Skip to main content

Wellington 404 25 Januarie 2017

Page 1

courant

1 Wellington

dié

25 Januarie 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 404

25 Januarie 2017

•KOHLER VERTEL VAN KWV SE JONG DAE

Wyngeskiedenis in sy voorhuis bewaar

•Jaomi Zeeman Die 84-jarige Thurlow Kohler is die bewaarder van ‘n groot stuk erfenis van die wynbedryf in Suid-Afrika. Hy besit nie alleen talle memorabilia uit die land se wyngeskiedenis nie, maar is ook die kleinkind van die legendariese C.W.H. Kohler, die stigter en eerste voorsitter van die KWV. Volgens Kohler, ‘n oud-Wellingtonner wat vir 37 jaar by die Western Tanning gewerk het, was sy oupa ‘n formidabele man wat in die laat 1800’s en vroeë 1900’s groot spore in die wynbedryf getrap het. “My Engelse oumagrootjie het vir my oupa skoolgehou en hy kon baie goed Engels en Hollands praat. Hy het by sy oom, wat ‘n tandartspraktyk in Kaapstad gehad het, as vakleerling die kuns van tandartskunde geleer en hulle het ook gereeld musiekaande bygewoon,” vertel hy. Uiteindelik het hy sy oom se tandartspraktyk oorgeneem en ‘n “travelling” tandarts geword. Tydens sy reise as tandarts het hy sy vrou ontmoet en hulle het vir ‘n ruk in Kimberley gewoon. Hier het C.W.H. Kohler met Cecil John Rhodes en Barney Barnato bevriend geraak – ‘n vriendskap wat hom na die Rand gelei het om te gaan delf. Nadat hy “goeie geld” aan die Rand verdien het, het hy as tandarts na die Paarl teruggekeer. Volgens Kohler jnr. het sy oupa vir al die welgestelde boervroue in die Paarl tande gemaak. Met die geld wat hy hieruit verdien het, het hy as deel van ‘n sindikaat aan die Rand gaan kleims opkoop en selfs later ‘n eie myn namens die sindikaat begin. Hy het weer teruggetrek na die Rand en sy kinders is almal daar gebore. Uiteindelik het sy gesondheid begin pla en op aanbeveling van dokters het hy weer na die Paarl teruggetrek. Die geld wat hy aan die Rand verdien het, het hom in staat gestel om sy hele gesin, bestaande uit sy vrou en ag kinders, sowel as ‘n huishoudster, vir maande lank op ‘n wêreldreis te neem. “My oupa se doel met hierdie reis was om die werking van koöperasies in die buiteland te gaan ondersoek – dit was iets wat in daardie jare nog

Thurlow Kohler, kleinseun van C.W.H. Kohler, die stigter en eerste voorsitter van die KWV, het talle aandenkings van die wynbedryf in sy huis op Wellington. nie in Suid-Afrika bekend was nie,” vertel Kohler. Terug in Suid-Afrika het sy oupa ‘n plaas, Riverside, wat destyds deur Simon van der Stel “uitgesit” is, teen ‘n baie billike prys bekom. Die filoksera-virus wat wingerdboere in daardie tyd erg geknou het, het baie plase teen lae pryse in die mark laat beland. “Hier het my oupa sy eie wyn begin maak en ook bewus geword van die tipiese probleme waarmee wyn- en wingerdboere te make gehad het,” sê Kohler. Sy oupa was ‘n bobaas-wynmaker en het verskeie internasionale pryse vir sy eie wyne gewen. Kohler jnr. is die trotse bewaker van al die groot trofees en medaljes wat sy oupa met sy eie wyne verower het. Een hiervan is vir die “Best South African light wine” in die laat 1800’s by die Londense wynskou vir sy “Drakenstein”-wyn. Volgens Kohler jnr. was sy oupa sy tyd eintlik ver vooruit. “Hy het vreeslik vir die regte van die plaasarbeiders baklei. Hy het die boere aangemoedig om vir hul arbeiders beter betaling, beter huise, toerusting, kos en behuising te gee.

"Hy het vas geglo dat dit tot beter boerderypraktyke sou lei en uiteindelik ‘n beter produk sou lewer. Baie boere was natuurlik gekant hierteen,” vertel hy. Sy oupa het egter ook vir die boere baklei en vir die beskerming en standaardisering van hul inkomste. Uiteindelik het hy, met die kennis wat hy oorsee van koöperasies opgedoen het, die aanvoerwerk vir die stigting van die KWV gedoen. Sy vriendskap met Jan Smuts het gehelp om die knoop uiteindelik deur te hak sodat die Koöperatieve Wijnbouwers Vereeniging van Zuid-Afrika (KWV) in 1918 gestig kon word. C.H.W. Kohler het die konstitusie geskryf en was die eerste voorsitter hiervan. Vandag lê die as van Kohler se oupa steeds by ‘n gedenkteken in die tuin van die KWV. “My oupa was later ook betrokke by die stigting van Elsenburg en hy het ‘n ere-doktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch ontvang,” vertel Kohler jnr. Die getuienis van hierdie baanbrekerswerk in die land se wyngeskiedenis – die gepubliseerde boek met C.H.W. Kohler se memoires, die talle ou koerantknipsels, foto’s, sertifikate, toekennings, medaljes en bekers – word alles trots in ‘n huis op Wellington bewaar.

NUUS • NEWS


2

25 Januarie 2017

NUUS • NEWS

•MOTIVEERDER VAN FORUMS

Gemeenskap altyd eerste vir Barnard Die skielike heengaan van Attie Barnard op Woensdag 18 Januarie was ‘n groot skok vir die gemeenskap van Wellington. Sy heengaan laat ‘n geweldige leemte in die dorp – nie net onder sy familie en vriende nie, maar ook op die gemeenskapsforums waarvan hy die stigter, lid en motiveerder was. Volgens Francois Theron, wat saam met Attie by die Stopmisdaad-inisiatief betrokke was, was hy by uitstek ‘n gemeenskapsmens. Francois bring, namens Stopmisdaad, soos volg aan Attie hulde: “In sy persoonlike hoedanigheid het Attie inisiatiewe geloods rondom belangrike Wellington-projekte, veral wat openbare veiligheid betref. Deur sy inisiatief is die Buurtwag/Stopmisdaad-projek drie jaar gelede geloods. Hierdie projek, met ‘n huidige Facebook-lidmaatskap van ongeveer 4 000 en ‘n 'WhatsApp'-struktuur vir die deurgee van inligting, het ‘n vername bydrae gelewer om die grondslag te lê vir samewerking tussen Wellingtonners en die plaaslike SAPD. “Attie het ook oor vele jare in ander plaaslike strukture soos die Wellington Forum en Sakekamer ‘n onskatbare bydrae gelewer om plaaslike inisiatiewe te prioritiseer, projekte te loods, te evalueer en moniteer. As gemeenskapsmens het Attie beïndruk deur vername uitdagings te identifiseer en te sorg dat dit aangespreek word. Hy was by uitstek ‘n gemeenskapsleier. “Die van ons wat oor die jare met hom saamgewerk het, was beïndruk met sy opregtheid en

