courant swartland en weskus
Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury
Bergrivier
dié
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
10 September 2014
Uitgawe 288
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Uit die Gouda-landskap verrys daar nou 46 windlaaiers wat sowat 138MW sal opwek. Op die inlas is van die nacelle of gondels van die laaiers wat die opwekker huisves.
•46 windlaaiers buite gouda opgerig
R2.6b-kragplaas verrys
BO: ‘n Vragmotor wat ‘n deel van ‘n laaier vervoer, kom by die Riebeek-afrit aan. Konstruksiewerk aan die Gouda-windenergieplaas langs die Klein-Bergrivier is in volle swang en abnormale vragte met onderdele (grotes!!!!) vir die 46 turbines is daagliks onderweg deur die Swartland. Dit is die tweede groot windplaas in die streek nadat Umoya Koperfontein se 37 ‘waaiers’ (saam 66MW) reeds begin krag lewer het aan die Eskom-netwerk.
Nedbank Capital lys die koste vir die Goudaplaas as R2,62 biljoen met die internasionale energiegroep Acciona en Aveng die grootste aandeelhouers saam met ‘n plaaslike bemagtigingstrust. Die 46 turbines van 3MW elk sal saam 138MW (nominaal 135MW) lewer. Dié projek noord van Gouda tussen die R44 en die Winterhoekberge is twee jaar gelede deur die Suid-
Afrikaanse Departement van Energie goedgekeur in die tweede fase van die Hernieubare Energie Onafhanklike-kragverskaffersprogram. Die windplaas is die eerste in Suid-Afrika om betontorings (100m hoog) te gebruik. Dié torings het heelwat voordele bó die konvensionele staaltorings, waaronder werkskepping aangesien dit plaaslik gebou word in 5 dele van 20 meter elk. Die torings kan ook hoër wees en teen ‘n laer koste opgerig word. Volgens die bestuurder van die projek, Johan Kroes, het hulle reeds in Mei verlede jaar die ooreenkoms vir die verkoop van die elektrisiteit met Eskom gesluit. Daar was vertragings in die projek en is die voltooiingssdatum tot volgende jaar uitgestel. Die vervoer van die onderdele na die terrein is een van die uitdagings wat tot vertragings aanleiding gegee het. Deel van die infrastruktuur van die projek sal ‘n kraglyn insluit om die windplaas met die bestaande kragnetwerk te verbind.
NUUS • NEWS
10 September 2014