Skip to main content

411 dié courant Wellington

Page 1

courant

1 Wellington

dié

15 Maart 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 411

•'ONS KOM VAN VÊR' AAN SMALL OPGEDRA

15 Maart 2017

‘Afrikaans is in my DNA’ •Jaomi Zeeman

Internasionale Moedertaal- en Menseregtedag sal Saterdag op Wellington gevier word, wanneer die Afrikaanse Taalmuseum en –monument, die Wellington Museum en die Breytenbach Sentrum gesamentlik hul gewig agter dié twee dae op die kalender gooi. Hierdie feestelikheid sal tydens ‘n spesiale byeenkoms by die Bôrdienghuis-teater plaasvind. Die Wellingtonner, dr. Michael le Cordeur, sal by hierdie geleentheid ook die boek, “Ons kom van vêr” bekendstel. Dit bevat bydraes oor bruin Afrikaanssprekendes se rol in die ontwikkeling van Afrikaans. Dr. Le Cordeur is ook die inhoudsredakteur en mede-samesteller van die boek. Volgens dr. Le Cordeur is dit nie toevallig dat die boek op Wellington bekendgestel gaan word en die vieringe hier plaasvind nie. “Die boek is opgedra aan Adam Small. Soos ek, is hy 'n gebore Wellingtonner. "Ek wil met die boekbekendstelling opnuut dit onder die hele gemeenskap van Wellington se aandag bring watter belangrike letterkundige figuur en apartheidsaktivis hier uit hulle eie bodem kom. "Small het ook baie later na sy opleiding vir ‘n kort tydjie aan Bergrivier Hoërskool skoolgehou – soos ek ook. Dit maak dus net sin dat ek die boek wat opgedra is aan my mentor, in ons albei se agterplaas bekendstel,” sê hy. Daar was by dr. Le Cordeur geen twyfel dat die boek aan Small opgedra moes word nie. Nie alleen het Small die Le Cordeurs kort voor sy dood vir ete genooi en vir dr. Le Cordeur gevra om so ‘n boek saam te stel nie, maar hy het van Kaapse Afrikaans ook ‘n literêre taal gemaak. “Deur sy werk het Adam Small namens, maar ook met, sy mense gepraat oor die liberale waardes van vryheid van denke en spraak. "Adam Small was filosoof en profeet: ʼn stem vir die stemloses. Sy oeuvre hanteer temas wat vandag steeds relevant is. "Deur mense se gevoelens boonop in hul eie variëteit uit te druk, het hy Kaaps verhef tot ʼn taal van verset teen politieke onreg. Meer nog: danksy Small is die stigma rondom Kaaps afgebreek en as ‘n pionier vir sy gebruik van Kaaps in die Afrikaanse letterkunde het hy van Kaaps ook ʼn literêre taal gemaak. "Deur hierdie boek aan hom op te dra en in Wellington bekend te stel, is gepaste erkenning

Karjakker met kaskarre Die kranige jaers van die Hugenote Laerskool het verlede Donderdag hul vernuf om die draaie gewys in die skool se jaarlikse kaskarresies. Onderwysers en leerders het mekaar uitgedaag om die blitskampioen van die skool aan te wys. Pick 'n Pay Wellington het ook hul gewig agter die jaers gegooi en was weer 'n borg van die dag. aan ʼn man wat lank in sy land misken is terwyl hy eintlik sy tyd ver vooruit was,” sê dr. Le Cordeur. Volgens dr. Le Cordeur is dit eintlik irrelevant of dit deesdae “polities korrek” is om van Afrikaans te hou. “Vir my was dit nooit ‘n vraagstuk of ek in Afrikaans moes skryf of vir Afrikaans moes opstaan nie. Dit is vir my doodnatuurlik. "Afrikaans is deel van my menswees, deel van my DNA. Ek het by ‘n punt in my lewe gekom waar ek besluit het ek is Afrikaans. "Dis aan my gegee deur my moeder en my vader wie se Afrikaans self vir niemand hoef terug te staan nie. Ek baklei nie vir Afrikaans nie en sal nie hof toe gaan vir Afrikaans nie. "Dit doen meer skade as goed. In ‘n hof is daar altyd ‘n verloorder en in die meeste gevalle is dit Afrikaans wat verloor. Ek leef Afrikaans. Ek praat en ek skryf in Afrikaans,” sê hy. Dr. Le Cordeur weet dat Adam Small se seën op “Ons kom van vêr” rus.

“Hy het my trouens aangemoedig om dit te voltooi. Ek is seker hy sou iets gesê het soos: Dis ‘n taak welgedaan. Hy sou ook bewoë gewees het by die wete dat soveel vooraanstaande skrywers aan hierdie boek gewerk het,” sê hy. “Ons kom van vêr” sal heel moontlik die verwronge persepsies wat daar by sommige mense oor die identiteit van Afrikaans bestaan, verander. “Een van die vernaamste winste van hierdie boek is dat al die skrywers aangetoon het dat Afrikaans ook gebruik is om apartheid af te breek. "Afrikaans was dus nie net die taal van apartheid nie, dit was ook die taal van bevryding en vandag is dit die taal van versoening. "Daarom kan ek sê ek is trots op my Afrikaanswees. Ek skaam my nie vir wat ek is nie,” sê dr. Le Cordeur. Belangstellendes wat die geleentheid wil bywoon, kan Nkita Pietersen by 021-863 0543/2 of student@taalmuseum.co.za kontak.

