Skip to main content

WELLINGTON 412 die courant

Page 1

courant

1 Wellington

dié

15 Maart 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 412

22 Maart 2017

St. Albans hou karnaval

Die St. Albans Primêr het die afgelope naweek groot makietie by hul jaarlikse karnaval gehou. Dié karnaval is vanjaar vir die 26ste keer aangebied en word jaarliks goed ondersteun. Sien fotobeeld binne. Foto: Roswall de Vries

•BOERSSEN NEEM VOORTOU MET PROGRAM

Nuwe oefentegniek ‘n eerste vir SA

‘n Oefentegniek wat al vir 30 jaar elders in die wêreld in gebruik is en vele gesondheidsvoordele inhou, word nou ook in Suid-Afrika onderrig. Die persoon wat die baanwerkerswerk in die land hiermee doen, is niemand anders as ‘n oudWellingtonner nie. Shirley Boerssen is ‘n boorling van Wellington en ‘n oudleerder van Hugenote Hoërskool. Volgens haar het haar belangstelling en kwalifikasie in “Hypopressives” uit haar opleiding in ander velde gespruit. “Ek is ‘n gekwalifiseerde Pilates-instrukteur en persoonlike afrigter met ‘n agtergrond in voeding en ‘n honneursgraad in sielkunde. "Ek was nog altyd geïnteresseerd in rehabilitasie, die oplossing van probleme en gesondheid of algemene welstand. "Hierdie tegniek het op die regte tyd in my lewe gekom en is so ‘n unieke, maar eenvoudige metode om te gebruik aangesien dit ‘n verbe-

terde postuur, asemhaling en funksionele werking van die kernspiere het,” sê sy. Sy het in 2016 haar opleiding in Hypopressives in Barcelona, Spanje, gekry en gaan weer in Junie na Vigo, Spanje vir verdere opleiding. Shirley is ook in beheer van die opleiding van professionele persone in hierdie nuwe veld in Suid-Afrika. Volgens Shirley verwys die naam van hierdie oefenmetode, Hypopressives, na die lae (hypo=lae vanaf Grieks) druk (pressio = druk vanaf Latyn) van die oefeninge en is dit ‘n gerekende metode regoor die wêreld. Sy is ook ‘n direkteur van die opleidingsinstituut, die International Hypopressive & Physical Therapy Institute. Hierdie instituut lei professionele persone soos fisioterapeute, biokinetici, pilates- en jogainstrukteurs in hierdie oefenmetode op. Shirley verduidelik dat daar talle voordele aan hierdie oefeninge verbonde is. “Dit versterk

die tonus van die abdominale spiere, verbeter postuur, voorkom alle tipes breuke, voorkom en/ of verminder die simptome van urinêre inkontinensie, verbeter atletiese prestasie en verbeter ook prostaat-gesondheid. En dit is maar net ‘n paar van die voordele,” sê sy. “Hypopressives is vir almal: oud, jonk, manlike, vroulik, atlete, dié met beserings of dié wat net hul algemene gesondheid en kernspiere wil verbeter. "Die voordele is legio en die suksesverhale van mense wie se lewenskwaliteit hierdeur verbeter het, is ongelooflik,” sê Shirley. Sy bied tans kursusse in hierdie oefenmetode en tegnieke aan. Een so ‘n kursus sal op Saterdag 25 Maart op Wellington plaasvind. Belangstellendes kan haar by 082 398 1115 of shirley@boerssen.co.za / shirley@lowpressurefitness.co.za kontak. Meer inligting is ook op die webtuiste www.coreconnect.co.za beskikbaar.

NUUS • NEWS


2

NUUS • NEWS

22 Maart 2017

Nuwe klubhuis vir netbal

Bennie Saayman, minister Anroux Marais en burgemeester Conrad Poole klink ‘n glasie tydens die opening van die nuwe klubhuis. Die streek se netbalspelers kan uitsien na ‘n seisoen van veel meer gerief as waaraan hulle in die verlede gewoond was. Dit volg nadat die Cape Winelands Netball Federation (CWNF) se splinternuwe klubhuis op 15 Maart by die Boy Louw Sportvelde geopen is. Volgens Bennie Saayman, voormalige Springbok-netbalspeler, nasionale afrigter en voorsitter van die CWNF, is dit ‘n groot droom wat uiteindelik bewaarheid is. “Ons het vir jare met twee skeepshouers as ‘klubhuis’ langs ons streek se netbalbane klaargekom. Nou het ons ordentlike ablusie-geriewe, kantore en ‘n algemene area vir spelers en beamptes se gebruik. Ek voel dankbaar en nederig as ek sien hoe ver ons gekom het,” het sy gesê. Die burgemeester, Conrad Poole, het alle rolspelers wat die projek moontlik gemaak het, bedank. Volgens hom was dit te danke aan die samewerking van onder andere die Lotto, plaaslike en provinsiale regering wat hierdie droom gestalte laat kry het. “Ek is trots op sport in die Drakenstein. Dit

