c urant
dié
NUUS • NEWS Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
22 Maart 2017
26.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 412
22 Maart 2017
Padwerke vorder flin
Bouwerk aan die pad tussen Piketberg en Porterville vorder fluks, sê Siphesihle Dube, woordvoerder vir die minister van vervoer en openbare werke. Die kontrak, asook die konstruksie vir die opgradering van die pad, het reeds op 2 November 2016 begin. Road-mac Surfacing Cape (Pty) Ltd is vir die projek verantwoordelik. Die kontrak bestaan uit die verbreding en rehabilitasie van die bestaande pad tussen Porterville en Piketberg van sowat 25 km lank. Dit sluit die verbreding van twee brûe en sommige duikslote langs die roete in. Geslote paaie sal beperk word tot drie plekke van sowat 4 kilometer halfwydte-lengtes soos bouwerk vorder. Die kontrak wat oor 'n periode van 18 maande strek, beloop sowat R170 miljoen, voeg Dube by. Die pad sal voorlopig op 2 Mei 2018 voltooi wees.
SAP Piketberg wen Gemeenskapstrofee: Oor vier weke se
uitspeel-wedstryde op Vrydagaande, het verskeie rugbyspanne van plase, die SAP en verskeie besighede teen mekaar meegeding om die gemeenskapsbeker. Die span van die SAP het die fina l teen Boland Superspar gespeel en met die trofee weggestap. By die afrigter, adjudant Whitey Benjamin, middel, staan twee van die spelers, sersant Glen Jeftha en sersant Emil Boumeester. Foto: Marietha Goosen
•WIL LEERDERS LOK OM TE LEES
Nuwe sentrum vir PHS beplan Hoërskool Piketberg het groot planne vir ‘n splinternuwe mediasentrum. Onderwyseres Jo-Anne Lubbe se droom vir die mediasentrum, is om elke leerling van Gr. R tot Gr. 12 te lok. “Ons wil ‘n veilige en lekker omgewing vir leerders skep waar ‘n groter verskeidenheid leesstof en inligting beskikbaar sal wees,” sê sy. Die huidige lokaal is tans ‘n afgewaterde lokaal wat ‘n ernstige laag verf benodig, voeg Lubbe by. Die lokaal dien tans slegs as ‘n gewone biblioteke met ‘n paar rekenaars. “Kinders wil nie hierheen kom nie. My droom is dat leerders hul pouses hier wil deurbring.” Sy sê daar is talle ou Engels en Afrikaanse
ensiklopidieë, fiksie en nie-fiksie boeke teen ‘n donasie besikbaar wat hulle sal gebruik om die huidige biblioteek in ‘n eksotiese mediasentrum te verander. “Dit is tyd dat ons vir ons kinders ‘n moderne plek gee. Een waar hulle inligting kan kry met kleur en rekenaars. Ons wil die storieboeke, tydskrifte en ander bronne opgradeer sodat elke kind opgewonde sal wees om na die mediasentrum toe te kom.” Lubbe sê dat hoewel daar rekenaars is, nuwe tegnologie altyd welkom sal wees. Sy nooi almal wat in die droom vir die mediasentrum wil deel, om betrokke te raak en haar by 082 8522 924 te kontak.
Fees:
Die NG Kerk op Piketberg se FonteinFees het groot name na dié dorp gelok. Derick Hougaard, Piketberg se eie Springbok-rugbyspeler, het ook die fees bygewoon. Hier staan hy saam met Hannes Teessen wat vanuit Pretoria besoek by sy dogter, René Rust, afgelê het. Foto: Facebook
13