NUUS • NEWS


2

15 Maart 2017

NUUS • NEWS

•OUD-HOOFSEUN VAN HUGENOTE

Breytenbach wen gesogte prys •Jaomi Zeeman Die oud-hoofseun van Hugenote Hoërskool en voormalige Wellingtonner, Breyten Breytenbach, is pas as die wenner van ‘n internasionale literêre prys aangewys. Die Zbigniew Herbert International Literary Award 2017 wat aan hom toegeken is, is ‘n hoogs aangeskrewe toekenning wat in die literêre wêreld net duskant die prestige van die Nobelprys geag word. Alhoewel hierdie prys ‘n Poolse oorsprong het, bestaan die jurie van beoordelaars uit ‘n groep uitgelese internasionale akademici. Hulle verteenwoordig professore en literatore van onder andere die Oekraïne, VSA, Duitsland, Pole en Spanje. Die Zbigniew Herbert-stigting het tydens die aankondiging van die wenner gesê dat Breyten die norme van die Stigting wonderlik vergestalt. “Die manier waarop Breytenbach uitstaande kunstige waardes sonder kompromieë met morele standpunte kombineer, tesame met sy toewyding om die onderdruktes te verteenwoordig, is ‘n perfekte manier om dít waarvoor ons staan te weerspieël,” het hulle gesê. Volgens hulle is Breyten se werk en die waarde daarvan as’t ware ‘n reïnkarnasie van dié van die skrywer Zbigniew Herbert na wie die stigting vernoem is. Herbert het in een van sy bekende gedigte die volgende geskryf: “Let the anger of the powerless be like the sea / whenever you hear the voice of the humiliated and beaten.” Breyten het in ‘n verklaring na die aankondiging van die toekenning gesê dat die eerbewys hom baie nederig laat voel. “Ek aanvaar die prys met die kennis dat dit die naam van ‘n wyse en brawe digter en skrywer dra. Ek hoop ek kan die goeie voorbeeld wat hy gestel het, eer, veral in dié donker seisoen van woede en wanorde.

"Ek is trots om tussen dié gereken te word wat glo dat daar in elkeen van ons ‘n deeltjie humanisme is en streef na waardes wat die moeite werd is om voor te baklei. Dit alles staan in die voorbeeld en inspirasie van Herbert,” het hy gesê. Katarzyna Herbert, stigter van die Zbigniew Herbert Foundation en Herbert se weduwee het ook aan Breyten hulde gebring. “Ek is verheug dat die jurie hierdie jaar ‘n kunstenaar gekies het wie se uitstaande talent met sy onwrikbare posisie gekombineer is,” het sy gesê. Een van die beoordelaars het dit beaam: “Breyten se waarde as ‘n persoon het hom baie bewondering en sewe jaar in die tronk besorg. Sy waarde as digter het hom die Zbigniew Herbert-toekenning besorg.” Nog ‘n beoordelaar, Jurij Andruchowycz, het die waarde van die toekennig verder verbreed: “Deur Breyten te vereer, bring ons eintlik ook eer aan ‘n verteenwoordiger van die Afrikaanse taal – ‘n taal wat moontlik ‘n gevaar staan om geleidelik uitgewis te word. "Breyten Breytenbach verleng die lewe van sy taal deur gedigte te skryf as ‘n verset.” Breytenbach sal die toekenning amptelik op 25 Mei in Warskou in ontvangs neem.


NUUS • NEWS

3

15 Maart 2017

Nuwe beddens bring soete drome

Erik Marais (HAM beheerraad), JC Muller (donateur), Ernst Zeeman (DGB), Stephan Spies (HAM beheerraad), Rian Strydom (Old Mutual, donateur).Voor is Grant Johnson (seremoniemeester), Regardo Scholtz (HAM: bestuurder), Karen Petersen (HAM: bemarking), Marisa Buffone (donateur) en Danie Theart (Voorsitter: HAM beheerraad). Die Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum (HAM) het op Vrydag 10 Maart hul inwoners se splinternuwe beddegoed en matrasse met ‘n heerlike geselligheid ingewy. Hierdie nuwe, beter slaapgeriewe is alles te danke aan ‘n uitgebreide fondsinsamelingsprojek en ruim skenkings deur verskeie donateurs. Volgens Karen Petersen, bemarkingsbestuurder van HAM, het die idee vir die “HAM Charity Drive Sleep” bykans ses maande gelede posgevat. “Ek en een van die donateurs, wat voorheen ‘n internasionale besigheidskonsultant was, het gesit en gesels oor ons drome en behoeftes by HAM. Ons het vir mekaar gesê dat kinders nie kan floreer as hulle nie ten minste lekker slaap nie en besluit om iets aan die saak te doen. Ons kinders se matrasse en beddegoed was al gaar,” het sy verduidelik. Karen het aan die werk gespring en begin om fondse in te samel vir hierdie doel. Talle donateurs het bydraes gemaak en uiteindelik het hulle genoeg geld bymekaar gemaak om vir elke kind ‘n nuwe matras en beddegoed te koop. “HAM is bo alles ‘n familie-huis waar ons familiewaardes en ‘n veilige, stabiele omgewing vir elke kind wil skep - 'n ‘n goeie nagrus is ononderhandelbaar hierin,” het Karen gesê. Stephan Spies, verantwoordelik vir die bemarkingsportefeulje op HAM se beheerliggaam, het in sy toespraak tydens die geleentheid genoem dat fondsinsamelings ‘n uit-

daging is in die huidige ekonomiese klimaat. “Dit is nie altyd maklik om die somme te laat klop en die begroting vir ‘n instansie soos HAM op te stel nie. Tog is dit elke jaar wonderlik om te sien hoe ons drome waar word – alles te danke aan die oop harte en hande van die gemeenskap en ons borge,” het hy gesê. Verskeie van die donateurs en borge wat tot die sukses van hierdie inisiatief bygedra het, het tydens die geleentheid hul dank uitgespreek om by so ‘n projek betrokke te wees en vertel hoe dit hulle eie lewens verryk het. “’n Mens kan nie ‘n verskil in die samelewing verwag as jy nie self begin om ‘n verskil te maak nie. Ons maatskappy het dit besef en besluit om sosiaal verantwoordelike beleggings te begin maak,” het Rian Strydom van Old Mutual se Green Hands Investment Group gesê. Nog ‘n donateur, JC Muller wat d.m.v. die Karoo to Coast fietswedren geld vir HAM ingesamel het, het dit beaam. “Ek en my gesin het by een van HAM se huise betrokke geraak en soveel in die proses geleer. Een van die belangrikste lesse is om die klein goedjies in die lewe te waardeer,” het hy gesê. Een van HAM se inwoners het die waarde van hierdie projek vir die inwoners raak saamgevat toe sy die volgende opmerking gemaak het: “Ons ou dinge is saam met ons ou matrasse en beddegoed weggevat. Saam met die nuwe matrasse en nuwe beddegoed kom nou nuwe drome vir ons almal.”