is ons munisipaliteit se wens en beleid om die beste moontlike fasiliteite hiervoor te probeer bied. Sport is so ‘n kragtige instrument wat vir jongmense waardes kan leer, sosiale probleme kan help oplos en geleenthede kan skep. Die klubhuis is ‘n teken dat ons ons daartoe verbind,” het hy gesê. Die Wes-Kaapse minister vir sport, Anroux Marais, het netbal in haar toespraak as ‘n “prioriteitsport” bestempel. “Dit skep geleenthede vir jong meisies, dit ontgin potensiaal, bou gesonde lewensgewoontes, help met ‘n holistiese ontwikkeling, bevorder spangees en bemagtig die sosiale omgewing. In totaliteit is netbal iets wat rekonsiliasie en ontwikkeling van die Kaapse Wynland en die provinsie as ‘n geheel kan help bevorder,” het sy gesê. Volgens minister Marais en Saayman is dit hul droom dat die nasionale netbaltoernooi in die nabye toekoms in die Drakenstein aangebied kan word. “Ons het nou die fasiliteite daarvoor,” het minister Marais laat hoor.

Op kooktoer met Martelize Die Wellingtonner Jurgens Schoeman is besig om ‘n kooktoer na Italië saam met die RSG-radio-persoonlikheid, Martelize Brink, te reël. Hierdie kooktoer is op 16 Maart aan die publiek bekendgestel. Volgens Jurgens, wat al verskeie toere d.m.v. sy “Live the journey”-ondervindings gereël en meegemaak het, gaan hierdie toer na Sisilië ‘n besondere ervaring wees. “’n Mens moet reis om jou horisonne te verbreed. Met hierdie toer in September sal die groep vyf interaktiewe kooklesse met ‘n plaaslike Italiaanse sjef beleef terwyl hulle in ‘n gerestoureerde Sisiliaanse villa tuisgaan. Daar sal ook verskeie uitstappies na Italiaanse besienswaardighede, sowel as Jurgens Schoeman en Martelize Brink by die Wellingtonners wyn-, sjokolade- en room-proeë Susan Janse van Rensburg en Riana Conradie wat die kos gemaak het. wees,” het hy verduidelik. As ‘n lusmaker het Martelize Nadat Jurgens die gaste aan die toer bekendBrink, wat ook die toer gaan meemaak, twee gestel het en Martelize die kosdemonstrasie voleg-Italiaanse geregte voor die gaste aanmekaar bring het, kon almal aan heerlike eg-Italiaanse geslaan. geregte, berei deur die Wellingtonner Susan “Italiaanse kos wat met vars, basiese bestanddele van nuuts af gemaak word, is ‘n Janse van Rensburg, weglê. Die trekklavier-klanke van Stanislav Anguelov lewenswyse. Dit is iets wat ons daar in Sisilië het vir ekstra atmosfeer gesorg. gaan ervaar en beleef,” het sy gesê. Vir meer inligting oor die kooktoer na Italië Martlize se “geheime wapen” is haar ongelooflike kookvernuf en haar eie kookboek word kan belangstellendes info@livethejourney.co.za ook voor die einde van die jaar bekendgestel. of 021-863 6400 kontak.

