courant
1 Wellington
dié
29 Maart 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 413
29 Maart 2017
•OUD-JOERNALIS LEI BREYTENBACH-SENTRUM
Dié liefde kom lank - Lötter 'Koester vir nageslag'
•Jaomi Zeeman Die Breytenbach-sentrum het hierdie week ‘n nuwe bestuurder aangestel. Francois Lötter, voormalige senior assistentredakteur van Die Burger en Beeld, sal vanaf 1 Mei in die bestuurstoel van die sentrum sit. Francois stap al ‘n lang pad in die joernalistiek en kreatiewe wêreld. Hy was onder andere die hoof van die Volksblad se buitekantore, ‘n politieke beriggewer in die Parlement, Beeld se buitelandse redakteur, nuusredakteur en redakteur in Pretoria en uiteindelik ook van 2004 tot 2011 Die Burger se senior assistentredakteur in Kaapstad. As redaksielid van Beeld en Die Burger was Lötter betrokke by kulturele en gemeenskapsprojekte soos die Aardklop-kunstefees in Potchefstroom, die Absa KKNK in Oudtshoorn en die Suidoosterfees in Kaapstad. Hy was ook redakteur van die Absa KKNK se feeskoerant Krit. Lötter was die afgelope paar jaar betrokke by die Eugène Marais-stigting en is ook lid van die trusteeraad van die Hugenote Gedenkskool in Dal Josafat. Volgens Francois is hy baie opgewonde oor hoe hy sy vorige ondervinding tot voordeel van
Roses vs Hillcrest
Die rugbyspanne van Roses United en Hillcrest United pak mekaar Saterdag op Pelikaanpark in ‘n epiese stryd in die Boland Rugby-unie se Groot Uitdaag-beker. . Die hekke maak reeds 12h00 oop en wedstryde begin vanaf 13h00. Toegang is R10 per persoon en R10 per voertuig. Kontak Jovan-re Cupido by 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com met navrae.
die Breytenbach-sentrum sal kan aanwend. “Die skeppende omgewing waarin ek gewerk het, die skeppende mense oor ‘n wye spektrum wat my pad gekruis het, lang werkure, netwerk kontakte, redaksionele bestuurposisie, joernaliste as personeel, my liefde vir die gemeenskapslewe, spertye, mensekennis, spanwerk, ensovoorts sal my moet help om die werk te doen,” sê hy. Alhoewel Francois voorheen geen amptelike verbintenis met die sentrum gehad het nie, was dit ‘n plek wat hy gereeld besoek het. “Ek is al vir lank ‘n gereelde besoeker by van die aanbiedinge en projekte van die sentrum. As joernalis het ek foto’s hier geneem wat in Die Burger gebruik is. "Die liefde kom ‘n lang pad - van die amptelike opening van die sentrum wat ek bygewoon het as mediaverteenwoordiger,” vertel hy. Vir hom is daar sekere dinge wat ononderhandelbaar is by ‘n entiteit soos die Breyten-
bach-sentrum. “Die onvoorwaardelike saam beleef en ervaar en deel van kuns- en kultuurdinge wat elkeen na aan die hart lê en jou die mens maak wie jy is. "Beleef saam met ander dit wat jy koester en laat ander toe om te koester wat vir hulle maak wie hulle is. "Leef en laat leef. Geniet dit. Dit is die dinge wat die swaarste moet weeg,” sê hy. Volgens Francois is die sentrum vir hom ‘n simbool van erkenning en herkenning van geregtigheid en ongeregtigheid. “Dit is ook ‘n simbool van saamwees en saamwerk en saam kennis deel en saam kuns maak, musiek maak, en saam menswees. "En om mekaar te wys dis lekker en goed en dit moet so wees en moes eintlik altyd so gewees het,” verduidelik hy. Louis Duvenhage, voorsitter van die direksie van die Breytenbach-sentrum, voel baie positief oor Francois se aanstelling. “Lötter vat nou die stokkie by Theo Kemp oor. Theo het die grondslag gelê en die sentrum tot ‘n organiese projek wat tot voordeel is van die mense van Wellington en elders opgebou. "Ons weet dat Francois hierdie etos van die Sentrum verder sal uitbou. Ons wens hom alle sterkte toe.” Volgens Francois lê die sentrum se grootste bate in die Breytenbach-etos, die personeel, die vrywillige deelnemers en die dinge wat saam by die Sentrum beleef word. Oor sy visie vir die Breytenbach-sentrum voel hy baie sterk: “Dat die hele plaaslike gemeenskap, sowel as die kuns- en kultuurgemeenskap hier en elders die sentrum en waarvoor dit staan sal koester as hulle eie en sal in stand hou vir die nageslag. Nie omdat ons moet nie, maar omdat ons wil.”
NUUS • NEWS
2
NUUS • NEWS
29 Maart 2017
•TAK SUKSESVOL BY ONLANGSE STREEKSKONGRES
VLV palm pryse in Die Wellington VLV-tak het op Donderdag 23 Maart hul maandelikse vergadering in Wellington-Noord se Kerksaal gehou. Tydens hierdie vergadering is daar nie net heerlik saamgekuier, na interessante praatjies geluister en tee gedrink nie, maar ook met die rekordgetal trofee wat die tak by die streekskonferensie verower het, gespog. Die vergadering het sommer afgeskop met die goeie nuus en oorhandiging van die knap Wellington VLV-dames se trofees. Daar is verskeie afdelings waarin die plaaslike tak die eerste, tweede en derde plekke verower het. Lede het o.a. die eerste plekke vir gebakte plaasbrood, tokreen-boekstutte, kaartjies met quilting, sowel as die fotokompetisie ingeoes. Hulle het altesaam elf items onder die eerste
Kontak ons by 022 487 3221 of besoek www. diecourant. co.za.
drie in verskeie afdelings gehad. Die Wellington-tak het ook die bekers vir kuns en handvlyt, vir die algehele meeste punte, vir naaldwerk, sowel as die Tip-Topbeker vir gehoorsaamste en mees stiptelike tak gewen. Die voorsitter, Juanita Loubser, het haar dank teenoor die lede uitgespreek wat hierdie ongelooflike prestasie moontlik gemaak het. Sy het ook hulde gebring aan die vorige voorsitter, Karin Barnard, wat ‘n aandeel in baie van die tak se suksesse gehad het. Die dames kon ook gedurende die vergadering na ‘n praatjie oor die Paasfees-simbole luister en na ‘n demonstrasie van hoe om Paasbolletjies te bak, kyk. Agterna kon hulle aan heerlike kerrievis en paasbolletjies, opgevolg met heerlike likeur-mousse en grenadella-skuim weglê.
