Skip to main content

409 die courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

dié

1 Maart 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 409

1 Maart 2017

• ANELMA EN IRUSHA SÊ NET JA VIR TELEVISIE

Duo help om die trouklokke te lui •Jaomi Zeeman

Die Wellingtonners Anelma le Roux en Irusha Kröhn se name gaan binnekort volksbesit word. Hierdie twee energieke, dinamiese vroue is die aanbieders van ‘n nuwe Via-televisieprogram wat vanaf 9 Maart ‘n instelling in die agtuur-tydgleuf op Donderdagaande op dié kanaal sal wees. Volgens Anelma en Irusha is “Sê net Ja” ‘n realiteitsprogram waarin voornemende mense met troukoors hul niksvermoedende maats vra om te trou. Via voorspel dat dit op hul top 5-gewildste lys gaan beland het ook reeds drie reekse goedgekeur – selfs al het daar nog nie een episode op televisie verskyn nie “Ons help die persoon wat sy/ haar ander helfte wil vra om te trou om die ongelooflikste verlowing binne 42 uur te beplan. "Dit klink dalk soos ‘n cliché, maar dit is nie. Die persoon wat moet ‘ja’ sê, weet natuurlik van niks, so ons kruip gereeld in bosse of onder tafels weg!” verklap hulle. “Sê net Ja” se aanbieding is Anelma en Irusha se debuut op die televisie. Hul pad tot by hierdie wonderlike geleentheid het eintlik deur middel van hul “regte” werk in hul skote beland. Hierdie twee besit en bestuur reeds ‘n hele paar jaar ‘n baie suksesvolle geleentheidsontwerp-maatskappy, Goeters. “Ons maatskappy, Goeters, spesialiseer in die ontwerp van troues, televisie-insetsels, verhoogproduksies, spesiale- en koöperatiewe geleenthede. "Ons bedink nie net kreatiewe konsepte vir funksies nie, ons voorsien ook al die bestanddele wat die konsep kan laat gestalte kry uit ons stoor vol ‘goeters’,” vertel hulle. Volgens hulle is dit juis hul maatskappy Goeters se betrokkenheid by televisie-insetsels en geleenthede waar mense in die televisie-bedryf betrokke is wat hulle by “Sê net ja” laat beland

het. “’Goeters’ was betrokke by geleenthede wat Via aangebied het en die kanaalhoof, Izelle, het ons na Wyrd Films verwys, omdat sy geglo het dat ons gepas is vir die nuwe reeks waaraan hulle sou begin werk,” sê hulle. Die res is, soos hulle sê, geskiedenis en nou is die twee reeds vir ‘n geruime tyd druk besig met opnames vir die reeks. Hulle rol in “Sê net ja” behels die aanbieding, maar ook die konseptualisering en uitvoering van die plan rondom die verrassingsverlowing van ‘n betrokke paartjie. Volgens hulle is dit ‘n ongelooflike ervaring. “Dit is baie opwindend, amper ‘nerve wrecking’! Ek is gewoonlik die een wat in die bos moet wegkruip,” sê Irusha. “Dit is iets heeltemal nuut vir my, so dis ‘n lekker ‘challenge’ en nogal baie ‘fun’,” laat Anelma

hoor. Hierdie nuwe avontuur bring natuurlik nuwe uitdagings ook. Anelma en Irusha stem saam dat dit soms voel asof daar net te min ure in hul dae is. “Terwyl ons verfilm het ons steeds ons gewone werk met ‘Goeters’ en ons nuwe venue ‘Neo’. Dan is daar natuurlik nog ons persoonlike lewens ook,” sê Irusha. A n e l m a beaam dit. “Afgesien van die reeks waaraan ons om en by vier dae ‘n week werk, moet ons steeds al ons aandag aan ons eintlike werk, ‘Goeters’, ons nuwe funksielokaal, Neo, en ‘n paar ander sy-besighede spandeer,” sê sy. Die skedule ten opsigte van die skiet van die episodes en die uitsaai daarvan, is volgens dié twee besige dames, baie knap. “Van ‘shoot’ tot op TV is so drie weke. Die kenners by Wyrd Films ken gelukkig hul storie as dit by ‘edit’ kom,” sê Irusha. “Die program begin op 9 Maart om 20:00 op Via. Ons het al begin Februarie begin skiet. ‘n Mens werk op ‘n baie ‘tight’ skedule aangesien daar min tyd tussen die skiet van die episodes en die uitsending daarvan is,” voeg Anelma by. “Sê net ja” kry ook ‘n Wellingtonse geurtjie wanneer een van die paartjies in Wellington verloof raak en ‘n hele episode in Wellington verfilm word. Oor die detail is Anelma en Irusha se monde egter gesnoer. “Ons kan nie nou die aap uit die mou laat nie. Mense moet maar self sien watter plaaslike paartjie op die program verloof raak,” sê hulle geheimsinnig. Die eerste uitsending van “Sê net ja” is op Donderdag 9 Maart om 20:00.

NUUS • NEWS


2

NUUS • NEWS

1 Maart 2017

•LOTTO EN DOBBELSTAALTJIES LEI TOT TEATERSTUK

Poole se werke nommerpas vir fees Die plaaslike akteur, Hein Poole, gaan tydens hierdie jaar se Woordfees in een van die groot produksies, “Nommerpas 2”, te sien wees. Hy speel nie alleen een van die hoofrolle in hierdie toneelstuk nie, maar is ook een van die meesterbreine agter die skepping van hierdie komedie. Volgens Hein kom die konsep van “Nommerpas” uit ‘n alledaagse ervaring. “Die idee vir die konsep van Nommerpas het gebeur toe ek en my Pa eendag Lotto gaan speel het. My pa en ma sny altyd vir my staaltjies oor die lewe, maar daai oomblik het die dobbelstaaljies van my pa vir my gegryp,” vertel hy. Hein was gelukkig om die regte en kundige mense aan boord te hê in die ontwikkeling van die konsep. “Dinge het net in mekaar begin vleg toe ek met Lee Roodt en Gaerin Hauptfleish ander produksies begin doen het. Ek is ‘n groot aanhanger van hulle werk en hulle inspireer my baie. Lee is ook n sterk skerpskerts-kunstenaar. Lee het sy werk met myne laat werk, waar Gaerin weer sy wonders as regisseur oor ons produksie kom verf het,” sê Hein. “Nommerpas 2” wat op Vrydag 10 Maart en Sondag 12 Maart by die Woordfees te sien is, is ‘n opvolg op die eerste “Nommerpas”-komedie wat hulle ‘n paar jaar gelede gedoen het. “Nommerpas 1 was ‘n baie groot sukses. Daar was mense wat dit meer as een keer kom sien het. So dis hoe die idee vir ‘n Nommerpas 2 by ons opgekom het,” verduidelik Hein. Alhoewel “Nommerpas 2” beloof om net so

