Skip to main content

412 die courant 22 maart 2017

Page 1

c urant

dié

1 Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

22 Maart 2017

26.9%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 412

22 Maart 2017

•SUPERINTENDENT PRAAT NÁ HOSPITAAL BRAND

‘Baie, baie dankie’

Agter tralies

Die lede van die Malmesbury Rondetafel (Round Table) het gister die middedorp van Malmesbury tot stilstand laat kom, toe loeiende polisiesirenes hierdie groep mans in Voortrekkerweg op Malmesbury in hegtenis geneem het. Hulle is geboei, in 'n vangwa gelaai en na die plaaslike polisiekantoor vergesel, waar hulle agter slot en grendel moes bly tot 'n aanvaarbare bedrag geld geïn is. Hierdie fondse sal hulle dan weer deur die loop van die jaar aanwend om persone in nood te help. Met die fondse wat hulle verlede jaar bymekaar gemaak het, het hulle sowat 90 persone op Malmesbury en Moorreesburg ondersteun. Die lede spreek hul dank uit teenoor die plaaslike polisie wat hul ondersteuning aan die projek verleen het.

“Dit is ‘n ongelooflike ding om te sien dat mense in tye van nood so vinnig reageer en saamstaan om te help. Niemand het twee keer gedink om pasiënte te help ontruim nie. Dit was ‘n ware eye opener.” Só vertel Gielie du Toit van Malmesbury wat maar net een van talle inwoners is wat Saterdag kort na ‘n brand by die Swartland Distrikshospitaal uitgebreek het, ingespring het om pasiënte en personeel na veiligheid te bring en by te staan. Die hospitaal is grotendeels in puin gelê, maar die personeel bly steeds positief. "Ons het besluit om te fokus op die positiewe om die beste te maak van die hulpbronne wat ons nog tot ons beskikking het," sê superintendent Dr. Barry Smith. "Die ondersteuning is werklikwaar ongelooflik en dit is een van die positiewe dinge wat uit die tragedie na vore gekom het. "Ek is besonders trots op die personeel wat die laaste paar dae onverpoosd gewerk het en werklik die ekstra myl gestap het om eerstens die pasiënte se veiligheid te verseker en daarna die naloop van die brand op die bes moontlike manier te hanteer. "Daar is nog baie werk om te doen om weer ons diens op die been te bring, maar ek weet ons sal as ‘n span saam daardeur kom," sê Dr. Smith. Boodskappe van dankbaarheid teenoor die plaaslike gemeenskap, het na afloop van die brand die ronde gedoen soos inwoners behoorlik bontgestaan het om te help waar hulle kan. Toebroodjies, water, kussings en komberse is dadelik uitgedeel, vertel ooggetuies. “Plaaslike boere het met trekkers en vragte water opgedaag om die brandweerdienste met water te voorsien, vertel ‘n plaaslike boer, Jaco Louw. “Ons kan nie genoeg dankie sê aan almal wat ‘n bydrae gemaak het om te verseker dat daar geen ongevalle was nie. "Die gemeenskap, tesame met besighede, het hul harte oopgemaak. Ons kon Saterdag sien dat die gemeenskap harte van goud het en dat daar uit hul pad gegaan is om hulp in enige vorm te verleen. Die gemeenskap van Malmesbury is tops,” lui ‘n verklaring, uitgereik deur die Swartland Munisipaliteit. Geen beserings is tydens die voorval opge-

doen nie, sê die woordvoerder van die WesKaapse Gesondheidsdepartement, Maria Streicher. Die brand het omstreeks 16:00 by saal A, wat as gevolg van opknappingswerk gesluit is, uitgebreek. Brandweerdienste is om 16:15 ontbied en die pasiënte in saal B is dadelik ontruim en na veiligheid geneem. Die brand het na die noodeenheid en die teaters versprei. Die pediatriese- en kraamafdeling is onbeskadig, hoewel elektrisiteitskade opgedoen is, voeg Streicher by. ‘n Totaal van 76 pasiënte is ontruim, waarvan 41 na ander fasiliteite oorgeplaas is. Teen 01:00 Sondagoggend was al die pasiënte oorgeplaas, het Streicher bevestig. Pasiënte is tydelik binne die NG Noordgemeente se Kerksaal gehuisves. “Die psigiatriese pasiënte is na fasiliteite uitgeplaas waar hulle geakkommodeer kon word en beddens vir psigiatriese pasiënte beskikbaar was,” voeg sy by. Sy sê verder die oorsaak van die brand sal eers na ‘n volledige forensiese ondersoek bevestig word. “Die interim plan is dat die nooddienste tot verdere kennisgewing na die Malmesbury Gemeenskapsdagkliniek in Jakarandastraat skuif. "Sodra die watertoevoer tot die sale wat behoue gebly het, herstel is, sal dit in herbruik geneem word,” voeg Streicher by. Dit is op die stadium nog te vroeg om te sê wat nou met die afgebrande gedeelte gaan gebeur. ‘n Suster wat Saterdag met die uitbreek van die brand aan diens was, het namens die personeel van die hospitaal gesê hulle is sprakeloos oor die oorweldigende spanpoging en hulp van die gemeenskap. “Almal het net gedoen sonder om te dink,” lui die boodskap van dankbaarheid. Die Wes-Kaapse minister van gesondheid het ook die gemeenskap en personeellede bedank vir hul onbaatsugtige hulp om pasiënte na veiligheid te bring. “Dit is met harte wat oorloop van dankbaarheid dat die SM vandag sy waardering teenoor die gemeenskap van Malmesbury en omliggende dorpe wil uitspreek. "Dankie aan almal wat tydens die uitbreek van ‘n brand by Swartland Hospitaal behulpsaam was. Ongeag wat die persone se status of ouderdom was, almal het bloot net sonder om te dink gedoen wat gedoen moes word." Sien foto's binne.

NUUS • NEWS


2

Pascha vol prag en praal

NUUS • NEWS

22 Maart 2017

•DEEL VAN PLIGTE

Die Swartland Noord-gemeente op Malmesbury, bied die naweek die Pascha Paas en Blommefees aan wat sedert 1994 elke tweede jaar plaasvind. Besoekers kan vanaf 10:00 Vrydagoggend tot Sondag die blommefees in die kerksaal besigtig en beloof ‘n belewenis te wees. ‘n Blommedemonstrasie deur Henriëtte Louw, vind reeds môre om 10:00 plaas. Die demonstrasie is gratis en almal is welkom. Die blommefees sluit verder op Vrydag ‘n kosdemonstrasie deur Adri Mostert in die kelder aan, met die tema, Bybelse kosse vir Paasfees. Kaartjies is teen R30 by Christel Versfeld by die Swartland Noord-kerksaal beskikbaar. Die aand kan besoekers om 19:00 ‘n musiek en sang bywoon waartydens die Pascha amptelik geopen sal word. Tieners en ouers is welkom. Na afloop van die musiek en sang, kan besoekers ‘n glasie wyn en ‘n toebroodjie kom geniet. Kinders kan die Saterdag uitsien na ‘n poppekas en skattejag, aangebied deur Gwendoline Kriek en Jean-Marie Claassen. ‘n Gesamentlike diens sal Sondag by die kerk plaasvind.