IMPORTANT NOTICE The Western Cape Liquor Authority (WCLA) functions to regulate the various elements around alcohol retail in the province. The following are some of the more commonly asked questions we receive from you, the general public: 1. What is the roll of the Western Cape Liquor Authority? The Western Cape Liquor Authority, also known as the WCLA, is the organisation that regulates the retail sale and micro manufacturing of liquor in the Western Cape. If you want to sell or micro manufacture liquor, you need a liquor licence in order to do so. The Western Cape Liquor Authority is the organisation you apply to for such a licence. 2. Does the liquor licencing process allow for public participation? Yes, it does allow for public participation. Members of the public may lodge objections against or comment in favour of the issuing of liquor licences. When objecting, you should supply comprehensive reasons for objecting to the application. In other words, objections cannot be vague and must be factual and based on concrete, specific facts, not sweeping statements. 3. How would the public know about a potential liquor establishment? A dual lodgement process exists for a liquor licence application where the application is lodged with the Western Cape Liquor Authority and with the South African Police Services concurrently. Each police station has a Designated Liquor Officer (DLO) who deals with liquor-related matters. • One of the responsibilities of the Designated Liquor Officer is to inform the neighbouring residents of the new liquor licence application; • The applicant must display a notice of the application in 3 official languages at the premises. In the Western Cape Liquor Regulations there are prescribed forms that should be used to do so; • The Western Cape Liquor Authority advertises in the local newspaper that there are new liquor applications; • It is then advertised in the Provincial Government Gazette. The aforementioned efforts are in place to inform the public of an application for a liquor establishment. 4. What are the main points that are contemplated when considering a liquor licence application? In the liquor regulations there are application forms that guide the process and need to be completed when applying for a liquor licence. In short there are 3 things the Liquor Licencing Tribunal are looking at, and we refer to it as the 3 P’s. The Person, the Public and the Premises • If we refer to the Person: is the applicant of good character and not disqualified? (Section 35 of the Act explains this process) • If we refer to the Premises: is or will the premises be suitable for the type of liquor licence being applied for? • If we refer to the Public interest: The Liquor Licencing Tribunal, based on the information in the application, will determine whether the granting of the licence applied for is in the public’s interest. They also look at section 34 (1) (e) of the Act. It states that the granting of the application does not prejudice (i) the residents of a residential area; (ii) the residents of an institution for the aged or frail; (iii) the learners of an educational institution who are under the age of eighteen (18) years; (iv) the patients of an institution for drug or alcohol related dependencies; or (v) the congregants of a religious institution located in the vicinity of the proposed licenced premises. 5. Who is responsible for trading days and hours? Municipal by-laws regulate trading days and hours in respect of liquor outlets. Hours and days as stated in the by-law must be enforced and an application for a deviation from these hours must be lodged with the municipality and not the Western Cape Liquor Authority (WCLA). 6. How can the public report liquor licenced outlets that trade irresponsibly? Reports of this nature can be made at our contact centre and we encourage everyone to make use of it. It operates from 07:30 – 16:00. The contact number is 021 204 9805 or 021 204 9700; or you can contact us via email, liquor.enquiries@wcla.gov.za. Alternatively, visit our office on the 3rd floor, Sunbel Building, 3 Old Paarl Road, Bellville. We need you, the members of the public, to know that the WCLA is always available to you, which is why we have the contact centre. If someone is considering applying for a liquor licence, they can get the relevant application forms which are available on our website, www.wcla.gov.za. Feel free to contact us on 021 204 9805 or 021 204 9700 or email us on liquor.enquiries@wcla.gov.za. We look forward to hearing from you.

Smul aan skaapkop

Bushman's Cave buite Clanwilliam is 'n eiesoortige buitelugteater en nou reeds sinoniem met 'n jaarlikse skaapkop- en potjiekos-eetfees, perfek gepaar met uitgesoekte fynproewersmusiek om dié besondere kuier aan die voet van die Sederberge af te rond. Vanjaar is geen uitsondering nie en op 6 Mei gaan die kombinasie van top-musikante Clint Cunningham en die singende tromspeler Ghapi, wat saamgepan het vir 'n ewe eiesoortige vertoning, seker maak dié courant se Skaapkop-eetfees sal nog lank onthou word deur diegene wat kom saamkuier. Met hul vertoning The Great Gruff Voices vertel dié twee sangermusikante hul stories met eie en ander top-rock/pop-treffers oor die jare. Hulle het verlede jaar ook saam getoer vir 'n paar vertonings in Noord-Amerika. Treffers van Bruce Springsteen tot Bryan Adams, Def Leppard tot Guns & Roses, Bon Jovi, John Fogerty en Bob Seger. Clint en Ghapi vertolk die treffers met hul unieke interaktiewe persoonlikhede en gaan die vlaktes onder sterrehemel vul met uithalerklank terwyl gaste heerlik smul en saamkuier om skaapkop en potjiekos voorgesit deur Bushman's Cave se Erik en Melinda de Milander. Sien uit na 'n aand vol top-vermaak, baie lag en ewe veel inspirasie.

Bushman's Cave Bergteater met sy asemrowende vistas en sterreaan-'n-blou-hemel-aande, is op die De Milanders se plaas, Oude Muur. Bushmans Cave bied ook die opsie van oornagkampering met volledige geriewe. Die aand word moontlik gemaak met die samewerking van Sunshine Radio (100.6FM) en Trio Events. Kom kuier heerlik saam vanaf 16:00 met die ete wat van 18:00 tot 20:00 bedien word en Clint en Ghapi se vertoning daarna. Koste beloop R175 per persoon en R100 vir skoliere. Dit sluit die ete ('n keuse tussen skaapkop en potjiekos) met die heerlikste varsgebakte plaasbrood in. Bespreek nou by melinda@bushmanscave.co.za of skakel 027 482 2918. Bespreek ook sommer jou kampplek en kom span uit in die Sederberge met die unieke bekoring.


NUUS • NEWS

22 Maart 2017

•BOEK BEKENDGESTEL

‘Ons is almal nou hiervandaan’