Die groep dames wat almal pryse by die VLV Konferensie losgeslaan het, is Petricia Pietersen, Juanita Loubser, Amelia Jacobs, Susan Hadgen, Dawn Greyling, Gerda Smit, Aletta Keiser (spreker), Karin Barnard, Beppie Altintopi en Johanna Rheeder.
Lig skyn op plaaslike ekonomiese groei
Max van der Wath en Kris Swart (PSG Wealth Wellington), Francis Nieuwoudt en Dirk Breytenbach (Drakenstein Sakekamer) en Charles Lombard ( PSG Asset Managment).
Talle plaaslike sakemanne het op Vrydag 24 Maart ‘n sake-ontbyt by die Neo-funksielokaal (Kleine Valleij) bygewoon. Hierdie ontbyt, wat deur PSG Wealth geborg is, het aan gaste die geleentheid gebied om meer oor die huidige ekonomiese klimaat in ons land en die invloed wat dit op besighede en persoonlike beleggings het, onder die loep geplaas. Een van die sprekers, Charles Lombard, wat die hoof van PSG se Kleinhandel Verspreiding en Beleggingsbestuur is, het die effek en moontlike onsekerhede wat politieke- en wêreld-gebeure op die ekonomie kan hê, bespreek. Die fokus het op moontlike vooruitskouings vir 2017 geval, maar hy het dit ook benadruk dat niemand werklik voorspellings kan maak nie. “Van die beste raad wat jy kan volg is om nie sommer lukrake voorspellings te maak nie, geduldig te wees en die groter prentjie in die langtermyn te probeer raaksien,” het hy gesê. Francis Nieuwoudt van die Drakenstein Sakekamer, wat die Paarl, Hermon, Gouda, Saron en
Wellington insluit, het hierdie organisasie en die munisipaliteit se rol in die sakewêreld beklemtoon. “Die Drakenstein Sakekamer is die stem van kleinsake in ons munisipale area. Ons help en bemagtig besighede binne ons grense met netwerkgeleenthede en vele ander inisiatiewe,” het sy gesê. Die hoof van PSG Wealth, Max van der Wath, het ‘n interessante praatjie oor die huidige ekonomiese en politieke klimaat in Suid-Afrika, sowel as in die res van die wêreld, gelewer. Hy het die inspeling van politieke verandering op die ekonomie en die invloed op besighede, sowel as op die sak van die man op straat, bespreek. Hy het onder andere lig gewerp op en raad gegee oor die veranderinge wat na die laaste begrotingsrede op talle mense en besighede wag. Die oggend is afgesluit met ‘n heerlike ontbyt deur die twee Kokkedore Johnny Hamman en Marius Uys.
NUUS • NEWS
3
29 Maart 2017
•PROJEK GENIET GOEIE ONDERSTEUNING
Spruitrivier nou silwerskoon
Daar is op Saterdag 25 Maart ‘n Spruitrivier Skoonmaak Projek in samewerking met WOW Wellington, WAG/Stopmisdaad en St Albans Primêr geloods. Volgens Stephan Landsberg van die WAG/ Stopmisdaad bestuur is hierdie projek is ‘n uitbreiding van hulle skoonmaakaksies in Wellington. Negentien leerders van St Albans se Natuurwetenskap-groep het Saterdag in Gnl. Hertzoglaan opgedaag om met die skoonmaakprojek behulpsaam te wees. Vrywilligers van WOW Wellington en WAG/Stopmisdaad het ook ingespring om met hierdie aksie te help. Raadslid Hentas Kotze van Wyk 2 het ook sy moue vir hierdie verdienstelike saak opgerol. Volgens Francois Theron van die WAG/Stopmisdaad organisasie was hierdie projek veel meer as ‘n skoonmaakaksie. “Dit is ook ‘n leerproses vir die leerders om te sien wat rommel aan die ekosisteem doen en wat ons kan doen om dit te voorkom indien die samewerking van morsjorse verkry kan word,” sê hy. Die projekspan het in groepe vanaf Gnl Hertzoglaan tot by Malherbestraat gewerk. Die entoesiastiese St Albans leerlinge , onder leiding van mnr. Appolis, is deur voorskoolse leerders tot graad 7-leerders verteenwoordig. Hierdie was die derde WAG/Stopmisdaad skoonmaakaksie waaraan die leerders deelgeneem het. Hulle het voorheen by twee geleenthede gehelp om Bainskloof se uitkykpunte skoon te
maak. Volgens Francois Theron moet St. Albans, hulle leerders en leerkragte gekomplimenteer word vir die besondere inisiatief. “Dit is inderdaad ‘n voorbeeld vir ander skole en instansies van hoe ‘n klein groepe mense ‘n groot verskil kan maak in gemeenskapsbou,” sê hy. Uiteindelik is daar drie bakkievragte rommel en ongeveer 100 munisipale vuilgoedsakke tydens die skoonmaakaksie verwyder. ‘n Hoogtepunt was toe die span ‘n deel van die rivier kon oopmaak en sien hoedat dit weer vloei soos dit behoort te wees, sonder rommel. WAG /Stopmisdaad en WOW Wellington wil graag hul dank uitspreek teenoor die instansies wat tot die sukses van hierdie aksie bygedra het:
Barron Sekuriteit – Veiligheid van leerders en ander deelnemers P&P Wellington – borg van blikkies Coke vir leerders Spur Wellington – koudmaak van waterkanne Creative Minds Bellville – Skenking vir aankope Drakenstein Munisipaliteit – Skenking swartsakke Rdl Hentas Kotze ( Wyk 2) – skenking van lekkergoed en handskoene Tim Steenberg - U-No – Me – Packaging – skenk van plastiek drinkglasies Ander vrywillge bydraes Vir meer inligting oor hierdie en ander projekte, skakel gerus vir Stephan Landsberg (stephan.landsberg@parceval.co.za) en Francois Theron (Francois.Theron@spl.sun.ac.za).