Eeufees

Die leerders, onderwysers en ondersteuners van die Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg het Saterdag hul eeuwording op 'n kleurvolle noot gevier. Die skool is 1917 tot stand gebring en dien sedertdien die gemeenskap. Die skool het ook onlangs 'n atletiekster opgelewer in Duwayne Damon, toe hy by die Boland-atletiekbyeenkoms 'n rekord in verspring verbeter het en nou die skool sal verteenwoordig by die komende SA-kampioenskappe. Foto's: Ghida Visser

Kanaal in stand gehou ‘n Kennisgewing van die Wes-Kaapse Waterbelangegroep het verlede week die rondte gedoen en die goeie nuus versprei dat die verstopte Saron-Gouda-kanaal skoongemaak is. Dít kom nádat daar geskrewe bevestiging van die bestuurder van watervoorsiening by Stad Kaapstad ontvang is dat die oortollige afsaksel binne die Saron-Gouda-kanaal, verwyder is. Volgens die belangegroep was dié kanaal vir die afgelope twee jaar met afsaksel verstop, wat die vloei van water na die Voëlvleidam belemmer het. Die kanaal is glo vir meer as 20% van die dam se kapasiteit verantwoordelik. Bertram van Zyl by die departement waterwese en sanitasie, het Maandag aan dié courant bevestig dat die skoonmaak van kanale deel van hul jaarlikse instandhoudingswerk is. Dit sluit ook nie slegs die een kanaal in nie, maar baie ander werk. Die departement sal nog vir die volgende drie weke met instandhoudingswerk by die Voëlvleidam betrokke wees, voeg Van Zyl by.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

3

22 Maart 2017

Sakekamer hou gholfdag Die Malmesbury Sakekamer hou volgende Donderdag 'n gholfdag op die plaaslike gholfbaan, gedeeltelik ten bate van die Jo Dolphin-sorgsentrum op dié dorp. Inskrywings kan by 022 487 1919 gedoen word, of stuur 'n epos aan info@sakekamer. co.za.

Staan saam: Die gemeenskap van Malmesbury het Saterdagmiddag verenig toe die Swart-

land Hospitaal gebrand het. Die superintendent van die hospitaal, Dr. Barry Smith, het sy dank uitgespreek aan elke persoon en instansie wat uitgespring en 'n helpende hand verleen het. Ds. George Prinsloo van die NG Swartland Noord-gemeente het aan dié courant gesê dit was ‘n geweldige mooi ding en ‘n wonderlike ervaring om te sien hoe lede van die gemeenskap hul hulp aanbied het. “Daar was organiseerders, terwyl ander weer komberse en toebroodjies aangebring het en pasiënte help voer het. Baie het aan die kleinste detail gedink. ” Van die lidmate met beradingsagtergrond het deur die pasiënte gestap en traumabehandeling aangebied. Prinsloo was net so verbaas deur die dokters se flink o trede wat die kerkkantoor as ‘n tydelike administratiewe kantoor ingerig het. Verskeie besighede het kos en benodigdhede vir die volgende dag aangebied, sou die pasiënte langer in die kerksaal moes aanbly. Baie van die oortollige kos en water is die volgende oggend aan ander instansies wat ook behoeftig is, geskenk,” voeg hy by. Sommige gemeentelede het na afloop an die Sondagoggenddiens die saal help ontruim, hospitaaltoerusting na die hospitaal vervoer en selfs beddens opgestoot waar dit in die geboue wat onbeskadig is, gestoor word.

•INWONERS DEEL HERINNERINGE

Darling se verhaal in nuwe boek vertel

Die bekende plaaslike kunstenaar Nina van der Westhuizen verrig nie net wonderwerke met haar verfkwas nie. Sy kan skryf ook. Die jarelange inwoner van Darling wie se skilderkuns wêreldwyd bekend is, stel eersdaags haar tweede boek, A Darling History bekend. Van der Westhuizen wat op Robertson gebore en grootgeword het, het eers in 1991 na Darling getrek waar sy vandag steeds saam met haar man, twee honde en twee katte bly. Sy het kort daarna in haar nuwe tuisdorp begin belangstel en navorsing daaroor gedoen. ‘n Klein boekie het ‘n paar jaar later die lig gesien. Dit het volgens haar te min pitkos gehad en die Speurder in haar het in 2007 weer wakker word en begin sy haar navorsing van dié Swartlandse dorp van vooraf. ‘n Darling History is toe gebore. Sy vertel hoe die boek ‘n blik op die dorp, wat in 1853 gevestig is, en sy omliggende plase werp. “Die area het bekendheid vir sy sout, jag, wild, blomme en botter begin verwerf. Interessante mense soos Hildagonda Duckitt, Tienie Versfeld, Frederick Duckitt, Japie Tango, Tommy Fick, Frieda Duckitt, Jan Brag en Rykie van Reenen het die geskiedenis van die omgewing oor die jare verryk. Die boek is vol interessante foto’s wat weer lewe in die geskiedenis van die sjarmante dorp sal blaas,” voeg sy by. Jare voor sy haar hand aan die pen gesit het, het van der Westhuizen ná haar skoolloopbaan ‘n BA-graad in kuns aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy het eers in 1983 voltyds begin skilder

nadat sy vir jare kunsklasse by verskeie skole binne die Kaapse Metropool aangebied het. Van der Westhuizen se eerste solo-kunsuitstalling was in 1986 by die Dorpstraat Galery op Stellenbosch. Sedertdien was daar geen keer aan haar verfkwas nie. Die een uitstalling na die ander het gevolg, waarvan die belangrikste een sekerlik ‘n uitstalling in Italië in 2005 was toe sy na die Florence Biennale uitgenooi is. Sy is oor die jare baie werk aangebied om vir mense van reg oor die wêreld te skilder. In 1997 word sy deur die Suid-Afrikaanse toneelskrywer en komediant, Pieter-Dirk Uys, genader en skilder haar eerste opdrag van hom. Van der Westhuizen vertel hoe sy ná dit baie pret gehad het om Uys se alter-ego, tannie Evita Bezuidenhout, in die styl van die Groot Meesters op die skilderdoek vas te vang . Daar is tans 28 skilderye van haar wat vandag by Evita se Perron op Darling te sien is. Van der Westhuizen se mees onlangse uitstalling was in 2015, beter bekend as Afrodite – A Celebration of Women in Africa at the Casa Labia Gallery in Muizenberg. Sy werk met olieverf op skilderdoeke en word geïnspireer deur die avonture en die betowerende eienskappe wat Afrika bied. Haar onderwerpe wissel van stillewe tot wilde diere, landskappe en mense. Die moontlikheid van ‘n kunsuitstalling kan later op darling self verwag word, vertel sy. A History of Darling word op 27 Maart by die Darling Museum op darling bekendgestel. John Duckitt sal by die bekendstelling ‘n gedeelte van sy pa Frederick Duckitt se memoirs voorlees.

UNBEATABLE VALUE

PORK RASHERS BULK

(PLAIN OR SPICED)

69.99

CHICKEN POLONY SLICED DELI

p/kg

2.59

p/100g

PORK PACK BULK

(CHOPS & STEW)

R49.99 p/kg

PORK LOIN CHOPS BULK

69

.99 p/kg

CHICKEN FREEZER BAG 6KG

Prices valid at all Brito’s stores (excluding Knysna) from 22 - 25th March 2017. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

175.00 p/bag


courant

dié

4

22 Maart 2017

Dit wat ons saamvoeg

Daar is soveel dinge wat ons as 'n gemeenskap saamvoeg tot 'n eenheid. Daar is net soveel wat ons verdeel ook. Ja, ons stry en baklei soms tog te lekker oor allerhande dinge, want ons is mense en ons verskil, maar as ons mekaar die dag nodig het, dan is ons daar. Die gemeenskap van Malmesbury het soos een betonmuur saamgestaan in Saterdag se brand by die Swartland Hospitaal. Binne 'n oogwink het die brand se vlamme verwoesting gesaai, maar binne dieselfde oogwink was daar helpende hande. Nie net die wat kos en water aangedra het nie, maar ook diegene wat hul eie lewe in gevaar gestel het om die vlamme te probeer blus. Daar is heen en weer instruksies vir mekaar geskree, gehelp, aangevat, gegooi, geduik en gekoes. Die straat was 'n mengelmoes van mense wat almal ook probeer help het op een of ander manier. Woorde van ondersteuning is gegee, moed is ingepraat, hospitaalinstrumente is pad-af gedra. Sommige moes behoorlik stoot en keer op dieselfde tyd sodat 'n trollie nie pad-af rol nie. Inwoners het hul huise oopgemaak om die pasiënte tydelik te huisves. 'n Kerkkantoor wat blitsvinnig in 'n mediese stasie verander is. Niemand het twee keer gedink nie. Daar is net instinktief gedoen. Om langs daardie reus te staan, met die vlamme wat verdiepings hoog knetter en lek, is nie iets wat 'n mens sommer vergeet nie. Soos die suurstofbottels een vir een ontplof en die vensters stukkend breek van die hitte en die water wat gespuit word, so gaan daar herinneringe in die rook die lug op. Die uwe is self in hierdie hospitaal gebore. Eendag lank, lank gelede. Dit is hartseer om te sien hoe die sagmoedige reus, wat soveel oor die afgelope 70 jaar al gesien het, stukkie vir stukkie afbrand tot niks. 'n Groot hartseer het hierdie gemeenskap tot 'n eenheid gebind. Dit wys ons dat ons kan saamstaan. Dit wys ons dat ons almal maar eintlik net dieselfde is, met dieselfde gevoelens, bloed en vlees as die ander. Ons is saamgevoeg deur hierdie dorp, streek en die dinge wat hier gebeur.

