die courant 22 oktober 2014 (294)

Page 1

courant swartland en weskus Swartland

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

22 Oktober 2014

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

Uitgawe 294

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Riebeek United speel in finaal

LDU het beste speller in die hele land

Matrieks groet skoolbanke

• LERAAR GROET NÁ 34 JAAR OP KANSEL

Drie dekades van genade ds Lemboe

“Wat ‘n wonderlike genade voorreg om aan die einde van jou bediening te staan en te besef God begewe nooit en verlaat ook nie,” só sê ds Michael Lemboe van die VGK Malmesbury, wat ná 34 jaar die tuig gaan neerlê. Ds Lemboe het op Bonnievale groot geword en sy skoolloopbaan by Esselenpark op Worcester voltooi. ‘n Jaar ná matriek het hy teologie gaan studeer aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Malmesbury was sy eerste gemeente en hier het hy en sy gesin die lief en leed van ‘n gemeenskap vir meer as drie dekades gedeel. “Een van ons belangrikste doelwitte waarin ons geslaag het, was om die gemeente tot finansiële selfstandigheid te lei. "Ons het ons dit ook gedurig ten doel gestel dat elke lidmaat ten volle ingestel moet wees om net die beste vir ons gemeente te gee.” Die afstigting van VGK Riverlands is nog ‘n mylpaal wat bereik is. Die gemeente Riverlands saam met Kalbaskraal is op 26 November 1995 gestig. Ds Eugéne Beukes was hier die eerste leraar. Laastens, maar duidelik ook baie belangrik vir ds Lemboe, is die kinders en jongmense: “Dit is die spil waarom alles draai. Die katkisante, die opgewondenheid tydens kampe, die vriendelike gesiggies, die laggies en blink ogies as hulle mekaar soggens groet. "Dit is wat VGK Malmesbury so ‘n besonderse gemeente maak, dit is ‘n geestelike tuiste vir baie.” Ds Lemboe vertel ook entoesiasties oor die oprigting van die Goue Vlokkies-bewaarskool. “Dit is waar elke kind opreg ontvang word, gevoed word, en geestelik versorg word. “Iemand het gevra waar plant ‘n mens die saadjie van liefde om altyd vreugde en geluk te vind? Die Meester se antwoord: Gaan plant dit in die hart van ‘n kind.” Die gemeente, wat op die oomblik 1760 lidmate het, sal op 16 November afskeid neem van die Lemboes. Ds Michael en sy vrou, Franci, gaan hulle in Bellville vestig. “Ons wil net eers vir ‘n rukkie ontspan voor ons besluit oor die pad vorentoe,” het hy aan dié courant gesê.

Ds Michael Lemboe by die klok voor die kerkgebou.

"VGK Malmesbury is besonders"

NUUS • NEWS

22 Oktober 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.