vermaaklik en skreeusnaaks as die eerste een te wees, is daar tog ‘n paar verskille. “Ons het twee talentvolle aktrises oor die jare d.m.v. vorige produksies ontmoet. Annemarie Hattingh en Elizna Swanepoel kan amper as die vroulike weergawes van ‘n Lee Roodt en Hein Poole gesien word,” sê Hein. Volgens hom is daar ook nuwe verwikkelinge

in die struktuur van die produksie. “Die storie gaan aan waar dit in 'Nommerpas 1' opgehou het en dieselfde dinge is van toepassing. "Die lewe word egter nou uit twee geslagte se oogpunt gesien. "Die karakter, Leeroy Brown (Lee Roodt), het hierdie keer ook meer kliënte wat by sy dobbelplek kom kuier,” verklap Hein ‘n bietjie oor die storielyn. Dit is ‘n groot eer vir enige kunstenaar as hul produksie vir die Woordfees gekeur word. “Ons is baie dankbaar dat ons teks wel gekies is om deel van die Woordfees 2017 te kon wees. Keuring is moeilik en as kunstenaar is dit altyd ‘n risiko as daar gekyk word na die hoeveelheid tyd en geld wat aan so ‘n produksie spandeer word,” sê hy. Hein is egter geen groentjie by die Woordfees nie. Sy produksies “Broodlyn” en “Nommerpas 1” was al vorige jare deel van die Woordfees-program. Volgens hom verg die voorbereiding vir sulke produksies voltydse repetisies – iets waaraan hy as voltydse kunstenaar gewoond is. Vir Hein is die uitvoerende kunste ‘n leefwyse. Hy is ook te sien in Miriam Makeb, Mamma Africa the Musical, wat by die Artscape, in New York, Columbia, Missouri en die Universiteit van die Wes-Kaap opgevoer gaan word. Op 10 en 12 Maart gaan hierdie plaaslike talent egter in “Nommerpas 2” by die Woordfees te sien wees – iets waarop hy baie trots is en waaraan hy baie hard gewerk het.

WEN! Twee kaartjies na "Nommerpas 2" wat by die Woordfees opgevoer sal word, is hierdie week op die spel. Sms jou naam en van, tuisdorp en die naam van die akteur na 084 8333 813 voor Vrydag om 13:00 om in aanmerking hiervoor te kom. Gebruik die slagwoord: Woordfees om te kwalifiseer.


NUUS • NEWS

3

1 Maart 2017

•COETZEE OP 9 LID VAN BOLAND-SPAN

Tennisster skitter as SA se beste John Coetzee is ‘n graad 6-leerder van Laerskool Hugo Rust wat die afgelope paar jaar uitsonderlike prestasies op die tennisbaan behaal het. Hy het sy sege-tog reeds in 2015 en 2016 afgeskop toe hy die WP en Boland Masters titels wen en ook in beide jare die Boland nr. 1 speler in sy ouderdomsgroep word. In die laaste drie maande wen John drie toernooie, waarvan die WP Slazenger TSA toernooi die hoogtepunt was. Hy beklee tans die nommer 1 posisie as gekeurde speler op die o.12 ranglys in SA. Hierdie kranige tennisspeler verteenwoordig die Boland o.13-span in 2016 en 2017 by die Nasionale kampioenskappe in Bloemfontein. Hy is boonop aanvaar by die Matchpoint Foundation wat deur die voormalige Davis Cup kaptein, John-Laffnie de Jager, gestig is om belowende SA tennisspelers verder te ondersteun. Volgens John het hy reeds as 5-jarige by die afrigter Myburgh van Zyl se “Jollie Bollie”-ten-

nisgroep begin tennis speel. “Ek het so tussen 6 en 8 jaar my eerste Rox en Wilson-toernooie begin speel en van ag jaar af my eerste onder 10 TSA-toernooie,” vertel hy. Sy pad tot by die nommer een posisie het waarskynlik reeds met sy verkiesing tot die Bolandspan as 9-jarige kannetjie begin. Sedertdien verteenwoordig hy hierdie span in die Synergy Cup en Interpro-toernooie teen ander provinsies. Die afgelope jaar neem hy ook met groot sukses aan onder 12-toernooie regoor die land deel – iets wat hom tot die nommer 1 posisie laat vorder het. Afgesien van hope tennistalent, is dit veral John se vasberadenheid en harde werk wat hom die hoogste posisie in die land laat behaal het. “Dit is ‘n uitdaging om soms teen ouer en groter kinders te speel en sulke groot afstande na toernooie toe te reis. "Ek spandeer ook omtrent so 8 tot 10 ure op

die baan elke week,” vertel hy oor sy pad tot by die nommer 1-posisie. Ten spyte van sy groot prestasies, is John ‘n tipiese 12-jarige seun. “Ek geniet krieket en hokkie en speel dit graag saam met my maats by die skool. "Ek hou ook daarvan om te fliek, X-Box te speel en saam met my broer en vriende tafeltennis te speel en te swem,” sê hierdie aktiewe seun. Tog bly tennis John se eerste liefde en het hy groot drome vir die toekoms. “Ek hou al van kleintyd af van tennis. "Dis lekker in die buitelug en dit hou my fiks en gesond. "Ek sal graag eendag vir die SA-span gekies wil word en miskien op die ATP-toer wil speel, maar dis nog ‘n lang pad tot daar. "Nou is ek net dankbaar dat my harde werk beloon is en dat die Here my die talent gegee het daarvoor.”

