courant
1 Wellington
dié
12 April 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 415
12 April 2017
•WELLINGTON-BOORLING MAAK SY MERK
Le Cordeur nou professor by Maties •Jaomi Zeeman Die Wellingtonse opvoedkundige, dr. Michael le Cordeur, is onlangs deur die Universiteit van Stellenbosch (US) tot mede-professor bevorder. Prof. Le Cordeur, wat tans Hoof van die Departement Kurrikulumstudies in die US se Fakulteit Opvoedkunde is, is ook ‘n NNS-gegradeerde navorser en doseer Afrikaansonderwys op voor- en nagraadse vlak. Prof. Le Cordeur is ook ‘n akademikus, skrywer en taalkundige in murg en been. Hy is egter veel meer as dit – hy is ‘n seun van Wellington en hy is ontsettend trots op sy wortels. “Ek is ‘n produk van die Pauw Gedenk Laerskool en het aan die Bergrivier Hoërskool gematrikuleer. Ek was as kind lid van die Boy Scouts Beweging op die dorp en het hierdie liggaam reeds op 16-jarige ouderdom by die Wêreldjamboree in Noorweë gaan verteenwoordig,” vertel hy trots. Hy was voorheen ook ‘n Afrikaansonderwyser by sy alma mater en departementshoof en Adjunkhoof van Weltevrede Sekondêr. Hy het sy loopbaan in die onderwys as skoolhoof van Kylemore Hoërskool in Stellenbosch voortgesit en was later die kringbestuurder van Onderwys in Stellenbosch. Volgens prof. Le Cordeur het sy aanvanklike studies aan die UWK afgeskop waar hy Afrikaans Nederlands en Filosofie bestudeer het. “Ek het my BA en Honneurs-grade asook ‘n Hoër Onderwysdiploma by UWK behaal. Daarna het ek die B.Ed-graad aan UNISA en die Meestersgraad in Kurrikulumstudie by US verwerf,” vertel hy. In 2004 verwerf hy ‘n doktorsgraad (PhD) in Afrikaanse Didaktiek aan die US. Hierna verwerf hy ook ‘n bestuurskwalifikasie aan die Nagraadse Bestuurskool van die US en sluit hom in 2009 as lektor by die US aan. Alhoewel hy met ‘n ongelooflike indrukwekkende CV spog, bly hierdie man in wese ‘n gesinsman, gemeenskapsman, kultuurman en taalman. Sy talle navorsingswerk en publikasies oor lees- en skryfvermoë, taalbeleide, moedertaalonderrig en taalidentiteit getuig van sy liefde vir hierdie dinge. Prof. Le Cordeur is ook ‘n bekende gesig in
Rolbal:
Michaela Maree, leerder van die Hugenote Hoërskool, was die vakansie deel van die Boland o.15B-rolbalspan wat deelgeneem het aan die SAkampioenskap. Hulle het een wedstryd gelykop, een verloor en ag gewen. Die span eindig derde uit 20 spanne. Wellington se gemeenskapslewe. Hy was die mede-skrywer van ‘n boek oor Wellington se Klopse en die samesteller van die boek “Ons kom van vêr” wat die lewe van nog ‘n Wellingtonner, Adam Small, vier. Hy was ook al die voorsitter van die Breytenbach Sentrum en die onder-voorsitter van die Afrikaanse Taalmuseum. “Die gemeenskap is deel van wie ek is en van my vorming. Ek was vir meer as 18 jaar betrokke by skolesport en was ook lid van die Roslins Rugbyklub. Ek is ook ‘n baie entoesiastiese lid van die Wellington Krisante Vereniging. My blomme is terapie vir my siel. Ek is juis nou besig om my blomme vir die skou op 6 Mei voor te berei,” sê hy. ‘n Mens wonder waar hierdie man, wat al 21 skolehandboeke en talle geakkrediteerde akademiese artikels geskryf het, nasionale en
internasionale referate gelewer het, stigter en voorsitter van die Afrikaanse Taalraad was, gehelp het om die Wes-Kaapse Taalbeleid op te stel en tussendeur meer as 200 artikels en talle rubrieke geskryf het, tyd kry vir alles. ‘n Mens wonder ook hoe iemand wat al 5 agtereenvolgende jare die Rektorstoekenning ontvang het, ‘n Goue Pen Toekenning vir die bevordering van Afrikaans ingepalm het, ‘n Premierstoekenning en ‘n Burgemeesterstoekenning in sy vertoonkas het en in 2016 die Kanseliersmedalje van die US ontvang het so nederig bly. Hoe bly hy gefokus ten spyte van talle uitdagings? Volgens prof. Le Cordeur is dit eenvoudig. “Alles was nie net maanskyn en rose nie, maar as jy bereid is om hard te werk en passievol te bly, sal sukses noodwendig volg. Ek gee graag erkenning aan my gesin se ongelooflike ondersteuning: die eer kom toe aan my ouers, wat binnekort hul 60ste huweliksherdenking vier, my seun en dogter, albei het reeds gegradueer, maar veral my vrou, Sonia. Sonder haar sou ek dit nie kon doen nie,” sê hy.