‘n Groot groep uitgelese gaste, akademici, skrywers en gaste het op Saterdag 18 Maart die Wellingtonse bekendstelling van die nuwe boek, “Ons kom van vêr”, bygewoon. Hierdie bekendstelling is saam ‘n laat viering van Moedertaaldag en ‘n vroeë viering van Menseregtedag by die Bôrdienghuis voltrek. Gaste kon vooraf boeke koop terwyl hulle deur die plaaslike Caledonian Roses Klopsegroep se aansteeklike tradisionele musiek vermaak is. Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taalmonument, het in sy openingstoespraak die belangrikheid van die bekendstelling van “Ons kom van vêr” onderstreep. “Hierdie is die perfekte manier om ‘n platform te skep vir gesprekke en debat rondom identiteit, taal en ‘n gees van plek,” het hy gesê. Die plaaslike digter, Gaireyah Fredericks, het twee van haar gedigte rondom Kaapse Afrikaans en Adam Small voorgedra en professor Wannie Carstens, een van die samestellers van die boek, het ‘n oorsig oor die ontstaan en idee vir die boek gegee. “Ons wou gestaafde bronne bymekaarmaak oor die storie van Afrikaans en sodoende die storie van ons taal vertel. "Dit is tog die manier waarop ons van mekaar kan leer. Die boek lê ‘n weggesteekte stuk van die geskiedenis van Afrikaans bloot en is iets wat elke Afrikaner behoort te lees,” het hy gesê. Volgens dr. Michael le Cordeur, die ander samesteller van “Ons kom van vêr”, lê die wins van die boek nie net in die feit dat dit sekere

voorheen onbekende feite oor die taal se geskiedenis blootlê nie, maar ook in die feit dat Afrikaans nog springlewendig is. “In die proses van die samestelling van die boek het ons die lewendige aar van Afrikaans wat nog soveel mense se hartstaal is, raakgeboor. Ja, ons kom van vêr, maar nou is ons almal ‘hiervandaan’. Taal gee ons ‘n gedeelde identiteit. Dit maak gesond, dit maak heel en dit bemagtig,” het hy gesê. Dr. Abraham de Vries het ‘n baie interessante paneelbespreking gelei waar talle medeskrywers aan die boek insette gelewer het. Professor Mary-Anne Plaatjies-Van Huffel, Patrick Mettler, voormalige Mej. Afrika-Suid (die swart weergawe van Mej. Suid-Afrika) Edwena Goff, Marlene le Roux (CEO van Artscape) en Herman Bailey het aan die paneelbespreking deelgeneem. Hierdie bydraers tot die boek se wortels lê almal in Wellington. Hulle is/was almal lede van die plaaslike VGK-kerk en is voormalige leerders van Bergrivier Sekondêr. Die soliste van die Caledonian Roses en die Jaloersbokkies (bestaande uit o.a. twee van wyle Taliep Petersen se kinders) het gaste met tradisionele liedjies vermaak. Prof. Abraham de Vries het die feit dat taal een van die sterkste merkers van ons identiteit is met ‘n aanhaling van Jan Rabie onderstreep: “Hoe sing jy jou lied tussen vyf ander stemme? Jy sal eenvoudig trots ‘n klein instrument in ‘n groot orkes moet wees.”

3

Het jy nuus om te vertel? Iets om met ons te deel? Kontak ons by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na izelle@diecourant.co.za. Raak ook deel van ons gemeenskap en besoek ons Facebook-blad by @diecourant.


courant

22 Maart 2017

It’s Good News

dié

4

Vyefees beloof heerlike pret en aktiwiteite

Op 1 en 2 April sal die plaas Uitkijk buite Wellington vir ‘n eerste-in-sy-soort viering gasheer speel wanneer die XTN Vyefees hier gaan plaasvind. Die wins van hierdie familiegeleentheid sal aangewend word vir die oprigting van ’n Jeug- en Gemeenskapsontwikkelingsentrum op die plaas vir gebruik deur die XTN Stigting. Volgens die organiseerders kan besoekers aan hierdie fees na ‘n verskeidenheid aktiwiteite vir die hele gesin uitsien. Buiten ‘n spesiale speelarea vir die kleinspan, sal daar ook springkastele, gesigverf en plaasdiere wees. Verskeie kosstalletjies en kostrokke sal die innerlike help versterk. Sleepwa-ritte en vyeplukavonture na die boorde, ‘n plaaswedloop (5km, 10km en 17km, besprekings by www.runthevines.co.za) en ‘n bergfietswedren (12km, 23km of 42km, besprekings by www.ridethevines.co.za) is maar ‘n paar van die aktiwiteite waarna besoekers kan

,99 /kg

uitsien. Daar sal natuurlik ook talle vyeprodukte by die fees te koop wees. Vyekonfyt, vyeblatjang, gedroogde vye, vyesap, vyehamburgers, vye-peperboerewors, kaas-en-vye-varkwors en selfs vyebier en vye-cider sal by die fees te kry wees. Om alles te kroon kan feesgangers vir die hele duur van die fees na die klanke van die beste Suid-Afrikaanse musikante luister. Die duo Twee, Newton & Co, Chris Rain en Oh Jack! is o.a. van die kunstenaars wat daar sal optree. Kaartjies vir die fees is by www.computicket. com beskikbaar en sluit ‘n stylvolle wynglas en boksie vye in. Leserskompetisie: 4 gelukkige lesers kan dubbelkaartjies na die Vyefees wen. Sms die slagwoord VY, saam met jou naam en van na 084 8333 813 voor 31 Maart om 15:00 om hiervoor in aanmerking te kom.