Ek is baie dankbaar skrywer Die plaaslike skrywer, Gaireyah Fredericks, wat onlangs deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns vir die Eugene Marais Literatuurprys genomineer is, is Vrydag ook vir verskeie toekennings by die Baxter-teater benoem. Gaireyah, wat haarself in die afgelope paar jaar as ‘n gerekende skrywer, digter, aktrise en dramaturg gevestig het, het haar toneelstuk, “Broken Angels”, verlede jaar vir ‘n dramakompetisie deur die Kaapse Wynlande ingeskryf. Hierdie inskrywing en haar prestasie tydens hierdie kompetisie het haar ‘n plek in die Baxter Teater se Zabalaza Teater Fees besorg. “Broken Angels gaan oor ‘n onderwerp wat in ons gemeenskap gewoonlik maar onder die mat ingevee word, naamlik bloedskande of seksuele molestering van ‘n kind deur ‘n ouer of familielid. "Dit gee ‘n stem aan die stemloses en plaas die soeklig op die dinge wat in die donker gebeur,” vertel Gaireyah. Gaireyah en die aktrise wat die hoofrol in hierdie eenvrouvertoning speel, Chanelle Fortuin, het die toneel ook gedurende die Sestien dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld opgevoer om bewusmaking oor hierdie onderwerp te bevorder. “Broken Angels” het die afgelope week as deel van die Zabalaza Teater Fees by die Baxter Teater vol sale gelok en is in verskeie kategorieë vir pryse benoem. Chanelle Fortuin is onder andere in die kategorie vir Mees Belowende Aktrise vir ‘n prys benoem en Gaireyah is in die kategorie vir die Beste Teks as skrywer benoem. “Dit is vir ons ‘n ongelooflike eer en voorreg om soveel erkenning vir ‘Broken Angels’ te kry. Ons reis met hierdie storie is eintlik nog jonk. "Dit is ‘n storie wat wag opgewonde wag om te ontplof tot iets wat hoop, vrede en uitkoms bied vir mense wat daarmee te doen het. "Ons hoop dat dit die narratiewe wat steeds daarin opgesluit lê sal help ontvou. "Ons hoop dat dit ‘n platform, ‘n
BELANGERIKE KENNISGEWING Die Wes-Kaapse Drankowerheid funksioneer om die verskillende elemente rondom alkohol kleinhandel in die provinsie te reguleer. Die volgende is ’n paar van die meer algemene vrae wat ons van u ontvang as die algemene publiek: 1. Wat is die rol van die Wes-Kaapse Drankowerheid? Die Wes-Kaapse Drankowerheid, ook bekend as die WCLA, is die organisasie wat die kleinhandelverkope en mikro vervaardiging van drank in die Wes-Kaap reguleer. As jy wil drank verkoop of mikro vervaardiging, het jy ’n dranklisensie nodig om dit wettig te doen. Die Wes-Kaapse Drankowerheid is die organisasie waar jy aansoek doen vir so ’n drank lisensie. 2. Maak die aansoek proses vir drank lisensies voorsiening vir openbare deelname? Ja, dit maak voorsiening vir openbare deelname. Lede van die publiek kan besware aanteken of kommentaar ten gunste van die uitreiking van dranklisensies. Wanneer beswaar aangeteken word, moet u omvattende redes vir die beswaar teen die aansoek voorsien. Met ander woorde, die besware kan nie vaag wees nie en moet feitelik wees en moet gebaseer is op konkrete, spesifieke feite.
uitlaatklep, ‘n verhoog, ‘n sug om die kwessie te ontbloot, sal wees,” sê sy. Buiten die nominasies vir hierdie gesogte toekennings by die Baxter-teater en die nominasie vir die Eugene Marais Literatuurprys, is Gaireyah ook druk besig om haarself vir die KKNK voor te berei. Sy gaan binnekort daar optree tydens ‘n gespreksreeks onder leiding van onder andere Daniël Hugo oor die rol van Kaapse Afrikaans en veral haar digbundel, “Kaaps in Hollands”. “Verder wil ons ook graag ‘Broken Angels’ by die Breytenbach Sentrum se Bôrdienhuis en by die Ou Meul Teater in die Paarl opvoer. "Ek gaan ook by die Wellingtonse Stasiefees wat in Mei plaasvind, optree,” vertel Gaireyah oor haar besige skedule. ‘n Eugene Marais Literatuurprys nominasie, een van die wenners in die Kaapse Wynlande Dramakompetisie, optredes by die Baxter-teater, nominasies vir toekennings by die Zabalaza Toneelfees, sowel as optredes by die KKNK, plaaslike teaters en by die Stasiefees is omtrent ‘n mondvol en getuig van ‘n baie vol program. Volgens Gaireyah voel sy soms nog oorweldig oor alles wat die afgelope jaar oor haar pad gekom het. “Wie sou nou verlede jaar kon dink dat my lewe vandag só sou lyk. Ek is baie dankbaar,” sê sy.