Linton Park in styl en met Wiele begin draai vir swier bekendgestel komende Stasiefees Dit is binnekort weer tyd vir Wellington se jaarlikse Stasiefees en verskillende rolspelers is, tesame met die plaaslike ATKV-tak, besig om te reël aan hierdie geleentheid. Volgens alle aanduidings gaan hierdie jaar se fees die suksesse van vorige jare oortref. Die Stasiefees het in 2013 ontstaan toe die Wellington Stasie sy 150ste bestaansjaar gevier het. Die eerste fees het aanvanklik as die “ATKV Konsternasie op die Stasie Fees” bekendgestaan. Hierdie eerste fees was so ‘n groot sukses dat dit oor die jare uitgebrei en uiteindelik as ‘n “fees-wat-nie-misgeloop-kan-word-nie” gevestig is. Hierdie jaar se fees sal op 12 en 13 Mei plaasvind, maar skop reeds op Donderdag 11 Mei met ‘n gholfdag af.

Achmat Florence, raadslid vir sport en toerisme in die Cape Winelands Munisipaliteit, Malcolm Perkins, direkteur van die Camillia Groep, Conrad Poole, burgemeester van Drakenstein Munisipaliteit en die minister vir Ekonomiese Ontwikkeling, Alan Winde. Die Linton Park Wynlandgoed buite Wellington is op Donderdag 23 Februarie amptelik tydens ‘n uithanggeleentheid bekendgestel. Talle wynliefhebbers, uitgelese wynskrywers, sleutelpersone in die toerismebedryf, sowel as verskeie verteenwoordigers van die plaaslike en provinsiale regering was onder die gaste by hierdie geleentheid. Volgens Berenice Barker, die verkoops- en bemarkingsdirekteur van Linton Park, is hulle baie trots op hierdie amptelike bekendstelling van die landgoed. “Linton Park se erfenis strek bitter ver terug en dit is ‘n eer om op die nalatenskap van meesters te kan voortbou,” het sy gesê. Linton Park se geskiedenis strek sover as 1699 terug toe die plaas, De Slange Rivier, deur Simon van der Stel aan een van die Franse Hugenote toegeken is. Volgens Berenice is die pionierswerk wat die eerste boer, Louis Fourie, hier t.o.v. wingerd- en wynbou gedoen het, die basis waarop hulle vandag kan voortbou. “In 1995 is die landgoed deur Camillia Plc., ‘n multinasionale maatskappy wat in Londen gebaseer is, gekoop. "Die Camillia-groep het die potensiaal in hierdie plaas raakgesien en besluit om dit tot een van die top-wynplase te ontwikkel. "Camillia is op die Londense effektebeurs genoteer en het meer as 76 000 werknemers wêreldwyd. "Hulle wil regtig die outentieke eienskappe en erfenis van hierdie plaas behou, maar relevant maak in 2017,” het Berenice gesê. Onder die gaste was die burgemeester van Drakenstein Munisipaliteit, Conrad Poole, die Drakensteinse raadslid vir ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Johan Miller, die raadslid van die Kaapse Wynland Munisipaliteit, Achmat Florence, sowel as die Wes-Kaapse minister van ekonomiese ontwikkeling, Alan Winde. Linton Park se eie reeks MCC is ook tydens die geleentheid vooruit bekendgestel – ‘n aanskoulike geleentheid waartydens die wynmaker, JG Auret, die eerste bottel op die sabrage-metode

met ‘n swaard onthoof het. JG het tydens sy toespraak na die unieke terroir van die plaas en die spesiale inspeling daarvan op die landgoedwyne verwys, terwyl Rudolf Janse van Vuuren, die landgoedbestuurder, hul biologiese boerderymetodes en toekomsplanne aan die gaste verduidelik het. Minister Alan Winde het Malcolm Perkins, direkteur van die Camillia-groep, tydens sy toespraak vir hul vertroue om so ‘n groot belegging in die Wes-Kaap te maak, bedank. “Ek is baie trots en opgewonde dat die sektore waarin die provinsiale regering graag wil belê, ook die sektor is waarin die Camillia-groep nou belê. "Dit is waar landbou en toerisme mekaar ontmoet en op Linton Park word waarde tot beide hierdie sektore toegevoeg,” het hy gesê. Volgens minister Winde kom daar uit die 70 000 nuwe werksgeleenthede wat in die laaste finansiële kwartaal in die Wes-Kaap geskep is, 54 000 uit die landbou en toerisme sektore. Hy het beklemtoon dat die werkloosheidsyfer in landelike gebiede tans, sedert hulle dit begin monitor het, die laagste is wat dit nog was – hoofsaaklik te danke aan ekonomiese inspuitings soos dié by Linton Park. Die gaste kon aan heerlike geregte, keurig deur die Kokkedore Johnny Hamman en Marius Uys berei, saam met Linton Park se eie landgoedwyne weglê. Die landgoedbestuurder, Rudolf Janse van Vuuren, het gaste ook op ‘n begeleide toer deur die landgoed geneem. Malcolm Perkins het die visie van Linton Park mooi saamgevat toe hy in sy toespraak gesê het: “Volhoubaarheid en die bewaring van die omgewing is een van ons grootste oorwegings wanneer ons in iets belê. "Ons ander groot oorweging is die bekwame mense wat ons ontwikkelings tot uitvoering moet bring. "Hierdie twee faktore, tesame met ons belegging in die wonderlike erfenis waarop ons voortbou en ons uitnemende produkte, is die dinge wat ons onderskei.”

