courant
1 Wellington
dié
8 Februarie 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 406
8 Februarie 2017
•DEMPERS-GROEP PAK SUID-AMERIKA AAN
Amasone roep wéér avonturier •Jaomi Zeeman
In Augustus 2017 gaan die Wellingtonner Johan Dempers as deel van ‘n span van vier mense ‘n twee maandelange ekspedisie in die Amasone aandurf. “Ons is vier mense, dit is twee maande en ons het een doelwit, naamlik om die harde maar wonderlike biosfeer van hierdie unieke gebied te ontdek,” sê Johan. “Ons wil hierdie gebied ondersoek en die inligting met mense en studente regoor die wêreld deel.” Die ander avonturiers wat hierdie uitsonderlike ekspedisie gaan meemaak, is Joe Brooks (79), Muldene Holloway (32), ook van Wellington, en Hennie van Rooyen (47). Johan is die groepleier en fotograaf en hy is baie opgewonde oor die avontuur. Johan en Joe het in 2002 ook ‘n reis na die Amasone onderneem. “Ons vorige ervaring in die Amasone was nie sonder uitdagings nie,” vertel Johan. “Ek het onder andere negatiewe simptome weens sandvlieg-byte gehad en ons is uiteindelik deur ‘n inheemse Indiaan-groep gevang,” sê hy. “Dit was natuurlik voor die tyd van satelliettelefone en al die ander nuttige tegnologie wat ‘n mens vandag kry.” Volgens Johan werk die span baie hard om alles slaggereed te kry voor hul vertrek in Augustus. “Aangesien ons fokus hierdie keer op die opvoedkundige waarde van die ekspedisie val, is ons ten volle toegerus met ‘drones’, ‘go pro’s’ en al die nodige tegnologie om die realiteit van die Amasone vir studente ‘n werklike ervaring te maak,” verduidelik hy. “Ons gaan tydens die ekspedisie probeer om vanaf ‘n vaste basis te werk – ‘n plek waar ons ‘n tipe kamp kan opslaan met ons sonpanele en ander toerusting en vanwaar ons al ons aktiwiteite kan loods. "Ons het ook waardevolle kontakte met die nodige outoriteite in Brasilië gemaak om ‘n veilige reis te verseker,” sê Johan. “Om ongewone dinge op film vas te lê, is vir
Coetzee kyk terug na Dakar
Die vier avonturiers durf die Amasone aan om inligting te versamel. Hulle is Joe Brooks, Hennie van Rooyen, Muldene Holloway en Johan Dempers. my een van die wonderlikste dinge. Met Ekspedisie Amasone 2017 het ons die unieke geleentheid om ons avontuur in ‘n afgeleë gebied met kinders, ouers en studente regoor die wêreld te deel,” sê hy. Die groep se oogmerk is juis om, d.m.v. die internet, hierdie avontuur tot binne die huise en klaskamers van gewone mense te bring. Hulle beplan om internet-gebaseerde lesse, wat die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde bevorder, m.b.v. gratis internet te versprei. Alle gebeure en aktiwiteite gedurende die ekspedisie sal ook op film vasgelê en later as “virtuele uitstappie lesse” beskikbaar wees. Uiteindelik sal hul webtuiste ‘n hele klomp aflaaibare modules, elkeen met sy eie opleiding-ondersteuningspakket, beskikbaar hê. Die verskillende modules sal ‘n wye verskeidenheid onderwerpe, onder andere die musiek, kuns en verhale van die reënwoud, asook fotografie-
Hugenote skitter by atletiek-uitdaag
lesse en die belangrikheid van die reënwoude, insluit. Die ander lede van die groep, Muldene, Joe en Hennie, is ook eksperts in hul eie velde. Muldene is ‘n grafiese en web-ontwerper, ‘n videograaf en ‘n sanger. Joe is ‘n voëlkenner, avonturier en fotograaf en Hennie is ‘n sekuriteitsadviseur en mediese assistent. Wat al die groeplede egter in gemeen het, is die nodige ondervinding in soortgelyke ekspedisies, ‘n onblusbare ontdekkingsgees, ‘n liefde vir reis, ‘n groot respek vir die natuur en ‘n passie om dit met opvoeding en opleiding te kombineer. Vir meer inligting kan belangstellendes hul webtuiste by www.expeditionearth.info besoek. Skole en opvoedkundiges kan die inskrywingsvorm op die webtuiste voltooi om gratis deel te word van hierdie avontuur en om die modules te ontvang.
Newtons kraai koning op Darling
NUUS • NEWS
2
8 Februarie 2017
Leerders kry trommels vol boeke van ATKV
Tharina Schweidler (ATKV) en Amanda de Stadler (Vriende van Afrikaans) by Hanlie du Plessis (onderwyseres) en Doreen Fortuin (hoof) terwyl die kinders by Voor-Groenberg Primêr opgewonde na die boeke kyk. Die oorhandiging van die trommels het by Op Woensdag 1 Februarie het die plaaslike ATKV-tak, in samewerking met die Vriende van elke skool met ‘n voorlesing en ander interesAfrikaans en Lapa Uitgewers, trommels vol sante aktiwiteite vir die kinders gepaard gegaan. boeke aan plaasskole rondom Wellington gaan “Ons voel dat daar, veral in die landelike gebiede, ook ‘n groot opvoedingstaak ten opsigte van die oorhandig. Volgens Tharina Schweidler van die Welling- hantering van boeke is. Daarom het ons spesiaal ton ATKV-tak, is dit ‘n wonderlike inisiatief wat ‘n storie geskryf en ‘n voorleesboek vir hierdie deur die samewerking van verskillende rolspe- doeleinde laat druk,” sê Amanda. In “Die nagbiblioteek” wat sy by elke skool vir lers moontlik gemaak is. “Die Vriende van Afrikaans en Lapa Uitgewers het met ons tak hande die opgewonde kinders voorgelees het, word die gevat om hierdie projek ‘n werklikheid te maak. hantering van boeke m.b.v. hierdie ouderdomsDit is so ‘n groot voorreg om met sulke mense verwante storie aan die kinders oorgedra. Adjudant-offisier Pierre Hugo van die plaassaam te werk en om hierdie trommels vol boeke aan skole te gee wat dit regtig nodig het en dit like SAPD het met die vervoer en uitdeel van die swaar trommels gehelp. Van die skole baie nuttig kan gebruik,” sê sy. Elke stewige staaltrommel wat aan die onder- wat trommels ontvang het, is o.a. Bergrivier skeie plaasskole geskenk is, is propvol van die Primêr, Soetendal Primêr, Agter-Groenberg Primêr, Voor-Groenberg Primêr, Bovlei Primêr en beste Afrikaanse kinderboeke. Volgens Amanda de Stadler van die Vriende Blouvlei Akademie. By al hierdie skole was die van Afrikaans bevat elke trommel ongeveer 70 onderwysers en kinders oorstelp van blydskap boeke ter waarde van duisende rande. “Ons oor hierdie groot geskenk. “Nou kan ons ons biblioteek uitbrei en ons fokus met die boeke is veral op die grondslagfase-leerders. Die boeke sluit ‘n verskeidenheid kinders se taalvaardighede help verbeter,” het van geskikte voorlees- en selfleesboeke in. Daar me. Liezl van Wyk by Agter-Groenberg Primêr is ook boeke met opwip-prente, ensiklopedieë gesê. Van die skole beplan ook om party van die en ander opvoedkundige boeke in,” verduidelik boeke as boekpryse aan kinders wat in Afrikaans presteer, te gebruik. sy.
