man is. Liefde - Jou vrou en kinders #4382 -----------------------------
MICAELA - Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. Alles wat jy wil bereik, vra God se hulp. Mammie is oneindig lief vir jou #4383 ----Baie geluk my kind. Daddy wens jou net die beste en alle voorspoed vorentoe. Lief vir jou Kayla #4384 ----Mag die Here jou nog
vele jare uitspaar en bewaar. Mag al jou drome en wense waar word. Liefde - Caitlin #4385 ---Baie geluk Kayla met jou 21ste verjaarsdag. Van jou twee broers, Jandre en Kurt-Lee. Lief vir jou #4386 -----------------------------
MARTHINUS SKIPPERS - 40 op 19 April. Geluk met jou verjaarsdag,. God seën. Liefde Vroulief, kinders, Pa, broer, suster en al die familie #4387 -----------------------------
24 April - Aan ‘n wonderlike niggie met haar verjaarsdag. ‘n Jaar van voorspoed en nie teenspoed. LiefdePetro, Whaylin en Kaleb #4388 ----------------------------
AIDEN SAMPSON - 19 April. Baie geluk Mammie se grootseun. Baie lief vir jou - Mammie en Ma #4389 -----------------------------
QWALA -18 April. 18 Jaar - ‘n Tree in die volwasse lewe. Ek dra jou in gebed op vir elke dag my engel. Anti Lizy en Karin #4390 -----------------------------
Geluk met jou 13de verjaardag. Jy moet ‘n “awesome” dag hê. Van: Van der Ventel familie #4394 -----------------------------
GURDWILL COETZEE (Poena). 24 April. Baie geluk met jou 21ste verjaardag. Mag God jou ryklik seën. Liefde - Mammie, Tamlyn, Keanu, Caleb #4395 ----Baie geluk met jou mondigwording. Mag God jou seën. Liefde Mammie Jane #4396 ---Baie geluk Gurdie met jou 21ste verjaardag. Liefde - Ouma Ria #4397 -----------------------------
Dis onmoontlik om jou te vergeet,maar ons weet dat jy veilig is by Jesus. Sal jou altyd lief hê - Ma, Stoney, Iwan en Benechia #4357 -----------------------------
SANNA MEYER - 20 April - drie maande van ons geskei. Ons mis u elke dag. Vir altyd in ons harte - Van Rhyn en Ceaser-gesin #4400 -----------------------------
weg van my. Wens dit kon anders gewees het - Liefde - Marlene Stuurman #4404 ----Pa, ons mis jou. Ons sal jou nooit vergeet. Ons is baie lief vir jou. Van: jou vier kleinkinders #4405 ----Daddy, ons mis jou baie. Van jou twee liefling dogters, Suryda en Rozanne #4406 ----‘n Jaar weg van ons. Die verlange is nog daar, maar gun jou die rus - Jou twee susters, broer en familie #4407 ----------------------------ALET ROBINSON- 17 April was mamma 13 jaar oorlede. Dink nog steeds aan mamma. Van Ellen, Ousus en Gha Gha #4408 -----------------------------
PAUL ARENDSE - 20 April. Die gemis is groot, maar ek weet jy is veilig. Jy sal altyd in my hart bly my gehoorsame seun Liefde jou ma #4409 -----------------------------
CAMERON DOLMAG - Op 19 April is jy tien maande van ons weg. Ons mis jou baie - Maria Bowers en gesin #4401 ----------------------------ANNA VAN WYK - Baie geluk met u 56ste verjaarsdag. Ek is baie lief vir Mammie. Geniet die dag - Elmarie #4398 ----Lekker verjaar Anna. Mag die Here u seën. Mag u ‘n mooi dag hê. Van: Dreyer & Van der Ventel-gesin #4399 ----------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
BRAAM ENGELBRECHT - 20 April, jou eerste verjaarsdag weg. Jy het ons so onverwags verlaat, sonder om ‘n afskeidwoord te sê,maar ons moet berus in God se plan.Ons verlang nog elke dag baie na jou.