Dit sal met ‘n vol program, ‘n ABBA-vertoning die Vrydagaand en ongelooflike hoof-feesverrigtinge op die Saterdag opgevolg word. ‘n Vonkelontbyt met Sophia Kapp as spreker, kindervermaak deur Tjiff en Tjaff, ‘n gratis vertoning deur die gewilde Refentse Morake en praatjies deur o.a. Amore van RSG en tannie Poppie van Kokkedoor-faam is maar sommige van die opwindende aktiwiteite waarna besoekers kan uitsien. Die Stasiefees gaan hierdie jaar ‘n opskop wees wat die erfenis, verskillende kulture en gees van gemeensaamheid in ons omgewing meesterlik gaan saamsnoer en vier – ‘n geleentheid want geeneen mag misloop nie. Vir enige navrae of bespreking van ‘n stalletjie-ruimte kan belangstellendes ‘n e-pos stuur na marketing@wellingtonwines.com.


courant

dié

4

1 Maart 2017

Daar is altyd lig

In ‘n tyd wat deur slegte nuus en donker vooruitsigte gekenmerk word, is dit partykeer baie moeilik om positief te bly. Dit is veel makliker om saam met die doemprofete te frons, lysies van al die moontlike dinge wat kan skeefloop te maak en om die bobbejaan agter die spreekwoordelike bult te gaan haal. Miskien is dit deel van ons ingeboude oorlewings-DNA. As ons ons staal vir die ergste, is enigiets minder mos ‘n bonus. Wanneer ‘n mens egter die mooi stories en die inspirerende mense van ons dorp leer ken, kan jy nie anders as om te weet dat alles nie verlore is nie. As jy die passie en entoesiasme van ‘n onderwyseres vir haar taal beleef, of wanneer jy van vrywilligers hoor wat op eie inisiatief leerondersteuning aan die inwoners van HAM gaan verleen, skyn daar lig deur die krake in ons gemeenskap. Sien jy boonop die vreugde en humor van ouer mense rondom iets “laf” soos Valentynsdag en verneem jy van vernuwing in die besighede op ons dorp, besef jy dat dinge nooit stagneer of stilstaan nie. Positiewe gemeenskapsinisiatiewe soos WAG/Stopmisdaad, skaakspelers wat, ten spyte van moeilike omstandighede, die hoogste sport bereik en ‘n lewendige kultuurlewe is mos ‘n bewys van hoop. Al is die lig soms wankelend, soos die titel van Gerard Scholtz se boek wat hierdie week weer uitgereik is sê, is dit altyd daar. Breyten sluit aan by hierdie gedagte as hy die volgende by die Bôrdienghuis kwytraak: “Ons moenie in ons verskille vaskyk nie. Ons moet begin kyk hoe ons verskille ons kan verryk.” Aan die einde van die tonnel, rondom die donker wolk en op plekke waar jy dit soms die minste verwag – mag jy die lig raaksien.

It’s Good News

dr. Mark Blackwell Snr

Crying out for help "And call upon me in the day of trouble: I will deliver thee, and thou shalt glorify me" (Psalm 50:15). "HELP!" I'm sure we've all found ourselves in situations where we wanted to cry "Help!" James tells us that we should ask God for wisdom! (James 1:5-8). You might be thinking to yourself, "That seems like a strange thing to ask for when you're neck-deep in trouble and affliction. I think I like the prayer for 'help' just better than “WISDOM”?? Yet wisdom, the God-given insight to see situations from God's perspective, is exactly what we need when we are facing trials. Without God's wisdom, we will not be able to understand these trials or respond to them properly. It is said that Andrew Murray was going through a personal trial and while he was eating breakfast one day a woman called on him, wanting to know if he could give her any advice regarding a trial she was experiencing. She was given a piece of paper on which Andrew Murray had written the following words he had penned for himself: "In time of trouble say, 'First, He brought me here. It is by His will I am in this difficult place; so that I will rest.' Next, 'He will keep me in His love, and give me grace in this trial to behave as His child.' Then, 'He will make the trial a blessing, teaching me the lessons He intends me to learn, and working in me the grace He means to bestow.' Last, 'In His good time He can bring me out again. How and when He knows.’ ~~ When you begin to see things from God's perspective, you will face your trouble with a different attitude.

NUUS • NEWS

Paulse en Du Plessis dra die kroon

Agter: Armand Aucamp (beoordelaar), Wina Smit (tweede prinses), Hlumisa Ntshamba (eerste prinses), Marciel Hopkins (beoordelaar), Senzo Nkabinde (eerste prins), Tiaan Moosa (tweede prins), Heinrich Gabler (beoordelaar), Vicky Davis (beoordelaar), Schalk Bezuidenhout (seremoniemeester). Voor: Stacey Paulse (Mej. Hugenote) en Martin du Plessis (mnr. Hugenote). Foto: Lotta Marais Die jaarlikse Mnr. en Mej. Hugenote skouspel het op Dinsdag 21 Februarie in die hoërskool se skoolsaal plaasgevind. Hierdie hoogtepunt op Hugenote Hoërskool se sosiale kalender was, net soos ander jare, ‘n spoggeleentheid. Die “Oscars”-tema waarom die hele aand en verrigtinge gebou is, het ekstra glans aan die geleentheid verleen. Gaste het op ‘n rooi tapyt die saal binnegestap terwyl die “paparazzi” onophoudelik foto’s geneem en onderhoude probeer voer het. Die glanspersone wat as beoordelaars opgetree het, het verder tot die luisterrykheid bygedra. Hulle was die voormalige Mej. SA-finalis en kurwe model, Marciel Hopkins, die bekende TV-aanbieder en aktrise Vicky

Davis, voormalige Mnr. SA-finalis en oud-Hugenoter Heinrich Gabler en die bekroonde akteur, Armand Aucamp. Die uitstekende chroreografie is deur Bianca Baxter behartig en die seremoniemeester vir die aand was die skreeusnaakse komediant Schalk Bezuidenhout. Die openingsdans, individuele loopplank-rondtes, kreatiewe uitbeelding van flieks, sowel as die formele rondte was alles op die “Oscars”-tema geskoei. Aangesien Mnr. en Mej. Hugenote hulle op gemeenskapswerk sal toespits, het die onvoorbereide vrae aan die 10 finaliste oor kwessies wat hieraan verwant is, gehandel. Uiteindelik is Martin du Plessis en Stacey Paulse as die wenners gekroon.

