Skip to main content

25 julie 2012 die courant 183

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 183

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

25 Julie 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

Kruisings op N7 beveilig

Moderne opritte na Melkbos, Atlantis

‘n Plan om die gru-ongelukke op die N7 tussen Kaapstad en die Swartland te verminder, is op dreef met die bouwerk aan ‘n dubbelpad-snelweg en die die aanbring van moderne af- en opritte met glipbane by die Philadelphia- en Melkbos-kruisings in volle swang. Twee Swartlandse boervroue was juis die afgelope twee weke in twee ernstige ongelukke naby hierdie afritte betrokke. Luidens ‘n mediaverklaring van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), is in ‘n studie bevind dat die skerp verkeerstoename op die N7 toe te skryf is aan die sterk groei in ekonomiese aktiwiteit in Kaapstad se noordelike dele, veral dan Malmesbury, Melkbosstrand en Atlantis.

Die gedeelte van die N7 wat tans opgeknap word, dra daagliks 8000 voertuie, volgens Randall Cable, ‘n woordvoerder van Sanral. Die eerste fase van die Goodwood projek, wat reeds aan die gang is, behels die bou van ‘n dubbelbaan wat uiteindelik vanaf Kaapstad tot by Malmesbury sal strek, en twee moderne snelweg-kruisings by onderskeidelik die Melkbosstrand-kruising op die N7 en die Philadelphia/Atlantis-kruising, ook op die N7. Dit sal onderskeidelik diamant- en halweklawer-wisselaar-ingenieursontwerpe wees.

Melkbos

Malmesbury

Toekomstig

BO: ‘n Voorstelling van die nuwe Melkboskruising. Die Philadelphia/Atlantis-kruising sal soortgelyk verander word.

Werker van die Jaar Die Swartland se Plaaswerker van die Jaar, Johannes Engelbrecht van die plaas Org de Rac naby Piketberg, en Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou, by die bekroningsgeleentheid. Nog foto’s op bl. 8 en 9 van die geleentheid en lees ook berig oor Engelbrecht op bl. 9. Engelbrecht het ook in die middelbestuur-kategorie gewen.

Gedurende die tweede fase sal die N7 verdubbel word vanaf die Philadelphia/Atlantiskruising tot by die plaas Leliefontein. Daar is ook reeds begin met die verkryging van ingenieursdienste vir die derde fase, wat die verdubbeling van die N7 tussen die plaas Leliefontein en Malmesbury, en die modernisering van die Hopefield-kruising behels. “Die N7 sal uiteindelik ‘n dubbelpad-snelweg wees vanaf die N1 in Kaapstad tot by Malmesbury, wat dié hoofweg se dravermoë en veiligheid vir motoriste beduidend sal verbeter,” lui Sanral se verklaring. Die kontraktermyn beloop volgens die verklaring 30 maande en die werk sal na verwagting in November 2014 voltooi word. Tot dan kan padgebruikers verkeersontwrigtings en –vertragings weens die padbouwerk te wagte wees. Die kontrakwaarde van die eerste fase, dit is die opgradering van die N7 tussen die Melkbos strand- en Atlantis-kruisings, sal na verwagting nagenoeg R350 miljoen beloop. Sanral het ‘n beroep op motoriste gedoen om uiters versigtig te wees, veral terwyl die glipbaan-afritte en –opritte by die Melkbosstrand- en Atlantis-kruisings in aanbou is. Ten einde die omgewing te bewaar is spanne tans besig om sensitiewe en skaars plantegroei te identifiseer en te verwyder. “In sommige van die bogrond is saad van hoogs bedreigde fynbos-plantspesies, wat elders bewaar sal word.”

Swartlander jaag Sondag by Olimpiese Spele Ashley Moolman-Pasio, Riebeek-Kasteel se Olimpiese fietsryer, sal Sondag vanaf 12:00 as deel van die Suid-Afrikaanse fietsryspan aan die vroue-padren in en rondom Londen deelneem. Woensdag spook sy vanaf 12:30 sake uit vir die indiwiduele tydren. Omdat sy reeds Sondag deelneem, sal sy baie moontlik die openingseremonie Vrydag misloop. Sien www.london 2012.com vir meer inligting.


courant

die

2

Kom ons doen ons deel

Die courant gee vandeesweek goeie aandag aan die welwillendheid van die mense van die Swartland, wat op 18 Julie behoorlik gemobiliseer was om oor ‘n wye spektrum goed te doen aan diegene rondom hulle. Behalwe daarvoor dat baie van dié goeie dade nooit aan die groot klok gehang is nie, soos Moeder Theresa dit sou doen, vind ons dit baie motiverend om te sien hoé baie sektore in die Swartland bereid was om tyd, geld en energie aan hul medemens af te staan. Die keersy hiervan is, soos met Kersfees, dat dié gesindheid ook met vrug as ’n lewenswyse aangekweek kan raak en nie net tot een dag beperk hoef te word nie. Niemand hoef letterlik langer as ‘n uur daagliks iets vir iemand anders te beteken nie, en min van ons kan elke dag dieselfde hoeveelheid geld of tyd afstaan, maar ons belangstelling en vriendelikheid kos tog niks en dit kan beslis ‘n lewenswyse raak om dié eienskappe uit te leef. Dink net watter verskil dit sal maak as almal dié gesindheid van goed-doen begin nastreef! Want, of ons dit besef of nie, is elkeen van ons vir iemand ‘n rolmodel. Madiba sou sekerlik nie jare gelede kon voorsien watter effek sy positiewe lewenshouding op die land se mense sou hê in 2012 nie, net so kan ons ook nooit raai wat sal die gevolge wees van ons optrede van vandag en môre nie. Onthou dus Nelson Mandela se woorde: “We must use time wisely and forever realize that the time is always ripe to do right.”

courant nuus

25 Julie 2012

‘Onmoontlik om te sê’ wanneer besluit oor sentrum-appèl kom Die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, het nog nie ‘n besluit geneem oor die aansoek vir die Malmesbury Mall, ofte wel die oprigting van ‘ n winkelsentrum langs die N7 by die dorp se noordelike uitgang. Die kwessie is sowat ‘n jaar gelede na die minister verwys, maar daar is tans ‘n appelproses aan die gang. Bredell se woordvoerder, Peter Pullen, het by navraag soos volg per e-pos geantwoord: “Soos u bewus is, het die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning die aansoek vir die voorgestelde winkelsentrum in Malmesbury afgekeur. Die applikant het ‘n appél teen hierdie besluit by Bredell ingedien. Appélprosedures ingevolge die regulasies skryf bepaalde prosesse voor wat gekoppel is aan bepaalde tydskale. “Eers nadat hierdie tydperke verstryk het, kan die minister

versoek dat die appél hersien word. Die appél is tans onder hersiening van die minister se appéleenheid. Sodra hierdie proses afgehandel is, sal ‘n finale voorlegging aan die minister gemaak word, waarna hy dan die appél sal oorweeg. In oorweging van die appél mag hy nog addisionele inligting aanvra of ‘n appélpaneel aanstel om spesifieke aangeleenthede te ondersoek. “Sodra die minister moontlike addisionele inligting ontvang het, of die verslag van ‘n moontlike appélpaneel, sal hy binne 90 dae ‘n appélbesluit neem.” Die applikant is op hoogte van die status van die appél.” Jaap de Villiers, wat die Malmesbury Mall-proses in Bredell se kantoor bestuur, het aan die courant gesê dit is onmoontlik om te sê hoe lank die proses nog gaan duur voordat Bredell ‘n besluit kan neem.

