WELLINGTON 412 die courant

Page 1

courant

1 Wellington

dié

15 Maart 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 412

22 Maart 2017

St. Albans hou karnaval

Die St. Albans Primêr het die afgelope naweek groot makietie by hul jaarlikse karnaval gehou. Dié karnaval is vanjaar vir die 26ste keer aangebied en word jaarliks goed ondersteun. Sien fotobeeld binne. Foto: Roswall de Vries

•BOERSSEN NEEM VOORTOU MET PROGRAM

Nuwe oefentegniek ‘n eerste vir SA

‘n Oefentegniek wat al vir 30 jaar elders in die wêreld in gebruik is en vele gesondheidsvoordele inhou, word nou ook in Suid-Afrika onderrig. Die persoon wat die baanwerkerswerk in die land hiermee doen, is niemand anders as ‘n oudWellingtonner nie. Shirley Boerssen is ‘n boorling van Wellington en ‘n oudleerder van Hugenote Hoërskool. Volgens haar het haar belangstelling en kwalifikasie in “Hypopressives” uit haar opleiding in ander velde gespruit. “Ek is ‘n gekwalifiseerde Pilates-instrukteur en persoonlike afrigter met ‘n agtergrond in voeding en ‘n honneursgraad in sielkunde. "Ek was nog altyd geïnteresseerd in rehabilitasie, die oplossing van probleme en gesondheid of algemene welstand. "Hierdie tegniek het op die regte tyd in my lewe gekom en is so ‘n unieke, maar eenvoudige metode om te gebruik aangesien dit ‘n verbe-

terde postuur, asemhaling en funksionele werking van die kernspiere het,” sê sy. Sy het in 2016 haar opleiding in Hypopressives in Barcelona, Spanje, gekry en gaan weer in Junie na Vigo, Spanje vir verdere opleiding. Shirley is ook in beheer van die opleiding van professionele persone in hierdie nuwe veld in Suid-Afrika. Volgens Shirley verwys die naam van hierdie oefenmetode, Hypopressives, na die lae (hypo=lae vanaf Grieks) druk (pressio = druk vanaf Latyn) van die oefeninge en is dit ‘n gerekende metode regoor die wêreld. Sy is ook ‘n direkteur van die opleidingsinstituut, die International Hypopressive & Physical Therapy Institute. Hierdie instituut lei professionele persone soos fisioterapeute, biokinetici, pilates- en jogainstrukteurs in hierdie oefenmetode op. Shirley verduidelik dat daar talle voordele aan hierdie oefeninge verbonde is. “Dit versterk

die tonus van die abdominale spiere, verbeter postuur, voorkom alle tipes breuke, voorkom en/ of verminder die simptome van urinêre inkontinensie, verbeter atletiese prestasie en verbeter ook prostaat-gesondheid. En dit is maar net ‘n paar van die voordele,” sê sy. “Hypopressives is vir almal: oud, jonk, manlike, vroulik, atlete, dié met beserings of dié wat net hul algemene gesondheid en kernspiere wil verbeter. "Die voordele is legio en die suksesverhale van mense wie se lewenskwaliteit hierdeur verbeter het, is ongelooflik,” sê Shirley. Sy bied tans kursusse in hierdie oefenmetode en tegnieke aan. Een so ‘n kursus sal op Saterdag 25 Maart op Wellington plaasvind. Belangstellendes kan haar by 082 398 1115 of shirley@boerssen.co.za / shirley@lowpressurefitness.co.za kontak. Meer inligting is ook op die webtuiste www.coreconnect.co.za beskikbaar.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.