courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
Uitgawe 284
swartland en weskus
Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury
13 Augustus 2014
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Burgemeester skiet Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, het hierdie half-pond voorlaaier Saterdag afgevuur met die opening van die Veterane Trekker-ekspo op die Malmesbury skouterrein. Dit is ‘n replika van ‘n Britse Armstrong half-ponder wat aan boord van skepe gebruik is. Dit is met 880g loskruit gelaai. Die kanonstelsel is gebruik om burgers op te roep in geval van ‘n aanval. Die stelsel is in 1734 aan die Kaap begin en is die laaste keer in Januarie 1806 gebruik in die Slag van Blaauwberg.
• SPAIRS PAK WESBANK IN STRYD vir kansa
Rugby gaan pienk Never Despair en Wesbank pak mekaar Saterdag in die tweede Pienk Derby op die Wesbank Sportgronde. Die wedstryd word opgedra aan kankerpasiënte en dié wat dit oorwin het. Die hekke open reeds om 10:00. Toeskouers is ernstig vermaan om nie drank saam te neem na die stadion nie. Enige drank sal gekonfiskeer word. Never Despair se Kaza Pieters sê dit is vir hulle ‘n groot eer om dié derby weer aan te bied. Die klub se wortels lê diep in die gemeenskap en met hierdie geleentheid wil hulle bewys dat
Darling se goue meisie in China
hulle ‘n gemeenskapsklub is wat nie net omgee vir sy spelers en ondersteuners nie, maar ook vir die breë gemeenskap. Never Despair het self administrateurs en ondersteuners aan kanker verloor, en in die klub is daar ook lede wat kanker oorwin het. Die A-veld van die gronde sal in pienk getooi wees vir die geleentheid. Die pawiljoen, asook klubhuis en die rugbypale sal in pienk gedrapeer wees. Self die hoekvlaggies sal pienk wees. Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) sal pamflette aan die toeskouers uitdeel as deel
PHS bring kultuur op die planke
van hul bewusmakingsveldtog. Linte en lapel-wapens sal te koop wees, waarvan die geld gebruik sal word vir die bestryding en voorkoming van kanker. Voor die aanvang van die hoofwedstryd sal pienk ballonne losgelaat word. Never Despair het plaaslike sakelui gevra om die Pienk Derby te ondersteun, al is die donasie ook hoe klein. “Dit is vir ‘n goeie doel en ons wil graag die gemeenskap ondersteun,” sê Pieters. Kaartjies vir Saterdag is R10 vir volwassenes, R5 vir skoolgaande kinders en R10 vir voertuie.
HDU slyp tande vir interskole
13 Augustus 2014