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

Dien die Here met blydskap

Die psalm is geskryf as ‘n loflied. Die hele aarde moet juig voor die Here. Ons moet opgewonde wees oor die God wat ons dien. Ons is gewoonlik bly as dit met ons goed gaan, goeie reën, goeie oeste. Ons moet die Here dien met blydskap, ons moet jubel voor sy aangesig. Ons het die voorreg om die ware God te mag leer ken deur sy Woord. Die Woord wat die waarheid is, die Woord wat mens geword en onder ons kom woon het. Jesus die Here. Ons moet erken dat die Here God is, daar is nie ‘n ander nie. En die saligheid is ook in niemand anders nie. Daar is geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is waardeur ons gered moet word nie. Die Here het ons gemaak, en ons is syne, ons is in Christus deel van sy volk. Ons kan sy poorte ingaan met lof, en met lofsange, kan ons Hom loof, en sy Naam prys. Dié Here is goed en tot in ewigheid getrou, ja van geslag tot geslag.

Eben Sadie wins 2017 Winemaker Award The Institute of Masters of Wine and international trade publication The Drinks Business are delighted to announce Eben Sadie as the winner of the 2017 Winemakers’ Winemaker Award. The honour, which has been given annually since 2011, recognises outstanding achievement in the field of winemaking. The winner is chosen each year by Master of Wine Winemakers and previous winners of the award. Eben was revealed as the Winemakers’ Winemaker at ProWein today, in front of Masters of Wine and industry professionals. On receiving his award Eben said, “It is a major honour to be receiving this award and I would like to dedicate this to the great team of people I have by my side that have helped me over the years to grow closer to a dream. For a great wine is not the

work of one.” After a decade of producing these signature wines the Family released the Old Vine Series, a bottling of eight single vineyard old vine parcels; Skerpioen, Skurfberg, Voetpad, Mev. Kirsten, Kokerboom, Pofadder, Soldaat and Treinspoor. Jane Masters MW, Chairman of the Institute of Masters of Wine said, "Eben’s determined search to produce outstanding wines has put Swartland and South Africa on the map. I am delighted that the Master of Wine Winemakers have rewarded his dedication and talent – it’s truly well deserved." Eben now joins Peter Sisseck (2011), Peter Gago (2012), Paul Draper (2013), Anne-Claude Leflaive (d) (2014), Egon Muller (2015) and Alvaro Palacios (2016) as winners of the Winemaker’s Winemaker Award.

NUUS • NEWS

Kaskar-derby die naweek! Die spanning loop hoog in die kaskarkringe, want Saterdag moet die drywers van dié voertuie mekaar in die strate van Riebeek-Kasteel aandurf in die jaarlikse Riebeekvallei kaskar-derby. Dié derby vind vanjaar vir die vierde keer plaas en is 'n instelling in die Vallei. Die amptelike opening is Saterdag om 09:00 met die afdraand demonstrasies wat hierna sal volg. Die laaste renne sal om ongeveer 12:30 voltooi wees. Toegang per motortjie beloop R150 per persoon en inskrywingsvorms is op Facebook beskikbaar op die blad van die Riebeek Kasteel Go-Kart Derbyblad. Diegene met die treffendste motortjie, kan ook 'n prys huis toe neem. Vanjaar se tema is die "Great Gatsby" en bywoners en ondersteuners kan ook hiervolgens aantrek vir die dag. Ondernemings kan ook deelneem en hul

eie handelsmerke op motors aanbring om ook deel te neem. Vir meer inligting, kontak Yvette Puchert by 083 441 2083 of stuur 'n epos na yvettepuchert@gmail.com.

Neem 'n smulhappie by komende skaapkop-eetfees Bushman's Cave buite Clanwilliam is 'n eiesoortige buitelugteater en nou reeds sinoniem met 'n jaarlikse skaapkopen potjiekos-eetfees, perfek gepaar met uitgesoekte fynproewersmusiek om dié besondere kuier aan die voet van die Sederberge af te rond. Vanjaar is geen uitsondering nie en op 6 Mei gaan die kombinasie van top-musikante Clint Cunningham en die singende tromspeler Ghapi, wat saamgepan het vir 'n ewe eiesoortige vertoning, seker maak dié courant se Skaapkop-eetfees sal nog lank onthou word deur diegene wat kom saamkuier. Met hul vertoning The Great Gruff Voices vertel dié twee sangermusikante hul stories met eie en ander top-rock/pop-treffers oor die jare. Hulle het verlede jaar ook saam getoer vir 'n paar vertonings in Noord-Amerika. Treffers van Bruce Springsteen tot Bryan Adams, Def Leppard tot Guns & Roses, Bon Jovi, John Fogerty en Bob Seger. Clint en Ghapi vertolk die treffers met hul unieke interaktiewe persoonlikhede en gaan die vlaktes onder sterrehemel vul met uithalerklank

terwyl gaste heerlik smul en saamkuier om skaapkop en potjiekos voorgesit deur Bushman's Cave se Erik en Melinda de Milander. Sien uit na 'n aand vol top-vermaak, baie lag en ewe veel inspirasie. Bushman's Cave Bergteater met sy asemrowende vistas en sterre-aan-'nblou-hemel-aande, is op die De Milanders se plaas, Oude Muur. Bushmans Cave bied ook die opsie van oornagkampering

met volledige geriewe. Die aand word moontlik gemaak met die samewerking van Sunshine Radio (100.6FM) en Trio Events. Kom kuier heerlik saam vanaf 16:00 met die ete wat van 18:00 tot 20:00 bedien word en Clint en Ghapi se vertoning daarna. Koste beloop R175 per persoon en R100 vir skoliere. Dit sluit die ete ('n keuse tussen skaapkop en potjiekos) met die heerlikste varsgebakte plaasbrood in. Bespreek nou by melinda@bushmanscave. co.za of skakel 027 482 2918. Bespreek ook sommer jou kampplek en kom span uit in die Sederberge met die unieke bekoring.


NUUS • NEWS

5

22 Maart 2017

NG S YOU YEAR

Lower prices

NEW

LOW PRICE

on what you need most.

PnP Bulk Lean Beef Mince

R

74

99

Per kg

NEW

LOW PRICE PnP Bulk Pork Braai Chops

SAVE R32 Nescafé Gold 200g Dawn Jar or 250g Refill Each

Clover Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

R

R

77

99

Wild Island Fruit Flavoured Dairy Mix Concentrate Assorted 1 Litre Each

Lucky Star Pilchards in Tomato, Hot Chilli or Sweet Chilli Sauce 400g Each

R

15

R

99

11

69

99

Sweet tooth

no name™ Corn Flakes 1kg

R

99

32

R

99

PnP Bakehouse Vanilla and Chocolate Duo Cake

R

69

59

Per kg

SAVE R15

99

Ola Rich ‘n Creamy Ice Cream Assorted 2 Litre Each

R

39

99

PRICE PER NAPPY

Midi 76s Size 3 58s Size 4 50s Size 4+ 44s Size 5 44s

R2.43 R3.19 R3.70 R4.20 R4.20

SAVE R13.90

Omo Auto Washing Powder with/without Comfort 2kg, Liquid Detergent with/without Comfort 1.5 Litre or Capsules 14s Each

SAVE R45 Pampers Active Disposable Nappies Assorted Jumbo Pack Per Pack

R

184

99

R

45

Chimes Ultra Soft 2 Ply Toilet Tissue 18s

R

99

69

99

Beacon Milk Chocolate Marshmallow Eggs 48s

R

71

99

105 164

SAVE R40

Exc Exclusive to Smart Shoppers. Purchase any 3 participating Pur Tiger Brands products and swipe Tige your Smart Shopper card for you automatic entry. aut See in-store for details.