Beef Biltong R199

,98 /kg

Deli-Co Slaghuis, Riebeek-Kasteel vir bestellings / navrae / groothandel pryse Tel: 022 448 1921 / www.delico.co.za Mon - Fri 8:00 - 17:00, Sat 8:00 - 13:00

Jesus taught us in Luke 15:7 “I say to you that likewise there will be more joy in heaven over one sinner who repents …” Jesus told us there is joy in heaven over every sinner who comes to repentance. (Also See The Prodigal Son: Luke 15.) If heaven gets excited, we should get excited, too! Has the Lord blessed you with forgiveness, salvation, hope, joy and eternal life? God hasn’t blessed you over the years with all the truth you’ve heard in church or read in your Bible or in good Christian books - just to keep it to yourself. “Hoarders?” …Have you seen the TV programs that show the lifestyle of what they call “hoarders”? I’m not talking about people who just keep a few things too long. These are people who’ve filled their homes, their garages, and every square inch of their space with stuff. It takes days to clear it out. Sometimes as Christians we can be the same way—“hoarding” all God has given us and never sharing it with others. Remember this: you are blessed to be a blessing. (1 Peter 3:8-10.) So let’s get the idea out of our heads that sharing our faith is something we can’t do or something miserable to engage in. Nothing could be further from the truth. No doubt about it, seeing new people believing in Christ for their salvation is at the heart of any Bible-believing church. Helping others come to know Christ as their Savior is an essential element of our own growth in the Christian life. We all need new “others” - new believers challenging our lives. We need to help encourage and ground them. In turn, they reignite and excite us. (Eph. 4:16). You show me a church that doesn’t have a constant flow of new Christians coming in, and I’ll show you a church that’s stagnating. We have a choice: EVANGELIZE or FOSSILIZE

Coenie en Hemelbesem vermaak vallei

FREE CENTRAL POINT DELIVERY IN STELLENBOSCH, PAARL AND WELLINGTON. All prices are VAT inclusive and valid until 31 March 2017, while stocks last.

Lamb Rib R69

dr. Mark Blackwell Snr

Evangelize or fossilize

Agter ander se geslote deure

Twee jongmense van Wellington het die son, die wind en die natuur se elemente aangedurf. Nie vir hulself nie, maar vir 'n groter doel. Hulle het dit gedoen vir die Huis Andrew Murray en sy inwoners. As ons almal net 'n bietjie uit ons gemaksones beweeg en iets doen vir iemand anders, raak dit nie net daardie persoon nie, maar dit verbly jou as mens ook. As 'n mens so daaraan dink, is dit regtig nie baie moeite nie. En hoekom moet dit moeite wees om vir iemand iets te beteken. Op televisie is daar 'n reeks van 'n miljoenêr wat 'n armsalige bestaan voer om sodoende die behoefte in sy gemeenskap te bepaal. Na hy 'n paar dae by 'n paar instansies gekuier het, besluit hy of sy om dan van hul eie geld te skenk om die organisasies of persone te help. Telke male het die uwe op die rusbank gesit en wonder hoe dit sou wees om so 'n ruim skenking te maak. Hoe vervullend moet dit nie wees om die rede vir die glimlag op iemand se gesig te wees nie? Jy doen dit wel vir jou medemens, maar jy self baat ook daarby, so, jy doen dit in 'n mate vir jouself ook. Ons leef vandag so in ons eie lewens. So afgesluit van die mense daar buite, diegene rondom ons. Ons ken al die skinderstories en al die praatjies, maar ken ons die waarheid? Ken ons die swaarkry van jou bure? Die gesin af in die pad? Die gesin aan die anderkant van die dorp? Weet jy wie jou bure is? Ja, agter geslote deure gebeur dinge waarvan ons nie weet nie, waarvan ons ook nie altyd wil weet nie, maar soms is dit nodig om 'n bietjie verder as daardie deur te kyk. Om 'n bietjie hand uit te steek en uit te reik na diegene wat dit nodig het. Dit is nie altyd persone met wie jy noodwendig iets te doen sal hê in die verloop van jou lewe nie, maar tog verryk dit jou as persoon om ook vir 'n slag te sien hoe dit aan die anderkant gaan, daar waar jy nie gewoonlik wandel nie.