3. Hoe sal die publiek weet van ’n potensiële drank perseel? ’n Dubbele indiening proses bestaan vir ’n dranklisensie aansoek waar die aansoek met die Wes-Kaapse Drankowerheid en met die Suid-Afrikaanse Polisiediens gelyktydig ingedien word. Elke polisiekantoor het ’n aangewese drankoffisier (DLO) wat handel met drank-verwante aangeleenthede. • Een van die verantwoordelikhede van die aangewese drankoffisier is om die naburige inwoners in te lig van die nuwe dranklisensie aansoek; • In die tweede plek moet die aansoeker ’n kennisgewing van die aansoek in 3 amptelike tale op die perseel vertoon. In die Wes-Kaap Drank Regulasies is daar voorgeskrewe vorms wat gebruik moet word om dit te doen; • Derdens, die Wes-Kaapse Drankowerheid adverteer in die plaaslike koerant dat daar nuwe drank aansoeke is; • En dan word dit ook geadverteer in die Provinsiale Staatskoerant. Die bo-genoemde pogings is in plek om die publiek van aansoeke in te lig vir ’n drank lisensie. 4. Wat is die hoof punte wat na gekyk word wanneer ’n dranklisensie aansoek oorweging word? In die drank regulasies is daar aansoekvorms wat die proses lei en moet voltooi word wanneer aansoek gedoen word vir ’n dranklisensie. In kort is daar 3 dinge wat die Dranklisensiëringstribunaal na kyk, en ons verwys daarna as die 3 P’s: Die Persoon, die Publiek en die Perseel. • As ons verwys na die Persoon: Vra ons, is die aansoeker van goeie karakter en nie gediskwalifiseer volgens die wet nie? (Artikel 35 van die Wet verduidelik hierdie proses). • As ons verwys na die Perseel: Vra ons, is of sal die perseel geskik is vir die tipe dranklisensie wat aansoek voor gedoen word. • As ons verwys na die openbare Publiek belang: Die Dranklisensiëringstribunaal, gebaseer op die inligting in die aansoek wat voor hulle geplaas word sal bepaal of die toestaan van die aansoek vir ’n drank lisensie in die openbare belang is. Hulle kyk ook na artikel 34 (1) (e) van die Wet. Dit bepaal dat die toestaan van die aansoek nie tot nadeel van (i) die inwoners van ’n woongebied; (ii) die inwoners van ’n instelling vir bejaardes; (iii) die leerders van ’n opvoedkundige instelling wat onder die ouderdom van agtien (18) jaar; (iv) die pasiënte van ’n instelling vir dwelms of alkohol-verwante afhanklikhede; of (v) die gemeentelede van ’n godsdiensinstelling geleë in die omgewing van die voorgestelde gelisensieerde perseel. 5. Wie is verantwoordelik vir handelsdae en -ure? Munisipale verordeninge reguleer handelsdae en -ure ten opsigte van drankwinkels. Ure en dae soos in die verordening moet toegepas word en ’n aansoek om ’n afwyking van hierdie ure moet by die munisipaliteit en nie die Wes-Kaap Drankowerheid (WCLA) ingedien word. 6. Hoe kan die publiek drank gelisensieerde persele wat onverantwoordelik handel rapporteer? Ons het ’n kontak sentrum en ons moedig almal aan om daarvan gebruik te maak. Dit werk tussen 7:30 - 16:00. Die kontaknommer is 021 204 9805 of 021 204 9700; of jy kan ons ook kontak per e-pos, liquor.enquiries@wcla.gov.za. Jy kan ook ’n besoek aan ons kantoor maak op die 3de Vloer, Sunbel Gebou, 3 Ou Paarlweg, Bellville. Ons wil hê die publiek moet weet dat ons is altyd beskikbaar om na hulle te luister, en dit is waarom ons die kontak sentrum op die been gebring het. As iemand dit oorweeg om aansoek te doen vir ’n dranklisensie kan hulle die aansoekvorms wat geredelik beskikbaar is op ons webwerf, www.wcla.gov.za kry en voel vry om ons te kontak op 021 204 9805 of 021 204 9700 of e-pos op liquor.enquiries@wcla.gov.za. Ons sien uit daarna om van julle te hoor.
courant
29 Maart 2017
It’s Good News
dié
4
Verandering is seisoenaal
Dit is waarskynlik almal se grootste hoop dat ons ons nou aan die stertkant van ‘n baie droë seisoen bevind. Saam met ons behoefte aan reën, kan ons seker ook ‘n paar ander goed, soos ‘n meer eerlike regering, ‘n skoon omgewing, minder geweld en meer verdraagsaamheid, op ons hoop-lysie plaas. Daar is altyd ‘n paar groot veranderinge terwyl die seisoen draai: blare val, nagte word langer, temperature styg of daal, voëls trek en bome bot. Ander dinge blyk egter doodgewoon hul gang te gaan en ongesteurd te doen wat hulle nog altyd gedoen het. So is dit ook in ons land. En so is dit ook in ons dorp. Terwyl die realiteit en impak van ‘n nuwe seisoen in politieke en sosiale omstandighede by die onlangse Sake-ontbyt bespreek is, was die lede van die Dienssentrum besig om hul jaarlikse basaar te beplan. Terwyl jong atlete hul drome by die SA-Kampioenskappe verwesenlik, sluit ‘n koor die kwartaal met ‘n ontbyt af. Wanneer die Breytenbach Sentrum ‘n nuwe bestuurder aanwys, Gaireyah Fredericks pryswenner-nominasies by die Baxter Teater inryg en mense se oë vir die werklikheid van outisme oopgaan, tel ander mense rommel op, speel netbal en berei kerrievis en paasbolletjies. Terwyl die groot dinge die kollig haal, gaan die klein goedjies hul gedienstige gang. En dit is wat ons dorp so ‘n wonderlike plek maak – die manier waarop hierdie dinge met elke nuwe seisoen inmekaarvleg. Dit is onafwendbaar dat seisoene kom en gaan. Verandering is ‘n gegewe en bring nuwe lewe. Gelukkig is daar baie dinge wat wel dieselfde bly.
