c urant
dié
1 Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
1 Maart 2017
33.3%
Arts roep Porterville vaarwel
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 409
Vergrootglas fokus op landbou
1 Maart 2017
Derde keer skeepsreg vir rolbal
Trap dat die (druiwe)sop so spat
Die kuitspiere van die trappers by Saterdag se Riebeek Cellars-druiwetrap, het behoorlik gewerk om die korreltjies stukkend getrap te kry.
•WISSELAARS, DUIKWEGTE EN BRÛE OP N7
Wiele aan’t rol op N7 Konstruksiewerk aan die N7 se sub-projek 2, wat die bou van 'n dubbelbaan deurpad tussen die Voortrekker-wisselaar en die Hopefield-aansluiting behels, het vanjaar begin en verloop volgens plan. Die pad is ongeveer 4.5km lank en sluit 'n nuwe wisselaar by die Hopefield-aansluiting in. Konstruksie aan die N7 het reeds in 2010 begin. Die totale projek sal na verwagting teen vroeg 2020 voltooi wees. Die projek verteenwoordig van die grootste infrastruktuur-verbeteringsprojekte wat SANRAL nóg in die Wes- en Noord-Kaap aangepak het. Só sê Kobus van der Walt, streekbestuurder van SANRAL in die Wes-Kaap. “Die N7 is ‘n belangrike ekonomiese lewensaar en padvervoerroete tussen die Wes- en Noord-Kaap, die Weskusstreek en ons noordelike buurland Namibië.” Konstruksie aan die N7-snelweg tussen die Melkbos-wisselaar en die Hopefield-aansluiting, noord van Malmesbury, is in verskillende fases opgedeel. Dié werk behels deurgaans die opgradering van die N7 tot ‘n dubbelbaan deurpad met verskeie wisselaars op strategiese plekke om veilige op- en afritte te verskaf. Die opgegra-
deerde N7 sal aan die einde van die projek ‘n beperkte toegangspad wees, waar voertuie slegs toegang by die verskeie wisselaars kan verkry. “Dit sal dus die mobiliteit en veiligheid op die gedeelte van die N7 aansienlik verbeter. Voorsiening word ook onder meer vir openbare vervoer en voetgangers op strategiese plekke gemaak,” voeg Van der Walt by. “Die werk sluit ook die bou van twee nuwe wisselaars by onderskeidelik Klein Dassenberg en Kalbaskraal in. "Verskeie diens-en-toegangspaaie word ook gebou ten einde toegang tot die N7 tot by die twee nuwe wisselaars te beperk. Die plaaslike Rondeberg voetganger- en voertuigverkeer word ook onderdeur die N7 gefasiliteer deur die bou van ‘n nuwe duikweg. "Dit sal die veiligheid van dié padgebruikers aansienlik verbeter,” sê Van der Walt. Konstruksiewerk van dié fase het in Januarie 2016 afgeskop en sal na verwagting teen Julie 2019 voltooi wees. Fase 3 sluit die opgradering tussen Kalbaskraal na die Hopefield-aansluiting in. Dié fase is weens die kompleksiteit daarvan, in drie verskillende sub-projekte (elk ‘n individuele kon-
trak) opgedeel. Sub-Projek 1 behels die opgradering tot ‘n dubbelbaan deurpad tussen Abbottsdale tot by die bestaande Bokomo-wisselaar. Die werk strek oor ‘n afstand van 4 km en sluit ook die opgradering van die Bokomo-wisselaar in. Dié wisselaar word verbeter deur die bou van nuwe brûe om die deurgang van Bokomoweg te verbreed. ‘n Nuwe afrit word ook by die Bokomo-wisselaar gebou. Voorsiening word ook gemaak vir voetgangers deurdat voetpaadjies op strategiese plekke gebou word. ‘n Nuwe asfaltdeklaag sal ook op die bestaande deurpad tussen die Bokomo- en Voortrekker-wisselaars aangebring word. Die verwagte voltooiingsdatum is Maart 2018. Sub-Projek 3 se opgradering tot ‘n dubbelbaan tussen Kalbaskraal tot by Abbotsdale van ongeveer 9.5 km, sluit ook die bou van twee nuwe wisselaars by onderskeidelik Tierfonteinweg en Abbotsdale in. Vier nuwe brûe (duikweë) word ook gebou om veilige deurgang onderdeur die N7 te verskaf aan beide voetgangers en voertuie. Konstruksiewerk het in Januarie 2017 begin en sal na verwagting vroeg 2020 voltooi wees.
NUUS • NEWS