287 3 september 2014

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

Uitgawe 287

swartland en weskus

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

3 September 2014

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Kersfees vir kinders

Die Swartland hou matriekafskeid

Porterville hou skou

Malmesbury Skou

Swartland Skou

3-6 September @ Moorreesburg

Die mooistes van die mooies is Vrydagaand onderskeidelik op Malmesbury en Moorreesburg gekroon as Mnr en Mej Malmesbury Skou en ook Mej Swartland Skou. Links is Swartland Skou se mooistes, Martine Loxton en Efraine van Heerden. Regs is Robyn Hartman en Tiaan Smit, Mej en Mnr Malmesbury Skou. Besoek www.swartlandskou.co.za en www. malmesburyskou.co.za vir volledige programme of sien binne vir meer inligting. Foto: Hesmarie Nel

Skoue kroon hul mooistes

25-27 September

• schoonspruit deur na atkv-eindronde

Akteurs vat vlam Schoonspruit Sekondêr is behoorlik in die wolke nadat hulle pas die ATKV-Nasionale ronde van die tienertoneel gehaal het met twee produksies: Ons Kleine Dorp, ‘n periodestuk verwerk deur Emile Smit en Nog Nie Vry Nie ‘n protesteaterstuk van PJ Davids, verwerk deur Gershwin Cloete. Die eindrondte vind by die Aardklop Nasionale Kunstefees plaas waar tien skole twee geleenthede kry om op te tree. Drama-onderwyser Kobie Jacobs sê dit was harde werk van oud-leerders: “Emile Smit en Gershwin Cloete het nagte deur gewerk met die jong akteurs. Shelton Cottee en en ek het hand

by gesit met tegnies, afronding van tonele, kostuums en dekor.” Oupas, vriende, familie en vrywilligers soos Anthea Uberholz en Tammy Erasmus het gehelp. Die manne het saagmasjiene uitgehaal en die vroue het kostuums aan mekaar gestik. Ouers moes geld insamel vir die toer na Port- Elizabeth. Uit die monde van die span: Gershwin Cloete: “Aan my mentor en vader in die teater, Uncle PJ Davids, dankie dat jy my groot gemaak het met protesteater en storiever telling. Dankie vir die ongelooflike teks wat ek by jou gekry het en ek verder veranderings kon aanbring. Ek salueer jou en die leerders, sonder julle

voetsoldate is daar nie teater nie.” Emile Smit: “Ons het elke jaar hard gewerk, maar hierdie keer het ons harde werk betaal. Dit is lekker om terug te gee aan my ou alma mater.” Shelton Cottee: “Dank aan ons gewese hoof, mnr CP van der Merwe, wat baklei het sodat ons ‘n fokusskool vir kunste kon word. Daarsonder sou ons nie kon deelneem nie.” Kobie Jacobs: “Ek wil ons hoof en onderhoof, mnre AD Claassen en JH Stewe, bedank vir die bystand en ondersteuning, so ook my kollegas, veral ook ons opsigter en skoonmaker, oom Geoff, wat deure oopgesluit het, en die kringkantoor vir hul bydrae.

NUUS • NEWS

3 September 2014


NUUS • NEWS

2

3 September 2014

• moet kwalifiseer

Korting gegee op eiendomsbelasting Die Swartland stadsraad bied ’n korting op die jaarlikse eiendomsbelastingwaardasie gelykstaande aan ’n bedrag van R200 000 aan sekere mense. Die volgende persone kwalifiseer: • Die aansoeker moet die geregistreerde eienaar wees van ‘n woning wat in die regsgebied van die Swartland Munisipaliteit geleë is. • Die eiendom moet deur die aansoeker/eienaar self bewoon word. • Die aansoeker/eienaar moet tussen 1 Julie 2015 en 30 Junie 2016 65 jaar oud wees, of reeds ouer as 65 jaar wees wanneer die aansoek ingedien word. • In die geval van skakelwonings waarvan ‘n gedeelte verhuur word, is slegs die gedeelte wat

deur die aansoeker bewoon word, aan korting onderhewig. • Jaarlikse opdatering ter bevestiging van die bewoning van die eiendom deur die geregistreerde eienaar moet voor of op 30 September 2014 skriftelik gedoen word en jaarliks daarna vóór 30 September. Ten einde kommunikasie tussen die aansoeker en die Swartland Munisipaliteit te verbeter, moet ‘n selfoonnommer en/of ‘n e-posadres voorsien word. Persone wat aan die bostaande kriteria voldoen, moet aansoek doen om vir die korting op eiendomsbelasting te kwalifiseer en die aansoek moet nie later as 30 September 2014 by die munisipale kantore ingehandig word nie.

Kairos to take on correctional services

THE Kairos Malmesbury Men’s Inside team will be ministering in the local prison for four days, from Thursday to Sunday. Men from the Westcoast, Boland, Abbotsdale and Cape Town are in the team of thirty. Kairos is a Christian, volunteer, lay-led, ecumenical, international prison ministry, in which men and women volunteers bring Christ’s love and forgiveness to incarcerated individuals and to their families. Kairos consists of three programmess: the Men’s Inside and Women’s Inside Ministries begun in 1976, Kairos Outside begun in 1991 and Kairos Torch (youth) begun in 1997.

Kairos Inside addresses the spiritual needs of prisoners. Kairos volunteers go into prisons in teams of 30 to 40 to pray, share the love and forgiveness of Jesus Christ, share meals and fellowship with the incarcerated on a one-to-one basis. The weekend is concluded on Sunday afternoon with a ceremony, starting at 14:45 at the prison. Interested people are invited to attend this ceremony and see first hand the effect of Kairos on people’s lives. Visitors to the prison should bring their ID books along. For more information, contact Ronald Phillips at 073 155 7256.

Malmesbury Superspar Promosie

Brokkies uit die raadsaal Snippets from council • Raadslid Lionel Traut, die nuutverkose stadsraadslid vir Wyk 10 op Malmesbury, het verlede week sy eerste raadsvergadering bygewoon. By dié geleentheid het hy ook die voorgeskrewe eed afgelê. • Raadslid Harold Cleophas het by die raadsvergadering gevra dat die Swartland se gelukwense oorgedra word aan Gezelle Magerman van Darling wat pas ‘n goue medalje gewen het

in die 400m-hekkies by die Jeug Olimpiese spele in China. Die Speaker het dit beaam en gesê almal is baie trots op haar. • Die Bergrivier Munisipaliteit is besig om sy biblioteke te rekenariseer. Lede of voornemende lede wat nog nie ‘n nuwe aansluitingsvorm ingevul het nie, moet dit so gou moontlik doen. Leners gaan nou almal die nuwe strepiekodebiblioteekkaarte ontvang.

Groot pryse met “Why Shop Around”: Malmesbury Superspar

se pryswenners van die Why Shop Around-kompetisie is Riaan en Elza Mouton (1ste plek met R20 000), Morgan en Dehlia Leander (tweede met R10 000) en Esegiël en Marica Lottering (derde met R5000). Links is mede-eienaar Des Möller.

Ingehuldig: Raadslid Lionel Traut, die nuut-

verkose stads-raadslid vir Wyk 10 op Malmesbury, lê die voorgeskrewe eed af. In die agtergrond is die Speaker, raadslid Klasie Rust.

Allesverloren Lente Lekkerte Allesverloren gaan Lente 2014 vier met ‘n paar glase Allesverloren Tinta Barocca Rosé. Die verkoelde pienk wyn smaak vorentoe in die warmer weer wat voor lê vanaf September. Die Tinta Barocca Rosé 2013 gaan in die Allesverloren Wynwinkel by Amanda (Tel. 022 – 4612589) beskikbaar wees vanaf 1 September 2014 vir slegs R40 per bottel. Deelnemende Restaurante in die Riebeeck Vallei naamlik Jolly Olive; Pleasant Pheasant ; Mama Cucina’s ; Travellers Rest and Hermon Hotel gaan die Allesverloren Tinta Barocca Rosé verkoop vir slegs R45 per bottel en boonop kan daar nog Tinta Barocca Rosé gewen word!

1. Enige persoon wat in ‘n deelnemende restaurant in die Riebeek Vallei ‘n bottel Allesverloren Tinta Barocca Rosé koop, se naam kom in ‘n trekking aan die einde van elke maand vanaf September tot Desember om ‘n 6-bottel geskenkpak Allesverloren Tinta BArocca Rosé te wen. 2. Al die wenners van September tot November se naam kom in ‘n tweede trekking waar 3 gelukkige wenners en hul metgesel ‘n uitnodiging kan wen na ‘n skemerkelkie by Allesverloren se Herehuis Dinsdag 9 Desember 2014 waar die wenners bederf gaan word met Allesverloren wyne en smaaklike happies. 3. Elke maand kry die kelner by elke deelnemende restaurant wat die meeste

Promosie

Allesverloren Tinta Barocca Rosé verkoop ‘n 6-bottel geskenkpak met Allesverloren Tinta Barocca Rosé. 4. Die top 3 kelners in die Vallei wat einde November die meeste Allesverloren Rosé verkoop het en ‘n metgesel word ook genooi na die skemerkelkie by Allesverloren se Herehuis Dinsdag 9 Desember 2014. 5. Elke restaurant eienaar wat deelneem kry van September tot einde Desember elke maand ‘n 6-bottel geskenkpak Allesverloren Tinta Barocca Rosé vir eie gebruik. 6. Al die deelnemende restaurant eienaars word genooi vir die skemerkelkie by Allesverloren se Herehuis Dinsdag 9 Desember 2014.


NUUS • NEWS

3

3 September 2014

• goliath palm toekenning vir invloedrykste vrou in

Plaaslike entrepreneur wen weer Jacky Goliath, gebore en getoë op Abbotsdale, het onlangs weer presteer toe sy die toekenning as Invloedrykste Vrou in Besigheid in die Landbou-afdeling gewen het by ‘n spesiale geleentheid in Johannesburg Sy het die toekenning vir die Beste in Suid-Afrika gewen, asook vir die Beste in Suidelike Afrika. Die kompetisie is deur CEO Communications (PTY) Ltd. gereël, die uitgewer van die maandelikse CEO Magazine, asook drie spesiale uitgawes: South Africa’s Most Influential Women in Business and Government, Women in Motion and TITANS - Building a Nation. Die kompetisie dien as ‘n platform vir die viering van uitnemendheid in organisasies en ook vir die transformasie van organisasies. Die invloedrykste vroue in besigheid en regering word gekies deur ‘n nominasie-proses in verskeie lande en streke. Vroue word in verskeie sektore aangewys en dan deur onafhanklike panele beoordeel. Die doel is om die kompetisie eers in buurlande en streke en later oor die hele kontinent te bevorder. Jacky sal in Oktober die funksie bywoon waar die topvroue in Afrika aangewys sal word. Goliath en haar sakevennoot, Elton Jefthas, het De Fynne Kwekery in 2001 in sy agtertuin begin met net 1000 plante. Met probeer en tref het hulle die onderneming oor die laaste paar jare ontwikkel in ‘n geslaagde besigheid wat plantprodukte vir ornamentele, landbou- en navorsingsdoeleindes voorsien aan die kleinhandel, kommersiële- asook landboumarkte.