eerlikheid, sy opoffering en 'no nonsense' benadering tot openbare sake van belang. Wellington het in Attie ‘n baie spesiale, uitstaande persoon verloor. Ons dink in hierdie tyd veral aan sy vrou en kinders.” As mede-eienaar van Mattelo Computers in Wellington en die Paarl het Attie ook ‘n groot indruk gemaak op almal wat sy pad gekruis het. Sy verslae kollegas bring ook hulde aan hom: “Attie Barnard is Woensdag 18 Januarie ongeveer 18:00 die aand oorlede. Hy was vir ons by die werk ‘n goeie vennoot, kollega en in die eerste plek ‘n goeie vriend. "Ons by Mattelo, werknemers en kliënte sal hom geweldig mis. Die gemeenskap van Wellington en Paarl sal ook ‘n aktiewe gemeenskapsleier wat nie net gehelp het om misdaad te beveg nie, maar wat ook met deernis die nood van behoeftiges aangespreek het, mis. "Ons wil as kollegas vir sy vrou Marietjie en sy kinders Atmari en Eloïse ons innige simpatie betuig. "Mag Attie se lewe van liefde en omgee vir julle en almal wat sy pad gekruis het, kosbare herinneringe wees om in die jare wat kom te koester. "Mag sy gesin die troostende teenwoordigheid van die lewende Christus in hierdie dae en die maande en jare wat kom, ervaar. Mag Attie se besondere nalatenskap van naastediens en liefde vir ons almal inspireer om so te lewe.” Attie Barnard se spore lê voorwaar diep in die Wellington-gemeenskap. Sy nalatenskap is iets waarop daar voortgebou kan word.

Amasone:

Die plaaslike fotograaf en avonturier, Johan Dempers, vertrek later vanjaar op ‘n ekspedisie na die Amasone-reënwoud. Hy sal in Augustus as deel van ‘n uitgesoekte span internasionale spesialiste, bestaande uit vier kenners op verskillende gebiede, ‘n opvoedkundige reis na hierdie uitdagende gebied lei. Tydens die ekspedisie sal hulle avontuur met die natuur kombineer en veral op die STEM-gebaseerde stelsel (Science, Technology, Engineering, Mathematics) fokus. Studente en opvoeders van regoor die wêreld sal die ekspedisie kan meemaak. “Ek sien daarna uit om hierdie ongelooflike gedeelte van ons planeet met die wêreld te deel,” sê hy. Foto: Facebook

Kokkedoor laat kospotte op Wellington prut

Bo: Irusha Krohn en Anelma le Roux van die NEO Funksielokaal langs Johnny Hamman en Marius Uys van die nuwe NEO Restaurant. Johnny Hamman en Marius Uys het geen bekendstelling nodig nie. Johnny was die wenner en Marius een van die top-deelnemers in die Kokkedoor 2014-televisiereeks. Hierdie twee kreatiewe kokke het onlangs in Wellington hul nuwe tuiste gevind. Johnny en Marius is al reeds ‘n raps meer as twee weke lank besig om hul nuwe restaurant, NEO, by die voormalige Kleinevalleij-funksielokaal gereed te kry. Volgens dié twee Kokkedoor-gunstelinge is hulle baie opgewonde oor hierdie nuwe Bolandse avontuur. “Ons basis was die afgelope paar jaar in Somerset-Wes en ons het van daar af al ons catering en funksies gedoen,” vertel Johnny. “Spyseniering is iets wat ‘n mens op enige plek kan doen, jy het net ‘n kombuis nodig,” verduidelik hy. Met hul nuwe restaurant, NEO, gaan hulle egter op ‘n meer permanente basis en op ‘n groter platform vir mense kan kosmaak. “Ons sal steeds met ons oorspronklike spysenieringsbesigheid, ‘Slippery Spoon Kitchen’, voortgaan waar ons vir troues en funksies sal regstaan, maar ons wil met die restaurant probeer om ook die gewone mense, die breër publiek, te bedien en te bereik,” vertel hulle. Marius en Johnny het gesamentlik meer as 20 jaar se gekombineerde ervaring in die kosindustrie en hul “Slippery Spoon Kitchen”-spyseniering was ‘n spontane uitvloeisel van beide se kreatiewe benadering tot kos en hul passie om in die kombuis te werk. Dit was juis hierdie gemeenskaplike eienskappe wat hulle ná hul ontmoeting op die stel van Kokkedoor, saam ‘n besigheid laat begin het. Maar wat is dit wat hierdie twee bekende kokke na Wellington gelok het? “Ses maande gelede sou ek nooit kon droom dat ek vandag in ‘n kothuis buite Wellington sou bly nie,” vertel Johnny. Marius is nog op soek na ‘n blyplek in die dorp. “Ons nuwe naam, NEO, sê alles – alhoewel dit al lankal ‘n droom is, is hierdie nuwe restaurant, wel, heeltemal nuut,” sê hulle. “Anelma en Irusha, wat nou die funksielokaal by Kleinevalleij bedryf, het ons ‘n paar maande gelede gekontak met die voorstel dat ons ‘n restaurant hier kan begin. Nadat ons die ongelooflik goed toegeruste kombuis en fasiliteite gesien het, het ons besef dat dit dom sou wees