NUUS • NEWS
•COETZEE KYK TERUG OOR 30JR
‘Taal die struktuur van ons idees’
Die vriendelike man met die gryskop en baard is ‘n bekende gesig op Wellington. Hy is gewoonlik daar waar die kultuurdinge aan die gebeur is en al verwar baie mense hom soms met Breyten Breytenbach, het professor Ampie Coetzee sy eie diep spore in die Afrikaanse landskap getrap. Hy is boonop ‘n trotse Wellingtonner. ‘n Mens sou nooit vermoed dat hierdie skerpsinnige, bedrywige man reeds 77 jaar oud is nie. Volgens hom is die geheim van sy gesonde en energieke lewenswyse, die Bolandse wyn. Sy beskeidenheid en droë humorsin verklap ook niks oor die feit dat hy presies 30 jaar gelede geheimsinnig in Dakar met die destyds verbode ANC gaan vergader het nie. “Van Zyl Slabbert het in 1987 die vergadering met die ANC-lede in Dakar gereël. Thabo Mbeki was die leier van die ANC-mense wat daar in ballingskap was. Ons was ‘n groep skrywers wat met hierdie mense wou gaan praat oor ‘n beter pad vir die land vorentoe. Die tema van ons gesprekke was ‘One people, one nation’. Ons wou regtig oplossings vind vir die verdeeldheid wat Apartheid in die land veroorsaak het,” vertel hy. Volgens Ampie is hy seker dat die mense wat in 1987 daar met mekaar gepraat het, vandag dieselfde dinge vir mekaar sou sê. “Ek dink ons is almal, ANC-lede ingesluit, ontnugter oor hoe dit 30 jaar later in ons land gaan. As ons nou met mekaar oor ‘One people, one nation’ moet praat, sal dieselfde bekommernisse van verdeeldheid as 30 jaar gelede opduik,” sê hy. “Magsmisbruik het die lelike gewoonte om in siklusse te werk.” Ampie Coetzee het destyds aan die Universiteit van die Witwatersrand studeer. Hy ontvang sy doktorsgraad onder NP van Wyk Louw en studeer verder aan die Rijksuniversiteit van Ghent in België. Hy het onder andere by die Universiteit van die Witwatersrand, die Universiteit van Natal, sowel as by die Universiteit van Essen in Duitsland en die Universiteit van Utrecht in Nederland klas gegee. Uiteindelik word hy ‘n lektor aan die Universiteit van die Wes-Kaapland. Daar kom ook vele publikasies uit sy pen. Hy was een van die sleutelfigure wat in die sewentigerjare gehelp het om te verseker dat baanbrekerswerke wel in Afrikaans gepubliseer kon word. In ‘n tydperk van streng sensuur in die Afri-
kaanse literatuur, het hy ‘n beduidende rol in Suid-Afrika gespeel. Hy stig onder andere ‘n onafhanklike uitgewery, Taurus, in 1975 saam met Ernst Lindenberg en John Miles. Met hierdie uitgewery probeer hulle om boeke wat deur ander uitgewers weens die streng sensuurwette afgekeur is, te publiseer. Van die bekendste Afrikaanse werke deur die taal se grootse skrywers het destyds danksy Ampie se “Taurus”-uitgewery die lig gesien. Die meeste van André P. Brink se bekroonde boeke, sowel as verskeie van Breyten Breytenbach se werke is deur hulle uitgegee. “Ons het in die nagte die manuskripte gesit en oortik vir publikasie. Dan het ons, ook in die nag, die boeke skelm by die Hoofposkantoor gaan pos om dit te versprei,” vertel hy. Volgens Ampie lyk dit asof sensuur, net soos magsmisbruik, ook in ‘n siklus beweeg het wat die omstandighede in die land vandag in sekere opsigte soortgelyk aan dié van 30 jaar gelede maak. “Kyk maar net na wat onlangs by die SAUK gebeur het,” sê hy. Hy is in die sewentigerjare as gevolg van sy vriendskap en verbintenis met Breyten Breytenbach deur die veiligheidspolisie in hegtenis geneem. Sou hy homself as ‘n rebel bestempel? “Ek sal nie stilbly vir onreg nie – ek het nog nooit nie. Dit maak my seker ‘n rebel?” antwoord hy. Dertig jaar na Dakar is Ampie Coetzee nog net so passievol oor Afrikaans. “Ek wens mense wil besef dat taal gelyk is aan kommunikasie en denke en niks met al hierdie ander persepsies daarvan te doen het nie. Taal is die strukture van ons idees,” sê hy. “Daarsonder kan ons eenvoudig nie ‘wees’ nie.”