Competition runs 20 February – 8 May 2017. Standard terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za. E&OE.

R

R

139

WAS R145

SAVE R12

R

WAS R176

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Shop online at www.picknpay.co.za PRICES VALID 23 - 26 MARCH 2017 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE

R

29

Castle Lager 24 x 330ml Cans or 24 x 340ml Non-returnable Bottles Per Case

Namaqua Sweet Rosé 5 Litre

J&B Blended Scotch Whisky 750ml

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

MMWCHS1257

PnP Candy Coated Chocolate Eggs 6s

99


6

22 Maart 2017

NUUS • NEWS

Herwin met Plaasmol By die Plaasmol Padstal naby Hopefield, word daar altyd deur groen brille na die lewe gekyk waar alle herwinbare produkte ‘n doel het. Spore opi Sand bied elke besoeker die geleentheid om te herwin. Almal is welkom om vanaf 09:00 die oggend op 1 April ‘n sak vol herwinbare items saam te bring en ‘n kans te staan om lekker pryse in ‘n gelukkige prystrekking los te slaan. Sien ook uit na ‘n verskeidenheid kuns- en kosstalletjies, terwyl sangers soos die Zingende Byeboer, Shane en vele meer vir heeldag se vermaak sal sorg. Sugerplum Kids Entertainment sal regdeur

die dag vir kindervermaak sorg, wat pretritte, gesigverf, inkleurpret, ballonvoutoertjies en troetel- en plaasdiere insluit. Kinders sal ook die geleentheid kry om te leer om vir iemand spesiaal ‘n plantjie te plant. Daar sal ook ‘n geleentheid wees om tussen 11:00 en 15:00 ‘n vetplant versameling te kom besigtig. Besoek die Plaasmol en kom klim die grootste stoel in Afrika. Die wynliefhebbers sal ook aan ‘n verskeidenheid wyne kan proe wat te koop is. Die plaaslike 4 x 4 roete gaan ook heeldag vir 4x4 entoesiaste oop wees om hul staal op die rowwer terrein te toets. Bespreek nou jou plek by Chris by 071 1669 984.

Facelift for Still Pure Still Pure in Riebeek-Kasteel, famous for their essential oils, cold pressed oils and natural, botanical products for the body and home, got revamped. The company, Still Pure was born in 2005 as a natural progression from the company’s two original focuses, namely supplying farmers with essential oil plants and information, as well as custom designing and building distillation machines for the global essential oil industry. The shop, situated in Sarel Cillier Street was opened about seven years ago bursting with a range of products, including essential oils, products for the body, your home and even your kids and babies . “We come up with all the recipes ourselves,” says owner Sue Pugh. They have an in-depth knowledge of how their oils have been farmed and a guarantee that they are the correct genetic species. “We know how the oils are distilled, ensuring best quality 100% pure oil. Buying the oil directly from the farmers means no middlemen, keeping the prices reasonable for you, the end-user. Still Pure recently revamped their shop after being approached by several interested parties to open Still Pure franchises in other small

Iluska Kocsis (factory manager at Still Pure) in the renovated shop in Riebeek-Kasteel. towns. Pugh explains the shop does very well, has a popular website and they even export their products to China. The reason for the facelift was to make a blueprint of the shop’s interior, layout and design for other shop owners to follow. They invite everyone to visit their newly revamped shop.

Planning your day trips If you find yourself in the Swartland and West Coast during the school holidays, you can take many day trips in and around this picturesque part of the country. • Rooibos Tea (South African’s Gift To The World) At Carmién Tea's Farm near Citrusdal, you can treat yourself to taste pairings of one of South Africa’s biggest gifts to the tea-drinking world: rooibos. Taste the myriad Rooibos infusions on offer in the Carmién Tea Range. Find Carmién Tea on the West Coast Way Berg Route. Contact: +27 (0)22 921 8900 | tea@carmientea.co.za | carmientea.co.za • Zip-Lining (That’s The One Where You Zip From Platform to Platform) Piekenierskloof Mountain Resort has a total of seven zip-lining slides covering the distance of 1.4 km. Zip through the air hair-raising speed as the fynbos flashes by 30 meters below your feet. Literally, a thrill a minute. Find Piekenierskloof Mountain Resort and Kloof Restaurant on the West Coast Way Berg

Route and Wild Route. Contact: +27 (0)22 921 3574 | pkloof@ dreamresorts.co.za | piekenierskloof.co.za • Darling Brew (Like, the Best Bru) Yes, the Cape West Coast is home to craft beer and the best brews can be found at Darling Brew in Darling. Their Tasteroom & Brewery offers a view of the brewing process for a rare glimpse of where the nectar comes from. Find Darling Brew on the West Coast Way Culture Route. Contact: +27 (0)21 286 1099 | tasteroom@ darlingbrew.co.za | darlingbrew.co.za • Khoi San Culture (And Words Starting With Exclamation Points) The !Khwa ttu San Culture and Educational Centre is where you’ll get to stare into the flames in a real-life replica of a traditional San homestead. You might also get to lay down in one of their grass huts, and first rate accommodation. Find !Khwa ttu and their restaurant on the West Coast Way Culture Route. Contact: +27 (0)22 492 2998 | info@khwattu. org | khwattu.org. - West Coast Way


NUUS • NEWS

22 Maart 2017

Sakekamer: Die Malmesbury

Sakekamer het verlede Dinsdag die vloer aan Sunet de Jongh, kommandoleier van die Swartland Voortrekkers, en Kallie Rautenbach, skoolhoof van die Laerskool Swartland op Malmesbury, gegee. By dié geleentheid is 'n nuwe bestuur ook verkies en bestaan nou uit Theuns Duvenhage, Erik Louw, Wessel Badenhorst, Izélle Garcia, Margot Kemp, Hendrik Spies, Odette Boshoff, Wimpie van der Merwe en Rudolf Knoetzen. Portefeuljes sal by die eerste bestuursvergadering toegeken word. Regs is Erik Louw, Sunet de Jong en Kallie Rautenbach.

Orkeste:

Verskeie blaas- en strykorkeste het die naweek op Moorreesburg saamgekom om sake uit te spook om as die beste van die bestes aangewys te word. Die klanke van die orkeste het in die lug bly hang en talle voete op die maat van die musiek laat klop. Foto's: Ghida Visser

Atletiek: St Thomas

Primêr op Malmesbury spog vanjaar met vier Boland-atlete. Shane Arendse het in die o.10 1200m-afdeling meegeding, Emrique Liedeman het in die o.13 80m hekkies en 200m hekkies tweede plekke behaal en albei is in die Wes-Kaapspan opgeneem. Angelique Papier het in die 1500m stap ‘n vierde plek behaal en Kaylim Hendricks het in die o.10 100m-item deelgeneem.

7


8

NUUS • NEWS

22 Maart 2017

Rugby:

Die rugby-seisoen het amptelik afgeskop en op Malmesbury het die rugbyspanne van die Hoërskool Swartland op hul tuisveld aan 'n toernooi saam met Paul Roos en Porterville Hoërskool deelgeneem. Regs laat waai Breyton Henkeman met die bal na die doellyn.

Netbal: Sakelui op Moorreesburg het sake op die netbalbaan uitgespook in die jaarlikse besighede-netbaltoernooi. Links bo vang die span van SOBS gees voor die wedstryd, terwyl die Shots-span slaggereed is vir aksie. Foto's: Ghida Visser

Face the music at Darling Collection The Darling Collection project is in full swing through the months of March and April. The event with music, dance, theatre, circus and visual arts, will be taking place on 6, 7 and 8th May. Eight new students from various art departments and Artistic Director Jan Grolleman from Fontys University (Tilburg) together will explore Darling, its people and its stories to stimulate artistic ideas for their work.