om níé ons droom van ‘n restaurant hier te kom verwesenlik nie,” vertel hulle. Anelma le Roux en Irusha Krohn is ook ou hande in die funksiebedryf. Dié twee besit en bestuur nie net die “Goeters”-verhuringsmaatskappy nie, maar is ook bekende en gerekende funksie-beplanners en –koördineerders. “Ons is al lank vriende met Johnny en Marius en dit het net sin gemaak om hulle vir die moontlikheid van ‘n nuwe restaurant te nader, nadat ons besluit het om die Kleinevalleij-funksielokaal te omskep en te bestuur,” sê hulle. Hierdie gedugte span van vier het groot planne vir die nuwe NEO funksie-bestemming. “Anelma en Irusha gaan die troues en funksies en alles wat daarmee gepaard gaan behartig en ek en Marius gaan natuurlik die spyseniering doen en dan ook die restaurant net langsaan hanteer,” sê Johnny. Volgens Anelma beplan dié span baie interessante dinge vir die nuwe NEO. “Ons gaan geweldig baie interessante, kreatiewe sessies en funksies hier aanbied. Die mense kan hulle maar regmaak vir dinge soos koservarings wat met blomme-werkswinkels gekombineer word, heerlike musiekvertonings en nog vele meer. Hou hierdie ruimte dop!” sê sy. Wat die planne vir Johnny en Marius se nuwe NEO restaurant betref, is hulle ook baie opgewonde. “Ons fokus is op die plaaslike mense, die plaaslike produkte en goeie kwaliteit. Jy sal gewone kos soos burgers en pizza’s, natuurlik met ‘n bietjie flair of ‘n twist, teen bekostigbare pryse hier kan kry,” laat hulle die aap ‘n bietjie uit die mou. Hul langtermyn-planne behels ook interessante dinge soos die moontlikheid van ‘n plaaslike mikro-brouery en ander spesialis-vaardigheidsbedrywe in. “Maar dit is in die lááángtermyn,” skerts hulle. “Ons wil onsself eers vestig.” Johnny en Marius beplan om hul nuwe NEO restaurant in Maart te open. “Hierdie is nie net sommer ‘n deel van ons reis nie – dit is heel waarskynlik ons afpakplek. Ons werk kliphard om reg te wees om oor ‘n maand of wat ons deure vir die publiek oop te maak,” sê hulle. “Ons is klaar verlief op Wellington.” En Wellington sal heel waarskynlik ook blitsvinnig op hierdie twee Kokkedore verlief raak.


NUUS • NEWS

25 Januarie 2017

•INSETTE GAAN NIE ONGESIENS VERBY

Kemp roep sentrum vaarwel Theo Kemp se naam het oor die afgelope tien jaar al sinoniem geword met dié van die Breytenbach Sentrum op ons dorp. Sy insette by hierdie sentrum en die rol wat hy in die vestiging van daarvan as kulturele baken in die dorp gespeel het, kon nie ongesiens verbygaan nie. Die bestuur van die Breytenbach Sentrum het onlangs in ‘n verklaring gesê dat hulle Theo ongelukkig in sy huidige hoedanigheid by die Sentrum verloor. Volgens die verklaring blyk dit dat dit gelukkig nie ‘n finale vaarwel is nie. “Na tien jaar sê die Breytenbach Sentrum totsiens vir Theo Kemp, die gewilde en vernuftige bestuurder van die sentrum.

Theo is tans besig met sy tweede boek wat sal volg op sy debuutpublikasie Skool, en sal vir die volgende paar maande sy aandag daarop vestig. Die Breytenbach Sentrum sien uit daarna om voort te bou op die fondamente wat Theo daargestel het. Daar word verwag dat hy as onafhanklike entiteit nog altyd deel van die Wellingtonse kuns en kultuurlandskap sal wees en dat hy in hierdie hoedanigheid nog steeds met die sentrum sal saamwerk. Die jaar is al goed op dreef, ook by die Breytenbach Sentrum waar aktiwiteite weer spoed optel. Die bestuur staan reg om vriende, oud en nuut voortdurend daar te verwelkom,” lui die verklaring.

Wen kaartjies na Emile Minnie Sy stem is ryk; sy klavierspel is fenominaal. Emile Minnie nooi jou na ‘n uur van topgehalte vermaak. Kom beleef hoe die dinamiese Minnie die verhoog ophelder met sy passie en energie. Minnie se album Nagmusiek is vir ‘n SAMA vir beste alternatiewe Afrikaanse album genomineer; hy was onder die top-drie in die Huisgenoot Tempo Liedjiekompetisie; hy is genomineer vir ‘n Kanna by die KKNK en was ‘n finalis in die ATKV Crescendo-kompetisie. Minnie stel nou sy nuwe CD, 15 Onvergeetlike Jare, met van sy mooiste en gewildste Afrikaanse liedjies, bekend. Emile Minnie is 4 Februarie by Drostdy Teater op die planke. Wen: 'n Gelukkige leser sal die wenner wees van 'n dubbelkaartjie na Minnie se vertoning by die Ou Libertas-teater op Stellenbosch. Sms die antwoord op die onderstaande vraag, saam met jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor 27 Januarie om hiervoor in aanmerking te kom.

VRAAG:Wat is Emile Minie nuutste CD se titel?

Ken mekaar:

Boul:

Dit was ‘n aksie-belaaide wedstryd op ‘n snikhete dag toe Wellington en Hermanus se spanne kragte gemeet het op die krieketveld. Wellington se boulwerk het Hermanus op hul tone gehou.

Hugenote Laerskool het op Donderdagaand, 19 Januarie, ‘n heerlike Ken-mekaar-braai gehou waartydens bekendes en nuwe gesigte by die skool heerlik op die rugbyvelde kon saamkuier. Hulle het ook hul Gr. R en Gr.1 atletiek tydens hierdie geleentheid afgehandel.”

Theo Kemp het vir ‘n dekade sy insette by die Breytenbach Sentrum gelewer.

