281 23 julie 2014

Page 1

courant swartland en weskus

dié

Uitgawe 281

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

23 Julie 2014

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Die voormalige Springbokafrigter, Pieter de Villiers, het die gemeenskap van Chatsworth besoek en dié dorp se jeug toegespreek oor alledaagse praktyke en gebruike. Hy het hulle aangemoedig om hul ouers en ander te respekteer en te hanteer soos hulle behandel wil word. Foto: Derick Young

Springbok-inspirasie •R7 miljoen - eerste hokkie in maart

Streek kry nou Astro

‘n Lang pad, talle vergaderings, slim onderhandelinge, hoë en lae hekkies en ‘n slaggat in die pylvak later, kry die Swartland en Weskus nou ‘n astro turf-hokkiebaan. Die koste van die hele projek en aanliggende straat beloop ongeveer R7 miljoen en behoort die eerste wedstryde teen Maart 2015 op die kunsbaan langs die Hoërskool Swartland (HSS) op Malmesbury se Huis van Imhoff plaas te vind. Joggie Scholtz, Swartland munisipale bestuurder en voorsitter van die HSS se beheerliggaam, het Maandagaand die aankondiging in die skoolsaal gedoen en vertel dat dit ‘n droom is wat nou realiseer. ‘n Deel van die projek sal befonds word met’n bedrag van R3 miljoen wat met onderhandelinge van die provinsie se onderwysdepartement na sport geskuif is om hier te belê. Dié ooreenkoms met die Wes-Kaapse Provinsiale Sportkonfederasie is Vrydag op Mandeladag onderteken en is ‘n eerste van sy soort waar geld op dié manier deur die plaaslike munisipaliteit gekanaliseer word, juis omdat die Swartland Munisipaliteit ‘n bewese goeie oudit-rekord het. Die vier partye in die projek is HSS, SM, provinsie en Saskok. Die fasiliteit is vir die Weskusstreek en sal deur ander inwoners van die streek gebruik kan word teen ‘n vasgestelde uurlikse fooi. Omdat HSS bydra en die bestuur van die fasiliteit han-

teer, sal die skool voorrang geniet. ‘n Komitee wat die fasiliteit bestuur, sal bestaan uit verteenwoordigers van dié vier partye. Scholtz vertel dat hy in die onderhandelinge die boodskap aan provinsie en premier Helen Zille moes oordra oor hoekom die platteland ontvolk, diskriminasie teen plattelandse skole met gepaardgaande verlies aan plaaslike ekonomiese ondersteuning en hul versoek het om ‘n vennoot te word tot die oplossing van voormelde probleem, deur ‘n finansiële toekenning vir ‘n astrobaan aan Hoërskool Swartland. ‘n Verdere deel van die projek (R2 miljoen) word deur die Swartland Munisipaliteit befonds. Die burgemeesterskomitee het verlede week die finale goedkeuring gegee vir die herbou van ‘n gedeelte van Hillstraat wat op die planne ‘n belangrike skakelpad is vir toekomstige aansluiting by Barlinkastraat. Dit sluit die ontwerp van Beroccastraat in. Die drieledige tenderproses vir die totale projek deur die munisipale bodkomitee sal nou ‘n aanvang neem en daar word verwag dat die werk in Oktober sal begin. Scholtz het gesê: “Ons almal het keuses, maar die vraag is of ons doeners of praters is en of ons, onsself skuldig maak aan die kantlyn-benadering, waar ons alles wil hê, maar nie bereid is om self iets te doen nie.

“My (en my vrou, Reinette, se) keuse, (ná aanbiedinge) in 2011 was om ons kind hier te hou, en te poog om die drome, plaaslik te laat realiseer. Die realisering hiervan het weliswaar langer geneem, en ek was dikwels op moedverloor se vlakte.” Hy het ook vertel van aansoeke vir Lotto-geld vir die projek, waarop tot dusver geen ontvangserkenning ontvang is nie. Die skool se beheerliggaam het R800 000 bewillig vir die projek vir die aankoop van en lê van ‘n tweedehandse mat. Gert van Staden het vertel van sy rol om vroeër vanjaar ‘n tweedehandse mat in Nederland aan te koop teen ongeveer R380 000 en die lang proses om dit deur te voer asook die slegte nuus onlangs dat ‘n plaaslike matvervaardiger ‘n stokkie gesteek het voor die invoer van dié mat. Die tweedehandse baan is dus nou van die baan, maar dit word waarskynlik aan die Windhoek Afrikaanse Privaatskool verkoop. Die matvervaardiger het nou onderneem om ‘n nuwe mat te voorsien teen ‘n afslagtarief en word daar nou ‘n addisionele bedrag van ongeveer R1,2 miljoen benodig. Aksies om geld in te samel, is reeds van stapel gestuur. Onder meer om die 60 000 m² in blokke van 5m² aan donateurs te verkoop teen R1000. Hou die courant dop vir hierdie projek. Sien grafika bl 3.

23 Julie 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
281 23 julie 2014 by DieCourant - Issuu