415 die courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

dié

12 April 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 415

12 April 2017

•WELLINGTON-BOORLING MAAK SY MERK

Le Cordeur nou professor by Maties •Jaomi Zeeman Die Wellingtonse opvoedkundige, dr. Michael le Cordeur, is onlangs deur die Universiteit van Stellenbosch (US) tot mede-professor bevorder. Prof. Le Cordeur, wat tans Hoof van die Departement Kurrikulumstudies in die US se Fakulteit Opvoedkunde is, is ook ‘n NNS-gegradeerde navorser en doseer Afrikaansonderwys op voor- en nagraadse vlak. Prof. Le Cordeur is ook ‘n akademikus, skrywer en taalkundige in murg en been. Hy is egter veel meer as dit – hy is ‘n seun van Wellington en hy is ontsettend trots op sy wortels. “Ek is ‘n produk van die Pauw Gedenk Laerskool en het aan die Bergrivier Hoërskool gematrikuleer. Ek was as kind lid van die Boy Scouts Beweging op die dorp en het hierdie liggaam reeds op 16-jarige ouderdom by die Wêreldjamboree in Noorweë gaan verteenwoordig,” vertel hy trots. Hy was voorheen ook ‘n Afrikaansonderwyser by sy alma mater en departementshoof en Adjunkhoof van Weltevrede Sekondêr. Hy het sy loopbaan in die onderwys as skoolhoof van Kylemore Hoërskool in Stellenbosch voortgesit en was later die kringbestuurder van Onderwys in Stellenbosch. Volgens prof. Le Cordeur het sy aanvanklike studies aan die UWK afgeskop waar hy Afrikaans Nederlands en Filosofie bestudeer het. “Ek het my BA en Honneurs-grade asook ‘n Hoër Onderwysdiploma by UWK behaal. Daarna het ek die B.Ed-graad aan UNISA en die Meestersgraad in Kurrikulumstudie by US verwerf,” vertel hy. In 2004 verwerf hy ‘n doktorsgraad (PhD) in Afrikaanse Didaktiek aan die US. Hierna verwerf hy ook ‘n bestuurskwalifikasie aan die Nagraadse Bestuurskool van die US en sluit hom in 2009 as lektor by die US aan. Alhoewel hy met ‘n ongelooflike indrukwekkende CV spog, bly hierdie man in wese ‘n gesinsman, gemeenskapsman, kultuurman en taalman. Sy talle navorsingswerk en publikasies oor lees- en skryfvermoë, taalbeleide, moedertaalonderrig en taalidentiteit getuig van sy liefde vir hierdie dinge. Prof. Le Cordeur is ook ‘n bekende gesig in

Rolbal:

Michaela Maree, leerder van die Hugenote Hoërskool, was die vakansie deel van die Boland o.15B-rolbalspan wat deelgeneem het aan die SAkampioenskap. Hulle het een wedstryd gelykop, een verloor en ag gewen. Die span eindig derde uit 20 spanne. Wellington se gemeenskapslewe. Hy was die mede-skrywer van ‘n boek oor Wellington se Klopse en die samesteller van die boek “Ons kom van vêr” wat die lewe van nog ‘n Wellingtonner, Adam Small, vier. Hy was ook al die voorsitter van die Breytenbach Sentrum en die onder-voorsitter van die Afrikaanse Taalmuseum. “Die gemeenskap is deel van wie ek is en van my vorming. Ek was vir meer as 18 jaar betrokke by skolesport en was ook lid van die Roslins Rugbyklub. Ek is ook ‘n baie entoesiastiese lid van die Wellington Krisante Vereniging. My blomme is terapie vir my siel. Ek is juis nou besig om my blomme vir die skou op 6 Mei voor te berei,” sê hy. ‘n Mens wonder waar hierdie man, wat al 21 skolehandboeke en talle geakkrediteerde akademiese artikels geskryf het, nasionale en

internasionale referate gelewer het, stigter en voorsitter van die Afrikaanse Taalraad was, gehelp het om die Wes-Kaapse Taalbeleid op te stel en tussendeur meer as 200 artikels en talle rubrieke geskryf het, tyd kry vir alles. ‘n Mens wonder ook hoe iemand wat al 5 agtereenvolgende jare die Rektorstoekenning ontvang het, ‘n Goue Pen Toekenning vir die bevordering van Afrikaans ingepalm het, ‘n Premierstoekenning en ‘n Burgemeesterstoekenning in sy vertoonkas het en in 2016 die Kanseliersmedalje van die US ontvang het so nederig bly. Hoe bly hy gefokus ten spyte van talle uitdagings? Volgens prof. Le Cordeur is dit eenvoudig. “Alles was nie net maanskyn en rose nie, maar as jy bereid is om hard te werk en passievol te bly, sal sukses noodwendig volg. Ek gee graag erkenning aan my gesin se ongelooflike ondersteuning: die eer kom toe aan my ouers, wat binnekort hul 60ste huweliksherdenking vier, my seun en dogter, albei het reeds gegradueer, maar veral my vrou, Sonia. Sonder haar sou ek dit nie kon doen nie,” sê hy.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.