c urant
dié
1 Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
8 Maart 2017
30.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 410
8 Maart 2017
Helder verligte honorariumsakkies wat rondom die rugbyveld van die Hoërskool Swartland op Malmesbury strek, pers en blou ballonne en oorwinnaar-bande wat trots gedra word, was Saterdag en Sondag sigbaar by die Malmesbury Relay for Life. Vanjaar het burgemeester Tijmen van Essen soos oudergewoonte die eerste rondte saam met die oorwinnaars voltooi, maar vanjaar was dit ook as 'n oorwinaar van kanker. Sien fotoblad op bladsy 9.
•ERF IN M'BURY INDUSTRIËLE AREA GEOORMERK
Tender vir trok-hawe Staanplek vir vragmotors wat op Malmesbury moet oornag, se planne is nou aan die rol. Vragmotors in die strate van Malmesbury is 'n alledaagse gesig en het in die onlangse verlede toegeneem, weens die verskeie ontwikkelings wat in en om die dorp gedoen word. Die bestuurders van dié vragmotors moet dikwels oornag om vroegoggend hul vragte af te laai, maar daar is tot op hede geen oornag- of stilhouplek vir hulle beskikbaar nie. Vir 'n geruime tyd het die vragmotors langs die Dieprivier bymekaargekom, maar is daar 'n stokkie voor gesteek, toe die Swartland Munisipaliteit noodgedwone beheer hier moes neem. Die munisipaliteit het twee weke gelede 'n tender adverteer vir die verkoop en ontwikkel van erf 11282, wat 9606m² beslaan, in Schoonspruitweg. Die erf is onlangs deur die munisipaliteit van Transnet gekoop en dit word nou te koop aangebied vir voornemende ontwikkelaars om 'n parkeer-/rangeerarea vir vragmotors daarop te
Fokus op gloukoom
vestig ook met ablusiegeriewe. "Dit is 'n poging om die verkeersprobleme wat in Bokomoweg en op ander publieke paaie ondervind word met swaarvoertuie wat daar vir lang tye parkeer, te probeer aanspreek," sê Madelaine Terblanche van die Swartland Munisipaliteit. Die tenderaansoeke sluit op 31 Maart. Hier word ‘n tweekoevertstelsel gevolg, wat behels dat voornemende ontwikkelaars eers beoordeel sal word op grond van die voorstelle wat
Burgemeester: 600 huise gebruik te veel water
hulle indien vir die ontwikkeling van die grond. Tydens hierdie rondte sal ‘n komitee van die Munisipaliteit die voorstelle aan gespesifiseerde kriteria evalueer, synde die voorgestelde perseelontwikkelingsplan, voorlopige ontwerpe, implementeringsplan, beraamde konstruksiekoste en operasionele planne. Slegs tenderaars wat die eerste rondte slaag deur die minimum persentasiepunt te behaal, se monetêre aanbiedinge (ingesluit by koevert 2) sal oorweeg word om ‘n uiteindelike toekenning te
maak. Indien sake vlot verloop, poog die munisipaliteit om teen Junie ‘n toekenning te kan maak, maar daar mag faktore wees wat vertragings kan meebring. Een van die bepalings in die koopaanbod wat gemaak word, is dat die grond volgens die tenderaanbod binne twee jaar nadat oordrag plaasvind, ontwikkel moet word. By gebreke hiervan sal die grond weer na die munisipaliteit terugval.
Rugby: Wat hou die seisoen in?
NUUS • NEWS
2
NUUS • NEWS
8 Maart 2017
600 huise gebruik te veel water - burgemeester
Daar is sowat 600 huishoudings in die Swartland wat meer as die voorgeskrewe waterverbruik van 50 kiloliter per maand oorskry. Só vertel Tijmen van Essen, uitvoerende burgemeester van die Swartland Munisipaliteit in ‘n onlangse portefeuljekomiteevergadering. Dié huishoudings gaan binnekort ‘n besoek van die SM ontvang waartydens hulle met die eienaars gaan gesels oor hulle waterverbruik. ‘n Aqualoc watermeter wat die daaglikse watergebruik reguleer, sal egter geïnstalleer word indien oortreders steeds nie gehoor gee aan die voorgeskrewe maatreëls nie.. “As hulle nie self hul waterverbruik kan be-
perk nie, sal ons dit namens hulle doen,” voeg hy by. Die boete per oortreding, is tans R300. Die plaaslike landdros het 'n verhoogde boete van R500 goedgekeur wat van 1 April geldig sal wees. Stad Kaapstad het ook onlangs die top 100 strate en buurte van inwoners bekend gemaak wat meer as die 50 kiloliter per maand se waterverbruik oorskry soos vereis word deur die huidige vlak-3 waterbeperkingsmaatreëls. Die Voëlvleidam was op 6 Maart 30. 9% vol. Die dam was in 2016 dieselfde tyd maar 22. 2% vol. Die totale inhoud van die groot damme binne die Wes-Kaapse waterstelsel, is tans sowat 31.5% vol.
Bouplanne van R116m wys Swartland groei Die areas wat die meeste groei volgens goedgekeurde bouplanne en geskatte waardes in die Swartland toon, is onlangs tydens ‘n Portefeuljekomiteevergadering deur die Swartland Munisipaliteit (SM) bekendgemaak. Volgens Johan Steenkamp, direkteur van ontwikkelingsdienste, is daar op Malmesbury, altesaam 203 bouplanne goedgekeur. Die geskatte waarde hiervan, kom neer op sowat R116 miljoen. Die tweede meeste getal bouplanne is 96 wat van Yzerfontein goedgekeur is. Die bouplanne hou ‘n geskatte waarde van sowat R79 miljoen in. Darling is in die derde plek met 60 goedgekeurde bouplanne en ‘n waarde van sowat R26 miljoen. Op Moorreesburg is 54 bouplanne goedgekeur met ‘n geskatte waarde van sowat
100-tal vir kaptein Serdyn Andru Serdyn, kaptein van die Hoërskool Swartland op Malmesbury se eerste krieketspan, asook kaptein van die Wes-Boland-krieketspan, het 108 lopies aangeteken in 'n onlangse wedstryd teen Vredenburg Hub. Wes-Boland het die wedstryd met 136 lopies gewen.
R17 miljoen. Yzerfontein se gemiddelde waarde van bouplanne, kom neer op sowat R800 000, terwyl dit op Malmesbury nagenoeg R500 000 is. Riebeek-Wes se syfers toon 13 goedgekeurde bouplanne met ‘n waarde van sowat R 8 miljoen, terwyl Riebeek-Kasteel 26 bouplanne met ‘n waarde van sowat R 13 miljoen opgelewer het. Dít is twee keer soveel bouplanne as wat op Riebeek-Wes goedgekeur is met meer as dubbel die waarde. Die inligting is tussen Junie 2016 en Januarie 2017 versamel. Bouplanne word tussen 15 en 17 werksdae deur die SM goedgekeur. Volgens plaaslike bouers, is dit nie so eenvoudig om 'n gemiddelde koste per vierkante meter te gee nie. Kostes kan van een huis na die ander verskil. Asook van die omgewing waar die huis gebou moet word en van die kliënt se behoeftes.
Blog:
Twee blogskrywers het die pad na die Swartland gevat op hul soektog na die beste besoekpunte in die land. Bevan en Jill Langley, wat hul besoeke op hul webwerf www.strayalongtheway.com beskryf, het Donderdag by die Swartland Wynkelder besoek afgelê en die wyne van die streek wat by dié kelder geproduseer word, geproe. By hulle is bemarkingbestuurder Sean Nieuwoudt.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant. co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
NUUS • NEWS
3
8 Maart 2017
•13 GOUE MEDALJES IN 'N MAAND
Kailin (10) soos 'n vis in die water Die 10-jarige Kailin Kotze van die Laerskool Swartland op Malmesbury, laat rekords spat en palm een goue medalje na die ander met sy talente in. Kailin het in Februarie alleen ‘n totaal van 13 goud en twee silwermedaljes by verskeie swemgala’s en tweekampbyeenkomste ingeryg. Hy is sy ouers se superster, spog sy ma, Marrie-Louise. Hy swem al sedert die ouderdom van drie, hoewel hy eers in 2015 by Swartland Swemskool aangesluit het, waar Olinka en Jessica Steyn hom afrig. Sy pa, Christo, het hom voor die tyd afgerig. Kailin het vier goue medaljes op 8 Februarie by die Malmesbury Superspar Uitnodigingsgala gewen. ‘n Verdere vier goue medaljes is op 23 Februarie by die Vredenburg-gala losgeswem, waarvan vier nuwe rekordtye is. Hy het ook ‘n silwermedalje in die ope individuele wisselslag gewen. Hy is op 25 Februarie as die o.11 Boland se tweekamp-kampioen by die Boland tweekampkampioenskappe gekroon toe hy goud gewen het. Kailin sal op 8 April sy titel by die SA-kampioenskappe by Dal Josafat in die Paarl verdedig. ‘n Verdere vier goue medaljes, waarvan drie rekordtye is, asook een silwer, is op 28 Februarie gewen. Kailen swem reeds vanaf 10-jarige ouderdom op ‘n Senior Level 2-vlak. Hy sal vanaf 22 tot 26 Maart by die SA Vlakke-byeenkoms op Newton Park in Port Elizabeth meeding. Slegs vier atlete van die Boland, wat almal ook lede van die Swartland Swemskool is, het gekwalifiseer om aan dié geleentheid te kan deelneem. Saam met Kotze, is Toné Malherbe (Malmesbury), Jani van der Merwe (Porterville) en Toan
Rocco de Villiers kuier in Vallei Die pianis Rocco de Villiers is Saterdag
Nortje (Porterville) as die gelukkige vier gekies. Kleinboet Arden, wat ook aan tweekampbyeenkomste deelneem, volg in sy boeta se spore. Hy is slegs ses jaar oud, maar neem reeds op o.8-vlak deel, soos vereis word. Hy het vyfde by die interprovinsiale-kompetisie op Oudtshoorn geëindig en ‘n vierde plek by die Boland-kampioenskappe ingepalm. Hy het op Vredenburg aan sy eerste amptelike gala deelgeneem en vir vryslag ‘n bronsmedalje vir seuns o.8 losgeswem. Areden het Saterdagoggend ‘n assesering vir juniors op Malmesbury bygewoon waar hy die WP-beamptes behoorlik beïndruk het, vertel sy ma. Hy het met ere-kleure geslaag, wat beteken dat hy ook nou aan die junior-liga kan deelneem.