Nageboorte depressie by pa’s bespreek
NUUS • NEWS dr. Mark Blackwell Snr
Evangelize or fossilize
Jesus taught us in Luke 15:7 “I say to you that likewise there will be more joy in heaven over one sinner who repents …” Jesus told us there is joy in heaven over every sinner who comes to repentance. (Also See The Prodigal Son: Luke 15.) If heaven gets excited, we should get excited, too! Has the Lord blessed you with forgiveness, salvation, hope, joy and eternal life? God hasn’t blessed you over the years with all the truth you’ve heard in church or read in your Bible or in good Christian books - just to keep it to yourself. “Hoarders?” …Have you seen the TV programs that show the lifestyle of what they call “hoarders”? I’m not talking about people who just keep a few things too long. These are people who’ve filled their homes, their garages, and every square inch of their space with stuff. It takes days to clear it out. Sometimes as Christians we can be the same way—“hoarding” all God has given us and never sharing it with others. Remember this: you are blessed to be a blessing. (1 Peter 3:8-10.) So let’s get the idea out of our heads that sharing our faith is something we can’t do or something miserable to engage in. Nothing could be further from the truth. No doubt about it, seeing new people believing in Christ for their salvation is at the heart of any Bible-believing church. Helping others come to know Christ as their Savior is an essential element of our own growth in the Christian life. We all need new “others” - new believers challenging our lives.
Dienssentrum hou basaar Die Wellingtonse ACVV Dienssentrum hou op Saterdag 1 April hul jaarlikse basaar in die Moedergemeente se kerksaal. Die geleentheid sal om 08:00 afskop en beloof om, soos wat hulle telkemale in die verlede bewys het, ‘n hoogtepunt op die sosi-
ale kalender te wees. Volgens Janet Myburgh, bestuurder van die Dienssentrum, sal daar verskeie lekkernye en tuisgemaakte vondste op die basaar te koop wees. Dorpenaars en besoekers is welkom om te kom saamkuier en die basaar te ondersteun.
Lions onthaal seniors
Onder: Lede van die plaaslike Lions-klub het almal gehelp om braaivleis en wors vir die 450 senior burgers te braai.
Ilse Conradie, Christo Visser en ds. Lettie Buchner by die vergadering van die ondersteuningsgroep. Die ondersteuningsgroep wat gereeld in die Martha-saal vergader, het op 14 Maart ‘n interessante gesprek rondom nageboorte depressive (NGD) by mans gehad. Christo Visser, ‘n kliniese maatskaplike werker met sy eie praktyk, het hierdie groep, wat op die bespreking en ondersteuning van depressie en angsverwante onderwerpe fokus, kom toespreek. Volgens Christo is NGD meer algemeen onder mans as wat mense vermoed. Die rede dat dit nie algemeen bekend is nie, is die stigma wat daaraan in die samelewing kleef en mans se “tradisionele” persepsie dat hulle nie oor hul probleme mag praat of swak vertoon nie. “Navorsing het bevind dat ongeveer een uit elke tien pa’s NGD ervaar binne die eerste 3 tot 6 maande na ‘n baba se geboorte,” het hy gesê. Die oorsake van NGD by pa’s is baie dieselfde as dié by ma’s. “Dit kan deur emosionele stres, die fisiese en emosionele eise verbonde aan vaderskap of eks-
tra finansiële verpligtinge gesneller word. Min slaap, meer huishoudelike verantwoordelikhede en ‘n verandering in die verhouding met die huweliksmaat kan verdere bydraende faktore wees,” het Christo verduidelik. Volgens hom kan simptome wissel van moegheid, ‘n gevoel van mislukking en skuldgevoelens. “Daar kan ook dinge soos hoë vlakke van persoonlike irritasie, obsessiewe en ontoepaslike gedagtes, ‘n verlies aan eetlus, slaapsteurnis of angs kop uitsteek.” Christo het dit beklemtoon dat daar baie oplossings of hulpmiddels is wanneer iemand vermoed dat hulle moontlik aan NGD lei. Die groep het ook interessante vrae rondom die onderwerp gevra en betekenisvolle kommentaar rondom sekere aspekte gelewer. Vir meer inligting aangaande die ondersteuningsgroep se vergaderings en besprekings kan belangstellendes die Moederkerk se kerkkantoor kontak of die afkondigings en sosiale media dophou.
Die gaste kon heerlik rondom pragtige tafels kuier. Lede van die plaaslike Lions-tak het op Saterdag 24 Maart ongeveer 430 senior burgers uit die omgewing met ‘n heerlike ete bederf. Hierdie geleentheid het by die Hugenote Laerskool se saal plaasgevind en die braaivleisvure het reeds van vroegoggend af gebrand. Die Lions het hierdie geleentheid gratis aan die senior burgers van die vallei aangebied en daar het selfs ‘n paar busse met gaste vir die geleentheid opgedaag. Volgens Pieter Myburgh, voorsitter van die plaaslike Lions Klub, is hierdie bederf ‘n geleentheid waartydens die Lions hulde bring aan die ouer mense in die gemeenskap. “Die senior burgers kan eenvoudige kom aansit by pragtig gedekte tafels en smul aan die heerlike braaivleis en bygeregte wat ons lede vir hulle voorberei het. Só vereer ons hulle vir die
bydrae wat hulle in ons gemeenskap gelewer het en steeds lewer,” het hy gesê. “Die ete word reeds die afgelope 35 jaar deur die Lions aangebied en is ook hierdie jaar deel van Wellington Lions se 50 ste verjaardag. Lions Internasionaal herdenk ook hierdie jaar ‘n 100 jaar van dienslewering,” het hy verder verduidelik. Kilogramme wors en skaapvleis is smaaklik op die kole gebraai terwyl die dames in die kombuis moes bontstaan om die 430 gaste se bykosse te berei. Uiteindelik was elke gas dit eens dat hulle baie bederf en spesiaal gevoel het met hierdie grootse gebaar van die Wellington Lions. “Ons bring hulde aan die seniors van ons mooi dorp en vertrou dat dit in die toekoms herhaal kan word,” het Myburgh gesê.
NUUS • NEWS
5
29 Maart 2017
Lower prices
PnP Uncooked Beef Potjiekos Bone in
R
on what you need most.
