Skip to main content

411 dié courant Swartland en Bergrivier

Page 1

c urant

dié

1 Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

15 Maart 2017

29.1%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 411

15 Maart 2017

Hope pret by kermis

Die Laerskool Swartland op Malmesbury het die naweek hul jaarlikse kermis op die skool se sportgronde aangebied. Die leerders, ouers en vriende kon hier saamkuier, kamp, fiets y en van oortollige energie ontslae raak in die pretdraf. Bo geniet Johané Steyn en Nina Janse van Rensburg een van die vele ritte, terwyl Marais Turck, CJ van Aarde, Phoebe Parsons en Inus Groenewald sake in die pretstap uitsweet.

•WET GELD OOK VIR JOU EN SOSIALE MEDIA

Vrye sê nie onbeperk As jy nie bereid is om jou stelling saam met jou naam en ‘n foto op ‘n reuse advertensiebord langs die snelweg te plaas nie, moenie dit op Facebook skryf nie. Só sê Emma Sadleir, regskenner op die gebied van sosiale media, met verwysing na ‘n geval waar ‘n persoon ‘n lasterklag gelê het teen ‘n ander oor ‘n rassistiese inskrywing op Facebook. Volgens Sadleir is vryheid van spraak op die internet nie onbeperk nie. Dié vryheid “eindig waar dit inbreuk maak op die grondwetlike regte van ander. "Dit sluit ook haatspraak, laster en kopiereg in. "Dieselfde wette wat op die media en joernaliste van toepassing is, geld ook vir persone wat

Oes lewer goeie kwaliteit

inskrywings op sosiale media maak,” voeg sy by. Dr. George Claassen, mediareg-kenner en oud-dosent in joernalistiek, sê die Penny Sparrow-saak, wat voortgespruit het uit ‘n rassistiese inskrywing op Facebook, is 'n sterk rigtinggewer in dié verband. Dit behoort deur sosiale media-gebruikers as 'n riglyn te dien ten opsigte van lasterlike uitlatings of opinies op sosiale media. Claassen sê verder dat jy nie private inligting oor iemand of ‘n private foto van iemand, sonder sy toestemming, op sosiale media mag plaas nie. Hy voeg by dat wanneer ‘n foto of ‘n grafiese element op sosiale media geplaas word, dit nie beteken dat daardie plasing dan aan die hele kuberruim behoort nie.

HSS spog met Boland se bestes

"Kopiereg bly by die persoon. "Dit lê by die skepper van die betrokke werk, of dit nou gemerk is of nie." Hy voeg by dat sosiale media na regte nie vir adverteringsdoeleindes gebruik mag word nie. "Die skeppers van Facebook verkoop self advertensieruimte, nes enige ander publikasie." Wêreldwyd beland al hoe meer mense in die moeilikheid by hul werkgewers oor dit wat hulle op webwerwe soos Facebook kwytraak, het Liza van Wyk, 'n kenner op die gebied van inligtingstegnologie en die gepaardgaande reg, gesê. "Lasterlike uitlatings, soos dat jou baas dom of jou kollega ’n idioot is, is nie minder ernstig as jy dit op ’n medium soos ’n webwerf kwytraak nie," sê sy.

Rugby: Spanne weeg mekaar op

NUUS • NEWS


2

•O.19 TWEEKAMPKAMPIOENE

HSS spog nou met Boland se beste Die Hoërskool Swartland op Malmesbury spog vanjaar met albei die o.19 Boland-tweekampkampioene. Micke Smit en Braam Esterhuizen is onlangs albei onderskeidelik as die Boland se tweekampkampioene vir meisies o.19 en seuns o.19 gekroon. Smit en Esterhuizen neem op 8 April aan die Suid-Afrikaanse tweekampkampioenskappe in die Paarl deel. Dit sal Smit se sewende keer wees, nádat sy al vir ‘n agtereenvolgende ses jaar as die Boland Tweekampkampioen in haar ouderdomsgroep gekroon is. Sy het die hardloop-item by vanjaar se Boland-kampioenskappe binne 3 minute en 34 sekondes afgelê en die 100m swem-item binne 106 sekondes voltooi. Sy het in graad 5 aan tweekampbyeenkomste begin deelneem. “Van my vriendinne het aan tweekamp-byeekomste deelgeneem. Ek het op daardie stadium gehardloop en geswem, toe wil ek dit ook probeer," voeg sy by. Sy het al deelname aan driekamp oorweeg, maar sê daar is net nie genoeg tyd om daarvoor te oefen nie. Smit oefen vyf keer per week. Albei sy en Esterhuizen word deur haar oom, Johan Harmse in die hardloop-items afgerig. Sy swem al vir jare by Swartland Swemskool. Hoewel sy uitsien na vanjaar se SA-kampioenskappe, bieg sy en sê die kompetisie was nog altyd baie streng gewees. Vir nou beplan sy om beslis volgende jaar met tweekamp aan te gaan. Smit sal eendag graag aan die African X-kampioenskappe deelneem. Afgesien van dié sport, speel sy ook netbal en is ‘n kranige atleet. Esterhuizen het op sy beurt aanvanklik in graad 4 as laerskoolleerling op Hopefield aan tweekamp-byeenkomste begin deelneem. Met sy aankoms by Hoërskool Swartland in graad 8, het hy sy deelname aan dié sportsoort gestaak. Esterhuizen het weer in 2016 aktief begin oefen en deelgeneem aan byeekomste. Soveel so dat hy as die o.19 tweekamp-kampioen vir seuns by vanjaar se Boland tweekamp-kampsioenkappe in die Paarl uitgeblink het. Sy tyd in die 100m swem-item was 102 sekondes, terwyl hy die 2km hardloop-item binne 6 minute en 52 sekondes kafgedraf het. “Ek het nie so goed geswem nie, maar my tyd in die hardloop het darem daarvoor opgemaak. Esterhuizen beskryf homself as ‘n hoogs kompete-

NUUS • NEWS

15 Maart 2017

rende persoon en sê dat dit deels die rede is hoekom hy dié sport met sy strawwe kompetisie so geniet. “Dit is anders en wissel af van ‘n gewone atletiek-item,” vertel hy. Hy is deur sy laerskoolafrigters aan dié sport blootgestel en het nog nie driekamp oorweeg nie. Hy gaan volgende jaar sportwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Vir nou lê sy laaste skooljaar nog voor. Esterhuizen is ook onlangs vir dié skool se o.19A-seunshokkiespan gekies. Esterhuizen verwag dat die kompetisie by vanjaar se SA-tweekampkamioenskappe wat op 8 April in die Paarl plaasvind, moeilik gaan wees. Dit sal ook sy heel eerste SA-kampioenskap wees. Hy oefen baie hard en is positief oor dié byeenkoms. Sy oefening sluit ‘n gym sessie elke oggend van die week in. Hy hardloop sowat twee tot vyf kilometer vier keer per week en swem drie keer per week. Volgens Esterhuizen sal hy eendag nog die Ystermankompetisie wil aanpak, net om te sê hy het dit gedoen. Hy wil ook nog eendag aan ‘n hindernis byeenkoms, genaamd Spartan in die VSA wil deelneem.

Verskeie skoolhoofde se poste vakant Altesaam ses laer- en hoërskole in die Swartland het tans vakante poste vir ‘n skoolhoof beskikbaar. Dit sluit Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury, Wesbank Sekondêr, die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg en Laerskool Riebeek-Kasteel in, waar die poste al vir ‘n geruime tyd deur waarnemende skoolhoofde gevul word. Matthew Mouton van Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg het sowat twee weke gelede as waarnemende hoof by dié skool ingetree, terwyl St. Thomas Primêr ook sonder ‘n skoolhoof is, nádat voormalige skoolhoof Micheal de Kock vandeesmaand die skool verlaat het en Sharon Swiegers hier as waarnemende skoolhoof dien. Lindsay Jansen, direkteur van werwing en seleksie by die Wes-Kaapse onderwysdepartment, verduidelik dat ‘n persoon vir ses weke in ‘n waarnemende posisie aangestel moet word voor vergoeding hiervoor ontvang kan word. Dit gee die department genoeg tyd om die vakante pos te vul. Volgens hom is dit die ideaal om verkieslik die proses

vir ‘n vakante pos aan die rol te sit, voor ‘n waarnemende persoon of skoolhoof, soos in dié geval, nodig sou wees. In die geval waar die pos nie vinnig genoeg gevul kan word nie, kan die kontrak vir ‘n waarnemende posisie tot ‘n maksimum van 12 maande verleng word. “Wanneer daar nie ‘n aanstelling in die tydperk gemaak is nie, kan ‘n nuwe kontrak van 12 maande aangebied word of die betrokke distrikskantoor kan die waarnemende posisie tussen kandidate roteer. Die waarnemende posisie kan slegs tot ‘n maksimum van 12 maande gevul word,” voeg hy by. Hy sê daar kan baie redes wees hoekom die poste moontlik nie gevul kan word nie. “Daar is moontlik nie ‘n geskikte kandidaat vir die pos nie, daar kan vertragings in die aanstellingsproses wees of daar kan selfs ondersoeke hangend wees.” John Stewe tree al vir byna ‘n jaar as waarnemende hoof by Schoonspruit Sekondêr op, terwyl Hendrik Klaase ook ‘n geruime tyd by Wesbank Sekondêr waarnemend is.