Eksterne Vakatures by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400

Bestuurder: Regs- en Kredietbeheer

This year, again, we will have forty objects together with the stories told, some of them very personal by the owners of different ages. Each story is written down and the object photographed by the Darling assistants for the students who are eagerly waiting to begin their meetings with object owners- as they have heard so many stories from previous students. In addition, for the kids we have the project

The South African National Zakah Fund (SANZAF) is a registered non-profit, public-benefit and faith-based organisation that aims to change and improve the lives of the underresourced in South Africa and empower local communities through educational assistance and skills development. On the 9 March 2017, SANZAF distributed 300 party packs and 150 stationary packs consisting of an A4 hardcover, pencil, glue, eraser and a ruler, to learners at Riverlands Primary, located in Malmesbury. The kids enjoyed interacting with the staff at SANZAF where the learners were briefed by the deputy principal, and then sang the national anthem for the staff from SANZAF and even played a few games such as Q and A and jump rope with SANZAF staff.

Malmesbury Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verw: V10/17 • Salarisskaal: R321 816 – R 417 708 per jaar (T14)

Senior Voorman: Strate en Stormwater Moorreesburg Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verw: V8/17

Eksterne Vakature by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400

Verkeersopsigter/ Wetstoepassingsreservis

• Salarisskaal: R182 172 - R236 132 per jaar (T10)

Proseskontroleur: Klas III Darling Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste

Swartland Area

• Verw: V9/17

Departement van die Direkteur: Beskermingsdienste

• Salarisskaal: R127 668 - R165 672 per jaar (T7)

• Verw: V11/17 • Salarisskaal: R120.00 per dag, eenjaarkontrak

Sluitingsdatum: 31 Maart 2017

Sluitingsdatum: 31 Maart 2017

Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.ayandambanga.co.za

130252

Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.ayandambanga.co.za

130252

dARTling, workshops and an event about objects and stories, headed by Laura Jonkers. Talents from Darling and Tilburg will work together with kids, by telling stories and making art. In one of the weekends in April they will show the results to a broad audience. For more information aboutsend and email to collection@voorkamerfest-darling.co.za


NUUS • NEWS

Dagboek • Calender

9

22 Maart 2017

Atletiek: Die

Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Contact: Billy at 0731476758 or Kallie 0799665956 Langs die Bos-mark Langs die Bos-mark elke Saterdag vanaf 09:00 tot 13:00. Vir verdere navrae kontak Marelize by 072 052 6280 Malmesbury Toutrek Klub Dinsdae en Donderdae by CPM se sportgronde vanaf 18:00 tot 19:00. Almal word verwelkom om te kom deelneem. Vir enige navrae kontak Rentia van den Berg by 060 508 5144 Agri Malmesbury 22 Februarie: Die Landbougenootskap (skou) hou hul Algemene Jaarvergadering om 19:00 by Landbousaal. Bevestig u teenwoordigheid by Erna 083 557 1307 Youth Development 22 March: Are you doing business or want to start your own business. Need assistance regarding, funding, registration and/or training? If you answered yes, come and be informed. The National Youth Development (NYDA) and Small Enterprise Development Agency (SEDA) at the Ilingelethu Thusong Service Centre at 10:00 till 13:00. Come prepared Malmesbury Netbalklub 23 Maart: Die Malmesbury Netbalklub hou hul algemene jaarvergadering by Laerskool Swartland se netbalbane om 18:00. Almal is welkom Verdere inligting skakel Christine van Heerden by 083 337 8645 of e-pos cvanheerden555@ gmail.com Diabetes Inligtingsessie 23 Maart – ‘n Informatiewe diabetes inligtingsessie word gratis by die Malmesbury Biblioteeksaal om 16:00 aangebied. Alle diabetes welkom. Die sessie word deur dr. Mo Ebrahim aangebied. Kontak 022 482 1131 met enige navrae. Youth Development 23 March: Are you doing business or want to start your own business. Need assistance regarding, funding, registration and/or training? If you answered yes, come and be informed.

The National Youth Development (NYDA) and Small Enterprise Development Agency (SEDA) at Riebeek Kasteel POP Centre (Suiderkruis) from 10:00 till 13:00. Come prepared Black Diamond - Langtafel 24 Maart: Kom geniet "Black Diamond - long table under the stars" ten bate van Aandskemering ACVV Tehuis om 19:00. Kostes beloop R300 (3 gang-ete plus wyn op tafels ingesluit) Verdere navrae skakel 082 574 0696

The Voice Of God, Malmesbury 25 Maart: The Voice of God hou 'n sportdag by die Illingeletu sportgronde met verskeie aktiwiteite soos springkastele, speletjies en vele meer. Verrigtinge begin om 09:00 tot 16:00. Hekgelde beloop R5 vir 12 jaar en ouer en as u 'n groep van 20 is betaal u slegs R60. Navrae kontak Leraar L Williams by 072 861 2442 / 073 156 5396 Moorreesburg 25 Maart: Die Kleuterland hou paasfees mark by die Kleuterland gebou, Hoofstraat 64 om 09:30. Verskeie aktiwiteite soos springkasteel, speletjies, pryse om te wen, tuisgemaakte lekkers en vele meer Vir meer inligting kontak Surita Koch by 083 656 7410 Valley Christian Fellowship 26 March: Come and join in a special service with Pastor Vernon Seconds at the St Thomas School Hall at 09:00. The theme of this service is "Jesus can turn your negative into positive" For any enquiries please contact Cedric van der Westhuizen at 072 540 6785 Moorreesburg 28 Maart: Die breë gemeenskap van Moorreesburg word uitgenooi na ‘n Gemeenskapsvergadering (Imbizo) om 19:00 by die Rosenhof Gemeenskapsaal. By die geleentheid sal verkiesing gehou word om die GPF vakante poste te vul. Alle organisasies, kerke word

Vriend van God (AGS Corpus Christi) 26 Maart: Sondag-oggenddiens om 09:30 met die prediker Chris Beukes. Sondag-aanddiens word gelei deur Robert Moreland as prediker om 18:30 Navrae: 073 447 2902 / 022 487 2200

Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168

AGS Wesbank Sondag-erediens 09:30, kinderbediening 09:30, biduur Woensdae 19:30 by die kerk, Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178

Shofar Sondagoggend preek De Waal Esterhuizen om 9:30. Sondagaand preek De Waal Esterhuizen by die Engelse diens. Die diens begin 17:30 in Voortrekkerweg 48, Malmesbury Navrae: 022 482 4640.

PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Chris Botha 072 692 7995 / 022 482 3623 Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am

Motorman deel kennis met landbou by Skogdag

Goue Jare-dienssentrum 25 Maart - Die Goue Jare-dienssentrum hou 'n konsert om 15:30 by die VGK-kerk op Malmesbury-Wes. Verversings sal te koop aangebied word. Dean Smith, plaaslike akteur, tree as seremoniemeester op. Toegang beloop R10 per persoon. Vir meer inligting, kontak Veronica van Harte by 082 306 1748.

Kerke • Churches

Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054.

volgende atlete van Hoërskool Swartland is tot die Atletiek Boland Hoërskoolspan verkies. Agter van links staan Louis de Jager, Cara Bester, Inge von Wielligh, Kara Jordaan en Sam Walters. Voor sit Dillon Oppelt, Jayden Jacobus en Tiaano Walters.

Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury Diens op 26 Maart om 09:30 by die Mount Royal se konferensiefasiliteit Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.