NUUS • NEWS

Half Lamb R77

,99 /kg

Deli-Co Meat & Farmstall

@ Potbelly Pantry (R44, Klapmuts) Tel: 021 875 5124

Mon - Fri 8:00 - 17:30, Weekends & Pub. Holidays 8:30 - 16:30

Die kunstenaars Coenie de Villiers en Hemelbesem het plaaslike piekniekgangers op Saterdag 18 Maart teen die hange van Paarlberg vermaak. Gaste kon heerlik in die tuin van die Taalmonument uitspan, terwyl hierdie “onpaar” musikante vir uitsonderlike vermaak gesorg het. Tydens ‘n funksie voor die vertoning het die Wellingtonner en bestuurder van die Taalmonument, Isabeau Botha, die konsert ‘n “dankie sê-geleentheid” genoem. “Ons wil regtig dit wat ons hier by die Taalmonument bereik, vier. Ons wil ook die mense wat ons getrou ondersteun, bedank. Hierdie konsert is die perfekte geleentheid daarvoor,” het sy gesê. Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taal Museum, het in ‘n verslag oor die doen en late van hierdie instansie die talle uitdagings, maar ook die talle oorwinnings en suksesse belig. Coenie en Hemelbesem se vertoning word nie verniet “Oor een stem” genoem nie. Tydens

Hemelbesem en Coenie de Villiers saam met die Wellingtonner en bestuurder van die Taalmonument, Isabeau Botha. hierdie konsert spreek hulle die uiteenlopende gedaantes van Afrikaans en die verskillende gesigte waarin dit in musiek gestalte kry, aan. Streekstaal, dialekte, ‘n verskeidenheid kultuuragtergronde, musiekstyle en uitsprake is tydens die konsert op vermaaklike wyse gedemonstreer. Yoma, ‘n Afrikaanse rymkletser van George, het ook saam met Coenie en Hemelbesem op die verhoog verskyn en tot die interessante samewerking en verwerkings wat hieruit gespruit het, bygedra. Hemelbesem het sy staal as rymkletser bewys deur sommer lukraak oor enige onderwerp te begin “free style”. Coenie het op sy beurt voor die oë van die gehoor ‘n splinternuwe liedjie n.a.v. vier note wat ‘n gehoorlid verskaf het, uit die vuis gekomponeer. Vir meer inligting oor die kalender, kursusse, projekte en opvoedkundige programme by die taalmonument, besoek hul webtuiste by www. taalmonument.co.za.


NUUS • NEWS

5

22 Maart 2017

NG S YOU YEAR

Lower prices

NEW

LOW PRICE

on what you need most.

PnP Bulk Lean Beef Mince

R

74

99

Per kg

NEW

LOW PRICE PnP Bulk Pork Braai Chops

SAVE R32 Nescafé Gold 200g Dawn Jar or 250g Refill Each

Clover Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

R

R

77

99

Wild Island Fruit Flavoured Dairy Mix Concentrate Assorted 1 Litre Each

Lucky Star Pilchards in Tomato, Hot Chilli or Sweet Chilli Sauce 400g Each

R

15

R

99

11

69

99

Sweet tooth

no name™ Corn Flakes 1kg

R

99

32

R

99

PnP Bakehouse Vanilla and Chocolate Duo Cake

R

69

59

Per kg

SAVE R15

99

Ola Rich ‘n Creamy Ice Cream Assorted 2 Litre Each

R

39

99

PRICE PER NAPPY

Midi 76s Size 3 58s Size 4 50s Size 4+ 44s Size 5 44s

R2.43 R3.19 R3.70 R4.20 R4.20

SAVE R13.90

Omo Auto Washing Powder with/without Comfort 2kg, Liquid Detergent with/without Comfort 1.5 Litre or Capsules 14s Each

SAVE R45 Pampers Active Disposable Nappies Assorted Jumbo Pack Per Pack

R

184

99

R

45

Chimes Ultra Soft 2 Ply Toilet Tissue 18s

R

99

69

99

Beacon Milk Chocolate Marshmallow Eggs 48s

R

71

99

105 164

SAVE R40

Exc Exclusive to Smart Shoppers. Purchase any 3 participating Pur Tiger Brands products and swipe Tige your Smart Shopper card for you automatic entry. aut See in-store for details.

Competition runs 20 February – 8 May 2017. Standard terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za. E&OE.

R

R

139

WAS R145

SAVE R12

R

WAS R176

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Shop online at www.picknpay.co.za PRICES VALID 23 - 26 MARCH 2017 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE

R

29

Castle Lager 24 x 330ml Cans or 24 x 340ml Non-returnable Bottles Per Case

Namaqua Sweet Rosé 5 Litre

J&B Blended Scotch Whisky 750ml

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

MMWCHS1257

PnP Candy Coated Chocolate Eggs 6s

99


6

22 Maart 2017

NUUS • NEWS

St. Albans hou karnaval in styl en swier Die verwagtinge was hoog vir die jaarlikse familie-karnaval van St. Albans Primêr. Die Karnaval is 26 jaar gelede gebore uit die nood om behoeftige kinders wat op 'n opvoedkundige toer gaan, te help. Vandag is die toer en Karnaval sinoniem met St. Albans. Die leerders vorm die basis van ondersteuning en dit word aangevul met ouers, oudleerders, vriende, familie en ondersteunende Wellingtonners. Dis 'n "moet" saak vir ieder en elk en een van die dorp se grootste sosiale byeenkomste. Vanjaar is die skare vermaak deur Dj Dr Jules,