NUUS • NEWS
2
12 April 2017
Geskiedkunidge blik op Paasgebeure by teater Die solostuk “Die man Jesus” is Saterdag 8 April deur die bekroonde akteur André Lombard by die Bôrdienghuis opgevoer. Hierdie produksie, wat ‘n groot sukses by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees was, is tans op ‘n landwye toer. Lombard vertolk ‘n verskeidenheid karakters wat die aanloop tot Jesus se kruisiging belig. Die pad van Jerusalem, deur Galilea tot by Golgota word uit die oogpunt van dié wat hom geken het of sy pad gekruis het, vertel. Die oorspronklike teks is deur die dramaturg Matthew Hurt geskep en Charles Fourie, wat ook die regisseur is, het “The Man Jesus” na Afrikaans vertaal. Die doen en late van die historiese Jesus word deur karakters soos sy moeder Maria, Simon Petrus, Judas Iskariot, Johannes die Doper, Pontius Pilatus en ander se gewaarwordinge beskryf. Hul gee hul indrukke oor watter soort mens Jesus na hul mening was en laat die Bybelse geskiedenis herleef in ‘n dialoog wat ‘n mens nie noodwen-
•KORE SAAMGESMELT
NUUS • NEWS
Geen vals noot vir Wellington-koor
Die akteur André Lombard en ds. Fanie Marais by die vertoning van “Die man Jesus” wat Saterdag by die Bôrdienghuis opgevoer is. dig met dié teks sou assosieer nie. Volgens ds. Fanie Marais, wat ook die vertoning bygewoon het, is dit ‘n uitstekende uitbeelding van die historiese Jesus en ‘n uitnemende vertolking van al die verskillende Bybelse karakters deur Lombard.
Die koor het Sondag by die VGK-kerk opgetree. Die Wellington Kersfeeskoor is die afgelope tyd ‘n bekende gesig by talle geleenthede. Hul kenmerkende netjiese uitrustings en pragtige sang is deel van vele spesiale vieringe, herdenkings en kerklike hoogtepunte. Hierdie koor is so eg aan die dorp soos die berge en die wingerde. Volgens Kobus Mitchell, voorsitter van die koor se bestuur, het hulle in 2015 uit drie plaaslike kore tot stand gekom en wil hulle ‘n ou koortradisie in die dorp laat voortleef. “In die ou dae het Wellington drie kerskore gehad, nl. die Good Hopes-kerskoor, die Young Stars-kerskoor en die Wellington Crusaders. Ons het in 2015 besluit om een koor uit hierdie drie kore te stig en so het ons as die Wellington Kersfees Koor saamgesmelt. Hierdie groot gebeurtenis het by St. Albans plaasgevind,” verduidelik hy. Die koor het op die oomblik ‘n ledetal van om en by 65. “Daar’s nie ouderdomsbeperkings betrokke nie – enigeen is welkom in ons koor. Ons jongste lid is 2 jaar oud en die oudste lid is 74. Ons bestaan uit mans en vroue en almal woon in die Wellington-area. Ons sien uit na ‘n toename in ons ledetal en hoop dat daar nog lede is wat wil
aansluit,” vertel Kobus. Kobus vertel dat die hoofdoel van die koor is om meer by die gemeenskapsaktiwiteite van die dorp betrokke te raak. “Op die oomblik besoek ons verskillende kerke in ons area. Wanneer mense ons vra, tree ons by begrafnisse en ander geleenthede ook op,” sê hy. Dereck (Boggel) De Vries is die Kerfeeskoor se koorkaptein en hy is verantwoordelik vir die koor se dissipline waar hulle aan kompetisies deelneem. Edward Julies is die “band master” en Terrence Williams is die afrigter. “Ons jaarlikse kompetisies is vir eers verby. Dit vind gewoonlik tussen Januarie en Maart in die Kaapse Wynland Streek plaas. Ons koor is ook lid van die Kaapse Wynland Kerskore Unie in ‘n groot streek wat Ceres, Worcester, Robertson, Wellington, Tulbagh, Wolseley en Rawsonville insluit,” vertel Kobus. Op die oomblik fokus die Wellington Kersfees Koor daarop om soveel as moontlik by die plaaslike gemeenskapsbedrywighede betrokke te wees en hulle ledetal te laat groei. “Ons koor hou ons jaarvergadering om 14:00 op 23 April in St. Albans. Nuwe lede is baie welkom,” sê Kobus.
NUUS • NEWS
12 April 2017
•BEPLANNING KARDINAAL
Kinders by dosyne in Filander-huis
Die Filander-gesin. Mense het oor die algemeen deesdae nie meer baie kinders nie. Huisgesinne bestaan selde uit meer as vyf of ses lede. Die Wellingtonners Salmon en Esoleen Filander het hulle egter nie deur die gemiddelde gesinsgrootte laat voorsê nie. “Kinders by dosyne” is in hul huishouding letterlik waar, want hulle het altesaam 12 kinders. “Ek dink ek is seker nou eers klaar,” sê Esoleen wanneer ‘n mens vra of sy dalk nog kinders sal wil hê. Dit beteken egter nie dat hierdie vrygewige mens se deur nie vir nog kinders oopstaan nie. Haar 6 kleinkinders is net so welkom in haar huis in Egoli en daar speel ‘n oulike eenjarige dogtertjie wat nie familie is nie, op die mat. Esoleen is ‘n trotse vrou wie se liefde vir haar huismense ‘n groot dryfveer in haar lewe is. “’n Mens moet lief wees vir wat jy doen, ‘n pad saam met elke kind loop,” verwoord sy haar lewensuitkyk. Sy en haar man bly nog maar altyd in Wel-