Die Malmesbury Sakekamer hou op 30 Maart op die Malmesbury-gholfbaan 'n gholfdag ten bate van Jo Dolphin-sorgsentrum op dié dorp. Die formaat van die dag is 'n vierbal-beterbal en beloop R1000 per span van vier. Skakel Elaine Walker by 022 487 1919 om jou inskrywing te verseker, of om as 'n bof-borg betrokke te raak. By gisteraand se lede-vergadering wat in die Voortrekkersaal gehou is, het Sunet de Jong, kommandoleier van die plaaslike

Voortrekker-tak, hul planne vir die komende jaar voorgehou. Deel hiervan is om 'n naambord vir Malmesbury, soortgelyk aan die bekende baken van Hollywood, Amerika, staan te maak en te onderhou. "Ons het hiervoor die sakegemeenskap se hulp nodig, en doen 'n beroep op julle om ons hand hier te vat en dit 'n realiteit te maak," het sy gesê. Skoolhoof Kallie Rautenbach van die Laerskool Swartland op Malmesbury het ook dié skool se suksesse voorgehou.

Sakekamer hou gholfdag vir Jo Dolphin


NUUS • NEWS

Rocco op die klawers:

Die pianis Rocco de Villiers het Saterdag op Riebeek-Kasteel by Die Bruid, Die Pixie en die Vaalhond-teater, opgetree en die gehoor weggevoer met sy talente en laat skaterlag met sy kwinkslae. Links is hy saam met Erik Venter, Melindi Charle en hul dogter Pixie.

•ONDERGEMIDDELDE VOLUME

Oesjaar geken aan hoë kwaliteit Met parstyd wat einde se kant toe staan, blyk dit dat die oes vanjaar grootliks as onder gemiddeld, maar met uitstekende kwaliteit, beskryf kan word. “Oesgroottes in die Paarl/Wellington- en Swartland-areas is vanjaar weer onder gemiddeld, maar tog ‘n bietjie beter as die 2016-oesjaar.” Só vertel Hanno van Schalkwyk, wingerdkundige van Vinpro in die Swartland, Paarl en Wellington. “Soos almal weet, het die voortslepende droogte vir die afgelope twee jaar ‘n groot impak op oeste gehad.” Volgens Van Schalkwyk was Januarie se relatiewe koeler klimaat en lae nagtemperature veral goed vir kwaliteit en kleurvorming in rooi kultivars. “Die oes het dus rustig begin, maar in Februarie taamlik spoed begin optel. Wat die kwaliteit betref, is die druiwe baie gesond, kleurintens in die rooiwyn en die klein korrels gee konsentrasie aan die wyn.”

3

15 Maart 2017

Hy voeg by dat hoewel 2017 se oesjaar ‘n kleiner oes is, dit ‘n uitnemende kwaliteit potensiaal opgelewer het. Volgens Claude Uren, wingerdkundige by Leeuwenkuil, is die sappe van wit en rooi kultivars baie goed, ongeag die droogte. Hy is dit eens dat die koeler nagte ‘n groot bydraende faktor tot die kwaliteit van vanjaar se oes was. Hy voeg by dat hulle betyds kon klaar pars, ongeag die hitte. Wat oesskattings betref, het oesgroottes vanaf 2016 tussen 7% en 8% toegeneem. “Dit is nog glad nie by ‘n normale oesjaar nie,” voeg Uren by. Alecia Boshoff, wynmaker by die Riebeek-Kelder, sê hulle behoort hierdie week klaar te oes. Volgens haar is hulle ietwat onder hul oesskattings, maar dat sommige blokke, soos die Shiraz, opgemaak het daarvoor. “Die kwaliteit van die wyne lyk ook baie goed, veral wat die kleur van die rooiwyn en die vrugtesmaak van die witwyn betref.”

WACT bied alternatief vir Kaapstad-fi tsren

Die 2017 Kaapstad Fietstoer is nou wel afgestel weens die onveilige omstandighede, maar dit is egter nie nodig om toe te laat dat al jou harde oefening verlore gaan nie. Daar is ‘n oplossing vir jou. Neem op Sondag 19 Maart aan die WACT Ride (Week After Cycle Tour) van 102km op Malmesbury deel. Indien jy vir die Kaapstadfietstoer ingeskryf het, kry jy R50 afslag op die WACT-inskrywingsfooi. Alles van logistiek, medaljes, mediese bystand en ligte maaltye is in plek om die ervaring so goedkoop en gerieflik moontlik vir jou te maak. ‘n Warm dag van 30 grade namiddag

word voorspel met ‘n ligte suid-suidoostewind van vier m/s vanaf 08:00-14:00. Aanlyninskrywings is tot 22:00 op 16 Maart beskikbaar. Laat inskrywings en ‘n addisionele fooi is by die Malmesbury Skougronde betaalbaar. Die fietstoer van 102km trek op Malmesbury weg en sluit Hermon, Wellington en Voorpaardeberg in. Aanlyninskrywings beloop R200 vir fietsryers wat reeds vir die Kaapstad-fietstoer ingeskryf het en R250 vir die wat nie het nie. Laat-inskrywings van R350 is op die dag betaalbaar. Vir enige navrae, kan ‘n e-pos aan Rozanne@pedalpower. org.za gestuur word.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

15 Maart 2017

courant

dié

4

Vryheid en verantwoordelikheid

Met vryheid kom daar 'n groot skoot verantwoordelikheid. Die regte wat ons almal vandag het en so maklik as vanselfsprekend aanvaar, was tot onlangs nie vir almal beskore nie. Juis daarom moet ons soveel meer verantwoordelik daarmee omgaan. Almal het regte, dieselfde regte. Almal het vryheid van spraak. Onthou net dat met die vryheid wat jy het om jou opinie te lig, net so het 'n ander persoon die reg om nie belaster te word nie, om nie geviktimiseer te word deur jou woorde wat jy so vrylik kan gebruik nie. Om 'n wag voor jou mond te plaas is iets wat ons almal so 'n bietjie beter kan toepas. Om 'n wag oor jou hand te plaas voor jy op 'n openbare platvorm woorde tik wat jy later nie kan terugtrek nie, is net so belangrik. As dit eers swart op wit is, is dit daar. In die oopte, vir almal om te sien. Wees verantwoordelik met jou woorde. Ook met dit wat jy op sosiale media plaas of deel. Daar is niks wat 'n fotograaf of kunstenaar meer grief as wanneer sy werk gedeel word, sonder die nodige erkenning nie. Dit neem 'n oomblik om 'n knoppie te druk, maar dit het die outeur baie meer tyd en energie geneem om dit wat jy so maklik deel, te ontwerp. Skyrwers, fotograwe, kunstenaars deel nie net hul talente met die wêreld as hulle iets skep nie. Hulle deel ook so 'n stukkie van hul menswees en juis daarom is dit vir hulle 'n meesterstuk en lê dit vir hulle baie na aan die hart. Net soos wat jy verantwoordelik moet wees en ander mense se gevoelens in ag moet neem as jy iets kwytraak, is dit ook nodig om verantwoordelik te wees as jy iets deel wat nie joune is nie. Soveel keer gebeur dit dat iets in die openbaar gesê word, dit 'n groot reaksie ontlok en lei tot baie skade, nie net emosioneel nie, maar ook finansieel. Hoeveel keer is dit nie onnodig nie? Sou dit nie makliker gewees het om die probleem in privaatheid uit te sorteer nie? Dan sou jy dalk die antwoorde gekry het waarna jy gesoek het, instede van 'n klomp spekulasie wat steeds in die lug bly hang, sonder dat dit opgelos word. Raak verantwoordelik met jou woorde, jou dade en jou teenwoordigheid op sosiale media. Dit is een en dieselfde mens, mond en tong.

