courant
1 Wellington
dié
8 Maart 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 410
8 Maart 2017
•SKOOL DIEN LEERDERS AFGELOPE 110 JAAR
St. Albans kry saal •Jaomi Zeeman
Blackies hou basaar Hugenote Hoërskool het Saterdag basaar gehou. Gaste het reeds van vroegdag af aan die lekker eetgoed, braaigeregte en ander versnaperinge weggelê. Die teetuin het vir lafenis en smullekker soetgoed gesorg, terwyl die verskeidenheid stalletjies met geskenke, interessante tweedehandse vondste, vleis, vars produkte en plante talle winskopies aan besoekers gebied het. Alle aktiwiteite was met die geur van potjiekos omgewe, terwyl die onderskeie klasse hul staal in die potjiekoskompetisie probeer wys het. Die skyfskiet en spookhuis was groot gunstelinge onder die kinders en die gebruiklike kruiwa-resies het vir groot opwinding gesorg.
St. Albans Primêr, wat reeds vir 110 jaar die leerders tussen sy mure opvoed, kan binnekort die steen vir sy eerste skoolsaal lê. Die skoolhoof, personeel en beheerliggaam van St. Albans Primêr is kliphard aan die werk om te help om geld vir ‘n skoolsaal in te samel. Die droom van ‘n eie skoolsaal sal dalk binnekort bewaarheid kan word, te danke aan die insette en samewerking van die Nedebe Foundation. Niel de Beer, uitvoerende direkteur van Nedebe Foundation, en die argitek Mark Kelly van MK Architecture, het Donderdag die skool besoek. By hierdie besoek het hulle met die skoolhoof, mnr. Douman, en die beheerliggaam vergader om die voorgenome bou van ‘n skoolsaal te bespreek. Volgens De Beer het Nedebe Foundation ‘n ooreenkoms met St. Albans Primêr aangegaan waarvolgens hulle rand vir rand dieselfde bedrag wat die skool en beheerliggaam vir die bou van ‘n saal insamel, sal skenk. “Hierdie is 'n geleentheid vir 'n wonderwerk. Ons sien dit as ‘n donasie aan gelykheid en ‘n belegging in menswaardigheid. As ‘n mens ‘n verskil in die land wil sien, moet jy van binne begin,” het De Beer gesê. Volgens hom moet almal die leuse van Suid-Afrika, dat daar eenheid in diversiteit is, probeer uitleef. Dit is wat die Nedebe Foundation wil bevorder in hul ondersteuning en hulp met die bou van ‘n nuwe skoolsaal vir St. Albans. “Die saal moet vir die gemeenskap gebruik word. "Dit moet uiteindelik veel meer as ‘n skoolsaal wees – dit moet ‘n plek van veiligheid, ‘n plek van opleiding, ‘n plek van sorg en ‘n plek van aanbidding binne die breër gemeenskap word,” het De Beer hul oogmerk verduidelik. Hy het die hulp van die argitek, Mark Kelly, vir hierdie projek ingeroep. Hulle het tydens hul besoek aan die skool moontlike planne vir die saal bespreek en die terrein waar dit moontlik gebou gaan word, besigtig. “In ‘n tyd waar baie mense geneig is om bakhand te staan en wag vir wat hulle dink hulle toekom, is dit wonderlik om te sien hoe die skool en gemeenskap inspring en self positiewe bydraes lewer om vooruit te gaan,” het De Beer gesê. Die skool se jaarlikse karnaval vind ook die 17de en 18de Maart plaas en beloof om weer 'n samekoms van die gemeenskap te wees. Lees meer op bladsy 4 hiervan.
NUUS • NEWS
2
8 Maart 2017
NUUS • NEWS
•NUWE KURSUS GELOODS
Kokke kry kans om te kook by sentrum
Eerste saal:
St. Albans Primêr se droom vir 'n skoolsaal kan moontlik binnekort bewaarheid word, deur die hulp van Nebede Foundation. (Sien berig voor). Hier is H. Appollis (opvoeder), D. Ephraim (sekretaresse), A. Arnold (beheerliggaam), M. Douman (skoolhoof), J. Rogers (beheerliggaam), M. Kelly (argitek), C. Kearns en A. Manuel (beheerliggaam).
Wamakersvallei Opleidingsentrum het 'n nuwe kookkurses geloods. Hier is Elsabé Lintveld (sentrumbestuurder), Asanda Sizani, Athalia Maziesa, Lorrain Dapula, Estelle Coetzee (fassiliteerder), Mariohette Jacobs, Nathi Lebajoa, Ernst Zeeman (DGB) en Karen Juries. Een van kursusse wat die Wamakersvallei Opleidingsentrum tans aanbied, kan moontlik aan suksesvolle studente die kans op wonderlike geleenthede bied. Volgens Elsabe Lintveld, sentrumbestuurder, is hulle baie opgewonde oor die Blitskok-kursus wat tans by die Opleidingsentrum aangebied word. “Ons gaan die kursus aan twee groepe van sesmense elk oor ‘n tydperk vanvier weke aanbied. Die kursus behels opleiding in basiese en meer gespesialiseerde kookkuns. Dit behandel ook belangrike aspekte soos kliëntediens en onthaal,” verduidelik sy. Die DGB Charitable Trust is die borg van hierdie kursus. Volgens Ernst Zeeman, DGB se bestuurder van sosiale programme, val inisiatiewe soos hierdie perfek binne die Trust se oogmerke. “Ons fokus onder andere op die bevordering van onderwys en opleiding. Die kursusse wat die Wamakersvallei Opleidingsentrum aanbied, val presies presies binne die raamwerk van wat DGB se Charitable Trust wil doen, nl. om mense te bemagtig deur opleiding. As ons deur hierdie borgskap mense kan help om werk te kry of te skep en sodoende ‘n bydrae tot die opbou van ons samelewing en ekonomie kan maak, het ons in ons doel geslaag,” sê hy.