lington. Esoleen is ‘n boorling van die dorp en Salmon, ‘n trokdrywer, kom oorspronklik van Klapmuts af. “Hy is net so erg oor ons kinders soos ek,” sê Esoleen. Die oudste van Esoleen en Salmon se dosyn nasate is nou 30 jaar oud en die jongste is maar 5. Sewe van die twaalf is dogters en vyf is seuns. Ses van die kinders is al klaar met skool, drie is in die laerskool en drie in die hoërskool. Selfs dié wat al werk, bly almal steeds op ‘n semi-permanente basis in hul ouerhuis. Volgens een van Esoleen se vriendinne, Angeline Geslin Troskie, is die Filanders ‘n voorbeeld vir ander mense in die gemeenskap. “Hulle is heeltemal selfonderhoudend en vra vir niemand iets nie. Hulle is trotse, netjiese mense en ons kan almal baie by hulle leer. Ek dink Esoleen moet vir iets soos ‘Moeder van die Jaar’ benoem word,” sê sy. Om soveel mense onder een dak te huisves
en te versorg, verg natuurlik spesiale beplanning. Stilsit is nie ‘n opsie wanneer die wiele van hierdie huis geolie moet bly nie. “Ek staan soggens so vyfuur op om almal se waswater reg te kry”, vertel Esoleen. “Dan maak ek almal wakker en begin om elkeen se klere vir die dag te stryk. Ek glo ‘n mens moet strykgoed vars aantrek. Ek pak ook almal se kos vir die dag in, terwyl almal regmaak vir die dag. Gewoonlik moet ek so ‘n bietjie aanjaag ook om elkeen betyds by die deur uit te kry,” sê sy. Terwyl die kinders by die skool of werk is en haar man op die pad werk, doen Esoleen haar huistake. “Ek het twee wasmasjiene en ek kry so vroeg ek kan soggens die wasgoed aan die gang. Ek was elke dag so ses bondels om almal se goed skoon te hou. Dan moet alles uitgehang en weggewerk word ook,” vertel sy. Volgens Esoleen is middagetes gewoonlik “droë etes” wat uit brood, worsies, smere en eiers bestaan. Almal sit hand by om hierdie etes aanmekaar te slaan. “Ons gebruik so vier brode, worsies en ‘n tray met 30 eiers vir so ‘n ete,” sê sy. In die middae help sy haar kinders met hul skoolwerk, terwyl die wasgoed opgevou en gebêre word. Daar word ook met die voorbereidings vir aandete begin. Die enorme potte wat in stapels bo-op die kombuiskaste staan, is stille getuies van die groot etes wat daagliks met liefde in die netjiese kombuis berei word. “Ek is baie lief daarvoor om vir my mense te sorg en vir hulle lekker kos te maak. Sondae eet ons ordentlik met so sewe of ag sakke hoender wat ek dan oond toe stuur of ‘Kentucky’-style maak,” vertel sy. Esoleen se skoolgaande kinders is almal tydens die skoolvakansie in en om die huis. Die een seun, wat by die De la Bat Skool in Worcester skoolgaan, draai al om sy ma. ‘n Skinkbord met heerlike tee en bordjies vol koekies word sonder seremonie deur die dogters aangedra. “In hierdie huis is ons nie skaam vir mekaar nie. Ons is streng met die kinders, maar ek het ook geleer dat hulle elkeen sy eie pad moet loop en dat ‘n mens nie alles in hulle lewe kan beheer nie. You’ve got to let go sometimes. Ons leer mekaar van geduld en van liefde en van aanvaarding en ons het ‘n band wat niks in die lewe kan breek nie,” sê Esoleen.
3
courant
12 April 2017
It’s Good News
dié
4
Nou is die tyd
In ‘n tyd van vreedsame optogte en bekommernisse oor dinge wat miskien nie besig is om ten goede te verander nie, is ongemak en onsekerheid dinge wat maklik onder jou vel kan nesmaak. Ons verstand weet dat die meeste grafieke deesdae ‘n negatiewe tendens ingeslaan het en ons harte voel die onrus wat daarmee saamgaan. Die slim mense maak allerhande donker voorspellings en die nuus en koerante is propvol realiste en doemprofete wat die onweer in hul kristalballe sien opsteek. Ons hoop neig om saam met die ekonomie rommelstatus te bereik en ons tonge kleef aan ons verhemeltes oor ons dooie grasperke en leë damme. Ongemak, onsekerheid, negatiewe grafieke, onrus, rommelstatus, onweer en droë verhemeltes ten spyt, is daar weinig wat ons aan enige van hierdie dinge kan doen. Geeneen van hierdie simptome van ons gaan regtig enigiets verander nie. Al wat ons het is nóú. Niemand besit ‘n towerstaf wat die moontlike krisisse op die horison kan afweer nie, maar ons het elke dag 24 uur waaroor ons wel ‘n mate van beheer het. Hoe ons ons tyd spandeer, hoe produktief ons is, wat ons gesindheid teenoor die mense naby aan ons is, watter bydrae ons in ons gemeenskap maak en hoe ons ons talente voordelig benut is alles dinge wat ons elke dag kan besluit en beheer. Wellington se Kersfees Koor sing die donker geraas elke week stil. Prof. Le Cordeur pons die toetse op sy rekenaar se sleutelbord tot positiewe resultate. Salmon en Esoleen Filander gebruik elke uur van elke dag om twaalf kinders wat ‘n positiewe bydrae tot ons gemeenskap kan lewer, groot te maak. Kunstenaars kom byeen vir vrede en ‘n akteur klim op die verhoog om die man Jesus in Wellington gestalte te laat kry. Ons het net nou. Dalk eggo dit iewers in die toekoms die grafieke weer in ‘n opwaartse rigting en die rommel tot waar dit hoort.