It’s Good News

Die plaaslike wynkring op Malmesbury het verlede week by die Swartland Wynkelder aan die wyne van Zakkie Bester geproe. Die kring, wat al etlike jare bestaan en die streek se wyne proe en leer ken, vergader die eerste Dinsdag van elke maand by die Swartland Wynkelder, en verwelkom nuwe gaste en lede. Verskeie sprekers lewer ook interessante praatjies oor die wyne en die wynbedryf. Gordon Bain is vanjaar se voorsitter en wil vanjaar dit sy taak maak om die kring meer bekend te maak. Ledegeld beloop R300 per paartjie per jaar, of R200 per persoon per jaar. Vir meer inligting, kontak Bain by 079 512 1733.

VLV: Die Malmesbury

VLV-tak het verlede week gasheer gespeel vir ander takke in dieselfde kring in 'n jaarlikse kring-konferensie. Koot Claasen, voorsitter van Malmesbury Agri, en raadslid Maude Goliath (onder-burgemeester van die Swartland Munisipaliteit) was onder die sprekers.

Dr Marc Blackwell sr

Iditarod: a sled dog race & my life race?

It's one of the most unique sporting events in the entire world. It's called the Iditarod, the ultimate sled dog race. Every year, dozens of teams line up for the historic 1,000­mile race from Anchorage to Nome, Alaska. However, it didn't start out as a sporting competition. It began in 1925 when the stakes were much higher than a cash prize. It was the lives of countless children in Nome who had been exposed to the dreaded disease known as diphtheria. The only life-giving serum in Alaska to fight the disease was in faraway Anchorage. It had to get to Nome in the shortest time possible, and it was carried in an amazing relay by one sled dog team after another. In all, it took twenty drivers, some of whom braved mountain ranges, brutal weather, and a merciless gale. But 127 hours after the first team left, the last driver arrived in Nome with his tired dog team and 300,000 units of the life-saving serum.. Originally, that's what the Iditarod was. What was once a life-saving mission has now become just an exciting sports activity. They're still racing on the same course, but they are not racing to save lives anymore, just like many followers of Jesus… like many of our churches…like many parents… like many of our HOMES. Oh, we're racing sure enough, but not to save or protect the spiritual lives of our family members. There's a lot of activity and excitement at home, but so little time for prioritising the Lord - not at home. Maybe you're busy in the Christian race, but you've forgotten the original life­saving purpose of LIFE’S RACE. God wants us to see the real needs of our family and others within our reach. And it is a race, because every day they live without Christ, they move further away from His daily blessings and one step closer to an eternity without Him. But you're there. And you have the “serum” the good news of God’s love and salvation in Jesus Christ. You have nothing more important to do with the rest of your life than to deliver life & hope to your family, friends and neighbours.

Beskerming van natuurlike waterbronne ‘n prioriteit Met die voortgesette droogte wat heers in die Wes-Kaap is dit krities belangrik dat waterbronne beskerm word. Indringerplante bedreig die water-sekuriteit, ekologiese funksionering en het ‘n negatiewe impak op landbou omdat dit die produktiewe gebruik van grond beïnvloed. Die impak van indringerplante op die ekonomie van Suid-Afrika beloop biljoene rande elke jaar en is die grootste bedreiging vir die land se biologiese biodiversiteit. Om die negatiewe impak van indringerplante te verminder het die Weskus Distriksmunisipaliteit in vennootskap met Werk vir Water ‘n projek in die Weskus van stapel gestuur. Hierdie projek, waarby 33 begunstigdes baat vind, fokus op die verwydering van indringerplante wat die area se natuurlike waterbronne bedreig. Die veldwerkers ontvang opleiding om verskeie metodes aan te wend om indringerplantegroei te beheer. Die projek fokus op die verwydering en be-

heer van indringerplante op die oewers van die Bergrivier. Volgens Charles Malherbe, Hoof Omgewingsbestuursbeampte by Weskus Distriksmunisipaliteit, is die projek ‘n reuse sukses. “Die projek maak ‘n positiewe bydrae tot die vermindering van indringerplantegroei, skep werksgeleenthede, verlaag die brandbare materiaal wat bydra tot beter beheer indien daar ‘n brand sou ontstaan en maak ook ‘n belangrike bydrae tot klimaatsverandering in die algemeen” het Malherbe gesê.


NUUS • NEWS

5

15 Maart 2017

Make every RAND count.

PnP Bulk Thick Kameelhout Boerewors

R

Great for sarmies

Sasko Low GI Dumpy Whole Wheat Brown Bread 800g

PnP Bulk Beef Mince

R

69

R

Per kg

12

65

Per kg

Danone NutriDay Low Fat Fruit Yoghurt Assorted 1kg Each

Flora Fat Spread Assorted 1kg Tub Each

R

99

42

99

R

21

99

Excc Exclusive to Smart Shoppers. Purc c Purchase any 3 participating Tige e Brands products and swipe Tiger you yourr Smart Shopper card for auto o automatic entry. See in-store for details.

Competition runs 20 February – 8 May 2017. Standard terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za. E&OE.

PnP Ice Cream Assorted 2 Litre Each

PnP Flavoured Carbonated Soft Drink Assorted 2 Litre Each

Coca-Cola Regular, Lite, Zero or Tab 6 x 330ml Per Pack

Ceres 100% Fruit Juice Blend Assorted 1 Litre Each

R

R

R

R

38

99

11

99

31

99 R

SAVE R25

R

109

WAS R134

BUY ANY 2 FOR

Danone Ultra Mel Custard Assorted 1 Litre

Beacon Chocolate Slab Assorted 80g Each

R

R

42

9

99

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, O Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

99

279

Jameson Triple Distilled Irish Whiskey 750ml

Dinu Collection 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

R

42

99

Shop online at www.picknpay.co.za

PRICES VALID 15 - 19 MARCH 2017 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS1256

Windhoek Draught 12 x 440ml Cans or Non-returnable Bottles Per Pack

17

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Accounts OPEN16 MARCH 2017


6

NUUS • NEWS

15 Maart 2017

Hekkies:

Dèan Smit, oud-leerder van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, het die naweek aan die junior WP-atletiekkampioenskappe deelgeneem. Hy het die 110m hekkies-item vir o.20's in 13,94 sekondes kafgedraf en sy WP-kleure verwerf. Hy sal op 7 en 8 April aan die junior ASA-kampioenskappe in Groenpunt deelneem as 'n lid Die stemme en klanke van kunstenaars het oor die pievan die Bellville- ke van die Perdeberg uitgestyg in vanjaar se musiekaand by Kalmoesfontein. Vanjaar -atletiekklub. se funksie was deels ten bate van Emile van Lill van Malmesbury wat aan MNS ly.

Kalmoesfontein:

Promosie • Promotion

Skaarland Ingenieurswerke vier 32 jaar se diens Skaarland Ingenieurswerke Bk op Moorreesburg vier vanjaar hul 32ste bestaansjaar. Die onderneming is tans besig om ‘n nuwe baadjie aan te trek en kliënte kan eersdaags in die gebou met sy splinternuwe gesig hul sake hanteer. Hou die spasie dop om die splinternuwe voorkoms van dié bekende onderneming te sien. Skaarland Ingenieurswerke Bk is in 1985 gestig en vier vanjaar hul 32ste bestaansjaar. Skaarland het as `n klein vervaardigingsonderneming, die enigste in die Wes-Kaap wat skare self vervaardig en direk aan die boere in die omgewing van die Swartland bemark en verkoop het, begin. Mettertyd het verkope gegroei en is skare deur koöperasies in voorraad gedra. Later is skare in dele van Suid-Afrika versprei en daar is op `n stadium selfs na die VSA uitgevoer. Skaarland streef daarna om `n maatskappy in Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners te wees wat kwaliteit-produkte teen `n mededingende prys lewer. Hulle ondersteun plaaslike maatskappye deur die grootste deel van hul rou materiale hier aan te koop en voer minimaal in. Alle produkte word self deur Skaarland self vervaardig en alle prosesse word ook deur die maatskappy behartig. Dit sluit die rou stuk staal tot die voltooide produk in. Ons strewe daarna

