282 30 julie 2014

Page 1

courant swartland en weskus

dié

Uitgawe 282

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

30 Julie 2014

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

•3 keer grootkampioene

Bobby ontspan met Khoi

Bobby Matthee by sy oorpronklike dam. INLAS: Van die kleurvolle Khoi-visse.

Khoi is die Japannees vir karp, maar vir Bobby Matthee beteken dit ontvlugting, ontspanning. Dié sakeman van Malmesbury het so ses jaar gelede met die eksotiese stokperdjie begin: “Dit was met my broer se begrafnis. Hy was ‘n ywerige duiweboer en ek het gesien hoeveel mense hom geken het. Ek het besef dat ek in my werk verstrik is, met geen tyd vir ‘n sosiale lewe nie.” Só het die gedagte van Khoi-visse by hom pos gevat. Aanvanklik het hy ‘n 8000 liter-dam gebou, maar hy het gou besef dit is nie wat hy wil hê nie. Sy sakeleuse: `as dit die moeite werd is om te doen, doen dit reg’, het hom by die beplanningstafel laat sit. As hy gaan Khoi aanhou, moet hy dit met die nodige kennis doen: “Ek wou groot Khoi hê en ek wou skou. Dus het ek besluit op wyfies, wat die grootste en kleurvolste visse is. Ek wou goeie visse hê, so ek het ‘n invoerder in Durban ontdek wat my visse uit Japan ingevoer het. “Omdat ek groot visse wou teel, het ek net tien in die dam. Die dam self is twee en ‘n half meter diep en bevat 32 000 liter water.

MHS-gebou verkoop aan Handelshuis

Dié dam is op sy voorstoep en het ‘n groot venster aan die sykant. Hier kan Bobby op ‘n gemaklike houtbankie sit en hom verlustig in die kleurvolle visse wat luiweg heen en weer in die helder, skoon water swem. Sy Khois wissel van 50 tot so 80 cm “Hulle kan ‘n meter en langer word, maar dan moet daar baie goeie gene wees.” Hy teel ook nie met die vis nie: “’n Mens het baie water nodig daarvoor. In Japan beslaan die damme baie hektaar. Jy kan uit miljoene vissies dalk net twee van goeie gehalte teel.” Bobby vertel dat die visse aan heelwat siektes blootgestel is. Veeartse kan ook nie regtig help nie: “Ons moes maar self leer. Die internet en video’s help baie.” Hy bedryf sy stokperdjie met dieselfde sorg wat hy aan sy supermark in Wesbank gee. ‘n Uiters moderne pompkamer verseker dat die dam se water heeldag sirkuleer. Suurstof is uiters belangrik vir die Khoi: “Maar omdat daar net tien visse in die groot dam is, is dit nie ‘n probleem, sou die krag afgaan nie.”

Bobby voer sy Khoi spesiale, ingevoerde kos uit Japan, maar hulle eet ook bruin rys. bruin brood, ertjies en pap. In die winter eet hulle minder as die in die somers en kan selfs tot ses maande sonder kos klaarkom. In Suid-Afrika is daar die SA Khoi-vereniging met skoue in die Kaap, Durban, Johannesburg, Bloemfontein en Oos-London. Bobby het deur die jare verskeie bestuursposisies beklee, tot sy sakeverpligtinge teveel geword het. Bobby het lank geskou in die Kaap en George. Hy beskou dit as ‘n hoogtepunt dat hy vir drie jaar kampioene, die Grand Champions, by albei dié skoue gelewer het. Vandag skou hy nie meer nie, hy wil net agteroor sit en sy visse geniet. Deesdae is Bobby ‘n bekende op sosiale forums, hy het ‘n webblad en Khoiboere uit Japan, Amerika, Engeland, Australië en Nederland het al hier op Malmesbury kom draai. “Die bedryf het baie duur geword, nou is dit meer vir persoonlike ontspanning. Miskien sal ek my visse vir iemand anders leen om te skou, maar ek is nou tevrede om hulle net te geniet.”

Wesbank nou tweede op leer

Swartland raak groen vir ekspo

30 Julie 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.