NUUS • NEWS dr. Mark Blackwell Snr
God is willing and able to help us In our own testings and temptations in life, we can be confident that Christ knows exactly what we are going through. The Lord Jesus Christ experienced spiritual, emotional and physical testing beyond description. He endured temptation by Satan greater than any man has ever had to face. The writer of Hebrews tells believers, “For in that He Himself has suffered, being tempted, He is able to aid those who are tempted.” What a thought! Christ under- stands and can help me during my trials and temptations because He was victorious in all of His own. We are told to come with confidence unto the throne of grace. Grace can be defined as the “divine influence upon the heart, and God’s intervention and care in our lives.” The influence of the Holy Spirit within a Christian’s life is reflected in the “calm delight” and gratitude of knowing that God is the Supreme One and yet is loving and caring toward His Creation. In the midst of life’s difficulties that press us to the limits, we can rejoice in the truth that, just as God sustained His own Eternal Son during His darkest hour, God will likewise sustain all of His children. It is that confidence in Him that enables us to plead, “O My Father, if it is possible, let ‘this cup’ pass from me; nevertheless, not as I will, but as You will.”
Leer om boeke te herstel Projekte bring hoop
Boekherstelspesialis Peter Packery bied van 5 tot 7 Junie 2017 ‘n inleidende kursus oor die herstel van ou hardebandboeke by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl aan. Packery het meer as 40 jaar ervaring in boekherstel en -bindwerk, insluitend die herstel van uiters waardevolle boeke. Hy was voorheen by die Suid-Afrikaanse Biblioteek se restourasiedepartement betrokke en het vir 26 jaar sy eie boekherstel-en-bindbesigheid bedryf. Geen vooraf kennis word vir die driedagkursus benodig nie. Dit word tweetalig aangebied. Die inhoud sluit in: werkprosedures; bindstyle; Japannese en Westerse papier; greinrigting; die dele van die boek en die konstruksie daarvan; bladsyherstelwerk en invoeging van los bladsye; kleefstowwe; boekrugherstelwerk; en herstel van skutblaaie. Die kursus kos R1 500 per persoon en vind van 09:00 tot 16:30 in die Konferensielokaal in die besoekersentrum by die Taalmonument
plaas. Eie gereedskap (waaronder ‘n beenmes) kan gebruik word of ‘n stel kan teen R200 aangekoop word. Koffie of tee is ingesluit, maar deelnemers moet sorg vir hul eie middagete (of vir Volksmond Koffiewinkel ondersteun). ‘n Gevorderde boekherstelkursus, wat fokus op gevorderde tegnieke soos leerbind- en bladgoudwerk, vind plaas van 16 tot 18 Oktober 2017. Dit is geskik vir deelnemers wat reeds basiese boek- en papierherstelwerk onder die knie het. Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument bied jaarliks ‘n hele reeks kursusse en werkswinkels aan wat fokus op die ontwikkeling van basiese vakkundige vaardighede. Vanjaar se program sluit onderwerpe soos argivering, taaltoerisme en stersirkelsfotografie in. Voorstelle vir addisionele werkswinkels oor soortgelyke onderwerpe is welkom. Vir meer inligting, kontak Amira Brown by tel. 021 872 3441 of stuur 'n e-pos na kommunikasie@taalmuseum.co.za.
Die Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum (HAM) loods jaarliks verskeie projekte om in hul inwoners se behoeftes te help voorsien. Hierdie projekte maak dit vir hulle moontlik om aan elke kind gehalte-sorg en ‘n veilige hawe te bied. Volgens Karen Petersen, bemarker en skakelpersoon by HAM, is hulle baie dankbaar vir die gemeenskap se volgehoue ondersteuning. “Ons sorg daagliks vir 150 kinders wat óf wees gelaat is, óf deur die Kinderhof uit ouerlike sorg verwyder is. "Ten einde ten volle aan die kinders se fisiese, emosionele, intellektuele en geestelike behoeftes te kan voorsien, is ons genoodsaak om hulp en bydraes uit die gemeenskap te versoek,” verduidelik sy. HAM se volgende projek is die “Kersfees-in-Julie Skoenboksprojek”. “Ons het elke jaar twee skoendoosprojekte, een in Julie en een in November,” sê Karen. “Julie kom nader en daar is groot behoeftes by ons kinders waarin ons baie graag wil voorsien,” verduidelik sy verder. Volgens Karen is hul grootste behoefte op die oomblik om elke kind van winternagklere, onderklere en pantoffels te voorsien.
“Indien daar iemand is wat belangstel om by hierdie projek betrokke te raak, kan hulle my gerus kontak,” sê sy. Daar is natuurlik ook algemene deurlopende behoeftes waarin hulle probeer voorsien. “Elke ouderdomsgroep se behoeftes verskil. Ons kinders tussen 1 en 3 jaar het bv. doeke, babaseep en ander bababenodigdhede nodig. Ons kleuters het weer goed soos haarrekkies, toiletware en onderklere nodig, terwyl ons groter kinders skryfbehoeftes en meer spesifieke toiletware en klere nodig het,” verduidelik Karen. “Ons het ‘n volledige lys van elke huis en elke ouderdomsgroep se benodigdhede vir mense wat sou belangstel om betrokke te raak by hierdie projekte,” sê sy. Die “Kersfees-in-Julie Skoendoosprojek” sal op 27 Julie aan die kinders oorhandig word en benodigdhede kan nog tot 24 Julie by HAM afgelewer word. HAM is volgende jaar ook 120 jaar oud en hulle is reeds besig met beplanning om hierdie viering ‘n besondere geleentheid te maak. Enigeen wat belangstel om hierby, of enige ander projekte by HAM betrokke te raak, kan Karen by 021-873 3834/5 of bemarking@ andrewmurray.org.za kontak.