om altyd kwaliteit produkte aan ons kliënte te verskaf. Skaarland het drie jaar gelede ook ons eie depot in Bloemfontein oopgemaak en versprei skare aan boere en besighede in die Vrystaat en omliggende gebiede. Skaarland het aanvanklik vir kliënte met sweis- en draaibankwerk gehelp, nádat die maatskappy aanvanklik begin is om fabrieke se onderhoud te doen. Vandag is die ingenieurswerke `n gevestigde vleuel van Skaarland, waaruit daar ook ‘n dienssentrum gespruit het. Die ingenieurswerke lewer verskillende tipes sweiswerke, waar baie tipes landboutoerusting vervaardig en herstel word, asook draai- en masjien werk. Hulle lewer ook 'n profielsnydiens met gas of plasma, waarmee verskillende diktes plaat en vorms gesny kan word. Die dienssentrum het uit ‘n behoefte vir

groter verskeidenheid standaard staalprofiele ontstaan. Plaat-metaalwerk is ook deur die kliënte verlang. Vandag sluit die dienssentrum `n groot verskeidenheid staalafdelings in, wat staal, vlekvrye staal en aluminium plate insluit. Hulle voorsien ook hidrolise pype en verwante produkte. By Skaarland glo hulle daaraan om hul kliënte gelukkig te hou deur `n goeie diens te lewer en alles in hul vermoë te doen om hulle tevrede te stel. “Die onmoontlike doen ons elke dag, wonderwerke vat so `n bietjie langer,” voeg besturende lid, Johann van der Merwe by. Die geheim van Skaarland se sukses, is die kennis in die maatskappy en om saam met die landbousektor aan te pas by nuwe tendense in die mark. Kontak hulle gerus of maak `n draai en kom kyk na hul reeks grondslyt-onderdele en staal in voorraad.


NUUS • NEWS

15 Maart 2017

Wes-Kaap: Hierdie groep atlete van die Hoërskool Swartland is in die Wes-Kaapspan opgeneem wat eersdaags in Durban aan die SA-kampioenskappe gaan deelneem. Agter is Louis de Jager, Cara Bester, Inge von Wielligh, Kara Jordaan en Sam Walters. Voor sit Dillon Oppelt, Jayden Jacobus en Tiaano Walters.

Tennis:

Reinhardt Erwee (o.19) en Ané de Waal (o.15) van Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg is gekies vir die Boland-tennisspanne. Onder: MJ van Zyl (O.15) en Reinhardt Erwee (O.19) van Hoërskool Dirkie Uys is in die Boland Plattelandspan en hulle twee het onlangs al hul tenniswedstryde teen SWD op George gewen.

Kultuur:

Wesbank Sekondêr op Malmesbury het Vrydagaand hul skool se jaarlikse kultuuraand gehou. Hier het die leerders verskillende kulture uitgebeeld en ook in sang en voordrag uitgeblink. Foto: David Howburg

7


8

15 Maart 2017

NUUS • NEWS

Pad word later herseël

Swem: Hierdie swemmers van die Christelike Privaatskool op Malmesbury het die afge-

lope seisoen hulle slag bewys. Saam het hulle agt eerste plekke behaal, waarvan Nicky Lategan drie eerste plekke ingepalm het.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap SOC Bpk (SANRAL) het op 8 September 2016 deur middel van ‘n tenderproses Q-Civils (Edms) Bpk aangestel vir die herseël van die Piekenierskloofpas op die N7, Seksie 3, tussen die voet van die pas en die Citrusdal-interseksie oor ‘n afstand van sowat 10km. Die projek behels die herstel van die bestaande pad-oppervlak gevolg deur ‘n herseël van die volle lengte van die pad. Die konstruksietydperk vir die werk was ses maande. Kort na hulle met die werk begin het, het Q-Civils (Edms) Bpk egter tegniese en finansiële probleme ondervind wat gelei het tot ‘n vertraging van die projek. Om redes buite SANRAL se beheer en na intensiewe pogings om die kontrakteur te help om sy verpligtinge na te kom, is Q-Civils ongelukkig op 9 Desember 2016 onder sakeredding geplaas. Ná ‘n ondersoek van die sake van die maatskappy is tot die slotsom gekom dat daar geen

redelike kans is vir die maatskappy om gered te word nie. Dit het gelei tot ‘n hofaansoek om die sakereddingspoging te beëindig en te verander na ‘n likwidasie-aansoek. Gegrond op voorgenoemde was SANRAL verplig om die kontrak met Q-Civils te beëindig want die maatskappy was nie in staat om sy kontraktuele verpligtings na te kom nie. Alle uitstaande geld vir werk wat gedoen is, asook materiaal en arbeid tot die datum van die beëindiging van die kontrak, is aan Q-Civils uitbetaal. Aangesien die huidige stand van sake by Q-Civils nie direk met SANRAL verband hou nie, moet enige navrae van krediteure aan Q-Civils gerig word. “SANRAL staan simpatiek teenoor plaaslike ondernemings en werkers wat werksgeleenthede weens die situasie verloor het en sal poog om ‘n nuwe kontrakteur teen Oktober vanjaar deur ‘n mededingende tenderproses aan te stel ten einde die werk te voltooi” het Kobus van der Walt SANRAL Wes Streek Bestuurder gesê. Promosie

Hotel vir dekade al 'n juweel in die strate van Gouda

Hierdie hotel is ‘n juweel tussen die wynlande van die Boland. Met soveel geskiedenis wat met jou praat as jy die kroeg binnestap. Jare en jare se memorabilia wat teen die mure hang, ‘n moet om te sien. Jou mond sal oophang. Mens hoor so baie staaltjies van die ouer garde wat vertel hoe hulle as kinders hier buite moes speel, terwyl pa en oupa bietjie die dors moes les in die kroeg. Met die groot veiling-krale net hier om die draai, was dit die halfwegstop. So baie ou hotelle het ‘n stille dood gesterf en B&B het oorgeneem, maar hierdie een word nog al die jare bedryf en wissel net van eienaars. Op 1 Maart 2007 was dit toe weer die geval toe Johan en Maurene van der Walt dit gekoop het. Hulle het op daardie stadium vir 11 jaar op Franskraal/Gansbaai gewoon, waar hulle ook ‘n paar besighede, asook ‘n restaurant, besit het. Hulle altwee het in hulle jonger jare op Wellington skoolgegaan en gewoon. Hulle is in 1979 in die Paarl getroud en het drie seuns. Hulle het besef dat die koop van hierdie hotel vir hulle ‘n groot uitdaging sou wees. Die hotel was ook baie bekend vir sy danse

Johan en Maurene van der Walt oor naweke. So het hierdie danse tot ‘n einde gekom in 1979. Maurene sê dit was juis die danssaal wat haar na die hotel aangetrek het, aangesien sy sing en liedjieskryf en sy ‘n voorliefde vir musiek en dekor het. Dit is dan ook hier waar die Gouda-liedjie “Houda Gouda ek’s nouda” ontstaan het. Dit was al die jare die slagspreuk onder die boere en rugbymanne wat die hotel besoek het. Sy het net besluit dat sy dit moes vaspen op papier. Die danse is toe weer begin, maar vyf jaar gelede het sy besluit dat sy ‘n teater wil hê. Almal het natuurlik vir haar gelag en vandag sluk hulle swaar want die “Upstairs”-teater is baie gewild onder die kunstenaars en teatergangers. Die teater sit nou vir Gouda op die “map” sê Maurene met ‘n breë glimlag. Dis haar trots. Hul nuwe projek met die naam “Lentegeur” is nou ook amper klaar. Hulle werk al sedert verlede jaar September daaraan. Hulle het die huis direk agter die hotel gekoop en is besig om dit te restoureer. Sy beoog om ‘n winkel in die een gedeelte van die huis te open met mooi meubels en baie "ooh la la-goed". Daar was etlike jare gelede ‘n fietswinkel in die huis. Hulle is dit eens dat niks hiervan moontlik sou wees sonder hulle lojale kliënte se ondersteuning nie, en wil hulle almal hartlik bedank vir die afgelope 10 jaar.