NUUS • NEWS
8 Februarie 2017
•VERMENG MEDIUMS
Natuur se invloed inspireer Jonker
‘n “Hibride” kan ‘n kruising tussen twee spesies, ‘n tipe gholfstok, ‘n Spaanse musiekgroep of selfs ‘n nuwerwetse soort motor wees. In wese het dit met die bymekaarkom van variëteite of soorte te doen. In Latyn beteken “hyprida” letterlik “baster”. Die kunstenaar Niël Jonker se kunsuitstalling, “Hibrida”, wat Saterdag in die Breytenbach Galery geopen het, is egter ‘n fusie van uitsonderlike elemente – ‘n verbastering met die mooiste resultate. Niël is geen onbekende in die Suid-Afrikaanse kunslandskap nie. Hierdie boorling van die Klein Karoo se outentieke skilder-aanslag in verskillende mediums, sowel as sy brons beeldhouwerke, het van hom ‘n gevestigde en gerekende kunstenaar gemaak. Hy het ook bekendheid verwerf vir sy vakmanskap as broodbakker en die kursusse wat hy hierin by sy huis in Baardskeerdersbos aanbied. Volgens Niël voel hy met hierdie “Hibrida”-uitstalling, bestaande uit verskeie bronsbeelde en landskapskilderye, dat hy vir die eerste keer werklik sy skilderye met sy beeldhouwerk kan versoen. “Elkeen het nog altyd ‘n tipe lewe van sy eie gehad. Hierdie uitstalling is vir my die bymekaarkom van die twee mediums waarin ek werk. Dit is regtig ‘n hibride van twee uiteenlopende prosesse,” het hy vertel. Vir Niël is die proses in die totstandkoming van kuns baie belangrik. “Ek vertrou nie my verstand nie. Eers wanneer jy verby jou persepsies en logika kan kom en jou oopmaak vir die invloede uit die natuur, kan die kreatiewe proses regtig tot sy reg kom. Intuïsie is volgens my baie belangrik vir ‘n kunstenaar,” het hy verduidelik. Volgens Niël het sy sewejarige dogtertjie se onbevange ontdekkingslus, fantasiewêreld en verbeeldingryke manier waarop sy na die wêreld kyk, hom geïnspireer om dieselfde te doen, terwyl hy met die werke vir hierdie uitstalling besig was. “Die bronsbeelde is glad nie vooraf bedink of ontwerp nie. Dit het bloot organies uit die samevoeging van verskillende gewaarwordinge en my intuïsie gestalte gekry. Ek was sélf soms verras,” het hy vertel. Tydens die openingsgesprek met Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die galery, het Niël meer lig op sy agtergrond, belangstellings en reis tot hier
3
Paramedikus rus vroue toe met gesondheidswenke
Bestuur: Juanita Loubser (nuwe voorsitter), Ezla Ritter (vise-voorsitter), die spreker John Hambleton en sy vrou Annick, Emmie Malan (sameroepster van die Gesondheidsportefeulje), Erna Richter (nuwe sekretaresse) en June Smit (tessourier).
Bo: Niël Jonker en Anne-Ghrett Erasmus by die opening van sy kunsuitstalling. Links is een van sy vele “vermengings”. gewerp. “Dinge kom baie keer in die pad van wat of wie jy regtig is of veronderstel is om te wees – gedagtes, perspektiewe, die lewe. Vir my gaan dit oor die natuur – my natuur, om te speel en om die invloede van die natuurlike omgewing op myself en my werk toe te laat,” sê hy. Die aanvanklike vonk wat die inspirasie vir hierdie uitstalling was, het juis hier by die Breytenbach Galery vlam gevat. “Anne-Ghrett se vorige uitstalling met engele en geutspuite of draakkoppe, het die idee van ‘n ‘kruisrassige’ uitstalling laat posvat. Die Sentrum hou regtig die kreatiewe energie vir kunstenaars lewendig,” het Niël laat hoor. Besoekers, belangstellendes en almal wat die opening bygewoon het kon heerlik, met ‘n plaaslike drinkdingetjie en heerlike versnaperinge as toegif, saamkuier, met Niël gesels en die kunswerke waardeer. Oor sy kunswerke is Niël Jonker filosofies. “Dit is my manier om die wêreld te verstaan.” Die uitstalling duur tot 10 Maart en is oop vir die publiek. Vir navrae, kontak Anne-Ghrett Erasmus by 021 873 2786.
Michaela Maree is ingluit in die o.15 Boland Rolbalspan. Michaela is ‘n Graad 9-leerder aan die Hoërskool Hugenote op Wellington. Boland Rolbal neem in April 2017 deel aan die Interprovinsiale Rolbalkampioenskappe in Boloemfontein.
Die Wellington-tak van die VLV het verlede week hul eerste vergadering van 2017 gehou. Hulle het die jaar behoorlik op ‘n hoogtepunt, met ‘n oggend vol verrassings en insiggewende aktiwiteite, afgeskop. Met die intrapslag kon lede tussen die produkte op die marktafel snuffel en lootjies vir ‘n heerlike trekking koop. Die nuwe dagbestuur is met die opening bekendgestel en voorspoed toegewens. Hulle is Juanita Loubser (voorsitter), Ezla Ritter (vise-voorsitter), Erna Richter (sekretaresse) en June Smith (tesourier). ‘n Baie spesiale deel van die verrigtinge was toe tannie Rida Crouse, een van die ouer en langste lede van die VLV, met haar 90ste verjaardag geluk gewens is. Sy het op ‘n spesiale verjaardag-“troon” geplaas, terwyl ‘n groepie van die lede haar toegesing het. Agterna het almal spontaan met “Happy birthday” weggetrek. Die nuwe voorsitter, Juanita Loubser, het die Wellington-tak se planne vir 2017 aan die lede bekendgemaak en voorgelê en dit blyk dat 2017 ‘n bedrywige jaar met vele hoogtepunte gaan wees. Behalwe vir ‘n hele rits interessante byeenkomste, is daar ook ‘n hele paar vernuwende items op die jaarprogram.
Die Gesondheidsportefeulje was vir die organisasie van die eerste vergadering verantwoordelik en het ‘n heerlike program vol nuttige inligting saamgestel. Emmie Malan, wat die sameroepster van hierdie portefeulje is, het vir John Hambleton as spreker vir die oggend genooi. John is ‘n paramedikus wat reeds sedert 1995 sy eie nooddiensste, “Frontline Emergency Care, bedryf. Hy is ‘n noodhulp-kenner en bied ook verskeie kursusse in hierdie veld aan. Hy is boonop ook die “Toast Masters Public Speaking”-kampioen van die Wes-Kaap, asook die president van die Kaapstadse-tak van hierdie organisasie. In sy praatjie het hy op sy ondervinding as paramedikus en opleidingskonsultant in hierdie veld gefokus. Hy het ook nuttige gesondheidswenke, wenke vir basiese veiligheid en bowenal basiese noodhulpwenke met die vroue gedeel. Ter afsluiting kon die lede almal saamkuier met ‘n glas gemmerbier of ystee in die hand, terwyl hul aan ‘n heerlike vrugtefees kon weglê. Enigeen wat belangstel om ook lid van die VLV te word, kan die sekretaresse by 078 142 3959 kontak.