Die Trust beoog om, na afloop van die kursus, een of twee kandidate wat die kursus suksesvol voltooi het, te identifiseer vir moontlike in-diens-opleiding by DGB se top-restaurant in Franschhoek. “DGB het ‘n uitstekende restaurant met verskeie onthaalfasiliteite met ‘n baie goeie sjef by ons kelder in Franschhoek. Ons gaan kyk of daar, na afloop van die kursus, een of twee studente is wat aan die minimum vereistes voldoen om by hierdie restaurant van ons te kom werk en sodoende kosbare ondervinding onder ‘n ervare sjef op te doen,” verduidelik Ernst. Die Blitskok Kursus word deur die huishoudkundige Estelle Coetzee by die Wamakersvallei Opleidingsentrum aangebied. Sy is baie beïndruk met die studente se hoë peil van vaardigheid en hul positiewe gesindheid en entoesiasme. “Die dames is almal só gemotiveerd en positief oor die kursus. Ek is regtig opgewonde oor hierdie groep,” sê sy. Te danke aan ‘n ruim borgskap en die skep van geleenthede deur Die DGB Charitable Trust en Wamakersvallei Opleidingsentrum, wag daar binnekort groot loopbaangeleenthede vir hierdie studente wat die industrie kan nader met selfvertroue en ‘n kwalifikasie.
NUUS • NEWS
8 Maart 2017
•’WALKING BUS’ HOU SKOLIERE VEILIG OP PAD
Vrywilligers trap diep spore Die groep vrywilligers is by verskeie programme op Wellington betrokke en help graag daar waar 'n behoefte is. Hier is Bettie Cupido, Sara Alexander, Stephanie Baron, Maria Francis, Sara Kamfer, Jacques Francis, Karin Scheepers, Nicolette Francis, Gasant Philander, Lindiwe Kweni, Russel Collins en Florie van Schalkwyk. •Jaomi Zeeman Elke weeksoggend is ‘n groep van 21 vrywilligers besig om skoliere in die Bo-Dal-pad na hul skole te vergesel. Hierdie groep vrywilligers sien nie net toe dat die skoliere veilig by die skool kom nie, maar spring ook in om die gemeenskap te beveilig. Volgens Bettie Cupido, die voorsitter van die groep, het die inisiatief eintlik as ‘n idee van hul buurtwaggroep begin. “Ons buurtwag is op grondvlak by ons gemeenskap betrokke en ken die behoeftes van ons mense die beste. Ons het besef dat daar talle kinders is wat elke dag groot afstande na hul skole moet stap. Hulle stap deur onveilige gebiede en ook langs baie besige paaie,” verduidelik sy. Die identifisering van hierdie probleem het vir Bettie se buurtwaggroep ‘n logiese uitvloeisel gehad: hulle moes ‘n oplossing vind om die behoefte aan te spreek. So het die “Walking bus”-idee in 2016 ontstaan. Dit behels dat die 21 vrywilligers, wat ook buurtwaglede is, elke oggend honderde kinders uit verskeie woongebiede langs die Bo-Dal-pad na hul skole vergesel. “Ons sien elke dag toe dat die kinders nie langs die pad deur ongewensde elemente gepla
word nie en dat hulle veilig by die skool kom. Ons help hulle ook om die pad veilig oor te steek,” sê Bettie. Die vrywilligers is elkeen maklik sigbaar in hul helderkleurige onderbaadjies en kan ook aan hul unieke pette uitgeken word. “Safety is everyone’s responsibility” en “Better together” is die slagspreuke wat op hul uniforms verskyn – iets waarvan hulle definitief ‘n sprekende voorbeeld is. Volgens Bettie is hul amptelike buurtwaggroep, Hillside Neigbourhood Watch, ‘n wonderlike groep vrywilligers wat regtig ‘n verskil in hul gemeenskap probeer maak. Hulle het verbintenisse met die GPF en werk ook nou saam met die SAPD en ander wetstoepassers. Hulle netwerk strek wyd – iets wat hulle in staat stel om ‘n groter impak op die positiewe opbou van hul gemeenskap te maak. “Ons help die kinders twee keer per dag tot by hul skole en weer terug. Dan is ons ook natuurlik betrokke by die beveiliging van ons gemeenskap en patrolleer ons ons strate. "In die middae help ons kinders by die naskool/nasorg-sentrum met huiswerk en ander aktiwiteite. Ons is ook die oë en ore wanneer daar mishandeling in ons gemeenskap geïdentifiseer en aangespreek word. Verder werk ons ook saam met die VPUU, ‘Violence protection
through urban upgrading’,” vertel Bettie. Haar groep vrywilligers het ook ‘n groot rol in die hulpverlening tydens die onlangse brande gespeel. Bettie se groep is voortdurend besig om te kyk waar daar nóg hulp in hul gemeenskap nodig is om die behoeftes van hul mense aan te spreek. Hulle is sowaar soos ‘n uitgebreide spinnerak wat verhoudings en verbintenisse met al die regte strukture opbou en in stand hou, maar terselfdertyd ook kontak met hul eie mense behou. Volgens Bettie het hulle ‘n whatsappgroep waar mense hul hulp enige tyd van die dag of nag kan bekom. Hierdie ongelooflike groep vrywilligers het nog groot planne en drome vir die toekoms. “Ons wil baie graag ‘n sentrale werkstasie, miskien sommer ‘n ‘container’, as ‘n kantoor en bymekaarkomplek vir ons inisiatiewe hê. Verder wil ons onsself laat oplei deur die verkeersdepartement dat ons bemagtig kan word om verkeer te reguleer. "Sodoende kan ons die kinders se veiligheid nog meer verseker wanneer hulle in groepe die pad oorsteek,” vertel Bettie. Intussen doen hulle elke dag ongelooflike, onbaatsugtige en suksesvolle werk in hul gemeenskap – iets wat as ‘n model vir ‘n proaktiewe samelewing kan dien.