te sien agter die klavier by Die Bruid, Die Pixie en die Vaalhond-teater op Riebeek-Kasteel. De Villiers het reeds 13 instrumentele cd's uitgereik, twee drankie-boeke, 'n DVD en het ook 35 instrumentele verhoogproduksies geskryf en gerediseur. Sy nuutste werk is beskikbaar op sy cd, Beautiful Beautiful Hymns. Sy vorige drie cd'S het of goud of platinum-status bereik. Sy 14de album sien eersdaags die lig. Besprekings vir Saterdag se vertoning kan gedoen word by Erik by 082 853 4377of Melindi by 083 475 9395.
Reik uit:
Die “Helpende Hande” van die NG Kerk Swartland-Noord het besluit om Goue Aar Tehuis vir bejaardes, vanjaar een van hulle projekte te maak. Daar is die afgelope Saterdag vir die eerste agt inwoners vanuit die 65 wat vanjaar verjaar, ‘n partytjie gehou. Hulle is behoorlik bederf met koek, melktert, geskenke en goeie geselskap. Gemeentelede en inwoners van Malmesbury wat betrokke by die projek is, bedank vir Clicks Malmesbury wat die geskenke geborg het. Elke inwoner sal danksy die projek op hul verjaarsdag ‘n geskenk en ‘n koek van die persoon wat hom of haar borg, ontvang. “Ons is opgewonde oor die projek dat ons as gemeentelede en inwoners van die dorp ‘n verskil in die lewens van bejaarde mense wat alles so waardeer het, kan maak,” voeg Beryl Els by. Swartland Noord/Helpende Hande gaan ook verder deur klere te skenk aan die inwoners waar daar ‘m behoefte is. Van links staan Gielie du Toit, Beryl Els, Gwyneth McGregor en Genie Breytenbach. Foto: David Howburg
R59
2017/18 PROVINSIALE BEGROTING Ons bestee geld waar dit op die doeltreffendste en volhoubaarste wyse aangewend kan word. Ons lewer openbare waarde deur geld op ’n volhoubare manier te bestee en waar dit die meeste impak sal hê.
miljard begroting waarvan R8.5 miljard aan infrastruktuur-geleide groei en werkskepping bestee gaan word.
www.westerncape.gov.za www.facebook.com/WesternCapeGovernment @WesternCapeGov
R591.570 miljoen vir Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning
R427.345 miljoen
vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme
R20.630 miljard vir Onderwys
R7.427 miljard
R2.107 miljard
vir Maatskaplike Ontwikkeling
R795.179 miljoen vir Landbou
R2.536 miljard
vir Menslike Nedersettings
R249.206 miljoen vir Plaaslike Regering
vir Vervoer en Openbare Werke
R725.049 miljoen
R21.680 miljard
R302.056 miljoen
vir Gesondheid
vir Kultuursake en Sport
vir Gemeenskapsveiligheid
Beter Begroting, Beter Toekoms, BETER TESAME.
courant
dié
4
8 Maart 2017
Hou aan hoop
As 'n mens die dag nog kan hoop, dan kan jy jou kop hooghou en die stryd stry. Hoop is daardie flentertjie lig aan die einde van die tonnel. Dis daardie "iets" wat jou die krag gee om môre weer op te staan en die dag aan te pak. Met die naweek se Relay for Life wat op Malmesbury gehou is, het oorwinnaars en sommige kankerlyers in sirkels om die veld gestap. Sirkels, dieselfde as die sirkels van die lewe. Met 'n begin en 'n einde, maar tussen-in is daar tog hoop en blydskap en vreugde. Daar is plekke op die roete wat alleen is, waar dit stiller is en die gesuis deur die bome se blare jou gedagtes vul en jy nie kan help om te dink nie. Dit is donker tye, want jou kop kan jou allerhande dinge wysmaak. Kyk jy vorentoe, sien jy die kleurvolle ballonne wat wink by die eindpunt - daardie flentertjie lig aan die einde van die pad wat jou weer krag om nog 'n rondte te voltooi. Dit spoor jou aan om verder te stap. Om deur te druk. Om jou kop op te tel en hoog te hou. Hoop sal daar altyd wees. Jy moet net aanhou hoop, want as jy nie doen nie, is jy 'n armer mens. Die son sal môre weer skyn, dan lyk dit wat in die donker ure so verdoemend voorgekom het, anders en kyk jy met 'n nuwe insig en ingesteldheid daarna. Hou aan met hoop, jy kan nie verloor as jy daaraan vasklou nie.
Dis Goeie Nuus
NUUS • NEWS
dr. Andrew Bosman
'n Vrolike hart bevorder die genesing
Salomo het oor baie onderwerpe geskrywe, oor sake wat hy waargeneem het. Ook oor gesondheid en siekte het hy geskrywe. In Spreuke sewentien vers twee en twintig skryf hy dat ‘n vrolike hart bevorder die genesing. Die sieke is positief en wil graag lewe, en het ‘n ligte gemoed. Diep binne die persoon is die pasiënt vrolik en opgewek. Sekere belangrike hormone om genesing te bevorder word afgeskei as die persoon kans sien om ten spyte van die situasie opgewek te bly. Die teendeel sê Salomo is ook waar, ‘n verslae gees, laat die gebeente uitdroog. ‘n Gewonde hart, of ‘n situasie waar die persoon nie voor kans sien nie, laat die liggaam uitdroog of sieker word, ander hormoon kombinasies word afgeskei wat die genesing teëwerk. Die liggaam bestaan uit verskillende dele, en kan op fisieke vlak, verstandelik, of emosioneel onder druk kom. Die ander komponent is die geestelike. Salomo skrywe dat meeste van die sake waaroor ons ons bekommer is ‘n gejaag na wind, wat belangrik is, is om God te vrees en Sy gebooie te hou.
Coenie en Hemelbesem by Taalmonument in Paarl
Afrikaanse kunstenaars vir hulle splinternuwe vertoning – Oor een stem – by ‘n piekniekkonsert by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op Saterdag 18 Maart 2017. Coenie en Hemelbesem het egter al aan verskeie projekte saamgewerk en het groot respek vir mekaar se talent en kuns. “Oor een stem” belowe om die gehoor op ‘n reis te neem deur hulle (nie so verskillende) lewens, liefdes en passies. Coenie het onlangs sy twintigste album, “Emoji”, uitgegee. HemelBesem is bekend vir sy gewilde teaterproduksie “Die Afrikaansvatter” en bring binnekort sy eerste boek, “God praat Afrikaans”, uit. Die rymkletser YOMA, oorspronklik van George, sal by hulle op die verhoog aansluit. Die vertoning begin om 19:30 in die Tuinteater op die grasperk reg aan die voet van die monument. Die hekke open reeds om 17:00. Besoekers is welkom om hul eie drankies en piekniekmandjie saam te bring of een (teen R250 vir twee persone of R350 met ’n mandjie ingesluit) by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800). Volksmond sal oop wees vir koffie, ligte verversings, wyn en bier.
Kaartjies is vooraf te koop by Computicket en by die Taalmonument, asook by die hek, teen R100 vir volwassenes en R50 vir studente en kinders. Stoele word slegs met vooraftoestemming toegelaat en rook slegs in rookareas (nie op die grasperk nie). Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar. Dié konsert vorm deel van die Tuinteater Piekniekkonsertreeks ten bate van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Laat ons Lees!-projek vir kinders. Die laaste konsert in die reeks is Die Heuwels Fantasties op 31 Maart 2017. Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument. WEN: dié courant het vyf dubbelkaartjies om aan vyf gelukkige lesers weg te gee. Om in aanmerking te kom hiervoor, sms die slagwoord COENIE, jou naam en van, tuisdorp en die antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor Vrydag om 15:00. Vraag: Noem enige van die twee kunstenaars wat volgende Saterdag by die Afrikaanse Taalmonument optree.