Wesbank kroon sy mooistes

Kontak die courant by 022 487 3221 Faks: 086 699 6276; Redaksie - epos: redaksie@diecourant.co.za Advertensies - epos: admin@diecourant.co.za Rekeninge - epos: accounts@diecourant.co.za www.diecourant.co.za

dis goeie nuus deur: Dr. Andrew Bosman

Onsekerheid en vrees Onsekerheid plaas ons fokus op die probleem. Jesus sê aan Jairus dat hy nie moet vrees nie, maar moet glo. Josef het sy drome aan sy broers en sy vader vertel. Sy vader Jakob het aan hom gevra wat se soort drome droom jy? Dat jou vader en jou moeder en jou elf broers voor jou moet buig? Sy broers het hom daarvoor gehaat en verkoop toe hulle in die veld besig was om skape op te pas. Dertien jaar later is Josef as onderkoning aangestel in Egipte. Sy broers het by hom kom koring koop en het hulle voor hom neergebuig. Selfs nadat hy hom aan hulle openbaar het, was hulle steeds vir hom bang. Na hulle vader se dood, het Josef se broers gevrees dat Josef hom op hulle sal wreek vir al die kwaad wat hulle hom aangedoen het. Josef antwoord vriendelik, moet nie bang wees nie, julle het kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede beskik, wees dan nie bevrees nie. Sy broers het as gevolg van hulle verkeerde dade nooit die vrede verstaan dat Josef hulle vergewe het nie.

WESBANK SE MOOISTES: Hierdie leerders van Wesbank Sekondêr op Malmesbury het ingeskryf vir die Mnr en Mej Wesbank-kompetisie wat op 2 Augustus by die skoolsaal sal plaasvind. By die leerders op die foto is die leerkragte wat met die reëlngs gemoeid is: Gizelle Koopman, Nicole Adams en Cindy van Schalkwyk.

Leander beplan massakoor vir Swartland Adam Leander, koorleier van die VGKkoor op Malmesbury, het ‘n missie. Dit is om ‘n gemeenskapskoor, oftewel massakoor, vir die Swartland te stig. “Ek het ‘n passie vir musiek. “Dis ‘n gawe wat die liewe Vader my gegee het en ek wil graag my kennis deel,” sê Leander. Die VGK-koor neem die afgelope vier jaar onder leierskap van Leander aan die Suidooster-fees se kore-kompetisie deel en het vanjaar ‘n silwermedalje ingepalm. Hulle het ook vanjaar ‘n manskoor ingeskryf wat ook ‘n silwermedalje met 85% gewen het.

Leander wil graag ‘n koor oor die verskillende kerk-grense heen stig en sodoende meer koorlede die geleentheid gee om aan die Suidooster-fees deel te neem. Leander is al by kore betrokke vandat hy 17 jaar oud is en het destyds met die opening van die Wesbank Gemeenskapsaal gesing onder leiding van koorleier Denzil April wat ook destyds ‘n onderwyser by Schoonspruit Sekondêr was. Belangstellendes kan Leander bel by tel. 022 486 5198 (kantoor-ure) of 074 405 4566 om ‘n navraag te rig. LINKS: Adam Leander


courant nuus

25 Julie 2012

3

!Kwa ttu beywer vir San-kultuur By !Khwa ttu naby Yzerfontein het nege jong San-leerders verlede week hul sertifikate ontvang ná ‘n nege-maande opleidingstydperk by dié sentrum. Hierdie is die vierde groep mans en vroue uit Botswana, Namibië en die noordelike dele van Suid-Afrika wat sedert 2008 hierdie opleiding kry. !Khwa ttu is ‘n opleidings- en kultuursentrum wat sedert 2000 een doel nastreef: Om die kultuur en intellektuele eiendom van die San te laat herleef en te beskerm. Met die hulp en advies van tradisionele San en Boesman-

By dié geleentheid het !Khwa ttu afskeid geneem van die antropoloog Magdalena Borman (links) en botanis Axel Thomas (middel), met hul terugkeer na Duitsland. Petrus Vaalbooi, raadgewer uit die Kalahari (tweede van links) het Thomas en Borman geloof vir hul werk onder die San van Suider-Afrika. By hulle op die foto is die direkteur van !Khwa ttu, Michael Daiber en die voorsitter van die Ubuntu-stigting, Irene Staehelin (regs).

mense en finansiering uit Switserland, is !Khwa ttu in 2006 amptelik geopen en sedertdien is 40 jongmense hier opgelei en bemagtig om nie net hul eie kultuur weer te laat herleef nie, maar ook die gasvryheidsbedryf en werk as gidse baas te raak, en om dit te benut wanneer hulle terugkeer huistoe. !Khwa ttu beteken ‘waterpan’, en is in samewerking met mense soos Petrus Vaalbooi van die Kalahari, die antropoloë Magdalena Borman en Irene Staehelin en Axel Thomas, ‘n botanis, geskep.

Bo is die nege leerders wat middel Augustus terugkeer huis toe, besig met ‘n tradisionele dans Agter van links: Robert Swartz, Ben Makwa, Xomae Xing, Simon Kazibe en Raymond Kumbo. Voor: Itibiseng Motsokwe, Mmoloki Mogomotsi, Kabathukutha Qonako en Morica Qomma.. Voorste ry (link na regs) Itibiseng Motsokwe, Mmoloki Mogomotsi, Kabathukutha Qonako en Morica Qomma.

SWL772

Deon Boshoff (middel agter) van Nashua Paarl en Weskus was verlede week die spreker by die Malmesbury Sakekamer se ledevergadering. Boshoff het gepraat oor tegnologie van die verlede tot die toekoms. Saam met hom is Lené Conradie (Conradie Besproeiing), Thys Cronje (RSA Agrimakelaars en ondervoorsitter van die Malmesbury Sakekamer), Debbie Swart (Malmesbury Superspar), Wessel Bardenhorst (Pick n Pay) en Martin van der Merwe (MSM).