Skaterlag met Schalk
3
Skerpsketser Schalk Bezuidenhout saam met Azelle Alberts en Nicole Batt. Die komediant Schalk Bezuidenhout het Wellingtonners Donderdag by die Bôrdienghuis Teater laat skater. Hy het sy nuwe vertoning, “Onder konstruksie”, hier bekendgestel. Schalk, wat bekend is vir sy satiriese “Nuusminuut”, “Die Kliek”, “Hotel” en vele ander verskynings op televisie, is die afgelope tyd ‘n taamlik gereelde besoeker aan ons dorp. Hy het die Bôrdienghuis aan die einde van verlede jaar met sy vertoning, “Lewendig”, besoek, onlangs as seremoniemeester by die plaaslike Mnr. en Mej. Hugenote-kompetisie opgetree en hierdie week weer met sy nuwe vertoning hier kom kuier. Op ‘n vraag oor waarom hy so gereeld in Wellington optree, is sy antwoord eenvoudig: “Dis die lekker mense. Hier is sowaar veel meer as net lekker wyn – die mense is wonderlik.” Volgens Schalk is sy nuwe vertoning, “Onder konstruksie”, in der waarheid régtig nog onder konstruksie. “Ek skaaf nog aan die inhoud en besluit nog wat ek wil hou of miskien liewer wil los. Dit is ook waarom ek nog skelm notas op die verhoog het tydens die show,” verklap hy. In egte Schalk Bezuidenhout-styl laat hy geen steen onaangeraak nie en slag hy elke heilige koei genadeloos af. "Almal in die gehoor was dit eens dat as dít die produk “onder konstruksie” is, die finale resultaat die land behoorlik gaan skud en laat skater.
Dalk iets in die water?
Van die eerste Afrikaanse liedjies oor water het hul oorsprong in die Wellington-omgewing. “Die brug op ons plaas” en “Kinders moenie in die water mors nie” het ‘n sterk Wellingtonse agtergrond. Dit wil blyk asof Wellington se water reeds in die vorige eeu iets spesiaals was – iets wat mense tot groter en fynere dinge aangespoor het, ‘n tipe towerbestanddeel in die totstandkoming van klein volkskatte. As ‘n mens kyk na dinge wat tans in ons dorp aan die gebeur is, lyk dit of hierdie teorie vandag steeds water hou. Nie net kies bekendes en bemindes ons dorp as ‘n plek om hul talente te kom ten toon stel nie, maar dit borrel en bruis ook in ons gemeenskap met positiewe inisiatiewe. Besighede en skole vat hande om nuwe strukture op te rig, mense staan saam en hou basaars en karnavalle om hul instansies in stand te hou en te versterk en inwoners trek self hul moue op om ons natuurerfenis te bewaar. Dit staan soos ‘n paal bo water: Wellingtonners laat nie Gods water oor Gods akker loop nie. Hulle woeker, hulle werk en hulle weet hoe om kop bo water te hou. Ons dorp se mense kyk na mekaar, hulle lei mekaar op, hulle help mekaar se kinders om veilig skool toe te loop en hulle soek mekaar na jare weer op. Ons mense bewaar ons erfenis, hulle skryf boeke in en oor ons taal en hulle vier die pad wat ons tot hier gestap het. Wellington wemel van wonderlike mense. Hier gebeur elke week soveel wonderlik dinge. Dit is die geboorteplek van wonderlike idees en inisiatiewe. Dalk is dit iets in ons water.
It’s Good News
NUUS • NEWS
8 Maart 2017
courant
dié
4
dr. Mark Blackwell Snr
Crying out for help "And call upon me in the day of trouble: I will deliver thee, and thou shalt glorify me" (Psalm 50:15). "HELP!" I'm sure we've all found ourselves in situations where we wanted to cry "Help!" James tells us that we should ask God for wisdom! (James 1:5-8). You might be thinking to yourself, "That seems like a strange thing to ask for when you're neck-deep in trouble and affliction. I think I like the prayer for 'help' just better than “WISDOM”?? Yet wisdom, the God-given insight to see situations from God's perspective, is exactly what we need when we are facing trials. Without God's wisdom, we will not be able to understand these trials or respond to them properly. It is said that Andrew Murray was going through a personal trial and while he was eating breakfast one day a woman called on him, wanting to know if he could give her any advice regarding a trial she was experiencing. She was given a piece of paper on which Andrew Murray had written the following words he had penned for himself: "In time of trouble say, 'First, He brought me here. It is by His will I am in this difficult place; so that I will rest.' Next, 'He will keep me in His love, and give me grace in this trial to behave as His child.' Then, 'He will make the trial a blessing, teaching me the lessons He intends me to learn, and working in me the grace He means to bestow.' Last, 'In His good time He can bring me out again. How and when He knows.’ ~~ When you begin to see things from God's perspective, you will face your trouble with a different attitude.
Coenie en Hemelbesem saam op verhoog by Taalmonument
Die kunstenaars Hemelbesem en Coenie de Villiers is eersdaags by die Taalmonument te sien.