8 Februarie 2017
courant
dié
4
NUUS • NEWS
Avonture uit die boonste gestoeltes
Amasone... Jy kry sommer warm net aan die gedagte en jou vel begin te kriewel... Jy krap sommer, want jy dink êrens dwaal 'n gogga wat in die bos hoort. Vir Johan Dempers en sy span kundiges is hierdie net nog 'n uitdaging waarna hulle uitsien. Een wat hul vernuf behoorlik gaan toets, maar een wat 'n baie goeie doel dien. Om inligting in te samel en deur te gee aan leerders en studente sal hul hoofdoel wees. Hier gaan hulle die nuutste tegnologie toepas om dit wat in die "boendoe" gebeur, met hedendaagse speelgoed vas te vang en te deel. Dink net hoeveel ryker sal hulle as mense terugkeer en hoeveel ryker sal ons nie wees juis as gevolg van hierdie uittog van hulle nie. Kenners op hul gebied, maar hulle maak ons nou ook toekomstige kenners. Sterkte op jul pad deur die kronkelende Amasone!
Dis Goeie Nuus
dr. Andrew Bosman
Geen ander naam In die handelinge van die Heilige Gees met die apostels, word Petrus en Johannes ondervra oor ‘n weldaad aan ‘n man van oor die veertig jaar oud, wat verlam was en gesond geword het. Die priesters, die hoofman van die tempel en die Sadduseërs was baie ontevrede omdat hulle die volk leer en van Jesus se opstanding uit die dode verkondig. Hulle is daardie aand in die gevangenis opgesluit. Die volgende dag het Annas die hoëpriester, en die owerstes en die ouderlinge en skrifgeleerdes in Jerusalem bymekaargekom en ook almal wat van die hoëpriesterlike familie was. Hulle wou by die dissipels weet in watter mag en naam het hulle die genesing gedoen? Petrus het opgestaan en geantwoord dat as hulle ondervra word oor ‘n weldaad aan ‘n siek man, waardeur hy gesond geword het, laat dit bekend wees aan almal en aan die hele volk Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner wat julle gekruisig het maar wat God uit die dode opgewek het , dat deur Hom hierdie man gesond voor hulle staan. Die saligheid is in niemand anders nie want daar is geen ander Naam onder die hemel wat onder die mense gegee is waardeur hulle gered kan word nie. Na beraadslaging is die dissipels geroep en aangesê om nie meer in hierdie Naam van Jesus te leer nie. Die dissipels, en meer as 5 000 gelowiges het ‘n verhouding met Jesus gehad, maar die owerstes, skrifgeleerdes en hoofman van die tempel en Annas die hoëpriester het ‘n verhouding met die tempel gehad, maar nie met die Here Jesus nie.
Reinard Reitsma Thomas Linnegar
Hugenote presteer by PMW Hugenote Hoërskool het op Donderdag 2 Februarie aan die jaarlikse PMW-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Hierdie kragmeting vind elke jaar tussen die atlete van Boland Landbouskool, La Rochelle Hoërskool, Swartland Hoërskool, Hugenote en Worcester Gimnasium plaas. Die seuns- en dogterspanne van die verskillende skole het met mekaar meegeding. Boland Landbouskool se seunspan en La Rochelle Hoërskool se meisiespan het as die wenners uit die stryd getree. Hugenote Hoërskool se seuns- en meisiespan het in die algehele derde plekke geëindig en baie van die skool se top-atlete het uitsonderlike prestasies gelewer.
Wen ete-kaartjies
Atlete in Bolandspan opgeneem
dié courant se Plaaskombuis by die kykNET Buiteekspo bied 'n heerlike kuiertent met smaaklike kraakvars-etes en plaasgebak. Daar is ook van die lekkerste koffie uit die kontrei met Beans About Coffee. Sondagmiddag sit Two Food Fundies 'n buffet voor wat in die tent of as wegneem-etes gekoop kan word. Een gelukkige leser kan vier etes vir 'n gesin van vier losslaan deur hul naam en van, tuisdorp en die naam van dié kuier-tent te sms na 084 8333 813 voor 16 Februarie.
Bo: ‘n Graad 6-leerder van Laerskool Hugo Rust, Francois Retief, byt vas tydens die o.13-uitdun by die Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms op Oudtshoorn. Hy’t algeheel vyfde geëindig in sy ouderdomsgroep.
Talle Wellingtonners was Saterdag deel van die Bolandspan wat tweede gekom het by die Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms op Oudtshoorn. Sewe spanne (Boland, WP, SWD, Grens, OP, Griewaland-Wes en Suid-Vrystaat) en meer as 520 atlete was deel van die aksie. WP het die 26ste kompetisie gewen. Tweekamp behels swem en atletiek oor verskillende afstande, afhangende van die ouderdomsgroep waaraan deelgeneem word. ‘n Deelnemer kry punte op grond van sy of haar tye en prestasies in albei items. Hoërskool Hugenote het sesde in die spankompetisie vir hoërskole gekom. Hul A-spanlede was Jana Retief en Aldert Mouton (o/15), Emma Crous, SW Malan, Martin Minaar, Lozaan van Schalkwyk, (o.17) en Nina Friedlingsdorf (o.19). Luc van der Westhuizen (o.15) en Jeanni Botha (o.17) was albei in die Boland B-span. Jaco van Zyl (o.11) en Hannah Crous (o.13) van Laerskool Hugenote was in die Boland A-span, Elena Duvenage in Boland-B (o.11) en Daneel Venter en Marike Duvenage albei in die Boland Ontwikkelingspan. Die Hugo Rust-leerders in die Boland A-span was Jan-Paul Hattingh (o.9), Christiaan Hattingh (o.11) en Francois Retief (o.13), met Annali Joubert in die Boland B-span.