Onder hul klante tel Stodels, Builders Warehouse en -Express, Woolworths, navorsingsinstellings, Malmesbury Kwekerye en baie ander. Met al die geleenthede en die moontlikhede van ‘n groter markaandeel, het De Fynne ‘n behoefte gehad aan ‘n groter perseel. Terselfdertyd wou hulle hul passie om werk te skep vir mense in die onmiddellike omgewing uitleef. Hulle het by die staat aansoek gedoen en in 2013 ‘n plaas van 22 hektaar van die Departement van Landelike Ontwikkkeling ontvang. Dit het beteken dat Jacky en Elton die onderneming moes skuif van die 1,5 hektaar in Simondium na die nuwe en groter plaas buite die Paarl. Jacky sê dit was moontlik met toegewyde en hardwerkende werkers en vennoot. De Fynne is nou goed gevestig op sy nuwe perseel en in die eerste jaar van boerdery het hulle reeds sowat 80% van hul pruime uitgevoer. Jacky sê toe sy aanvanklik met ‘n gespesialiseerde kwekery vir Fynbos begin het, het sy nooit gedink dat sy eendag ook met vrugte sal boer nie. Nou het die onderneming uitgebrei om pruime en ander vrugte in te sluit “Ek werk in ‘n omgewing wat deur mans gedomineer word,” vertel Jacky en voeg by dat sy trots is op haar landelike agtergrond. “Dit is wat my opgelei en voorberei het vir die uitdagings waarmee ek nou te doen het.” Haar persoonlike leuse is een van Mahatma Gandi: “Wees die verandering wat jy in die wêreld wil sien.” Lees meer oor De Fynne op hulle webblad: www.defynne.co.za

Vrouedag: Die Swartland Munisipaliteit het Saterdag ‘n feestelike afsluiting vir 250

vroue in die Malmesbury Stadsaal aangebied. Van links na regs is organiseerders Ayanda Holo (GCIS), Ursula Swarts (Munisipale Polisie Swartland Munisipaliteit), Monica Makaula (Departement van die Premier), Patricia Solomons (Swartland Munisipaliteit), Alec America (Departement Maatskaplike Ontwikkeling), Hillary Balie (Swartland Munisipaliteit), Yolande Cox-Bruintjies (Swartland Munisipaliteit), Hildegard van Rhyn (Departement Gesondheid), Chantal Prince (Munisipale Polisie SM), Funeka Hermans (Departement Maatskaplike Ontwikkeling), Cindy Lazaro (Plaaslike Regering, Gemeenskapsontwikkelingswerkers), Chandre Wathen (Departement Maatskaplike Ontwikkeling) en Mavis Mdamane (Plaaslike Regering, Gemeenskapsontwikkelingswerkers).

Nomineer jou beste Nominasies vir vanjaar se diensverskaffer van die jaar sluit Maandag 30 September. Daar is vanjaar weer ‘n gelukkige trekking van R500. Al wat jy moet doen om deel te hê aan die trekking, is om ‘n besigheid te nomineer wat vir jou uitstekende diens gelewer het. Jy kan enige besigheid in Malmesbury nomineer en jy, of die besigheid wat jy nomineer, hoef nie ‘n lid van die sakekamer te wees nie. Die kompetisie is oop vir almal in Malmesbury. Gaan na die volgende skakel en nomineer

nou jou diensverskaffer van die jaar http://www. sakekamer.co.za/diens-nominasies/entry/add * Die Sakekamer beplan hul volgende ledebyeenkoms as ‘n inligtingsvergadering oor die SA Inkomstediens (SARS). Lede en nie-lede word genooi om nou al enige vrae wat hulle het oor SARS vroegtydig te stuur na info@sakekamer. co.za sodat dit moontlik op die vergadering beantwoord kan word. Presiese besonderhede oor die vergadering sal spoedig in dié courant gepubliseer word.

Jacky Goliath, boorling van die Swartland, maak haar merk in die sake-wêreld en palm die toekennings een na die ander in.


courant

die

4=4

Dien, onvoorwaardelik

Gemeenskapsbetrokkenheid... Wat is dit? Hoe doen jy dit? Waar begin jy? Daar is soveel moontlikhede vir jou om betrokke te raak in jou gemeenskap dat jy soms stomgeslaan is en nie weet watter kant toe nie. Soveel kinders wat jy wil help. Soveel meer wat jy wil doen. Waar om te begin? dié courant het besluit om vanjaar by twee projekte vir Kersfees betrokke te raak. Raadslid Ray van Rooy van die Bergrivier se geskenk-projek en Santa Shoebox saam met Jenni Hendenskog. Om ‘n kinderhart te verbly deur ‘n klein gebaar wat vir daardie kind soos ‘n groot lekkerte is, is iets wat jou diep binne aanraak. Iets wat ‘n blywende indruk op jou laat. Om ‘n kind se glimlag te sien, ‘n regte glimlag, is iets wat geld nie kan koop nie. Om onvoorwaardelik te gee, sonder om ‘n “label” op iets te sit, is om jou medemens te dien. Nie net wil dié courant sy gemeenskap dien nie, maar ons wil ook help om dit op te bou en te verbeter. Die Malmesbury Fietsryklub bied vanjaar ‘n gesinsdag aan. Ook hier is dié courant betrokke. Om die gesin weer saam te bind tot ‘n eenheid, is waarin ons kragte lê. Om ‘n eenheid te vorm, een wat deur dik en dun bymekaar staan. In hierdie nuus-kantoor gaan dit soms rof. Te veel om te doen, te min tyd. Te veel wat ons wil bereik, waar ons wil help, waar ons wil dien. Wat doen jy? Waar pas jy in jou gemeenskap? Help jy? Sit jy ‘n hand by? Om iets vir iemand anders te doen, onvoorwaardelik, sonder om iets terug te verwag, dít is om jou gemeenskap te dien. Hiervoor salueer ons vir Ray van Rooy en Jenni Hendenskog.

MENINGS •• OPINION NUUS NEWS

3 September 2014

• BRING DIE HELE GESIN

Raak só deel van die “trap-kultuur” Die Malmesbury Fietsryklub se gesinsdag word vanjaar op 4 Oktober by die Malmesbury Skougronde aangebied. Hierdie dag word juis aangebied om die hele gesin by een van die vinnigste groeiende sport in die Swartland te betrek en bloot te stel. Kinders van enige ouderdom word op ‘n roete deur wingerde geneem, vergesel deur sy/haar ouers en elkeen word met ‘n medalje beloon. Die kinder-roete word opgevolg met ‘n aflos-wedren vir die volwassens. ‘n Span bestaan uit twee persone. Die roete vir die volwassenes is ongeveer 5km lank en van so ‘n aard dat enige persoon (wat wel kan fietsry) dit sal kan baasraak. Die span wat die meeste rondtes binne twee ure voltooi, word as die wenners gekroon.

“Hierdie dag gaan egter nie oor wen of verloor nie, maar oor deelname van die hele gesin. Dit is ook die rede hoekom die formaat van die dag ‘n aflos is. Daar kan altyd een van die ouers beskikbaar wees vir die kinders,” aldus voorsitter Jaco Geldenhuys. Daar gaan hope vermaak vir die kinders aangebied word, asook gelukkige trekkings wat deur die oggend gedoen sal word. “Hierdie is die Saterdag net nadat die skole gesluit het, so kom geniet die Saterdag saam met die hele gesin saam met die Malmesbury Fietsryklub. Almal is welkom, nie net ons lede nie. Ons wil juis deur hierdie geleentheid almal in aanraking met die sport laat kom,” sê hy. Kontak Jaco Geldenhuys by 072 234 6646 vir meer inligting.

In die vyfde van dié courant se blokkiesraaisels saam met toerisme kantore in die Swartland, kom Yzerfontein vandeesweek aan die beurt. Die meegaande blokkiesraaisel, waar lekker pryse op die spel is, toets jou kennis van hierdie vallei. Bring jou voltooide blokkiesraaisel saam met jou naam

en kontakbesonderhede (op die vorm langsaan) na die toerisme kantoor op Yzerfontein teen 17 September en kom in aanmerking vir die pryse soos links onder genoem.

Wen groot met Swartland se blokkiesraaisel

Onthou, slegs een inskrywing per persoon is toelaatbaar.

Pryse op die spel 1ste: Megz Beauty & Hair Facial borg, waarde: R550

2de: I Love Yzer geskenkpakkie, waarde: R250

3de: Haus of Décor geskenkbewys, waarde: R200

1. Wat is die naam van die 2de grootste eiland aan die Weskus? 2. Na watter dier is hierdie eiland vernoem? 3. Watter walvisse is sigbaar tussen Julie en Desember? 4. Wat is die naam van die rots / klip in die middel van die see by Yzerfontein? 5. Wat is die naam van die bekende blomroete? 6. Wat is die naam van die 2km staproete by Yzerfontein? 7. Wat is die afkorting van die onder- water kommunikasiekabel by Yzerfontein?

8. Wat is die naam van die strand tussen Yzerfontein en die Weskus Nasionale Park? 16 ___ strand. 9. In watter straat sit Yzerfontein se Toerismekantoor? 10. Watter bedreigde voëlspesie word in Yzerfontein gevind? 11. Wat is die twee monumente buite Yzerfontein wat gebruik was om mossels te brand? 12. Wat is ‘n ander naam vir die R27? 13. Wat is Yzerfontein se grootste toeriste besienswaardigheid? 14. Langs watter oseaan is Yzerfontein geleë? 15. Watter bekende fees vind in Yzer-

fontein in Desember plaas? 16. By watter padstal naby Yzerfontein kan jy wit leeus sien? 17. Wat is die naam van die seekosrestaurant op die strand? 18. Noem een van die bekende watersportsoorte wat by Yzerfontein beoefen word? 19. Waarvoor is Yzerfontein gebruik gedurende die Tweede Wêreld Oorlog? 20. In watter munisipale streek lê Yzerfontein? Bonusvraag: Wat word gebruik om die hawemuur by Yzerfontein te versterk?

• A meal for two sponsored by The Marmalade Cat plus a wine cooler bag with bottle opener from Brainwave Projects - Juliana Oktober from Darling • 2 bottle wine pack from Groote Post Vineyards plus a wine cooler bag with bottle opener from Brainwave Projects - Gwyneth McGregor from Malmesbury

• 2 (two) Tickets to the Darling Wildflower Show on Sunday 21st September 2014 sponsored by The Darling Wildflower Society plus a wine cooler bags with bottle opener sponsored by Brainwave Projects - Hermaine van der Sluys from Wellington • 2 (two) Tickets to the Darling Wildflower Show on Sunday 21st

September 2014 sponsored by The Darling Wildflower Society plus a wine cooler bags with bottle opener sponsored by Brainwave Projects - Guswill Cleophas from Darling • A gift bag of products sponsored by Darling Museum plus a wine cooler bag with bottle opener sponsored by Brainwave Projects - Johan de Kock from Darling.