Die kontemporêre musiekfundi Coenie de Villiers en Afrikaans se eie hip-hop ster en rymkletser, HemelBesem, gaan binnekort op een verhoog te sien wees. Alhoewel hierdie onwaarskynlike duo se musiekstyle wêrelde van mekaar verskil, sorg die samekoms van hierdie twee gewilde kunstenaars vir ‘n unieke ervaring en splinternuwe vertoning. Wellingtonners is gelukkig dat dié twee hul nuwe vertoning, “Oor een stem”, binnekort na ons vallei bring. Die Taalmonument bied op Saterdag, 18 Maart ‘n piekniekkonsert aan waar Coenie en HemelBesem se unieke klanke oor die grasperk sal weerklink. Volgens Isabeau Botha, bestuurder van kommunikasie en besoekersdienste by die Taalmonument, is dit nie die eerste keer dat Coenie en HemelBesem kragte saamspan nie. “Dié twee het al vantevore aan verskeie projekte saamgewerk en het groot respek vir mekaar se talent en kuns. ‘Oor een stem’ beloof om die gehoor op ‘n reis te neem
deur hulle (nie so verskillende) lewens, liefdes en passies,” verduidelik sy. Coenie het onlangs sy twintigste album, “Emoji”, uitgegee en HemelBesem is bekend vir sy gewilde teaterproduksie, “Die Afrikaansvatter”. Hy het ook onlangs sy eerste boek, “God praat Afrikaans”, bekendgestel. Nog ‘n kunstenaar wat by hierdie twee op die verhoog sal aansluit, is die rymkletser, YOMA, wat oorspronklik van George af kom. Isabeau sê dat dié konsert deel van die Taalmonument se Tuinteater Piekniekkonsertreeks vorm. “Dit is ten bate van die Afrikaanse Taalmuseum en –monument se ‘Laat ons Lees!-projek vir kinders”, vertel sy. Die vertoning begin om 19:30 in die Tuinteater op die grasperk reg aan die voet van die monument. Die hekke open reeds om 17:00. Besoekers is welkom om hul eie drankies en piekniekmandjie saam te bring of een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800). Volksmond sal oop wees vir koffie, ligte verversings, wyn
en bier. Kaartjies is vooraf by Computicket en by die Taalmonument, asook by die hek, teen R100 vir volwassenes en R50 vir studente en kinders te koop. Stoele word slegs met vooraftoestemming toegelaat. “Dit is altyd ’n goeie idee om komberse, kussings en warm klere saam te bring,” sê Isabeau. Veilige parkering is beskikbaar. Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.
WEN
: Vyf gelukkige lesers kan dié konsert saam met 'n spesiale persoon geniet. Sms die slagwoord COENIE, saam met jou naam en van, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor 10 Maart om 12:00 om in aanmerking vir een van die vyf dubbelkaartjies te kom. VRAAG: Wat is die naam van Coenie de Villiers se 20ste album wat onlangs uirgereik is?
Tonge klap by redenaarskompetisie Hugenote Laerskool het op Woensdag 1 Maart hul jaarlikse, interne redenaarskompetisie by die skool gehou. Die tonge het behoorlike geklap, terwyl die deelnemers die gehoor van hul standpunte probeer oortuig het. Volgens Andriëtte Smit, koördineerder en organiseerder van hierdie geleentheid, is daar baie ure, dae en maande se voorbereiding wat hierdie kompetisie voorafgegaan het. “Die deelnemers het reeds voor die middel van verlede jaar vir redenaars aangemeld. Ons werk sedertdien elke week kliphard aan die skryf en aanbieding van voorbereide en onvoorbereide toesprake. Hierdie kinders het ongelooflik hard gewerk en ek is so trots op hulle,” het sy gesê. Die onderwerpe van die toesprake moes op die ATKV se voorgeskrewe Al die sprekers van die aand saam met Andriëtte Smit en die twee beoordelaars, temas, nl. klik, spieël en krap, geskoei Beanelle Jooste en Sarina Gerber. wees. Elke deelnemer het ‘n voorbereide lewer. Die onvoorbereid tel 70% van die gesê. toespraak gelewer, waarna hul vir die punte. Uiteindelik is daar twee leerders voorbereiding van die onvoorbereide Die ervare ATKV-beoordelaars, Bea- aangewys wat die skool by ‘n komende toesprake verdaag het. In die senutergende onvoorbereide afdeling ontvang nell Jooste en me. Sarina Gerber, was redenaarskompetisie in die Paarl gaan die deelnemers ‘n onderwerp wat hulle beïndruk met die hoë standaard van die verteenwoordig, sowel as vier leerders vir die eerste keer sien, tesame met ‘n sprekers se toesprake. “Ons staan regtig wat na die eerste rondte van die landsverstom oor die kwaliteit van elke liewe wye ATKV-redenaarskompetisie deurpaar bronne daaroor. Hulle moet dan binne ‘n uur ‘n vol- deelnemer se toespraak en hul uitste- dring. Die beste onvoorbereide spreker ledige toespraak daaroor voorberei en kende voorbereiding,” het me. Jooste is ook aangewys.