Agri-Roete

WEN STORIE: JULIE 2012

Daar is wynroetes, olyfroetes en vele ander maar Swartland het ook hul eie Agri roete. Daar is 4 plase wat besoek word gedurende die dag en dis ’n geleentheid wat die hele gesin sal geniet. Berei jou voor op ’n skattejag. wynproe, piekniek (en poeding!), staproetes, tuisgebak, besoek aan ’n melkery waar die kinders diere kan voer en nog vele meer. Jy kry ’n kaart om jou te help en oral sal jy verwelkom word soos net die Swartlanders kan! Die plase wat aan die Agri Roete behoort is Rondomskrik, wat ook die begin punt is, Spekulasie, Goede Hoop en Tweekuil. Aanwysings: Noord-Wes van Malmesbury, 7km vanaf die N7 op die R45 na Hopefield/Vredenburg 33 grade 22’ 33” Suid 18 grade 39’ 11” Oos of Suid 33.3766 Oos 18.6534 Bespreek teen die voorafgaande Woensdag by: info@rondomskrik.co.za

SWL781

Vir meer mySwartland stories, besoek www.myswartland.co.za

Spesiale aanbieding is by die Kelder: Koop ’n bottel Hanepoot, Rooi Jerepigo en Port teen slegs R119 en kry ’n antieke porselyn kraffie gratis! (Terwyl voorraad hou) Nie te koop aan persone onder die ouderdom van 18. Geniet verantwoordelik.


courant nuus

4

SUBARU XV CROSSOVER A HIT!

It is so different in design from its stallmates new and modern - but still, it has all the qualities you would look for in a full bred Subaru. Their new XV crossover offers athletic looks and class-leading ground clearance of 220mm, which in combination with the signature Constant Symmetrical All Wheel Drive system and Boxer Engine layout, offers a driving experience that has been reserved for full-fledged, larger SUV’s. The brand positioning for the new XV has evolved to align with the Brands’ core philosophy (Confidence in Motion) to that of Confidence on all terrain - the ideal car in which to explore and enjoy city life. Young-at-heart trendsetters want a stylish vehicle in which to cruise the boulevards; and the XV certainly fits the bill in this regard. Now, take the XV off-road and only then you will experience this car to the full. Handling muddy rough gravel roads like a piece of cake. The XV’s innovatively designed 17” dual tone aluminium wheels convey a real sense of depth while remaining fashionably urban. The interior is both roomy and luxurious; experts agree that the XV’s interior is one of the most stylish to ever emerge from the Subaru stable. It’s surprisingly spacious. In typical Subaru fashion, all-round visibility is nothing short of

25 Julie 2012 superb. The cargo area, which has been completely redesigned, is considerably more spacious and accessible. There is a sunroof fitted as standard with both tilt and slide options. The XV boasts an advanced information and entertainment system. The high-grade MultiFunction Display (MFD) provides a host of information such as fuel consumption but also a new, innovative drivetrain layout that gives the status of each wheel and the direction of the front wheels. A reverse camera is standard on both models. The front passengers can independently adjust the required temperature with the dual zone climate control. The XV is powered by a 2,0-litre four-cylinder DOHC petrol engine, which delivers class-leading fuel efficiency. This highly responsive powerplant, which boasts lots of low-down torque, delivers 110 kW of power at 6 200 r/min and 196 Nm of torque at 4 200 r/min. Subaru’s legendary Vehicle Dynamics Control (VDC) system is, of course, standard – as is ABS with EBD and BAS. There are 7 airbags in total. In inimitable Subaru fashion, the new XV boasts an arsenal of leading-edge technology – not least of which are the Constant Symmetrical All-Wheel-Drive system and advanced Subaru Dynamic Chassis Control Concept. Price for the new XV is: XV 2.0 Manual: R329 000 and XV 2.0 CVT: R339 000. It comes with full Maintenance Plan of 3Yrs/75 000 km and Warranty of 3Yrs/100 000 km.

Ploegdag 2012 in beeld REGS: Die modder het vir ‘n lekker speelplek vir die ploeë gesorg.

BO: Rheede-Marais, Philip en ma Anneke Brandt het die ploegdag geniet. LINKS: Thom Orchard (Malmesbury Toyota), Andries Steyn (JB’s Nissan), Ian Badenhorst (JB’s Nissan), Jan Steenkamp (Perdeberg Motors), Koos O’Kennedy (Malmesbury Toyota) en Andrew Travers het die ploegdag in die reën aangepak.

LINKS: Al die ou bekende trekkername het weer by die ploegdag opgedaag.

Die jaarlikse Swartland Veterane Ploegdag het Saterdag nie vir die reën en koue geskrik nie en steeds ‘n groot hoeveelheid belangstellendes gelok. Diegene wat pryswenners op die dag was, is soos volg: 1. Oorspronklikste trekker (ongerestoureerd) Jannie Slabber met sy John Deere 70 1954 2. Oorspronklikste trekker (gerestoureerd) Pieter Roux met sy McCormick B450 1960 3. Mees entoesiastiese deelnemer - Freddie Truter met Vaaljapie 4. Ploeër van die dag - Frikkie van Heerden met sy John Deere 70

5. Mees entoesiastiese deelnemer (vrouedeelnemer van die dag) - Ilona Bruwer 6. Mees entoesiastiese deelnemer (meisie) Nilene Truter 7. Mees entoesiastiese deelnemer (seun) - FC Truter 8. Mees hulpvaardige deelnemer - Freddie Truter 9. Vuilste Trekker - Johan Hugo met Farmall Super BMD 1954 10. Vuilste Trekkereienaar - Thinus Bester 11. Mees uitsonderlike inskrywing - Freddie Truter met Vaaljapie met Tracks 12. Veteraan Motor van die dag - Landrover CK

42614 13. Oorspronklikste kleredrag - Christoff Kotze 14. Mooiste trekker (Ope klas) - Pieter Roux met McCormick B450 1960 15. Lelikste Trekker (ope klas) - Fanie Basson met Muir Hill 1972 16. Sukkelaar van die dag - Fanie Basson 17. Oupa van die dag - Henry Warnich 18. Geit van die dag - Ferdinand J van Rensburg 19. Deelnemer wat die verste gekom het Gerick Vercueil 20. Plaaseienaar - Pieter Visser - Tip Trans 21. Deelnemer wat die meeste in die modder vasgeval het - Pieter Theart (7 keer).


25 Julie 2012

courant nuus

5

Nog altyd TOPS

EN verbind tot die Gemeenskap Malmesbury Superspar het verlede week die vreugdevure hoog laat brand toe ons weer eens verskeie pryse ingepalm het by die Wes-Kaapse toekennings van die Spar-groep. Nie alleen is Malmesbury Superspar Donderdag by die toekennings in Phillippi weer as een van die groep se TOP-winkels in die Wes-Kaap met die Ladder of Success-toekennings aangewys nie, maar het ons ook etlike ander pryse ontvang. Die sertifikaat vir voedselveiligheid, higiëne en netheid waar Malmesbury met ‘n gemiddeld van 90% presteer het, was maar die begin. Daar was ook die DERDE plek vir die beste Groente en Vrugte-afdeling

in 2012 asook twee EERSTE plekke in die Wes-Kaap vir onderskeidelik die beste Warm Voedsel- en Deli-afdeling in 2012 en die Beste Slaghuisafdeling in 2012. Malmesbury Superspar is en bly daartoe verbind om deurlopend die standaarde van Goeie Diens, Kwaliteit en Pryse te handhaaf. Ons deurlopende spesiale aanbiedinge en spesiale afslagdae op Woensdae en Donderdae, sonder om op kwaliteit en diens prys te gee, is ‘n bewys van die erns wat ons maak met ons voorneme om die gemeenskap wat ons ondersteun, met volgehoue oorgawe te dien. Ons wil ook ons getroue klante bedank vir jul ondersteuning en dit vir ons help moontlik maak om die standaarde hoog te hou. Die eienaars, Albie en Des

1ste Plek Rosie Syster, Deidre Idas, Elsabé Hurst, Elise van Wyk, Irene Daniëls, Mildred Goede, Caroline Croy, Suzette Samson, Rozane Fransman, Ruby Combrink en Charmain Witbooi.