courant
dié
8 Februarie 2017 NUUS • NEWS kykNET Buite-ekspo 2017: Amptelike program
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Amptelike program
17-19 Februarie 2017
Bieliebederf vir buitelewe-liefde
Hartlik Welkom by die 13de kykNet Buite-Ekspo aangebied deur Trio Events. Dit is vanjaar die vierde keer dat ons dié ekspo se Wes-Kaap-been op Môreson aanbied om jou, ons besoeker, die beste buiteleweervaring te bring. Met ‘n hele rits nuwe uitstallers en ou staatmakers kan jy weer uitsien na die ontspanne plaasatmosfeer, heerlike vermaak, skouer skuur met sepiesterre tydens ‘n braaikompetisie en ‘n danskompetisie, 4x4-aksie en natuurlik volop spys en drank vir elke smaak. Ry vandag – Vrydag tot Sondag - GRATIS 4x4 hindernisritte saam met André de Villiers van Safari 4x4 Roetes of kom kyk na die veld- en vierwielmotorfietse se vertonings. Die Deli- en Kunsmark met ‘n groot verskeidenheid produkte vir die dames het vanjaar weer ‘n rits nuwe uitstallings en word deur Tip Trans moontlik gemaak. Vrydagaand se Namchar Snoek-en-Patat-ete is nou reeds sinoniem met hierdie geleentheid en word weer voorberei deur Erik de Milander van die bekende Bushman’s Cave Bergteater by Clanwilliam. De Milander is ook sommer die seremoniemeester vir die naweek. Maak seker jy maak iewers oor die naweek ‘n draai in dié courant se plaaskombuis om heerlik te kuier en weg te lê aan plaaskos met ‘n flair, lekker-eet-peuselborde, koek, melktert, malvapoeding en vele meer. Kry ook ‘n heilsame koffie by Beans about Coffee se stalletjie. Sondagmiddag kan jy in die plaaskombuis ook heerlik saam eet aan ‘n buffet, opgeskep deur die Two Food Fundies-span. Maak net seker jy bespreek jou buffet-ete(s) per Whatsapp (van en getal gaste) voor Saterdag 17:00 by 079 981 6763. Jy kan dit ook as wegneemete(s) neem. Ook Vrydagaand op die program is ‘n nuwe voetejeuk-kompetisie met Virseker en Getroud met Rugby se sterre waar deelnemers hul slag
Talle kunstenaars sal vir heerlike vermaak sorg. Die Weskus se eie Chereé (links) sal ook op die verhoog te sien wees. mekaar die stryd aansê in ‘n “braaigeveg” aanmet Pom Pom-danse gaan wys. Op die Tip Trans-verhoog in die kykNET-arena gebied deur die wêreldbekroonde Jimmy’s Stetree kunstenaars soos Sam & Calla en Rooies akhouse Sauces. Daar is ook oudergewoonte weer die Castle (Vrydag), Joe F, Hugo Nieuwoudt, Chereé, Amoré, Nadia Louw, Desmond Wells en Joe F Biertuin en kroeg vir gesellige kuier en ietsie vir (Saterdag) en Elandré Schwartz en Nadia Louw die dors. Die ekspo het ook weer kragte saamgesnoer (Sondag) op. Die kinders kan die hele naweek heerlik bal- met die Breyton Paulse-stigting en Tag Rugby jaar in die Tip Trans-pretpark en ook nader skuif om Saterdagmiddag ‘n skolekliniek aan te bied vir Tjiff en Tjaff Saterdagoggend en Lollos 8 Ska- en ‘n kragmeting tussen Getroud met Rugby en terlag! Sondagoggend op die Tip Trans-verhoog. spelers uit die publiek beloof ook volop aksie en Saterdag se program sluit Rola VW se veldren- vermaak op te lewer. Moet ook nie vergeet van die helikopterritte toetsritte in die Amarok-bakkie in asook ‘n Agriwaar jy ‘n besondere vliegervaring kan meemark/Bosch-kompetisie in die kykNET-arena. Die Wes-Kaapse minister van finansies en maak nie. Gepraat van vlieg. Vertonings deur die lugklogroot vriend van die ekspo, Weskusser dr. Ivan Meyer, sal Saterdagoggend die amptelike wers van Mother City Skydiving buite Malmesbury is ook Saterdag en Sondag op die program opening behartig. Een van die nuwe toevoegings tot die pro- vir hul valskermvertoning. Maak ook sommer van die geleentheid gram is Saterdag se kykNET-sepie Vuurgeveg met akteurs van Suidooster, Binnelanders en gebruik om daardie sprong wat jy nog altyd wou doen met hulle te bespreek en jou adrenalienafGetroud met Rugby. Hier sal die akteurs en lede van die publiek spraak te maak.
5
II6
NUUS • NEWS Program
8 Februarie 2017
Terrein-uitleg
Naas al die buitelug-uitstallings by vanjaar se kykNET Buite-ekspo is daar ook weer helikopterritte, 4x4- en veldwedrenne en valskermvertonings.
• Om die honger te stil en heerlik saam te kuier, is daar talle kosverskaffers, asook dié courant se Plaaskombuis met smullekkerkos. Kom geniet heerlike kerrie-afval, kaas en kouevleis-borde, bobotie of soetgebak.