Brand Pretorius (middel), afgetrede uitvoerende hoof van McCarthy, het by die Skog Voorsaaidag op Moorreesburg sy kennis van sukses met landbouers gedeel. Brand Pretorius, ‘n suksesvolle sakeman en afgetreede uitvoerende hoof van McCarthy, het riglyne vir volhoubare sukses binne ‘n vinnige veranderende Suid-Afrika met boere en besoekers by vanjaar se Skog Voorsaaidag op Moorreesburg kom deel. Hoewel hy ‘n afgetrede motorverkoopsman is, soos hy skertsend na homself verwys, het Pretorius dit duidelik aan besoekers gemaak dat hy ‘n geweldige groot belangstelling in landbou het. Albei sy oupas was boere en sy middelste seun is vandag ‘n sitrusboer. “Die boerderygemeenskap was die spilpunt waarom ons gemeenskap gedraai het,” met verwysing na sy geboortedorp Bultfontein. “Ek het bewondering en respek vir julle,” voeg hy by. “Om ‘n suksesvolle boer te wees, het mens kennis en kapitaal nodig, maar julle het in die land ook waagmoed en deursettingsvermoë nodig.” Volgens hom het die land van die beste boere in die wêreld. Volgens hom is sy riglyne vir volhoubare sukses binne die sakesektor, net so van toepassing binne die landbousektor. Sy ervaring spruit uit die dae toe die nie-motorkant van McCarthy in ineen gestort het. Brand was vir die motorkant verantwoordelik. Met die ineenstorting van die onderneming het sowat 15 000 werknemers en 1100 kleinhandelafsetpunte sy nuwe verantwoordelikheid geword. “Die groep is insolvent aan die nie-motorkant. Die aandeleprys het geval van R21 na 18c en ons het agt banke R1.5 miljard geskuld.” Daar is geslaag om binne ‘n drie jaar periode die maatskappy om te draai. “So ek ken so bietjie van sukses,” voeg hy beskeie by. Die riglyne wat hy met boere kom deel het, het hy nie in ‘n boek geleer nie. “Ek is ‘n absolute patriot, maar hou nie van die dinge wat in Suid-Afrika gebeur nie.” Hy sê egter dat die ekonomie besig is om te draai en in baie dele van die land is die droogte gebreek. “Alles is nie net negatief nie.” Die vryemarkmeganisme wat die pryse bepaal, het volgens hom ook positief uitgewerk vir die boere wat met die droogte geteister is. “Navorsers sê dat voedselverbruik binne die volgende 30 jaar met 50% sal toeneem. Studies dui daarop dat 100 miljoen mense binne Afrika na ‘n middel tot hoër klas sal migreer en dus ‘n wat hoër besteebare inkomste en aanvraag in voedsel meebring. So julle is fundamenteel gesproke in ‘n baie goeie bedryf.” Riglyne vir volhoubare sukses in ‘n vinnige veranderde Suid-Afrika: "Julle wil volhoubare familiebesighede in stand hou wat kan groei vir baie generasies in die toekoms. Jy moet daarom ‘n positiewe, duidelike visie behou. Ons kan nie bekostig om bang te wees vir die toekoms nie. Ons moet ons drome behou vir die toekoms en dit moet werkbaar

wees, want dit is ‘n bron van inspirasie. "Omhels verandering. Dit is nie jou vyand nie. Verandering is die prys vir oorlewing. En ‘n sleutel suksesfaktor. Die groot uitdaging binne die landbou is om te transformeer, maar terselfdertyd te presteer. Verandering word genoodsaak met ‘n veranderende omgewing en prestasie word genoodsaak met ‘n mededingende wêreld. "Daar behoort binne die landbou- en sakesektor gedoen word wat daar kan gedoen word om transformasie en bemagtiging te versnel. In Suid-Afrika is dit ‘n feit dat daar ‘n bedeling was wat verdruk en diskrimineer het. Die gevolge daarvan is ‘n oneweredige verspreiding van rykdom. Daar is ‘n baie groot gaping tussen ryk en armoede. As dit sou voortduur, skep ons die teelaarde vir ‘n massiewe maatskaplike onrus. Die oplossing is om die ekonomie vinniger te laat groei sodat die druk op herverdeling kan lig en om ‘n meer inklusiewe sakesektor, landbousektor en ekonomie teweeg te bring deur middel van ordelike bemagtiging. Die militante retoriek oor grondhervorming sal al hoe erger word as die landbousektor nie iets doen nie. "Besigheid en boerderye moet met die regte beginsels en waardes bedryf word. Beginsels soos regverdigheid, konsekwentheid, integriteit, medemenslikheid en waardes soos openlikheid, eerlikheid, spanwerk, respek en strewe na uitnemendheid moet teenwoordig wees ten einde suksesvol te wees. "Boere moet ook sosiaal verantwoordelik optree en bewus wees wat in die breë gemeenskappe aangaan. Ons kan nie ons oë sluit vir die maatskaplike probleme nie. Ons kan nie alles oplos nie, maar daar moet ‘n bereidwilligheid wees om te help. Om goed te doen is ook goeie besigheid. Die lewe gaan meer oor gee as oor neem. “Daar is ‘n kennisontploffing wat plaasvind in die landbou- en sakesektor. Live as if it is your last day. Learn as if you are going to live forever, anders gaan jy agter raak. Vir volhoubare sukses is die ontginning van menslike prestasie nodig. “So baie mense se potensiaal gaan verlore. Rus julle werkers toe met die beste kennis. Dit maak die wêreld se verskil in jou besigheid.” Hy vra ook dat die mobilisering van tegnologie en inligtingstegnologie moet plaasvind. Dit is ook in vandag se omgewing belangrik om die beste bemarker te wees. Veral in ‘n boerdery omgewing waar die boer nader aan sy kliënt beweeg om maksimum pryse te verhaal.” Hy sluit af deur ‘n beroep op boere te doen om die beste finansiële bestuurders te wees. “Dit is die lewensaar van jou besigheid. Die balansstaat is belangriker as die inkomstestaat.” Brand het ‘n laaste gedagte by boere gelos en gesê dit is beter om kerse aan te steek as om in die duister te verval. Hou aan kerse aansteek en maak ‘n verskil in die land. Jy hoef nie te wag om dinge beter te maak nie. Ons moet minder begin kla en meer hoop, hande vat en bid.”


10

22 Maart 2017

Ride in the Swartland during the Amarider Is riding 100 miles off road on your bucket list? If so, the ninth edition of The Amarider 100Miler, presented by The Bike Hub is the perfect race to get it done. Held in Malmesbury on 20 May, this race is the ultimate Swartland meander offering dirt road riding around the Kasteelberg and surrounds. This individual one-day mountain bike ultramarathon of 160km is affordable and a very special event. This event will start early morning just as the sun is rising, with astounding scenery that is spellbound to keep the legs going for many

hours. Only pre-entries will be accepted for both distances. The 160km (100Miler) route is divided into three sections of approximately 55km with two compulsory timing checkpoints. The format of the race creates perfect vantage points for spectators and support. While the competition is based on solo riders completing the entire course these riders can form 4-man teams and enjoy a day out with mates on a saddle (of course)! With live Amarider Trail Tag timing and check points on the route, it is excit-

ing to follow the racing online. The shorter route option of the 50Miler (80km), starts at the halfway mark at Riebeeck Kasteel and ends with the 100Miler riders at the Malmesbury Showgrounds. This event also provides an opportunity for keen riders to taste endurance riding along with twist and turns against the clock. The full route has 2400m of climbing! Finishing the Amarider 100 Miler within the 10hours 30minutes cut-off time is one of the most challenging endurance tests! DATE: Saturday, 20 May 2017

NUUS • NEWS

TIME: 07h30 (100Miler) & 09h00 (50Miler) DISTANCE: 160km with an 80km shorter option VENUE: Malmesbury COST: 100Miler: R 580 50Miler: R 350 Amarider members get R50 discount on entry fee For further information email info@amarider. co.za or info@dirtopia.co.za or contact 021 884 4547 or 021 884 4752 otherwise see the website: www.amarider.co.za or www.dirtopia.co.za