NUUS • NEWS

Dagboek • Calender

Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Contact: Billy at 0731476758 or Kallie 0799665956 Langs die Bos-mark Langs die Bos-mark elke Saterdag vanaf 09:00 tot 13:00. Vir verdere navrae kontak Marelize by 072 052 6280 Malmesbury Toutrek Klub Dinsdae en Donderdae by CPM Gronde vanaf 18:00 tot 19:00. Almal word verwelkom om te kom deel neem - oud en jonk, man of vrou Vir enige navrae kontak Rentia van den Berg by 060 508 5144 Malmesbury Netbalklub 14 & 16 Maart: Netbal-proewe vir die klub is om 18:00 by die Laerskool se netbalbane. Almal is welkom van alle ouderdomme Navrae kontak Zanelle Nortje by 076 721 1725 Die Ark, Hooggeleë Koringberg 15 Maart: Die Ark by Hooggeleë, Koringberg bied aan Sarina Briedenhann om 19:00 ten bate van die personeel van Tygerberg se kinderkankerafdeling. Kostes beloop R100 per persoon. Besprekings en navrae by Bregda 083 597 0091

15 Maart 2017

passasier. Navrae kontak Nadine by 022 492 2665/492 2534 of groeneweide1@gmail.com !Khwattu 18-21 March: Come have a Boma Braai Lunch at !Khwattu For enquiries please contact 022 492 2998 CAD (Christelike Afhanklikheidsdiens) 20 Maart: Ons gebruiklike CAD byeenkoms is tussen 19:00 en 20:00 by die Vriend van God (AGS Corpus Christi) Navrae : Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Netbalklub 23 Maart: Die Malmesbury Netbalklub hou hul algemene jaarvergadering by Laerskool Swartland se netbalbane om 18:00. Almal is welkom Verdere inligting skakel Christine van Heerden by 083 337 8645 of e-pos cvanheerden555@gmail.com Diabetes Inligtingsessie 23 Maart – ‘n Informatiewe diabetes inligtingsessie word gratis by die Malmesbury Biblioteeksaal om 16:00 aangebied. Alle diabetes welkom. Die sessie word deur dr. Mo Ebrahim aangebied. Kontak 022 482 1131 met enige navrae.

Darling Kollege 17 Maart: Kom deel in Darling Kollege se opedag om 08:30 tot 10:00 vir Graad RR - Graad 7. Inligtingsessie om 09:00 in die skoolsaal. Vir navrae kontak 022 492 3007 / principal@darlingcollege.org.za

The Voice Of God, Malmesbury 25 Maart: The Voice of God hou 'n sportdag by die Illingeletu sportgronde met verskeie aktiwiteite soos springkastele, speletjies en vele meer. Verrigtinge begin om 09:00 tot 16:00. Hekgelde beloop R5 vir 12 jaar en ouer en as u 'n groep van 20 is betaal u slegs R60. Navrae kontak Leraar L Williams by 072 861 2442 / 073 156 5396

Porterville Toerisme 17 Maart: Die Porterville Toerisme hou 'n Sterreaand by die Porterville Gholfbaan om 19:30. Kostes beloop R50 vir volwassenes en R20 vir skoliere. Ligte verversings beskikbaar. Beperkte plek is beskikbaar. Bespreek by Porterville Toerisme teen 13 Maart by 022 931 3732 / info@portervilletourism.co.za

Valley Christian Fellowship 26 March: Come and join in a special service with Pastor Vernon Seconds at the St Thomas School Hall at 09:00. The theme of this service is "Jesus can turn your negative into positive" For any enquiries please contact Cedric van der Westhuizen at 072 540 6785

Malmesbury Aglow 18 March: Malmesbury Aglow is meeting at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Malmesbury. Meeting at 15:00. Everyone is very welcome. Enquiries - Elaine Walker at 072 590 6636

Malmesbury Netbalklub 28 & 30 Maart: Die Malmesbury Netbalklub hou proewe by Laerskool Swartland se netbalbane om 18:00. Almal is welkom

The Darling Trust 18-19 March: The Darling Trust invites you to a special screening of Nobody's died laughing - A journey with Pieter-Dirk Uys. R20 minimum donation at the door. Enquiries at 022 492 3920. / bookings@evita.co.za

Moorreesburg 28 Maart: Die breë gemeenskap van Moorreesburg word uitgenooi na ‘n Gemeenskapsvergadering (Imbizo) om 19:00 by die Rosenhof Gemeenskapsaal. By die geleentheid sal verkiesing gehou word om die GPF vakante poste te vul. Alle organisasies, kerke word aangemoedig om genomineerdes se vorms binne 7 dae by Moorreesburg polisiestasie in te handig. Vorms beskikbaar by Sersant Visagie.

Huis Groeneweide Darling 18 Maart: Huis Groeneweide op Darling hou 4x4 pretrit vanaf Windhoek tot Swartbergvlei. Inskrywing by plaashek vanaf 12:30. Vertrektyd om 13:00. Die inskrywingsfooi beloop R200 per voertuig en R50 per

Vir verdere navrae kan GPF Voorsitter Ds Prins gekontak word by 084 2450623.

Vriend van God (AGS Corpus Christi) 19 Maart: Sondag-oggenddiens om 09:30 met die prediker past Jerome Samuels. Sondag-aanddiens om 18:30 is Gesinsdiens (movie aand) Navrae: 073 447 2902 / 022 487 2200

Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168

AGS Wesbank Sondag-erediens 09:30, kinderbediening 09:30, biduur Woensdae 19:30 by die kerk, Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178

Shofar Sondagoggenddiens om 9:30 en De Waal Esterhuizen preek. Sondagaand diens word gelei deur Danie Nell by ons engelse diens om 17:30 by Voortrekkerweg 48, Malmesbury Navrae: 022 482 4640.

Kerke • Churches

Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Chris Botha 072 692 7995 / 022 482 3623 Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am

Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury Diens op 19 Maart om 09:30 by die Mount Royal se konferensiefasiliteit Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.

9


10

NUUS • NEWS

15 Maart 2017

Vierde plek vir rolbal

Malmesbury se mansrolbalspan kan hulle koppe hoog hou na ‘n baie suksesvolle seisoen deur die vierde plek te behaal in die tweede-liga van die WP Vlag-kompetisie. Saterdag was die Strand hulle nemesis deur hulle op hulle tuisveld met 11-4 en 78-52 skote te klop en daardeur net te bevestig dat die twee topspanne in die tweede liga beslis in ‘n “ander” liga is. Die teleurstellendste aspek was die drag slae wat Roux Vermeulen, Altus Myburgh, André Halvorsen (wat moes in staan vir Kobus Marais) en Stuart Halvorsen in die 1ste stel op die lyf geloop het. 4-24 is in enige taal skokkend, maar meer skokkend was die basiese foute wat gemaak was en voor hulle hul kom kry loop hulle 0-13 agter. In hulle tweede stel bied hulle meer weerstand en verloor 4-13. In die tweede stel speel Hennie Botha skitterend en bereik weer die peil wat van hom jare terug ‘n top-speler gemaak het. Die feit dat hy die afgelope tyd as skipper moes diens doen het beslis sy selfvertroue ‘n hupstoot gegee. Daniël Griebenauw, Peter Hall, Pieter Willemse en Matie van Heerden vaar die beste, alhoewel hulle ook die eerste stel 9-13 verloor. In die tweede kombineer hulle beter, met Daniël wat kop en skouers uitstaan en die opponente moedeloos laat met skitter spel, en palm die stel in 16-5, en wen die wedstryd 25-18, om sodoende drie van Malmesbury se vier punte te kry. Nou gaan alle oë op Daniël wees wat vanaf 4-7 April in Bloemfontein die WP o.30 span in die nasionale kampioenskappe gaan verteenwoordig as derde. Soos hy tans speel, kan sy opponente maar solank begin wakker lê. Die spelers gaan nou fokus op die enkelspelen vierspel klubkampioenskappe, wat altyd opwindende uitslae lewer. - Dr. Roux Vermeulen

Tweekamp: Kailen

Kotze (bo) en Chloe Lottering en Mariaan Malan (onder) is in die Boland-tweekampspan Aiden Cupido, Celina Joseph, Jani Steyn en Eri- opgeneem. Kailen het 'n né Lategan van die Laerskool Swartland op Malmesbury is goue medalje in die seuns o.11-afdeling gewen. in die Boland tennisspanne opgeneem.

Tennis:

Atletiek: Zailen Julies, Jani Steyn, Chloe Lottering, Kristen van der Ross en Christiaan

Bester is in die Boland-atletiekspan opgeneem. Al vyf die atlete is ook in die Wes-Kaapspan opgeneem.

Krieket:

Dié krieketspelers van die Laerskool Swartland is in die onderskeie Wes-Boland krieketspanne opgeneem: o.11 - Roux Meyer, Cobus Steyn en Jordan Solomons; o.12 - Carlo van der Merwe, Daniel Oosthuizen en Sagren Papier; o.13 - AW Steyn, Erwin Meyer, Lochner Basson, Lincoln Swarts en Reagan Elliot (afwesig).