As jy nie bereid is om jou stelling saam met jou naam en ‘n foto op ‘n reuse advertensiebord langs die snelweg te plaas nie, moenie dit op Facebook skryf nie. Só sê Emma Sadleir, regskenner op die gebied van sosiale media, met verwysing na ‘n geval waar ‘n persoon ‘n lasterklag gelê het teen ‘n ander oor ‘n rassistiese inskrywing op Facebook. Volgens Sadleir is vryheid van spraak op die internet nie onbeperk nie. Dié vryheid “eindig waar dit inbreuk maak op die grondwetlike regte van ander. "Dit sluit ook haatspraak, laster en kopiereg in. "Dieselfde wette wat op die media en joernaliste van toepassing is, geld ook vir persone wat inskrywings op sosiale media maak,” voeg sy by. Dr. George Claassen, mediareg-kenner en oud-dosent in joernalistiek, sê die Penny Sparrow-saak, wat voortgespruit het uit ‘n rassistiese inskrywing op Facebook, is 'n sterk rigtinggewer in dié verband. Dit behoort deur sosiale mediagebruikers as 'n riglyn te dien ten opsigte van lasterlike uitlatings of opinies op sosiale media.

Claassen sê verder dat jy nie private inligting oor iemand of ‘n private foto van iemand, sonder sy toestemming, op sosiale media mag plaas nie. Hy voeg by dat wanneer ‘n foto of ‘n grafiese element op sosiale media geplaas word, dit nie beteken dat daardie plasing dan aan die hele kuberruim behoort nie. "Kopiereg bly by die persoon. "Dit lê by die skepper van die betrokke werk, of dit nou gemerk is of nie." Hy voeg by dat sosiale media na regte nie vir adverteringsdoeleindes gebruik mag word nie. "Die skeppers van Facebook verkoop self advertensieruimte, nes enige ander publikasie." Wêreldwyd beland al hoe meer mense in die moeilikheid by hul werkgewers oor dit wat hulle op webwerwe soos Facebook kwytraak, het Liza van Wyk, 'n kenner op die gebied van inligtingstegnologie en die gepaardgaande reg, gesê. "Lasterlike uitlatings, soos dat jou baas dom of jou kollega ’n idioot is, is nie minder ernstig as jy dit op ’n medium soos ’n webwerf kwytraak nie," sê sy.

Wetgewing geld ook vir sosiale media

•VERSKILLENDE MEDIUMS GEBRUIK

Instrumente van vrede gee hoop in uitstalling ‘n Nuwe kunsuitstalling het Saterdag by die Breytenbach Galery geopen. Hierdie uitstalling, genaamd “Instrumente van vrede”, is ‘n versameling kunswerke in verskeie media deur uiteenlopende kunstenaars. Volgens Anne-Ghrett Erasmus, bestuurder van die galery, het die idee vir hierdie uitstalling sy ontstaan by Eben Scheffler en ds. Fanie Marais gehad. “Ek ken wonderlike mense met wonderlike idees en dan word hulle idees die wonderlikste kuns. Eben Scheffler is só ‘n mens. Hy is die een wat verlede jaar met hierdie idee vir ‘Instrumente van vrede’ vorendag gekom het,” het sy gesê. Scheffler, wat die spreker tydens die opening van die uitstalling was, het verduidelik dat die naam van die uitstalling sy oorsprong in die gebed van Franciscus van Assisi het. “Hierdie bekende gebed verwys na die feit dat ons ‘instrumente van vrede’ moet wees. Die idee vir hierdie uitstalling is as’t ware ‘n samekoms van teologie, kuns en die konsep van vrede. ‘Vrede’ is iets wat alle gelowe voorstaan. Ten spyte daarvan is daar soveel woede en oorloë juis a.g.v. verskillende godsdienstige sienswyses. Hierdie uitstalling wil na die gemeenskaplike doel van al die godsdienste kyk, nl. vrede,” het hy verduidelik. Volgens Scheffler, ‘n professor in teologie aan UNISA, het die idee vir die tema van die uitstalling ook ontstaan a.g.v. gesprekke met die oud-Wellingtonner en kunstenaar, ds.

Fanie Marais. “Fanie is ‘n predikant en ‘n kunstenaar en ons het baie gepraat oor die samekoms en saamwerk van mense uit verskillende godsdienstige agtergronde – nie om mekaar te oortuig van ons onderskeie sienswyses nie, maar om vir ‘n gemene doel iets opbouends en positief te doen. Dit is waaroor ‘Instrumente van vrede’ gaan,” het hy gesê. Ds. Fanie het dit beaam. “Ek het seker al so ses maande gelede met die idee begin rondspeel en kunstenaars uit verskillende gelowe gekontak om aan werke vir hierdie uitstalling te begin werk,” het hy vertel. Die resultaat is ‘n kleurvolle, uiteenlopende uitstalling van ‘n verskeidenheid kunswerke in ‘n variasie van media. Daar is o.a. voorstellings van die hele Joodse alfabet, collages, beeldhouwerke, klipkuns, fotografie en verskeie skilderye wat die diversiteit en samekoms van gelowe uitbeeld. Die kunstenaars verteenwoordig alle sfere van godsdienste en gelowe in ons hedendaagse bestel. Die uitstalling duur tot 13 April en besoekers is welkom om dit te besigtig en die galery te besoek.