65
Per kg
SAVE R8
Nola Mayonnaise or Salad Cream Assorted 500-780g Each
R
19
99
Parmalat EverFresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
R
69
99
E l i tto S Exclusive Smartt Sh Shoppers. Purchase any 3 participating Tiger Brands products and swipe your Smart Shopper card for automatic entry. See in-store for details.
BUY ANY 2 FOR
Danone NutriDay Smooth Yoghurt Assorted 6 x 100g
R
Albany Superior Brown Bread 700g
R
90
10
R
99
SAVE R8
SAVE R32
Nescafé Gold 200g Dawn Jar or 250g Refill Each
Lucky Star Pilchards Assorted 400g Each
R
R
R
30
99
Liqui Fruit 100% Fruit Juice Blend Assorted 1 Litre Each
16
99
77
99
Nestlé KitKat 4 Finger, Peanut Butter Chunky or Bar-One Assorted (Excluding KitKat 4 Finger White, Dark and Bar-One Giant) 42-50g
BUY ANY 3 FOR
R
19
SAVE R9.99
PRICE PER NAPPY
R
R1.97 R2.24 R2.60 R2.95 R2.95
100
15
R R
174
WAS R186
13
Carling Black Label 24 x 330ml Cans or 24 x 340ml Non-returnable Bottles Per Case
WAS R109.99
VAT 69 Scotch Whisky 750ml Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Assorted Value Pack Per Pack
R
129
99
Chimes Ultra Soft 2 Ply Toilet Tissue 18s
R
69
99 Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
OVER 1000 ITEMS ON SPECIAL PERSONALISED DISCOUNTS
ON THE ITEMS YOU BUY MOST OFTEN. Get weekly personalised discounts on the items you buy most, plus earn a point for every R2 you spend. Download the Pick n Pay app today.
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets excluding Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Belville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Shop online at www.picknpay.co.za PRICES VALID 30 MARCH - 2 APRIL 2017 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS MMWCHS1258
99
Coca-Cola Regular 2 Litre
SAVE R12
Size 2 66s Size 3 58s Size 4 50s Size 4+ 44s Size 5 44s
84
Per kg
Bokomo ProNutro Assorted 500g Each
R
Competition runs 20 February – 8 May 2017. Standard terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za. E&OE.
23
PnP Topside or Silverside Beef Roast
49
6
29 Maart 2017
NUUS • NEWS Promosie
PnP Express is eienaars se droom bewaarheid
Die PnP Express op Wellington is jou eenstop-winkel vir vinnige en getroue diens.
Die plaaslike Pick ‘n Pay Express is die resultaat van twee mense se groot drome, waagmoed en harde werk. André en Margot Paulsen het ‘n paar jaar gelede gevoel dat hulle in ‘n gemaksone verval het en nuwe uitdagings in hul lewe nodig het. Hierdie nuwe uitdaging het in die gedaante van die eerste Pick ‘n Pay Express op Wellington oor hul pad gekom en op 14 Februarie 2016 kon André en Margot die deure van hierdie winkel vir Wellingtonners open. “Ons is altwee passievol om te help om nuwe werksgeleenthede te skep, so ons het nie twee keer gedink om hierdie geleentheid aan te gryp nie,” sê Margot. Sy het ‘n lang verbintenis met Wellington wat reeds sedert die tagtigerjare strek. “Wellington lê Margot nog altyd na aan die hart. Sy was as jong meisie by die Hugenote Kollege se spyseniering betrokke en moes help om twee koshuise te konsolideer. "Sy was onder andere ook verantwoordelik vir die verfraaiing van die destydse eetsaal – wat sy in helder pienk getooi het,” vertel André oor Margot se lang verbintenis met die dorp. Hierdie twee entrepreneurs is glad nie groentjies in die vulstasie-bedryf nie en weet wat mense se behoeftes is wanneer hulle vinnig hul tenk wil volmaak en ‘n paar basiese benodighede wil aanskaf. Hulle het immers al 15 jaar gelede ‘n vulstasie in Gordonsbaai gekoop – ‘n droom wat hulle sonder enige ondervinding, maar met harde werk in ‘n sukses omskep het. Volgens André en Margot het hulle groot drome vir die BP Welgeleë-vulstasie en Pick ‘n Pay Express. “Ons doelwit is dat BP Welgeleë ‘n plek is waar ons kliënte welkom is. "Dit moet vir hulle soos ‘n huis weg van die huis af wees. "Die hoofrede dat ons die besigheid bedryf, is om ‘n diens aan mense te verskaf. Die enigste manier waarop ‘n besigheid soos BP Welgeleë en Pick ‘n Pay Express ‘n sukses kan wees, is as
daar vinnige, vriendelike en flinke diens verskaf word. En dit is presies waarop ons ons toespits,” verduidelik hulle. André en Margot voel ook baie sterk oor die belegging wat hulle in hul werknemers maak. “Ons diens is uitstaande en besonders, omdat ons werknemers het wat altyd daar is om die ekstra myl te loop vir ons kliënte. "Hulle is altyd beskikbaar en sigbaar en bereid om te help. Nie een persoon se werk het meer status as ‘n ander s’n nie – almal bring hul kant om die wiele glad te laat loop,” sê hulle trots oor hul personeel van 35. Volgens André en Margot lê die geheim van hul sukses in die feit dat hulle met niks minder as die beste tevrede is nie. “Ons glo daaraan om alles tot die beste van ons vermoë te doen. "‘n Skoon en netjiese winkel en parkeerarea, kwaliteit produkte wat altyd beskikbaar is, gekombineer met daardie ietsie uniek wat nie altyd oral beskikbaar is nie, sowel as vriendelike en flinke diens is maar ‘n paar van die onontbeerlike beginsels waarvolgens ons werk. "Ons kliënte word ons vriende en ons werknemers werk almal as ‘n span saam,” verklap hul hulle geheime. Hulle is baie opgewonde oor die toekoms. “Ons het ‘n wonderlike idee om BP Welgelee ‘n absolute unieke vulstasie te maak. "Ons kan nie veel in hierdie stadium verklap nie, maar wat ons wel kan sê is dat daar ‘n welsynsorganisasie betrokke gaan wees,” vertel André en Margot. Oor hul toekoms en visie vir hierdie besigheid is hulle baie seker. “Ons droom is om BP Welgelee ‘n bestemming te maak in Wellington. "Baie toeriste stop hier en dit sal ideaal wees om ‘n klein afdeling met padkaarte, brosjures van aktiwiteite in die area, asook pamflette oor akkommodasie hier te hou om uit te gee. "Ons wil regtig hande vat met die gemeenskap om dit wat ons dorp bied, tot almal se voordeel te gebruik.”