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

Die waarheid oor Jesus ‘n Geleerde van ‘n ander geloof het ‘n boek geskryf met die titel Die waarheid oor Jesus. Moontlik die enigste waarheid in die boek is dat hy Jesus as die kontroversiële faktor tussen gelowe sien. Hy is die Woord wat mens geword het en onder ons kom woon het, wat in die begin by God was en self God is. Jesus was die enigste persoon wat gesê het dat Hy van God kom. Jesus was die enigste persoon wat gesê het dat Hy die Weg, die Waarheid en die Lewe is, en dat niemand na die Vader gaan behalwe deur Hom nie. Hy het na sy eie mense gekom, maar hulle het Hom nie aangeneem nie, maar aan elkeen wat hom aangeneem het, het Hy die mag gegee om kind van God te word. Die groot verskil is dat Jesus die Christus is. Die is ‘n Joodse uitdrukking wat Gesalfde van God beteken. Hy is ontvang deur die Heilige Gees, God is Gees, en Jesus is deur die Gees opgewek uit die dood, nadat Hy vir die sondes van die wêreld gesterf het. U moet weet wat u glo, en nie meegesleur word deur allerhande leringe van sogenaamde geleerdes, wat nie die Waarheid van die Woord van God glo nie.

Skryf so in...

Naam: __________________________________ Woonadres: _____________________________ ________________________________________ Tel: _____________________________________ Sel: _____________________________________

Epos: ___________________________________

Darling Winners...


NUUS • NEWS

3 September 2014

5


NUUS • NEWS

6

3 September 2014

Verbly ‘n kinderhart in die Swartland dié Kersseisoen dié courant kondig met trots sy verbintenis tot twee liefdadigheidsprojekte gemik op die Swartland en Bergrivier met die aanloop tot die Kersseisoen aan. Die twee projekte waar dié courant die trotse media-borg is, is die roomysbak-projek van raadslid Ray van Rooy van die Bergrivier Munisipaliteit en Santa Shoebox in die streek, onder leiding van ‘n Kalbaskraal-inwoner, Jenni Hendenskog.

Van Rooy gee hulp Raadslid Ray van Rooy het besluit om self hand in eie sak te steek en te voorsien in die behoefte aan geskenke vir kinders oor Kersfees. Hy poog om sowat 1200 geskenkpakkies aan kinders van Piketberg en omgewing uit te deel in ‘n Kersfunksie. Die kinders se ouderdomme wissel van twee tot 13 jaar. Hoe kan jy hierby betrokke raak? 1. By Boland Superspar en Shoprite op Piketberg, asook Porterville Spar en Porterville OK Shoprite is ‘n waentjie waarin speelgoed geplaas kan word. 2. Koop die speelgoed, draai dit toe as jy kan en skryf daarop wat in die pakkie is en plaas dit in die waentjie. 3. Lekkers, sappies en ander lekkernye kan in die pakkies geplaas word. Wat soek kinders gewoonlik? • ‘n Rugbybal, sokkerbal, netbalbal, speelgoed motors, poppe, skryfbehoeftes, toiletware, krieketspeelgoed, teestelle, trekkers, afstandbeheer-voertuie, rugsakke of enige ander speelding wat ‘n kind se hart kan verbly. Alle pakkies kan ook by Calendulastraat 23, Bergrivier Munisipaliteit of by dié courant se kantore afgegee word. Kontak Ray van Rooy by 083 657 9615 of 022 913 6054 of Evert Manuel by 078 833 1236.

Santa Shoebox

Jenni Hendenskog is ‘n vrou met ‘n liefde vir die kinders van haar gemeenskap. Haar passie dryf haar so, dat sy jaarliks etlike duisende kilometers op onbekende paaie aandurf om geskenkpakkies aan kinders uit te deel en so ‘n verskil in hul lewens te maak en ‘n glimlag op hul gesigte te sit. Jenni is die sameroeper van die Santa Shoebox-projek in die Swartland en Bergrivier. Hierdie inisiatief het ‘n paar jaar gelede ontstaan en het sedertdien uitgebrei tot sowat 200 000 kinders wat geraak word. In Jenni se streek alleen word daar voorsiening gemaak vir sowat 6500 kinders om ‘n geskenkpak te ontvang. Dit is egter nie altyd te maklik vir Jenni om

haar passie uit te leef nie, aangesien sy ‘n vrywilliger van Santa Shoebox is, en op haar eie aangewese is om die pakkies uitgesorteer, nagegaan en afgelewer te kry. Een van die grootste behoeftes vir dié projek is hande wat Jenni s’n sal neem, in die poging om die projek so glad moontlik te laat verloop. “Ek doen ‘n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak. Om te help sodat ons ‘n kind se Kersfees vir hom of haar kan lekker maak. Ons neem so maklik dinge as vanselfsprekend, maar besef nie aldag die ongelooflike behoefte wat daar onder ons eie gemeenskap is nie,” sê Jenni. Diegene wat hul weg oopsien om haar te ondersteun met die organisering, nagaan van

pakkies, vervoer of uitdeel, kan direk met Jenni in kontak tree by cptwest@santashoebox.co.za of 082 782 3564. Santa Shoebox 2014 het amptelik Maandag begin en beloftes vir bokse word ingewag vir die kinders van die Swartland en Bergrivier. Besoek www.santashoebox.co.za, registreer en kliek op Cape Seabord. Kies “Farm Schools” om seker te maak dat jou boks aan ‘n kind van jou gemeenskap toevertrou word. Raak deel en dien so jou gemeenskap in ‘n tyd van omgee. Besighede kan ook betrokke word by die vervoer of uitdeel van pakkies of selfs om ‘n hele klas te borg.

Gulliver is baas van die plaas op sy miniatuur-werf ‘n Skuifspeld word ‘n skarnier, ‘n weggooi stukkie karton ‘n dak, ‘n tandestokkie ‘n heining en ‘n oogtangetjie ‘n presisie-instrument. Klink na kinderspeketjies? Nee, dit is Phillip Ligthart, die groot man met die kinderhart as dit kom by plase op skaal en miniatuur plaasvoertuie. Op die konferensietafel by Swartland Wynkelder, waar hy in die botteleringsaanleg werk, ontvou ‘n prentjie wat jou asem laat wegslaan: ‘n volledige plaaswerf met melkstalle, stoorkamer, woonhuis, trekkers, sleepwaens en vee. Eenkant is ‘n bokstal, een van die eerste projekte wat hy aangepak het, kompleet met “geroeste” dak en bokke in die hokke. Die gogga het Phillip meer as 40 jaar terug gebyt, toe hy skaalmodel-treintjies ontdek het. Hy het begin rondsoek en ‘n trekkertjie in die hande gekry. “Daar was ‘n adres op en ek het soontoe geskryf,” vertel hy. Ses weke later het hy ‘n antwoord gekry en so het hy sy stokperdjie begin. Vandag het hy landwyd kontakte, hy soek op die Internet en as die rentekoers gunstig is, oorsee ook. Van die projekte het meer as ‘n jaar se bloedsweet gekos. “As ek besig is met plakwerk, beteken dit dat ek somtyds tot twee- drie-uur in die nag sit en wag dat iets droog word.” Hierdie takies los hy gewoonlik tot net voor ‘n vakansiedag, sodat hy darem die volgende dag ‘n uiltjie kan knip.

John Deere, Massey Ferguson, New Holland – handelsname vir die meeste mense, maar vir Phillip is dit uitdagings. En die volmaakte skaalmodelletjies wat hy so trots uitstal, is die bewys dat hy met vernuf en baie harde werk volmaakte replikas kan bou. Phillip vertel dat hy soms maande loop en dink en beplan voordat hy met ‘n projek begin. Hiervan is sy unieke oplossings ‘n bewys. Die klippies vir sy pragtige kliphuis kom uit ‘n volstruis se pens! ”Dit het twee weke gevat om die klippies skoon te maak. Toe het dit gesif en dié uitgesoek wat ek wil gebruik. “ Phillip het vier plase op die oomblik. “Dit verteenwoordig die Swartland, al wat ek nog kort is wingerd, maar ek is besig om dit te beplan.” Sy grootste probleem is ruimte. “Ons bly in ‘n woonstel, só ek is gedurig besig om goed weg te pak.” Bygesê, hy het spesiale verpakkingsmateriaal om seker te maak niks word beskadig nie. Vir Phillip is hierdie meer as ‘n stokperdjie, dit is sy passie. Kyk ‘n mens na die groot man met sy skaam glimlaggie, kan jy nie glo dat hy die fyn werk doen nie: “Om te dink my st 3 juffrou het vir my gesê, `Liggies’ jy kan nie eers mét ‘n liniaal ‘n reguit lyn trek nie!’” Phillip kyk so oor sy plaaslandskap en laat dan ewe hoor: “Nou ja, een van die dae is dit weer tyd vir lusern plant en hooi maak!” ‘n Besige boer, al is dit op 1:64 skaal. Mense kan Phillip skakel by 072 666 4853.

Phillip gesels landbou, met ‘n uitstalling van sy miniatuur plase voor hom.


NUUS • NEWS

7

3 September 2014

Geelbek Elite Merinos opgeveil op Moorreesburg Die Geelbek Elite Merino telers van die Karoo het hul tweede produksieveiling gehou. Baie nat toestande het seker voornemende kopers weg gehou maar nie teenstaande het al 53 ramme en 175 jong ooie verkoop. Die ooie het gemiddeld R1691 per ooi behaal met die duurste groep R1800 per ooi. Die ooi-tjies is deur Eric louw van Moorreesburg gekoop. Die ander ooie is gekoop deur Josè Bester, Ian Muller en Dirkie Mouton. Al die ooie het aan Willem Retief van Hanover behoort. Die ramme het verkoop vir n gemiddelde prys van R8160. Die duurste ram was ‘n Silwer Meriete ram van Stefan Naude van Hanover van 20 mikron wat vir R24000 verkoop is aan Eric Louw. Willem Retief het R22000 vir ‘n horing ram en R20 500 vir n Meriete Poenskopram gekry. Die ramme is onderskeidelik deur Jan Muller van Wellington en Dirk Bester van Moorreesburg gekoop.

Kruispad:

Tydens die 19de Jaarlikse Dohnemerino ramveiling van Corsando Dohne’s en Bester Broers op Kruispad, Moorreesburg is 83 Dohnemerino ramme aangebied en verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R11 500. Die hoogste prys behaal was R30 000. BKB het die veiling aangebied. Hier is BKB Stoetveeafslaer Appie Maritz, Paarl koper Gawie Loubser, Porterville hanteerder Johannes Frans, Moorreesburg, verkoper FC Bester van Kruispad, Moorreesburg, sy eggenoot Wanda en voor van links na regs Olivia en Alyssa.