BELANGERIKE KENNISGEWING Die Wes-Kaapse Drankowerheid funksioneer om die verskillende elemente rondom alkohol kleinhandel in die provinsie te reguleer. Die volgende is ’n paar van die meer algemene vrae wat ons van u ontvang as die algemene publiek: 1. Wat is die rol van die Wes-Kaapse Drankowerheid? Die Wes-Kaapse Drankowerheid, ook bekend as die WCLA, is die organisasie wat die kleinhandelverkope en mikro vervaardiging van drank in die Wes-Kaap reguleer. As jy wil drank verkoop of mikro vervaardiging, het jy ’n dranklisensie nodig om dit wettig te doen. Die Wes-Kaapse Drankowerheid is die organisasie waar jy aansoek doen vir so ’n drank lisensie. 2. Maak die aansoek proses vir drank lisensies voorsiening vir openbare deelname? Ja, dit maak voorsiening vir openbare deelname. Lede van die publiek kan besware aanteken of kommentaar ten gunste van die uitreiking van dranklisensies. Wanneer beswaar aangeteken word, moet u omvattende redes vir die beswaar teen die aansoek voorsien. Met ander woorde, die besware kan nie vaag wees nie en moet feitelik wees en moet gebaseer is op konkrete, spesifieke feite. 3. Hoe sal die publiek weet van ’n potensiële drank perseel? ’n Dubbele indiening proses bestaan vir ’n dranklisensie aansoek waar die aansoek met die Wes-Kaapse Drankowerheid en met die Suid-Afrikaanse Polisiediens gelyktydig ingedien word. Elke polisiekantoor het ’n aangewese drankoffisier (DLO) wat handel met drank-verwante aangeleenthede. • Een van die verantwoordelikhede van die aangewese drankoffisier is om die naburige inwoners in te lig van die nuwe dranklisensie aansoek; • In die tweede plek moet die aansoeker ’n kennisgewing van die aansoek in 3 amptelike tale op die perseel vertoon. In die Wes-Kaap Drank Regulasies is daar voorgeskrewe vorms wat gebruik moet word om dit te doen; • Derdens, die Wes-Kaapse Drankowerheid adverteer in die plaaslike koerant dat daar nuwe drank aansoeke is; • En dan word dit ook geadverteer in die Provinsiale Staatskoerant. Die bo-genoemde pogings is in plek om die publiek van aansoeke in te lig vir ’n drank lisensie. 4. Wat is die hoof punte wat na gekyk word wanneer ’n dranklisensie aansoek oorweging word? In die drank regulasies is daar aansoekvorms wat die proses lei en moet voltooi word wanneer aansoek gedoen word vir ’n dranklisensie. In kort is daar 3 dinge wat die Dranklisensiëringstribunaal na kyk, en ons verwys daarna as die 3 P’s: Die Persoon, die Publiek en die Perseel. • As ons verwys na die Persoon: Vra ons, is die aansoeker van goeie karakter en nie gediskwalifiseer volgens die wet nie? (Artikel 35 van die Wet verduidelik hierdie proses). • As ons verwys na die Perseel: Vra ons, is of sal die perseel geskik is vir die tipe dranklisensie wat aansoek voor gedoen word. • As ons verwys na die openbare Publiek belang: Die Dranklisensiëringstribunaal, gebaseer op die inligting in die aansoek wat voor hulle geplaas word sal bepaal of die toestaan van die aansoek vir ’n drank lisensie in die openbare belang is. Hulle kyk ook na artikel 34 (1) (e) van die Wet. Dit bepaal dat die toestaan van die aansoek nie tot nadeel van (i) die inwoners van ’n woongebied; (ii) die inwoners van ’n instelling vir bejaardes; (iii) die leerders van ’n opvoedkundige instelling wat onder die ouderdom van agtien (18) jaar; (iv) die pasiënte van ’n instelling vir dwelms of alkohol-verwante afhanklikhede; of (v) die gemeentelede van ’n godsdiensinstelling geleë in die omgewing van die voorgestelde gelisensieerde perseel. 5. Wie is verantwoordelik vir handelsdae en -ure? Munisipale verordeninge reguleer handelsdae en -ure ten opsigte van drankwinkels. Ure en dae soos in die verordening moet toegepas word en ’n aansoek om ’n afwyking van hierdie ure moet by die munisipaliteit en nie die Wes-Kaap Drankowerheid (WCLA) ingedien word. 6. Hoe kan die publiek drank gelisensieerde persele wat onverantwoordelik handel rapporteer? Ons het ’n kontak sentrum en ons moedig almal aan om daarvan gebruik te maak. Dit werk tussen 7:30 - 16:00. Die kontaknommer is 021 204 9805 of 021 204 9700; of jy kan ons ook kontak per e-pos, liquor.enquiries@wcla.gov.za. Jy kan ook ’n besoek aan ons kantoor maak op die 3de Vloer, Sunbel Gebou, 3 Ou Paarlweg, Bellville. Ons wil hê die publiek moet weet dat ons is altyd beskikbaar om na hulle te luister, en dit is waarom ons die kontak sentrum op die been gebring het. As iemand dit oorweeg om aansoek te doen vir ’n dranklisensie kan hulle die aansoekvorms wat geredelik beskikbaar is op ons webwerf, www.wcla.gov.za kry en voel vry om ons te kontak op 021 204 9805 of 021 204 9700 of e-pos op liquor.enquiries@wcla.gov.za. Ons sien uit daarna om van julle te hoor.


courant

15 Maart 2017

It’s Good News

dié

4

!ke e: lxarra llke

By die lees van hierdie opskrif mag dit miskien lyk of iemand se vingers per ongeluk oor die toetse van ‘n sleutelbord geglip en iets onverstaansbaars getik het – amper soos wanneer jy vergeet om jou selfoon se sleutelbord te sluit en dit onwillekeurig teen die binnekant van jou handsak ‘n rits onverstaanbare simbole begin inpons. “!ke e: lxarra llke” is egter geen toevallige mistasting op enige sleutelbord nie – dit is ons land se leuse. En op die vooraand van Menseregtedag en Internasionale Moedertaaldag is dit iets waaraan ons miskien herinner moet word. Hierdie leuse is deur president Nelson Mandela as ‘n versoenende, eg-Suid-Afrikaanse aforisme gekies om die land se mense te verenig. Dit is ‘n aanhaling uit die antieke Khoisan-taal en dit beteken dat daar “eenheid in verskeidenheid” kan wees of dat uiteenlopende mense kan verenig. In sy toespraak tydens die onthulling van die nuwe landswapen in 2000 het president Thabo Mbeki daarna verwys dat hierdie leuse ‘n oproep is dat ons waarde moet heg aan die lewe, om alle tale en kulture te respekteer en dat ons ons teen enige vorm van die onderdrukking hiervan moet uitspreek. Met soveel debatte wat deesdae op die politieke speelveld en in sosiale media rondvlieg , moet ons dalk weer die stem van die antieke Khoisan, mense wat die land lank voor enigeen anders geken het, luister. Daar is eenheid in verskeidenheid. Uiteenlopende mense kan verenig. Op Wellington is die gees van hierdie leuse gelukkig nog nie dood nie. Die geboorte en bekendstelling van “Ons kom van vêr” hier in ons eie agterplaas en die heerlike viering van Menseregtedag en Internasionale Moedertaaldag wat die naweek hier onder ons neuse gaan afspeel, is ‘n bewys daarvan. Die uitstalling van die “Instrumente van vrede” by die Breytenbach Galery, die gemeenskap se ondersteuning in die nuwe beddegoed en matrasse vir die kinders van HAM en die manier waarop ons saamwerk om gemeenskaplike doelwitte te bereik, onderstreep dit. Mag elkeen sy unieke diversiteit tot voordeel van die eenheid gebruik.