3

Voëls van nader bekyk

Die Drakenstein-gebied is ryk aan inheemse plante en diere en is vir baie eko-besoekers ‘n oase van natuurlike skoonheid. Baie voëlkenners beskou reeds die Kaapse Wynland en Drakenstein as een van die top-voëlkyk-bestemmings en tog weet plaaslike inwoners nie altyd watter voëlsoorte in dié area floreer en gevind kan word nie. Op 9 en 10 Februarie word ‘n “Flight for Birders”-kursus op Wellington aangebied. Dit sal aan beginner- en ervare voëlkykers en -entoesiaste die kans gee om op ‘n volhoubare manier by plaaslike voëlkyk betrokke te raak en dit te bevorder. Die kursus fokus veral op voël-identifisering en -bewaring en 65% van die kursusmateriaal handel spesifiek oor voëls in die Wellington-area. Die kursus plaas ook groot klem op die potensiaal van “voëlkyk-toerisme” in die area en sal daarom vir enigeen in die gasvryheids- of toerismebedryf van waarde wees. Kursusgangers sal die geleentheid kry om meer kennis op te doen ten opsigte van die identifisering van tuinvoëls, watervoëls, roofvoëls, asook die moeiliker spesies soos swaels, waadvoëls en passeriformes (“little brown jobs” of ‘n groot groep bruinerige voëls wat byna almal dieselfde lyk). Die kursus word met meer as 1600 skyfies en tekeninge toegelig en daar sal veral klem gelê word op die Kaapse Wynland as gesogte voëlkykbestemming. Belangrike bewaringskwessies sal bespreek word en wenke oor hoe gewone voëlkyk-entoesiaste by die bewaringsaksies betrokke kan raak, sal gegee word. Die koste van die kursus sluit ‘n praktiese veldwerksessie, basiese notas en sertifikate wat deur die BirdLife South Afrikca organisasie geakkrediteer en onderskryf word, in. Die kursus word op 9 en 10 Februarie in die Voortrekkersaal in Wellington aangebied en sal elke oggend om 09:00 begin. Kostes beloop R500 per persoon en belangstellendes kan Elaine by 082 455 8402 of mwjasser@mweb.co.za kontak. ‘n Skedule van die kursusprogram is by http://www.westerncapebirding.co.za/events/591/flight_for_birders_ course_at_wellington beskikbaar.


25 Januarie 2017

courant

dié

4

Ontdek skatkis van Wellington

‘n Mens hoef net ‘n rukkie in Wellington te woon om die ritme van die dorp raak te sien en van die dinamiek in die vallei bewus te word. Die bekende bakens is deel van ons alledaagse verwysingsraamwerk, die berge en wingerde ‘n gegewe, die instansies, straatname en gesigte bloot beelde langs ons reëlmatige roetes. ‘n Mens kan maklik hier salig op die oppervlak saamdryf. Totdat jy Gautengers hoor sê dat Wellington eintlik “onbeskof mooi” is, of gaste jou herinner dat “jy nie besef hoe gelukkig jy is om hier te bly nie”. Jy lees die facebook-inskrywings van voormalige inwoners wat terugverlang of jy reis self na ander dele van ons land of die wêreld – dan weet jy dat hiér íéts spesiaal is. Die berge is mooi, ja. En die wingerde en die wyn is ‘n uitsonderlike bonus. Die bakens, die instansies, die erfenis en die straatname is spesiaal en staan as die bewyse van waar ons was en waar ons ons nou bevind. Al hierdie dinge is die beelde wat ons sien as ons ons oë toemaak en aan ons dorp dink. Dit is die dinge wat die toeriste en nuwe intrekkers lok. Dit is egter net die oppervlak. Dit is eers wanneer ‘n mens die karakters op die dorp, die mense, die stories met die stertjies en die ongelooflike kundigheid op Wellington begin ontdek, dat die ware hartklop van die plek begin duidelik raak. Wanneer jy vir ure in ‘n 84-jarige se voorkamer vasgenael voor ‘n magdom memorabilia na die mooiste stories oor ons vallei sit en luister, wanneer jy met die mense langs die krieketveld by ‘n dorpswedstryd gesels, wanneer jy hoor hoe beroemde kokke halsoorkop op Wellington verlief geraak het, of as jy die goedheid en omgee van mense tydens ‘n krisis gade slaan, gaan jou oë oop. Die skatte lê onder die oppervlak.Elke inwoner is deel van Wellington se storie. Elkeen hier is deel van die skat waar ons woon. Ons moet mekaar net ontdek.

Dis Goeie Nuus

dr. Andrew Bosman

Josef en die drome

Die interessante verhaal van Josef en sy drome het hom onpopulêr gemaak by sy broers en selfs sy vader Jakob het aan hom gevra, watse drome droom jy, dat ek en jou moeder en jou broers ook voor jou na die aarde moet buig? Sy broers het hom gehaat oor sy woorde en sy drome maar se vader het dit in gedagte gehou. Josef se broers wou hom doodmaak en vra die vraag, dan sal ons sien wat van sy drome word. Hy is egter verkoop aan Ismaeliete wat oppad na Egipte was. In Egipte is Josef aan Potifar , ‘n hofdienaar van die Farao verkoop. Die het hom verkeerdelik beskuldig en vir ongeveer dertien jaar in die gevangenis geplaas. Daar het hy twee van Farao se diensknegte se drome uitgelê, wat toe so gebeur het. Toe die Farao drome droom wat geen van sy wyse manne kon uitlê nie het die skinker van Josef onthou. Josef het getuig dat die uitleg van die Here kom en nie uit sy vermoë nie, en vir die Farao sy drome uitgelê. Dit het daartoe gelei dat Josef tweede in bevel aangestel was in Egipte. Hy het gedroom toe hy sewentien jaar oud was en onderkoning geword toe hy dertig jaar oud was. God het sy pad wat so krom gelyk het voorspoedig gemaak.

