courant
dié Gratis • Free
swartland en weskus Uitgawe 277
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
hugenotestraat 24, malmesbury
25 Junie 2014
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Massadans vir Vrede in SA Gwendoline neem op:
Gwendoline Kriek van Malmesbury het Maandag ‘n liedjie vir haar nuutste geestelike kinder-DVD opgeneem met die hulp van die junior leerders van Laerskool Swartland. Die liedjie ‘Vrede in SA’ word gesing in Afrikaans, Engels en Xhosa en sal op ‘Gwendoline en die Bet-el-kids het Vrede’, te hoor wees. Sy werk tans aan haar vierde CD en haar tweede kinder-CD met DVD.
•sirkels kan vloei in malmesbury verbeter
Hoër verkeer bekyk ‘n Indringende studie oor die veranderende verkeersituasie om die Dieprivier, Bokomoweg en Voortrekkerweg in Malmesbury gaan deur die provinsiale regering befonds word. Loedolfstraat langs die Dieprivier is deesdae ‘n miernes van bedrywighede met die nuwe kampus en hoofkantoor van die Weskus Kollege wat daar gebou word. Een gedeelte is reeds betrek. Meer wes is die pasvoltooide silo’s van Sasko ook besig om die verkeersvloei op Bokomoweg te verhoog, terwyl die datum om die brug en wisselaar by die N7/Bokomoweg-kruising te bou, naderkruip. Dit laat die vraag ontstaan op watter manier die infrastruktuur dié verhoogde aktiwiteite moet dra of aangepas word. “Ons gaan oral meer sirkels kry”, het burgemeester Tijmen van Essen Maandag aangedui. Minstens drie sirkels word tans beoog vir Voortrekkerweg: by die Rozenburgweg-aansluiting (by die nuwe McDonalds), by die beoogde nuwe Fordstraatkruising (wat straks verlê word) én later by die Piketbergweg-aansluiting. “Ons werk met ‘n toekomsvisie en moet voortdurend verder dink as bloot die volgende stap – en maklike kitsoplossings is daar nie. “Die ondersoek sal geweldig baie kwessies
moet insluit.” Onder hulle tel: Die voorgestelde sirkel wat die verkeer vanaf Rozenburgweg (en Smutsstraat vanaf die oos tekant) oor die brug na die dorp moet voer. Die kwessies waaroor hier besin moet word, behels vrae soos of die sirkel ‘n enkel- of dubbelbaan sal wees. Vorige studies het ‘n ekstra baan vir voertuie oor die brug voorgestel, om drie verkeersbane te huisves. Twee bane sal dorp-in ry en een baan Suid, dorp-uit. Die brug kan veilig verbreed word deur die huidige voetgangerbane se oppervlak te omskep tot gelyk met die huidige ryvlakke, dit te versterk en dan die pad-opper vlak in drie bane te verdeel. Weerskante van die opgeknapte brug kan staalstrukture gehang word om veilige voetgangerbane te skep. “As die Dieprivierbrug op dié manier omskep word, sal die belastingbetaler ongeveer R7 miljoen spaar vergeleke met ‘n ekstra brug,” het Van Essen aan die courant gesê. (Dié brug van ongeveer 60 jaar het steeds geen naam nie.) Weens die verkeersimpak van die nuwe McDonalds, is daar ooreengekom dat dié ontwikkelaar wel bydra tot die bou van onder meer die beoogde sirkel. Studies oor die huidige verkeer en projeksies van toekomstige verkeer rondom
dié kitskos-winkel, het aangedui dat McDonalds uiteindelik ongeveer 20% vir die bou van die sirkel sal moet bydra. In Loedolfstraat is aanvanklik beoog om slegs die onderste gedeelte vanaf die verkeerslig ‘n tweerigtingbaan te hou vir toegang tot by die parkeerterrein net oos van die nuwe Kollege Hoofkantoor (ou Roelcor-gebou). Die deel van Loedolfstraat tot by Piet Retiefstraat sou dan eenrigtingverkeer in ‘n westelike rigting dra. Intussen wek die verkeer van veral vragmotors vanuit Piet Retiefstraat kommer oor die studente se veiligheid, sodat die vraag al meer opduik of die straat nie vir gewone verkeer gesluit moet word en dit dan net ‘n staproete raak nie. Die wandelpad wat rivierlangs gebou moet word ná die voltooiing van die Weskus Kollege, is steeds ‘n voorwaarde vir dié ontwikkelings. Indien swaar voertuie nie meer deur Loedolfstraat kan ry nie, kan ‘n glipbaan by die Piet Retief- en Voortrekkerweg-kruising ondersoek word. Die ondergrondse watervoor daar sal dan ook versterkte beton-oppervlakke noodsaak. Verkeerstudies sal ook oor die sinchronisasie van die nuwe verkeersligte by die Bokomoweg en Hoogstraat-kruis met die Dieprivierbrug-verkeer gedoen word.
25 Junie 2014