Trap by Darling:
Die Darling Cellars het Saterdag hul jaarlikse trapdag gehou. Die besoekers het saamgetrap dat die sop so spat en heerlik saamgekuier. Foto: NK Photography
Dirkie Uys: Hierdie atlete van Hoërskool Dirkie Uys is in die Wes-Bolandspan wat aan die Boland byeenkoms deelgeneem het. Voor is Darren Arendse (o.17 100m, 200m), Hannes Mostert o.15 HG, Ashwell van der Merwe o.15 GS en Bradley Danster o.15 100mH. Tweede ry: Sydney Crow o.17 100mH, Wilene Venter o.19 GS en DG, Nienke Senekal o.19 HG en DG, Francis van Heerden o.17 VS, Charlton Andrew o.17 100m en 200m. Derde ry: Michelle van Schalkwyk o.14 VS, Danika Odendaal o.17 HG, Jaycee Hoogbaard o.17 100mH, Jacqlyn Jones o.14 GS, Tasneke Rosenburg (o.14 100m, 200m), Dillon Arendse o.17 110mH. Agter: Justin Otto o.19 400m, Francois Malan (o.14 HG, GS), Tracey Swarts o.15 SG, Ryan Prinsloo o.15 HG. Afwesig: Mikiala Kaboni (o.15 800m, 400m) en Gino Markus (o.14 200m, VS).
NUUS • NEWS
8 Maart 2017
5
6
8 Maart 2017
Promosie
NUUS • NEWS
(Pienaar) Elektriese Katte: 40 jaar van gehalte diens
Swemmers: Dié swemmers van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het by
die skool se onlangse swemgala presteer. Hier is Annoushka Truter (junior victrix ludorum), Marike Bester (senior victrix ludorum), Nicol Hanekom (senior victor ludorum) en Déan van Dyk (junior victor ludorum).
Laurie Hugo:
Die atlete van Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg het by die onlangse Boland-kampioenskappe geskitter. Duwayne Damon het in die seuns o.12-verspring die beste sprong van 5.14m aangeteken. Die Boland-rekord is 5.18m. Chrystal Maarman het in die meisies o.11 1200m ‘n tweede plek behaal. Die o.10 meisie-aflosspan het ‘n derde plek behaal. Die aflosspan is Linetke Kroy, Lonith Maarman, Chresne Adonis en Charlen Rosenburg. Foto: Ghida Visser
Die wenspan van Pienaar Elektries is agter Gerhardt Mostert, Johan van Wyk, Ricardo Abrahams, Pieter Pienaar, Calina Pienaar, Mark du Toit, Paul Pienaar. Middel: Abigail Maarman, Chrizaan Koordom, Jeano Karrools, Izaak Maneville, Le-Wade Februarie, Pieter Solomons, Marné Pienaar. Voor: Wendell Sias, Maruwaan Adams.
NUUS • NEWS
7
8 Maart 2017
Promosie
Die span van Pienaar Elektries vier vanjaar hul 40ste bestaansjaar. Hier is Paul Pienaar, Marné Pienaar, Gerhardt Mostert, Johan van Wyk, Pieter Pienaar, Calina Pienaar, Mark du Toit. Middel: Ricardo Abrahams, Jean Karrools, Izaak Maneville, Le-Wade Februarie, Pieter Solomons. Voor: Abigail Maarman, Wendell Sias, Chrizaan Koordom, Maruwaan Adams. Veertig jaar gelede (1977) het Pieter Pienaar (Kat) en sy vrou, Calina, Pienaar Elektries op Darling begin onder aansporing van ‘n vriend, wyle Pietie Kirsten (Kraai). Die Pienaars dink met dankbaarheid terug aan hoe die besigheid vanuit die huis bedryf is, asook aan die tye wat Pieter soms ver weg moes gaan werk vir die gesin om ‘n bestaan te kan voer. Die besigheid het egter stadig maar seker begin groei. Pieter het vroeg in die 90’s ‘n verkoelingskursus gedoen om sodoende ‘n beter diens aan die talle melkboere in die omgewing te kan lewer. Hulle seun, Paul, het in 2001 by die besigheid aangesluit en waarde tot Pienaar Elektries toegevoeg. Hy het bo en behalwe sy elektriese- en verkoelingskundigheid ook as ‘n LP Gas-installeerder gekwalifiseer. Paul se vrou, Marné, het na hulle troue in 2007 by die elektriese onderneming betrokke geraak. Drie generasies van Pienaar bymekaar: Paul Pienaar, Deesdae, met krag- en water- Pieter Pienaar en Pieter-Paul Pienaar. besparing as ‘n groot prioriteit, en seën. spesialiseer hulle ook in sonkragopPienaar Elektries is ook verskaffers elektriese wekking, waterpompe en mis-hantering. Die besigheid het so gegroei dat hulle in 2015 benodighede en gereedskap, waterpompe, hul nuwe perseel en gebou in Caledonstraat 13 tenke en toebehore, asook sonpanele en warmwatersilinders. op Darling, kon betrek. Besoek gerus die winkel by Caledonstraat op Die sukses van die besigheid, sê Pieter, kom Darling, weeksdae vanaf 07:00-17:00 om jou te van harde werk en genade van Bo. Hulle bedank graag al hul kliënte vir getroue verlustig in hul verskeidenheid en te deel in hul ondersteuning, verskaffers vir goeie verhoudings sukses. Vir meer inligting kontak Paul by 082 080 en samewerking, die personeel vir hul lojaliteit en harde werk en die Hemelse Vader vir genade 8002 of Pieter by 082 565 0996.
8
Dagboek • Calender
Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Contact: Billy at 0731476758 or Kallie 0799665956 Langs die Bos Mark Langs die Bos mark elke Saterdag vanaf 09:00 tot 13:00. Vir verdere navrae kontak Marelize by 072 052 6280 Malmesbury Gemeenskapsonderwys-sentrum bied die volgende aan: Vlak 1: Vir mense wat graag wil leer en skryf. Vlak 2: Gelykstaande aan Graad 5. Vlak 3: Gelykstaande aan Graad 7. Vlak 4: Gelykstaande aan Graad 9, en gee toegang tot matriek (oorbruggingskursus). Registrasies by Mavos-kantoor vanaf 9 Januarie 2017 tussen: 09:00 en 15:00. (Bring afskrif van ID). Kontak 022 486 4541 met enige navrae. Koringberg 8-9 March: Ready! Set! Go! Ready to Work Programme kicks off in Koringberg at the POP Centre in Koringberg. Did you compele your Matric? Are you unemplyed? 18-35 years old? If your answer is yes to all the above questions, please attend - Only 20 seats available Contact Senobia van Schalkwyk at 022 487 9400 VLV PORTERVILLE 9 Maart: Die VLV Porterville nooi u vriendelik uit na die Openbare-sakevergadering in die NG Kerksaal om 09:30. Die spreker is Abelia Lawrence van die Bergrivier Munisipaliteit en verskeie van die plaaslike entrepreneurs gaan uitstallings daar hê. U is ook welkom om ‘n koppie tee te geniet na die vergadering en gesellig saam met lede te kuier. Indien u moontlik sou belangstel om as lid aan te sluit is u eerste besoek aan ons gratis, so nie is ‘n besoekersfooi van R30 betaalbaar by die tesourier. Piketberg NG Kerk 10 Maart: Die NG Kerk hou pretloop en pretdraf - 2 km en 5 km vir die hele gesin. Inskrywings om 17:00 by die kerk. Trek prettig aan en kom geniet 'n heerlike aand onder die sterre. 11 Maart: Kom deel in die Fonteinefees op die kerkterrein met Keedo, modeparade, teetuin en Alexander May (kulkunstenaar)
8 Maart 2017
Die Bruid, Die Pixie en die Vaalhond Teater 11 Maart: Kom geniet die immergewilde Rocco de Villiers by die Teater in Riebeek-Kasteel om 19:00. Kostes beloop R140 pp. Besprekings kan gedoen word by Erik by 082 853 4377of Melindi by 083 475 9395 NG Kerk Velddrif 11 Maart: Die NG Kerk Velddrif hou basaar om 09:00 by die Kerkterrein. Daar is alles van boereworsrolle, braaivleis, ontbyt, poeding en vele meer. Verdere navrae kontak Linda by 022 783 0005 CAD (Christelike Afhanklikheids Diens) 13 Maart: Ons gebruiklike CAD byeenkoms is tussen 19:00 en 20:00 by die Vriend van God (AGS Corpus Christi) Navrae : Past Piet Smit by 073 447 2902 Die Ark, Hooggeleë Koringberg 15 Maart: Die Ark by Hooggeleë, Koringberg bied aan Sarina Briedenhann om 19:00 ten bate van die personeel van Tygerberg se kinderkankerafdeling. Kostes beloop R100 per persoon. Besprekings en navrae by Bregda 083 597 0091 Darling Kollege 17 Maart: Kom deel in Darling Kollege se opedag om 08:30 tot 10:00 vir Graad RR - Graad 7. Inligtingsessie om 09:00 in die skoolsaal. Vir navrae kontak 022 492 3007 / principal@ darlingcollege.org.za Porterville Toerisme 17 Maart: Die Porterville Toerisme hou 'n Sterreaand by die Porterville Gholfbaan om 19:30. Kostes beloop R50 vir volwassenes en R20 vir skoliere. Ligte verversings beskikbaar. Beperkte plek is beskikbaar. Bespreek by Porterville Toerisme teen 13 Maart by 022 931 3732 / info@portervilletourism. co.za Malmesbury Aglow 18 March: Malmesbury Aglow is meeting at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Mlamesbury. Meeting at 15:00. Everyone is very welcome. Enquiries - Elaine Walker at 072 590 6636 The Darling Trust 18-19 March: The Darling Trust invites you to a special screening of Nobody's died laughing - A journey with Pieter-Dirk Uys. R20 minimum donation at the door. Enquiries at 022 492 3920.