Gekroon: Badisa

Wellington het op Valentynsdag hul eerste modelvertoning gehou en ook 'n reuse sukses daarvan gemaak. Agter: Heirich Moses, Carlo Ranna, Louise Albertus (eerste prinses), Giovano Petersen (Mr Badisa Wellington), Whitney Morris (Miss Badisa Wellington), Mikycha Fishier (tweede prinses), Chairmain Ranna, Jamie-lee Williams. Middel: Jaydene Classen (tweede prinses junior), Brinley Van Wyk (Miss Badisa junior), Tracey Petersen (eerste prinses junior). Voor: Riaan Kroukamp (eerste prins) en Jesswill Baker (tweede prins).


NUUS • NEWS

5

1 Maart 2017

Make every RAND count. Danone NutriDay Smooth Low Fat Yoghurt Assorted 6 x 100g

BUY ANY 2 FOR

R

23

90

Great valu e

PnP Pork Pack Consists of Leg Roast, Chops and Rashers

PnP Pork Texan Steak Aylesbury Royalty Real Dairy Ice Cream Assorted 2 Litre Each

R

49

R

99

R

65

56

Per kg

Per kg

UH +LJK LQ ¿E

Nescafé Classic 200g Dawn Jar or Refill 250g Each

Saldanha Pilchards in Tomato or Chilli Sauce 400g Each

R

14

99

R

64

99

Clover Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

R

69

BUY ANY 4 FOR

99

Maggi 2-Minute Noodles Assorted 73g

Bokomo Weet-Bix 1.35kg Family Pack

R

R

14

57

99

Excl l Exclusive to Smart Shoppers. Purchase Purc c any 3 participating Tiger Tige e Brands products and swipe your Smart Shopper card for automatic entry. Sma See in-store for details.

Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each Competition runs 20 February – 8 May 2017. Standard terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za. E&OE.

R

12

99

BUY ANY 3 FOR

Simba Potato Chips Assorted 125g

R

29

99

BUY ANY 3 FOR

PRICE PER NAPPY

Size 2 94s Size 4+ 62s Midi 76s Maxi 66s Junior 52s XL 44s

R

R

42

99

100

R

94

SAVE R20

R

9

99

Castle Lite 12 x 340ml Non-returnable Bottles

WAS R114

Omo Auto Washing Powder 3kg, Liquid Detergent 900ml or Capsules 21s Each

R

59

99

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Shop online at www.picknpay.co.za PRICES VALID 2 - 5 MARCH 2017 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS1303

Lux Beauty Soap Assorted 175g Each

21

Gordon’s London Dry Gin 750ml

PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

99

R

R

R2.00 R3.03 R2.47 R2.85 R3.64 R4.27

Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Assorted Jumbo Pack Per Pack

187

Nestlé KitKat 4 Finger, KitKat Chunky, Bar-One Original or Bar-One Peanut (Excludes KitKat 4 Finger White and Dark and Giant)


6

1 Maart 2017

Lizz Meiring maak ‘n Wellingtonse draai Die bekroonde aktrise, skrywer en regisseur Lizz Meiring, het hierdie week ‘n Bolandse draai kom gooi en in Wellington tuisgegaan. Hierdie bekende persoonlikheid is besig met verskeie projekte en toer ook op die oomblik met haar nuwe toneelstuk, “Met ander woorde.” Sy het oor al haar planne, idees en besige skedule gesels. Al is Lizz klein van postuur, kan sy met groot woorde soos “flambojant”, “formidabel” en “vlymskerp” beskryf word. Hierdie energieke kunstenaar sit nie vir een oomblik stil nie en sy is voortdurend besig om aan nuwe idees te werk. Sy staan nie verniet as “Bizzy Lizzy” in die vermaaklikheidsbedryf bekend nie. “Ek drink net decaf koffie, anders bons ek van die mure af,” skerts sy. Lizz se nuwe vertoning, “Met ander woorde”, wat op 2 Maart by die Ou Meul Teater te sien is, beloof om gehore te vermaak, te laat lag, maar ook te laat nadink. “Ek is baie lief vir stories en veral vir die mitologie. Alle stories is eintlik maar op die model van mitologiese verhale geskoei. Die antieke mense het hierdie stories gebruik om die natuur te beskryf en te probeer verstaan. Met hierdie vertoning wil ek mitologie vir mense toeganklik maak deur dit met moderne verhale te verweef,” vertel sy. Volgens Lizz is die titel van die vertoning ‘n verwysing na die feit dat akteurs eintlik altyd “met ander woorde”, maar ook “met ander se woorde” praat wanneer hulle stories vertel. Sy noem haarself ‘n “bloukous in stiletto’s” omdat sy eintlik ‘n boekwurm en ‘n navorsings-verslaafde is. Sy laat hoor ook dat sy ‘n verkoopspersoon vir “smoke and mirrors” is – iemand wat net die menslike bestel reflekteer, maar nooit die werklikheid self nie. “Daar is ‘n miljoen konserte in my kop. Ek is so bedraad dat ek altyd vrae wil vra, wil wonder