Kunstenaars se werke vir vrede
Ds. Fanie Marais en Anne-Ghrett Erasmus tydens die bespreking van die instrumente van vrede. Verskeie kunstenaars het Saterdag 9 April in die Breytenbach-gallery byeengekom vir gesprekke rondom hul kunswerke. Hierdie kuns, wat deel vorm van die uitstalling “Instrumente van vrede”, is tydens hierdie geleentheid bespreek en verduidelik. Dié uitstalling, wat tans by die Breytenbach Galery te sien is, bestaan uit kunswerke van kunstenaars uit verskillende geloofsagtergronde. Ten spyte van die verskeidenheid godsdienstige oortuigings en wêreldbeskouings as vertrekpunt, is die gemene deler by al die kunswerke die uitbeelding van ‘n algemene, gemeenskaplike menslike versugting, nl. vrede. Hierdie tema kry gestalte in die uitbeelding van die verskillende gedaantes waarin “Instrumente van vrede” te vinde is. Volgens die kunstenaar Yoko Reijn is die hart die bron van vrede. “Eers wanneer jy jou eie hart tot rustigheid kan roep, kan jy ‘n instrument van vrede wees. Mense sien en ervaar dieselfde dinge verskillend
en wat onder die oppervlak lê is baie maal die sleutel tot vrede,” het sy gesê. JP Meyer het hierby aangesluit deur te verwys na die rol wat oorlog en instrumente van “onvrede” in die totstandkoming van vrede kan hê. “Wanneer die fokus op oorlog en onmin val, is die oplewing ten opsigte van vrede altyd groter. Dinge soos atoombomme en oorloë is dus, hoe teenstrydig ook al, baiemaal juis instrumente van vrede,” het hy sy kunswerke verduidelik. Anthony van die plaaslike keramiekkunstenaars, Ceramic Matters, het hulle “hippie”-invalshoek tot die tema verduidelik en Mitch de Villiers het die simboliek van sy mandala-kunswerk in terme van die vrede-tema belig. Ds. Fanie Marais, kunstenaar en oud-predikant van die Moedergemeente, het die gesprekke gelei en ook die agtergrond van sy eie kunswerke in die uitstalling verduidelik. Die uitstalling kan nog tot 13 April besigtig word.
NUUS • NEWS
5
12 April 2017
LOWER PRICES ON WHAT YOU NEED MOST
no name Frozen Chicken Braaipack with 15% Brine 5kg TM
SAVE R15
PnP Canola Large Eggs 18s
R
34
Sasko Low GI Dumpy Seeded Brown Bread 800g
R
14
R
99
99
130
Parmalat EverFresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
R
69
99
66
SAVE R12 PnP Uncooked Beef Potjiekos Bone in
R
Per kg
Per kg
R
BUY 2 FOR
PnP Bulk Farmstyle Boerewors
62
Nescafé Classic 200g Dawn Jar or 250g Refill Each WAS R79.90
Bokomo Weet-Bix 450g
R
40
R
62
All Gold Tomato Sauce 700ml
99
R
19
99
Excc Exclusive to Smart Shoppers. Pur r Purchase any 3 participating Tig e Brands products and swipe your Tiger Sm a Shopper card for automatic entry. Smart Seee in-store for details.
SAVE R9
Lucky Star Pilchards Assorted 400g Each
Coca-Cola Regular, Lite, Zero or Tab 2 Litre Each
R
R
15
99
13
49
BUY ANY 3 FOR
Simba Potato Chips Assorted 125g
R
28
99
BUY ANY 2 FOR
R
Danone Ultra Mel Custard Assorted 1 Litre
R
43
179
Competition runs 20 February – 8 May 2017. Standard terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za. E&OE.
SAVE R32
R
Johnnie Walker Red Label Blended Scotch Whisky 750ml
Beacon Milk Chocolate Marshmallow Eggs 48s WAS R75.99
R
68
99
Baby Soft 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
WAS R52.99
R
44
99
BUY ANY 3 FOR
224
Hunter's Dry, Gold, Export or Hard Lemon 24 x 330ml Non-returnable Bottles or Cans Per Case
Omo Liquid Detergent with/ without Comfort 1.5 Litre
R
99
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
OVER 1000 ITEMS ON SPECIAL PERSONALISED DISCOUNTS
ON THE ITEMS YOU BUY MOST OFTEN. Get weekly personalised discounts on the items you buy most, plus you still earn points every time you shop. Download the Pick n Pay app today.