WILLEM ARENDSE (TYSON) - 18 April vier jy jou eerste verjaardag in die goue hemel. Van: jou vrou Catherine, kinders en kleinkinders #4402 ----Groot is die verlange, maar die herinneringe troos ons. Waar jy is, is jy veilig. Conray en Willneaco (jou seuns) #4403 -----------------------------
GEORGE STUURMAN - My liefste man. Op 24 April is jy ‘n jaar
Invitation for Company Profiles Alien Clearing: Maintenance Teams
MEKYLIN SOLOMONS - My “poplap”, geluk met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is. Liefde - Mamma en Pappa #4391 ----To an amazing daughter. May God protect, guide and bless you. You are my sunshine - Milda, Carlin & Carlo #4392 ----Geluk my skaam sussie. Jy skitter soos ‘n ster. Geniet die dag. Baie liefde - Carlin & Clementha #4393 ----
The following is required before the job can be awarded to a contractor: Qualifying criteria: • A detailed CV, including previous experience with alien clearing projects and a minimum of 3 contactable references • A list of equipment owned for alien clearing • Certified copies of training certificates received by each member of the team for the following courses (where applicable): * Plant Identification * Herbicide Applicator (117966)/(252453) * First Aid I (119567) * Health & Safety Level I (116533) * Fire Fighting (117082, 123140, 123235) * Water Safety Level I • Must be registered for UIF and COIDA and provide documented proof thereof • A Registration Summary Report confirming Central Supplier Database Registration by means of Supplier Number and 36-digit Unique Reference Number (CSD Report) • Bank verification is required (forms can be requested if not succeeded on CSD) • Must provide his/her own transport for the entire team and all the tools that would be used on-site • Must have a South African driver’s licence and a valid PDP (and provide proof thereof) and the vehicles used must be roadworthy. Qualifying teams: A complete Alien Clearing Team should consist of the following minimums: • Contractor (1) • Chainsaw Operator (1) • Herbicide Applicators (4) • General Workers (6). In the team of 12 individuals, there should also be: • Drivers (2) (with valid PDPs) • Health and Safety Officer (1) (minimum) • First Aider (1) (minimum) (should have a minimum of Level I in first aid training. Shortlisting: • Meetings will be conducted with shortlisted contractors (2 or 3 May 2017) • The successful teams will need to be ready, and have clearly identifiable Identity Documents (preferably cards) as well as PPE for induction and training on date of appointment • Teams will be employed from date of appointment to March 2018 at a daily wage rate in accordance with EPWP regulations. EE Targets: • 55% Youth • 58% Women • 2% Disabled NB: All company profiles should be submitted in a sealed envelope to CASIDRA SOC Ltd, 22 Louws Avenue, Southern-Paarl 7624. Submission Deadline: 28 April 2017 at 12:00 Contact person: Andrea September at (021) 863-5035 or aseptember@casidra.co.za Human Communications C134438
8
courant
dié
19 April 2017
SWARTLAND SPORT
Tel: 022 487 3221
•TITANIESE KRAGMETING
Lillies en Spairs in derby-tweestryd
•Abri Adonis Die rugby-aksie in die Groot Uitdaag-beker keer hierdie Saterdag na 'n welverdiende ruskansie terug. Rugbyliefhebbers kan hul dus gereed maak vir 'n paar smullekker-wedstryde wat vir groot opwinding sal sorg. Een wedstryd wat baie belangstelling lok, is die wedstryd tussen Never Despair en Abbotsdale op Malmesbury. Die afgelope paar seisoene het wedstryde tussen die twee betrokke spanne nooit teleurgestel nie. Hierdie wedstryd sal dus weer een vir die boeke wees, aangesien albei spanne goed op dreef is. Veral Abbotsdale toon hierdie seisoen reeds groot potensiaal met sy goeie spel en met die puntemasjien, Betrum Guysenberg, in hul geledere, sal Never Despair hul foute tot die minimum wil beperk, indien hulle nie 'n nagmerrie wil beleef met Guysenberg se goeie skopvoet nie. Never Despair