NUUS • NEWS DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Huur van kinderpartytjiedekor, springkastele, waterglybane. Druk van versiersuiker-papier (schweet sheets). Kontak 078 544 2038/elsa@ abcpartytjies.co.za #3463 --------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 --------------------------------TE KOOP FOR SALE Urgently selling a wendy house - 3m x 9m at R6 000,00. Call 078 295 2432 (Malmesbury) #4094 ----Visvingers R48/kg; Viskoekies R48/kg; Krummelvis R40 per pak; Stokvis Fillets + Porsies R60/kg; Groot Snoek vanaf R80-R110 elk. Skakel 022 487 3265 /084 250 2460 #3905 --------------------------------GELUKWENSING CONGRATULATIONS

TRISTAN WITBOOI - 19 Maart. Baie geluk Ouboeta met jou 15de verjaardag. Lekker verjaar. Liefde Mammie, Timo, Zenobia en Keagan #4095 ----Baie geluk my kleinseun met jou geboortedag. Waardeer jou veral al die lekker kos wat jy maak. Liefde - Mamma, Oupa & Nicky #4096 ----Geluk met jou verjaarsdag. Mag jou daggie geseënd en vol vreugde wees. Klomp liefde - Jou niggie, Leona #4097 ---------------------------------

HERMAN SEPTEMBER 13 Maart - My liefste, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag jou lewe geseënd wees. Lief vir jou - Vroulief #4098 -------Geluk met die geboortedag. Mag daar nog vele jare wees. Baie liefde - Leona #4099 -----Baie geluk met Oupa se verjaardag. Voorspoedige en geseënde nuwe lewensjaar. Liefde - Chrizaan, Timo en kinders #4100 ---------------------------------

GESIENA BARENDS - 13 Maart - Liefste Siena, geluk met jou geboortedag. Mag jy altyd geseënd wees. Lekker verjaar suster. Liefde - Sarah en Herman #4101 ---------------------------------

JOLENE KAROLUS - 19 Maart. Baie geluk met jou 36ste verjaardag. Lekker verjaar - Familie en kinders #4102 ---------------------------------

Corna, Ouley, Ma, Boeta, Sussie, Uncle TC en Oupa AJ #4114 ---------------------------------

BRADLEY PIETERSEN - 17 Maart. Geluk met jou verjaardag. Jy is ons vreugde en trots Mammie, Mamma en Ashley #4103 --Baie geluk met jou tweede verjaardag. Ons is baie lief vir jou en lekker verjaar. Liefde Nanna, uncle Herman en Nicky #4104 ----Geluk met jou verjaarsdag. Mag Jesus jou nog vele jare spaar. Klomp liefde - Leona #4105 ---Geluk met Tannie se peetkind se verjaardag. Baie liefde - Tannie Chrizaan, oom Timo, Tristan, Keagan en Noby #4106 ---------------------------------

MAUREEN CUPIDO - 17 Maart. Baie geluk met u verjaardag. Ons gebed is God se seën op u lewe. Baie liefde - AGS Wesbank, Moeders #4107 ---------------------------------

Kyk wie verjaar 13 Maart - Geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy geniet dit - Jou bestie Fredeline, Chyrtavia & Ardenay #4108 ----Baie geluk met jou 40ste verjaardag op 13 Maart 2017. Hoop jy het jou dag geniet. "Naughty 40's". Van: Janine & familie #4109 ---------------------------------

CHESNA ADAMS - 16 Maart. Geluk my meisiekind met jou verjaarsdag. Ek hoop jy geniet dit. Baie lief vir jou - Ma & gesin #4110 ---------------------------------

JAYNIQUE SURETHA DAMON - 14 Maart. Amptelik is jy 18 jaar oud. Baie geluk met jou verjaarsdag. Baie liefies vir jou - Damon en Arendse gesin #4111 ---------------------------------

JURGEN WESLEY DAMON - sewe op 16 Maart. Geluk my groot seun. Mammie baie liefies vir jou. Alles wat mooi is engel - Mammie, Ouma en Nanna #4112 ---------------------------------

CAYLESS - Baie geluk Ma se blom. Mag jy lekker verjaar - Ouma, Oupa, Ouley en Corna #4113 ----Baie geluk Ouma se klein koning. Lekker verjaar - Ouma Alouma,

11

15 Maart 2017

Geluk aan 'n Ma, Ouma en Grootouma met haar verjaarsdag op 15 Maart. Baie lief vir jou. Van: u dogter, kleinkinders en agter-kleinkind #4178 -------------------------------

Gelukkige verjaarsdag VIONA – 16 Maart God se rykste seën Liefde : Kaap Agri Scanning #4179 ---------------------------

ENID LEANDER - 16 Maart. Hemelse Vader dankie vir nog 'n jaar by haar lewe. U liefde dra haar. My rolmodel. Liefde - Fien en familie #4115 ---------------------------------

CHARL RINKWEST - 17 Maart. Geluk met verjaarsdag. Die Here seën jou. Alles wat mooi is op jou lewenspad. Van: Cupido familie #4116 ---------------------------------

Raai wie word ses? 19 Maart - Geluk Ma se engelkind. Mag God jou ryklik seën en die pad vorentoe - Mammie, Daddy, Haygen en Howard #4117 ---------------------------------

Raai wie is Een? op 15 Maart - CLEMENIQUE. Veels geluk met jou eerste verjaarsdag. Mamma en Pappa is baie lief vir jou. #4118 ---------------------------------

THERESA NOEL - 'n Mooi 50 wens ons vir Mammie toe. Ons kan nie vir 'n beter ma gevra het nie Kinders, kleinkinders en onse pa #4119 ----Jy is nie net 'n skoonsus, maar ons suster. Ons wens jou alles wat mooi is toe - Liefde - Noel susters en kinders #4120 ----"Happy Birthday" Ouma - Van: Triesa, Develine en Benethe #4121 ----Grandma Theresa. Happy 50th Birthday – 18 March. May God Bless and Keep you. Love you - Timma and Family #4180 ---------------------------------

KAYLA BESTER - 15 Maart. Sweet 16!!!! Geseënde dag. Ons is baie lief vir jou. Lekker verjaar - Mamma, Pappa en gesin #4122 ---------------------------------

Mnr Snel - Baie geluk met jou verjaardag. Ons is baie lief vir jou. Van: Metric, Lou-Anna en kinders #4123 ----Dit is 'n voorreg om jou te ken. Alle voorspoed en lekker verjaar - Noel familie #4124 ---------------------------------

ANOESKA - Gelukkige geboortedag. Geniet jou dag. Van: tannie Wilma en kinders #4125 ---------------------------------

BLAKE - Een jaar oud op 19 Maart. Lekker verjaar Pa se blompot. Baie liefde - Pa, broers en sussies #4126 ---------------------------------

REANTÉ - Op 19 Maart raak ons baba 'n volle drie jaar oud. Lekker verjaar. Van: Pa, Mammie en Nanna #4127 ----Lekker verjaar Noenas. Klomp liefies. Van: Ouma en familie #4128 ----Gelukkige verjaardag ouma se twee woelwaters. Ouma is baie lief vir jule. Lekker verjaar Ouma.Wilma #4129 ---------------------------------

ROGER - op 14 Maart is jou 50ste verjaardag. God se rykste seëninge en baie liefde - Jou vrou, kinders en kleinkinders #4130 ----Daddy is 'n daddy duisend. Lekker verjaar Metric, Lou-ann en kids #4131 ----Gelukkige verjaardag Roger. Van: Wilma en kinders #4132 ---------------------------------

GLEN LOUBSER - 20 Maart. Baie geluk met Pa se 50ste verjaardag. Ons is lief vir Pa - Jou dogters Samantha, Jolin en vier kleinkinders #4133 ---------------------------------

CAYDEN- Baie geluk met jou derde verjaarsdag. Mag daar nog vele wees.