NUUS • NEWS Program
8 Februarie 2017
7 III
8 IV
8 Februarie 2017
NUUS • NEWS Program
Uitstallers by vanjaar se ekspo:
NUUS • NEWS
8 Februarie 2017
975
610
NUUS • NEWS
8 Februarie 2017
Rossouw se Pinotage-blok die beste in streek
Hennie Rossouw van Fairview spog met die beste wingerdblok. Hennie Rossouw se Pinotage-wingerd van die plaas Fairview buite Malmesbury is vereer as die Paarl- en Swartlandstreek se beste wingerdblok in VinPro en Winetech se jaarlikse evaluering. Die sewejarige wenblok van Rossouw, boer en direksie-voorsitter by Swartland Kelder, is ʼn kloon PI48, geënt op Richter 99 en word as bosstok verbou. Kortkop na die wenner was ʼn blok van Bosman Adama (Wellington), gevolg deur Lombard Trust (Hermon). Die tema van dié twee wynbedryforganisasies se wingerdblokevaluering in die streek het vanjaar op premium Pinotage gefokus. “Daar is fyn gekyk na die bestuur van dié trots Suid-Afrikaanse kultivar. Pinotage is ʼn kruising tussen Pinot Noir en Cinsaut (vroeër as Hermitage bekend) wat in 1925 deur die legendariese prof AI Perold van die Universiteit Stellenbosch ontwikkel is,” vertel Hanno van Schalkwyk, VinPro se wingerdboukundige vir die Paarl en Swartland. “Die standaard van die inskrywings was baie
hoog en die blokke het ondanks die droë jaar steeds baie goed vertoon. Die feit dat die wenblok droëland verbou word, is ʼn pluimpie vir Pinotage se taaiheid om steeds onder moeilike en droë toestande kwaliteit druiwe en wyn op te lewer,” sê Hanno. Deelnemers het getoon dat hulle deur oordeelkundige beplanning ʼn wenresep vir elkeen se terroir kon bepaal. Sommige van die inskrywings word bosstok verbou, terwyl ander opgelei is. Party is teen hoër digthede geplant na gelang van die beskikbaarheid van water. Korttermyntegnieke soos snoei, suier, tip en blaarverwydering is ook aangepas om die wyndoelwit te komplimenteer. Die VinPro/Winetech wingerdblokkompetisie word jaarliks in die onderskeie streke aangebied om beste wyndruifverbouingspraktyke te identifiseer, vier, en met die bedryf te deel. ʼn Boeredag word in Junie gehou waartydens die praktyke van die wenblok gedemonstreer en ander tegniese inligting oorgedra gaan word.
NUUS • NEWS
Dagboek • Calender
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC., Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington Rugby Klub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om vanaf Januarie 2017, elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington Rugby Klub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Ons eerste oefening is 5 Januarie 2017 vanaf 19:30 by Wellington Rugby Klub reg langs Boland Stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Newton 9 Februarie 2017: Newton Rugbyklub hou hul Algemene Jaarvergadering en alle spelers en lede word uitgenooi na die belangrike vergadering in die klubhuis om 19h30. Die span oefen elke Dinsdag, Woensdag en Donderdag om 19h00 op Bombela park. Die span toer eerskomende naweek na Bonnievale vir vriendskaplike wedstryde, alle spelers word genooi omdat daar oorgeslaap gaan word. Skakel die Sekretaris me Felecity Jacobs(0781713172) vir enige navrae. Die klub se Rugbydag is 25 Februarie 2017 en spanne kan nog kom deelneem Afrikaanse Taal Monument Paarl 11 Februarie, 11 Maart: Kom geniet ons Volmaanpieknieks op die bogenoemde datums om 17:00 tot 22:30. Die toegangsgelde beloop - R25/R10 SA Studente, R5 vir kinders en kinders onder 6 jaar is gratis. Eie piekniek-mandjies is welkom. Kaartjies is beskikbaar by Computicket / hek. Enige navrae skakel 021 863 0543 / 4809 Calling all bird lovers 9 and 10 February: The “Flight for Birders” bird identification and conservation course will be presented on the 9th and 10th of February in #heartwellington by Dr. Anton Odendal, Chairman of Bird Life Overberg and Western Cape. This interesting course was developed to assist novices and experienced birdwatchers to become involved in bird watching in a practical and sustainable way. Basic steps in the identification of birds will be highlighted. The course is illustrated with more than 1 600 slides and drawings. Emphasis will also be placed on the further development of the @capewinelands region as a top birding destination. Important conservation issues will be discussed and details will be given on how ordinary birders could become involved in conservation actions. For more information contact Elaine at 082 455 8402/ mwjasser@mweb.co.za Huguenote Laerskool
Geklassifiseerd • Classifieds
11 Februarie: Huguenote Laerskool bied aan - Virrie liefde met Jak de Priester & Pieter van Jaarsveld om 08:30 vir 09:00. Die oggend beloof om iets in te hou vir ieder en elk, dames en mans met fantastiese vermaak, inspirerende sielskos en heerlike verversings. Kaartjies slegs R250 pp. Bring jou vriendin, vriend, eggenoot, pa, ma, ouma, oupa,kollega en kom kuier virrie liefde saam met iemand vir wie jy omgee. Kaartjies is beskikbaar by CLF stuur ‘n e-pos aan info@clf.co.za of skakel 021-873 6973 of besoek www.clf.co.za Piketberg Toerisme 11 Februarie: Kom geniet 'n lekker somermark by museumgronde vanaf 9:00 tot 14:00. Heerlike kontreivrugte, water-aktiwiteite, tuisgebak, gratis waatlemoenskywe, handwerkstalletjies, gratis vermaak, historiese Piketberg staptoere en veel meer. Hillcrest United rugbyklub se voorseisoen is sterk aan die gang op Dinsdae, Woensdae en Donderdae te Pelikaan Park-Wellington vanaf 19:00. Die bestuur en afrigter nooi dus alle spelers wat nog wil deel word om spoedig aan te kom sluit. Hillcrest United Rugbyklub Hillcrest United rugbyklub se voorseisoen is sterk aan die gang op Dinsdae, Woensdae en Donderdae te Pelikaan Park-Wellington vanaf 19:00. Die bestuur en afrigter nooi dus alle spelers wat nog wil deel word om spoedig aan te kom sluit. Die span van Wellington speel 3 vriendskaplike wedstryde soos volg: 18 Feb. 2017 - Worcester Villagers in Worcester. 25 Feb. 2017 - Saldanah RFK in Saldanah 4 Maart 2017- Mamre RFK op Pelikaan Park. Vir meer inligting kontak die klub sekretaris: Mnr Jovan-ré W Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@ gmail.com Huguenote Hoërskool 21 Februarie: Kom wees deel van die kroning van Mnr & Mej Huguenote 2017 om 19:00 by die Huguenote Hoërskool. Die gaskunstenaar is Schalk Bezuidenhout Wellington Lions 25 Februarie: Die Wellington Lions bied aan Kaapland Boereorkes by die Huguenote Laerskool om 19:00. Kostes beloop R75 per persoon. Eie drank en verversings. Navrae kontak Amanda by 083 661 9823 Afrikaanse Taalmonument 10 Maart: Amanda Strydom en Jak de Priester hou piekniekkonsert by die Taalmonument Tuinteater. Die piekniekreeks is ten bate van Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Laat ons Lees-projek vir kinders
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.
117
8 Februarie 2017
NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.
NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690
Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.
NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021.
Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.
Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
GELUKWENSING CONGRATULATIONS SANDRA NELL - 10 Februarie. Baie geluk my kind met jou verjaarsdag. Wens geluk, vreugde en seëninge toe. Liefde - Mammie en uncle Herman #3507 -----Veels geluk Ousie. Alles wat mooi is. Mag die Here Ousie nog vele jare spaar. Lekker verjaar. Liefde - Johnnic #3516 ------Geluk Ousus. Hoop die nuwe lewensjaar is vol pret en baie lag. Geniet my sussie - Chrizaan, Timo, Zenobia, Tristan en Keagan #3508 -------Baie geluk met die verjaarsdag. Mag die daggie geseënd wees. Klomp liefde - Leona #3517 --------------------------------MICHAELA SOLOMONS - Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. Mag God jou ryklik seën. Van: Ma, Pa & Anuscka #3518 ----Baie geluk. Jy moet lekker verjaar. Van: Solomons familie #3519 -----Baie geluk vriendin. Mag die Here jou seën en nog vele jare spaar. Mwah Charnelle en Lauren #3521 ----Geluk Micheala op jou 21ste verjaarsdag. Van al jou vriende - Freddy, Ronaldo, Heinie, Brain & Shanan #3537 --------------------------------ASHLEEN VAN WYK Sussa, baie geluk met jou negende verjaar-dag. Lekker verjaar ons blompot. Liefde - Ashwin, Cherylene, Mamma, Pappa, JC, Cheslin & Juanon #3510 --------------------------------Geluk BRED-LEE met jou negende verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar. Liefde - Van Wyk gesin #3511 --------------------------------KEANAN JOUBERT Today is your day to be a star. Happy bornday. Love you lots! - Your aunt Janine, uncle Johnathan and kids #3512 ----Veels geluk met jou 17de verjaardag op 3 Februarie. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Lief vir jou - Mammie, Keisha en Branwill #3513 --------------------------------GEORGIA, Baie geluk met jou verjaardag op 14 Februarie my prinses. Mag die Here jou seën. Baie liefde - Mamma Charlotte en Boeta Maxwell #3514 --------------------------------NIKITA - 6 Februarie. Elke dag is 'n geleentheid vir omgee, te glimlag en dankbaar te wees. Geluk kosbare mensie Mamma Charlotte #3515 --------------------------------Raai wie word 40 - 11 Februarie : IVAN KOTZE. Baie geluk my man - Jou vrou, Queenie en kinders Tanya en Javier #3522 --------------------------------SKYLER - Baie geluk met jou eerste verjaarsdag. Van Mommy & sussie Jonique #3523 -----Geluk Mamma se blom. Lief vir jou - Van:
Mamma, Dadda en Boetas #3524 --------------------------------LEE DEANO - Twee op 9 Februarie. Baie geluk ouma se liefling. Jy is die sonskyn in ons lewe Ouma Trien, Dadda, oom Riaan #3525 -----Geluk met jou spesiale dag. My wense is dat God jou beskerm. Liefde - Mammie, Nanna, uncle Quinty, Damian, Caris-Brooke en Quiney #3526 -----Ouma se grootman - Jy is die lig van my lewe. Altyd spesiale plekkie in ouma se hart - Ouma Sylvia, Oupa Harold en Ooms #3527 --------------------------------BIANCA - My blom raak 8 op 10 Februarie. Baie geluk my kind, alles wat mooi is . Geniet jou dag. Liefde - Ma #3551 ----Baie geluk met jou verjaarsdag. Ons is baie lief vir jou. Van: Mammie, Hayley, Hilton, Hayward en Oupa #3552 ----Geluk met jou verjaar-dag. Geniet jou dag. Liefde - Ouma, Tannie Nette en Les #3553 ----Geluk met jou geboortedag. Bly die lieflike kind. Jy is ons blom - jou Ooms Norton, Jean, Garert en tannie Janine #3554 --------------------------------HAYLIN DUDLEY - Veels geluk met jou vyfde verjaarsdag. Mag die Here jou vele jare spaar. Lief vir jou - Papier & Dudley familie #3528 --------------------------------MICHAELA HUGO - Op 9 Februarie is ons blompot vyf jaar oud - Lekker verjaar. Liefde - Pa, Ma & Hugo Familie #3529 --------------------------------KIA VAN STADEN - Geluk met jou verjaarsdag. Jy is net jou ma se blom. Baie lief vir jou. Van: Mammie en Kyle #3530 --------------------------------LEE-ROY NERO. Baie geluk met jou verjaardag. Baie lief vir jou - Uncle & Tannie Maria #3531 --------------------------------LIZELLE VALENTYN DANSTER - 7 Februarie. Baie geluk met jou verjaarsdag. Geseënde lewensjaar. Liefde Skoonma, Anna en kinders #3532 --------------------------------MONRAY - Geluk met jou 21ste verjaarsdag. Mag jy 'n jaar vol liefde en vrede hê. Baie lief vir jou. Ouma en Oupa #3538 -------Happy 21st birthday. May God bless you. Love Navolee, Valda, maulisha, Dedrei, Nicquin, Romario, le -clugh en Muhaymien #3539 -------------------------------BRE-NIQUE DANSTER. 8 Februarie. Geluk met jou geboortedag. Alles wat mooi is - Ma, Atta en kinders #3533 -------------------------------RAAI wie word 2 - Geluk met jou verjaarsdag MIKAH CLOETE. Van: Mammie, Dadda, Ouma, Oupa, Boeta en Familie #3540 ------------------------------Happy Anniversary. 12 Februarie 2017 is julle
