die courant 17 September 2014 289

Page 1

courant swartland en weskus

dié

Swartland

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

17 September 2014

Uitgawe 289

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Komitee kyk na ontwikkeling van Swartland

Malmesbury Skou gaan groot in 2014

Petrolheads in the Swartland

Hofstraat Kelder op Malmesbury se Renosterboswyne het uitstekend gevaar by die onlangse Michelangelo-wyntoekennings. Hier is Wim Smit (links) en Jack de Clercq met die Garagiste-trofee wat hulle die vierde keer in tien jaar verower het. Hulle het ook dubbelgoud vir hulle ‘Cape Vintage Port’ gekry en goud vir ‘Die Solder’, ‘n soet wyn.

Michelangelo maak hom tuis in Hofstraat • nuwe GESONDHEIDSKLINIEK VIR WESKUS

Bly wel met ‘Buddy’ Twee Wes-Kaapse ministers het verlede week die nuwe mobiele gesondheidskliniek by St Thomas Primêr op Malmesbury bekend gestel, maar die kalklig is deur ‘n 7-jarige leerder en sy `Health Buddy’ gesteel. Die mobiele eenheid is gerig op die gesondheid van leerders en om dit meer toeganklik vir hulle te maak, is ‘n naamgee-kompetisie onder meer gereël. ‘n Oulike graad 1-leerder van Liebenberg Primêr, Ebrahim Abrahams, het die wennaam uitgedink: `Health Buddy’. Ministers Theuns Botha (Gesondheid) en Albert Fritz (Maatskaplike Ontwikkeling) was daar

om die nodige swaargewig te verleen aan die inisiatief. Die Wes-Kaapse minister van opvoeding, Debbie Schäfer, kon nie by die funksie teenwoordig wees nie. Die mobiele eenhede sal in die komende maand graad R- en 1-leerders toets vir visie, spraak, gehoor en velprobleme. Daar sal ook gekyk word na motoriese vaardighede, geestesen mondgesondheid, tewyl hulle ook vir tuberkuloses getoets sal word. Die vloot ultramoderne gesondheidsklinieke is ‘n vlagskipprojek vir die Wes-Kaapse regering. Twee eenhede sal in die Metro werksaam wees en die ander in die Weskus, Kaapse Wynland en

Overberg. In die Weskus sal 28 skole, sowat 40 leerders per dag, gesien word op Malmesbury, Moorreesburg, Riebeek-Wes, Darling, Velddrif, Piketberg en Porterville. Elke kliniek beskik oor ‘n skoolverpleegster, ‘n oogkundige en ‘n tandarts. Minister Botha se woorde: “Nou kan ons uiteindelik gesondheidsorg na skole bring met die nuutste tegnologie, agtermekaar voertuie en toerusting van die hoogste standaard moontlik.” Minister Fritz het bygevoeg dat die tydige diagnose van nadelige gesondheidsprobleme ver sal gaan om die maatskaplike welstand van die gemeenskap te verbeter.

NUUS • NEWS

17 September 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 17 September 2014 289 by DieCourant - Issuu