‘n Interessante verskynsel is dat die gemiddelde prys van die horingramme R8441 was en van die poenskopramme R7657. Hierdie is ‘n bewys dat die poenskop merinoramme se prys stadig maar seker nader beweeg aan dié van die horingramme. Die groot voordeel wat die uitstaande wollengte die boere bied wat Merino-ramme gebruik word al meer en meer besef. Dit maak dat boere in die Swartland gebied en elders wat ‘n ses maande skeerpraktyk toepas ‘n goeie stapellengte met die hulp van die Merino se goeie woleienskappe makliker kan bereik. REGS: Lynn, Celeste en Marie Naude, Hanover, BKB Stoetvee-afslaer Appie Maritz, Paarl, koper: Eric Louw, Moorreesburg, verkoper: Stefan Naude van Hanover en hanteerder: Thembela Sigonyela ook van Hanover.


8

NUUS • NEWS

3 September 2014


NUUS • NEWS

9

3 September 2014

Basaar: Die NG Moedergemeente op Malmesbury het dié naweek basaar soos in die dae van ouds gehou. Daar is geverf, geëet, gekuier, poedings verkoop en vele meer. En wat is ‘n

outydse basaar dan nou sonder pannekoek? Dié lekkerny het vinnig gevlieg en het talle honger mae gestil. Links bo: Izaan Beneke, Nina Janse van Rensburg, Johané Steyn en Sanri Cloete leer koek versier by Anelda Steyn. Middel: Madelien Wessels en Marieta Bester in aksie agter die pannekoekpanne. Regs: Harriet Swanepoel koop ‘n stukkie koek by Santa Loubser.

Cum laude: Dié leerders van die Christelike Privaatskool op Malmesbury het Cum Laude by die Wes-Boland Eistedd-

fod ontvang. Agter is Dayne Sampson, Nina Smuts, Anja Jordaan, Zeek Lategan, Corli de Clercq, Kara Jordaan en Feiren Coetzee. In die middel is Miencke Truter, Francesca Nel, Angelique van Niekerk, Anja Engelbrecht, Luka le Roux en Karlea Walters. Voor is Isabella Rabie, Tanielle Jordaan, Karli Truter, Suzanne Smal, Charnese van der Westhuizen, Nelicia Nortier, Ashlin Nicolas, Lucia van der Spuy en Nina Truter. Christi de Jager is afwesig. CPM het vanjaar 31 cum laude- en 66 goue toekennings gekry by dié eisteddfod.

Spel:

Die leerders van Anne Pienaar Gedenk het aan die Grondslagfase Spelkompetisie deelgeneem. Hier is (van links) Jadelynn Kooste (algehele wenner Graad 3), Ceache Oliver (algehele wenner Graad 2) en Jenay Fikster (algehele wenner Graad 1).

Porterville Skou lewer hope pret en plesier

Enrico Andries het die naweek by die Porterville skou die Space Ring trot- Abbas Bouwer het die beste Hackney-ponie siertuig Elzanne Swart het die naweek by die Porterville Skou seer. Besoekers aan die komende naweek se Swartlandskou op Moorrees- hings/reun bo 5 jaar, Wild at heart, van Solly Davids verhaar Sanesa-ruiterkunstoets afgelê. burg kan ook op die Space Ring ry. toon.

BO: Siobhan Tenner het die wenner in die klas vir 5-gang plesierperd, O’Hagan, vertoon vir Ronel Tenner. Herman Burger (links) erken die applous vir sy Senior Kampioenspan van vier Vlaamperde - Sarika, Lisie, Alma en Nikita. Abrie Engelbrecht het hom bygestaan. REGS: In die klas vir 5-gang plesierperd het King van GW Basson die tweede plek gekry. Die vertoner was Gideon Valentyn.

REGS: Die reserwekampioen Senior Vlaam vierspan van die Mt Royal stoet is vertoon deur Hennie Kloppers.

Piet Wagenaar het hierdie Vlaam, Elvis, in die siertuigklas vir Oubaas Lesch vertoon.


NUUS • NEWS

10

3 September 2014

PHS Matriekafskeid Die leerders van Piketberg Hoërskool het in hul bestes uitgetof vir vanjaar se matriekafskeid. REGS: CP Nelson en metgesel, Carli Burger. LINKS: Danie Visser en Jakobi Burger.

Kuieraand: Die Hoërskool Swartland op Malmesbury het kenners ingewin om ‘n suksesvolle rugby-kuieraand aan te bied. Bo is Brendon Venter, Henley du Plessis, Charl Marais, Stephen Nell en Marais Erasmus.

Groet Piketberg:

Dit gebeur nie dikwels dat vyf leerders in een graadgroep die spruite van onderwysers is nie. Vanjaar het PHS vyf matrikulante wie se ouers onderwysers is aan PHS. Vier van hulle het saam hulle skoolloopbaan aan Hoërskool Piketberg begin en een het in graad 6 aangesluit. Hier op die vooraand van die September-eksamen is Grace Dippenaar met Gysbert, Vanessa Luyt met Timotheé, Chris van der Merwe met Christie, Alta Nelson met CP en sedert 2007 Amandi Ungerer met Divan. Foto: Marietha Goosen

Ons nooi alle Boere om ‘n boerewors rol saam met Derik, Leon en die Firestone manne by Supa Quick Malmesbury te kom geniet.

Datum: 5 September 2014 Tyd: 10:00 - 14:00

Sien jou daar! FOLLOW US ON Facebook and Twitter for exciting competitions!

#QUICKQUESTION

SUPA QUICK MALMESBURY

86 Voortrekker Rd, Malmesbury

022 482 1931 www.supaquick.co.za

AUTHORISED DISTRIBUTOR OF P L A A S B A N D E D I E

L E I E R

I N

L A N D E R Y E

BO: Alan Willemse en sy metgesel. Foto: Edo Mostert

BO: Ricardo de Villiers en metgesel. Foto: Edo Mostert


NUUS • NEWS

11

3 September 2014

Aanskou die skouspel van die Swartland Skou 2014 3 tot 6 September @ Moorreesburg

Regstelling: In verlede week se uitgawe van dié courant het die drukkersduiwel ingesluip: Snotkop tree Vrydagaand in die Wyntuin op by die Swartland Skou op Moorreesburg. ‘n Kontantkroeg is wel beskikbaar. Koop kaartjies by Computicket.

Die Swartlandskou het begin as ‘n klein samekoms van boere in die omgewing wat idees uitgeruil het oor saaimetodes en hoe om beter oesresultate te verseker. In die twintigjare is die eerste skoubyeenkoms van perde in Hooikraal, noord van Moorreesburg gehou. Die terrein het later te klein geword en is in 1933 verskuif na die ou amptelike skougronde – oos van Rosenhof by die Piketberg-ingang met die naam Moorreesburg Skouvereniging. Daar was weinig geriewe en ‘n paviljoen is opgerig met die kombuis en eetsaal daaronder. Vertoners het self stalle opgerig met sinkplate en die pluimvee-, vark-, skaap- en beesafdelings saamgeflans. Diere wat geskenk is vir die skou is deur die mans geslag en deur die vroue verwerk. In die buitekombuis was houtstowe waar alle kosse

gaargemaak en brood en roosterkoek gebak is. Hier was dit warm en is baie gewerk. Die kroeg was onder die bloekombome. Die huisvlytafdeling was in ‘n klein geboutjie maar die dames het destyds baie sterk teen mekaar kompeteer. Dit was ‘n hele jaar se insette. Van verskillende soorte tuisgemaakte seep tot plaasprodukte, die ligste pasteideeg en netjiesste naaldwerk, te veel om te noem. Baie dames moes hier punte verwerf het vir hul beoordelaar-sertifikate as gevolg van die hoë standaarde waaraan hierdie huisvlytafdeling gekoppel was. Die VLV, in samewerking met die skou, het hierdie gesogde afdeling aangebied. Jare gelede het Ben Mostert met 80 trekperde na die skou gekom, Koos du Toit met 30 perde

en Frikkie Serdyn met twee spanne muile plus nog heelwat ander deelnemers – almal plaaslik. Vandag is daar min plaaslike deelnemers en die voedingsbron is meesal van buite. Die perdeafdeling was ‘n miernes van bedrywighede en die klasse is aangekondig met die klap van ‘n sweep. Dit was nie ongewoon om agt wa-spanne en tien wa-spanne muile op Moorreesburgskou te sien nie. In die vroeë dertigerjare tot die laaste vyftigjare was trekdiere volop en is op plase gebruik. Met die koms van die meganisasie het die trekperd getalle afgeneem sodanig dat dit vandag uitsonderlik is om ‘n wa-span van agt perde op die skou te sien. ‘n Tradisie wat met alle mag aangemoedig en vertroetel moet word.


NUUS • NEWS

12

3 September 2014

Kunstenaars by vanjaar se Swartland Skou Donderdagaand: Alicia Opperman

Vrydag:

Stalletjies

Leah, Chrizaan, Weskusklong, Hennie Jacobs (Diederick van 7de laan) Massavertoning: Laerskool Dirkie Uys,

Aandvertoning: SNOTKOP Kontantkroeg beskikbaar.