AGS Corpus Christi, Malmesbury 12 Maart: Sondagoggenddiens om 09:30 met die prediker Past Nico Botha. Sondag aanddiens om 18:30 en die prediker is Past Piet Smit Navrae: 073 447 2902
Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168
AGS Wesbank Sondag-erediens 09:30, kinderbediening 09:30, biduur Woensdae 19:30 by die kerk, Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178
Shofar Sondagoggenddiens om 9:30 en Sondagaand preek Johnnie Philander lei Diederik Niehaus die diens om 17:30 by Voortrekkerweg 48, Malmesbury Navrae: 022 482 4640.
PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Chris Botha 072 692 7995 / 022 482 3623 Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am
NUUS • NEWS
Burgemeester voltooi ere-rondte as oorwinnaar
Kerke • Churches
Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054.
Gesondheid: Kansa • Relay for Life
Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury Diens op 19 Februarie om 09:30 by die Mount Royal se konferensiefasiliteit Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.
Tijmen van Essen, uitvoerende burgemeester van die Swartland, het in 2010 vir die eerste keer Kansa se Relay for Life op Malmesbury geopen. Ná agt jaar open hy die geleentheid met ‘n ander gemoed en as ‘n oorwinnaar, nadat kanker by hom gediagnoseer is. Volgens Van Essen het hy elke jaar met trane in sy oë kankerlyers en oorwinnaars by die geleentheid verwelkom en gedink hoekom hy nou juis van die siekte gespaar is. “Hoekom kan ek dit dan nie kry nie,” wanneer hy kyk na twee en driejarige kinders wat kanker het. Ná ‘n heup-operasie in 2012, het sy linkerheup hom verlede jaar begin pla. ‘n Gewas is op 29 November verlede jaar verwyder. Op dieselfde dag is sy skildklier getoets. “Toe die dokter my op 30 November vanjaar bel en sê ek het kanker, was dit moeiliker vir my familie as vir my. Dit sou snaaks wees dat ek dit moes vryspring en ek het tot ‘n mate klaar vrede gemaak dat daar iets sou wees, want hoekom sal hulle so baie ondersoeke en skanderings doen.” Van Essen se hele skildklier is op 14 Desember verwyder. Hy moes kort daarna ‘n radio-aktiewe jodiumpil drink, wat hom vir ‘n paar dae in isolasie geplaas het. Dit is nou meer as ‘n maand later en Van Essen bieg hy sukkel nog. Kos proe steeds nie dieselfde nie. ‘n Skandering wat aan die begin van Februarie gedoen is, het egter getoon dat daar geen teken meer van kanker is nie. “Ek is baie gelukkig.” Die nuus wat hy op 10 Januarie vanjaar ontvang het, het hom erger geraak. Van Essen se huisdokter het hom laat weet daar is TB in die sagte weefsel in sy heup.” Die behandeling hiervan is ongeveer nege maande lank. Die goeie nuus is dat TB in die sagte weefsel nie aansteeklik is nie, hoewel die behandeling langer as TB op die longe neem. Maar hy glimlag. “Dit gaan goed en alles verbeter.” Dit was vir hom weer hartseer om vanjaar die leë sitplekke van dorpsgenote en vriende te sien wat verlede jaar nog deelgeneem het, maar hul stryd teen kanker verloor het. “Elkeen wat gediagnoseer word met kanker ervaar dit anders,” kan hy nou getuig en hoop om met sy getuienis ander deur moeilike tye te
help. Die enorme ondersteuning van die publiek, onbekendes, vriende en familie, is vir Van Essen ongelooflik oorweldigend. “Dit is die grootste gevoel wat ek ervaar,” sê hy dankbaar. Hy het elkeen by vanjaar se geleentheid vir hul gebede en woorde van troos bedank. Hy noem ook dat inwoners in die Wes-Kaap baie bevoorreg is met die beste dokters in die land. Sy uitkyk oor die lewe het ook verander. Van Essen erken waar hy in die verlede vinnig kwaad sou raak, is hy dalk nou kalmer wat dit betref. “Ek het agtergekom dat as mense oor iets kwaad raak en ‘n skielike uitbarsting het en jy begin ‘n bietjie verder vra, dit iets met ‘n familielid wat siek is, of sy vrou of die kind wat ‘n been gebreek het, te doen. Dan kom jy agter daar is eintlik ‘n ander probleem as wat jy gedink het.’n Mens moet maar versigtig wees wat jy sê en eerder uitvind wat die oorsaak kan wees.” Hy het besoekers en deelnemers by vanjaar se Relay for Life gevra om die lewens van diegene wat teen kanker gestry het, te gedenk. “Die krag van die oorlewendes inspireer andere om met die stryd voort te gaan.” Dit was vir hom vanjaar ‘n eer om saam met ander oorlewendes ‘n ere-rondte om die baan te kon stap.
Kansa deur die jare 1930 - 1950
• Die Stigters se aanvangspunt was om kanker te registreer en om kankersentrums en –klinieke landswyd op te rig waar kenners optimale opsies aangaande behandeling en diagnostiese metodes kon ondersoek. • Vordering is vertraag deur die Groot Depressie en die Tweede Wêreldoorlog, maar het weer 1950’s voortgegaan toe die Vereniging opvoedkundige programme beskikbaar gestel het. Hierdie programme het gehandel oor die belangrikheid van die vroeë opsporing van kanker en ‘n gesonde leefwyse. • Kliniese fasiliteite vir die vroeë opsporing van kanker van die baarmoeder is gestig en ‘n laboratorium in Durban het jaarliks nagenoeg 70 000 papsmere behartig. • Dr George Oettlé was die eerste navorser van kanker wat in 1958 ‘n subsidie van KANSA ontvang het om programme oor navorsing oor kanker in Suid-Afrika te inisieer.
1970
• ‘n Innoverende opvoedkundige en fondsinsamelings inisiatief met die naam van ‘Toktokkie’ (ook bekend as ‘Tap-Tap’) is landswyd van stapel gestuur. • Subsidies en skenkings vir navorsing by verskeie groot universiteite en navorsingsentrums het voortgeduur. Navorsing in Suid-Afrika was gelykstaande aan navorsing regoor die wêreld. Dit het dit vir Suid-Afrikaanse terapeute bemagtig om die graad van terapie vir kankerpasiënte voortdurend te verbeter en aan te pas. • Gemeenskapdienste is uitgebrei en ‘n volledige sorgprogram is ontwikkel om kankerpasiënte en hul gesinne by te staan – vanaf die diagnose tot en met die terminale fase en ontvalling van sekere pasiënte. Dokters, verpleegsters, maatskaplike werkers, predikante en vrywilligers was almal betrokke by
hierdie inisiatiewe. • Vrywilligers het deel gevorm van die ‘Ek kan dit Hanteer’-programme wat ontwerp is om kankerpasiënte en hul naasbestaandes te help om die diagnose en siekteverloop van kanker te aanvaar. Ander ondersteuninggroepe soos Reik na Herstel (Reach for Recovery) vir pasiënte met borskanker en kankeroorwinnaars is gestig.
2000
KANSA streef daarna om seker te maak dat die stryd teen kanker een van die beleidmakers se top-prioriteite is. • Die Vereniging bevorder die korrekte etikettering van produkte – veral van trans-vette – wat gegrond is op wetenskaplike bevindinge. • KANSA vra vir die publiek en die regering om kinders te beskerm teen skadelike chemikalieë soos BPA in speelgoed en bababottels. • Die nuwe gesondheidsveldtogte word bekendgestel: Mansgesondheid, Gesondheid van Vroue en die Gesondheid van die jeug en kinders. • KANSA het sy visie verander na die boodskap van: “Stel jou voor ‘n wêreld sonder kanker.” • KANSA se ‘Tough Living with Cancer (TLC)’ is bekendgestel. Die hoofdoel van TLC is om bewustheid van kinderkanker te kweek en om tasbare sorg- en ondersteuningsdienste te verskaf aan kinders en hul gesinne wat deur kanker geraak word. • In 2015 vereer KANSA Professor Michael Kew met ‘n Lifetime Achievement Award vir sy bydrae en kennis van primêre lewerkanker. Danksy sy werk is daar ‘n verband tussen Hepatitis B en lewerkanker ontdek, gevolg deur ‘n entstof wat lewens red. KANSA is trots daarop dat ons prof Kew se navorsing vir meer as 30 jaar kon befonds. • Tuistes is geopen vir ouers of voogde wie se kinders behandeling vir kanker ondergaan. Daar is tuistes in Pretoria, Durban en Polokwane plus ondersteuningkamers in Kimberley en Port Elizabeth.
NUUS • NEWS
8 Maart 2017
Gesondheid: Kansa • Relay for Life
Kansa vier 85 jaar van diens aan gemeenskappe Malmesbury span saam in Relay for Life
R236 000 met Relay for Life ingesamel Die energie wat uit vanjaar se deelnemers aan die deurnag-staptog van KANSA se Relay for Life gestraal het, is op die baan gevoel. Só vertel Letitia van Rensburg van die KANSA-kantoor op Malmesbury. Die organiseerders van dié jaar se geleentheid wat soos oudergewoonte op Hoërskool Swartland se sportveld plaasgevind het, is baie tevrede met verrigtinge, veral ná ‘n hartroerende seremonie en aktiewe spanne wat tot 05:00 die oggend aanhou stap het. Die geleentheid word as ‘n "fenominale poging deur die gemeenskap" beskryf.