NUUS • NEWS

Dwergies nou Doemsies Hugenote Laerskool het onlangs hul kampus uitgebrei deur die Dwergiebos-perseel by hul skool te integreer. Die uitbreiding van hul Graad R-afdeling na hierdie groter kampus en die samesmelting van twee vorige entiteite, nl. Dwergiebos en Hugenote se Goggagrot, lui die begin van ‘n nuwe, opwindende tydperk in – iets wat op ‘n gepaste wyse gevier en benoem moet word. Volgens Henry Schemper, hoof van Hugenote Laerskool, is hierdie samesmelting ‘n wonderlike geleentheid om die opvoedkundige erfenis van ons dorp in stand te hou. Die skoolhoof van Hugenote Laerskool, Henry Schemper, saam met die Gr. R-departements“Met hierdie samesmelting eer ons die hoof, Christelle Viljoen, by die nuwe kampus. grondleggers van goeie ‘n “opklim-kleintoontjie” gehad wat nie delik hy. onderwys en opvoeding wat hierdie op die duplikaat sigbaar was nie en eers “Dit is vir ons uiters belangrik dat die dinge tot stand gebring het – dit is later ontdek is. kwaliteit van onderrig, waardesisteme wonderlik dat ons daarop mag voorbou. Die gevolg was dat die “Doemsa” van- en vaste beginsels wat by die huis en Dit is die begin van ‘n heerlike nuwe uitdag nog net vier tone het. skool geleer word, deel van elke leerder daging en ‘n nuwe dinamiek en daarom Volgens Schemper is dit in die lig van se wese en toerusting vir hul toekoms sal lui ons dit in met ‘n splinternuwe naam, hierdie geskiedenis, sowel as die noue wees,” voeg hy by. naamlik. ‘Doemsies’,” sê hy. verbintenis tussen Hugenote Laer- en Hierdie nuwe “Doemsie”-kampus sal Die “Doemsa” het sy oorsprong in Hoërskool, dat hulle op die naam “Doem- tydens Hugenote se Opedag op Woens1975 tydens Hugenote Hoërskool se sies” besluit het. dag 22 Februarie vanaf 07:00 tot 19:00 interskole teen Swartland gehad. “Al die leerders op ons nuwe Graad bekendgestel word wanneer ouers en ‘n Voetjie wat “Doemsa” genoem word, is die simbool wat tydens R-kampus sal voortaan ‘Doemsies’ heet. maatjies daar kan gaan kuier om self te interskole gebruik is. Die “Doemsa” Ons konsentreer op die belangrikheid beleef watter planne en ideale daar vir het ‘n Zoeloe-oorsprong wat “plattrap” van die eerste treë en voetspore wat die toekomstige “Doemsies” is. geneem word by Graad R en RR om uit“Dit is ons droom om elke Doemsie beteken. Die voet van ‘n destydse hoofmei- eindelik hul skoolloopbane suksesvol te sy/haar volle potensiaal te laat bereik sie is op ‘n afrolmasjien vir elke kind voltooi. Daarom is die simbool van die en goed toe te rus vir die toekoms,” sê gedupliseer. Die hoofmeisie se voet het voetjie juis baie gepas hiervoor,” verdui- Schemper.

Skenking: Wellington Primêr wil graag Solidariteit Helpende Hand hartlik bedank vir hul ruimhartelike skenking

van skooltassies en skryfbehoeftes aan hul Graad 1-leerders. Die skenking is ontvang deur me. E. Sampson (adjunkhoofgrondslagfase) en mnr. W. Appollis (prinsipaal).

Krieket: Hugenote Hoërskool se o.19A-krieketspan het Saterdag op hul tuisveld hul staal gewys teen Hermanus.


NUUS • NEWS

5

25 Januarie 2017

Also at

Make every RAND count. PnP Bulk Farmstyle Boerewors

SAVE R21

no nameTM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s

Sea Harvest Fish Fingers 800g

44

42

R

R

90

R

99

Easy to spread

+ Flora Medium Fat Spread Assorted 1kg or Pro-Activ 525g Tub Each

PnP Mayonnaise Assorted 750-790g Each

18

R

99

Sea Queen Tuna Chunks in Brine 3 x 150g

37

99

Kellogg’s Corn Flakes 500g

22

R

99

R

Mini Midi Maxi Maxi+ Junior XL

94s 76s 66s 62s 52s 44s

Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Assorted Jumbo Pack Per Pack

WAS R229.99

184

99

R1.97 R2.44 R2.81 R2.99 R3.56 R4.21

105

SAVE R10

Nescafé Classic 200g Dawn Jar or 250g Refill Each

R

67

R

99

13

100

SAVE R25

Firstwatch Canadian Whisky 750ml

Namaqua Wine Assorted 5 Litre Each

WAS R114

R

94

Castle Lite Nonreturnable Bottles 12 x 340ml

SAVE R20

PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

44

WAS R54.99

R

99

50

WAS R125

R

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Bellville, Camps Bay and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Shop online at www.picknpay.co.za PRICES VALID 26 - 29 JANUARY 2017 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS1029

99

Coca-Cola Regular 2 Litre

WAS R31.99

WAS R114.99 PRICE PER NAPPY

13

59

R

99

R

99

R

Buy a Clover Fresh Milk Assorted 1 Litre and get a Clover the Classic Smooth Low Fat Yoghurt 175g FREE

Fair Cape Eco-Fresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

44

R

R

62

Per kg

Per kg


6

25 Januarie 2017

Kleuters leer speel-speel met deuntjies en duimpies Die Wellingtonner Louis du Preez stel binnekort sy nuutste publikasie, “Deuntjies vir Klein Duimpies”, bekend. Louis, ‘n oud-onderwyser, -departementshoof en lektor met 43 jaar opvoedkundige ondervinding, het na sy uittrede as Senior Onderwyskundige by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement definitief nie op sy afgetrede louere gaan rus nie. Hy tree gereeld as beoordelaar by kunswedstryde op en bied ook musiek- en dramawerkswinkels aan. Boonop deel hy sy jarelange ondervinding en spesialiskennis deur die boeke wat hy skryf. Hy het reeds ander opvoedkundige publikasies agter sy naam en “Deuntjies vir Klein Duimpies” is sy vierde soortgelyk publikasie. Sy vorige publikasies fokus op die gebruik van aksieliedjies en sangspeletjies vir die ontwikkeling van motoriese vaardighede en die gebruik van musiekaktiwiteite ter ondersteuning van leesontwikkeling. “In ‘Deuntjies vir Klein Duimpies’ val die klem nog steeds op die skep van ‘n musiekervaring en onderrig vir die skoolbeginner, maar dit hang ook nou saam met ander aspekte van die kind se holistiese ontwikkeling,” sê Louis. Volgens hom is die musiek en toepaslike aktiwiteite op die Nasionale Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring gebaseer – iets wat baie nut vir enige grondslagfase onderwyser kan hê. Die musiekaktiwiteite word ook met vakke soos Wiskunde, Taal en Lewensvaardighede/Skeppende Kunste geïntegreer. “Die liedjies bied vir die voorskoolse kind suiwer genot deur musiekervaring en hang ook nou saam met ander aspekte van die kind se holistiese ontwikkeling,” verduidelik Louis. Dinge soos konsentrasie, motoriek, visuele en ouditiewe persepsie, emosionele en sosiale aanpassing, sowel as ontspanning, genot en vele meer word met hierdie boek en gepaardgaande

cd aangespreek – alles natuurlik spelenderwys. “Die bundel bevat 10 liedjies wat spesiaal geskryf is om wiskundige konsepte aan te spreek. Die lirieke van die musiek bied aan die leerlinge geleentheid om kennis te maak met onder andere aspekte soos woordeskatontwikkeling, gedigte, rym en metrum. Verder behels dit ook onder andere Skeppende Kunste (Musiek, Drama) en Dans (ter ondersteuning van Liggaamlike Opvoeding). Die onderwerpe van Lewensvaardigheid soos dit in die Nasionale Kurrikulum is, is gebruik. Daar is twee liedjies en aktiwiteite vir elke kwartaal,” verduidelik Louis die bruikbaarheid van hierdie boek. “‘n CD, gesing deur kinders, word ook by die boek ingesluit,” voeg hy by. Die bekendstelling van “Deuntjies vir Klein Duimpies”, Uitgewer: Publishing World SA, vind op Donderdag, 9 Februarie 2017 om 18:00 by Bovlei Wynkelder, Bainskloofweg plaas. Kontak Louis du Preez by 083-4921958 of 021-8641551 voor 3 Februarie om die geleentheid by te woon.