17 jaar getroud. Mag daar nog vele wees Damon familie (Darling) #3541 ----Geluk Ma en Pa met julle huweliksherden-king. Alles wat mooi is julle twee tortelduiwe wat koer in die boom Jul seun Peter-John #3546 -------------------------------SHADAY - Baie geluk met jou eerste verjaarsdag. Ons is baie lief vir jou! - Mommy, Quinton en Robin-Lee #3547 -------------------------------GERTRUIDA MALGAS Vriendin baie geluk en seën op 12 Februarie. Dankie vir die baie liefde en vriendskap van jou - Lolla #3548 -------------------------------CLAUDIA - 12 Februarie. Baie geluk met jou verjaardag vriendin. Jy moet lekker verjaar en geniet jou dag - Jou vriendin Veronica Combrink (Nanna) #3549 ----Baie geluk met Mammie se verjaarsdag. Baie dankie wat Mammie as enkelouer vir ons doen. Baie liefde - Lezaan en Avril #3555 MEMORIUM IN MEMORIAM NETTA MARKUS 09/02/1967 20/02/2012 Lieste Mammie, jy is vandag 50 jaar oud en ons kan dit nie eens saam met jou vier nie, maar ons weet waar jy nou is saam met jou Vader langs die tafel, geniet jy nou jou verjaarsdag. Ons mis jou nog elke dag, maar hou vas aan die liefde wat jy aan ons toegewy het en koester die herinneringe saam as familie. Liefde Eggenoot, kinders en kleinkinders #3404 ----Ons sou so graag wou geluk sê met jou 50ste verjaardag en vyf jaar weg van ons. Mis jou nog elke dag, maar ons koester mooi herinneringe. Jou suster en kinders #3509 --------------------------------
12
courant
NUUS • NEWS
dié
8 Februarie 2017
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
8 Februarie 2017
Newton-rugbyklub palm sewestitel in
Newton-rugbyklub het weer eens hierdie naweek gewys waarom hulle so hoog aangeskryf word deur die Darling Sewestoernooi in te palm en die prysgeld van R8000 huis toe te neem. Die kompetisie was deurgaans sterk en baie spanning is opgelewer deur die dag. Die volgende spanne was betrokke by die toernooi Helderberg, Elsiesrivier, Never Despair, Darling, Hamlets, Hands and Hearts, UWK, Pella, Langa, Mamre, Young Peoples en talle uitnodiging spanne. In sy eerste wedstryd is Hands and Hearts afgeransel met 42-7 en dit het die standaard gestel vir wat later in die dag sou kom. Die volgende wedstryd teen Helderberg was ‘n weghol-oorwinning met 24-0 en moelike bewegings het maklik gelyk met die skare wat by tye na hul asems gesnak het met die skitterende hardlooplyne van die Bombelas. Die laaste groepwedstryd was ‘n derby, omdat Newton ‘n week gelede vasgeval het teen Hamlets in die Wesbank Plaat-finaal en aan drama was daar nie ‘n tekort nie. Na amptelike speeltyd was die spanne gelykop met 26-26. Newton het egter sy klas gewys deur met ‘n briljante drie Hamlets se doppie te klink.
Die kwarteindstryd was baie eensydig teen die sterk Helderberg(Barbarians) en Newton het verspot maklik met 24-12 gewen. Die opwinding was egter in die semi-finaal teen die sterk span van UWK(Universiteit van Wes-Kaapland) wat as gunstelinge die toernooi betree het. Hulle was egter van die veld gevee deur ‘n goed geoliede eenheid. Hulle het nie antwoorde gehad vir die spoed en finesse van die
opponente maar net toesien hoe die Newton(Bombelas) hulle uitmekaar skeur met indrukwekkende hardlooplyne en individuele briljantheid. Hier was Theo Marinus (kaptein) Ricky Jordaan, Desti, Keaton Booysen en Dillon Maart aan die voorpunt. Eindtelling 26-14. Die Bowl-afdeling is gewen deur Langa Zebras en Helderberg was die Plaat-afdeling wenners. Dillon Maart (onder) was ook aangewys as Speler van die Toernooi.
Newton vlakhase nie en moes die onderspit delf met 24-17. Die eindstryd was teen die sterk span van Elsiesrivier United wat alle teenstand deur die loop van die dag platgevee het. In die eindstryd het hulle egter hulle vasgeloop teen ‘n vasberade Newton wat nie ‘n tree teruggestaan het nie. Elsiesrivier het egter die Newton-toeskouers geskok deur in die eerste minuut ‘n drie aan te teken. Hierna moes die
•RYG STEEDS MEDALJES IN BY SKOPBOKS-KOMPETISIES
Carel nog vol skopkrag Carel du Preez is ‘n oud-Wellingtonner wat deesdae weer terug is op die dorp. Hierdie voormalige leerder van Hugenote Hoërskool is ‘n legende in Skopboks-geledere. Carel was reeds 5 keer die Suid-Afrikaanse skopboks-kampioen en het ook in 1995 die World Kickboxing Classics in Londen gewen. Volgens hom probeer hy deesdae ‘n “kampioen”-man vir sy vrou Ilse en –pa vir sy seuntjie wees. Die skopboks-gogga het hom egter nog nooit regtig laat los nie en hy is steeds aktief by skopboks betrokke. Carel het onlangs weer presteer toe hy twee goue medaljes by die Boland Skopbokskampioenskap in sy afdeling gewen het. Hy is deesdae ook ‘n skopboks-afrigter by ‘n skopboks-klub in die Paarl. Volgens hom is daar ‘n hele paar Wellingtonners wat lede by hierdie klub is en wat baie goed by kompetisies presteer. Daar is egter ook talle lede wat om ander redes by die klub oefen. “Hier is baie lede en ons oefen vier dae per week. Ons het natuurlik ‘n hele paar kompeterende lede, maar hier is ook heelwat lede wat
bloot kom vir fiksheid of mense wat graag gewig wil verloor,” sê Carel. Volgens hom is skopboks een van die beste maniere om topfiks te word, gewig of sentimeters te verloor en terselfdertyd ‘n gesonde, gedissiplineerde lewenswyse te vestig. “Hier is al soveel suksesstories van mense wat hul doelwit-gewig met skopboks bereik het,” sê Carel. “Hulle bly boonop fiks en gefokus – alles dinge wat uit die beginsels van skopboks spruit.” Loop ‘n mens met die trappe af na die kelderverdieping van die gebou waar die skopboks-klub gesetel is, voel dit kompleet soos iets uit ‘n Hollywood-fliek. Begin jy egter saam met die lede opwarm en skoppe oefen, besef jy binne 10 minute waarom hierdie waarskynlik van die heel beste oefeninge is wat jy al ooit gedoen het. “Skopboks is vir almal. Hier is kinders van alle ouderdomme, mans en vroue – ook almal van verskillende ouderdomme,” sê Carel terwyl hy skoppe demonstreer. Vir meer inligting oor skopboksklasse, kan belangstellendes Carel by 083 225 5899 kontak.