Altesaam 60 spanne het Saterdag hul ondersteuning kom wys en 136 oorwinnaars het om die baan gestap. Die Marais Supporting Team van Dolly Marais en familielede, het egter vir ‘n negende jaar die kroon gevat as die span wat die meeste geld ingesamel het. Dié span het daarin geslaag om R77 000 in te samel, wat R8500 meer as verlede jaar se bedrag was. Die totale bedrag wat sover bekend is, is R236 000. Volgens Van Rensburg, glo hulle hul teiken sal gehaal word, soos geld nog inkom.
9
10
Gesondheid: Gloukoomweek
NUUS • NEWS
8 Maart 2017
Wat is gloukoom? Die oë is die vensters na die siel en as kind is ons baie deur ons ouers gemaan om hierdie kykers op te pas. Hierdie maand val die fokus op gloukoom en ons het aangeklop by verskeie kenners om inligting hieroor in te win. Willem Niksch, oogkundige van Specsavers, deel sy kennis. "Meeste mense het al gehoor van gloukoom, maar daar is nie veel wat regtig weet wat dit is nie. Realiteit is dat top-wetenskaplikes en mediese navorsers nie alles weet aangaande gloukoom nie. Hier is sommige van die inligting wat ons wel weet; Gloukoom is ‘n groep oogsiektes wat lei na optiese senuwee-skade en visie-verlies. Daar is verskillende tipes gloukoom en elkeen werk op verskillende maniere, maar een ding verenig alle tipes gloukoom: Die optiese senuwee wat die boodskappe van die oog na die brein vervoer, word vernietig. Die vernietiging is oor die algemeen stadig en pynloos, maar in sommige soorte gloukoom kan dit baie vinnig gebeur met akute hoofpyne en stralekranse (halo’s) om ligte. Skade aan die optiese senuwee veroorsaak permanente visie-verlies en daarom is gloukoom so ‘n verwoestende oogsiekte. Ons kan die tipes gloukoom opdeel in Oophoek en Geslotehoek-gloukoom. Die hoek verwys na waar die iris (kleur van die oog) en die kornea (venster van die oog) ontmoet. Daar is verder Normale Druk-gloukoom, Kongenitale-gloukoom en 'n hele reeks sekondêre gloukoom. Primêre oophoek-gloukoom (POG) is die mees algemene tipe gloukoom en word tipies
veroorsaak deur hoë druk wat in oogbal opbou. Daar is ‘n vloeistof genoem Aqueous Humor wat in die oog vervaardig word om voeding te lewer aan interne komponente van die oog, soos die ooglens en kornea. Indien te veel vloeistof vervaardig word, of te veel word behou binne oog in plaas gedreineer, veroorsaak dit verhoogde druk binne die oog wat oorgedra word aan die delikate optiese senuwee en veroorsaak sodoende skade. POG ontwikkel stadig en is ‘n lewenslange toestand. Die simptome en skade word gewoonlik nie deur 'n persoon opgemerk nie, tensy eindstadium van gloukoom bereik word. Dit is belangrik om te weet dat nie alle tipe gloukoom gepaardgaan met abnormale hoë druk nie – in Normale Druk-gloukoom ontwikkel progressiewe skade aan optiese senuwee ten spyte van oogdrukke in die normale reeks (1021mmHg). Almal het 'n inherente risiko om gloukoom te ontwikkel, maar sekere groepe het 'n hoër risiko as ander. Persone van Afrika-herkoms is meer geneig tot Primêre Oophoek-gloukoom as persone van Europese-herkoms. Primêre Oophoek-gloukoom is geneties oordraagbaar. Indien lede van jou direkte familie dié tipe gloukoom het, is u risiko hoër as die res van die populasie om gloukoom te ontwikkel. Gloukoom is baie meer algemeen onder ouer persone (60 jaar en ouer). Gloukoom is progressief, wat beteken dat u dit nie dalk nou het nie, maar dit mag ontwikkel oor paar jaar – die enigste ware manier om dit te identifiseer, is om veranderinge oor die jare te monitor.
Katarak of gloukoom?
Hoe sien jy as jy ’n katarak het? Dit voel asof jy deur ’n vuil ruit kyk. Alles lyk en vertoon vir jou dof. Jy sien minder detail. As jy na ’n plant kyk, sien jy die loof as lig- en skadukolle, terwyl jy moeilik die blaarrand, stingels en ander detail en selfs die skakerings van groen onderskei. Kleure lyk vir jou verbleik en geler as vir ander mense. Skerp lig maak jou oë seer en jy sien moeilik as jy snags moet bestuur. Hoe sien jy as gloukoom het?
Die sig na die kante van jou lyf verloor jy stelselmatig. As jy vorentoe kyk en jou arms na weerskante uitstrek en jou vingers beweeg, kan jy jou vingers sien sonder om jou kop of oë te draai. Mense sonder gloukoom het ’n 180 grade visie – 90 grade na elke kant. As jy gloukoom het, kan jy jou vingers eers sien as jy jou arms vorentoe beweeg. Hoe meer gevorderd jou gloukoom is, hoe nader moet jou arms na mekaar beweeg voor jy jou vingers kan sien.
Kontak ons by 022 487 3221 om in ons volgende gesondheidsbylaag te adverteer of stuur 'n epos na ads@diecourant.co.za.
NUUS • NEWS
Indentifisering
Gloukoom word identifiseer deur volledige familiegeskiedenis en deur vyf algemene toetse naamlik: Tonometrie – deur die druk van die oogbal te meet met nie-kontak oogdrukmeter as vinnige siftingsmetode, maar verkieslik met oogdrukmeter wat aan kornea raak. Die hoek waar iris met kornea ontmoet te ondersoek – deur verskeie metodes, maar beste met kontaklens met spieël wat op verdoofde kornea geplaas word om die hoek sodoende te ondersoek. Die vorm en kleur van optiese senuwee deeglik te ondersoek – met verskeie binokulêre instrumente en verkieslik fotodokumentasie. Die dikte van die kornea te meet – meeste oogdrukmeters is gekalibreer vir gemiddelde dikte kornea en lesing mag anders wees indien jou kornea dunner of dikker as die gemiddelde is. Visuele veld te meet – om enige verlies of uitval van die velde te identifiseer
8 Maart 2017
Laser-behandeling: Hierdie behandeling word as die stap tussen druppels en chirurgie gebruik. Die mees algemene laser-behandeling wat gebruik word, is "trabeculoplasty". Die prosedure neem 10 tot 15 minute, is pynloos en kan in sommige spreekkamers gedoen word. Hier word ‘n hoë energie ligstraal op die oog se dreineringstelsel gefokus en verander dit sodat die
11
Analise van die senuweevesels – dit is ‘n baie sensitiewe metode om vroëe skade aan die senuweevesels te identifiseer. Gloukoom is progressief, wat beteken dat u dit dalk nie nou het nie, maar dit mag ontwikkel oor 'n paar jaar – die enigste ware manier om dit te identifiseer is om veranderinge oor jare te monitor. - Willem Niksch Specsavers
Beskikbare behandelings
Oogdruppels: Hierdie is gewoonlik die eerste vorm van behandeling en die een wat die meeste gebruik word. Die oogdruppels moet gewoonlik tussen een en vier keer per dag ingegooi word. Aangesien oogdruppels in die bloedstroom geabsorbeer word, is dit belangrik om seker te maak dat dit nie bots met ander sistemiese medikasie nie. Dit moet ook op die dieselfde tyd elke dag ingegooi word en nooit gestaak word sonder dat die oogspesialis daarvan bewus is nie. Die druppels kan soms irritasie veroorsaak en soms is dit nodig om verskeie soorte uit te toets.
Gesondheid: Gloukoomweek
vloeistof makliker kan uitvloei wat dan weer die oogdruk sal verlaag. Daar is verskeie ander laser-behandelings wat ook gebruik word en sluit in: Argon laser-trabeculoplasty; Selektiewe lasertrabeculoplasty en Laser perifere-iridotomie. Chirurgie: Wanneer medikasie en laser-behandeling nie die oogdruk verlig nie, sal ‘n oogspesialis dalk chirurgie voorstel. Die mees algemene is trabekulektomie. In hierdie prosedure word daar ‘n gang gemaak in die sklera (die wit deel van die oog) sodat oortollige vloeistof kan dreineer. In omtrent 50% van die pasiënte is ander behandeling na die chirurgie nie nodig nie. Ander sluit ook in trabekulotomie, viscocanalostomy, diep skerale chirurgie, en trabekulêre stent-bypass. In ‘n oogsiekte soos gloukoom, is voorsorg beter as nasorg en is dit belangrik om gereeld vir ‘n oogtoets te gaan, sodat dit vroegtydig opgetel en verwys kan word. - Jessica Grobbelaar Bierman Grobbelaar Oogkundiges
Die vergelykende diagram dui op die vordering van gloukoom en hoe dit die pasiënt se visie oor 'n tydperk aanraak.