NUUS • NEWS
8 Maart 2017
5
6
Moedertaal saam met menseregte gevier Wellingtonners kan uitsien na ‘n baie spesiale herdenking, gesprek en boekbekendstelling wat volgende week hier gaan plaasvind. Die Wellington Museum, Breytenbach Sentrum en Afrikaanse Taalmuseum (ATM) vier vanjaar op Saterdag 18 Maart gesamentlik Internasionale Moedertaaldag en Menseregtedag. Internasionale Moedertaaldag word reeds sedert 2008 jaarliks wêreldwyd gedenk om taal- en kulturele diversiteit en veeltaligheid te bevorder – iets wat vandag in die Suid-Afrikaanse konteks baie relevant is. Dr. Abraham de Vries sal, saam met ‘n paneel van vyf Wellingtonners, ‘n gesprek oor taal en identiteit lei. Die paneel sal uit plaaslike bekendes soos Herman Bailey (oud-burgemeester), Marlene le Roux (hoof van Arstcape en voorsitter van die Stigting vir Bemagting deur Afrikaans), Edwena Goff (kerkleier, voormalige Mej. Afrika Suid), Patrick Mettler (onderwyskundige) en prof. Mary Anne Plaatjies Van Huffel (moderator van die Verenigde Gereformeerde Kerk) bestaan. Hierdie mense is almal deelnemers aan die nuwe boek, “Ons kom van vêr”, wat bydraes oor bruin Afrikaanssprekendes se rol in die ontwikkeling van Afrikaans insluit. “Ons kom van vêr” sal ook tydens hierdie geleentheid deur prof. Wannie Carstens (taalredakteur) en dr. Michael le Cordeur (inhoudsredakteur) bekendgestel word. Hierdie gedenkboek is aan Adam Small opgedra en sal by die die viering te koop wees. Vol-
NUUS • NEWS
8 Maart 2017
gens die skrywers is die boek se grootste waarde dat dit die stigma dat bruin mense nie ‘n stem het oor Afrikaans of ‘n bydrae te maak het tot Afrikaans nie, weerlê. Hulle glo vas dat Afrikaans nie net die taal van apartheid was nie, maar ook die taal van die struggle en versoening. Ander kunstenaars wat tydens hierdie spesiale geleentheid sal optree, is die Eugene Marais literatuurprys-genomineerde, Gaireyah Fredericks, sowel al Nedine Blom en Jawaahier Petersen van die Jaloersbokkies. Gaireyah sal gedigte voordra en die Jaloersbokkies sal gaste met hul Afri-Kaapse liedjes vermaak. Die plaaslike Klopse-groep, Caledonian Roses sal ook optree. Die funksie begin om 10:00 in die Bôrdienhuis van die Breytenbach Sentrum. Bywoning is gratis en sluit ligte verversings in, maar plek is beperk. Bespreek by Nkita Pietersen, 021-863 0543/2 of student@taalmuseum.co.za.
Karnaval lok groot name
The Rockets, Robin Petersen, Gavin Roman en Afrikaans Ruk is slegs van die name wat te sien sal wees by St. Albans se karnaval. St. Albans Primêr hou op 17 en 18 Maart weer hul jaarlikse karnaval. Wellingtonners kan hierdie jaar uitsien na aktiwiteite en vermaak wat alle vorige jare s’n sal oortref. Die karnaval sal, soos gewoonlik, op die sportvelde van die skool in Voorstraat plaasvind. Volgens een van die organiseerders, Adanaan Arnold, het hulle hierdie jaar ongelooflike kunstenaars gekry wat tydens die karnaval sal optree. “Ons het groot name op ons program hierdie jaar. Niemand minder nie as die internasionale kunstenaar Jimmy Nevis, sal by die Karnaval optree.
Promosie
Ommiberg:
Pick n Pay Wellington het saam kruiwagestoot by vanjaar se Blackie Bazaar wat Saterdag gehou is. Hulle was weer ‘n trotse borg van dié gewilde item.
Pick n Pay Wellington het deelgeneem aan die jaarlikse “Womans Walk” in Stellenbosch ten bate van die stryd teen kanker en die wat daarmee saamleef. Dit was ‘n ongelooflike ervaring om met die “Survivors” saam die 5km af te lê deur die pragtige strate van Stellenbosch.
By die naweek se Ommibergfees in die Paardeberg, is wyne van dié omgewing geproe en gevier. Besoekers van wyd en syd het na die prentjiemooi omgewing gestroom om deel hiervan te wees.
Dan is daar ook The Rockets, DJ Dr Jules, Austin Rose van ‘Noem my Skollie’ faam, Rhema Varrie van Idols SA 2015, Robin Petersen, 3 Divas, Gavin Roman en Afrikaans Ruk. Waar gaan ‘n mens nog so ‘n 'line up' kry?” sê Adanaan. Daar sal ook verskeie stalletjies en pretaktiwiteite wees. Teen slegs R20 vir kinders en R35 vir volwassenes, is dit voorwaar waarde vir geld. Kinders onder vier jaar en pensionarisse kry gratis toegang en studente met ‘n studentekaart kan kinderpryse betaal. St. Albans Primêr nooi alle Wellingtonners uit om hierdie feestelike geleentheid met hulle te kom deel.