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets excluding Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Belville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Shop online at www.picknpay.co.za
PRICES VALID 13 - 17 APRIL 2017 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS MMWCHS1356
Accounts OPEN
16 APRIL 2017
6
12 April 2017
NUUS • NEWS Promosie
Considering eye surgery? Here are the facts you need Before surgery detailed measurements are done on the focus of the eye and shape of the cornea. This data is transferred to the computer that controls the laser and the optimum treatment profile is generated for the eye. The two most commonly performed laser techniques are LASIK and PRK. Both of these treatments are done with the same laser machine and the long term results are the same. LASIK technique involves lifting a very thin flap of tissue off the cornea (much like an onion skin), the laser treatment is performed on the exposed corneal tissue after which the flap is put back into position. LASIK has the advantage that there is very little discomfort after surgery and the vision recovers very quickly. PRK laser treatment is done directly onto the corneal surface without a flap. It takes a few days for the surface to heal and vision takes longer to recover. We may use the PRK technique if your cornea is not thick enough to do the LASIK technique. Your surgeon will advise which is the best technique for you. Wavefront optimized laser surgery The WaveLight EX500 is the fastest growing laser system both in Europe and the USA and is soon expected to overtake the older systems as the laser chosen by most laser specialists. Our Cape Town Laser Vision facility upgraded to the WaveLight EX500, making it the most up-to-date
laser in Southern Africa at the time of writing. We are committed to keeping CT Laser Vison at the leading edge of technology. Older laser systems correct shortsightedness and astigmatism in the same way as spectacles and contact lenses. Technology now allows the measurement of Higher Order Aberration. These are additional irregularities of the corneal shape that cannot be measured with conventional glasses testing. Higher Order Aberration (HOA) is measured in two ways. Wavefront analysis looks at the way light reflected off the retina passes through the lens and cornea to detect errors in the focus. Scheimpflug imaging uses a rotating camera to create 3-Dimensional maps of the cornea to detect shape irregularities. When treating the cornea Scheimpflug imaging has the advantage that it measures only the cornea and is not influenced by irregularities of the lens, unlike wavefront analysis which is influ-
enced by the lens. The most important HOA is spherical aberration, which is a mismatch between the curvature at the centre of the cornea and the curvature at periphery of the cornea. Older lasers tend to cause spherical aberration by flattening the centre of the cornea more than the peripheral cornea, this can affect the quality of vision and affect night vision. Unlike most other lasers the Allegretto Wavelight does a standard wavefront optimized ablation on all
patients. Results of laser surgery Lasik is a quick and painless procedure that takes about 30 minutes for treatment of both eyes. The procedure is done with local anaesthetic, we might use a mild sedative if you feel nervous. The vision will be blurred and your eyes will be scratchy for a few hours after treatment. You will need someone to drive you home after surgery. The majority of patients are able to drive the next day and can go back to work within 48 hours. Some precautions are necessary after surgery. You will wear protective shields for the first 2 nights, you may not swim or wear make-up for the first week and will not be able to do contact sports for one month. The majority of patients will have 20/20 vision after surgery without glasses. Less than 5% of patients don’t achieve full correction with the first treatment and a second treatment is needed – there are no additional costs for the second treatment. Source: Dr Zoran Aleksic: http://www.eyesurgery.co.za/
Kenners se hulp en wenke teen geestesgesondheid Navorsing het bewys dat wêreldwyd meer mense as ooit aan geestesversteurings ly en daarom plaas die Wêreldgesondheidsorganisasie vanjaar die kollig op geestesgesondheid. Life Path Health gee ‘n bietjie raad en hulp oor dié toestand. Die uitdagings waarmee die lewe ons konfronteer en die ongelooflike vinnige pas van die wereld, eis soms hul tol in die vorm van geestesvermoeidheid. Party van ons kan dit verlig 'n gunsteling aktiwiteit of om ons hart uit te praat teenoor 'n vertroueling. Maar wat as jy nie die gevoel kan afskud nie en nie meer jou alledaagse lewe kan volhou en baasraak nie? Geestesversteurings kan wissel
van matige angstigheid tot algehele morbiede depressie en 'n reeks ander kwale wat net so afbrekend soos 'n fisieke toestand kan wees indien dit nie behandel word nie. Behandeling wissel na gelang van die diagnose en kan terapie, medisyne en/of hospitalisasie insluit. Wenke vir goeie alledaagse geestesgesondheid • Praat daaroor. Met geliefdes wat gewillig is om te luister oor 'n koppie koffie. • Neem tyd. Sorg dat jy die tyd neem om jouself te koester. • Wees dankbaar. Maak 'n lys van dinge waarvoor jy dankbaar is. • Skakel af. Skakel letterlik af en ontspan, stop
eposse lees en werk doen na ure. • Kyk mooi na jou gesondheid. Volg 'n gebalanseerde dieet en oefen. Maak seker dat jy genoeg rus. • As niks werk nie, kry hulp. Reik uit en kry professionele hulp. Indien jy vermoed dat jy of ‘n geliefde aan ? geestesversteuring ly, reik uit en vra jou huisdokter om jou na 'n geestesgesondheidspraktisyn soos 'n sielkundige of psigiater te verwys vir 'n akkurate diagnose en advies oor toepaslike behandeling. Jou mediese fonds betaal vir behandeling, dis deel van voorgeskrewe minimum voordele wat meeste mediese fondse jou moet bied. Moenie langer wag nie, kry hulp nou.