Risikofaktore
Ivan Goldberg (bekende oftalmoloog) het gesê: ”ONTWAAK, gloukoom word die sluipende dief van gesigsvermoë genoem, omdat daar geen simptome is nie. Dit is ‘n stadige, bestendige proses wat sonder enige waarskuwing die senuwee, wat die oog met die brein verbind, beskadig. Gloukoom is ‘n groep van oogsiektes, wat gewoonlik met ‘n verhoogde oogdruk gepaard gaan. Gloukoom is een van die hoof-oorsake van blindheid. Jou oë kan heeltemal gesond voel, maar tog kan jy ernstige gloukoom hê. Wat is die risikofaktore vir die ontwikkeling van gloukoom? Gloukoom gaan gewoonlik gepaard met ‘n ouderdom van bo 40 jr, ras, asook ‘n familie geskiedenis van gloukoom. Baie mense, wat nie
in die genoemde risiko-groepe val nie, ontwikkel steeds gloukoom. Dit is belangrik om ten minste eenkeer in twee jaar vir ‘n volledige oogtoets te gaan. Tydens die oogtoets word die oogdrukke gemeet, en word die fundus van die oog ondersoek vir tekens van gloukoom. Gloukoom kan met medikasie beheer word, maar die skade wat aan die senuwee gedoen is, kan nie omgekeer word nie. Om hierdie rede is dit belangrik dat gloukoom vroeg opgespoor word. Indien iemand goed regkom met die “apteekbrilletjies”, maak asseblief net seker dat U vir ‘n oogtoets gaan, om die risiko van gloukoom uit te skakel. - Neels Hattingh Hatting en van der Westhuizen Oogkundiges
12
NUUS • NEWS
8 Maart 2017
Wesbank:
Die eerstespan van die Wesbank Rugbyklub van Malmesbury het Saterdag skoonskip gemaak in hul vriendskaplike wedstryd teen Young Peoples van die Paarl. Die amptelike liga-wedstryde skop die naweek af en dié courant se rugbykenner, Abri Adonis, het sy voorspellings vir die seisoen gemaak. (Lees volledige berig agter.) Die twee plaaslike klubs van Abbotsdale en Wesbank pak mekaar dié naweek in hul eerste ligawedstryde van die seisoen. Foto: David Howburg
Spelers kry wind van voor in rolbal-uitdaag
Saterdag is die kaf behoorlik van die koring geskei. Ongelukkig was Malmesbury se rolbal-room die kaf en verloor hulle met 1-14 en met 40 skote teenoor 93. In die eerste stel het Hennie Botha, Dave Walker, Robin Deyzel en Jack van der Westhuizen nog ‘n sprankie hoop gehad deur 13-9 te wen, maar selfs toe was die skrif al aan die muur toe hulle op die tweede laaste skof ses skote afgegee het. In die tweede stel verloor hulle 6-19, maar erken dat die opposisie net baie beter gespeel het. Die feit dat hulle die een stel gewen het, lyk of hulle die onttrekking van Terry Shimmin aan die kompetisie goed verwerk het en die mas sal kan opkom in die laaste wedstryd. Peter Hall, Pieter Willemse, Martin Louw en Fred van Dongen verloor 3-19 en 6-10 en was op ‘n stadium net 5-6 agter in die laaste stel. Ook hier het die opponente onwrikbaar die skroewe aangedraai en telkens die bietjie hoop wat daar miskien kon wees verydel met briljante spel om net weer hul stempel af te druk. Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Kobus
Marais en Stuart Halvorsen se wedstryd het met sterk kompetisie begin en is 0-13 agter na vyfskofte, veg bietjie terug tot 3-13 net om op die voorlaaste skof sewe skote af te staan en gaan drink tee op 4-21! In die tweede skof loop hulle selfs 5-3 voor, maar niks verloop in hulle guns nie en met een skof oor het hulle nog ‘n skrale kans op 8-10. Altus dryf om die witbal in Malmesbury se guns te skuif, maar die geluksgodin besluit anders en die witbal deflekteer vanaf ‘n bal vorentoe en Durbanville lê ewe skielik vyf skote om die doodskis finaal toe te spyker met 8-15. Veral die derde en skipper teen hulle kon nooit ‘n voet verkeerd sit nie en lewer uitstaande spel. Volgens Roux Vermeulen was die uitslag uiteraard teleurstellend, maar sal Malmesbury steeds die seisoen afsluit in die vierde plek. Saterdag is die finale liga-bepaling weg teen Strand, wat ook ‘n taai wedstryd gaan wees, en behoort die span weer op volsterkte te wees met Daniël Griebenauw en Matie van Heerden terug. • Dr. Roux Vermeulen
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
NUUS • NEWS
13
8 Maart 2017
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
Boland:
Dié atlete van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het by die afgelope Boland-byeenkoms medaljes gewen. Agter: Dillon Oppelt (s.14) 100m hekkies tweede en 300m hekkies derde, Sam Walters (s.19) 110m hekkies eerste en Louis de Jager (s.15) 400m eerste en 300m hekkies tweede. Voor: Kara Jordaan (d.15) hoogspring derde en Inge von Wielligh (d.15) diskusgooi eerste. Die Wes-Kaapspan word môre aangekondig.
IMPORTANT NOTICE FORM 30 NOTICE OF INTENTION TO APPLY IN TERMS OF SECTION 66(2) FOR THE PERMANENT/TEMPORARY REMOVAL OF A LICENCE - [REG. 33(2)] Notice is hereby given that it is the intention to lodge the above-mentioned application, particulars of which appear hereunder, with the Western Cape Liquor Authority and the designated liquor officer or officers referred to in regulation 32(1).
VORM 30 KENNISGEWING VAN VOORNEME OM INGEVOLGE ARTIKEL 66(2) AANSOEK TE DOEN OM DIE PERMANENTE OF TYDELIKE VERWYDERING VAN ’N LISENSIE- [REG. 33(2)] Kennisgewing geskied hiermee dat dit die voorneme is om bovermelde aansoek, waarvan die besonderhede hieronder verskyn, by die Wes-Kaapse Drankowerheid en die aangewese drankbeampte of beamptes soos na verwys in regulasie 32(1) in te dien.
IFOMU 30 ISAZISO SENJONGO YOKUFAKA ISICELO NGOKWECANDELO 66(2) SOKUSUSWA KWEPHEPHA MVUME LESIGXINA/ETHUTYANA - [REG. 33(2)] Isaziso senjongo yokufaka isicelo esikhankanywe ngentla, inkcukacha zaso zichazwe apha ngezantsi, sifakwa kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni kunye negosa elijongene nemiba engotywala okanye amagosa ekuthethwa ngawo kumqathango 32(1).
Full name, street and postal address of applicant
Kind of licence to be removed
Kind of liquor to be sold
Full address of licenced premises and municipality in which situated
Name under which business is to be conducted and full address of other premises
Determinations, consents, approvals or authorities applied for
Volle naam, straat en posadres van aansoeker
Tipe lisensie wat verwyder moet word
Tipe drank wat verkoop moet word
Volle adres van gelisensieerde perseel en munisipaliteit waar dit geleë is
Naam waaronder besigheid bedryf sal word en volledige adres van ander perseel
Bepalings, toestemming, goedkeuring van magtiging waarvoor aansoek gedoen word
Amagama, apheleleyo, Idilesi yesitalato neyeposi yalowo ofaka isicelo
Uhlobo lwephepha - mvume omalususwe
Uhlobo lotywala obuzakuthengisa
Idilesi epheleleyo yesakhiwo esinephepha mvume nomasipala esikuwo
Igama ishishini elizokushishina phantsi kwalo kunye nedilesi epheleleyo yesinye isakhiwo
Izigqibo, unikezelo, imvume okanye namagunya anikezelwayo acelwayo
Befit Investments (Pty) Ltd PO Box 785 Malmesbury 7300
Off-consumption
All kinds of liquor
Erf 7651 Shop 23 De Bron Centre 55 Voortrekker Road Malmesbury 7300
Pick n Pay Liquor (Malmesbury) Erf 7651 Shop 19 De Bron Centre 55 Voortrekker Road Malmesbury 7300
Removal
5 Constantia Street Paarl 7646
Swartland Municipality
14
8 Maart 2017
Tennis:
Die vrouespan van die Malmesbury Tennisklub het Saterdag tuis teen die span van Rekreasie te staan gekom. Gabi Rose van Malmesbury het haar wedstryd gewen. Sien uitslae agter.