The Rockets, The Three Divas, Janine Jacobs, Frederico Granger, Cape Lazer display en die hoofkunstenaar Jimmy Nevis. Karnavalgangers kon weglê aan mielies, boerewors, hoender, burgers, pasteie en vele ander lekkernye. Lafenis wat uiters koud was, is voorsien deur Jive. Die hoofborg was Pick n Pay Wellington. Almal is met 'n glimlag en 'n vriendelike waai by die hekke uit. Die SBL is die gemeenskap opreg dankbaar vir hul ondersteuning. - Heinrich Appollis - Foto's: Roswall de Vries en Cor Cronje

Wenners:

Juniors (links) Mej. Karnaval Jnr. - Brone Langeveldt 1ste prinses - Kelly October 2de prinses - Brooklyn Fritz Mnr Karnival Jnr. - Noah Small Seniors (links onder) Mej Karnaval - Octavia Arendse. 2ste prinses - Estrolette Pietersen. 1ste prinses - Chloe Adams Mnr. Karnaval - Anzel Anderson


NUUS • NEWS

7

22 Maart 2017

Dagboek • Calender Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington-rugbyklub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Oefening is vanaf 19:30 by Wellington-rugbyklub reg langs die Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United-rugbyklub Hillcrest United-rugbyklub se voorseisoen is sterk aan die gang op Dinsdae, Woensdae en Donderdae te Pelikaan Park-Wellington vanaf 19:00. Die bestuur en afrigter nooi dus alle spelers wat nog wil deel word om spoedig aan te kom sluit. Vir meer inligting kontak die klub-sekretaris: Jovan-ré Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@ gmail.com Evita se Perron 28 April: Evita se Perron presents an evening of contentporary Folk music with Jenny and the Jameses. Tickets are R100 and the show starts at 20:00 For bookings call 022 492 3930 or bookings@evita.co.za EJ's Sportpub & Grill 6 May: EJ's Sportpub & Grill pre-

sents Jay with Christo Lotz and Wicus Le Roux. Entrance fee is R100 from 17h00. Shows from 14:00 to 18:00; 18:00 to 21:00 and at 21:00 2x45 min. Tickets available at the door Enquiries contact : 021 872 8965 Hugenote Hoërskool 8-11 Mei: Die Hugenote Hoërskool bring eersdaags die storie van "Sound of Music" op die planke. Kaartjies is vanaf 6 Maart beskikbaar by die skool. 8-10 Mei se kaartjies is R90 vir volwassenes en R60 vir kinders. 11 Mei is die Gala-aand. R200 per persoon en dit sluit n 3-gang ete in. EJ's Sportpub & Grill 27 May: EJ's Sportpub & Grill presents Theuns Jordaan with Wynand Windpomp. Entrance fee is R100 from 17h00. Shows from 15:00 to 17:00; 19:00 to 21:00 and at 21:00 2x45 min. Tickets available at the door Enquiries contact : 021 872 8965 Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 8 Junie: Silwerkruin bied aan 'n Lizz Meiring vertoning by die Hugenote Laerskool Saal om 19:00 Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Wellington Huismark 3-6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met lewendige musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart fasiliteite beskikbaar

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens - Leefkerk om 18:00.

H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.

Epic:

Twee plaaslike fiets yers het besluit om die uitmergelende Cape Epic fiets edren ten bate van die Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum aan te durf. Asheley Kulsen en Donny Petersen het Huis Andrew Murray as begunstigde vir hul deelname aan die Cape Epic 2017 gekies en hulle het tot dusver alreeds R55 000 vir HAM ingesamel. Volgens Karen Petersen, hoof van bemarking by HAM, sal hierdie fondse vir hul Mentorskap en Beursfonds vir die matrikulante van 2017 aangewend word. Vir Ashley en Donny was die keuse om hierdie groot wedren ten bate van HAM aan te pak, voor-die-hand-liggend. “Toe die geleentheid om vir die Epic in te skryf homself voordoen, het ons gedink dat dit ‘n gulde geleentheid is om aan die gemeenskap terug te gee en besluit om ons heel eerste wedren aan ‘n welsynsorganisasie toe te wy. Omdat ons altwee van die Boland is, het ons Huis Andrew Murray as ‘n begunstigde gekies,” sê hulle.

IMPORTANT NOTICE FORM 5 NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT, 2008 - [REG. 10(1)] Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape Liquor Authority (the Authority) and with the designated liquor officers at the indicated South African Police Services offices. The applications concerned may, up to and including the 28th day from date of this notice, upon request and free of charge, be inspected by any person, at the offices of the Authority or the designated liquor officer listed hereunder. Copies of the application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee. Representations must be lodged in writing with the Authority and the designated liquor officer in accordance with section 39 of the Act.

VORM 5 KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET, 2008 - [REG. 10(1)] Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die WesKaapse Drankowerheid (die Owerheid) en by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore. Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van hierdie kennisgewing, op versoek en gratis, deur enige persoon, by die kantore van die Owerheid of van die aangewese drankbeampte hieronder gelys, geïnspekteer word. Afskrifte van die aansoek kan by die Owerheid na betaling van die voorgeskrewe fooi verkry word. Vertoë moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en die aangewese drankbeampte ingedien word.