Liefde van Mammie en Chowen #4134 ----Baie geluk. Mag jy 'n jaar vol liefde en vrede hê. Baie liefde van Ouma Stiema en Oupa Jacob #4135 ----Geluk met jou verjaarsdag. Baie liefde van jou Nannie #4136 ---------------------------------

WHITNY - 18 Maart 2017. Baie geluk met jou geboortedag. Liefde - Ma, Hezi, Eugene en Roneeca #4137 ---------------------------------

Baie geluk met jou verjaardag Kaptein Johnson. Hoop jy word lekker bederf - Ma Liz #4138 ----Geluk met Mammie se verjaardag. Liefde - Hano Cheriska en Mia #4139 ---------------------------------

JEANETTE LINKS - Baie geluk met Mammie se geboortedag op 17 Maart. Mag God mammie ryklik seën. Baie liefde - Hilary, Enslin en Links familie #4140 ---Baie geluk aan ons ma, tannie en kollega. Ons is baie lief vir Tannie. Hoorrraahh Van: Swartland Vleis personeel #4141 ---------------------------------

ELIZABETH - Geluk met jou verjaardag. Liefde Jou nig, Elizabeth #4142 ---------------------------------

NAULENE HESSELMAN - 15 Maart. Mag die Here jou ryklik seën. Voorspoed op jou lewensjaar. Liefde Mammie, Nicolene, Sally en klein Aisha #4143 ---------------------------------

Baie geluk CARLTON met jou sewende verjaardag. Mag God jou nog baie jare uitspaar. Liefde Mammie, Qewin, Jossie, Ouma en Oupa #4144 ---------------------------------

DEHAGEN THORICK PRINS - Baie geluk my kinnersman met jou derde verjaardag op 16 Maart. Baie lief vir jou - Van: jou eie Mamma Yvonne #4145 ----Baie geluk my pragtige slimkind met jou verjaardag. My eie bondeltjie vreugde. Liefde - Jou mammie, Zane en huisgesin #4146

----Baie geluk Thorick met verjaarsdag. Van jou tweede gesin. Liefde Levine en huisgesin #4147 ---------------------------------

QUINTON MATTHEWS - 13 Maart. Baie geluk met jou mylpaal. God se rykste seën vir jou lewenspad. Van: Yvonne en huisgesin #4148 ---------------------------------

YVONNE ERASMUS Geluk Mammie met u verjaardag. Mammie is my steunpilaar en die rots, my alles. Liefde - Lorenzo, Levine en huisgesin #4149 ---------------------------------

DELCARDO, DOMINICK & FATHESA - Geluk met julle derde verjaarsdae op 20 Maart. Liefde Ma, Pa en Boeta #4150 ---------------------------------

SOPHIA - Mammie, geluk met jou verjaardag. Mag die Here jou seën. Geniet jou dag - Jou kinders, Rolene, Denzel, Dominique #4151 ----Baie geluk Ouma met jou verjaardag. Mag die Here Ouma seën en nog vele jare spaar - Dosa, Natham, Limoh, Nashwill, Donay #4152 ---Baie geluk met jou verjaarsdag. Lekker verjaar - Glenda en Pellie #4153 ----Sophia, geluk met jou verjaardag op 14 Maart. Mag die Here jou seën op jou lewenspad - Eben, Anna en kinders #4154 --------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

THOM MARTHINUS - 12 Maart was dit jou derde verjaarsdag in die hemel. Ons mis jou elke dag - Jou vrou, seuns, skoondogters en kleinkinders #4155 ---------------------------------

JAY-OLIN LEUKES - 13 Maart. Dit voel soos gister, maar ons weet jy is veilig in die hemel. Ons mis jou elke dag. Liefde - Ouma, Oupa, Lilian, Gaylin en Rico - Leukes gesin #4093 ----Ons mis jou elke dag. Sal jou altyd lief hê en aan jou dink - Odendaal familie en Allesandro #4156 ----Ons verlange is groot, maar die herinneringe troos ons altyd en gee ons versekering dat jy by God is - Van Harte familie #4157 ----Een jaar weg van ons. Die verlange so groot,

maar ons weet jy is veilig en sonder pyn. Liefde - Mammie & Carstens familie #4158 ----Rest in peace my love. Will cherish your memories - Margot & Jaymar #4159 ---Vandag dink ons met hartseer en verlange na jou. Rus in vrede - LeeAnn, Francois & kinders; Aljarreau, Megan en kinders #4160 ---------------------------------

LLEWELLEN CUPIDO - 19 Maart. Een jaar van ons geskei. Veilig by die Here. Mis jou baie. Van: Mamma Florence en Cupido familie #4161 --------------------------------LILLY LESCH - 14 Maart, u eerste verjaarsdag wat u in die koninkryk vier. Gun u die rus. Baie liefde Karen & familie #4162 ---------------------------------

GERALD (Pietertjie) TITUS - 16 March. Days will pass and turn into years, but I will forever remember you with silent tears. Forever in my heart - Ma, Shaun & Niaan #4163 ---------------------------------

RODWIN HENDRICKS 15 Maart 2017 - Reeds 'n jaar weg van ons en steeds voel dit soos gister. Verlang jou elke dag. Liefde Mammie, Sussie & Roanick #4164 ----Rodwin ons verlang nog elke dag maar jy leef voort in ons harte. Hendricks en Prins familie #4165 ----Vandag n jaar gelede is jy weg Hemel toe. Jy sal altyd in my herinneringe wees - Eugene #4166 ----Rus in vrede Rodwin sal jou onhou vir di pragte seun wat jy was. Liefde Antie Lizy #4167 ----Vandag is dit presies een jaar wat jy so wreed van ons weggeneem is. Sal altyd onthou word - Line & gesin #4168 ----Dit is alreeds een jaar wat jy so wreed weggeneem is. Rus sag neef - Marelize & gesin #4169 ---Alreeds een jaar wat jy verhuis het na 'n beter plek. Sal altyd in ons harte bly - Cathy & Caithlin #4170 ---Vandag, een jaar gelede het jy verhuis na jou ewige tuiste. Jy is vir altyd in ons harte - Stine & gesin #4171 ----Vandag is jy 'n jaar van ons af, maar dit voel soos gister. R.I.V - Katrina, Andre en kinders - Rastafaria #4172 ----Rottie, vandag is jy een jaar weg. Berus ons in jou mooi nagedagtenis Gail en Colo #4173 ---------------------------------

DENISE PLAATJIES - 17 Maart 2016. Jou eerste jaar weg van ons. Liefde - Dino, Dappit en Dina September #4174

--------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY

VEGOTINE (TIENIE) LATEGAN - 20.10.1961 tot 11.03.2017 Troosdiens - Woensdag, 15 Maart om 19h00, Calvyn Protestante kerk, Proteasirkel. Begrafnis: Saterdag 18 Maart. Besigtiging om 9h30 in Calvyn Protestante kerk en diens begin om 10h00 #4175 ----RIV Daddy, ons "superhero" het geval. Veilig in God se arms, Altyd in ons harte. Wanie, Sheena, Merltine en Lineve & kleinkiners #4176 ---------------------------------

JAKOB ADONIS - 30.09.1943 tot 03.03.2017. Troosdiens op Woensdag, 15 Maart by Dennehoutstraat om 19:00 en Begrafnisdiens op Saterdag, 18 Maart om 08:00 te Dennehoutstraat, Kalbaskraal en Kerkdiens om 09:00 - Pinkster Kerk van God #4177 ---------------------------------


12

courant

dié

15 Maart 2017

SWARTLAND SPORT

Tel: 022 487 3221

Damon maak geskiedenis

15 Maar t 2017

In Saterdag se kragmeting tussen die spanne van Wesbank-rugbyklub en Abbotsdale, het Wesbank koning gekraai en met 23-12 gewen. Foto: David Howburg

Spanne weeg goed op in eerste rondte Duwayne Damon is die trots van Laurie Hugo ná hy 'n nuwe rekord in die verspring-item by die Wes-Kaap atletiekkampioenskappe losgespring het. Foto: Ghida Visser Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg spog breë bors nádat ‘n graad 6-leerder van dié skool vir die eerste keer in byna 31 jaar ‘n rekord by vanjaar se Wes-Kaapse atletiekkampioenskappe losgespring en huistoe gebring het. Duwayne Damon (12), het die afgelope Saterdag ‘n rekord met ‘n afstand van 5.19m in die verspring-item ingepalm. Die gehoorsame, hardwerkende en saggeaarde leerling, soos hy deur onderwysers beskryf word, se talente is vanjaar vir die eerste keer by die skool se interkleure atletiekbyeenkoms raakgesien. Damon het vanjaar by Laurie Hugo aangesluit, nadat hy sy laerskoolloopbaan by Kleinkarringsmelkvlei buite Moorreesburg afgeskop het, vertel sy onderwyser Lucardo September. Damon vertrek op 22 Maart saam met die Wes-Kaapse atletiekspan na Potchefstroom om aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe vanaf 24 tot 25 Maart deel te neem. Die waarnemende skoolhoof, Matthew Mouton, en sportafrigter, Sean Engelbrecht, samel tans geld in om die geleentheid moontlik te maak. Hulle benodig sowat R2600 wat verblyf, vervoer en sy uitrusting insluit. Bydraes soos toiletware word ook ingesamel. Volgens September is die stil leerder glad nie gewoond aan mense wat na hom toe stap en gelukwens nie. “Hy is maar nog net ‘n kind en weet nie lekker hoe om die roem te hanteer nie,” vertel hy. Indien daar enigiemand is wat ‘n bydrae wil maak, kan die skool by 022 433 1408 gebel word.