NUUS • NEWS
NUUS • NEWS BETREKKINGS VACANCIES
Lutea Parfuum benodig selfgemotiveerde bemarkers met ‘n passie vir parfuum. Kontak Thea– 0833088143 / lutea@ lantic.net #4091 ------------------------------------DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Huur van kinderpartytjiedekor, springkastele, waterglybane. Druk van versiersuiker-papier (schweet sheets). Kontak 078 544 2038/elsa@ abcpartytjies.co.za #3463 ----DUPPIE'S TUINDIENSTE vir snoei van takke, struike en verwyder van blare en tuinvullis. Dinsdae en Vrydae Moorreesburg. Skakel 083 533 4554 #4029 ------------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 -----Bachelor woonstel/Kamer aan huis vir enkellopende jongman. Verkieslik gemeubileerd in dorp/plaas. Kontak 083 723 7259 #4030 ------------------------------------TE HUUR TO LET Kommersiële gebou te huur, Burgstraat 3 Malmesbury. Vir meer inligting kontak Mev Buhr by 082 328 2211. Bedrag R9 000,00 pm (BTW uitgesluit). Grootte: 200m². Beskikbaar 1 April 2017 #3462 --------------------------------TE KOOP FOR SALE Visvingers R48/kg; Viskoekies R48/kg; Krummelvis R40 per pak; Stokvis Fillets + Porsies R60/kg; Groot Snoek vanaf R80-R110 elk. Skakel 022 487 3265 /084 250 2460 #3905 --------------------------------GELUKWENSING CONGRATULATIONS
10 Maart - Wie word 16? Geluk met jou verjaarsdag. God se rykste seën. Geniet jou dag. Liefde - Ma, Pa, ant Ounoi en susters #4031 -------------------------------------
COLETTE MAJIET - 21 op 5 Maart 2017. Baie geluk met jou mondigwording. Ons is baie lief vir jou Daddy, Mammie, susters, swaer en kinders #4032 -------------------------------------
SHEENA LATEGAN - 3 Maart. Geluk met jou 28ste verjaarsdag. Bly die wonderlike dogter wat jy is. Baie liefde - Mammie, Daddy, Atta en Afthen #4033
Baie geluk met Mammie se verjaarsdag. Ons waardeer alles wat mammie vir ons doen. Liefde - Shameez, Shereez & Jordan #4034 ----Baie geluk met jou geboortedag. Koester gister se oomblikke, maar leef vir vandag.Liefde: Jamy, Marquin + Kinders #4035 -------------------------------------
JAIMI-LEE - Happy Birthday. Have a nice and blessed day. We will always love you - Mom, Dad and Jayden #4036 ---------------------------------
JEMIN JANAY ARENDS - Baie geluk met jou verjaardag op 2 Maart. Lekker verjaar - Arends gesin, Mammie, Noenas, Ouma, Nanna & Lexi #4037 ---------------------------------
LAKESHIA LATASHA GARSHÉ MANUEL. Ons blompot is 5 jaar oud op 3 Maart. Baie geluk. Liefde - Marang gesin, Mammie, Pappie, Ouma en Oupa #4038 ---------------------------------
ASHWILL MARTIN MANUEL - Baie geluk met jou verjaardag op 2 Maart. Geniet jou dag Ouma, Oupa, Mammie, Peetma, Suster en Broer #4039 ---------------------------------
Look who turned 11 on 1 March. Happy belated birthday MARIANDRÉ. God bless. From: Mom, Dad, brother and sister #4040 ---------------------------------
MALITÉ BRINK - Kyk wie raak 18. Geluk met jou geboortedag. Mag dit geseënd wees en geniet dit. Liefde - Daddy, Tietie, Caithlin & Angie #4041 -----Veels geluk liewe maatjie met jou 18de verjaarsdag. Ons is klomp lief vir jou van Alisha, Zenobia, Micole en Gurshwin #4081 ---------------------------------
15
8 Maart 2017
MARTHINUS - 11 Maart. Baie geluk met jou geboortedag. Lekker verjaar- jou seun Martino #4042 ---------------------------------
Happy Ninth birthday KURTLEY DE KLERK. May you have a blessed day. Lots of love - Ma and family #4043 ------------------------------
COHEN FRANSMAN - Guess who's six on 6 March. Happy birthday Cohen. From: Mamma, Dadda & Jade. We love you lots! #4044 ----Happy crown birthday. Have a fabulous and wonderful day. With lots of love - Mummy, Brezano & Waylon #4045 ----Happy birthday my chomma. Enjoy it. With love - Aunty Fransie, Ferryn, Revin & Senita #4046 ----Happy Birthday Cohen. From Aunty Ancka, Mikyle and Lemischa #4047 ----Happy Birthday Cohen. From Aunty Nicky, Donique, Zach & Zetah-Lee #4048 ------------------------------
VALENTINO JANTJIES - Ses op 6 Maart. Baie geluk met jou kroonverjaarsdag ons liefde! Mamma (Nadia) en Dadda (Andrew) #4049 ---------------------------------
AUGUST NOËL - 10 Maart. Veels geluk met Pa en Oupa se verjaarsdag. Mag God nog vele jare by jou lewe voeg. Van: kinders & kleinkinders #4050 ---------------------------------
WILLANDRY - Geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy geniet jou dag. Van Pietersen en Titus gesin #4092 ---------------------------------
JAPIE - 50 on 9 March Wishing a Happy Birthday to the man I love and best friend. Enjoy, your wife Hanna #4051 ---------------------------------
Baie geluk met OUPA TITUS se 80ste verjaarsdag. Hoop oupa gaan die dag geniet. Van: Skoonseuns, Preston, Yolanda, Willanery & Amy #4052 ----Baie geluk Oupa met u verjaardag. Geniet 'n geseënde en voorspoedige nuwe lewensjaar - Kinders , kleinkinders en agter-kleinkinders #4053 ---------------------------------
PHAYTON - 14 March. Happy bday. Love you. From: Mommy and Zahira #4054 ---------------------------------
Veels geluk TAMMY-ANN met jou 21ste verjaarsdag op 9 Maart 2017. Ons bid jou alles wat mooi is toe. Liefde - Pappa en Mamma #4055 ----Veels geluk Tammy-Ann met jou verjaardag. Mag God jou ryklik seën. Van: Martino, Theonique, Myron & Michel-Lé #4056 ---------------------------------
SHANNON - Baie geluk met jou verjaardag op 10 Maart. Bly die pragtige vrou wat jy is. Baie lief vir jou - Cupido en Damonse familie #4057 ---------------------------------
Daniels met jou geboortedag. Liefde - Miranda, Johnny en Mellisa #4060 ----Baie geluk met jou verjaarsdag. Met liefde van jou Ouma Dawn en Williams gesin #4061 ----Dit is jou verjaardag Peter-John. Alles wat mooi is. Van: Nita, Selwyn, Zena, Zaydan, Zeetavan Wynberg & Arendse familie #4062 ----Veels geluk Peter-John met jou geboortedag. Jy moet 'n mooi dag het. Van: Gwennie en Boy. Adams familie #4063 ----Jy is 10 jaar oud. Gespaar deur ons Hemelse Meester. Mag daar vele jare wees. Van: Retta Daniels #4064 ----Baie geluk met jou verjaarsdag Peter-John Daniels. Lekker verjaar. Van: Otto famile. Jodene, Clinton en Micyle #4065 ---------------------------------
Baie geluk BRONWYN ARENDSE (Broni) met jou geboortedag. Dit kom van jou hele familie, William, Adams, Daniels & Persens #4066 ----Veels geluk Bronwyn (Broni) Mag daar nog vele mooi jare wees. Van: Mammie, De, Shane, Sternia en Shane Junior #4067 ---------------------------------
SUSANNA CUPIDO - Baie geluk op Mammie se spesiale daggie. Dankie vir al die jare se harde werk. Ons is lief vir Mammie - Noeska en Devandré #4068 ------------------------------
Raai wie word vyf jaar DEVONTY. Baie geluk met jou verjaarsdag. Van: jou tannie Janette, Shilohen & Mohammad #4069 ---------------------------------
Raai wie word 50 op 9 Maart. Baie geluk met jou verjaarsdag. Geniet elke oomblik daarvan. Van Hanicka Anwar Donita Déoné #4058 ---------------------------------
MARY-JANE - 'n Mooie 16 jaar geword op 5 Maart. Mag die Here jou in die hand van bewaring hou. Liefde - Jou ma en broers #4083 ---------------------------------
PETER-JOHN DANIELS 7 Maart 2017. Veels geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare uitspaar. Mammie, Pappie en Tayrem #4059 ----Baie geluk Peter-John
ANDY (Skapsous) JANTJIES - Baie geluk Pa, Oupa en 'n sexy man op 5 Maart met jou verjaardag. Van: Sanna, kinders en kleinkinders #4089 ---------------------------------
Jy is ons dierbare geskenk van God. 365 Dae van liefde en vreugde. Gelukkige 1ste verjaarsdag REMARIO! Liefde Ma en gesin. #4084 --------------------------------Baie geluk met jou 15de verjaarsdag LEONARDO. God seën. Geniet dit! Van: Ma, Pa, suster en broer. #4085 --------------------------------Dierbare tannie, Baie geluk met jou verjaarsdag auntie ADELE. Mag God jou ryklik seën. Lekker verjaar! Van: Ouboet en gesin #4086 ---------------------------------
MICHÉ - Raai wie word een. Geluk met jou eerste verjaarsdag op 13 Maart 2017. Baie liefies - Mamma, Daddy, suster, Boeta, Ouma en twee Oupas #4087 ---------------------------------
JAYLON - Geluk en geniet jou dag op Sondag. Ons is baie lief vir jou. Van: Daddy, Ouma Mina, Oupa Pietie, Tubby, Amor, Monkie, Sass --------------------------------MEMORIUM IN MEMORIAM
MAGRIETA JACKSON (Ouma) 8 Maart 2017 - Die gemis raak erger. Ons trane rol nog elke dag. Liefde - Anneline, Ricardo en kinders ----Mamma hoe graag wil ons u net 'n drukkie gee. God het u meer nodig. Liefde - Bettie, Gert, kinders en kleinkinders ----Op 8 Maart is dit jou derde verjaardag in die hemel. Mis jou moederliefde. Van: Trish Deacon #4070 ---------------------------------
LEE GRANT BASSON (Soute)-10 March 1992. Happy 1st birthday in heaven.May the angels sings to you in the most joyous way - Mom & Dad #4071 ----Sending you a special birthday wish to heaven. May all your heavenly wishes come true! Miss you-Sheena, Afthen-Atta #4072 ----Happy birthday to our guardian angel.We call him dad and uncle. We love and miss you - Jordan-Lee, Shameez, Shereez #4073 ---We will truly treasure the
wonderfull memories we have shared.Gone but not forgotten. Love: Jamy, Marquin + Kids #4074 ------------------------------
ANDREW (DYS) ARENDSE - Op 10 Maart is jou derde verjaarsdag weg van ons. Die gemis is nog groot. Liefde - Angelene Anzlin en Liam #4075 ------------------------------
THORA LATEGAN - Hoe graag wou ons 'n handdruk gee op jou 60ste verjaarsdag op 9 Maart. God het anders besluit Etienne & gesin #4076 ---------------------------------
MARIA SAMPSON - 13 Maart. Reeds ses jaar weg van ons. Die verlange is nog steeds daar. Mis u baie. Van: Frans, dogter en kleinkind #4077 ------------------------------
FRIKKIE - My Pa, 7 Maart, nege jaar van ons geskei, Voel nog soos gister. Van: Jou dogter, Janette en kleindogter Sementha #4078 ------------------------------
JAMES ADONIS - Op 4 Maart is jy twee jaar weg van ons. Mis jou elke dag - Jou broers en susters #4082 ---------------------------------
NICOLAAS DAMON 09 Maart. Ons is al vier jaar van mekaar geskei. Ons velang nog baie na jou. Liefde Seun & gesin #4088 ----Dis al vier jaar wat Pa/ Oupa van ons weg geneem is. In ons harte leef Pa/Oupa nog voort. Van Sony, John, kinders en kleinkinders. #4090 --------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY
DORIS NERO (PEARLY) 13/05/1953 tot 01/03/2017 Troosdiens: Woens-dag, 8 Maart om 19:00 by
Akasialaan 26. Begrafnisdiens op Saterdag, 11 Maart. Besigtiging by Akasialaan 26 om 09:00 en kerkdiens om 10:00 by Baptiste (Malmesbury) #4079 -----Met hartseer neem ons afskeid van 'n geliefde. Dankie vir die mooi herinneringe wat vir ons nagelaat is. R.I.V - Familie en vriende #4080 ------------------------------
16
courant
NUUS • NEWS
dié
8 Maart 2017
SWARTLAND SPORT
Tel: 022 487 3221
8 Maar t 2017
Swemmers spook sake uit
Sportuitslae Sports results TENNIS
Die swemmers van die Swartland Swemklub het Vrydag in die water hul slag gewys in die klub se jaarlikse swemgala. In die oggend het die jonger lede torts gewys wat hulle die afgelope seisoen geleer en baasgeraak het, terwyl die senior swemmers mekaar in die bane uitgedaag het.