NUUS • NEWS dr. Mark Blackwell Snr

Iditarod: a sled dog race & my life race? It’s one of the most unique sporting events in the entire world. It’s called the Iditarod, the ultimate sled dog race. Every year, dozens of teams line up for the historic 1,000­mile race from Anchorage to Nome, Alaska. However, it didn’t start out as a sporting competition. It began in 1925 when the stakes were much higher than a cash prize. It was the lives of countless children in Nome who had been exposed to the dreaded disease known as diphtheria. The only life-giving serum in Alaska to fight the disease was in faraway Anchorage. It had to get to Nome in the shortest time possible, and it was carried in an amazing relay by one sled dog team after another. In all, it took twenty drivers, some of whom braved mountain ranges, brutal weather, and a merciless gale. But 127 hours after the first team left, the last driver arrived in Nome with his tired dog team and 300,000 units of the life-saving serum.. Originally, that’s what the Iditarod was. What was once a life-saving mission has now become just an exciting sports activity. They’re still racing on the same course, but they are not racing to save lives anymore, just like many followers of Jesus… like many of our churches…like many parents… like many of our HOMES. Oh, we’re racing sure enough, but not to save or protect the spiritual lives of our family members. There’s a lot of activity and excitement at home, but so little time for prioritising the Lord - not at home. Maybe you’re busy in the Christian race, but you’ve forgotten the original life­saving purpose of LIFE’S RACE. God wants us to see the real needs of our family and others within our reach. And it is a race, because every day they live without Christ, they move further away from His daily blessings and one step closer to an eternity without Him. But you’re there. And you have the “serum” the good news of God’s love and salvation in Jesus Christ. You have nothing more important to do with the rest of your life than to deliver life & hope to your family, friends and neighbours. Promosie • Promotion

Skaarland Ingenieurswerke vier 32 jaar se diens Skaarland Ingenieurswerke Bk op Moorreesburg vier vanjaar hul 32ste bestaansjaar. Die onderneming is tans besig om ‘n nuwe baadjie aan te trek en kliënte kan eersdaags in die gebou met sy splinternuwe gesig hul sake hanteer. Hou die spasie dop om die splinternuwe voorkoms van dié bekende onderneming te sien. Skaarland Ingenieurswerke Bk is in 1985 gestig en vier vanjaar hul 32ste bestaansjaar. Skaarland het as `n klein vervaardigingsonderneming, die enigste in die Wes-Kaap wat skare self vervaardig en direk aan die boere in die omgewing van die Swartland bemark en verkoop het, begin. Mettertyd het verkope gegroei en is skare deur koöperasies in voorraad gedra. Later is skare in dele van Suid-Afrika versprei en daar is op `n stadium selfs na die VSA uitgevoer. Skaarland streef daarna om `n maatskappy in Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners te wees wat kwaliteit-produkte teen `n mededingende prys lewer. Hulle ondersteun plaaslike maatskappye deur die grootste deel van hul rou materiale hier aan te koop en voer minimaal in. Alle produkte word self deur Skaarland self vervaardig en alle prosesse word ook deur die maatskappy behartig. Dit sluit die rou stuk staal tot die voltooide produk in. Ons strewe daarna

om altyd kwaliteit produkte aan ons kliënte te verskaf. Skaarland het drie jaar gelede ook ons eie depot in Bloemfontein oopgemaak en versprei skare aan boere en besighede in die Vrystaat en omliggende gebiede. Skaarland het aanvanklik vir kliënte met sweis- en draaibankwerk gehelp, nádat die maatskappy aanvanklik begin is om fabrieke se onderhoud te doen. Vandag is die ingenieurswerke `n gevestigde vleuel van Skaarland, waaruit daar ook ‘n dienssentrum gespruit het. Die ingenieurswerke lewer verskillende tipes sweiswerke, waar baie tipes landboutoerusting vervaardig en herstel word, asook draai- en masjien werk. Hulle lewer ook 'n profielsnydiens met gas of plasma, waarmee verskillende diktes plaat en vorms gesny kan word. Die dienssentrum het uit ‘n behoefte vir

groter verskeidenheid standaard staalprofiele ontstaan. Plaat-metaalwerk is ook deur die kliënte verlang. Vandag sluit die dienssentrum `n groot verskeidenheid staalafdelings in, wat staal, vlekvrye staal en aluminium plate insluit. Hulle voorsien ook hidrolise pype en verwante produkte. By Skaarland glo hulle daaraan om hul kliënte gelukkig te hou deur `n goeie diens te lewer en alles in hul vermoë te doen om hulle tevrede te stel. “Die onmoontlike doen ons elke dag, wonderwerke vat so `n bietjie langer,” voeg besturende lid, Johann van der Merwe by. Die geheim van Skaarland se sukses, is die kennis in die maatskappy en om saam met die landbousektor aan te pas by nuwe tendense in die mark. Kontak hulle gerus of maak `n draai en kom kyk na hul reeks grondslyt-onderdele en staal in voorraad.


NUUS • NEWS

5

15 Maart 2017

Make every RAND count.

PnP Bulk Thick Kameelhout Boerewors

R

Great for sarmies

Sasko Low GI Dumpy Whole Wheat Brown Bread 800g

PnP Bulk Beef Mince

R

69

R

Per kg

12

65

Per kg

Danone NutriDay Low Fat Fruit Yoghurt Assorted 1kg Each

Flora Fat Spread Assorted 1kg Tub Each

R

99

42

99

R

21

99

Excc Exclusive to Smart Shoppers. Purc c Purchase any 3 participating Tige e Brands products and swipe Tiger you yourr Smart Shopper card for auto o automatic entry. See in-store for details.