NUUS • NEWS
29 Maart 2017
Dagboek • Calender
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington-rugbyklub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Oefening is vanaf 19:30 by Wellington-rugbyklub reg langs die Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United-rugbyklub Hillcrest United-rugbyklub se voorseisoen is sterk aan die gang op Dinsdae, Woensdae en Donderdae te Pelikaan Park-Wellington vanaf 19:00. Die bestuur en afrigter nooi dus alle spelers wat nog wil deel word om spoedig aan te kom sluit. Vir meer inligting kontak die klub-sekretaris: Jovan-ré Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com The Village Market 1 April: Come and enjoy our April Fools'day at the Village Market from 9:00 to 13:00. See you there. Any further enquiries please contact Cynthia at 082 492 8281 / cynthia@mortonhome.net or Linda 076 803 7399 / plhinsa@telkomsa. net Swartland Charity Rally 7-9 April: Charity Bikers Braai in Moorreesburg. Pre-entry R120, Gate entry R150 plus badge for R20,00 - Children under 10 is free. Familiy weekend for bikers, bike lovers and non bikers. Music all weekend and 80's music Friday night, food and novelty stalls, tractor rides, jumping castle and potjiekos Enquiries : Francois 083 956 0606 / Herman at 083 568 5020 / Erhardt 082 898 1026
Atleet presteer by SA’s
Wellington Rugbyklub 8 April: Die Wellington Rugbyklub het 'n tuis wedstryd teen Evergreens Op Wellington Rugbyklub velde langs Boland Stadium. 2de span om 14:45 en die eerste span om 16:00
Evita se Perron 28 April: Evita se Perron presents an evening of contemporary Folk music with Jenny and the Jameses. Tickets are R100 and the show starts at 20:00 For bookings call 022 492 3930 or bookings@ evita.co.za EJ's Sportpub & Grill 6 May: EJ's Sportpub & Grill presents Jay with Christo Lotz and Wicus Le Roux. Entrance fee is R100 from 17h00. Shows from 14:00 to 18:00; 18:00 to 21:00 and at 21:00 2x45 min. Tickets available at the door Enquiries contact : 021 872 8965 Hugenote Hoërskool 8-11 Mei: Die Hugenote Hoërskool bring eersdaags die storie van "Sound of Music" op die planke. Kaartjies is vanaf 6 Maart beskikbaar by die skool. 8-10 Mei se kaartjies is R90 vir volwassenes en R60 vir kinders. 11 Mei is die Gala-aand. R200 per persoon en dit sluit n 3-gang ete in. EJ's Sportpub & Grill 27 May: EJ's Sportpub & Grill presents Theuns Jordaan with Wynand Windpomp. Entrance fee is R100 from 17h00. Shows from 15:00 to 17:00; 19:00 to 21:00 and at 21:00 2x45 min. Tickets available at the door Enquiries contact : 021 872 8965 Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 8 Junie: Silwerkruin bied aan 'n Lizz Meiring vertoning by die Hugenote Laerskool Saal om 19:00 Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington.
Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
‘n Leerder en atleet van Hugenote Laerskool, Zoë Tobias, het op Saterdag 24 Maart uitstekend by die SA Junior Atletiek Kampioenskappe presteer. Hierdie veelsydige o/13-atleet vaar al die afgelope paar jaar baie goed in verskeie items en het al verskeie kere Bolandkleure vir atletiek en netbal verwerf. Sy het haar Gr.7-atletiekseisoen nou op ‘n hoogtepunt afgesluit deur ‘n silwermedalje by SA’s in die meisies o/13 verspring te behaal. Zoë, wat ‘n kranige naelloper en verspringer is, het haar hierdie jaar veral op verspring toegespits en ‘n spesiale oefenprogram vir hierdie item gevolg. Haar harde oefening en deursettingsvermoë het vrugte afgewerp met haar uitstekende prestasie by die SA Kampioenskappe. Volgens Zoë het haar afstande gedurende die atletiekseisoen geleidelik verbeter en het sy haar beste sprong vir die SA Kampioenskappe gespaar. “Ek het goed gespring deur die seisoen en met elke byeenkoms my afstand met ‘n paar sentimeter verbeter. Ek het by die WP-byeenkoms my persoonlike beste afstand gespring en ‘n derde plek daar behaal,” sê sy. Zoë se ma, Eloïse, vertel dat hul baie styf duim vasgehou het met die aankondiging van die WP-span. “Zoë was derde in die verspring en ons het nie geweet of sy by die span wat na SA’s sou gaan, ingesluit sal word nie. Ons was baie opgewonde toe ons haar naam oor die mikrofoon hoor met die uitlees van die WP-span,” vertel sy. Daar was egter byna ‘n penarie tydens die
7
SA-byeenkoms toe Zoë haar spykerskoene by die gastehuis vergeet het. “Daar was eenvoudig nie genoeg tyd om terug te gaan om dit te gaan haal nie,” sê haar ma. Uiteindelik het Zoë sommer kaalvoet aan die Nasionale Kampioenskappe deelgeneem. Dit het haar egter nie gestuit om haar beste afstand ooit, nl. 4,97m, te spring nie. “Ons was die ene hoendervleis en trane toe Zoë so mooi spring – kaalvoete en al. Ons bars behoorlik van trots,” sê Eloïse. Zoë vertel dat sy nog ‘n bietjie oorstelp is oor haar prestasie. “Dit voel nog onwerklik. Ek kan dit nog steeds nie glo nie,” sê sy. En soos dit ‘n goeie sportvrou betaam, begin sy haar nou alreeds toespits op die netbalseisoen wat voorlê.