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


NUUS • NEWS DANKIE SPECIAL THANKS Ek wil net baie dankie sê vir die twee dames wat my so mooi gehelp het. Ek het geval toe ek uit dorp gestap het. Darem nie te erg seer gekry. Ook baie dankie aan die vriendelike vroutjie by Superspar wat my so vriendelik gehelp het. Dis mense soos jul wat mens voor kan dankbaar wees. Dienie van Heerden #4181 -------------------------DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Huur van kinderpartytjiedekor, springkastele, waterglybane. Druk van versiersuiker-papier (schweet sheets). Kontak 078 544 2038/elsa@ abcpartytjies.co.za #3463 -------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 -------------------------TE KOOP FOR SALE Visvingers R48/kg; Viskoekies R48/kg; Krummelvis R40 per pak; Stokvis Fillets + Porsies R60/kg; Groot Snoek vanaf R80-R110 elk. Skakel 022 487 3265 /084 250 2460 #3905 ----TITUS EIENDOMME - Wesbank : R650 000,00. 3 Slaapkamer huis met 2 badkamers, sitkamer, kombuis in goeie area. Netjies omhein. Groot erf R580 000,00 - 2 Slaapkamers, ruim badkamer, sitkamer, eetkamer, kombuis, Tv kamer en groot buite vertrek. Omhein met vibracrete. Skakel 082 780 1380 / 022 486 5219 #4182 -------------------------GELUKWENSING CONGRATULATIONS

FERGAL WESSELS - 7 Jaar 23 Maart. Geseënd is jy my kind wat God aan

ons geskenk het. Jy’s mammie se hart se punt. Liefde Mammie, Daddy en Leigh #4183 --------------------------

TYRON WILLIAM BOLTNEY - 25 Maart 2017. My prinsie, elke dag met jou is 'n vreugde in my lewe. Geluk met jou derde verjaarsdag. Liefde Mammie #4184 ----Drie jaar het die Here jou aan my toevertrou. Lekker verjaar. Jy is my liefde, vreugde en trots. Van: Ouma Liana #4185 ----Geluk seun met jou derde verjaarsdag. God se rykste seëninge vir die jaar wat voorlê. Van: Roswina, Clinicia, Rozy & Vincenzo #4186 ----Baie geluk met jou verjaarsdag seun. Liefde - 0om en Tannie #4187 --------------------------

JOHANNA DUDLEY. Baie geluk met jou verjaarsdag op 25 Maart. Mag God jou ryklik seën. Hou altyd God in gedagte. Papier familie en vriende #4188 --------------------------

MERVENIAH WILLEMSE- 20 Maart is jou 14de verjaardag. Bly die pragtige dogter wat jy is. Mammie is baie lief vir jou - Mammie en Dhinay #4189 --------------------------

SHARON - Happy

11

22 Maart 2017 50th birthday to a wonderful mother. From: Robinne and Audin --------------------------

LETRICIA DYASON Mag die dag helder en vol vreugde wees. Nuwe drome en mag die jaar wat voorlê net vervulling en blydskap bied. Liefde - Kinders #4191 ---'n Gelukkige verjaarsdag Mammie. Mag alles wat goed en mooi is mammie bybly in hierdie nuwe lewensjaar lief vir Mammie kleinkinders #4192 --------------------------

CHRIZAAN GILBERT. Baie geluk met jou verjaarsdag, mag daar nog vele jare wees.Baie lief vir jou. Van Lee-Andre (jou dogter)Andre, Soes en Willy #4193 ----Baie geluk met jou verjaarsdag vriendin. Hoop jy gaan jou dag geniet. Van Yolanda (Lakkie) #4194 ----Baie geluk met jou verjaarsdag dogter. God seën jou. Mag jy 'n geseënde lewensjaar geniet. Baie liefde - Ma, Pa, Boeta, WaydeLee en Lizelle #4195 --------------------------

EMILY - Antie Hendriena hoop jy geniet jou vierde verjaarsdag op 25 Maart. Onthou, ons is baie lief vir jou. Van: antie Hendriena, Oupa, Ouma, Mammie en Pappie #4196 --------------------------

Lizelle en Boetie Jayson #4205 --------------------------

AMELIA - 17 Maart. Baie geluk met jou geboortedag. Liefde - Mammie, Willene, Jayden en Janus #4197 --------------------------

20 Maart - ALLAH My man, baie geluk met jou spesiale dag. Hoop jy geniet jou dag baie. Love always Jou vrou #4198 ----Pappie Allah. Baie geluk met Pa se verjaarsdag. Love u lots!!!! Annelize & gesin #4199 ----Geluk met Pa se spesiale dag. Baie liefde!!!! Joan & gesin #4200 ----Pa, baie geluk met Pa se verjaardag. Liefde William & Lolla #4201 ----Gelukkige verjaardag Pappie. Hoop jy geniet jou dag!!!! Liefde Rilla & gesin #4202 ----Leka verjaar, Pappie. Hoop jou dag is vol liefde en seeninge. Liefde Gilbert & gesin #4203 --------------------------

Raai wie word 10 op 22 Maart - JAYDEN LATEGAN. Baie geluk Ma se groot, slim seun. Liefde - Mammie, Miela, Willene, Alonzo, Janus en maatjies #4204 --------------------------

IZAIHER CAROLISSEN - Vandag is jy ses jaar oud. Ek dank God elke dag vir die seun wat jy is. Mammie is oneindig lief vir jou. Liefde - Mammie

MERLE CAROLISSEN - Geluk Mammie. Lief vir jou - Jou man Hansie, Merlin, Zahira, Phayton en die Carolissen familie. Geniet 59ste verjaardag #4206 ----'n Moeder wat altyd die beste sal doen en gee. Geniet die dag. Jy is ons anker. Liefde - Kinders, kleinkinders en Man (Hansie) #4207 ---------------------------

LOUIS SWART - 26 Maart. Gelukkige verjaardag my man. Van: Vroulief Moena #4208 --------------------------

ENZO MATTHEWS 21 Maart. Baie geluk met jou verjaardag. Liefde - Mammie, Ouma en almal in die huis #4209 --------------------------

--------------------------

JOHANNA JURIES - 23 Maart. Baie geluk Ouma. Mag God se seën op u lewe rus en Sy vrede oorheers. Baie liefde - Yolandri, Jordan en Jahzara #4212 ----Baie dankie vir alles wat u vir ons beteken. My wens is dat u nog vele jare gespaar word. Liefde - Y #4213 --------------------------

GAVIN DICKSON - 25 Maart - Geluk met jou verjaarsdag. Lief vir jou - Ma, Pa, Boeta, Matt, Estralita en Dickson gesin #4211

JOHN WENTZEL. 19/10/1978 tot 17 Maart 2017. Begrafnisdiens: Saterdag, 25 Maart - Huisdiens om 8:00 by Arendstraat 104 en die kerkdiens om 10:00 by Ou Apostoliese Kerk #4217 ----Skielik het jy ons verlaat en dit is 'n seer pyn vir Daddy, Ma Stef, vrou, kinders en susters. Ons gaan jou mis my kind #4218 --------------------------

Raai wie word drie op 18 Maart. PRESTON MAARMAN. Lekker verjaar. Liefde van Ma, Pa en twee boeties en een sussie #4214 --------------------------

Happy Birthday BLAKE KYLIE JANTJIES on 19 March. Much love Jantjies family #4215 -------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

LENIE DUDLEY - 20 Maart 2017 reeds 10 jaar weg van ons. Die verlange en gemis is nog groot. 25 Maart sou jou 84ste verjaardag wees Papier en Dudley gesin #4216 --------------------------

MYMOENA & LOUIS SWART - 26 Maart. Gelukkige huweliksherdenking. Van: Louis #4210 --------------------------

STERFGEVALLE OBITUARY

JODY JANE STRINGER 24/03/2013 till 16/09/2013 - Your fourth birthday my angel. Days will pass and turn into years, but we wil forever remember you with silent tears, forever in our hearts. From: Abrahams & Stringer Family #4220 --------------------------

PATRICK THEODORE "PAT" ARENDSE 17/04/1966 tot 17/03/2017 'n Troosdiens sal gehou word op Donderdag, 23 Maart by die Ambulansstasie om 11:00. Begrafnisdiens op Sondag, 26 Maart 2017 om 11:00 by die Sewende Dag Adventiste kerk te Malmesbury. Besigtiging vanaf 10h00 by die kerk. #4219 ---------------------------