NUUS • NEWS

Bombelas draf span van Young Standards kaf Na ‘n stadige begin deur Newton het die bloutrein behoorlik geloop in die tweede helfte teen ‘n begeesterde Young Standards-span. Hierdie Standards span gaan beslis vanjaar ‘n hele paar spanne die skrik op die lyf jaag. Dis ‘n baie jong span maar hulle het die veggees van ‘n ervare span getoon deur telkemale met berekende aanvalle die Newton verdediging te breek. Hulle het ook vroeg die voortou geneem met twee skitter-drieë wat gekom het van omgekeerde besit, en was gou met 10-3 voor. Die hele eerste helfte het Young Standards basies al die speelwerk gedoen en aangeval van enige hoek van die veld. Daarenteen het Newton te veel hanteerfoute gemaak en groot probleme in die lynstane ondervind en hulle opsies was nie uit die boonste rakke nie. Die spanne het gaan water drink met die telling op 17-15 in Newton se guns. In die tweede helfte het die tuisspan behoor-

lik die krane oop gedraai en het aanval na aanval geloods. Young Standards het verkies om die bal veld af te skop en dit het in die gevaarlike tweelingbroers Keaton en Keanon Boois se hande beland. Hulle, saam met Randall April, Theo Marinus, Devrolin Abrahams en Christopher Mouers, het telkemale die toeskouers na hulle asems laat snak met indrukwekkende hardlooplyne. Vir die laaste 20 minute moes Young Standards net walgooi terwyl Newton die drieë ingeryg het. Eindtelling 37-20. Driedrukkers Erwin Williams (2), Randall April, Renaldo Pietersen en Devrolin Abrahams. Die span speel eerskomende Saterdag teen die Paarl-ligakampioene, Laer Paarl (Blues) en dit beloof ‘n opwindende middag te wees met beide spanne wat hulle rugby baie ernstig opneem. Toeskouers en motors R10, kinders onder 12 R5, almal word gevra om hulle sitplekke vroeg in te neem, want hier kom ‘n riller.

Raai met W'ton Museum se fotokompetisie

Die Museum-fotokompetisie van 2017 sal konsentreer op Wellington persoonlikhede wat diep spore in ons land getrap het. ‘n Nuwe foto sal maandeliks gekies word en jy staan ‘n kans om elke maand R100 te wen. Besoek Wellington museum vir verdere besonderhede en om vir die kompetisie in te skryf. Vraag: Identifiseer hierdie persoonlikheid. Hy was ‘n akademikus, digter en dramaturg wat Kaaps verhef het as ‘n volwaardige taal. ‘n Onlangse publikasie is aan hom opgedra. Wie is hy?

oor dinge. Ek wonder byvoorbeeld oor dinge soos of nonne vakansie kry, oor die stad Atlantis en oor spontane ontbranding. Dit is absoluut fassinerend, dit laat my lees, en dit word uiteindelik my stories. Die geheim is om dit vir ander mense relevant te maak,” sê Lizz. Daar is vir haar iets magies aan die onsigbare wisselwerking tussen ‘n gehoor en ‘n akteur in ‘n teater. “Hoe neem ‘n hele gehoor ‘n kollektiewe persoonlikheid aan, ‘n kollektiewe energie – iets wat jy as akteur aanvoel? Ek dink daar is miskien ‘n gemeenskaplike intuïsie, ‘n oer-bewussyn waarby mense intap,” vertel sy.

Nuwe Wellington Spar nou amptelik oop

Boland:

Hugenote Laerskool se atlete het by die afgelope Boland-byeentkoms vir juniors presteer. Agter: Sian Maart, Stephan Marais, Zoë Tobias, Matthew Levens en Marcus Wiid. Middel: Anje Grobbelaar, Tyron Thomas, Ethan Vorster en Sean van Schalkwyk. Voor: Onako Daysoni, Jesse Baxter, Daniel Loedolff, Danny Busse en Reinhardt Grobbelaar. Die o.9seuns aflosspan het 'n eerste plek behaal en die o.13 seuns aflosspan 'n derde plek. Jesi Baxter het 'n tweede plek in die 60 en 80m behaal. Anje Grobbelaar: derde plek in hoogspring, Zoë Tobias tweede plek in verspring en Matthew Levens met 'n eersteplek in die 200m en 'n derde plek in die 100m het Boland-kleure verwerf.

Die nuwe baadjie van die Wellington Spar is die naweek amptelik aan die publiek voorgehou, met talle spesiale aanbiedinge. Bo is Bennie Pretorius (eienaar) by die potjiekospotte. Die Wellington Spar se herbekendstelling die afgelope naweek was ‘n groot sukses en het duisende mense na die winkel gelok. Volgens die nuwe eienaar, Bennie Pretorius, het die toeloop alreeds Vrydag begin. “Ons spesiale aanbiedinge het al ‘n paar dae voor ons herbekendstelling afgeskop, so die mense het Vrydag alreeds na die winkel gestroom om nie hierdie winskope mis te loop nie. Vandag is egter die hoogtepunt,” het hy Saterdag tydens die bekendstelling gesê. Behalwe vir die talle stalletjies van Spar se verskaffers waar klante die kwaliteit-produkte kon uittoets, het Radio KC se lewendige uit-

sending vanaf die perseel, die talle gelukkige trekkings waaraan mense kon deelneem en die heerlike geure van die potjiekoskompetisie tot die feestelike atmosfeer bygedra. Dit was ‘n miernes van bedrywighede, terwyl mense met trollies vol winskope die winkel verlaat en ander gesellig rondom die potjiekosvure saamgekuier het. Onder die potte was ‘n paar beesstert-pogings, sowel as ‘n biltongpot. "Ons wil regtig hê dat die mense die dag saam met ons moet geniet en dat dit die begin van ‘n nuwe vennootskap met die gemeenskap sal wees. Dit is waarvoor Spar hier is,” het Bennie gesê.

Swemmers:

Dié swemmers van die Hugenote Laerskool het aan ‘n gala by Bridge House deelgeneem en presteer. Altesaam 10 brons medaljes en vier silwer medaljes is huis toe gebring. Agter is Izaan van der Westhuizen, Suné Kuhn, Roosje Grobbelaar en Lara Lochner. Middel: Anje Grobbelaar, Inge Kuhn, Dawid Badenhorst en Amalie du Plessis. Voor: Annabelle Neethling, Jaco van Zyl, Reinhardt Grobbelaar en Ethan Smith.