•BOLAND RUGBY SE LIGAWEDSTRYDE SKOP AF
Spanne vuur op alle silinders •Abri Adonis
Die Groot Uitdaag-beker se Swartwes-afdeling van die Boland Rugbyunie, se liga wedstryde skop hierdie naweek af met n paar taai, smullekker wedstryde wat waarskynlik wye belangstelling, verder as die Swartland-streek sal lok. Met die liga wat hierdie jaar verklein is na slegs nege spanne, sal die kompetisie om oorlewing net so groot wees soos dié om die kampioenskap. Wesbank RVK open hul liga-verpligtinge Saterdag met 'n tuis-wedstryd teen hul buurspan van Abbotsdale. Wesbank het verlede jaar redelik wipplank gery met betrekking tot vorm en sal dus hierdie jaar wil verseker dat hulle weer op alle silinders vuur en hul regmatige plek onder die streek se top-spanne terugneem. Die voorseisoen was 'n duidelike teken dat Wesbank hierdie seisoen groot amok gaan maak met nuwe aanwinste soos Denzil “Lastag” Adams, Flippie Jacobs en Lingisi Nlani wat reeds verwoesting saai in die rooi en wit. Abbotsdale het verlede jaar gesukkel maar die laaste paar wedstryde gewys dat hul steeds kompeterend kan wees en met die groot honde kan blaf. Dit is nou moeilik om te sien dat Abbotsdale
in die openingstryd die rooi en wit stoomtrein sal stop. Wesbank is altyd moeilik om te klop op hul tuisveld, maar Abbotsdale behoort hulle hard te laat hard werk vir 'n oorwinning. Wesbank behoort die stryd te wen met minder as tien punte. Never Despair RVK van Malmesbury reis Saterdag na St Helenabaai om die vissermanne aan te durf. Never Despair het verlede jaar 'n nagmerrie seisoen beleef toe hulle gesukkel het om aan die gang te kom. Die Tier behoort vanjaar meer gefokus te wees en sal sy tande wil slyp vir 'n onwaarskynlike wen op St Helenabaai se tuisveld. St Helena, inteendeel, het die afgelope paar seisoene gewys dat hulle enige span op enige dag kan klop en behoort ook die groot gunsteling te wees in hierdie stryd. St Helena is nie 'n maklike neut om te kraak op sy tuisveld nie, maar Never Despair behoort Saterdag vir die eerste skok van die seisoen te sorg deur St Helenabaai op sy tuisveld te klop met minder as sewe punte. Darling RVK, wat verlede jaar 'n groot impak gemaak het in die top-liga deur af te reken met 'n paar groot kannone, maar ook later lelik uitgesak het met sewe agtereenvolgende nederlae, behoort hierdie seisoen beter te vaar. Hulle durf die Swartwes-kampioen, Saldanha,
aan wat verlede jaar onoorwonne was tot hulle oor die laaste hekkie gestruikel het in die finaal. Saldanha, onder leiding van Randall Julies, voormalige SWD- en Stormer-speler, het ook die voorseisoen gewys dat hulle gereed is om voort te bou op verlede jaar se goeie vertonings. Dis moeilik om te sien dat hulle hierdie jaar weer onoorwonne sal wees en Darling sal 'n ware toets vir die kampioenspan wees met hul onvoorspelbare rugbyspel. Saldanha behoort egter net-net te sterk te wees vir die melkboere en behoort hierdie wedstryd met minder as tien punte te wen. Vredenburg reis Saterdag na hul buurdorp, Velddrif, vir 'n wedstryd wat gewen sal word deur die span wat dit die meeste wil hê. Velddrif sal gebruik wil maak van hul tuisveldvoordeel en Vredenburg wil knou met aanvallende rugby. Vredenburg spog hierdie jaar met 'n paar talentvolle jong spelers en dit behoort net die regte doepa te wees vir 'n wen-uitslag van minder as 15 punte. Mamre, wie op die voorstoep staan van 'n baie groot en uitdagende jaar, geniet hierdie naweek 'n blaaskans, ná 'n tawwe paar vriendskaplike wedstryde en sal dus ander uitslae fyn dophou om te verseker hulle bou die regte strategie vir die komende seisoen.
Malmesbury Dames A verloor teen Rekreasie 3 wedstryde teen 2 Kim Cloete k Dalene de Vries 7/5 ; 6/2 Gabi Rose k Nicolene Vd Walt 3/6 ; 6/4 ; 10/4 Antonette Snyman & Lynette Miller v Rennie Rose-Innes & Lise De Klerk 0/6 ; 3/6 Kim Cloete & Gabi Rose v Rennie Rose-Innes & Lise De Klerk 54/7 ; 5/7 Antonette Snyman & Lynette Miller v Dalene de Vries & Nicolene vd Walt 0/6 ; 1/6 Malmesbury Mans A verloor teen Rekreasie 5 wedstryde teen 0. Braam Isaacs v Daniel du Toit 2/6 ; 1/6 Dmitri Marais v Nelius Lubbe 4/6 ; 6/3 ; 7/10 David Isaacs v John Cocroft 6/7 ; 3/6 Kristoff Isaacs v Mario Mans 5/7 ; 3/6 Braam Isaacs & David Isaacs v Daniel Du Toit & Nelius Lubbe 7/6 ; 1/6 ; 6/10 Dmitri Marais & Kristoff Isaacs v John Cocroft & Mario Mans 4/6 ; 6/1 ; 7/10 SKOLE UITSLAE Atletiek: Boland Kampioenskappe: Ons drie Boland Kampioene: Inge von Wielligh (diskus), Louis de Jager (400m) en Sam Walters (110m hekkies) Kara Jordaan (hoogspring) en Dillon Oppelt (100 en 300m hekkies) het ook medaljes gewen. 'n Redord getal (37) van ons leerders het aan die Boland Junior Kampioenskappe deelgeneem en in 20 items het ons top 6 plekke behaal. Tennis: Wedstryde vs HS Dirkie Uys: 1ste dogters wen 12-5 1ste seuns verloor 2-11; 2de dogters wen 15-3 2de seuns speel wen13-6. Uitblinkers was Liza Eksteen, Selma Willemse, Imke Erasmus, Chanell van Zyl, Jacomien Steyn, Zane Nortje, Hano Myburg, Tiaan Serdyn, Coan Chinner en JD Bester Krieket: HSS 1ste span vs Weston Saterdag 4 Maart: Weston kolf eerste: 118 / 8 na 38 beurte. Francois Bergh neem 3 vir 24 in 7 beurte. HSS behaal 119 / 2 na 22 beurte. Andru Serdyn 47* en Francois Bergh 39*. Die twee kolwers deel 'n vennootskap van 89 lopies vir die 3de paaltjie. HSS wen met 8 paaltjies.