90%

1ste Plek

Debbie Swart, Patricia Sonandi, Lezaan Maree en Juliana Scholtz en Sophia MadlinBeauty Ndleleni. gozi.

3de Plek Maria Bolsen, Janine Paulse, Lezerye Bocks, Ilene Swartz, Jo -anne van Rooy, Janine Gysman, Anene Apollis, Cathrine Ntleko, Julia Mngese en Sameul Fani (voor).

Malmesbury SuperSpar Bruin en Wit Brood In-store - 700g R4-99 elk

Stewing Beef Bulk R39-99/kg

1ste Plek Frans Adoons, Dirk Oosthuizen, Marsha Jansen, Beverly Williams, Megan Cleophas, Ilse Hendriks, Johanna Julies, Katriena Maarman, Berenice Davids, Anna Jacobs, Spasie Wiliams en Gareth Owies.

Piesangs Bananas Loose R5-99/kg

Aartappels Eerste Graad 7kg-sakkie R24-99 elk


nuus courant

6

25 Julie 2012

Drie kandidate in Wyk 6 aan die woord Aanstaande Woensdag, 1 Augustus, is stemdag in die plaaslike verkiesingstryd in Wyk 6, wat Darling-Oos en omgewing insluit. Die kiesers moet hul kruisies trek langs die naam van die DA-kandidaat, Michael Rangasamy, of die PAC-kandidaat, Deon Olivier, of die ANC-kandidaat, Carol Adams. In die vorige verkiesing, wat net meer as 14 maande gelede op 18 Mei 2011 gehou is, was daar 2692 geregistreerde kiesers, waarvan 2079 hul stemme uitgebring het, wat neerkom op ‘n stempersentasie van oor die 77%. Destyds het die DA geseëvier met 1422 stemme, byna drie keer meer as die ANC se 502. Kleiner partye wat toe ook in die wedloop was, maar nie hierdie keer deelneem nie, was Cope met 123 stemme, die ACDP met 16, Tpico met 8 en die VF Plus met 8. Die courant het dieselfde lys vrae aan al drie kandidate voorgelê. Hulle het soos volg daarop geantwoord.

Carol Adams van die ANC

Swartland Munisipaliteit? Ons grootste uitdagings is werkloosheid en die voorsiening van behuising aan ons mense deur die Swartland Munisipaliteit. Dienste word gelewer aan die ryk areas soos Yzerfontein en Malmesbury terwyl arm gebiede nie bedien word nie. 4. Wat is die grootste uitdagings in Wyk 6? Wyk 6 is een van die armste wyke in Swartland met ‘n hoë werkloosheidsyfer en geen ontspanningsfasiliteite vir ons kinders nie. Met die gevolg dit lei tot enorme sosiale afwykings en uitdagings wat deur Swartland Munisipaliteit misgekyk word. Ons kan saam meer vir die mense van Darling doen. 5. Wat is u boodskap aan die kiesers van Wyk 6? As ek deur die strate en plase van Wyk 6 beweeg lyk dit of my mense moed opgegee het en hul reaksie is dat van ons mense het hulle verkoop vir ‘n bord lensiesop dus vertrou hulle nie meer enige party se verteenwoordigers nie. My boodskap aan my mense is dat na elke reën en storm is daar altyd vars skoon lug en ‘n sonstraal wat beteken daar is lewe. Moenie moed opgee nie. Saam kan ons ‘n verskil maak....

Michael Rangasamy van die DA

1. Hoekom moet kiesers van Wyk 6 vir u party stem? Die ANC het bewys die afgelope 18 jaar dat ons hart is by al die mense van Suid Afrika, maar dat ons ‘n spesiale plek het vir ons werkers en armes met ‘n rekord as die enigste party wat huise vir armes bou, toelaes voorsien en regtig vir ons mense omgee. 2. Hoekom moet kiesers van Wyk 6 vir u as persoon stem? ‘n Stem vir Carol Adams en die ANC, is ‘n Stem vir die mense van Darling wat ons behoeftes verstaan. Ek woon tussen ons mense en kan dus reageer om die behoeftes, frustrasies en aspirasies van Darling aantespreek. 3. Wat is die grootste uitdagings in die

persoon stem? Ek is reeds 18 jaar in die gemeenskap, en is betrokke binne die gemeenskap, en weet wat aangaan binne die gemeenskap. Ek sal ook toesien dat Wyk 6 sy deel van die koek kry vanaf Swartland Munisipaliteit. Wanneer ek gekies word as DA-raadslid, gaan ek sorg dat Wyk 6 kry wat hom toekom, aangesien ek deel van die DA–span sal wees. 3. Wat is die grootste uitdagings in die Swartland Munisipaliteit? Die dorpsgebiede waar agterstande heers, moet oor die volgende jare opgradeer word om alle gebiede op dieselfde vlak te bring. Voorts moet die Swartland Munisipaliteit streef om deur goeie bestuur en leiding, steeds een van die toonaangewendste munisipaliteite in SA te bly. 4. Wat is die grootste uitdagings in Wyk 6? Opgradering van rioolwerke. Opgradering van strate. Voltooiing van voetpaadjies. Gesondheidsdienste, veral vir senior lede. Dwelmmisbruik. Instandhouding van basiese dienste. Hierdie aksies gaan alles aandag geniet. 5. Wat is u boodskap aan die kiesers van Wyk 6? Kom asb op 1 Augustus, en stem vir my as u DA-kandidaat. Kyk na die DA se rekord en kyk dan na die ander partye s’n. In Swartland loop die riool nie in die strate nie! Ons het drinkwater, en vuilgoed word verwyder. Basiese dienste, en veel meer word hier gedoen! Kom ons hou dit so!

