406 die courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

dié

8 Februarie 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 406

8 Februarie 2017

•DEMPERS-GROEP PAK SUID-AMERIKA AAN

Amasone roep wéér avonturier •Jaomi Zeeman

In Augustus 2017 gaan die Wellingtonner Johan Dempers as deel van ‘n span van vier mense ‘n twee maandelange ekspedisie in die Amasone aandurf. “Ons is vier mense, dit is twee maande en ons het een doelwit, naamlik om die harde maar wonderlike biosfeer van hierdie unieke gebied te ontdek,” sê Johan. “Ons wil hierdie gebied ondersoek en die inligting met mense en studente regoor die wêreld deel.” Die ander avonturiers wat hierdie uitsonderlike ekspedisie gaan meemaak, is Joe Brooks (79), Muldene Holloway (32), ook van Wellington, en Hennie van Rooyen (47). Johan is die groepleier en fotograaf en hy is baie opgewonde oor die avontuur. Johan en Joe het in 2002 ook ‘n reis na die Amasone onderneem. “Ons vorige ervaring in die Amasone was nie sonder uitdagings nie,” vertel Johan. “Ek het onder andere negatiewe simptome weens sandvlieg-byte gehad en ons is uiteindelik deur ‘n inheemse Indiaan-groep gevang,” sê hy. “Dit was natuurlik voor die tyd van satelliettelefone en al die ander nuttige tegnologie wat ‘n mens vandag kry.” Volgens Johan werk die span baie hard om alles slaggereed te kry voor hul vertrek in Augustus. “Aangesien ons fokus hierdie keer op die opvoedkundige waarde van die ekspedisie val, is ons ten volle toegerus met ‘drones’, ‘go pro’s’ en al die nodige tegnologie om die realiteit van die Amasone vir studente ‘n werklike ervaring te maak,” verduidelik hy. “Ons gaan tydens die ekspedisie probeer om vanaf ‘n vaste basis te werk – ‘n plek waar ons ‘n tipe kamp kan opslaan met ons sonpanele en ander toerusting en vanwaar ons al ons aktiwiteite kan loods. "Ons het ook waardevolle kontakte met die nodige outoriteite in Brasilië gemaak om ‘n veilige reis te verseker,” sê Johan. “Om ongewone dinge op film vas te lê, is vir

Coetzee kyk terug na Dakar

Die vier avonturiers durf die Amasone aan om inligting te versamel. Hulle is Joe Brooks, Hennie van Rooyen, Muldene Holloway en Johan Dempers. my een van die wonderlikste dinge. Met Ekspedisie Amasone 2017 het ons die unieke geleentheid om ons avontuur in ‘n afgeleë gebied met kinders, ouers en studente regoor die wêreld te deel,” sê hy. Die groep se oogmerk is juis om, d.m.v. die internet, hierdie avontuur tot binne die huise en klaskamers van gewone mense te bring. Hulle beplan om internet-gebaseerde lesse, wat die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde bevorder, m.b.v. gratis internet te versprei. Alle gebeure en aktiwiteite gedurende die ekspedisie sal ook op film vasgelê en later as “virtuele uitstappie lesse” beskikbaar wees. Uiteindelik sal hul webtuiste ‘n hele klomp aflaaibare modules, elkeen met sy eie opleiding-ondersteuningspakket, beskikbaar hê. Die verskillende modules sal ‘n wye verskeidenheid onderwerpe, onder andere die musiek, kuns en verhale van die reënwoud, asook fotografie-

Hugenote skitter by atletiek-uitdaag

lesse en die belangrikheid van die reënwoude, insluit. Die ander lede van die groep, Muldene, Joe en Hennie, is ook eksperts in hul eie velde. Muldene is ‘n grafiese en web-ontwerper, ‘n videograaf en ‘n sanger. Joe is ‘n voëlkenner, avonturier en fotograaf en Hennie is ‘n sekuriteitsadviseur en mediese assistent. Wat al die groeplede egter in gemeen het, is die nodige ondervinding in soortgelyke ekspedisies, ‘n onblusbare ontdekkingsgees, ‘n liefde vir reis, ‘n groot respek vir die natuur en ‘n passie om dit met opvoeding en opleiding te kombineer. Vir meer inligting kan belangstellendes hul webtuiste by www.expeditionearth.info besoek. Skole en opvoedkundiges kan die inskrywingsvorm op die webtuiste voltooi om gratis deel te word van hierdie avontuur en om die modules te ontvang.

Newtons kraai koning op Darling

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
406 die courant wellington by DieCourant - Issuu