IFOMU 5 ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1) LOMTHETHO 2008 ISAZISO - [REG. 10(1)] Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-ofisi ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika. Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wesi saziso, xa eceliwe kwaye simahla, ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-Ofisi esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi. Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo. Iingxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho.

Full name of Applicant

Name under which business will be conducted

Address of the proposed premises

Kind of licence applied for

South African Police Services designated liquor officer office where the application has been lodged

Volle naam van aansoeker

Naam waarondever die besigheid bedryf sal word

Adres van voorgenome perseel

Tipe lisensie waarom aansoek gedoen word

Suid-Afrikaanse Polisiedienskantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is

Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo

Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo

Idilesi yesakhiwo

Uhlobo lwephepha mvume olucelayo

i-Ofisi yeGosa elijongene nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona

Langkloof Roses

Langkloof Roses

36 Slangrivier Road, Wellington

On-consumption

Wellington


courant

8

22 Maart 2017

NUUS • NEWS

dié

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

22 Maar t 2017

Windhoek-pare wink vir wenners Christi Ross, Gules Rivalnano, Basie Louw, Henk Goosen en Norman Dunn het Saterdag op die Wellington-gholfbaan stokke geswaai om aan die Windhoek Pairs deel te neem.

Hillcrest United kraai koning op Pelikaanpark

Proewe: Nog ‘n rondte van die Boland Cravenweek-proewe vir die o.16 en o.18-spanne

het Maandag op Wellington plaasgevind. Streekspanne het in baie warm toestande teen mekaar te staan gekom, terwyl keurders ‘n keuse vir die volgende rondtes van hierdie proewe moes uitoefen. Bo is die spanne van Noord- en Suid-Boland besig om mekaar die stryd aan te sê.

Uitslae • Results

Gholf WELLINGTON (72) Samespel-stableford: J C Schoeman en Q Cornelissen 50, G Reid en A Reid 48, T Bosch en A Marais 46, C de Bruyn en G Kline 45, D de Wee en J Davids 45, J Rivalland en C Ross 45 Krieket Wellington t Coronation: CORONATION

166/8 (Sinalo Gobeni 47; Curtley Louw 3/35, Moshin Khan 3/42, Aubrey Philander 2/19. WELLINGTON 140/9 (Tiaan Cloete 48, David Snyman 28; Freddie Hendricks 6/31) Rugby Groot Uitdaag-uitslae WitSentraal : Hillcrest United 13, Newtons 12; Roses United 39, Tulbagh 17

In ‘n hoogs spanningsvolle wedstryd het Hillcrest United die knoop deurgehak in die laaste beweging van die wedstryd teen Newton. Daar was deurgaans groot drama en opwinding, want dit was die groot pak voorspelers van Hillcrest teen die blitsige agterlyn van Newton. Hillcrest United wou van meet af domineer met hulle swaar pak voorspelers en hier was veral Geoffrey Allies (flank) en Bradley (no.8) prominent met kraglopies en het telkemale bresse geslaan vir hul span. Newtons se manmoedigheid moet egter geprys word, want telkemale is hierdie stormlopies met aggressiewe verdediging gestuit en hier was veral Wesley (stut), Brendon Fortuin (skrumskakel), Kennedy Jacobs (flank) saam met ouboet Hyco (no 8) en John Jantjies (haker) die groot ysters. Hillcrest het eerste punte aangeteken deur die betroubare stelskopper Wheedon Jooste (heelagter), maar Newton het geantwoord met ‘n kragdrie, nadat byna al die voorspelers hanteer het, het John Jantjies in die hoekie oorgegaan wat waarskynlik beskou kan word as die drie van die dag.

Die manne het gaan water drink met Hillcrest United 6-5 voor. Die grootste drama was egter in die tweede helfte opgesluit, waar Newton al die speelwerk gedoen het en Hillcrest gedwing was om die skitterende hardlooplyne net te aanskou. Die blits Christopher Mouers (vleuel) het die bal onderskep en sy spanmaat Keaton Booysen (senter) gevoer wat net hakskene vir die Hillcrest blitse gewys het, Newton was skielik 12-6 voor. Newton het heelwat kanse gehad pale toe, maar kon nie die geleenthede benut nie. Hillcrets United was ook by twee geleenthede met geelkaarte gestraf. Met die laaste beweging van die wedstryd is Dane Kruger in die hoekie oor en Wheedon Jooste het die doelskop oorgeklits om Hillcrest United te laat seëvier met 13-12, die eindfluitjie het net hierna geblaas en die einde gebring aan een van die beste klubrugby-wedstryde nog. Newtons speel hierdie week tuis teen ‘n omgekrapte Ceres. Hillcrest speel die naweek teen Bella Viste in Ceres en almal wat van busvervoer gebruik wil maak, moet Lucy Groenewald kontak by 071 474 1723.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
WELLINGTON 412 die courant by DieCourant - Issuu