Deon Olivier van die PAC

1. Hoekom moet kiesers van Wyk 6 vir u party stem? Die DA is landswyd die enigste groeiende party, met ‘n bewese rekord van dienslewering. Die Swartland Munisipaliteit het hom reeds ook bewys as een van die beste munisipaliteite in Suid–Afrika, onder DA beheer. 2. Hoekom moet kiesers van Wyk 6 vir u as

1. Hoekom moet kiesers van Wyk 6 vir u party stem? Ons Party werk volgens streng standaarde naamliks: ons is gekant teen swak dienslewe-

Stemdag op 1 Augustus

ring, ons is gekant teen korrupsie en nepotisme, ons respekteer mense en hul kulture en dra hul belange op die hart, en ons glo in gelyke werksgeleenthede. 2. Hoekom moet kiesers van Wyk 6 vir u as persoon stem? Ek self is woonagtig in Darling en ken die gemeenskap in Wyk 6 se omstandighede. Ek is nooit te besig om te luister na mense se klagtes en probleme en is altyd bereid om te help. My stelling is as jy iets passievol aanpak, moet mens nie huiwer om jou hand in jou sak te steek nie, daarom kan ek met alle sekerheid sê, as ek as raadslid van Wyk 6 gekies moet word, sal ek 50% van my maandelikse salaris wat ek vanaf die munisipaliteit kry, terugploeg aan die mense by wyse van kospakkies aan hulle te verskaf en die ander 50% sal gebruik word as vervoerkostes vir huisbesoeke en ander menslike behoeftes. 3. Wat is die grootste uitdagings in die Swartland Munisipaliteit? Die MIV/Vigs-persentasie is baie hoog. Daar is ook ‘n baie groot persentasie werkloosheid en tekorte aan swart bemagtiging. Die voorkoms van dwelm- en alkoholmisbruik is ook baie hoog. Talle mense is weggewys van werkgeleenthede omdat hulle nie aan ‘n sekere party behoort nie - Vir ons van die PAC is dit totaal onaanvaarbaar. 4. Wat is die grootste uitdagings in Wyk 6? Daar is nog steeds ‘n tekort aan behuising en talle inwoners wag nog steeds op geysers. Die volgende moet ook as prioriteit aangespreek word, naamlik: biblioteek, dag hospitaal en ‘n höerskool. Die paaie moet herstel word en ‘n dreineringstelsel moet aangebring word. 5. Wat is u boodskap aan die kiesers van Wyk 6? Ek wil graag vir die mense sê: Die raadslid spreek die probleem aan en nie die party nie. Die mense moet stem vir die kandidaat wat ‘n menslike verhouding het tussen die gemeenskapslede. Die bogenoemde kan net in plek gesit word, as mense vir my as raadslid kies.

STEM

MICHAEL RANGASAMY

Woensdag 1 Aug 2012 Issued and printed by J. van der Berg Thebe Hosken House, Cape Town

Compiled and issued by G Van Wyk, Carnival Industrial Park, 14 Coert Steynberg Street,Gauteng 1541 Swartland Ward 6 Face Poster.indd 1

7/6/2012 9:34:57 AM


25 Julie 2012

7


8 Die Malmesbury Sakekamer se ledevergadering, wat in Augustus elke jaar meer op ‘n vroue-tema fokus, beloof om vanjaar weer ‘n groot hoogtepunt te wees. Die aand wat deur Rola Volkswagen Malmesbury geborg word, vind op 7 Augustus in die saal van die Laerskool Swartland plaas en die gewilde motiveringspreker en pretprater Elsabe Aldrich, sal as spreker optree. Besprekings vir die aand moet teen Vrydag 3 Augustus gedoen word by Annabel by 022 482 1060. Die toegang, wat ‘n ete insluit, beloop R80 vir lede en R100 per persoon vir nie-lede. Die tyd is 19:00 vir 19:30.

courant nuus

25 Julie 2012

Plaaswerker van TREKKERDRYWER: Juan Philander (regs) is as die wenner van die trekkerdrywerafdeling aangewys. Chris Brink (links) is die naaswenner. By hulle is Gerrit van Rensburg, WesKaapse minister van landbou.

PPC Bergmarathon Die 27ste PPC Riebeek Bergmarathon word Saterdag in die prentmooi Riebeek-vallei aangebied. Hardlopers van regoor die land gebruik dit om vir die Comradesmarathon te kwalifiseer. Die wegspring is by PPC. Die marathon, wat deur Boland-atletiek met ‘n toekenning vereer is vir die beste georganiseerde en geborgde byeenkoms, lok jaarliks talle gesinne na die pragtige vallei met sy olywe, wyne, restaurante, kunsgalerye en boetieks.

Ernstige hardlopers pak die marathon oor 42.2 km om 07:30 of die 21.1km halfmarathon om 08:00. Vir die hardlopers wat ‘n meer ontspanne dag wil beleef, is daar ‘n 10km-wedloop om 08:30 of ‘n 5km-pretloop, waar die skoot om 08:45 sal klap. Vir nader inligting besoek die web-werf www.championchip.co.za of www.ppc. co.za, Of skakel Ilze Vlok by 079 523 5145 of Anneke Mouton by 082 495 3234 om ‘n navraag te rig.

Porterville to host World Cup

South Africa has been successful in securing a Paragliding World Cup event, which will take place in the Swartland at the world-renowned flying site of Porterville, from 23 February to 2 March 2013, according to a press release. It is one of six events on the prestigious international Paragliding World Cup tour, which sees the world’s top ranked competition pilots competing at the highest level of this free flying sport. It is also the first event of it’s kind to be held on the African continent. Porterville is often referred to as the paragliding and hang gliding mecca of South Africa and has a well-earned reputation both locally and internationally for delivering challenging and exciting competition tasks over the picturesque Cederberg mountains.

Participation in the event is on a qualification and invitation basis and pilots from countries including France, Switzerland, USA, Germany, Venezuela, Spain, Portugal and the Nordic countries, to name a few, are expected to attend. The field will also include top ceded South African paragliding pilots, including world distance record holder Nevil Hulett, who flew an incredible 502.9km in December 2008, according to the media statement. “This is a great opportunity and an honour for the South African paragliding community,” says event organizer Waldo Minny. “We will be pulling out all the stops to ensure that we deliver a seamless and memorable event, and hope to be successful in our bid of hosting the Superfinal event in December 2013,” Minny said.

ALGEMENE WERKER: Juliana

Geduld is as die wenner in die algemene werker-kategorie aangewys. Die naaswenners was Jonathan van der Merwe en Jonathan Hollies. By hulle is Gerrit van Rensburg, provinsiale minister van landbou.


25 Julie 2012

courant nuus

9

Piketberg bekroon as beste in Swartland

‘n Goeie plaaswerker moet ywerig wees om te werk, selfgemotiveerd, onderdanig en gehoorsaam. So beskryf Johannes Engelbrecht die eienskappe van ‘n goeie plaaswerker. Hy is pas as die Swartland se Plaaswerker van die Jaar aangewys en dring daarmee deur na die nasionale kompetisie. Hy het ook die eerste plek in die middelbestuur-kategorie behaal. Engelbrecht (38), ‘n pa van vyf kinders, woon in Piketberg en werk op die plaas Org de Rac, nagenoeg 8 km buite Piketberg. Hy kom oorspronklik van Redelinghuys se wêreld in die Sandveld. “Ek is ‘n mense-mens. Dit is vir my lekker om met mense te werk,” sê Engelbrecht. Hy glo sy onderhoud het die deurslag gegee om hom die streekwenner te maak. “Dit was vrae gebaseer op jou werk, soos wat jy doen? Watter dissipline pas julle toe? Wat weet jy van swart bemagtiging?” Hy het aan die courant gesê sy pligte sluit in die rol van voorman en die doen van administrasie, asook bemesting, spuitmiddels, draadskuif en draadoplig by die wingerde, oes, sny en die distilleer van laventelolie. Dan sien hy ook om na die beeste, soos om hul

Johannes Engelbrecht van Org de Rac buite Piketberg is aangewys as die Plaaswerker van die Jaar in die Swartlandstreek. kos te meng en toe te sien dat die terrein en massiewe groot tuin en grasperk netjies gehou word. Die boerdery-afdelings, alles organies, sluit roosmaryn, laventel, beeste, kompos en ‘n erdwurmplaas in.