NUUS • NEWS

Buite Ekspo om die draai Dis weer tyd vir die 13de kykNET Buite-ekspo van 17 tot 19 Februarie op die plaas Môreson buite Malmesbury. Vanjaar is die vierde keer wat dié gewilde byeenkoms, die grootste van soort in die streek, hier aangebied word. Verlede jaar se ekspo het 15 710 besoekers oor die drie dae gelok en die organiseerders se stoutste verwagtinge oortref, aldus hooforganiseerder Marius Opperman. Hy voeg by dat hulle hoop om vanjaar die 16 000-merk verby te steek. Met dié suksesverhaal spog die ekspo ook met baie prominente senior mediavennote en senior borge. Hulle is Trio Events (aanbieder en organiseerder met kykNET as hoofborg), Campworld (aanbiedingsborg), dié courant, Tip Trans, Swartland Munisipaliteit, Jimmy’s Steakhouse Sauces, Agrimark, Malmesbury Toyota, TygerBurger, Maroela Media, Bok Radio, Travel Update Magazine en die Wes Kaap Regering. “Sonder hierdie senior vennote sou die ekspo nie moontlik gewees het nie,” beklemtoon Opperman. Trio Events bied ook weer hierdie jaar hulle ondersteunig aan die Breyton Paulse Foundation wat ook op terrein sal wees gedurende die ekspo. Hulle sal met die Tag Rugby-vereninging saamspan om die Saterdag op terrein ‘n ‘Tag Rugby’-kliniek en kompetisie aan te bied. Hier sal ‘n gekombineerde Stryders en Pom Pom’s span van kykNET se gewilde Getroud met Rugby-sepie ook teen die publiek meeding. Saam met die uitstallings is daar ook volop pretaktiwiteite vir die hele gesin. Dit sluit in: die immergewilde Andre de Villiers van Safari 4x4 Roetes wat gratis Amarok 4x4-ritte sal aanbied; veldrentoetsritte aangebied deur Rola Volkswagen Malmesbury waar die publiek self agter die stuur van ‘n Amarok kan inskuif en helikopterritte, om maar ‘n paar te noem. Moet ook nie die nuwe kykNET Sepie-Vuur-

geveg, aangebied deur Jimmy’s Steakhouse Sauces, misloop nie. Die drie gewilde kykNET-sepies, Getroud met Rugby, Binnelanders en Suidooster, sê mekaar die stryd aan in ‘n braai-kompetisie waarin ‘n paar lede van die publiek ook kan deelneem. Die gewilde Vaatjie van Toks en Tjops asook Neels van Jaarsveld sal optree as gas-beoordeellaars. Maak ook seker jy mis nie die smaakbederf in dié courant-teetuin met die heerlikste koffie, vars gebak en lekker kos nie. Die streek se valskermspringers, Mothercity Skydiving, se vryval/valskerm is ook weer op die program en as dit nog altyd op jou “bucket list” was om ‘n groot sprong te maak, bespreek sommer daar jou eerste groot sprong. Besoekers hoef ook nie bekommerd te wees dat julle gaan honger of dors raak nie, want daar is talle gekeurde kosverskaffers om in almal se smaak te voorsien! Daar is ook ‘n kroeg en biertuin en ‘n baie gewilde ‘slush’-tuin om almal se dors te les. Die kykNET Buite-ekspo is nie ‘n musiekfees nie, maar Tip Trans borg die verhoog met heelpaar uitstekende kunstenaars: Amore, Nadia Louw, Hugo Nieuwoudt, Sam en Calla, Rooies, Cheree, Joe F, Desmond Wells en Elandre Schwartz wat die publiek sal vermaak en voete sal laat jeuk saam met al die ander aktiwiteite in die kykNET-hoofarena. Bring gerus die kinders saam – daar sal genoeg wees vir hulle om te doen by die pretpark terwyl pa en ma a die uitstallings geniet. Maak ook seker om nie die Sondag die Lollos-vertoning te mis nie. Daar is vir laatslapers nog enkeles van die laaste buitelewe-uitstalruimtes beskikbaar. Kontak gerus vir Marius by marius@ekspo. co.za of 082 570 5758 vir enige bemarkings-, borgskap- of medianavrae of vir Tersia by accounts@ekspo.co.za of 071 659 9915 vir uitstallersnavrae. Besoek ook die webwerf by www.ekspo.co.za vir meer besonderhede.

Roses United maak skoonskip in Hillcrest 7’s

Hillcrest United se sewestoernooi het die naweek baie rugby-aksie opgedis. Roses United het as die wenner uit die stryd getree. Die res van die wenners is soos volg: Bekerwenners - Roses United Naaswenners - Newtons RFC Plaatwenner - Never Despair Skildwenner - Hillcrest United RFC Ander wenners - Worcester Villagers RFC Speler van die toernooi : Percival Williams Sien nog foto’s op ons Facebook-blad.