NUUS • NEWS
Dagboek • Calender
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington-rugbyklub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Oefening is vanaf 19:30 by Wellington-rugbyklub reg langs die Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United-rugbyklub Hillcrest United-rugbyklub se voorseisoen is sterk aan die gang op Dinsdae, Woensdae en Donderdae te Pelikaan Park-Wellington vanaf 19:00. Die bestuur en afrigter nooi dus alle spelers wat nog wil deel word om spoedig aan te kom sluit. Vir meer inligting kontak die klub-sekretaris: Jovan-ré Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@ gmail.com Evita se Perron 28 April: Evita se Perron presents an evening of contentporary Folk music with Jenny and the Jameses. Tickets are R100 and the show starts at 20:00 For bookings call 022 492 3930 or bookings@ evita.co.za Hugenote Hoërskool 8-11 Mei: Die Hugenote Hoërskool bring
eersdaags die storie van "Sound of Music" op die planke. Kaartjies is vanaf 6 Maart beskikbaar by die skool. 8-10 Mei se kaartjies is R90 vir volwassenes en R60 vir kinders. 11 Mei is die Gala-aand. R200 per persoon en dit sluit n 3-gang ete in. Koorfees by Hugo Rust 18 Mei: Laerskool Hugo Rust bied aan 'n Koorfees om 18:00 vir 18:30 by die Laerskool Hugo Rust. Ander kore wat gaan deelneem is Laerskool Durbanville, Laerskool Bastion, Worcester-Noord Primêre Skool, Hoërskool Hugenote met die gaskunstenaar - André Terblanche Vir enige navrae kontak 021 873 1598 / ontvangs@hugorust.co.za Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 8 Junie: Silwerkruin bied aan 'n Lizz Meiring vertoning by die Hugenote Laerskool Saal om 19:00 Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Wellington Huismark 3-6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met lewendige musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart fasiliteite beskikbaar Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel ontbyt om 10:00 by Wellington Noordkerksaal Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin bied aan hul Gholfdag by die Wellington Gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
7
12 April 2017
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington Kontak : 083 258 8717 / 021 873 3375
Geklassifiseerd • Smalls STERFGEVALLE OBITUARY EDWARD ANDREW GOLIATH 27.10.1950 tot 08.04.2017 Begrafnisdiens: Saterdag, 15 April 2017 - Besigtiging om 9:00 te Hibuskusstraat 28 en die diens is om 10:00 by die Nuwe Apostoliese Kerk, Malmesbury ---------------------------DOROTHY ENGELBRECHT "Gollie" 10.09.1953 tot 05.04.2017 Troosdiens: Woensdag, 12 April om 20:00 te Boltneystraat 174, Abbotsdale. Begrafnis: Saterdag, 15 April. Huisdiens om 08:30 te Boltneystraat en om 10:00 by Abbotsdale Gemeenskapsaal ---------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATION LINEVE LATEGAN - 7 April. Geluk my "Baby". Mag God jou ryklik seën. Ons is baie lief vir jou. Van: Ciscus, Mammie, Quwin en Lilah ----Geluk my suster. Geniet jou dag. Baie lief vir jou - Admer en Merltine ----Geluk Tietie met die verjaarsdag. Baie lief vir Tietie - Aduwaan en Shaskia ---------------------------MERLTINE LATEGAN 13 April - Geluk my "Model-kind". Mag God jou ryklik seën. Baie lief vir jou. Van: Ciscus, Mammie, Quwin en Lilah ----Baie geluk ons suster. Mag God jou ryklik seën, Ons is baie lief vir jou - Admer en Lineve ----Geluk Tannie. Mag God jou ryklik seën. Ons is baie lief vir Tannie - Aduwaan en Shaskia ---------------------------JADIN - 12 April. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou seën en nog vir baie jare dra. Van: Pappie, Mammie en Dihandré ---------------------------VERONICA ADAMS - 14 April. Baie geluk met jou verjaardag. God seën jou ryklik. Van: Mammie, susters, broer en almal wat jou ken ---------------------------CHRISTELENE "FLAFFIE" LATEGAN - Baie geluk met jou verjaarsdag op 15 April. Van: Loubser gesin ---------------------------AVRIL - 11 April is jy 11 jaar oud. Nanna
is baie lief vir jou. Baie trots op jou en lekker verjaar. Liefde - Peetma Veronica Combrink -----Avril, mammie hou vir jou voor Psalm 23. Met baie liefde en God se rykste seën. Lief vir jou Claudia ----------------------------
JERMAINE KOOPMAN - 7 op 10 April. Baie geluk my seun en alles wat mooi is. Liefde - Mammie, Pa en Juhauyne ----Geluk my kleinseun. Mag God jou nog vele jare spaar. Baie lief vir jou. Van: Ouma & Oupa West ----Veels geluk Jermaine. Mag jy jou dag geniet. Ons is lief vir jou. Van: Sussie, Mamma, Jayden en Je-Nay ---------------------------BRADLEY CROY - 21 op 15 April 2017. Mag die sleutel van onafhanklikheid die deur na jou drome oopsluit. Liefde Mammie, Tashmene en Sachin. ----Wishing you a day as sunny as your smile, as warm as your heart. Lots of love - Gredna, Cardo en Dequan ---------------------------ARMAND - 6 op 15 April. Veels geluk Ma se groot seun met jou verjaarsdag. Liefde - Mammie en Fredelene ---------------------------ANNE JO-LEE. Veels geluk met jou kroonverjaarsdag op 13 April. Mag jy n geseënde dag hê. Van: Die Jacobs gesin ---------------------------LEMISKA DE KLERK - Geluk met jou verjaarsdag. Mammie se blomme meisie. Lekker verjaar Mammie Janine ---------------------------JUNAID AFRIKA Geluk met jou 25ste verjaarsdag. God se rykste seën en alles wat mooi is vorentoe. Van: Ma, Sussies en Boetas ---------------------------WILMA EN VAALTYN - baie geluk met jul 25ste huweliksherdenking. Liefde - Afrika gesin ---------------------------MARIA WILLEMSE 55 op 15 April. Baie geluk, Lief vir Ma - Annelise, Oxevia, Ronald-Lee, Jomo en James ---------------------------ROWAN LUKAS Boeta geluk met jou eerste verjaarsdag op 14 April. God