NUUS • NEWS
Dagboek • Calender
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington Rugby Klub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om vanaf Januarie 2017, elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington-rugbyklub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Ons eerste oefening is 5 Januarie 2017 vanaf 19:30 by Wellington Rugby Klub reg langs Boland Stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United Rugbyklub Hillcrest United rugbyklub se voorseisoen is sterk aan die gang op Dinsdae, Woensdae en Donderdae te Pelikaan Park-Wellington vanaf 19:00. Die bestuur en afrigter nooi dus alle spelers wat nog wil deel word om spoedig aan te kom sluit. Vir meer inligting kontak die klub sekretaris: Mnr Jovan-ré W Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com Afrikaanse Taalmonument 10 Maart: Amanda Strydom en Jak de Priester hou piekniekkonsert by die Taalmonument Tuinteater. Die piekniekreeks is ten bate van Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Laat ons Lees-projek vir kinders Silwerkruin Basaar 10 Maart: Silwerkruin hou basaar vanaf 16:00 tot 21:00. Stalletjies te huur @ R300 per stalletjie. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Hugo Rust Opelug Skuur Dans 10 Maart: Kry solank jou dansskoene gereed vir die Hugo Rust se Opelug skuur dans. Die dans begin om 19:00 tot middernag by Laerskool Hugo Rust. Kostes beloop R200 per persoon (heerlike biefstukete en verwelkomgs-mengeldrankie) Eie wyn welkom, kontant-skopkelkie -kroeg en koffiestasie beskikbaar
Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519
Geklassifiseerd • Smalls
ATKV Wellington 11 Maart: Vroue Vrolikheid - Kom klim op die bus en geniet 'n genotvolle dag saam met ons by Root 44 Mark. Kostes beloop R100 per persoon. Kaartjies beskikbaar by Wellington Museum of kontak Chalene by chalenelandsberg@yahoo.com Ondersteuningsgroep 14 Maart: Op Dinsdagaand om 19:15 kom Christo Visser, maatskaplike werker met eie praktyk, ons vertel van post partum depressie by Pa's. Dis 'n baie belangrike onderwerp wat beslis aandag moet kry. Ons vergader in die Marthazaal, Wellington, oorkant die landdroskantoor. Almal welkom en drink- en 'n eetdingetjie sal met liefde bedien word. Navrae kontak Petro by 072 709 8000 021 873 4688 Evita se Perron 28 April: Evita se Perron presents an evening of contentporary Folk music with Jenny and the Jameses. Tickets are R100 and the show starts at 20:00 For bookings call 022 492 3930 or bookings@ evita.co.za Hugenote Hoërskool 8-11 Mei: Die Hugenote Hoërskool bring eersdaags die storie van "Sound of Music" op die planke. Kaartjies is vanaf 6 Maart beskikbaar by die skool. 8-10 Mei se kaartjies is R90 vir volwassenes en R60 vir kinders. 11 Mei is die Gala-aand. R200 per persoon en dit sluit n 3-gang ete in. EJ's Sportpub & Grill 6 May: EJ's Sportpub & Grill presents Jay with Christo Lotz and Wicus Le Roux. Entrance fee is R100 from 17h00. Shows from 14:00 to 18:00; 18:00 to 21:00 and at 21:00 2x45 min. Tickets available at the door Enquiries contact : 021 872 8965 EJ's Sportpub & Grill 27 May: EJ's Sportpub & Grill presents Theuns Jordaan with Wynand Windpomp. Entrance fee is R100 from 17h00. Shows from 15:00 to 17:00; 19:00 to 21:00 and at 21:00 2x45 min. Tickets available at the door Enquiries contact : 021 872 8965
Kerke • Churches
Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.
7
8 Maart 2017
NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.
NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
GELUKWENSING CONGRATULATIONS 10 Maart - Wie word 16? Geluk met jou verjaarsdag. God se rykste seën. Geniet jou dag. Liefde - Ma, Pa, ant Ounoi en susters #4031 ------------------------------------COLETTE MAJIET - 21 op 5 Maart 2017. Baie geluk met jou mondigwording. Ons is baie lief vir jou Daddy, Mammie, susters, swaer en kinders #4032 ------------------------------------SHEENA LATEGAN - 3 Maart. Geluk met jou 28ste verjaarsdag. Bly die wonderlike dogter wat jy is. Baie liefde - Mammie, Daddy, Atta en Afthen #4033 Baie geluk met Mammie se verjaars-dag. Ons waardeer alles wat mammie vir ons doen. Liefde - Shameez, Shereez & Jordan #4034 ----Baie geluk met jou geboortedag. Koester gister se oomblikke, maar leef vir vandag.Liefde: Jamy, Marquin + Kinders #4035 ------------------------------------JAIMI-LEE - Happy Birthday. Have a nice and blessed day. We will always love you - Mom, Dad and Jayden #4036 --------------------------------JEMIN JANAY ARENDS - Baie geluk met jou verjaardag op 2 Maart. Lekker verjaar - Arends gesin, Mammie, Noenas, Ouma, Nanna & Lexi #4037 --------------------------------LAKESHIA LATASHA GARSHÉ MANUEL. Ons blompot is 5 jaar oud op 3 Maart. Baie geluk. Liefde - Marang gesin, Mammie, Pappie, Ouma en Oupa #4038 --------------------------------ASHWILL MARTIN MANUEL - Baie geluk met jou verjaardag op 2 Maart. Geniet jou dag Ouma, Oupa, Mammie, Peetma, Suster en Broer #4039 ------------------------------Look who turned 11 on 1 March. Happy belated birthday MARIANDRÉ. God bless. From: Mom, Dad, brother and sister #4040 --------------------------------MALITÉ BRINK - Kyk wie raak 18. Geluk met jou geboortedag. Mag dit geseënd wees en geniet dit. Liefde - Daddy, Tietie, Caithlin & Angie #4041 -----Veels geluk liewe maatjie met jou 18de verjaarsdag. Ons is klomp lief vir jou van Alisha, Zenobia, Micole en Gurshwin #4081 --------------------------------MARTHINUS - 11 Maart. Baie geluk met jou geboortedag. Lekker verjaar- jou seun Martino #4042 --------------------------------Happy Ninth birthday KURTLEY DE KLERK. May you have a blessed day. Lots of love - Ma and family #4043 -----------------------------COHEN FRANSMAN - Guess who's six on 6 March. Happy birthday Cohen. From: Mamma, Dadda & Jade. We love you lots! #4044 ----Happy crown birthday. Have a fabulous and wonderful day. With lots of love - Mummy, Brezano & Waylon
