c urant
dié
NUUS • NEWS Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
22 Februarie 2017
35.8%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 408
22 Februarie 2017
Mnr en Mej PHS 2017 is voor Thana Stephan en Deanu Cornelius. Links is die eerste prins en prinses, Jac Goosen en Anine de Jager en regs is die tweede prins en prinses Zelmari Mostert en Wian Coetzee. Foto: Marieta Goosen
PHS kroon mooistes
•VLAK 2-BEPERKINGS STEEDS VAN KRAG
Bergrivier bestuur waterbronne Die Bergrivier Munisipaliteit se vlak 2-waterbeperkingsmaatreëls gaan nie binnekort verskerp word nie. Só sê Hendrik Kroon, stadsingenieur (tegniese dienste) by dié munisipaliteit, te midde van vlak-3 waterbeperkingsmaatreëls wat vanaf 1 Maart vir die Swartland Munisipaliteit se inwoners geld. Die Bergrivier is ook aan vlak-2 maatreëls onderhewig, ná die nasionale departement van water en sanitasie alle munisipaliteite opdrag gegee het om waterverbruikers te verplig om vlak 2-waterbeperkings in te stel, wat ’n daaglikse besparing van 20% waterverbruik vereis. Volgens Kroon is hulle nie aan dieselfde beperkings onderhewig nie, aangesien die Bergrivier sy eie waterbronne, soos fonteine en
boorgate het wat deur die munisipaliteit bestuur word. Kroon sê verder daar word nie beplan om binnekort strenger waterbesparingsmaatreëls binne hul munisipale area te implementeer nie. Stad Kaapstad wat ook onder vlak 3-waterbeperkings gebuk gaan, het egter hul inwoners gewaarsku om by die maatreëls te hou ná dit aan die lig gekom het dat Kaapstad van gister af, slegs 128 dae oor het, voordat bruikbare water opdroog. Met voortslepende droogtetoestande, het talle inwoners reg oor die Wes-Kaap op hul erwe begin boorgate sink. Volgens die departement van waterwese en sanitasie, is inwoners wat van plan is om ‘n boorgat op hul erf te sink, veronderstel om die
plaaslike munisipaliteit daarvan in kennis te stel. ‘n Water-ordonnansie verwag van dié inwoners om 14 daar voor die aanbring van ‘n boorgat, skriftelik kennis te gee. Die departement vra ook aan munisipaliteite om die aantal boorgate in hul munisipale area te monitor en ‘n databasis daarvan te hou, vir die toekomstige doeltreffende bestuur van die land se waterbronne. Slegs wanneer meer as 10 kiloliter se watergebruik per dag oorskry word, behoort inwoners hul watergebruik by die department te registreer. Die Bergrivier Munisipaliteit sê hulle bestuur wel hul eie boorgate wat aan inwoners water verskaf, maar nie die aantal boorgate wat vir private gebruik op inwoners se erwe aangebring word nie.
17