courant
1 Wellington
dié
8 Maart 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 410
8 Maart 2017
•SKOOL DIEN LEERDERS AFGELOPE 110 JAAR
St. Albans kry saal •Jaomi Zeeman
Blackies hou basaar Hugenote Hoërskool het Saterdag basaar gehou. Gaste het reeds van vroegdag af aan die lekker eetgoed, braaigeregte en ander versnaperinge weggelê. Die teetuin het vir lafenis en smullekker soetgoed gesorg, terwyl die verskeidenheid stalletjies met geskenke, interessante tweedehandse vondste, vleis, vars produkte en plante talle winskopies aan besoekers gebied het. Alle aktiwiteite was met die geur van potjiekos omgewe, terwyl die onderskeie klasse hul staal in die potjiekoskompetisie probeer wys het. Die skyfskiet en spookhuis was groot gunstelinge onder die kinders en die gebruiklike kruiwa-resies het vir groot opwinding gesorg.
St. Albans Primêr, wat reeds vir 110 jaar die leerders tussen sy mure opvoed, kan binnekort die steen vir sy eerste skoolsaal lê. Die skoolhoof, personeel en beheerliggaam van St. Albans Primêr is kliphard aan die werk om te help om geld vir ‘n skoolsaal in te samel. Die droom van ‘n eie skoolsaal sal dalk binnekort bewaarheid kan word, te danke aan die insette en samewerking van die Nedebe Foundation. Niel de Beer, uitvoerende direkteur van Nedebe Foundation, en die argitek Mark Kelly van MK Architecture, het Donderdag die skool besoek. By hierdie besoek het hulle met die skoolhoof, mnr. Douman, en die beheerliggaam vergader om die voorgenome bou van ‘n skoolsaal te bespreek. Volgens De Beer het Nedebe Foundation ‘n ooreenkoms met St. Albans Primêr aangegaan waarvolgens hulle rand vir rand dieselfde bedrag wat die skool en beheerliggaam vir die bou van ‘n saal insamel, sal skenk. “Hierdie is 'n geleentheid vir 'n wonderwerk. Ons sien dit as ‘n donasie aan gelykheid en ‘n belegging in menswaardigheid. As ‘n mens ‘n verskil in die land wil sien, moet jy van binne begin,” het De Beer gesê. Volgens hom moet almal die leuse van Suid-Afrika, dat daar eenheid in diversiteit is, probeer uitleef. Dit is wat die Nedebe Foundation wil bevorder in hul ondersteuning en hulp met die bou van ‘n nuwe skoolsaal vir St. Albans. “Die saal moet vir die gemeenskap gebruik word. "Dit moet uiteindelik veel meer as ‘n skoolsaal wees – dit moet ‘n plek van veiligheid, ‘n plek van opleiding, ‘n plek van sorg en ‘n plek van aanbidding binne die breër gemeenskap word,” het De Beer hul oogmerk verduidelik. Hy het die hulp van die argitek, Mark Kelly, vir hierdie projek ingeroep. Hulle het tydens hul besoek aan die skool moontlike planne vir die saal bespreek en die terrein waar dit moontlik gebou gaan word, besigtig. “In ‘n tyd waar baie mense geneig is om bakhand te staan en wag vir wat hulle dink hulle toekom, is dit wonderlik om te sien hoe die skool en gemeenskap inspring en self positiewe bydraes lewer om vooruit te gaan,” het De Beer gesê. Die skool se jaarlikse karnaval vind ook die 17de en 18de Maart plaas en beloof om weer 'n samekoms van die gemeenskap te wees. Lees meer op bladsy 4 hiervan.
NUUS • NEWS