12

courant

dié

22 Maart 2017

NUUS • NEWS

SWARTLAND SPORT

Tel: 022 487 3221

22 Maar t 2017

Sportuitslae Sports results MALMESBURY GHOLFKLUB Gholf Woensdag Sundowner, 15 Maart- Enkel Stableford: Franklin September 20, Freek Stander 20, Danie Rust 19, Brian de Beer 19, Nic Goosen 18 Saterdag, 18 Maart- 36 Putjies Houespel: A Afdeling - Peter Willemse 149, George Prinsloo 155, Johan de Jager 156 B Afdeling- John Smith 168, Du Toit van Zy; 174, Johan Ackerman 174 Beste Netto- Joniel Coetzee 144, Saberie Pietersen 148 Moorreesburg (72) Houespel: H April 67, A Marcus 68, F Linder 70, J Nieuwoudt 71, M Carr 72, A Kriel 74, J Smit 74, H Markus 75 RUGBY Groot Uitdaag-uitslae SwartWeskus : Abbotsdale 27, Saldanha 20; Wesbank 19, Vredenburg 10; St Helenabaai 28, Mamre 19; Never Despair 28, Velddrif 12

Klubkampioen:

Peter Willemse is Saterdag op Malmesbury as die plaaslike gholfklub se kampioen aangewys met sy puntetelling van 149. Ds. George Prinsloo is in die tweede plek met 155, gevolg deur Johan de Jager met 156. Foto: David Howburg

Trap: Talle fiets yers het Sondag die Swartlandse heuwels, bulte en hitte trotseer in die

Week After Cycle Tour-fietsren wat op Malmesbury weggespring het. Dié ren, aangebied deur Pedal Power Association, het fiets yers behoorlik laat sweet soos hulle deur die Riebeekvallei tot Wellington en weer terug na Malmesbury getrap het in die bloedige hitte.

•WESBANK EN NEVER DESPAIR IN DERBY-STRYD

Swaargewigte meet kragte

Wesbank speel Saterdag gasheer vir sy buurman, Never Despair, in wat beskou word as die wedstryd van die naweek. Never Despair se selfvertroue het verlede Saterdag 'n groot hupstoot gekry met 'n goeie bonuspunt-oorwinning teenoor 'n sterbelaaide Velddrif-span. Never Despair het weliswaar Velddrif onkant gevang met sy goeie aanvallende spel. Na Never Despair se nederlaag in die eerste ronde, was die Tiere kalm en positief in alle fasette van die wedstryd. Hulle het goeie rekenskap gegee van hulself en het die grondslag gelê vir 'n goeie eerste helfte teen die wind. Never Despair het die tweede helfte begin waar hulle die eerste helfte afgesluit het en die jong spelers van Spairs was nie bang om kanse te waag nie. Hierdie naweek wag daar 'n nuwe uitdaging op die magtige Tiere, wanneer hulle 'n Wesbankspan aandurf wat altyd moeilik is om te klop. Wesbank het Saterdag erg gesukkel teen Vredenburg op sy tuisveld. Daar was nie baie wat die spanne kon skei in die eerste helfte nie. Wesbank se rotsvas verdediging met Denzil Adams aan die spits, het verseker dat Vredenburg slegs 'n strafskop kon oorklits. Vredenburg het Wesbank op die agtervoet

gehou en eers in die tweede helfte, toe Wesbank die vurige skakelpaar van Flippie Jacobs en Dashton Wellman opgebring het, was daar weer rigting aan die Wesbank-agterlyn. Lingizi Nlani het weer skitterspel opgedis en het verkies om nie rondom nie, maar bo-oor die Vredenburg agterlyn te hardloop. Wesbank se twee drieë teenoor die een van Vredenburg, het verseker dat hul die wedstryd naelskraaps wen. Wesbank sal dus verseker dat hulle meer gefokus is hierdie week en 'n nuwe strategie sal verseker dat hul Never Despair wen met minder as tien punte. Abbotsdale reis Saterdag na Darling met hul stertjie in die wind, nadat hulle verlede week die magtige Saldanha se onoorwonne streek van 38 Swartwes-ligawedstryde met skitterspel tot 'n einde gebring het. In 'n wedstryd wat in baie onplesierige wind gespeel is en die telbord wat gedurig wipplank gery het, was dit die Lillie-span wat hulle kanse baie beter benut het. Saldanha het opgedaag met verkeerde spelstyl en Abbotsdale het verseker dat hul kragtige agtal voorlangs die grondslag lê vir hul talentvolle jong agterlyn, om hulle ware potensiaal ten toon te stel. Met hierdie spelstyl gaan Abbotsdale nog baie ver kom in die liga. As daar egter gepraat

word van talent, is Darling net die regte toets vir Abbotsdale om te sien of hulle oorwinning teenoor Saldanha die begin van 'n goeie jaar gaan wees of slegs 'n gelukskoot. Darling het verlede Saterdag 'n blaaskans geniet na 'n naelskraapse oorwinning in die eerste ronde, teenoor Saldanha. Hulle sal dus vars wees vir die besoekers en wil verseker die uitdaging op hande word aangedurf met fokus en positiwiteit. Darling se spel word gekenmerk aan voortreflike rugby op hul tuisveld en Saterdag sal hulle wil wys dat die melkboere 'n span is wat respek kan afdwing. Abbotsdale lyk egter honger vir die volpunte en sal Darling voorlangs wil afransel om seker te maak sy agterspelers kuier die hele Saterdagmiddag agter die pale. Abbotsdale behoort hierdie wedstryd te wen met meer as tien punte. In nog 'n groot derbywedstryd speel Saldanha Saterdag gasheer vir sy buurdorp, Vredenburg. Saldanha, wie Saterdag sy eerste Swartwes-liga wedstryd verloor het in amper twee jaar teen Abbotsdale, sal hierdie week hard werk aan hulle foute. Vredenburg is steeds sonder 'n wen en sal dus hierdie naweek die wedstryd wil aandurf vol vertroue dat hul verder sout in Saldanha se

KRIEKET Malmesbury t Kraaifontein: MALMESBURY 104 (Fabian Faro 3/19, Grant Isaacs 3/27). KRAAIFONTEIN 108/4 (Ambrose Visagie 44, Robin Petersen 33; Devon Smith 2/33). Kraaifontein wen met 6 paaltjies Piketberg t Stellenbosch & Distrikte: STELLENBOSCH & DISTRIKTE 192/7 (Brandon Layman 43, Timmy Cornelissen 35, Bradley Layman 29, Ricardo Maarman 2/9). PIKETBERG 193/5 (Paul Diedrich 54, Leighton Fredericks 44, Lorenzo Ockhuis 37, Peter Kirsten 2/37). Piketberg wen met 5 paaltjies

wonde kan vryf. Vredenburg beskik oor die nodige slaankrag om die taak suksesvol te voltooi en moet net kophou, nadat hulle Saterdag 'n gulde kans verspeel het om Wesbank te wen, na goeie rugby. Hulle was egter ongelukkig om hul kaptein vroeg in die wedstryd aan 'n besering af te staan. Saldanha sal egter hierdie Saterdag meer klinies wil wees by die afbreekpunte en ook die bal beter oor die voordeel lyn wil dra. Indien Saldanha die stryd voorlangs wen, sal hulle ook die wedstryd gemaklik met meer as tien punte wen. Velddrif keer Saterdag terug na sy tuisveld om die span van Mamre aan te durf. Albei spanne kom van nederlae af die vorige Saterdag en die wedstryd sal dus sorg vir groot opwinding. Velddrif is altyd 'n moeilike kalant op sy tuisveld en sal Mamre probeer oorskadu in alle fasette van die wedstryd. Mamre sal egter positief bly, maar Velddrif behoort hierdie wedstryd gemaklik met meer as tien punte te wen. St Helenabaai geniet hierdie naweek 'n welverdiende blaaskans na twee goeie oorwinnings. - Abri Adonis


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
412 die courant 22 maart 2017 by DieCourant - Issuu