413 dié courant Swartland en Bergrivier

Page 1

c urant

dié

1 Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

29 Maart 2017

25.2%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 413

29 Maart 2017

Die wiele het behoorlik gerol in die Riebeekvallei met die jaarlikse kiskar-derby wat Saterdag op Riebeek-Kasteel aangebied is. Die deelnemers het teen die helling van Kerkstraat afgejaag, maar was seker om hulself te beveilig, hetsy 'n valhelm, of kriekettoerusting.

•TOEGESLIKTE VOËLVLEIKANAAL WEER OOP

Buffer reg vir reën

Die oopstoot van die bufferdam (opvangkom) bo die keerwal in die Leeurivier by Saron, is weer op dreef nadat dit eers weens die uitputting van die noodfondse tot stilstand gedwing is. Dié keerwal dwing die watertoevoer vanuit die kleiner van twee kanale uit die Groot Winterhoekberge, na die hooftoevoerkanaal van die Voëlvleidam. Dié instandhoudingswerk, asook die skoonmaak van die kanaal, is deur rolspelers soos die kiesafdelingshoof van Bergrivier, Chris Hunsinger, as 'n prioriteit bestempel. Die kanaal was plek-plek grotendeels toegeslik en het tot so min as 15 cm van die kanaal oop gelaat. Die kanaal, wat op plekke tot sowat 2m met slik gevul is, is nou oopgemaak met enkele plante wat nog op plekke sigbaar is. Hunsinger vertel dat hy op ‘n oorsigbesoek by landbouers van die probleem verneem en dit toe self ondersoek het. “Daar was ‘n paar planne in plek om te verseker dat ons die projek kon deursien.” Ná talle vergaderings en onderhandelings, is die fondse uit verskeie departemente bekom, omdat die nasionale department van waterwese nie die nodige fondse vir dié buitengewone projek beskikbaar gehad het nie. Hy sê dit het fyn voetwerk tussen die verskillende sfere van regering en departemente gekos om die dringendheid tuis te bring en die fondse te bekom. Dit was noodsaaklik om hierdie werke te vol-

Die bufferdam in die Leeurivier, wat die Voëlvleidam voed, is besig om skoongemaak te word. tooi voor die volgende reënseisoen op hande is. So kan verseker word dat die maksimum beskikbare water na die Voëlvleidam vloei. Hunsinger het gister aan dié courant vertel hoe hy met sy besoek moes staan en kyk hoe water in die sliksand verdwyn. “Dit was duidelik dat vinnige ingryping nodig was.” Daar is verlede week inderhaas verder onderhandel om fondse te bekom om die opvangkom skoon te maak. “Dit sou eenvoudig nie help om die kanaal skoon te maak, maar die opvangkom wat as buffer moet dien, is nie skoon nie. Dan loop die water in elke geval net oor in die rivier.” Hunsinger vertel ook dat die Wes-Kaap se minister van omgewingsake, Anton Bredell, ‘n oop mandaat gegee het dat dié noodsaaklike skoonmaakwerk sonder impakstudies deurlopend gedoen kan word, solank dit binne die vloeigebied van die water is. Hy het bygevoeg dat daar wel amptenare is wat uit hul pad gaan om die werk gedoen te kry, maar dat daar soms op hoër vlak besluitnemers is wat die uitvoering van werk beïnvloed.

Hunsinger het bygevoeg dat “die mees kritiese goed dikwels baie ongereguleerd gebeur”. Die Wes-Kaap se minister van Landbou, Toerisme en Ekonomiese ontwikkeling, Alan Winde, het Vrydag met ‘n besoek aan die streek, by dié kanaal en verskeie landbouers aangedoen om die impak van die droogte eerstehands te ervaar. Winde het gesê dit is altyd belangrik dat “wanneer jy met jou eerste plan voor ‘n berg te staan kom, jy altyd ‘n plan B moet hê.” Twee landbouers wat in vennootskap buite Saron boer, Warren Bam en Wessel van Niekerk, het Winde en sy geselskap saam met lede van die media na die keerwal vergesel. Van Niekerk het gesê die toeslik van die kanaal en die bufferdam is weens brande ‘n paar jaar gelede wat die berg kaalgebrand het en daar nie plante was om die grond vas te hou toe die reënseisoen aangebreek het nie. Die landbouers dien op die 24 Rivierebesproeiingsraad en Van Niekerk het gesê hulle sal voortaan verseker dat kwessies soos hierdie rugbaar raak, want “hier is nou baie vinnig hieraan aandag gegee.”

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.