#4045
----Happy birthday my chomma. Enjoy it. With love - Aunty Fransie, Ferryn, Revin & Senita #4046 ----Happy Birthday Cohen. From Aunty Ancka, Mikyle and Lemischa #4047 ----Happy Birthday Cohen. From Aunty Nicky, Donique, Zach & Zetah-Lee #4048 -----------------------------VALENTINO JANTJIES - Ses op 6 Maart. Baie geluk met jou kroonverjaarsdag ons liefde! Mamma (Nadia) en Dadda (Andrew) #4049 --------------------------------AUGUST NOËL - 10 Maart. Veels geluk met Pa en Oupa se verjaarsdag. Mag God nog vele jare by jou lewe voeg. Van: kinders & kleinkinders #4050 --------------------------------WILLANDRY - Geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy geniet jou dag. Van Pietersen en Titus gesin #4092 --------------------------------JAPIE - 50 on 9 March Wishing a Happy Birthday to the man I love and best friend. Enjoy, your wife Hanna #4051 --------------------------------Baie geluk met OUPA TITUS se 80ste verjaarsdag. Hoop oupa gaan die dag geniet. Van: Skoonseuns, Preston, Yolanda, Willanery & Amy #4052 ----Baie geluk Oupa met u verjaardag. Geniet 'n geseënde en voorspoedige nuwe lewensjaar - Kinders , kleinkinders en agter-kleinkinders #4053 --------------------------------PHAYTON - 14 March. Happy bday. Love you. From: Mommy and Zahira #4054 --------------------------------Veels geluk TAMMY-ANN met jou 21ste verjaarsdag op 9 Maart 2017. Ons bid jou alles wat mooi is toe. Liefde - Pappa en Mamma #4055 ----Veels geluk Tammy-Ann met jou verjaardag. Mag God jou ryklik seën. Van: Martino, Theonique, Myron & Michel-Lé #4056 --------------------------------SHANNON - Baie geluk met jou verjaardag op 10 Maart. Bly die pragtige vrou wat jy is. Baie lief vir jou - Cupido en Damonse familie #4057 -----------------------------Raai wie word 50 op 9 Maart. Baie geluk met jou verjaarsdag. Geniet elke oomblik daarvan. Van Hanicka Anwar Donita Déoné #4058 --------------------------------PETER-JOHN DANIELS - 7 Maart 2017. Veels geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare uitspaar. Mammie, Pappie en Tayrem #4059 ----Baie geluk Peter-John Daniels met jou geboortedag. Liefde - Miranda, Johnny en Mellisa #4060 ----Baie geluk met jou verjaarsdag. Met liefde van jou Ouma Dawn en Williams gesin #4061
----Dit is jou verjaardag Peter-John. Alles wat mooi is. Van: Nita, Selwyn, Zena, Zaydan, Zeetavan Wynberg & Arendse familie #4062 ----Veels geluk Peter-John met jou geboortedag. Jy moet 'n mooi dag het. Van: Gwennie en Boy. Adams familie #4063 ----Jy is 10 jaar oud. Gespaar deur ons Hemelse Meester. Mag daar vele jare wees. Van: Retta Daniels #4064 ----Baie geluk met jou verjaarsdag Peter-John Daniels. Lekker verjaar. Van: Otto famile. Jodene, Clinton en Micyle #4065 --------------------------------Baie geluk BRONWYN ARENDSE (Broni) met jou geboortedag. Dit kom van jou hele familie, William, Adams, Daniels & Persens #4066 ----Veels geluk Bronwyn (Broni) Mag daar nog vele mooi jare wees. Van: Mammie, De, Shane, Sternia en Shane Junior #4067 --------------------------------SUSANNA CUPIDO - Baie geluk op Mammie se spesiale daggie. Dankie vir al die jare se harde werk. Ons is lief vir Mammie - Noeska en Devandré #4068 -----------------------------Raai wie word vyf jaar - DEVONTY. Baie geluk met jou verjaarsdag. Van: jou tannie Janette, Shilohen & Mohammad #4069 --------------------------------MARY-JANE - 'n Mooie 16 jaar geword op 5 Maart. Mag die Here jou in die hand van bewaring hou. Liefde - Jou ma en broers #4083 --------------------------------ANDY (Skapsous) JANTJIES - Baie geluk Pa, Oupa en 'n sexy man op 5 Maart met jou verjaardag. Van: Sanna, kinders en kleinkinders #4089 --------------------------------Jy is ons dierbare geskenk van God. 365 Dae van liefde en vreugde. Gelukkige 1ste verjaarsdag REMARIO! Liefde Ma en gesin. #4084 --------------------------------Baie geluk met jou 15de verjaarsdag LEONARDO. God seën. Geniet dit! Van: Ma, Pa, suster en broer. #4085 --------------------------------Dierbare tannie, Baie geluk met jou verjaarsdag auntie ADELE. Mag God jou ryklik seën. Lekker verjaar! Van: Ouboet en gesin #4086 --------------------------------MICHÉ - Raai wie word een. Geluk met jou eerste verjaarsdag op 13 Maart 2017. Baie liefies - Mamma, Daddy, suster, Boeta, Ouma en twee Oupas #4087 --------------------------------JAYLON - Geluk en geniet jou dag op Sondag. Ons is baie lief vir jou. Van: Daddy, Ouma Mina, Oupa Pietie, Tubby, Amor, Monkie, Sass --------------------------------MEMORIUM IN MEMORIAM MAGRIETA JACKSON (Ouma) 8 Maart 2017 - Die gemis raak erger. Ons trane rol nog elke dag. Liefde - Anneline, Ricardo en kinders