JUNIOR-BESTUUR: Fransie Hendricks is as die wenner van die juniorbestuur-kategorie aangewys. Thembile Ntoloko en Maria Franse was die naaswenners. By hulle is Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou.

MIDDELBESTUUR: Petrus Daniels was die naaswenner in die middelbestuur-afdeling, met

Johannes Engelbrecht wat as die wenner aangewys is. By hulle is minister Gerrit van Rensburg.


courant nuus

10

25 Julie 2012

Madibadag word in die Swartland gevier

Van links is Suster Liesl Petersen, Ewald Liedeman, suster Jackie Oliphant en Me. Noxolo Vongwe van die Oklahoma-kliniek. Die Wesbank-rugbyklub het vir hul bydrae tot Mandeladag waslappe, seep, tandepasta en tandeborsels ter waarde van R2000 aan die kliniek geskenk. Danksy die getroue ondersteuning van die klub se ondersteuners by wedstryde en funksies was dit vir die klub moontlik om by die gemeenskap betrokke te wees.

BESOEK: Op Darling het die nasionale adjunkmi-

nister van huisvesting, Zou Kota-Fredericks (regs) saam met ANC-kandidaat vir die Wyk 6-verkiesing, Carol Adams, ‘n bejaarde inwoner, Johanna (Jankie) Julies (98) besoek. Die nasionale adjunkminister van huisvesting, Zou Kota-Fredericks, het verlede week op Darling gesê Madibadag 2012 is een om te onthou. “Ons wens Madiba nog baie lewensjare toe. Wonderlik om te sien hoe welwillendheid op hierdie dag ‘n nuwe glimlag op baie mense se gesigte bring.”

Op Darling het Pieter-Dirk Uys die kinders van die Darling Trust en die Dierebeskermingsvereniging ook hul 67 minute aan Madibadag gewy. Op die foto is Rosemarie Julies, Stephanie Daniels (fasiliteitsbestuurder); Evita Bezuidenhout (Pieter-Dirk Uys), Stephanie Fortuin (inspekteur van die SAPD), inspekteur Wayne Hector en Michelle, ‘n vrywilliger uit België wat gereeld met die honde gaan stap.

VIR DIE DIERE: Leerders van Darling Kollege het in elke graad kos ingesamel om op Madibadag aan die DBV op Darling te oorhandig nadat daar vroeër ‘n inbraak by die DBV was. By die kos is Hope Wessels en Christel Rheeder. HERBOU: Die nasionale adjunkminister van huisvesting, Zou Kota-Fredericks (middel), het Woensdag gehelp om die huis van twee bejaarde inwoners op Darling, Sophia en Lawrence Fortuin, te restoureer.

MADIBA: Tessanee Hollies en Sylvia Dirks op Mandela-dag by die POP gemeenskapsentrum in Riebeek Wes. Die leerders van Riebeek-Vallei Spesiale Skool wat aan die President’s Award-program deelneem, het gaan sop uitdeel vir die kinders. Dit was hul bydrae van 67 minute op oudpres. Nelson Mandela se verjaardag.

DANS: Die jong Jacobus-broers van Malmesbury het pas deelgeneem aan die Wes-Kaapse Die hoofseun van Laerskool Swartland, Beyers Strydom, is aangewys as die kaptein van die Noord-Wes Bolandrugbyspan, die Pinotage-span.

SKAAK: Die 0/9 skaakspan van Laerskool Dirkie Uys was die wenners van hulle afdeling by die Boland Topskole Skaak Toernooi. Hulle neem die 17/18de Augustus aan die Wes-Kaap Topskole Toernooi in Kaapstad deel. Bo is Marko Nel, Christopher Nortier, Mendal Marais, Christiaan Bester,Juan Kitshoff en Caitlin Matthews.

danskampioenskap op Oudtshoorn. In die ‘ballroom’-afdeling (juvenile 2, vlak 1 standaard) het ouboet Jayden en sy dansmaat Kerishné Cornelissen van die Paarl eerste gekom, terwyl die jonger Kyle en sy maat, Chandré Eksteen (Paarl), sewende uit sestien pare gekom het. In die Latyns Amerikaanse afdeling het Jayden en Kerishné in die juvenile 2, vlak 2-afdeling ‘n tweede goue medalje gewen, terwyl Kyle en Chandré vierde was in die juvenile 2, vlak 1.

HOKKIE: Die o.13-A meisiehokkiespan van Laerskool Swartland het hul opponnente van die Hoër Meisieskool in die Paarl 5 - 1 geklop.


25 Julie 2012

courant nuus

11

In Mandela-tradisie Ursula Griffiths, ko-ordineerder van Intshona Trust-projek, het haar en die maatskappy se 67 minute op die plase Welgemeend en La Grange aangewend. Op La Grange van Pieter Loubscher het hulle ‘n geskenkpakkie aan Henry Charles oorhandig. Op Welgemend van Fanie Basson het sy ‘n geskenkpak aan Katriena Goliath en Theys Snell oorhandig. Die twee woon al 40 jaar op die plaas. Op die foto is Griffiths, Katriena Goliath, Theys Snell, Monré Liebenberg (Mercedes) en Faan Basson van Welgemeend. Speedy Exhaust, Maracor en Malmesbury Motors Mercedes was die borge van die dag.

Badisa Carneys Educare op Malmesbury het hul 67 minute vir Madibadag gebruik om met bejaardes uit die omgewing te kuier. Die creche het die bejaardes genooi om daar besoek af te lê, saam met die kleuters te eet en bietjie bederf te word. Tydens die saamkuier het Charldene Fredricks, die hoof by die créche, gesê dat Swartlanders elke dag by mekaar betrokke moet wees en nie net op Mandeladag nie. Op Madibadag het leerders van Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg Mandeladag gevier toe twee leerders gunstelinggedigte van oudpresident Nelson Mandela aan hul skoolmaats voorgelees het, onder meer Die Kind van Ingrid Jonker. Die skoolhoof, Clive Rafferty, het ook die leerders aangemoedig om daardie middag goeie dade aan die mense in hul omgewing te doen. Op die foto is skoolhoof Clive Rafferty, saam met Vernorene Maarman en Taryn Boois en die adjunkhoof Hardy Erasmus.

