283 6 augustus 2014

Page 1

courant Uitgawe 283

swartland en weskus

dié

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

6 Augustus 2014

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

•tot 3 MAAL SWAARDER vir Veiliger paaie

Padboetes verhoog

Brons vir Ashleigh by Statebond Ashleigh Moolman-Pasio van Riebeek-Kasteel het ‘n brons medalje by die Statebondspele in Glasgow, Skotland, losgestrap vir Suid-Afrika. Lees meer oor Moolman-Pasio, Lean Simon en Anrich Philips, die drie Swartlanders wat hul land by dié byeenkoms verteenwoordig het, op bladsy 20.

Verhoogde verkeersboetes sal hopelik veiliger paaie en minder ongelukke verseker. Die WesKaapse Minister van Vervoer en Openbare Werke, Donald Grant, het die die nuwe boetes aangekondig wat vanaf 1 Augustus geld. ‘n Woordvoerder van die departement sê: “Ons verwelkom hierdie aankondiging, want dit verleen gewig aan die erns van verkeersoortredings wat oortreders in die verlede moontlik nie ernstig opgeneem het nie.” Oortredings word in drie kategorieë ingedeel: A is ernstige oortredings met boetes wat wissel van R1500 tot R5000; B is bestuursoortredings en wissel van R1500 tot R3000; C is minder ernstige oortredings, tussen R500 en R1500. Grant sê geen oortreding sal oorgesien word nie. “Padgebruikers moet versigtig wees vir drink en bestuur en spoed. Voetgangers word gemaan om ten alle tye sigbaar langs die paaie te wees. “Mense moet oppas as hulle op nat en gladde paaie ry, as daar swak sigbaarheid is en ook rus as hulle lang afstande bestuur.” Philip Humphreys, die direkteur beskermingsdienste van die Swartland Munisipaliteit het aan dié courant gesê: “Die boetes is verskriklik verhoog uitsluitlik om die motoris hopelik te dwing om die verkeerswetgewing te gehoorsaam, asook om ongelukke te verminder.” Hy het ‘n paar voorbeelde van die verhoogde boetes genoem: om ‘n stopteken te verontagsaam kan jou nou R1500 uit die sak jaag - drie keer meer as die vorige R500. Een gevaarlike praktyk wat al lankal op die rooilys is, is bestuurders wat op selfone praat terwyl hulle bestuur. Dit kan jou nou ‘n boete van R1000 uit die sak jaag. Boetes vir onpadwaardige voertuie is verhoog van R1000 na R3000. Ry oor ‘n rooi verkeerslig en jy kan jouself ‘n boete van R2000 op die hals haal. Bestuurders wat sonder ‘n bestuurderslisensie bestuur, sal R1500 moet opdok. Dit was voorheen R500. Motoriste wat onbedagsaam agter die stuur is, kan voortaan ‘n boete van tot R2500 op die lyf loop. Mense wat daarvan hou om die motor se wiele te laat tol (spin) of sleep (drag) kan nou met ‘n boete van R1500 sit. Waag dit op die pad sonder ‘n Openbare Bestuurslisensie en die gevolg kan ‘n boetekaartjie van R2500 wees. Is daar passasiers in die voertuig, skuif dit op na R3000. “Motoriste word vriendelik gevra om alle verkeerstekens en wetgewing te gehoorsaam,” het Humphreys aan dié courant gesê.

6 Augustus 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
283 6 augustus 2014 by DieCourant - Issuu