se rykste seën oor jou lewenspad Charmaine, Riaan, Paulina, Clara, Ore, Desnay, Chareeze en Mara ---Baie geluk met jou vierde verjaardag. Mag daar nog baie vrede en blydskap kom. Van: Jacqueline, Christopher en Jakobus ---------------------------WAYDIN - Baie geluk met jou verjaardag. Dankie vir die opgewekte seuntjie wat jy is altys is. Liefde - Ouma, Oupa, Tannies en Oompie ----Geluk Mammie se grootseun met jou vyfde verjaardag, Dankie dat jy ons so trots hou. Liefde Ma en Pa ---------------------------WAYNE - Een jaar oud. Geluk met jou verjaardag, ons kleinkind. Lekker verjaar. Van: Ouma en Oupa ---------------------------MALCOLM - Geluk my oudste met jou verjaarsdag. 'n Geseënde dag vir jou. Liefde - Mammie, broers, suster, Betty en Brioné ----Baie geluk op jou geboortedag. Geniet die dag. Baie lief vir jou - Ouma en tannie Lizzie ---------------------------Geluk MAKESHA met jou kroonverjaardag. Mag jou lewe geseënd wees. Liefde - Mammie, Dadda, Nanna en drie susters ---------------------------WAYNE LUKE HERMAN - Een op 16 April. Hoop jy geniet jou dag. Baie liefde - Mammie, Pappie, Oumas, Oupas en familie ---------------------------Raai wie word 79 op 12 April. Veels geluk aan 'n wonderlike Ma en Ouma. Lekker verjaar. Van: Kinders en kleinkinders ---------------------------Aan 'n wonderlike Broer en Oom op sy verjaarsdag op 12 April. Lekker verjaar. Van: Susters en Broers ----------------------------
word. Sal altyd die mooi herinneringe van jou koester Jou pa, Leukes en Carstens familie ----------------------------INA JACOBUS REED - 25 jaar gelede. So skielik en tragies van ons weggeneem, maar jou mooi herinneringe troos ons. Mis jou baie. Broer - Charlie, Sony en kinders ----Die tyd het vinnig verby gegaan, Jy is tragies van ons weggeneem. Broer Koos en Valentino (kleinseun) ----25 jaar reeds weg na 'n beter plek. Jou nalatenskap sal altyd voortleef in ons harte. Rus sag. Broer James, Cindy en kinders ----Verlange is groot, maar jy is in rus en vrede. Warries gesin ----Ons mis jou baie. Jy is op die heel beste plek - April gesin ----------------------------LENIE ARENDSE - 7 April was dit 'n jaar toe jy so gou na jou swaer (my neef) weggeneem is. Sal jou vir altyd onthou. Van: John Barendse ----------------------------SARAH SWARTS - Op 13 April, is jy twee jaar weg en ons mis jou nog elke dag. Van: Mamma, drie suters en een broer ----Verlange is groot na Ma. Mis Mammie nog elke dag. Liefde - Lynette, Ronelle & Noah Swarts ---------------------------KATRINA COETZEE - 'n Jaar verby. Ons mis jou elke dag. Rus in vrede - Gert, Bettie, Kinders en kleinkinders ----------------------------GRAHAM MANUEL - 12 April. Dad, MEMORIUMS Grandpa, our hearts IN MEMORIAM is still broken and JAY'OLIN (OLIN) LEU- we miss you. In KES - 17 April vier our hearts always jy jou verjaarsdag and forever - Wife, in die hemel. Dink children and granden verlang elke dag. children Liefde - Mammie, ----Lee-Ann, Francois, Your memory is our Aljarreau, Megan, treasure. God has you Margot & Boetie in His keeping. We -----miss you - Your family Trane is onkeerbaar -------------------------as jou naam genoem -----
8
courant
dié
12 April 2017
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
Uitslae • Results
NUUS • NEWS
12 April 2017
Hugenote Hoërskool Hugenote-netbal Waterkloof Netbaltoernooi 20-35: Voortrekker 24-19: Kanonkop 26-24: Waterkloof II 17-28: Oos-Moot 21-34: Brandwag 25-25: Rustenburg 26-24: Lichtenburg 32-23: Overkruin 16-32: Noord-Kaap 18-32: Dinamika 31-19: Maragon College
Hugenote-rugby Drostdy: Nood/Suid-Toernooi O/14: Marais Viljoen: 24-34 O/14: Middelburg: 12-17 O/14: Transvalia: 12-26 O/15: Marais Viljoen: 3-27 O/15: Middelburg: 12-43 O/16: Marais Viljoen: 34-41 O/16: Middelburg: 26-17 Oakdale-Toernooi O/19A: Kempton Park: 12-26 O/19A: Voortrekker: 8-16
Roses:
Roses United se spanne het Saterdag na Ceres gereis om die span van Ceres op die veld te ontmoet. Roses het met 43-26 geseëvier. Rowen Ranna van Roses stoom hier voort na die doellyn. Foto: Francio Abrahams
Hugenote-atletiek by SA-skole o.15 D - Dalene Koegelenberg, 9de in 1500m Hindernis finaal (5:48.38). ... o.17 S - Marno Dirks, 6de in Driesprong finaal (13.29). - Juan Smith, 7de in Spiesgoog finaal (60.00m). - Reinard Reitsma, 5de in 800m finaal (1:54.46). - Franco Hendriks haal semifinaal in 200m (0:22.68). o.18 D - Karlene Lambrechts,4de in Hammergooi finaal (49.87m). - Mare-Louisa Koegelenberg, 7de in 200m finaal (0:25.64). - Mare-Louisa Koegelenberg,5de in 400m finaal(0:57.20). o.18 S - Tiaan Moosa, 8ste in 400m finaal (0:48.97) Medaljewenners in aflosse betrokke vir Wes–Kaap Atletiekspan: Franco Hendriks – o.17 Seuns wen Silwer in Medley (400m, 300m, 200m, 100m) en Silwer in 4 x 100m. Tiaan Moosa – 0/18 Seuns wen Goud in 4 x 400m. Mare-Louisa Koegelenberg – o.18 Dogters wen Brons in 4 x 400m en Brons in 4 x 100m.
Wellingtonrugbyklub:
Gerhardus Nel van die Wellington-rugbyklub systap die opponente tydens Wellington se eerstespan-wedstryd. Dié klub het onlangs nuwe momentum gekry en is volstoom aan't bou aan die klub.