----Mamma hoe graag wil ons u net 'n drukkie gee. God het u meer nodig. Liefde - Bettie, Gert, kinders en kleinkinders ----Op 8 Maart is dit jou derde verjaardag in die hemel. Mis jou moederliefde. Van: Trish Deacon #4070 --------------------------------LEE GRANT BASSON (Soute)-10 March 1992. Happy 1st birthday in heaven.May the angels sings to you in the most joyous way - Mom & Dad #4071 ----Sending you a special birthday wish to heaven. May all your heavenly wishes come true! Miss you-Sheena, Afthen-Atta #4072 ----Happy birthday to our guardian angel.We call him dad and uncle. We love and miss you - Jordan-Lee, Shameez, Shereez #4073 ---We will truly treasure the wonderfull memories we have shared. Gone but not forgotten. Love: Jamy, Marquin + Kids #4074 -----------------------------ANDREW (DYS) ARENDSE - Op 10 Maart is jou derde verjaarsdag weg van ons. Die gemis is nog groot. Liefde Angelene Anzlin en Liam #4075 -----------------------------THORA LATEGAN - Hoe graag wou ons 'n handdruk gee op jou 60ste verjaarsdag op 9 Maart. God het anders besluit Etienne & gesin #4076 --------------------------------MARIA SAMPSON - 13 Maart. Reeds ses jaar weg van ons. Die verlange is nog steeds daar. Mis u baie. Van: Frans, dogter en kleinkind #4077 -----------------------------FRIKKIE - My Pa, 7 Maart, nege jaar van ons geskei, Voel nog soos gister. Van: Jou dogter, Janette en kleindogter Sementha #4078 -----------------------------JAMES ADONIS - Op 4 Maart is jy twee jaar weg van ons. Mis jou elke dag - Jou broers en susters #4082 --------------------------------NICOLAAS DAMON 09 Maart. Ons is al vier jaar van mekaar geskei. Ons velang nog baie na jou. Liefde Seun & gesin #4088 ----Dis al vier jaar wat Pa/ Oupa van ons weg geneem is. In ons harte leef Pa/Oupa nog voort. Van Sony, John, kinders en kleinkinders. #4090 --------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY DORIS NERO (PEARLY) 13/05/1953 tot 01/03/2017. Troosdiens: Woens-dag, 8 Maart om 19:00 by Akasialaan 26. Begrafnisdiens op Saterdag, 11 Maart. Besigting by Akasialaan 26 om 09:00 en kerkdiens om 10:00 by Baptiste (Malmesbury) #4079 -----Met hartseer neem ons afskeid van 'n geliefde. Dankie vir die mooi herinneringe wat vir ons nagelaat is. R.I.V - Familie en vriende #4080 ------------------------------
8
courant
NUUS • NEWS
dié
8 Maart 2017
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
Hillcrest:
8 Maar t 2017
Hillcrest het die naweek in baie stowwerige toestande hul voorseisoen suksesvol afgesluit op Pelikaan-park op Wellington teen Young Standards van Paarl. Die manne in blou het die afgelope drie weke so ver as Worcester (Worcester Villagers) en Saldanha (Saldanha-rugbyklub) gereis om voor te berei vir die nuwe rugbyseisoen. Die Boland Grootuitdaagbeker skop komende naweek af, maar Hillies kry nog kans om te rus dié week. Hul eerste wedstryd is ‘n derby-kragmeting teen Newton-rugbyklub op 18 Maart. Oefentye is Dinsdae en Donderdae vanaf 19:00 op Pelikaan-park en alle oud en nuwe spelers is welkom. Foto: Roswall de Vries
•SPANMAATS HOU GROOT REÜNIE
Konsentreer: Laerskool Hugo
Rust het hierdie jaar hulle vyfde minikrieket-toernooi aangebied. Twintig skole het deelgeneem aan die dag, met altesaam 86 spanne. Hier konsentreer Sterling-Lloyd Nomdo van Hugo Rust se o.8-span om die bal oor die grenslyn te slaan.
Oud-rugbyspelers na 25 jaar byeen
Rugbyspelers wat destyds onder die vaandel van die Suid-Afrikaanse Rugby Unie (SARU) gespeel het en by die South African Council on Sport geaffilieer was, gaan binnekort ‘n reünie hou. Volgens Jerry Seale, een van die oud-spelers en ‘n organiseerder van hierdie spesiale reünie, is hulle baie opgewonde oor dié geleentheid. “Al die oud-spelers gaan van 31 Maart tot 2 April op Wellington byeenkom. Hierdie geskiedkundige gebeurtenis sal ook vir die publiek oop wees. Die mense kan hul helde van weleer kom ontmoet en foto’s saam met hulle neem. Hulle kan ook na staaltjies uit die ou rugby-dae kom luister,” sê hy. Jerry lag wanneer hy oor sy voormalige spanmaats en teenstanders praat. “Party lyk glad nie meer dieselfde nie. Die mense sal sommiges nie herken nie vanweë hul ouderdom en postuur,” skerts hy. Al sewe die kapteins wat sedert 1972 tot en met 1991 gespeel het, sal teenwoordig wees en elkeen sal ‘n spesiale reünie-uitrusting vir die geleentheid dra. Volgens Jerry kom die spelers wat die reünie gaan bywoon van heinde en
ver. “Speles van sover as Durban, die Grens, OP, Transvaal, Uitenhage, SWD, WP-Platteland, die Noord-Kaap, WP, Somerset Raad, Cities en Boland sal van die 22 unies wees wat teenwoordig sal wees,” sê hy. “Aandenkings sal ook by die
reünie te koop wees. Lede van die publiek word na die geleentheid genooi. Belangstellendes kan Jerry Seale (082 955 2407) of Naaim Davids (084 208 8812) vir navrae kontak.
*Bekende plaaslike gesigte op die foto is o.a.: Balla Croy, Louis Nhatali, Cupido Cupido, Ismail Schreuder, Angelo Arendse, Randy Marinus, Blatjang Hendricks, Jerry Seale en Clive Swartland.