NUUS • NEWS

Dagboek • Calender

Geklassifiseerd • Smalls

GELUKWENSING CONGRATULATIONS

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington Rugby Klub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om vanaf Januarie 2017, elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington-rugbyklub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Ons eerste oefening is 5 Januarie 2017 vanaf 19:30 by Wellington Rugby Klub reg langs Boland Stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Evita se Perron 3 Maart: Evita se Perron bied aan Schalk Bezuidenhout in Onder konstruksie. Vertoning begin om 20:00 en die kostes beloop R80. Vir navrae kontak 022 492 3930 / bookings@evita. co.za Hillcrest United Rugbyklub Hillcrest United rugbyklub se voorseisoen is sterk aan die gang op Dinsdae, Woensdae en Donderdae te Pelikaan Park-Wellington vanaf 19:00. Die bestuur en afrigter nooi dus alle spelers wat nog wil deel word om spoedig aan te kom sluit. Die span van Wellington speel vriendskaplike wedstryd soos volg: 4 Maart 2017- Mamre RFK op Pelikaan Park. Vir meer inligting kontak die klub sekretaris: Mnr Jovan-ré W Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@

gmail.com EJ's Sportpub & Grill 4 March: EJ's Sportpub & Grill presents Jennifer Zamudio. Entrance fee is R50 from 19:00 - free before 19:00. Show from 15:00 till 17:00 and 19:00 till 21:00. Tickets available at the door Enquiries contact : 021 872 8965 Afrikaanse Taalmonument 10 Maart: Amanda Strydom en Jak de Priester hou piekniekkonsert by die Taalmonument Tuinteater. Die piekniekreeks is ten bate van Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Laat ons Lees-projek vir kinders Ondersteuningsgroep 14 Maart: Op Dinsdagaand om 19:15 kom Christo Visser, maatskaplike werker met eie praktyk, ons vertel van post partum depressie by Pa's. Dis 'n baie belangrike onderwerp wat beslis aandag moet kry. Ons vergader in die Marthazaal, Wellington, oorkant die landdroskantoor. Almal welkom en drink- en 'n eetdingetjie sal met liefde bedien word. Navrae kontak Petro by 072 709 8000 021 873 4688 Evita se Perron 28 April: Evita se Perron presents an evening of contentporary Folk music with Jenny and the Jameses. Tickets are R100 and the show starts at 20:00 For bookings call 022 492 3930 or bookings@evita.

Kerke • Churches

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519

7

1 Maart 2017

NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.

co.za

NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.

Gelukkige verjaardag JACQUES MANUS. Mag God jou ryklik seën.Liefde Madeleine en Brady. #4028 --------------------------------28 February 2017 - To my darling wife Dinah, Happy Anniversary. 53 years of blessed memories. Love from Adrian #3962 --------------------------------FANGENIQUE JULIUS – 4 Maart. Baie geluk met jou vyfde verjaarsdag Ma se lolla-kind. Geniet jou dag. Liefde : Ma Nykie en Pieter #3963 ----Geluk Fenna met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is. Baie lief vir jou - Ouma Anna en Oupa Jakkie en Uncles #3964 ----Baie geluk ons blompot. Jy is ons skonskyn liefde. Lekker verjaar. Geniet die dag - Ouma Olga, Oupa Chris, Boeta Curwin en Aulin #3965 ----Baie geluk Fenna met jou 5de verjaarsdag Als wat mooi is Liefies vir jou Ma AJ en Pa Selvin #3966 ----Ek stuur 'n spekvet drukkie wat heeldag aan jou vas gaan klou. - Timma

, Ma – Rika , Sussa, Denzi, Rissie En Lisa #3967 --------------------------------SIMONAY MAREE - 28 Februarie. Geluk met jou 21ste verjaarsdag. Psalm 119 vers 9 - "deur dit te hou na U woord". Liefde - Mammie, Ouma Lorraine, Herschelle en Corbin #3968 ----Happy 21st Birthday. Live life, laugh until it hurts and love like there is no tommorrow Lorinda, Francois, Carter #3969 ----Happy 21st Birthday. May God's grace follow you all the days of your life! Welcome to adult world - Gaynor, Reme & kids #3970 --------------------------------SHANDRÉ LA MEYER - 21 op 3 Maart. Baie geluk aan 'n wonderlike en lieflike dogter. God seën jou. Van :

Mammie & Daddy #3971 -----Aan 'n baie spesiale suster op haar 21ste verjaarsdag. Lief vir jou. Van: Feedy, Byron, Wilbur #3972 ----Gelukkige 21ste verjaars-dag. 'n Lieflike dag vir Tannie. Van: Tashric, Tashcany & Tahir #3973 ----Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. Baie seëninge op jou lewenspad. Van: Aunty Katy, Kallie, Kurt, Kayleen #3974 ----Aan 'n dierbare en wonderlike dogter met haar 21ste verjaarsdag. God se rykste seën. Van: Hayley & Cole #3975 --------------------------------CHRISTIE CLEOPHAS - 3 Maart. Baie geluk my geliefde met jou 50ste verjaarsdag. Baie

vreugde en geluk. Liefde - Tilla (vrou) #3976 ----Daddy, baie geluk met u verjaardag. Geniet die dag en dankie vir alles wat u vir ons beteken Chriswill & Jacques #3977 ----Baie geluk met Oupa se verjaardag. Lekker verjaar en ek is baie lief vir Oupa - Chrizaan, Oupa se blompot #3978 --------------------------------FARREL MERCUM ASJA - 16 op 26 Februarie. Geluk met jou verjaardag. Mag God se seën wat ryk maak op jou lewe rus. LiefdeMammie #3980 --------------------------------JAYLIN SWARTS. Baie geluk met jou sewende verjaarsdag op 2 Maart 2017. Geniet jou dag. Van Daddy Mammie Sussie en Nanna. #3981 ---------------------------------