NUUS • NEWS

Dagboek • Calender

Geklassifiseerd • Classifieds ALGEMEEN GENERAL

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC., Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington Rugby Klub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om vanaf Januarie 2017, elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington Rugby Klub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Ons eerste oefening is 5 Januarie 2017 vanaf 19:30 by Wellington Rugby Klub reg langs Boland Stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Wellington Atletiekklub 26 Januarie: Die Wellington Atletiekklub hou hul algemene jaarvergadering by Wellington Hoërskool. Alle lede asook nuwe inskrywings word aangemoedig om die vergadering by te woon. Vir meer inligting skakel Jennifer Daniels by 021 873 3018 / 074 295 1067 Afrikaanse Taalmonument 27 Januarie: Die bekende r&b/popgroep The Rockets het om 19:30 'n vertoning in die tuinteater op die grasperk reg aan die voet van die monument. Kostes beloop R100 vir volwassenes en kinders R30 vir kinders onder 13 jaar. Die piekniekreeks is ten bate van Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Laat ons Lees-projek vir kinders Navrae skakel 021 863 4809 Afrikaanse Taal Monument Paarl 11 Februarie, 11 Maart: Kom geniet ons Volmaanpieknieks op die bogenoemde datums om 17:00 tot 22:30. Die toegangsgelde beloop R25/R10 SA Studente, R5 vir kinders en kinders onder 6 jaar is gratis. Eie piekniek-mandjies is welkom. Kaartjies is beskikbaar by Computicket / hek. Enige navrae skakel 021 863 0543 / 4809

Afrikaanse Taalmonument 10 Maart: Amanda Strydom en Jak de Priester hou piekniekkonsert by die Taalmonument Tuinteater. Die piekniekreeks is ten bate van Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Laat ons Lees-projek vir kinders OK Minimark / Castle Rugby 7's 29-30 Januarie 2017: Dit is weer die tyd van die jaar vir die OK Minimark / Castle Rugby 7's. R28000 se pryse te wen Calling all bird lovers 9 and 10 February: The “Flight for Birders” bird identification and conservation course will be presented on the 9th and 10th of February in #heartwellington by Dr. Anton Odendal, Chairman of Bird Life Overberg and Western Cape. This interesting course was developed to assist novices and experienced birdwatchers to become involved in bird watching in a practical and sustainable way. Basic steps in the identification of birds will be highlighted. The course is illustrated with more than 1 600 slides and drawings. Emphasis will also be placed on the further development of the @capewinelands region as a top birding destination. Important conservation issues will be discussed and details will be given on how ordinary birders could become involved in conservation actions. For more information contact Elaine at 082 455 8402/ mwjasser@mweb.co.za Huguenote Laerskool 11 Februarie: Huguenote Laerskool bied aan - Virrie liefde met Jak de Priester & Pieter van Jaarsveld om 08:30 vir 09:00. Die oggend beloof om iets in te hou vir ieder en elk, dames en mans met fantastiese vermaak, inspirerende sielskos en heerlike verversings. Kaartjies slegs R250 pp. Bring jou vriendin, vriend, eggenoot, pa, ma, ouma, oupa,kollega en kom kuier virrie liefde saam met iemand vir wie jy omgee. Kaartjies is beskikbaar by CLF stuur ‘n e-pos aan info@clf.co.za of skakel 021-873 6973 of besoek www.clf.co.za

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.

7

25 Januarie 2017

NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.

NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690

Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.

NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens Leefkerk om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.

St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021.

Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519

NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.

Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.

AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #3356 -------------------------BETREKKING AANGEBIED Beskikbaar as Tuisversorging/ Geselskapdame. Kontak: Heila Hagen 082 685 3341 #3406 -------------------------TE HUUR TO LET SAKEPERSEEL te huur. Baie sentraal in Voortrekkerwegstraat oorkant Spar 110m². Onmiddellik beskikbaar. Kontak 083 357 4446 #3328 -------------------------GELUKWENSING CONGRATULATIONS CATHERINE VAN DER HORST - Happy Birthday to an amazing colleague and great friend. Hope your birthday is as blessed and beautiful as you. Thank you for your dedication and hard work. May God protect, guide and bless your path #3404 -------------------------RILEY BROWN - 25 Januarie 2017. 11 jaar. Stel God eerste. Dankie vir die kind wat jy is - Daddy, Mommy, Jaydin, Haig, Zoë #3408 -----Geniet jou dag Riley. Baie liefde - Mamma en Pa #3409 -------------------------RAAI WIE WORD SES op 27 Januarie. Geluk met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is. Lekker verjaar seun - Ma, Ouma en Oupa #3410 -------------------------Op 30 Januarie 2017 is jy sterk oppad van die kalender af. Baie geluk my eersgeborene. Geniet. Baie liefde- ma Nina & Brad #3411 -------------------------PETRA VAN WYK - Kyk wie word 11 op 28 Januarie - Ouma, Ma, Pa, tannies, ooms, broers, niggies en nefie #3412 -------------------------MARIA MARKUS 25 January - 74years Happy birthday to a wonderful wife, mom, grandma, friend and our rock. Love - Your husband, Navolee and Mondray #3413 ----Aan 'n wonderlike Ma en Ouma. Baie geluk met Mamma se verjaarsdag Liefde

- Maurice, Louise en Maulisha #3414 ----Baie geluk met Mamma se verjaarsdag. Alles wat mooi is vir Mamma en dankie vir als - Cathy, Romeo, Valda en Mario #3415 ----Baie geluk met Mamma se verjaarsdag. Alle mooi seënwense vir Mamma. Van Dougie, Sussie en Nicquin #3416 --------------------NECA VISSER - Baie geluk met jou verjaardag. Baie liefde - Donovan, Nita en kinders #3417 -------------------------LERNITA DOMBERG Gelukkige verjaardag wens ons jou toe. Geniet jou dag Donovan, Nita en kinders #3418 -------------------------CARLO ERASMUS - Geluk met jou verjaardag op 28 Januarie. Alle seëninge op jou lewenspad. Van jou Auntie Yvonne en huisgesin #3419 ----Baie geluk met jou verjaarsdag my broer. Dankie vir die broer wat jy vir my is en beteken. Liefde Juwanou #3420 ----Baie geluk Carlo met jou verjaarsdag. Geniet jou dag Saterdag. Van jou antie Olga en huisgesin #3421 -------------------------Happy Birthday ANTHONIQUE - 28 January 2017. Enjoy your day. From : Lezaan, Jo-Mary & Abigail #3422 -------------------------HEINRICH DANIËLS - Op 25 Januarie sal jy 25 wees. Baie geluk met jou kroonverjaarsdag. God se seëninge - Jou ma, Abe en broers #3423 -----------------------LAURIE-KAY - 24 Januarie. Baie geluk Tannie se blom. Hoop jy geniet jou daggie. Liefde Zenobia #3459 -------------------------Raai wie raak 13 op 28 Januarie - EMILE baie geluk met jou verjaarsdag. Geniet die dag- Jou Pa, Ma, broer en suster #3425 ----Baie geluk Emile met jou verjaardag. Jy moet 'n lekker dag hê. Lief vir jou - Antie Dass, Jadene en Zoë #3426


