courant swartland en weskus Swartland
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
1
8 Oktober 2014
Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury
Uitgawe 292
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Wyne presteer by Veritas
Koring-opbrengste in November verwag
Bloues en Dorings in Top-16
• PICK N PAY OPEN TWEE WINKELS IN VALLEI
Groep na Riebeek
Vat 'n hap Vakansietyd... kaalpersketyd: Mienke Vlok (7) van die plaas Helderberg by Riebeek-Kasteel wys trots die eerste nektariens van die seisoen. Paktyd vir die uitvoermark het vandeesweek afgeskop met hierdie vroeë variëteit Sunect 21 en sal na verwagting tot vroeg in Desember duur.
Inwoners van die Riebeekvallei se twee buurdorpe, Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes, sal van November af hul inkopies by twee winkels in die Pick n Pay-groep doen. Werk aan die ou supermark in Sarel Cilliersstraat oorkant die plein op Riebeek-Kasteel, is kliphard aan die gang en volgens winkeleienaar Nicky Koegelenberg, behoort die splinternuwe Pick n Pay Minimark voor die einde van Oktober begin sake doen. Dié gebou behoort aan Martin Jooste. Ook Koegelenberg se winkel op Riebeek-Wes sal vanaf 1 November vanjaar 'n Pick n Pay Familie-winkel wees. Hy het bevestig dat hy verlede week aan die Spar-groep kennis gegee het dat hy van November nie meer 'n Spar-winkel hier sal bedryf nie. Die handelsarea van die nuwe Pick n Pay Minimark op Riebeek-Kasteel is aansienlik vergroot van die supermark wat daar tot dusver bedryf is en sal sowat 400m2 beslaan. Dit is soortgelyk in grootte van die huidige Spar-winkel op Riebeek-Wes. Die plan is om laasgenoemde winkel tydelik tot 'n Pick n Pay Familie-winkel te verander tot die splinternuwe winkel, oorkant die pad van die bestaande een, in volgende jaar voltooi sal wees. Koegelenberg het gister aan dié courant gesê hy hoop dat konstruksiewerk in November hervat kan word wanneer dié grond droog genoeg is. Die bouprojek sal na verwagting sowat agt maande duur. Dié winkel se handelsarea sal dan sowat 1200m2 wees. Gevra oor die kostes van die twee projekte, wou hy nie kommentaar lewer nie, maar net gesê dit is 'n "klomp geld". “Ek sien daarna uit om die hele vallei van diens te wees.” Die Pick n Pay Minimark is 'n geriefswinkelkonsep soortgelyk aan Pick n Pay-hoofkantoor se PnP Local-winkels, waarvan daar reeds 'n paar in Kaapstad is. Die nuwe winkel se ingang is na die hoek van die gebou verskuif met 'n nuwe fasade. Die vorige eienaar van die supermark op Riebeek-Kasteel, Theo Simon, het gister aan dié courant bevestig dat hy ook van die einde van die maand 'n nuwe drankwinkel sal bedryf op 'n naburige perseel waar daar voorheen 'n viswinkel was.
NUUS • NEWS
8 Oktober 2014