spog egter self met 'n paartalentvolle spelers en het ook reeds die seisoen gewys dat hulle enige span op enige dag kan ore aansit met hulle aanvallende spel. Never Despair sukkel om gefokus te bly vir 80 minute se spel en teen die fikse Lillies, sal dit deurslaggewend wees. Never Despair behoort sy tuisveld-voordeel met sukses te gebruik en behoort die Lillies sak en pak oor die heuwel terug te stuur huis toe met 'n oorwinning van minder as 10 punte. Wesbank reis Saterdag na Velddrif en is tans soos 'n stoomtrein sonder enige remme. Velddrif sal dus hierdie wedstryd moet benader asof dit 'n maak of breek-wedstryd gaan wees vir hul seisoen, nadat hulle reeds 'n paar onverwagse loesings toegedien is hierdie seisoen. Wesbank spog hierdie seisoen met spelers wat n wedstryd in n japtrap kan omkeer en agterspelers wat sirkels kan hardloop rondom hulle opponente. Veldrif sal dus wil terugslaan met sy kragtige pak voorspelers om toe te sien dat Wesbank nie aan die gang kom nie. Indien Veldrift egter besluit om die wedstryd
NUUS • NEWS
voorlangs te wen sal hulle moet hoop en bid dat Wesbank se stoomroller agsteman Denzel “Lastig”Adams n stil namiddag beleef. Indien hy egter opdaag met sy dodelike plettervate en sy kragtige stormlopies gaan dit n lang dag wees vir die vissermanne van Veldrif. Wesbank is steeds onoorwonne en behoort hierdie streek die naweek voort te sit met n goeie oorwinning van meer as 15 punte. Mamre speel gasheer Saterdag vir n Darling span wat n oorwinning broodnodig het om hul seisoen aan die gang te kry. Mamre is steeds sonder n oorwinning en het verlede jaar vir n groot opskudding gesorg deur Darling te klop teen alle verwagtinge op Mamre. Hulle sal dus met baie selfvertroue die Melkboere ontvang Saterdag. Darling weet egter dat nog n loesing hom in 'n baie moeilike situasie gaan plaas, aangesien hy nog 'n paar groot wedstryde in die eerste rondte oor het. Darling, met Earl Lewis aan die spits, behoort Saterdag met meer ondernemingsgees te speel en meer klinies optree om te verseker dat hul Mamre met 'n bonuspunt van meer as 15 punte te klop. In 'n groot Weskus-derby, reis die magtige Saldanha Saterdag na St Helenabaai in nog 'n wedstryd wat groot belangstelling gaan lok. St Helenabaai is gewoonlik 'n moeilike span om te klop op sy tuisveld en Saterdag behoort weer dieselfde storie te wees, aangesien St Helena reeds gewys het dat hy hierdie seisoen 'n kandidaat vir die liga-beker gaan wees. 'n Loesing teen Wesbank voorverlede week het egter hul trein effens ontspoor en hulle taak raak nie makliker nie, aangesien Saldanha weer besig is om hul ritme te kry en na die span te lyk wat verlede jaar onoorwonne deur die liga seisoen gegaan het. Saldanha sal dus St Helena se trein verder ontspoor met 'n oorwinning van minder as 10 punte. Vredenburg, wie steeds sonder 'n oorwinning is na vyf wedstryde, kry hierdie week nog n blaaskans vir verdere nabetragting en om 'n nuwe strategie te ontwikkel vir die res van die seisoen.
Skitter: Die Red Stars
Rugby Club, Redelinghuys, staan trots in hul nuwe rugbytruie wat oorhandig is deur Raadslid Mario Wessels, portefeuljevoorsitter tegniese dienste, Bergrivier Munisipaliteit. Die oorhandiging van rugbytruie en balle is moontlik gemaak deur Lorraine Botha, lid van die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement (LPP).
19 April 2017
Sportuitslae Rugby Klubkompetisies - (Boland) - Grootuitdaagreeks Swartweskus: Saldanha 53, Mamre 7; Wesbank 48, St. Helenabaai 24; Darling 22, Never Despair 15; Abbotsdale 41, Vredenburg 26. Witsentraal: Roses United 43, Ceres 26; Bella Vista 39, Delicious 34; Hillcrest United 64, Wolseley 8; Tulbagh 19, Hamlet 18.
Sports results GHOLF Malmesbury Gholfklub Vrydag Sundowner- 7 April- Enkel Stableford Frans Destroo 20, Sakkie Klasen 19, John Smith 19, Andre Uys 19 Saterdag, 8 April- Enkel Stableford Wynand van Niekerk 39, Gerhard Spangenberg 38, Josef de Beer 37, Natie Smith 36