8

courant

NUUS • NEWS

dié

25 Januarie 2017

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

25 Januarie 2017

Roses United kraai koning in sewes In ‘n baie opwindende maar spanningsvolle Hillcrest sewestoernooi het die Newton-rugbyklub (Bombelas) net-net vasgeval teen Roses United-rugbyklub in die eindstryd. Newtons het baie senuweeagtig begin in sy eerste wedstryd teen SAFCOL (Grabouw), maar was eindelik baas met 31-12. In sy tweede wedstryd het die span onverwags vasgeval teen die sewes-spesialiste die Warriors met 29-24 en die manne het vinnig hulle les geleer uit die loesing en dramaties verbeter in die res van die toernooi. Dit was egter in die kwarteindstryd teen Wesbank (Malmesbury) wat die span sy staal getoon het en met intelligente spel deur Theo Marinus en die Booysen-tweeling die Koringboere totaal en al uitoorlê het en wen uiteindelik 19-7 en dring deur na die halfeindstryd teen Young Hamiltons (Worcester). Die toetrede van die ysterman Granton

Marinus het veroorsaak dat Newtons skielik meer vuur in sy enjin gekry het, want gou het die poppe begin dans en Young Hamiltons is met hulle stert tussen die bene huis toe gestuur met 12-10. Die eindtstryd was waarvoor alle rugbykenners voor gehoop het met die ervare Roses United teen die jong span van Newton. Albei spanne het nie teleurgestel in die finaal nie. Roses United het sy Springbok-vleuel Cornell Hendricks ingespan en gou het hy ‘n gaping gevind en die verdediging onkant gevang. Newton het teruggeslaan met ‘n drie deur Granton Marinus en die skare was weer op hul voete.Met die omdraaislag het Newton talle geleenthede gehad om punte aan te teken, maar kon nie die knoop deurhak nie. Roses het egter met ‘n blitzkrieg die telling gerek na 17-5 en die eindtelling was 24-12.

Dit was egter die Newton jongspan wat almal aan die praat gehad het met Keaton en Keanon Booysen (tweeling) en Ricky Jordaan wat somtyds die onmoontlike laat maklik lyk het. Christopher Mouers, DJ Nefdt en Lubobalo QuLuba het ook strykdeur alles in die stryd gewerp. Die teleurstelling van die toernooi was seker die tuisspan(Hillcrest United) wat nie een wedstryd kon wen nie nadat hulle as gunstelinge die toernooi begin het, maar kon nie hond haar af maak nie. Newton sit sy voorbereiding die week voort met deelname aan die Wesbank 7’s in Malmesbury op Saterdag 28 Januarie 2017. • Die klub oefen elke week Dinsdae,Woensdae en Donderdae en spelers wat by die suksesvolle klub wil aansluit word uitgenooi om die oefensessies by te woon by Bombelapark om 18:30.

•WYS HUL SLAG IN KAMPE-BYEENKOMS

Hugenote-atlete “belowend” Hugenote Hoërskool het op 19 en 20 Januarie hul jaarlikse Kampe-atletiekbyeenkoms gehou. Die Rietbokke, Duikers en Koedoe-spanne het volgens tradisie met mekaar meegeding om as die wenspan uit die stryd te tree. Die pragtige sportvelde was die ideale plek vir elke deelnemer om hul beste te gee en die spanne het ‘n kop-aan-kop stryd gevoer. Leerders uit alle grade het aan die wye verskeidenheid items deelgeneem in ‘n poging om punte vir hul span aan te teken. Volgens die sportorganiseerder, Alwyn Burger, was die byeenkoms ‘n groot sukses en het die atlete hul baie goed van hul taak gekwyt. “Ons kon ons top-atlete identifiseer en is baie opgewonde oor die Hugenote atletiekspan wat ons in 2017 by byeenkomste gaan verteenwoordig,” het hy gesê. Volgens Burger is talle top-prestasies tydens die byeenkoms gelewer. “Baie atlete het uitstekende prestasies behaal, iets wat ‘n belowende teken so aan die begin van die seisoen is. Daar het ook altesaam 9 rekords by die byeenkoms gespat,” sê hy. Die beste seunsprestasie by die byeenkoms is deur Stewart Bruintjies, ‘n o/17-seun, gelewer toe hy die 100m in 11.24 sekondes kafgedraf het. Karlien Lambrechts het met ‘n hamergooi afstand van 43.96m vir die beste dogtersprestasie gesorg. Die Victrix en Victor Ludorum was Dalene Koegelenberg en Joshua Evert. Uiteindelik het die Koedoespan met die Geesbeker weggestap, terwyl die Duikers die algehele wenners van die kragmeting was.

Uitslae Results KRIEKET Coronation t Wellington: Wellington 130/7 (Heinrich Nel 38, Warren Groeneveld 32; Giandro Willemse 3/8. Coronation 79 (Jamiel Wilskut 32; Curtley Louw 5/13, Aubrey Philander 3/17). Wellington wen met 51 lopies Brackenfell t Wellington: Wellington 101/9 (Wiaan Smit 2/15) Michael Loubser 2/17, Christiaan Mocke 2/20, Stephan Joubert 2/23 Brackenfell 105/4 (Manrich Kotze 33, Christiaan Mocke 25, Byron Fortuin 2/21, Frank Abrahams 2/32. Brackenfell wen met 6 paaltjies Wellington AWAY against Coronations Wellington II vs Coronations II - Coronations 122/9 (Kazi Mahin 27 of 23balls, Colin Myburgh 26 of 29balls), Roche Du Plooy 3/16 in 3overs. Wellington 116/10 (Gershwin Williams 53 of 45 balls), Freddie Hendricks 4/14 in 4overs. Coronations II Win by 6 runs. Wellington HOME vs Hermanus Wellington II vs Hermanus II Hermanus II 121/6 (Coby Luddick 21 of 16 balls) Tiaan CLoete 3/16 in 4overs. WEllington II 59 (Tiaan Cloete 16 van 20 balle) Johann Krogg 2/9 in 3overs. Hermanus win by 62 runs. Wellington I vs Hermanus I Wellington 157/4 (Warren Groeneveld 44 of 29 balls, Curtley Louw 47 of 31 balls, Heinrych Nel 45* of 33) Pieter Swart 2/19 in 4 overs. Hermanus 159/4 (Jean Marais 34 of 31 balls, Morne De Vries 27 of 20, Bradley Petersen 23* of 6 balls. Hermanus win by 6 wickets


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook