die courant 29 Augustus 2012 188

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 188

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

29 Augustus 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

Planne ver gevorder vir nuwe kampus

Maandelange onderhandelinge om ‘n geskikte perseel vir die Weskus Kollege se nuwe beplande Kampus op Malmesbury te bekom, is nou reeds in ‘n gevorderde stadium.

Die nuwe planne vir die kampus wat om Loedolfstraat tussen Voortrekker- en Kerkstraat beplan word, maak voorsiening vir ‘n sjefskool, gastehuis, konferensiefasiliteite asook die huisvesting van tot 1200 studente. Die beplande multimiljoen-ontwikkeling sluit onder meer drie groot erwe van die Swartland Munisipaliteit in. As die finale onderhandelinge met die bekom van private eiendom slaag, sal die munisipale erwe noord van die Dieprivier en suid van Loedolfstraat dan in terme van regulasies aan die Kollege vervreem word met spesiale voorwaardes. Die Swartland Munisipaliteit sal moet besluit oor ‘n voorstel dat erwe 541, 2596 en 5607 met ‘n totale oppervlak van 7877 vierkante meter in terme van spesiale vergunnings waarvolgens eiendom aan ‘n ander owerheidsafdeling teen laer as markwaarde vervreem kan word.

Kan stedelike verval van rivierbuurt stop

Die suksesvolle ontwikkeling van hierdie gebied teen die Dieprivier kan ‘n groot inspuiting vir die deel van die dorp langs ‘n toegangsroete wees. Die drie erwe ter sprake sluit die gebou waar tans onder meer ‘n slaghuis gehuisves word, in asook grond agterom die historiese Loedolfhuis en ‘n ander murasie aan Loedolfstraat. Vorige planne om ‘n sogenaamde rivierpad langs die rivier oor hierdie erwe te bou, blyk van die baan te wees met nuwe verbypaaie wat elders beplan word. Daar bestaan ook ‘n moontlikheid dat die munisipaliteit kan besluit om ‘n serwituut te laat registreer vir ‘n strook op die rivier se oewer om toegang vir beide munisipaliteit en die pu-

bliek te verseker. Die voorlopige planne vir die kollege, wat vanjaar sy tiende bestaansjaar vier, se nuwe kampus sluit in die aankoop van nog erwe in private besit om by die kampus ingeskakel te word. Die kollege wou by navraag nie kommentaar lewer nie. Dit blyk dat daar nog twee private eienaars is met wie ‘n ooreenkoms bereik moet word en die hoop is dat dit gou sal geskied. Die voorlopige planne wat ‘n gedeelte van die ou Swartland-Hotelpersele (waaronder die bestaande Herehuis) insluit, maak voorsiening vir ‘n nuwe restaurant en ‘n sjefskool agter die bestaande Herehuis en ‘n gastehuis in die

huidige Herehuisgebou. Daar is ook planne vir ‘n Admin-blok verder op in Loedolfstraat asook moontlike koshuise wat later bygevoeg kan word. Die kollege se programme vir besigheidstudies en vir die gasvryheidsbedryf sal onder meer hier gehuisves word.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.