REGS: Leerders van Darling Kollege het op Madibadag gaan help om ‘n groentetuin te begin by Ons Nessie, waar kinders daagliks versorg en van kos voorsien word. Jacques van Reenen en Sean Kriel is hier besig om groente in ‘n binneband te plant. Die gedagte met die groentetuin is dat die kinders van Ons Nessie kan leer hoe om iets soortgelyks by hulle huise te begin.

Shirene Goliath en Likho Nikani, per soneellede by Wesbank Biblioteek op Malmesbury, het hul 67 minute vir Mandeladag gespandeer om leesstof aan Illinge Lethu Sekondêre skool uit te deel om die biblioteek daar toe te rus.

Die leerders van die AME Primêre skool in Chatsworth, het rommel opgetel om oudpres. Nelson Mandela se verjaardag te gedenk. Op die foto is twee leerders van die skool wat ook op 18 Julie verjaar, saam met John van der Merwe tydens die herdenking van Mandela se verjaardag. Van der Merwe het dié foto van Mandela vir die skool geskenk as deel van sy 67 minute van goeddoen.

Die Koringbedryfmuseum op Moorreesburg het ook hulle 67 minute gegee aan die mense in hulle omgewing. Met behulp van besighede soos SPAR, MKB en USave/Shoprite, is kospakkies aangekoop en uitgedeel aan minderbevoorregde mense, soos dié wat nie kan werk nie a.g.v hulle gesondheid.

Die personeel van die Moorreesburg-biblioteek het ‘n 50-liter pot sop gekook om uit te deel aan kinders van Moorreesburg. Op die foto met die reuse-pot is Belinda Saunders, Cecelia Larey, Colleen Atkins, Natasha Prins en Bonita Cupido.

Moorreesburg Lionsklub het, soos verlede jaar Nelson Madela se verjaardag gevier en seker gemaak dat die nalantenskap van Madiba se gees van welwillendheid lewendig in Moorreesburgers se harte bly. Leon Thomas, die president van die Lionsklub, oorhandig hier aan die personeel van die plaaslike brandweerstasie verversings vir teetyd. Huis Immanuel en Huis Moorrees, die twee ouetehuise op die dorp, Huis van Heerde, die plaaslike kinderhuis, asook die Polisie en Dagkliniek het ook hulle deel ontvang. Op hierdie manier wou die lede van Moorreesburg Lionsklub ‘n klein blykie van dankbaarheid bewys aan mense wat ‘n uiters noodsaaklike diens aan die dorp verskaf.


courant promosie

12

25 Julie 2012

JB’s Nissan-bemarkingspan: Ná uitbreidings by JB’s Nissan op Malmesbury, is die bemarkingspan vergroot en twee nuwe aanstellings bygevoeg. Die span lyk nou soos volg: Andries Steyn (verkoopsbestuur: UD vragmotors); Stienie Koch en Daniël Prins (bemarker: Nissan en gebruikte voertuie); Ian Badenhorst (verkoopsbestuurder: Nissan en gebruikte voertuie); Simon Kotzé (handelaarshoof) en André Buys (finansiering- en versekeringskonsultant).

Nuwe Engen Quickshop het op Donderdag 19 Julie sy deure ge-open. Die rybaan is nog nie

voltooi nie. Die nuwe Debonaire’s Pizza open sy deure middel Augustus en die Wimpy sal vroeg September in volle gang wees. Die hele winkelsentrum sal einde September heeltemal voltooi wees. Van links verskyn Fanie Malherbe (Prima-verhuring), Harriet Swanepoel (bestuurder: Quickshop en rybaan), Gey Kriek (eienaar), Hennie Smit (bestuurder: Debonaire’s Pizza en Le Roux Verwey (bestuurder: Wimpy).

vacancy bulletin eXciting oPPortunities for Persons Who Want to maKe a Difference

DEPARTMENT OF HEALTH POsT A: MATzikAMA sub-DisTRicT, VREDENDAL; POsT b: cEDERbERg sub-DisTRicT, cLANwiLLiAM; POsT c: swARTLAND sub-DisTRicT, MALMEsbuRy (cuRRENTLy sTATiONED AT MOORREEsbuRg); POsT D: bERgRiVER sub-DisTRicT, PikETbERg; POsT E: wEsT cOAsT DisTRicT OFFicE, MALMEsbuRy; POsT F: wEsT cOAsT Tb cENTRE, PAARL (wEsT cOAsT DisTRicT)

Administration clerk: support (HAsT Programme) (6 posts) REMuNERATiON: R 101 007 PER ANNuM sERVicE bENEFiTs: 13th cheque, employer’s contribution to the pension fund, housing and medical aid allowance. REquiREMENTs: MiNiMuM EDucATiONAL quALiFicATiON: Senior Certificate (or equivalent). ExPERiENcE: Appropriate experience in data capturing and Health Information Systems. iNHERENT REquiREMENT OF THE jOb: Valid driver’s licence (Code B/EB) and willingness to travel. cOMPETENciEs (kNOwLEDgE/skiLLs): • Computer literacy (Microsoft Word, Excel, PowerPoint and Health Information Systems) • Effective communication and interpersonal skills and the ability to analyse data • Ability to communicate in at least two of the three official languages of the Western Cape • The ability to handle confidential records. DuTiEs (kEy REsuLT AREAs/OuTPuTs): • Provide an effective and efficient administrative and general support service to the Management Team (inclusive of procurement duties) • Responsible for the arrangements and co-ordination of all appointments, meetings, transport and training • Collect and capture the Subdistrict’s HIV/AIDS/STI/TB data (ETR.net, Tier.3.net, Sinjani, PHCIS and EDR.net) and prepare presentations, compile reports and documents • Efficiently and effectively manage communications and correspondence within the HAST and PHC component • Ensure the integrity and quality of data, which includes site visits • Assist with HAST campaigns, Comprehensive Health activities and other ad hoc activities. NOTE: Shortlisted candidates will be subjected to a practical test. ENquiRiEs: Post A: Ms JJ Cillie: 027 213-4070; Post B: Ms C Olifant: 027 482-1360; Post C: Ms M Sandt: 022 913-1337/3223; Post D: Ms T Nondabula: 022 433-8538; Posts E & F: Ms S Meyer: 022 487-9334 Please submit your aPPlication for the attention of mr e sass to the District Director: West coast District, Private bag X15, malmesbury 7299. iNsTRucTiONs TO APPLicANTs: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.capegateway.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, the names of 3 referees and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. Applications without the afore-mentioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CV’s will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to shortlisted candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of Public service & Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are shortlisted and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.

