285 die courant 20 Augustus 2014

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

20 Augustus 2014

dié

Uitgawe 285

swartland en weskus

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

20 Augustus 2014

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Spesiale Interskole-uitgawe

• WESBANK REIS NA ATLANTIS

Onder: Keanon Smith en Uwa-Nita Willemse, onderskeidelik kapteine van Wesbank Sekondêr se eerste rugby en netbalspanne is slaggereed vir vanmiddag se stryd. Sien bladsy 17.

• SWARTLAND SPEEL WEG Bo: Stephan Borman (rugby), Karla Smit (netbal), Renelda Scholtz (meisiehokkie) en FC Truter (seunshokkie) sal Hoërskool Swartland se aanslag lei in Saterdag se kragmetings op Wellington teen Hugenote. Sien bladsye 14-16.

Interskole-koors: Rockies én Wesbank

Noem dit Interskole, noem dit Derby, maar vir die skole betrokke skole beteken dit spanning en bloedsweet, maar darem ook ‘n tyd van samesyn en genot. Hierdie week is die hoogtepunt van die kragmetings: Vanmiddag pak Wesbank Sekondêr en Proteus van Atlantis mekaar en Saterdag is dit Swartland teen Hugenote; asook Piketberg teen Porterville. Swartland en Hugenote speel op Wellington in hul 40ste kragmeting. Swartland het 14 keer gewen, teen Hugenote se 23. Twee was gelykop. Stephan Borman, o.19-rugbykaptein van Swartland, sê sy span is die beste in jare. “Ons sal julle nie teleurstel nie.” “Speel jou wedstryd asof dit jou heel laaste een is!” is FC Truter, 1ste span hokkiekaptein se raad. Renelda Scholtz, kaptein o.19-meisiehokkie: “Wen of verloor, sal ons as wenners van die veld afstap met ‘n glimlag op ons gesig.”

“Ek hoop dat elkeen die beste wedstryd van hul lewe sal hê,” wens Karla Smit, kaptein van die o.19A-netbalspan, almal toe. Wesbank en Proteus speel in Atlantis in die 19de derby vir die Tommie Engelbrecht-trofee. Wesbank het nege en Proteus tien van die derbys gewen. Porterville en Piketberg meet al sedert 2008 kragte. Chris van der Merwe, afrigter van Piketberg se o.19-rugbyspan, sê hy hoop hulle goeie span voorspelers sal die knoop deurhak. Die kaptein, Gysbert Dippenaar, sê hy en sy span wens die Bulletjies (Porterville) sterkte toe, want “hulle gaan dit nodig hê”. Karli Truter, kaptein van die o.19A-netbal, besig wyse woorde: “‘n interskolewedstryd is ‘n heel ander wedstryd. Niks wat vroeër in hierdieseisoen gebeur het, tel meer nie. “ Afrigter Iza Schreuder sê interskole was nog altyd ‘n groot, maar lekker uitdaging. “‘n Hele seisoen lank word daar voorberei,

maar op die dag sal dit afhang van die akkuraatheid van doele, spanwerk en die hantering van druk.” Intussen kan Hoërskool Dirkie Uys van Moorreesburg ‘n bietjie terugsit, nadat hulle kragmeting teen Jan van Riebeeck reeds verlede naweek plaasgevind het. Dirkie Uys wen die seunshokkie (3-0), gholf (7½ - ½), meisieshokkie (o.16 en o.14), netbal (o.19A, o.19C, o.19D, o.16A, 16.B, 16C, o.14A, 14B, 14C), debat (seniors), vasvra (110-38) en skaak (6 -0). Die o.19 A-rugby verloor 36-12. Vroeër die jaar was daar natuurlik ook die Classic Clashes, waar Schoonspruit en Piketberg die agtste keer teen mekaar te staan gekom het. Piketberg het met 32-26 gewen. Die aanloop na hierdie kragmetings is senutergend, maar die leerders, oudleerders, ouers en personeel sal dit vir niks ter aarde verruil nie. En saam met die wen kom daar nie net ‘n beker en trots nie, maar ook ‘n jaar se `brag’-reg.

Interskole-koors loop hoog op Malmesbury en ons by Pick n Pay Malmesbury staan bankvas agter ons twee skole! Sterkte aan die spanne van die Hoërskool Swartland in hul stryd met Hugenote Hoërskool. Rockies rock! Wesbank Sekondêr - ons hou duim vas vir jul kragmeting teen Proteus!

Hou die Swartland se naam hoog en inspireer met jul goeie sportmangees!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.