courant

8

NUUS • NEWS

dié

1 Maart 2017

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

1 Maar t 2017

•BEKOOR MET ENTOESIASTIESE BENADERING TOT GESONDHEID

Fiksheidghoeroe ‘n langasemkampioen •Jaomi Zeeman

Besoekers aan een van ons plaalike gimnasiums ken almal al die vriendelike Endi Angelo Pegado. Hierdie Angolees is ‘n giminstrukteur, fiksheidskenner en gemengde Oosterse gevegskuns-spesialis wat Wellingtonners al vir ‘n geruime tyd met sy pragtige bos “groot” hare en sy entoesiastiese benadering tot fiksheid bekoor. Endi het onlangs ‘n ongelooflike prestasie by die uitmergelende, wêreldbekende “Tankwa Trail” wedloop behaal. Hierdie 26-jarige het almal verras deur die alghele tweede plek in hierdie uithou-wedloop, wat oor drie dae strek, te behaal. Met hierdie prestasie het hy talle professionele atlete in die stof laat byt. Sy pad tot by hierdie uitstekende prestasie, is egter selfs meer uitsonderlik as die prestasie self. Volgens Endi het hy as ‘n student na Suid-Afrika gekom. “Ek wou kom Engels leer en het vir ‘n kursus in Kaapstad ingeskryf,” vertel hy. Nadat hy Engels onder die knie gehad het, het hy hom vir ‘n kursus by die plaaslike CPUT ingeskryf. Hy wou graag studeer, maar sy liefde vir Oosterse gevegskuns en fiksheid was ‘n vuur wat nie sommer geblus kon word nie. Uiteindelik het hy besluit om hom voltyds op hierdie groot liefde van hom toe te spits en sy studies laat vaar. So het hy ‘n permanente werknemer en geliefde instrukteur by die gimnasium geword. “’n Mens kan nie ontken wie jy is nie. Ek

lewe om te oefen – dit is eenvoudig iets wat in my binneste brand en ek sal doodgaan as ek dit nie kan doen nie,” sê hy. Endi se betrokkenheid by die gimnasium het hom ‘n “los werkie” as deel van Biogen se watertafel-bemanning besorg. “Biogen het iemand gesoek wat met die regkry van waterpunte by die Tankwa Trail wedloop kon gaan help en ek het my hand daarvoor opgesteek,” vertel hy. Die res van sy verhaal tot op hierdie wedloop se podium, klink byna onwerklik. Volgens Endi het hy met sy aankoms as helper by die wedloop gedink dat dit darem na baie pret lyk. “Ek het my werkgewers gevra of ek nie miskien ook kan probeer om die wedloop te hardloop nie. Dit was nie nodig dat ek by die waterpunte langs die pad werk nie – ek moes slegs by die eindpunt werk. Ek het gedink ek kan sommer as ek elke dag klaar gehardloop het, by die eindpunt se watertafel inval. My werkgewers het ingestem en my inskrywingsfooi betaal, op voorwaarde dat ek hulle T-hemp sal dra terwyl ek hardloop,” sê hy. Endi het geen langafstand hardloop-ondervinding nie en hy het geen spesiale voorbereidings vir hierdie wedloop getref nie. Hy moes elke dag sy gehawende tekkies met kleefband plak om dit in een stuk te hou. Anders as die ander professionele atlete wat aan die wedloop deelgeneem het, het hy geen spesiale dieet of wetenskaplike plan

voor die wedloop gehad nie. Volgens hom was sy enigste plan om so naby as moontlik aan die voorloper te probeer bly. “Ek wou dit net geniet en die pragtige natuurskoon van die Tankwa indrink terwyl ek doen wat my die gelukkigste maak – om te oefen. En ek het daai voorste ou dopgehou en op sy hakke probeer bly. Ek moes egter langer by waterpunte vertoef. Dit is iets wat ek in gevegskuns geleer het: dat jy jou liggaam moet respekteer en versorg tydens oefening,” vertel hy. Uiteindelik het Endi die algehele tweede plek in hierdie uitmergelende wedloop van meer as 90km oor drie dae losgehardloop. Die res van die professionele atlete was uit die veld geslaan

oor hierdie onbekende persoon wat vir hulle ore aangesit het. “My geheim was dat ek op ‘n spirituele vlak aan die wedloop deelgeneem het. Die ander atlete het met hulle bene en skoene gaan deelneem,” sê Endi. Met so ‘n groot prestasie sal hy waarskynlik nie meer vir baie lank ‘n onbekende in fiksheidsgeledere wees nie. Sy grootste droom is om vir altyd in Suid-Afrika te kan bly. “Nog wedlope en ‘n eie gevegskuns-skool is ‘n paar van my drome. Ek is verlief op hierdie land en op Wellington. Op die geleenthede wat hier vir elke mens is en op die kanse wat enigeen hier kan kry,” sê hierdie blink nuwe ster.

Uitslae Results Rugby Vriendskaplike wedstryde Wesbank 31-24 Brackenfell Saldanha 25-21 Hillcrest Roses 22 -20 Abbotsdale Ashton 31-22 UWK Darling 76-0 Paarl Rangers St Helena 41-7 Hopefield Atlantics 14-3 Strand Bella Vista 27-21 Bonnievale United Kleinmond 31-20 Botrivier SAFCOL 27-20 Raithby Universals Y/Hamiltons 33 -15 Genadendal Robertson Town 10-39 DurBell Never Despair 17-31 Hamlets Majestics 31-17 Leopards Grabouw 39-19 Sir Lowrians ODB 32-23 De Keur Blue Birds 14-17 Montagu Klub

Delicious 19-6 Eendekuil Mcgregor 7-17 Violets Wittewater 14-13 Koringberg Y/Hearts 34-0 Atlantis Protea 35-7 Tulbagh Moorreesburg 39-15 GoodHopes Veldrif 50-19 Elandsbaai Black Birds 15-10 Universals Goedverwacht 50-19 Phillipi Y/Turbos 14-12 Y/Warriors Rangers Robertson 19-16 Rawsonville Vredenburg 24-12 Worcester Villagers Gholf Wellington (72) Sametelling-stableford (9 gate) D Barnard en J du Toit 64, G Kline en C de Bruyn 62, L Martin en A Louw 62

Boland:

Dié atlete van die Hugenote Laerskool het aan die Boland-atletiekbyeenkoms vir juniors op Dal Josafat in die Paarl deelgeneem. Bo is Jessie Baxter op pad na die eindstreep. Links stoot Sean van Schalkwyk die gewig so ver hy kan.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
409 die courant wellington by DieCourant - Issuu