courant swartland en weskus
dié
Uitgawe 286
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury
27 Augustus 2014
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Interskole-aksie
Die Hoërskool Swartland op Malmesbury het Saterdag in hul jaarlikse interskole teen die Blackies van Hugenote Hoërskool op Wellington te staan gekom. Dirigente Marieta Basson, Rossouw Koen, Kelly Hawtrey en Lushane Beeton het die Rockies van die kantlyn aangevoer. REGS: Wesbank Sekondêr het in hul stryd teen Proteus as die oorwinnaars uitgetree. Bevan Abrahams laat loop met die bal.
• KONSTRUKSIE NADER SWARTLAND
N7-projek vorder
Die Finale Omvangsverslag vir die voorgestelde verbetering van die N7 tussen Leliefontein plaas (km 43) en Abbotsdale (km 48) is tot 15 September ter insae vir kommentaar. Sanral (SA Nasionale Padagentskap) het vier verkeerstudies in 2008 en 2012 aangevra van die N7 tussen die Melkbos-kruising en Malmesbury om die moontlike behoefte vir opgradering te bepaal. Die studies het tot die slotsom gekom dat die behoefte bestaan om die pad teen 2015 te opgradeer van twee lane na vier lane. Fase 1 is die Melkbos-kruising tot by die Atlantis Suid-kruising (die Melkbos-kruising is in Junie vanjaar geopen); Fase 2 is die Atlantis Suidkruising tot by Leliefontein; en Fase 3 is Leliefontein tot by Hopefield-kruising.
Fase 3 is in drie dele verdeel. Die eerste is Malmesbury-Suid, plan twee is vir MalmesburyNoord en plan drie is vir die N7 van Leliefonteinplaas tot net noord van die Abbotsdale-kruising, waarvoor die huidige omvangsverslag is. Grondeienaars sal ‘n belangrike rol speel in die bepaling van die presiese ligging van die pad, veral deur Abbotsdale. Residensiële eiendom aan albei kante van die N7 aan die noordelike kant van Abbotsdale sal geraak word. ‘n Belangrike oorweging is toegang van vier groepe plaaslike grondeienaars: die Tierfonteinplase; Hillcrest-plase; die Leliefontein-kleinhoewes; en Abbotsdale en Abbotsdale-Wes. Twee moontlike kruisings word oorweeg, een in die omgewing van Tierfontein en die ander naby Ab-
botsdale. Die volledige verslag is tot 15 September beskikbaar by Malmesbury biblioteek; St Michaels Primêr, Abbotsdale (kontakpersoon mnr P Berling, 078 886 9246); kantore van CCA; en op die CCA webblad, www.ccaenvironmental.co.za (konsultant). Enige kommentaar moet gestuur word nie later as Maandag 15 September 2014 nie. Stuur aan Direktoraat Omgewigsimpak Evaluasie, Dept Omgewingsake, vir aandag: Me Portia Makitla;tel: 012 399 9411 of Makitla@environment.gov.za. DEA Ref No: 14/12/16/3/3/1/592. Of stuur dit na die konsultante, CCA Environmental: me Ena de Villiers; tel 021 461 1118; faks 021 461 1120 of ena@ccaenvironmental.co.za.
Sien interskole-aksie op bladsye 8 & 9
NUUS • NEWS
27 Augustus 2014