Competition runs 20 February – 8 May 2017. Standard terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za. E&OE.

PnP Ice Cream Assorted 2 Litre Each

PnP Flavoured Carbonated Soft Drink Assorted 2 Litre Each

Coca-Cola Regular, Lite, Zero or Tab 6 x 330ml Per Pack

Ceres 100% Fruit Juice Blend Assorted 1 Litre Each

R

R

R

R

38

99

11

99

31

99 R

SAVE R25

R

109

WAS R134

BUY ANY 2 FOR

Danone Ultra Mel Custard Assorted 1 Litre

Beacon Chocolate Slab Assorted 80g Each

R

R

42

9

99

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, O Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

99

279

Jameson Triple Distilled Irish Whiskey 750ml

Dinu Collection 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

R

42

99

Shop online at www.picknpay.co.za

PRICES VALID 15 - 19 MARCH 2017 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS1256

Windhoek Draught 12 x 440ml Cans or Non-returnable Bottles Per Pack

17

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Accounts OPEN16 MARCH 2017


6

Skaak: Die volgende leerders het deel-

geneem aan die Cape Winelands proewe: Nicholaas het 4 van sy 6 wedstryde gewen en ‘n bronsmedalje gekry. Jacobus het 3 uit die 6 gewen. Graeme het 3 uit die 6 gewen.

15 Maart 2017

NUUS • NEWS

Wes-Kaap Atletiek: Zoë Tobi- Tweekamp: Hierdie sewe atlete van Hugenote Hoërskool is in die Bolandtweeas: 3de plek verspring (PB), Anje Grobbelaar: 4de plek Hoogspring – 1.36m, Matthew Levens: 5de plek vir 200m en 100m. Baie geluk aan Zoë Tobias wat Wes-Kaap klere verower het.

kampspan opgeneem wat aan SA’s in die Paarl gaan deelneem op 8 April. By die Bolandkampioenskappe het SW Malan (Bolandkampioen) 'n goue medalje gewen, Nina Freilingsdorf 'n bronsmedalje en Emma Crous 'n bronsmedalje. Lozaan van Schalkwyk, Martin Minaar, Aldert Mouton en Jana Retief het ook aan die Bolandkampioenskappe deelgeneem en is ook lede van die span wat aan die SA-kampioenskappe gaan deelneem. Promosie

Hotel vir dekade al 'n juweel in die strate van Gouda

Hierdie hotel is ‘n juweel tussen die wynlande van die Boland. Met soveel geskiedenis wat met jou praat as jy die kroeg binnestap. Jare en jare se memorabilia wat teen die mure hang, ‘n moet om te sien. Jou mond sal oophang. Mens hoor so baie staaltjies van die ouer garde wat vertel hoe hulle as kinders hier buite moes speel, terwyl pa en oupa bietjie die dors moes les in die kroeg. Met die groot veiling-krale net hier om die draai, was dit die halfwegstop. So baie ou hotelle het ‘n stille dood gesterf en B&B het oorgeneem, maar hierdie een word nog al die jare bedryf en wissel net van eienaars. Op 1 Maart 2007 was dit toe weer die geval toe Johan en Maurene van der Walt dit gekoop het. Hulle het op daardie stadium vir 11 jaar op Franskraal/Gansbaai gewoon, waar hulle ook ‘n paar besighede, asook ‘n restaurant, besit het. Hulle altwee het in hulle jonger jare op Wellington skoolgegaan en gewoon. Hulle is in 1979 in die Paarl getroud en het drie seuns. Hulle het besef dat die koop van hierdie hotel vir hulle ‘n groot uitdaging sou wees. Die hotel was ook baie bekend vir sy danse

Johan en Maurene van der Walt oor naweke. So het hierdie danse tot ‘n einde gekom in 1979. Maurene sê dit was juis die danssaal wat haar na die hotel aangetrek het, aangesien sy sing en liedjieskryf en sy ‘n voorliefde vir musiek en dekor het. Dit is dan ook hier waar die Gouda-liedjie “Houda Gouda ek’s nouda” ontstaan het. Dit was al die jare die slagspreuk onder die boere en rugbymanne wat die hotel besoek het. Sy het net besluit dat sy dit moes vaspen op papier. Die danse is toe weer begin, maar vyf jaar gelede het sy besluit dat sy ‘n teater wil hê. Almal het natuurlik vir haar gelag en vandag sluk hulle swaar want die “Upstairs”-teater is baie gewild onder die kunstenaars en teatergangers. Die teater sit nou vir Gouda op die “map” sê Maurene met ‘n breë glimlag. Dis haar trots. Hul nuwe projek met die naam “Lentegeur” is nou ook amper klaar. Hulle werk al sedert verlede jaar September daaraan. Hulle het die huis direk agter die hotel gekoop en is besig om dit te restoureer. Sy beoog om ‘n winkel in die een gedeelte van die huis te open met mooi meubels en baie "ooh la la-goed". Daar was etlike jare gelede ‘n fietswinkel in die huis. Hulle is dit eens dat niks hiervan moontlik sou wees sonder hulle lojale kliënte se ondersteuning nie, en wil hulle almal hartlik bedank vir die afgelope 10 jaar.