Wees waterwys met die droogte en tuinmaak
In verlede maand se artikel van 22 Februarie 2017 in verband met “TUINMAAK IN HOUERS” , was eintlik ‘n voorloper vir vandag se gesels oor “WATERWYSE TUINMAAK” Iemand vra my na daardie artikel, hoekom skryf ek dan nie iets oor waterwyse tuinmaak nie en ek noem dat tuinmaak in houers, is ook ‘n vorm van waterwyse tuinbou. Ons damvlakke is baie laag en jy mag slegs jou plante met ‘n gieter of emmer natmaak, behalwe as jy ‘n boorgat het of jou eie water aanry en verder jou gryswater gebruik. Een baie belangrike ding om te onthou is dat geen plant sonder water kan bly leef nie. Nog iets wat ons nie buite rekening moet laat nie, is dat plante eers wanneer hulle goed gevestig is met minder water kan klaarkom, plante wat nuut geplant is, neem omtrent so ses maande om behoorlik te vestig. Die eerste plante wat in jou gedagtes opkom as ons van waterwyse tuinmaak praat, is natuurlik VETPLANTE, AALWYNE & KAKTUSSE (ook Sukkulente genoem), maar daar is ook ander plante wat met min water kan klaarkom. Ons inheemse AGAPANTHUS spesies is plante wat al bewys het dat hulle met min tevrede is, sommige van die spesies blom meer gereeld in die jaar, ander tradisioneel net so rondom November, Desember & Januarie. Ook ons STRELITZIA spesies kan nogal 'n sterk vertoning lewer in jou tuin, selfs saam met sukkulente. Dan is daar deesdae 'n wye verskeidenheid gras- en polgras spesies wat baie gewild is en nogal hul man kan staan in droë toestande en 'n pragtige vertoning lewer, sommige klein bonkige polle en ander wuiwend in die Wes-Kaap se wind. Hier dink ons aan Ophiopogon, Liriope & Carex spesies, sommige donkergroen, ander gestreep en sommige brons van kleur. Praat ons
oor sukkulente, dan kan jy jouself vrye teuels gee, want die verskeidenheid is so wyd soos die oseaan. Daar is die mooi groot boomaalwyne tot die kleinste dwergaalwyne, vetplante so groot soos die Naboom tot by die kleinste Conophytum, ja regtig, jy kan mal gaan. Met hierdie plante kan jy die oulikste klein rotstuintjies bou in ‘n mooi plat erdebak of in enige ander houer van jou keuse, vir op die stoep of in die huis. Die ou grotes kan in jou tuin die mooiste fokuspunt maak, in die grond of in ‘n houer en op die regte plek. Die grond waarin jy die sukkulente plant, moet net baie goed dreineer, maar nog steeds vrugbaar wees (genoeg kompos). Onder in die houers wat jy gaan plant, moet genoeg growwe klippies (gravel) wees om die dreinering aan te help. Verder kan jy jou sukkulente tuin, groot of klein, inkleur met rotse en stompe ens om dit mooi en interessant te maak. Indien jou tuin skuins en afdraend is en die water wegloop of spoel, gebruik die rotse en stompe om die grond te stut en bou amper soort van terrasse, dit sal baie help om die water terug te hou en in te trek in die grond in. Verder kan jy natuurlik ook baie mooi tuinmaak met klippies en plaveistene, selfs tussen jou beddings en plante deur, geniet die uitdaging. Sterkte met die tuinmaak, onthou, glo en vertrou, een van die dae REËN dit. Tuingroete tot 26 April 2017, dan gesels ons weer. George Retief
8
courant
dié
29 Maart 2017
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
29 Maar t 2017
Atletiek:
Keashan-Taye Pietersen, 'n leerder van Welllington Primêr het die Boland-atletiekspan vir laerskole gehaal op 25 Februarie waar sy die kampioen in haar ouderdomsgroep van o.10 in die 80m en 100m was. Daarna het sy haarself weer eens bewys en die Wes-Kaap Primêre skole se atletiek-span gehaal, waar sy nog steeds haar titel as kampioen behou het. Op 22 Maart het sy vertrek na Potchefstroom waar sy deelgeneem het aan die SA skole-atletiekbyeenkoms vir Primêre Skole op 24 en 25 Maart 2017.
Roses klop Hamlets:
Die spanne van Roses United en Hamlets was Saterdag op Pelikaanpark in 'n tweestryd gewikkel. Roses het Hamlet met 39-0 geklop. Bo laat loop Roses se vleuel, Rowen Rana met die bal. Lyle Lategan en Johnwen Lewis sit hand by. Saterdag pak Roses en Hillcrest United mekaar ook op Pelikaanpark in een van die groot derby-wedstryde op die kalender. Foto: Francio Abrahams
Rugby: Die Wellington-rugbyklub het onlangs litte losgemaak en 'n vriendskaplike wedstryd gespeel, waarin spangees die oorwinnaar van die dag was.
In ‘n warm Ceres het die kragmeting tussen Bella Vista en Hillcrest United die skare vermaak met goeie hardloop-rugby deur albei spanne. Hillcrest het al drie hul wedstryde gewen met die volgende tellings: derdespan 21-6, tweede span 8-6 en eerstespan 39-33. Die span van Wellington het verlede Saterdag goeie voorbereiding vir die naweek se derby teen Roses United opgedoen. Die hekke van Pelikaanpark maak reeds 12:00 oop en wedstryde begin vanaf 13:00. Toegang is R10 per persoon en R10 per voertuig. Vir meer inligting kontak Jovan-re Cupido by 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com.