die courant 29 mei 2013 224

Page 1

courant

tel: 022 487 3221

swartland en weskus Uitgawe 224

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

hugenotestraat 24, malmesbury

29 Mei 2013

Vallei onder die kombers... Die Riebeekberg bly vir almal in sy omge­ wing ‘n plek vol won­ ders. Hoewel som­ miges dié mooi stuk natuur net van ver af bewonder, is­­­ Julia Christen van Rie­beekKasteel (regs) en haar pa, Daniel Christen, versot daarop om dié landmerk naweke te verken. Hier verwon­ der Julia haar een vroegoggend aan die natuur, nadat hulle die nag op die berg geslaap het. FOTO: Daniel Christen

•Ikusasa Riebeek bied ‘nuwe hoop’ vir 10

Sjefskool skop af

n Besondere mylpaal is Saterdag op RiebeekWes bereik met die opening van die Ikusasa Sjefskool, wat aan 10 plaaslike studente die geleentheid bied om ‘n in diepte kennis en ondervinding in die kosbedryf op te doen en ‘n internasionaal erkende sertifikaat in dié bedryf te verwerf. “Dit alles het begin as die breinkind van Sundru Pillay, wie se inisiatiewe in 2010 gelei het tot die stigting van die eerste Ikusasa Sjefskool in Durban,” verduidelik Don King, die beskermheer van die Ikusasa-skool op Riebeek-Wes. Pillay is die voorsitter van die maatskaplike verantwoordelikheidsprogram vir die Suid-Afrikaanse Chaîne des Rôtisseurs Foundation Trust (‘n Franse vereniging in die voedsel- en wynbedryf) en ‘n lid van dié internasionale stigting. King verduidelik dat Pillay graag sy finansieel bevoordeelde kennisse uitdaag om dié jongmense wat finansieel en akademies benadeeld is, te ondersteun en hulle ‘n kans te gee om hulself in die kosbedryf te bekwaam. “My droom is om in elke provinsie só ‘n sjefskool te sien,” het Pillay Saterdag tydens die opening gesê. King het einde Junie verlede jaar pas in die

Vallei afgetree as besturende direkteur van die internasionale hotelskool in Suid-Afrika, toe hy twee dae ná aftrede ingetrek is in dié projek wat nege maande later as die Ikusasa sjefskool in die geboue van die Riebeeck Vallei Spesiale Skool geopen het. Ikusasa, wat ‘nuwe môre’ of ‘nuwe hoop’ beteken, bied nou aan 10 plaaslike studente ‘n jaarlange kursus waarin hulle die etiket en akademiese en praktiese kennis ontwikkel om hulle aan die einde van die kursus die trotse eienaars van ‘n internasionaal-erkende sertifikaat te maak. “Hierdie kursus word uitsluitlik bedoel vir kinders wat dit nie andersins sou kon bekostig nie,” beklemtoon King. Hoewel die kursus R60 000 per jaar per student kos, betaal dié studente, wat met die hand uitgesoek is, geen sent daarvoor nie. PPC Riebeek en die Ackerman Pick n Pay Foundation was die hoofborge, en het gesament­lik bygedra het om die ou Smuts Malan-koshuis te omskep in 10 moderne werkstasies, waar 10 studente elkeen met sy eie stel kombuisware werk om praktiese ondervinding op te doen. “Hoewel die sjefskool in die geboue van die

Riebeeck Vallei Spesiale Skool gehuisves word, funksioneer die Ikusasa-skool heeltemal apart van dié skool,” beklemtoon King. Anne Fischer, ‘n Cordon Bleu-sjef wat in die Vallei woon, is die onderwyser en sy handhaaf baie streng reëls: Net Engels in die klasse, sodat die studente die gebruikstaal kan leer ken, asook ‘n ysere dissipline, wat broodnodig is om in dié bedryf te funksioneer. Die akademiese kennis word met voorafgereëlde praktiese sessies afgewissel. Peter Kopppies, wat namems die studente gepraat het, het nie net sy dank vir die geleentheid uitgespreek nie, maar bygevoeg: “Hierdie is ‘n kans in ‘n leeftyd vir my - ‘n kwalifikasie wat ek nie op ‘n ander manier sou kon kry nie!” Volgens King kan hy reeds sien hoe die leerders ontwikkel het sedert Maart en glo hy vas dat hierdie ‘n waardevolle geleentheid aan die leerders bied: “As hierdie studente dié geleentheid reg benut, kan dit ‘n groot ommeswaai in hul lewens, en die lewens van hul families bring. “Ons beplan om verdere programme aan te bied sodat die studente se lewens verryk en gemotiveer kan wees!” Sien ook die foto-beeld op bl. 10 en 11.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.