NUUS • NEWS

Dagboek • Calender

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington-rugbyklub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Ons eerste oefening is 5 Januarie 2017 vanaf 19:30 by Wellington-rugbyklub reg langs die Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United-rugbyklub Hillcrest United-rugbyklub se voorseisoen is sterk aan die gang op Dinsdae, Woensdae en Donderdae te Pelikaan Park-Wellington vanaf 19:00. Die bestuur en afrigter nooi dus alle spelers wat nog wil deel word om spoedig aan te kom sluit. Vir meer inligting kontak die klub-sekretaris: Jovan-ré Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com Evita se Perron 28 April: Evita se Perron presents an evening of contentporary Folk music with Jenny and the Jameses. Tickets are R100 and the show starts at 20:00 For bookings call 022 492 3930 or bookings@ evita.co.za EJ's Sportpub & Grill 6 May: EJ's Sportpub & Grill presents Jay with Christo Lotz and Wicus Le Roux. Entrance fee is R100 from 17h00. Shows from 14:00 to 18:00; 18:00 to 21:00 and at 21:00 2x45 min. Tickets

Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519

Geklassifiseerd • Smalls

available at the door Enquiries contact : 021 872 8965 Hugenote Hoërskool 8-11 Mei: Die Hugenote Hoërskool bring eersdaags die storie van "Sound of Music" op die planke. Kaartjies is vanaf 6 Maart beskikbaar by die skool. 8-10 Mei se kaartjies is R90 vir volwassenes en R60 vir kinders. 11 Mei is die Gala-aand. R200 per persoon en dit sluit n 3-gang ete in. EJ's Sportpub & Grill 27 May: EJ's Sportpub & Grill presents Theuns Jordaan with Wynand Windpomp. Entrance fee is R100 from 17h00. Shows from 15:00 to 17:00; 19:00 to 21:00 and at 21:00 2x45 min. Tickets available at the door Enquiries contact : 021 872 8965 Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 8 Junie: Silwerkruin bied aan 'n Lizz Meiring vertoning by die Hugenote Laerskool Saal om 19:00 Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Wellington Huismark 3-6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met lewendige musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart fasiliteite beskikbaar Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel ontbyt om 10:00 by Wellington Noordkerksaal Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin bied aan hul Gholfdag by die Wellington Gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040

Kerke • Churches

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.

7

15 Maart 2017

NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.

NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.

GELUKWENSING CONGRATULATIONS TRISTAN WITBOOI - 19 Maart. Baie geluk Ouboeta met jou 15de verjaardag. Lekker verjaar. Liefde - Mammie, Timo, Zenobia en Keagan #4095 ----Baie geluk my kleinseun met jou geboortedag. Waardeer jou veral al die lekker kos wat jy maak. Liefde - Mamma, Oupa & Nicky #4096 ----Geluk met jou verjaarsdag. Mag jou daggie geseënd en vol vreugde wees. Klomp liefde - Jou niggie, Leona #4097 --------------------------------HERMAN SEPTEMBER 13 Maart - My liefste, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag jou lewe geseënd wees. Lief vir jou - Vroulief #4098 -------Geluk met die geboortedag. Mag daar nog vele jare wees. Baie liefde - Leona #4099 -----Baie geluk met Oupa se verjaardag. Voorspoedige en geseënde nuwe lewensjaar. Liefde - Chrizaan, Timo en kinders #4100 --------------------------------GESIENA BARENDS - 13 Maart - Liefste Siena, geluk met jou geboortedag. Mag jy altyd geseënd wees. Lekker verjaar suster. Liefde - Sarah en Herman #4101 --------------------------------JOLENE KAROLUS - 19 Maart. Baie geluk met jou 36ste verjaardag. Lekker verjaar - Familie en kinders #4102 --------------------------------BRADLEY PIETERSEN - 17 Maart. Geluk met jou verjaardag. Jy is ons vreugde en trots - Mammie, Mamma en Ashley

#4103

--Baie geluk met jou tweede verjaardag. Ons is baie lief vir jou en lekker verjaar. Liefde Nanna, uncle Herman en Nicky #4104 ----Geluk met jou verjaars-dag. Mag Jesus jou nog vele jare spaar. Klomp liefde - Leona #4105 ---Geluk met Tannie se peetkind se verjaardag. Baie liefde - Tannie Chrizaan, oom Timo, Tristan, Keagan en Noby #4106 --------------------------------MAUREEN CUPIDO - 17 Maart. Baie geluk met u verjaardag. Ons gebed is God se seën op u lewe. Baie liefde - AGS Wesbank, Moeders #4107 --------------------------------Kyk wie verjaar 13 Maart - Geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy geniet dit - Jou bestie Fredeline, Chyrtavia & Ardenay #4108 ----Baie geluk met jou 40ste verjaardag op 13 Maart 2017. Hoop jy het jou dag geniet. "Naughty 40's". Van: Janine & familie #4109 --------------------------------CHESNA ADAMS - 16 Maart. Geluk my meisiekind met jou verjaarsdag. Ek hoop jy geniet dit. Baie lief vir jou - Ma & gesin #4110 --------------------------------JAYNIQUE SURETHA DAMON - 14 Maart. Amptelik is jy 18 jaar oud. Baie geluk met jou verjaarsdag. Baie liefies vir jou - Damon en Arendse gesin #4111 --------------------------------JURGEN WESLEY DAMON - sewe op 16 Maart. Geluk my groot seun. Mammie baie liefies vir jou. Alles wat mooi is engel - Mammie, Ouma

en Nanna #4112 --------------------------------CAYLESS - Baie geluk Ma se blom. Mag jy lekker verjaar - Ouma, Oupa, Ouley en Corna #4113 ----Baie geluk Ouma se klein koning. Lekker verjaar - Ouma Alouma, Corna, Ouley, Ma, Boeta, Sussie, Uncle TC en Oupa AJ #4114 --------------------------------Geluk aan 'n Ma, Ouma en Grootouma met haar verjaarsdag op 15 Maart. Baie lief vir jou. Van: u dogter, kleinkinders en agter-kleinkind #4178 ------------------------------Gelukkige verjaarsdag VIONA – 16 Maart God se rykste seën Liefde : Kaap Agri Scanning #4179 --------------------------ENID LEANDER - 16 Maart. Hemelse Vader dankie vir nog 'n jaar by haar lewe. U liefde dra haar. My rolmodel. Liefde - Fien en familie #4115 --------------------------------CHARL RINKWEST - 17 Maart. Geluk met verjaarsdag. Die Here seën jou. Alles wat mooi is op jou lewenspad. Van: Cupido familie #4116 --------------------------------Raai wie word ses? 19 Maart - Geluk Ma se engelkind. Mag God jou ryklik seën en die pad vorentoe - Mammie, Daddy, Haygen en Howard #4117 --------------------------------Raai wie is Een? op 15 Maart - CLEMENIQUE. Veels geluk met jou eerste verjaarsdag. Mamma en Pappa is baie lief vir jou. #4118 THERESA NOEL - 'n Mooi 50 wens ons vir Mammie toe. Ons kan nie vir 'n beter ma gevra het nie - Kinders,

kleinkinders en onse pa #4119 ----Jy is nie net 'n skoonsus, maar ons suster. Ons wens jou alles wat mooi is toe - Liefde - Noel susters en kinders #4120 ----"Happy Birthday" Ouma - Van: Triesa, Develine en Benethe #4121 ----Grandma Theresa. Happy 50th Birthday – 18 March. May God Bless and Keep you. Love you - Timma and Family #4180 --------------------------------KAYLA BESTER - 15 Maart. Sweet 16!!!! Geseënde dag. Ons is baie lief vir jou. Lekker verjaar Mamma, Pappa en gesin #4122 --------------------------------Mnr Snel - Baie geluk met jou verjaardag. Ons is baie lief vir jou. Van: Metric, Lou-Anna en kinders #4123 ----Dit is 'n voorreg om jou te ken. Alle voorspoed en lekker verjaar - Noel familie #4124


8

courant

dié

15 Maart 2017

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

15 Maar t 2017

Trap in alternatief vir Kaapse-fi tstoer Die 2017 Kaapstad Fietstoer is nou wel afgestel weens die onveilige omstandighede, maar dit is egter nie nodig om toe te laat dat al jou harde oefening verlore gaan nie. Daar is ‘n oplossing vir jou. Neem op Sondag 19 Maart aan die WACT Ride (Week After Cycle Tour) van 102km op Malmesbury deel. Indien jy vir die Kaapstadfietstoer ingeskryf het, kry jy R50 afslag op die WACT-inskrywingsfooi. Alles van logistiek, medaljes, mediese bystand en ligte maaltye is in plek om die ervaring so goedkoop en gerieflik moontlik vir jou te maak. ‘n Warm dag van 30 grade namiddag word voor-

spel met ‘n ligte suid-suidoostewind van vier m/s vanaf 08:00-14:00. Aanlyninskrywings is tot 22:00 op 16 Maart beskikbaar. Laat inskrywings en ‘n addisionele fooi is by die Malmesbury Skougronde betaalbaar. Die fietstoer van 102km trek op Malmesbury weg en sluit Hermon, Wellington en Voorpaardeberg in. Aanlyninskrywings beloop R200 vir fietsryers wat reeds vir die Kaapstad-fietstoer ingeskryf het en R250 vir die wat nie het nie. Laat-inskrywings van R350 is op die dag betaalbaar. Vir enige navrae, kan ‘n e-pos aan Rozanne@pedalpower. org.za gestuur word.

Sentraal-Bolandkrieket:

Laerskool Hugo Rust se krieket het hierdie seisoen van krag tot krag gegaan. Daar is altesaam twaalf seuns opgeneem in onderskeidelik die o.11, o.12 en o.13 Boland Sentraal-krieketspanne. Marco Steyn is ook aangewys as die o.12-span se kaptein.

Groot reünie vir rugby-legendes Dit was Saterdag die laaste voorbereidingsvergadering vir die groot Saru Sacos-reünie wat op 1 April op Wellington gaan plaasvind. Talle ou bekende rugbyspelers het opgedaag om in die reëlings van hierdie groot gebeurtenis te deel. Volgens Jerry Seale, voormalige heelagter en een van die organiseerders van die reünie, was Saterdag se bymekaarkoms en vergadering amper ‘n mini-reünie in eie reg. “Die teenwoordigheid van Peter de Villiers, gewese Springbok afrigter, en die verering van vier oud-Saru Sacos legendes uit die jare 1966 tot en met 2017 was tydens ons vergadering van die hoogtepunte wat bespreek is. Die Legends het eenparig besluit dat ons vier oud-spelers uit die jare 60 moet vereer as ‘Sir’ – amper soos in die Britse monargie,” sê hy. Volgens Seale is daar nog 438 lewende spelers uit die jare ‘50 en ’60 wat destyds vir Saru en op provinsiale vlak gespeel het. “Daar is nog net vier geïdentifiseer wat in daardie jare nasionale rugby gespeel het en nog leef. Hulle het in drie agtereenvolgende toetse teen die SA Bantoes regoor die land gespeel,” vertel hy. Seale vertel dat dit ‘n belewenis was om Saterdag die destydse spelers van die WP-Plat-

teland en Boland te ontmoet. Hulle sal almal by die reëlings vir die reünie betrokke wees. “De Villiers, Lloyd Louw van Griekwas en Charles Kleinbooi van die Oostelike Provinsie is sommer staande toegejuig. Sedick Croombe, joernalis van die destydse Harold koerant, het ‘n hartroerende boodskap oor die nalatenskap van bruin en swart rugbyspelers in ons land gelewer. Hy het o.a. gesê dat dit ‘n jammerte is dat apartheid ons moes verdeel. Die bruin en swart mense was altyd vurig oor die sport en ons was al die jare daar vir rugby en die mense. Hy het ook gesê dat ons nou juis die plattelandse spanne moet ondersteun, omdat dit dit mense is wat rugby laat leef – soos wat ons ook destyds gedoen het,” sê Jerry. Hulle is ook baie opgewonde oor ‘n anonieme borg wat tot die reëlings van die reünie toegetree het. “Nou kan ons voluit gaan met die reëlings. Ons is baie opgewonde aangesien al 22 destydse provinsies en streke hul opwagting vanaf 31 Maart tot 2 April by die reünie op Wellington sal maak,” sê Jerry. Die publiek word uitgenooi om deel te hê aan hierdie heuglike gebeurtenis wat gaan plaasvind. Enige navrae kan gerig word aan Jerry Seale by 082 955 2407 of Naaim Davids by 084 208 8812.

Hugenote:

Die rugby-, netbal- en hokkiespanne van die Hugenote Hoërskool het Saterdag teen die spanne van Tygerberg te staan gekom. Janu Gouws van die o.15Arugbyspan is bo sterk op pad na die doellyn. Hulle het Tygerberg met 25-15 geklop.

Links: Jana Malan van die o.15A-netbalspan mik na die doelring.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
411 dié courant Wellington by DieCourant - Issuu