Saterdag: Kindervertoning: Kizzoo Chris Els, Luhann, Marlee, Amore, Dirk van der Westhuizen

Snotkop

Leah


NUUS • NEWS

13

3 September 2014

Jeugskou maak jonges meer betrokke

Landbougenootskappe in SA het die behoefte geïdentifiseer om skoolkinders by landbou betrokke te kry. Die Nasionale Landbou Jeugvereniging is in 1999 gestig. Die primêre doel van hierdie organisasie is om ‘n liefde vir landbou te kweek by die jeug, asook om die denkwyse van die jeug te verander sodat hulle betrokke kan word in die landbou deur middel van lewensvaardighede, beroepsrigtings, entrepreneurs en jeugskoue. Tydens die jaarlikse Nasionale Kampioenskappe neem leerders in 15 katagorieë deel, naamlik: melkbeeste, vleisbeeste, vleisbokke, melkbokke, Angorabokke, pluimvee, wedvlugduiwe, wolskape, vleisskape, sierduiwe, varke, konyne, perde, suiwelbereiding en tuisnywerheid. Waarom bied die Landbou Jeugvereniging jeugskoue by landbouskoue aan? Om deur middel van die jeugskoue ‘n voorliefde vir die landbousektor by die jeug te kweek Om leerders die geleentheid te gee om op buite kurrikulêre gebied deel te neem aan landbouverwante aktiwiteite. Om verskeie vaardighede by die leerders te ontwikkel en om spanwerk te bevorder. Die jeugskou word geklassifiseer as ‘n sport waar leerders met diere skou. Die kind se vaardighede word hier beoordeel en nie die dier nie. Die sport bestaan uit drie afdelings, naamlik: • Was en voorbereiding: Die deelnemer word beoordeel ten opsigte van sy/haar vaardigheid om die dier te was en voor te berei, sodat die dier op sy beste sal vertoon in die skouring. Hier die afdeling vind slegs op provinsiale en nasiona-

le vlak plaas. • Kennis: Deelnemers moet oor n wye algemene kennis beskik van die dier waarmee hul skou, sodat hy/sy ‘n teoretiese toets kan skryf oor aspekte soos voeding, gesondheid en voortplanting. Hierdie toetse word slegs op provinsiale en nasionale vlak geskryf. • Vertoonkuns: Die deelnemers moet die dier tot die beste van sy/haar vermoë vertoon op grond van die voorgeskrewe riglyne en nasionale jeugskou-standaarde. Beoordeling vind plaas deur gekwalifiseerde beoordelaars. Moorreesburg Swartlandskoou is dan soos oudergewoonte weer die plek om te wees, 3 September om 14:00. Ingeval van die kleinvee kategorie( skape en bokke) kan diere voorsien word indien dit vooraf gereël word met die organiseerders. Hulle bied die volgende kategorieë aan: vleisbees, vleisskaap, wolskaap, boerbok, melkbok, angorabok en perde. Die inskrywingsvorm gaan beskikbaar wees by die kantoor. Inskrywings fooie is R20 en ‘n afskrif van jou ID of geboortesertifikaat moet jou inskrywingsvorm vergesel. Alle noodskaaklike inligting verskyn op die inskrywingsvorm rakende kleredrag, ens. Swartlandskou kantoor: 022 433 1607; e-pos info@swartlandskou.co.za. Vir enige navrae kontak ons gerus. Hoop om julle daar te sien! Organiseerders: Magdel Mostert 083 667 7846 , e-pos: louwsbaken@cornergate.com DW Gillomee 082 774 2579, e-pos: gillomeed@tsb.so.za.

Swartland Skou 3-6 September 2014!

finance@jbnissan.co.za • Sontie 082 453 4656 • Denise 074 965 3504 • Andries 083 283 9916 • Sienie 082 874 2786 • Johan 072 570 4750

JB’s Nissan Bokomoweg 54, Malmesbury Tel 022 482 1124 www.jbnissan.co.za

INSERT DEALER AND CONTACT DETAILS


NUUS • NEWS

14

3 September 2014

Hoogtepunte

Woensdag 3 September 2014 Skou open om 08:30 08:30 – 17:00 Nasionale SA Vlaamkampioenskappe

Kaartjies beskikbaar: Computicket LizaMari Carstens: (0828647111) lisamariv@gmail.com PRETPARK

& Kaap Hackneyperd Streek Kampioenskappe

Angusskou

11:00 Slaglamkompetisie

Vrydag 5 September 2014

14:00 JEUGSKOU Beoordeling van hanteerder van skape, bokke en beeste

ARENA: Laerskool Dirkie Uys Massavertoning Nasionale SA Vlaamperdkampioenskap

Eetlokale open

Wa-spanne van 8

Wyntuin: Braaigeregte, Steak& Burgers

Wes-Kaap Hackney Streekskampioenskap

Kafee: Ontbyt en Wegneemetes,

WP Kampioenskappe Saalperde

Veepos: Roosterkoek met ‘n kinkel, braaigeregte, afvalpot

Angusskou

Donderdag, 4 September 2014

SAVM WESKAAP STREEK KAMPIOENSKAPPE

Binnestalletjies open 10:00.

Saterdag 6 September 2014

DAMES VONKELONTBYT IN DIE WYNTUIN

10:00 Kindervertoning: Kizzoo

Kunstenaars: Brümilda van Rensburg

Kunstenaarsoptrede 11:00 – 17:00

Elvis Blue

ARENA: Skoukoningin & prinses

Tyd: 09:00 (stiptelik)

Aankondiging van Intervleisras wenner

Drag: Elegant Prys: R300 p/p

Perde kampioenskappe


NUUS • NEWS

15

3 September 2014

‘n Passie vir dans bruis in Berenice se are

Dans bruis in Berenice Valentine van Malmesbury se are en hierdie passie maak sy ook deel van haar leerders se lewens. “Terwyl almal op Malmesbury en omgewing aangaan met hulle daaglikse werk, is daar ‘n juffrou in julle midde wat besig is om te woeker met die talente van jong skoolkinders om hulle in uitstekende dansers te ontwikkel. “Ek het my Sondag verkyk aan die passievolle manier waarop Bernice Valentine van Hoërskool Schoonspruit met haar leerders werk terwyl hulle in alle erns gebruik gemaak het van die geleentheid om ‘n oefensessie in te kry voor die amptelike aanvang van die Tygerbergse Internasionale Danseisteddfod. “Om op so ‘n groot teaterverhoog te dans met honderde oë wat na jou kyk, kos moed! Die opoffering en ure se oefen werp voorwaar vrugte af wanneer eerstens die ouers en dan ook die groter gemeenskap, trots is op wat die jong kinders bereik. Hierdie woorde van Letitia Kotze, die danssameroeper van Tygerberg Internasionale Eisteddfod (TIE) het dié courant genoop om met Berenice te gesels.

TIE is ‘n geen-profyt organisasie en alle opbrengste word teruggeploeg in die ontwikke ling en bevordering van opkomende talent in die kuns- en kultuurbedryf. “Ek is gebore in Kaapstad en het in Charlesville grootgeword. Dit is omtrent 65km uit Malmesbury langs die N2 in die noordelike voorstede. Ek was `n leerder by Silverlea Primêr en Garlandale Hoërskool, albei in Athlone, Kaapstad. “Ek voltooi my na-skoolgraad (Bachelors of Music in dans) by die Universiteit van Kaapstad. Ek is nou besig om my na-graadsertifikaat in dans, drama en lewensoriëntering by Unisa te voltooi.” Berenice begin op sewe dans, aanvanklik by Silverlea, waar sy skoolgaan. “Dit het alles begin toe ek eendag deur die venster loer en ander jongmeisies sien dans. En dis soos die Engelsman sal sê `love at first sight`. My balletonderwyseres op laerskool is me Rebeeca Hoffman. Na laerskool oudisie ek by die UK junior balletskool en word aanvaar. In dié tyd voltooi ek my graad 8 en intermediêre eksamens by die Royal Acadamy of Dancing. My ballet onderwysers hier was Kim Day, Dianne Cheese-

man en Shelia Shirling. “Na skool voltooi ek`n vier jaar graad in dans ook by UK. Ek spesialiseer in klassieke ballet en dansonderwys. “Na my graad het ek twee jaar professioneel gedans by Dance for All Youth Company. In die tyd kry ek die voorreg om verder opleiding te kry by Phyllis Spira en Phillip Boyd, twee van SuidAfrika se beroemdste dansers. In dié tyd kry ek en die geselskap geleenthede om met Jazzart Dance Theatre en Cape Town City Ballet op te tree. Na twee jare van professionele optrede as danser besluit ek om die onderwys ‘n kanste gee. “Maar ek hou nie op dans nie. Jaarliks neem ek deel in die Baxter Dance Festival, in dans werke choreografeer deur Ananda Fuchs. Verledejaar was ek gekeur om met ‘n dansproduksie in Swede te toer. Verlede Vrydag het e kdeelgeneem in dansproduksie by Kunstekaap genoem Born Frees. “Schoonspruit soek toe ‘n dansonderwyser en ek pak toe my goed vir Malmesbury. Hier is ek in beheer van sowat 400 dansleerders van graad 8 tot 12. Die skool spesialiseer in kontemporêre

dans. Na drie jaar stig ek `n klein dansprogram vir die breë Swartland-gebied. In die program skep ek geleenthede vir leerders van alle skole in die Swartland om dansklasse by te woon. Ek het nou 16 leerders van Hoërskool Swartland wat dans neem en agt van hulle wat dansstudies neem as`n agtste vak. Daar is ook sewe laerskoolleerders en ek dink sterk daaraan om `n volwasse dansklas aan te bied. “In die afgelope sewe jaar by Schoonspruit het dansstudies baie van die leerders by ons skool `n ander wêreld van loopbaankeuses gegee. Jaarliks sien ek leerders wat oudisie by Ikeys en `n beroep volg in dans of die kunste. “Die afgelope sewe jaar het ons ook ‘n 100% slaagsyfer in dansstudies bereik. Jaarliks neem ons ook aan die eisteddfod deel, wat die standaard van ons werk toets.” Berenice is ongetroud en het ook nie kinders nie, maar “ek is in ‘n liefdevolle verhouding met sóveel ondersteuning. Ek is baie gelukkig dat ek iemand het wat my werk verstaan en ondersteun. Ek is ook gelukkig om my ouers, tweelingbroer en ouer suster se ondersteuning te hê in my werk as ‘n onderwyser en danser.”


NUUS • NEWS

16

3 September 2014

Gospel: Die Swart-

land Gospelkonsert het ‘n vol saal getrek met konsertgangers wat van oor die hele streek gereis het. Bo is Emile Smit en Herjo Shoeman. Voor is Anya-Larissa Botha, Monique Basson, Gwendoline Kriek, Riana van Wyk, Pauline Hardcastle en Petra Mans. Links is Gwendoline op die verhoog.

Dirkie Uys:

Moorreesburg se o.16A-rugbyspan, met hul afrigter, Anton Volchenk, het hierdie seisoen hulself goed van hul taak gekwyt. Hulle het net een van hulle liga-wedstryde verloor en die seisoen op ‘n hoë noot afgesluit met hul interskool-oorwinning van 15-12 teen Jan van Riebeeck.

Karate: Dié Malmesbury karateka het aan die SA Goju Ryu-toernooi op Swellendam deelgeneem. Bo is (agter) Joubert du Bois, Liam O’Callaghan, Curtley Parker, Sensei Jeanne Steyn en Nadia Swarts. Middel: Juan du Bois, Paul Jordaan, Ben Theunissen, Marais Smuts en Nina Janse van Rensburg. Voor: Chivonne Parker, Kenneth Titus, Bianca Geldenhuys, Layla de Lange en Anja Styger. Inlas: Joshua Smit


NUUS • NEWS

17

3 September 2014

Malmesbury: Agter is Daantjie Fransman, Colin Fortwin, Klaas Geduld. Voor is Jonathan van Wyk, Brendon Kok, Eric Rwexwana. Riebeek-Wes: Agter is André Conradie, Donré Wiid, Rainier Roems, Nellis Lotz. Voor: Ismael Swartz, Rodney Huyster en Heinie Alexander.

Nuwe perseel vir Riebeek-Wes L-R: André Lotz, Hannes Lotz, Estee Fourie, Cyril Anderson en Glynn Solomons.

Maracor vier 15de bestaansjaar Maracor in die Swartland verjaar. Dié familiebesigheid vier hul vyftiende jaar van bestaan en het ook ‘n nuwe perseel op Riebeek-Wes oop gemaak. Maracor verskaf boumateriaal in die Swartland. Volgens André Lotz, eienaar van Maracor, is die twee groot redes hoekom Maracor seëvier, vaardigheidskennis asook die feit dat Maracor moeite doen om klante van diens en hulp te wees. “By Maracor doen ons regtig moeite vir ons klante, ons probeer ons uiterste beste om die beste moontlike diens te verskaf. Kommunikasie speel ook ‘n groot rol, wees openlik met klante, hou klante ingelig, jy sal vind dat meeste klante met graagte vir ‘n produk sal wag, indien hul net

Baie geluk aan Maracor met julle groot mylpaal en die nuwe kantore Van: Swartland Boudienste www.swartland.co.za

ingelig is daaroor”. Maracor bied jarelange ondervinding en kennis van hul bedryf. Van hul personeellede spog reeds met 40 jaar diens. “Laastens, ons raak nie gulsig met ons pryse nie, ons produkte is baie goed geprys. Mens moet steeds kompeterend bly.” En enige planne vir die toekoms? “Om baie goeie geld te maak en vroeg af te tree,” sê André laggend. Maracor Malmesbury is in Arcadiastraat en die nuwe perseel op Riebeek-Wes is in Stasieweg. Hulle is oop van Maandag tot Vrydag van 07:30-17:30 en Saterdae van 07:30-12:00. Kontak Malmesbury-tak by 022 087 3008 en die Riebeek-Wes winkel by 022 461 2051.


NUUS • NEWS

18

Groter en beter vir Kaap Agri en sy kantore

3 September 2014

Ons is die mens-mense. Kaap Agri is veel meer as net insette, ons het die kennis en een van Suid-Afrika se grootste ervaring om jou te help. landboudiensteverskaffers. Ons netwerk van meer as 150 Ons is ook mense wat omgee bedryfspunte in 88 dorpe en vir mense. Na meer as 100 jaar streke strek reg oor Suid-Afrika in die bedryf is ons trots op ons en Namibië. Ons streef altyd uitmuntende standaard van daarna om ‘n positiewe impak dienslewering. Of jy ‘n kleinop ons kliënte se lewens te maak handelklant is op soek na selfdoen-en buiteleweproduktedeur ‘n goeie begrip van hul Die nuwe kantore van KaapAgri skakel in by die res van die gebou. teen uitstekende pryse, of as jy behoeftes te hê en dit aan te Verbygangers kon die afgelope maande Kaap Agri op Malmesbury spog met ‘n splinterdie veranderings dophou, nadat die winkel op nuwe baadjie, met die verbouings verbeter-vul met uitstekende diensin die landboubedryf is enen ings aan die ou gebou op die hoek van Voortrek- grondvlak toegemaak is. lewering deur bestuurders advies verlang oorCilliersstraat. meganisasie, “Ons het die gebou ons opgeknap om aan te pas kerweg en Sarel Gerhard Victor, groep finansiële bestuurder by die voorkoms van ons gebou aan die anderen personeel, wat werklik finansiële-dienste, saad of van Kaap Agri, het aan dié courant gesê die ver- kant van Sarel Cillierstraat,” het Victor verduidelik. bouings is ‘n meeren praktiese verdeling van vloer-omgee! graanopberging, produksieen stoorruimtes. “Daar is in werklikheid nie nou meer kantore nie, ons het merendeels kantore van die boonste vloer na grondvlak verskuif. Wat wel bygekom het, is nog ‘n komiteekamer, waaraan ons ‘n groot behoefte gehad het.”

Ons is die mens-mense. Kaap Agri is veel meer as net een van Suid-Afrika se grootste landboudiensteverskaffers. Ons is ook mense wat omgee vir mense. Na meer as 100 jaar in die bedryf is ons trots op ons uitmuntende standaard van dienslewering. Of jy ‘n kleinhandelklant is op soek na selfdoen-en buiteleweprodukteteen uitstekende pryse, of as jy in die landboubedryf is en advies verlang oor meganisasie, finansiële-dienste, saad of graanopberging, en produksie-

insette, ons het die kennis en ervaring om jou te help. Ons netwerk van meer as 150 bedryfspunte in 88 dorpe en streke strek reg oor Suid-Afrika en Namibië. Ons streef altyd daarna om ‘n positiewe impak op ons kliënte se lewens te maak deur ‘n goeie begrip van hul behoeftes te hê en dit aan te vul met uitstekende dienslewering deur ons bestuurders en personeel, wat werklik omgee!

Die gebou spog met ‘n nuwe muur en naam op straatvlak, terwyl die netjiese keisteentjies ook ‘n moderne aansig gee. Die nuwe baadjie gee ‘n netjiese sake-aansig aan dié deel van Malmesbury.


NUUS • NEWS

3 September 2014

19


NUUS • NEWS

20

3 September 2014

Dirkie Uys-matrieks tof op vir afskeid Die matrieks van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het hul matriekafskeid in swier gevier. Foto’s: Hesmarie Nel

A special poem for the Darling Voorkamerfest Recently 43 students of the three primary schools in Darling, Vooruitsig, Laerskool Darling and Darling Colege worked for the first time together by creating an Afrikaans poem about the town they live. Under professional guidance of Afrikaans poet Kirby van der Merwe and Afrikaans rapper Jitsvinger they created sentences, created a poem. This poem will be written on a wall right in the centre of town, in die vlei where Evita Be-

zuidenhoudt Boulevard crosses the railway. Unveiling of the poem will happen on Friday, the first day of the 11th edition of the Voorkamerfest, by the Mayor of the Swartland Municipality, Mr Tijmen van Essen. This same day 6000 copies of the poem will be distributed around town: all houses will receive a printed copy (with translations in isiXhosa and English) as well as most businesses. The project Halle Gedig is organised by the Voorkamerfest, and financially made possible by

the Hiemstra Trust. The Voorkamerfest takes place every first weekend of September when the town of Darling is host to 21 competely different theatre productions, to be performed in front rooms of even so many and different houses. This year, the fest’s 11th edition, from Friday to Sunday, will involve a maximum of variety: from singer-songwriters via opera via circus via dance via poetry via hophop via drama to standup.

Languages as English, Afrikaans, Nederlands and isiXhosa can be heard. Professional performers are travellng this first weeknd of September to Darling - from the Western Cape, from Botswana, from the Netherlands, from Eastern Cape. The event is nearly sold out: only 50 tickets left for the Friday evening and Sunday midday performances. Contact Chanda Barrows at 082 321 7542 or bookings@voorkamerfest-darling. co.za (www.voorkamerfest-darling.co.za) .


NUUS • NEWS

21

3 September 2014

Dagboek • Calender

Voorskoot & Lipstiek 4 September - “Voorskoot & Lipstiek” in die Piketberg NG-kerksaal. Kaartjies R00 pp by kerkkantoor (sluit sjerrie, sop en brood in). 5 September - St Thomas Anglican Church in the Wesbank Civic Centre starting at 19:00. Tickets: R60. Top Five Dance Band.

Spring Festival & Half Marathon 6 September - Welcome Spring by participating in the Riebeek Valley Half Marathon on Saturday 6 September, it promises to be fun for the whole family. Contact Hettie Swanepoel on 022 448 1388. Riebeek Valley Mountain Bike Race 6 September - The 35 km route will take you through vineyards, olive groves and up against the slopes of the Kasteelberg. And for the not-so-adventurous; take the 15 km route. Come and enjoy our beautiful valley and experience our annual Church Bazaar. Contact Jacobus Bruwer, 082 523 9804. Waterblommetjiefees 6 September - Die fees word deur die Windmeul Kelder en Rhebokskloof Landgoed in die Paarl aangebied. Navrae: windmeul@ iafrica.com, 021 869 8100. Rhebokskloof info @rhebokskloof.co.za of 021 869 8386.

Jaarvergadering 10 September - Elkana se AJV is om 18:30 by die sentrum. RSVP Anet: 022 486 4178. Tuin van Digters 13 & 14 September - kuier saam met digters en kundstenaars in die Tuin van Digters, Breytenbach Sentrum op Wellington. Amanda Strydom en Daniel Hugo lig die hoed vir Hennie Aucamp, vier Breyten se verjaardag, Boerneef word besing, Hemelbesem rymklits, digters praat oor hul nuutste werke en David Kramer neem jou op ‘n nostalgiese reis. Bespreek by Jeanne-Mari Gerber, besprekings@breytenbachsentrum.co.za. Braaidag 13 September - Terroir tot Tafel Braaidag met sjef Reuben Riffel en Louise Gillett by Bartholomeus Klip in Riebeekvallei. Terroir tot Tafel Braaidag begin om 12:00 en kos R385 vir volwassenes, kinders 6-12 R185, onder vyf gratis. Bespreek by Food Routes 082 542 7566 of

reservations@foodroutes.co.za Leer van kwiltwerk 17 September - Die VLV-Malmesbury vergader om 09:30 by die Malmesbury gholfklub. Stephanie Geldenhuys gaan praat oor kwiltwerk, asook verduidelik hoe om met ‘n langarm kwiltmasjien te werk. Daar gaan ook ‘n uitstalling wees van kwilts. Besoekers betaal R20, dit sluit tee en verversings in. Vir navrae, kontak Hannalize Louw 082 336 4975. Piketberg VLV 19 September - Saam met Piketberg Boerevereniging by De Berge-gastehuis. Skakel Nicolene Brown, 022 913 1263 of 082 477 0665. Piekniekdans 19 September - Die Geloof Tabernakel Jeug bied ‘n piekniekdans in die Wesbankgemeenskapsaal. Die bekende Abby, beter bekend as Koekie, is die kunstenaar. Deure open om 19:00, kaartjies teen R50 pp by die deure. Beperkte tafels beskikbaar teen R100 vir tien mense. Kontak Willem Joseph, 078 360 8134. Orchids 19-21 September - Darling Duckitt Nurseries Orchid Show. Tel: 022 492 2606. Piekniekdans 19 September - Die Geloof-in-die-WoordTabernakel se jeug hou ‘n piekniekdans om 19:00 in die Wesbank Gemeenskapsaal.Die bekende Abby, beter bekend as Koekie, tree op. Toegang is R50 per persoon en bespreekte tafels is R100 vir 10 mense. Kontak Willem by 078 360 8134 of 073 983. Riebeek Valley Go-Kart Derby 20 September: Children of all ages can participate in this fun event. ‘Downhill Dash’ races take place from the top of Main Road in Riebeek Kasteel and an Obstacle Course on the Kasteel Square, along with market stalls (manned by the children themselves and the various school PTA’s), other children’s activities and beer & wine tent for the adults. Contact Mike Hillier: 082 898 0607 Vryburg Saamtrek 20 September - Kuier saam van 17:00 af by Allesverloren, Riebeek-Wes. Drag: los en gemaklik.

Kerke • Churches AGS Corpus Christi Malmesbury 7 September - Pastoor Piet Smit praat om 09:30 oor Die Man Wat God Gebruik (3). Geen aanddiens. Navrae: 073 447 2902. PPK Bethesda Malmesbury 7 September - Pastoor Kobus du Plessis lei die dienste om 10:00 en 18:30. Die kerk is elke weeksoggend van 06:00 tot 07:30 oop vir gebed. Navrae: 083 722 7787. Malmesbury House of Prayer Sunday worship service: 10:00 Bible study: Tueasday 19:00 (Hebrews); Thursday 10:00 (Genesis). Prayer meeting: Wednesday 10:00; home cells: Wednesday 19:00. Enquiries: pastor Joshua Metemeri, 085 471 7914 AGS Wesbank Vrouemaand 7 September – Vrouemaand word afgesluit

met suster R. Waldeck. Dit is ook ‘n nagmaalbediening. Dienstye is Sondae om 09:30 en Woensdae om 19:30. Navrae by kerkkantoor: 022 486 5178 (Elsie Kastoor) of 083 880 7801 (Jo-Ann Januarie). Gebedsbyeenkoms vir mans ‘n Uur van gebed elke Saterdagoggend om 06:00 by die AGS-kerk in Wesbank. Kontak past David Davids by 076 686 6002 of 022 486 5656 vir nog inligting. Methodist Church of SA 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome; 08:30 Sunday school (except during school holidays). Mid week: 19:00 Tuesday Prayer meeting at the Church in St Thomas St.; 19:30 Wednesday Bible Study – Wesbank, 022 486 6087; 19:30 Wednesday Bible Study Malmesbury, 082 890 5433.

Never Despair:

Matthew Samson (flank) van Never Despair sit druk op die heelagter van Delicious van Ceres. Die ander speler van Spairs wat nader draf is Lezandro October (haker). Never Despair het die wedstryd met 15-8 gewen. Foto: David Howburgh

Sportbrokkies Sport Snippets

Gewigoptel Seralize Philips van Malmesbury het die naweek goud verdien by die WP Gewigoptel kampioenskappe in die Strand. Haar klubmaat, Adriaan Mene, het tweede gekom. Hulle neem albei in die o.14-afdeling deel en gaan nou deur na die SA Kampioenskappe wat die begin van Oktober plaasvind. Steynville hou Interskole Steynville Sekondêr van Piketberg het Roodezandt geklop en die Interskole-trofee ingepalm die afgelope Saterdag. Die eindtelling was 27-8 in Steynville se guns. Steynville se ander rugbyspanne het ook skoonskip gemaak: o15 26-5; o.16 23-0; o.19B 27-8. Netbal uitslae: o.14 Steynville wen 12-4; o. 15 speel gelyk op 12-12; o.19 Roodezandt wen 33-17. Steynville sê dankie vir Boland SuperSpar, Liebco, Piketberg Fisheries, Piketberg Motors en almal wat vir hulle Saterdag ondersteun het. Rugbyspelers in proewe Verskeie rugbyspelers van Hoërskool Piketberg is gekies om aan proewe deel te neem. Stass Nel gaan die proewe vir die Wes-Boland o.13-sewes bywoon, terwyl Lyle Booys en Matthew Somers aan die o.12 Wes-Bolandproewe gaan deelneem. Liggaamsbou Willem Koch van Piketberg is in die WP-span wat van 10-13 September aan die SA’s deelneem. Hy ding mee in die afdeling vir mans langer as 1,78m. Riebeek Valley Go-Kart Derby Children of all ages can participate in this fun event on Saturday 20 September. ‘Downhill Dash’ races take place from the top of Main Road in Riebeek Kasteel and an Obstacle Course on the Kasteel Square, along with market stalls (manned by the children themselves and the various school PTA’s), other children’s activities and beer & wine tent for the adults. Phone Mike Hillier, 082 898 0607. Ope Galjoen Derby Skryf nou in vir die Yzerfontein Ope Galjoen Derby op 27 September. R180 per persoon (R90 vir o.19’s), sluit ‘n gholfhemp in. Kontak Gawie Steyn: 083 379 6044 of e-pos gsteyn@wcaccess.co.za. Rhino MTB Challenge 26-28 September: The Ride the Rhino MTB Challenge 2014 is a mountain bike race that is staged over three days from Langebaan to Darling to Durbanville. Distance: Black Rhino 250km (100km per day), White and Junior Rhino +/-180km (50km per day). For more information please visit www. renosterveldmtb.co.za or e-mail info@renosterveldmtb.co.za. Village-Cricket-Tournament 26 December - Organised by Riebeek Valley Tourism. A valley tradition when Riebeek Kasteel and Riebeek West compete on the cricket field

the day after Christmas. Details: David Wickham, 082 898 9663 or david@steelband.co.za. Coaching course A Boland Athletics Level 1 & 2 coaching course will take place at Swartland High School, Malmesbury on 6 and 7 October. The course will equip athletes, coaches, teachers and parents with the skills to enhance the performance of athletes at club and school level up to provincial level. The following disciplines will be presented: Sprints/ Hurdles, High Jump, Long Jump, Discus, Shot Put/ Hammer, Javelin, Middle Distance, Walk. The registration fee for coaches is R350 (R500 with one night accommodation), Athletes will pay R150 per day attending the course. For more information contact Brandon du Plessis (076 187 7260 or brandonathletics@yahoo.com). Village-Cricket-Tournament 26 December - Organised by Riebeek Valley Tourism. A valley tradition when Riebeek Kasteel and Riebeek West compete on the cricket field the day after Christmas. Details: David Wickham, 082 898 9663 or david@steelband.co.za. Oefentye Krieket: Malmesbury Krieketklub het begin met amptelike voor-seisoen oefeninge. Meld Woensdae om 17:30 by OK Minimark aan. Bring drafskoene saam. Netbal: Dinsdae en Donderdag 18:00 @ Laerskool Swartland-velde Kontak: Christine 083 333 8645 Nadine 082 824 8103. Rugby: Die Malmesbury Rugbyklub oefen elke Maandag, Dinsdag en Donderdag om 19:00. Almal welkom. Besoek die klub se Facebookblad by Malmesbury Rugbyklub Bloues of volg op Twitter @Malmesbury RFC.Henfre Brand by 082 703 8666 vir inligting. Sokker: Wesbank United Sokkerklub oefen van Maandag tot Donderdag om 17:30 op die Wesbank Sportterrein se C-veld. Die span speel vanjaar in die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se LFA-liga. Die afrigter is Barend Irion en die voorsitter Arnold Huyser, wat by 083 864 2850 gekontak kan word om ‘n navraag te rig. Sokker: Die Wesbank-sokkerklub oefen van Maandag tot Vrydag vanaf 18:00 in Alfastraat by die Kanaal. Almal welkom. Kontak Bakker 074 553 5125 of Pitte 084 321 2640 vir nog inligting. Yoga: Klasse op Riebeek-Wes. Maandae, Dinsdae en Woensdae, skakel Claudia @ 083 4427 261 vir meer inligting. Atletiek: Swartland Atletiekklub bied elke Dinsdag om 18:00 ‘n tydtoets/draf/stap aan by die park in Toscastraat, Panorama, Malmesbury. Almal welkom. Kontak Zelda Burger by 022-4828000 of Laura Schreuder: 073-888-5014 vir inligting. Die Swartland Atletiekklub bied elke Dinsdag en Donderdag om 17:30 ‘n tydtoets/draf/stap aan by die Gene Louw Sportgronde op Moorreesburg. Almal welkom. Kontak Albertus Myburgh by 072-383-4942 of Surina Myburgh by 071-145-2878 om ‘n navraag te rig.


NUUS • NEWS Dienste • services

22

3 September 2014

At Swartland Group and its subsidiary companies, we have a track record spanning three generations. We believe that our success is largely attributed to our ongoing initiative, our innovative people and unwavering team spirit. Right now, we seek to fill the following new position, providing real skills enrichment:

STOREMAN Moorreesburg Overview: Under direct supervision, carries out the clerical aspects of the documentation function. Compiles records from ordering, shipping and receiving materials. Updates information on computer to maintain inventory records. Assesses stock supply and reorder status. Prepares and verifies requisition of additional stock items, using the appropriate forms. Responsible for the day-to-day administration and control of inventory. Communication with suppliers, ordering and accepting stock deliveries, as well as organising the dispatch and pickups from suppliers. Issuing of stock and flow to production and responsibility for stock takes.The successful candidate will be system-driven and well organised, with attention to detail. Minimum requirements will therefore include: • Grade 12 • self-motivation • a hardworking work ethic • enthusiasm • the ability to always look for opportunities to implement improvements • fluency in both English and Afrikaans, with excellent communication skills • capability to work individually, as well as part of a team and the ability to function well under pressure • experience in MS Office & Excel • data entry experience • excellent attendance track record. The ideal candidate will also have storekeeping and training experience. In return for your contribution, we offer a market-related remuneration package, including membership of a medical aid and retirement fund, with a merit-based bonus. To apply, forward your CV to hr@swartland.co.za, clearly indicating the position for which you are applying, your current notice period and salary, as well as your expected remuneration.

Closing date: Friday, 12 September 2014 (at 12:00) Shortlisted applicants must be willing to undergo psychometric evaluations/assessments, where required. Should you not hear from us within 30 days after the closing date, please consider your application unsuccessful.


geklassifiseerd • smalls NUUS • NEWS

23

3 September 2014 Dienste Services

ALLE DIESELPOMPE, injectors, turbo’s asook kompressietoetse en herstelwerk. Gratis kwotasies. Kontak Fanus by 071 332 1843. --------------------------AANDAG!! Alle weggee en weggooi items: Ek kom laai gratis in Malmesbury area. Kontak 072 245 1850. --------------------------AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed en linne. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. --------------------------ALLE HUISEIENAARSLENINGS beskikbaar. Enige bedrag gerugsteun deur miljoene rande. Baie reeds gehelp. Kontak 074 650 6123. Faks: 086 298 3977. --------------------------MELIETA’S KITCHENVir alle soet en sout gebak en ook vir enige spesiale geleenthede. Dosyne, platters, groot koeke, terte, kaaskoeke en geleent­heidskoeke. Kontak 082 589 1785 of 082 492 4485. www. melieta’skitchen.co.za --------------------------NEW FREEZE- Ons werk radius 40km van Moorreesburg. Herstel yskaste, huishoudelike apparate, motorlugreëling, koelkamers en ysmakers. Verkoop ook 2de handse yskaste. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel: 022 433 3831/Sel: 082 573 1589/faks: 086 503 5827. Epos:

mynhardv@vodamail. co.za --------------------------SPRINGKASTELE, waterglybane en vele meer te huur vir alle tipes funksies. Skakel 082 727 1369 of 076 175 9130. --------------------------FRIDGE REPAIRS at low cost. Free quotes in Malmesbury and surrounding areas. Contact Cliffie 078 213 9857.

Te Huur To Let PROPERTY SELLERSR3665 – 2 slaapkamer woonstel + afdak. R2300 – Eenmanswoonstel. R2500 – 1 Slaapkamer woonstel. Skakel kantoor 022 487 1264.

Te Koop For Sale

JAG1 4X4 CAMP TRAILER, only used 5 times. Braking system, geyser, washing basin, built-in gas stove. Fully fitted kitchen. Howling Moon family tent with all sides + spare wheel. Lots of packing space. A real pleasure when touring. Easy to set up! Bought in June 2013. Selling because of illness. Selling without fridge/freezer! @ R85 000. Contact 083 602 5729 or 082 598 7447.

083 438 9735 / 076 695 4006.

Gelukwensing Congratulations

ANOESKJA FREDERICKS Baie geluk, Noesie, van jou moederlike en vaderlike figuur asook jou broer Tashwald. Van al die Thompson en Fredericks familie. Gos rykste seën.

In Memorium In Memoriam

JOHANNES JACOBUS

VA C A N C Y BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE (Boetie) VAN ZYL. So skielik is jy weggeneem van ons sonder om te groet. Ons gaan jou baie mis en vreeslik verlang. RUS IN VREDE TOT ONS WEER ONTMOET. Diens: Donderdag 4 Sept 11:00 te AGS Kerk, Barokkastraat, Die Wingerd, Malmesbury. Diens word gelei deur Pastoor Piet Smit. Baie liefde, Esme, Kinders en kleinkinders.

Betrekkings Vacancies JAYLA’S CAFÉ is op soek na ‘n manspersoon wat kan hard werk in die kombuis. Kontak 073 622 4518. --------------------------BEREDDINGS van boedels; Eise – beserings/ skade/ motorongelukke, en huisoordragte. Skakel

oproepe, sms’e, blomme, ens tydens Oompie se siekte en heengaan. Dit word hoogs waardeer. Van: Pearly, Nuki en Fanie.

SWANEPOEL JOHAN Baie dankie aan almal vir julle getroue ondersteuning,

DEPARTMENT OF AGRICULTURE

TRACTOR DRIVER/OPERATOR, MOORREESBURG Remuneration: R103 494 – R121 911 per annum (Salary level 4) Reference Number: AGR 45/2014 NB: For this specific position manual applications will also be accepted.

Applications are to be submitted online via www.westerncape.gov.za/jobs The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.

Closing date: 12 September 2014 @ 16:00 119836 DIE COURANT ayandambanga.co.za


courant

3 September 2014

die

SPORT

NUUS • NEWS

tel 022 487 3221

3 September 2014

Sportuitslae - Sports results

Pretdag op die plaas

Johan Retief ploeg deur die modder in Saterdag se Pretdag wat op die plaas Elsana buite Malmesbury gehou is. Die Malmesbury Tafelronde 262 het die byeenkoms gereël. Deelnemers het op motorfietse en vierwielfietse baljaar terwyl hulle gesinne heerlike piekniek gehou en gekuier het.

• tennis, rugby en meer

Talle sport dié naweek

Saterdag is daar ‘n fees van sport in die Swartland: van rugby tot tennis en atletiek. Die Windriders Rugbyklub van Moorreesburg het deurgedring na die top agt finaal wat Saterdag op die Gene Louw-terrein op die dorp beslis word. Wat dit spesiaal maak, is dat albei spanne in die finale betrokke is. Ander spanne van die sone sal ook betrokke wees. Dié uitklopwedstryde begin reeds stiptelik om 10:00. Die geskeduleerde finale sal almal op die A-veld plaasvind en is soos volg: Windriders 2 pak White Spirits 2 om 13:30; en Saamstaan 1 speel teen Mighty Spears 1 om 14:45 in die Plaat-finaal. Dan, om 16:00, is dit die hoofdis wanneer Windriders 1 en Try Again van Tulbagh op die veld draf vir die groot finaal. • Dorings Rugbyklub van Malmes-

bury speel hulle oorblywende twee wedstryde weg: Saterdag speel hulle teen Broodkraal en op 20 September teen Koringberg. Die afgelope naweek het hulle vermorsel in ‘n ligawedstryd met ‘n telling van 79-12. Dorings se tweede span wen ook 70-3. • Hoërskool Dirkie Uys bied die naweek, Vrydagoggend 7uur tot Saterdagmiddag, ‘n groot tennistoernooi aan. Deelnemende skole is Hoërskool Bredasdorp, DF Malan, Dirkie Uys, Durbanville, Hoërskool Hermanus, Hugenote, Paarl Gimnasium, Hoërskool Piketberg, Hoërskool Vredendal, Somerset College. Almal speel teen almal in twee groepe en die finale uitspeelwedstryde is Saterdag 14:00. • Sien ook bl 21 en die telbord vir nog byeenkomste en uitslae.

Gholf Malmesbury Malmesbury Gholfdag Rola Sundowner - Enkel Stableford Francois West 19; Sakkie Klasen 18; Christo Gouws 18; Gerhard Bester 18. Klipdrift Sundowner - Enkel Stableford Jacob Goosen 20; Paul Serfontein 20; Pierre Burger 19; George Prinsloo 18; Tian van Lill 18; Marcell van Lill 17. Wedvlugduiwe Malmesbury Posduifklub Victori Wes Jaaroud: C Basson 1696.7568; E Kotze 1646.5090; E Kotze 1646.2233; C Basson 1645.4885; C Basson 1645.0133; F Meintjes & Seuns 1641.2852; J Steenkamp 1603.5069; J Steenkamp 1603.5069; F Meintjes & Seuns 1598.1420; E Kotze 1585.8805. Victoria Wes Ope: Vrededal Hokke 1706.5801; Vrededal Hokke 1680.9979; Vrededal Hokke 1679.0033; F Meintjes & Seuns 1634.0275; E Kotze 1633.0966; E Kotze 1632.9093; J Steenkamp 1621.5115; C Basson 1615.4365; J Steenkamp 1610.0408; F Meintjes & Seuns 1604.0884. Piketberg Posduifklub Victoria Wes Jo 2: Leon van Rooyen 1641.8786; Lankwag Hokke 1561.6008; Lankwag Hokke 1549.1203; Lankwag Hokke 1505.0166; Gert vd Vyver 1443.4843; Christie Erasmus 1404.3844; Leon v Rooyen 1402.3074; Gert vd Vyver 1367.9540; Starbar 1359.8607; Gert vd Vyver 1343.7163. Victoria Wes Ope 2: Leon v Rooyen 1626.2445; Starbar 1557.4399; Gert vd Vyver 1549.7777; Gert vd Vyver 1541.0350; Gert vd Vyver 1525.2313; Leon v Rooyen 1474.8100; Leon v Rooyen 1471.8955; Leon v Rooyen 1418.2545; Starbar 1417.1969; Gert vd Vyver 1416.7475. Moorreesburg Posduifklub Victoria Wes Jo 2: K Huister En 1646.0044; HMO Smit En Seun 1645.1823; Frans Jooste 1641.7386; Frans Jooste 1639.2318; Israel Saunders & Daniel & Jeano 1591.9271; HMO Smit En Seun 1577.6395; Israel Saunders & Daniel & Jeano 1574.1151; Israel Saunders & Daniel & Jeano 1566.5902; HMO Smit En Seun 1541.0028; Israel Saunders & Daniel & Jeano 1536.0946 Hmo Smit En Seun 560 Wbu 13 Ch H 1533.9798; HMO Smit En Seun 1509.0390; Yt & Tuis 1506.4897; Israel Saunders & Daniel & Jeano 1505.8677; K Huister En Seun 1494.6101. Victoria Wes Ope 2: Yt & Tuis 1641.9265; HMO Smit En Seun 1627.4519; Israel Saunders & Daniel & Jeano 1611.3577; Hennie Bester & Johan 1602.8596; Hennie Bester & Johan 1589.1359; HMO Smit En Seun 1577.4613; HMO Smit En Seun 1572.6661; Hennie Bester & Johan 1572.0215; Yt & Tuis 1567.1424; Israel Saunders & Daniel & Jeano 1566.6783; Frikkie Bester 1563.6111; Hennie Bester & Johan 1551.8272; Steenekamp Lofts 1548.8713; HMO Smit En Seun 1533.3904; HMO Smit En Seun 1515.0952. Riebeek Vallei Victoria Wes Ope: Mentoor Hokke 1633.9714; Mentoor Hokke 1626.4067; Truter Hokke 1326.0175; Janco Lofts 1585.3754; Mentoor Hokke 1584.3712; Janco Lofts 1554.1573; Janco Lofts 1553.4521; Persens Hokke 1549.9434; Janco Lofts 1545.4749; Truter Hokke 1542.9610; Truter Hokke 1528.7398; Mentoor Hokke 1527.6635; Mentoor Hokke 1525.7921; Mentoor Hokke 1523.0782. Victoria Wes Jaaroud: Persens Hokke 1579.2450; Janco Lofts 1557.2502; T.I. Hokke 1543.2096; Mentoor Hokke 1519.1097; Alex Fam 1502.8134; T.I. Hokke 1490.8092; Truter Hokke 1485.9912; Truter Hokke 1485.9105; Persens Hokke 1474.6986; Mentoor Hokke 1472.8138; Janco Lofts 1462.2970; Janco Lofts 1460.5813; Janco Lofts 1444.7096; Mentoor Hokke 1444.6278. Klubrugby Never Despair: Never Despair klop Delicious met 15-8. Moorreesburg: Moorreesburg t Hopefield 20-20.

Die gewilde jaarlikse gholfderby tussen Moorreesburg en Malmesbury is oor twee naweke in Augustus gespeel. Hierdie toernooi het ‘n ryk geskiedenis en die vete is na ‘n lang breuk verlede jaar hervat en Moorreesburg het geseëvier. Hierdie jaar is die eerste been op 16 Augustus op Malmesbury gespeel en die gasheerklub het ‘n uitstekende oorwinning van 10 – 2 in die beurtspelle behaal. Die tweede been is op 30 Augustus op Moorreesburg gespeel en hoewel die Tiere hul beste probeer het, kon hulle nie die agterstand inhaal nie. Die dag se uitslag beloop 7.5 vir Moorreesburg en 3.5 vir Malmesbury. Dit het die totaal op 13.5 vir Malmesbury en 9.5 vir Moorreesburg te staan gebring. Baie geluk aan Malmesbury – op die foto oorhandig Maurice Carr, Moorreesburg klubkaptein, die wisseltrofee aan Koos Loubser, president van Malmesbury Gholfklub.

uitslae geborg deur


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.