NUUS • NEWS

Die eerste rondte is verby en dit blyk dat spanne hierdie jaar goed teen mekaar sal opweeg. Met geen bonuspunt-oorwinnings in die eerste ronde, is daar maar min wat die spanne skei in die Groot Uitdaag Swartwes-afdeling. Wesbank het Saterdag hul liga-seisoen goed afgeskop met 'n tuis-oorwinning oor Abbotsdale. Abbotsdale het die wedstryd voorlangs gedomineer met sy sterk pak voorspelers. Wesbank het met sy jong en talentvolle agterspelers die septer geswaai en die gapings goed aangeval. Hulle is beloon met twee prag-drieë. Met die jong spelers van Wesbank wat reeds hul hand opsteek met puik spel, gaan Wesbank se afrigters nog kopkrap wanneer hul senior spelers terugkeer sonder beserings. Die komende naweek sal 'n ware toets wees vir Wesbank wanneer hulle na Vredenburg reis. Hulle spog self met agterspelers wat op enige dag sirkels om enige agterlyn kan hardloop. Die betrokke wedstryd behoort voorlangs baie fisies te wees en Wesbank sal dus voorlangs hard moet werk om seker te maak hul agterlyn kry die nodige spasie om hul staal te toon. Vredenburg het Saterdag vasgeval teen Velddrif na 'n goeie voorseisoen. Hul sal dus vinnig hul spankeuses en strategie agtermekaar moet kry. Wesbank behoort kop te hou en behoort sy tweede oorwinning te behaal met meer as tien punte. Never Despair speel Saterdag gasheer vir 'n Velddrif-span met hope selfvertroue, na hulle Vredenburg in hul eerste liga-wedstryd afgeslag het. Never Despair het slae gevat in hul eerste ligawedstryd teen St Helenabaai - wat altyd moeilik is om op sy tuisveld te klop. Never Despair is baie onvoorspelbaar op sy tuisgrond en behoort dus 'n nuwe uitdaging te wees vir die vissermanne van Velddrif. Dit blyk dat Velddrif hierdie jaar die buiteperd gaan wees in die wedloop om die Swartwes-beker, met sy sterk pak voorspelers wat Saterdag vir Vredenburg heeltemal uit die wedstryd gespeel het. Never Despair sal dus moet

seker maak indien hy enigsins met 'n oorwinning van die veld wil stap, dat hy Velddrif voorlangs moet stuit. Veldrif behoort net-net te sterk te wees vir Never Despair en behoort hierdie wedstryd te wen met minder as tien punte. Abbotsdale, wie Saterdag nie een enkele drie kon druk teen Wesbank nie, se taak raak hierdie week nog moeiliker, wanneer hy besoek ontvang van verlede jaar se kampioenspan van Saldanha wie ook Saterdag erg gesukkel het om Darling te klop in die Baai. Lillies beskik hierdie jaar oor 'n paar sterk baldraers en dus sal die stryd tussen die losvoorspelers 'n maaltyd wees vir rugbyliefhebbers. Saldanha is wel bekend vir sy baldra-spesialiste en ook sy goeie spel by die afbreekpunte. Abbotsdale sal moet seker maak hy weeg goed op voorlangs. Abbotsdale is beslis 'n span om hierdie jaar dop te hou en daar word reeds wyd bespiegel dat daar heelwat haakplekke in die Saldanha-span is, wat Abbotsdale sal wil uitbuit. Abbotsdale sal op sy tuisveld hul skare wil vergoed vir hulle lojaliteit, deur verantwoordelik te wees vir die skok van die naweek en Saldanha te klop met minder as tien punte. Mamre reis Saterdag na St Helenabaai vir sy eerste wedstryd van die liga-seisoen, ná hy in die eerste ronde 'n blaaskans geniet het. Mamre is baie onvoorspelbaar en behoort goeie kompetisie vir die manne van die Baai te wees. St Helenabaai het egter oor die jare gewys dat hulle geen genade toon vir besoekende spanne nie en dit is weinig dat 'n span met 'n oorwinning terugkeer vanaf St Helenabaai. Hierdie Saterdag behoort 'n berg te groot te wees vir Mamre en St Helenabaai behoort hierdie wedstryd gemaklik met meer as vyftien punte te wen. Darling geniet hierdie Saterdag 'n welverdiende blaaskans na 'n goeie vertoning teen Saldanha Saterdag, in n wedstryd wat hulle verdien het om te wen. - Abri Adonis

Sportuitslae Sports results MALMESBURY GHOLFKLUB Vrydag Sundowner, 10 Maart- Enkel Stableford Danie Malan 23, Neels Welman 22, Freek Stander 21, George Prinsloo 20, Michael Julies 20; Saterdag, 11 Maart- Enkel Stableford Natie Smith 41, Andre Ackerman 41, Philette de Jager 39, Ewald Liedeman 38, Wynand van Niekerk 38, Aldrin Soudien 38, Roscoe Liedeman 37, Diedre Venter 37 2017 Nedbank Malmesbury Open- Sondag, 12 Maart : 36 Putjies houespel Karl Ochse 134, Erhard Lambrechts 140, Dandre Spies 142, Luan Boshoff 145, Ferdi van der Merwe 145, Nic Goosen 145, Joubert Spies 145 Groot Uitdaag-uitslae WitSentraal : Delicious 29-42 Hillcrest Newtons 73-33 Hamlet; Bella Vista 32-22 Tulbagh; Roses 66-21 Wolseley SwartWeskus : Saldanha 24-15 Darling; Veldrif 14-8 Vredenburg ; St Helena 23-8 Never Despair; Wesbank 23-12 Abbotsdale TENNIS Malmesbury Mans A gelykop teen Maties A Wedstryde 3 elk 6 stelle elk Braam Isaacs v Danie Wium 1/6 ; 3/6 David Isaacs v Jandre Lessing 1/6 ; 5/7 James Howard k Henry Thiersen 6/2; 6/3 Jarryd Howard k Stef van Heerden 6/0 ;6/1 Braam Isaacs & David Isaacs v Danid Wium 7 Jandre Lessing 5/7 ;1/6 James Howard & Jarryd Howard k Hendrie Thiersen & Stef van Heerden 6/3 ; 6/0 Malmesbury Mans B verloor teen Country Club. 3 wedstryde teen 2. 6 stelle teen 7. Kristoff Isaacs v Paul Coetzer 0/6 ; 6/3 ; 6/10 Sarel Steyn v John Seymour 3/6 ; 5/7 Dirk Lategan & Gerald Howard k Angelo Hotarek & Gerald Painter 6/2 ; 5/7 ; 10/4 Kristoff Isaacs & Sarel Steyn k Angelo Hotarek & Gerald Painter 6/3 ; 6/3 Dirk Lategan & Gerald Howard v Paul Coetzer & John Seymour 6/2 ; 5/7 ;6/10 Malmesbury Mans C wen Durbanville . 3 wedstryde teen 2. 7 Stelle teen 5. John Turner v Marius Nothnagel 3/6 ; 1/6 Irvan Turner k Warren Pienaar 6/2 ; 6/1 Alec Viljoen & Johan Burger k Inus Greef & Charl van Schalkwyk 6/3 ; 3/6 ; 10/6 John Turner & Irvan Turner k Inus Greef & Charl van Schalkwyk 6/0 ; 7/6 Alec Viljoen & Johan Burger v Marius Nothnagel & Warren Pienaar 6/4 ; 4/6 ; 6/10 Dames A wen Strand 4 wedstryde teen 1. 8 stelle teen 2. Dames B wen Brackenfell. 5 wedstryde teen 0 . 10 stelle teen 0


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
411 dié courant Swartland en Bergrivier by DieCourant - Issuu