P Os i T i V E A b O u T P E O P L E w i T H D i sA b i L i T i E s

The Western Cape Government is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.

closing Date 17 August 2012 Human Communications C95060E

kalender Julie

Malmesbury museum vergader 25 Julie - Malmesbury museum se jaarvergadering om 19:00 by die museum, met die burgemeester, Tijmen van Essen, as spreker. Hy gesels oor sy voorgestelde rivierprojek. Versnaperinge sal die aand afsluit. Gratis. Bel 022-48 22332 met navraag. Stef Kruger op Malmesbury 25 Julie - Stef Kruger in die De Bron Klein Teater. Hy is bekend as een van ons land se beste liedjieskrywers. Dozi het al 36 van Stef se liedjies opgeneem, asook ander kunstenaars soos Jannie Moolman en Nadine, bv. Tussen jou en My, Ma se Song, Grassade in die Wind en Pennies op die Spoor. R100 p.p. Die deure open 18:30, daar is ‘n wynproe om 18:45 en die vertoning begin om 19:30. Kaartjies by Superfoto of skakel 022-4872000 of koop kaartjies by Hofstraat 10, Malmesbury (naby Malmesbury Kwekery). Kaartjies kan by die deure afgehaal word. Bergrivier-projek 25 Julie – Wynand Windpomp, Arista, Steyn Fourie, Melindi Chari en Fanie Velskoen tree op as deel van Bergrivier-projek Chocdag op Allesverloren-wynlandgoed. R100 pp. ete ingesluit Gerfie-Dans op Malmesbury 27 Julie - Gerfie Dans om 18:30 vir 19:00 in die Laerskool Swartland-skoolsaal. Bring eie eetgoed & drank. Tema: ‘H’ Dance – ‘Heros, Hobo’s or just your handsome self.’ Kaartjies R60 p.p. Pryse vir “bes gekleede paartjie, “spot” dans. Vir navrae kontak Elrien by 076 960 4634. Swartland Agri-roete toer 28 Julie - Besoek vier verskillende plase saam die Swartland Agri-roete. Dit kos R150 vir volwassenes en R50 vir kinders. Dieselfde toer word ook op 25 Augustus en 15 September aangebied. Vir inligting besoek www.agriroute.co.za of bespreek per e-pos by info@rondomskrik. co.za, of om navraag te rig. AGS kerkdienste 29 Julie - Die AGS Corpus Christi op Malmesbury hou hul oggenddiens om 09:30 met die titel ‘Die Jubeljaar, ‘met die prediker: past. Piet Smit. Die aanddiens volg om 18:00, met die prediker Magrieta van Rooyen. Vir navraag: 073 447 2902 Kerkdiens in PPK Malmesbury 29 Julie pastoor Kobus du Plessis preek om 18:30 oor “Hoe lyk die hemel?” in die PPK Malmesbury, op die hoek van St Thomas & Dr Euvrard straat, regoor Laerskool Swartland. Slow Food mark-dag 29 Julie - Groenrivier op Riebeek-Wes se Slow Food mark-dag vanaf 12:00 tot 16:00. Jaarvergadering van Yzerfontein Toerisme 30 Julie - die algemene jaarvergadering van Yzerfontein Toerisme vind plaas om 17:30 in die Gemeenskapsaal, Yzerfontein. Almal is welkom by die geleentheid.

Kansa-week 31 Julie tot 3 Augustus (09:00 tot 15:00) ‘n ope week vir publiek, werksplekke, skole en rolspelers. Uitstallings van Kansa-dienste kan besigtig word. Dames kan afspraak maak vir gratis borsondersoek en mans vir ‘n PSA vingerpriktoets @ R50. Bel 02248 21111 om navraag te rig. Nagskuiling hou jaarvergadering 2 Augustus - Die Swartland Haven Nagskuiling hou sy jaarvergadering om 19:30 by Varingstraat 5 in Wesbank, Malmesbury. Bel 022 486 5191 om ‘n navraag te rig. Kultuuraand op Piketberg 1 Augustus - Hoërskool Piketberg se Laerskool Kultuuraand. Kaartjies kos R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Kom ondersteun die laerskoolleerders en geniet ‘n aand vol kultuur. Mnr. en Mej. Wesbank aangekondig 2 Augustus om 19:00 Mnr. en Mej. Wesbank word aangekondig in skoolsaal van Wesbank Sekondêr. R30 toegang. Bel Christine Love bel by 079 499 7719 of die skool by 022 4864868. Blommeskou in Presbiteriaanse kerk 3 tot 5 Augustus - jaarlikse blommeskou in die Presbiteriaanse Kerk op Darling, vanaf 10:00 tot 17:00, met die tema: “In God se Tyd”; toegang gratis. Ligte verversings te koop. Skakel ds. Ian Bernhardi by 0844413091 om navraag te rig. Elsabe Daneel by Sakekamer 7 Augustus - Malmesbury Sakekamer hou spesiaal vir hul vroulike lede ‘n aand met Elsabe Daneel in die saal van Laerskool Swartland teen R80 vir lede en R100 vir nie-lede. Skakel 022 48210160 om te bespreek of navraag te rig. Netbalsportdag in Wesbank 9 Augustus van 8:00 tot 15:00 Netbalsportdag by Wesbank-sportvelde om netbal onder vroue en meisies te bevorder. Toegang R5. Rig navraag aan Christine Love by 079 499 7719 of die skool by 022 4864868.

En die wenners is...

Die twee lesers wat elkeen ‘n dubbelkaartjie gewen het na vanaand se vertoning van Stef Kruger in die De Bron Kleinteater op Malmesbury , is Wouter Vorster van Malmesbury en Surina Myburgh van Moorreesburg. Die vertoning begin om 19:30.


courant koscourant en raad

25 Julie 2012 Cherry Lane op Malmesbury het

Moroccan Chicken & chickpea soup

voor-

berei. Besoek hulle in Hugenotestraat op Malmesbury vir allerhande lekkernye.

Moroccan Chicken & chickpea soup

Ingredients 2 tablespoons olive oil 340g chicken breast fillets 1 large brown onion chopped finely 2 cloves garlic crushed 1 tablespoon grated fresh ginger 1½ teaspoons ground cumin 1½teaspoon ground coriander 1 teaspoon ground turmeric ½ teaspoon sweet paprika 1 cinnamon stick × cup plain flour 1 litre chicken stock 1 litre water 2 x 300g cans chickpeas, drained, rinsed 2 x 400g cans tomatoes 2 tablespoons finely chopped preserved lemon 1 tablespoon coarsely chopped fresh coriander leaves

Method Heat half the oil in large frying pan, cook chicken, uncovered, about 10 min or until brown on both sides and cooked. Drain chicken and let cool shred chicken with fork. Heat remaining oil in large saucepan, cook onion, garlic and ginger until onion is soft. Add cumin, ground coriander, turmeric, paprika and cinnamon, cook. Add flour cook stirring mixture until bubbling and thickening. Gradually stick in stock and water. Add chickpeas drained tomatoes and bring to boil. Simmer for 10 min add chicken and lemon. Add chopped coriander leaves as garnish.

13

Hoe gemaak met...

...vernuwing van ‘n bestaande tuin deel 2

Ná ons vorige skrywe van 27 Junie, kom ons nou by die teken van ‘n basiese tuinplan. A. Alle erwe behoort ‘n terreinplan te hê wat aandui hoe die huis op die erf geplaas is; waar alle dreine, waterpype en kabels gelê is. Indien jy dit nie het nie, teken jou eie plan en gebruik ‘n maklike skaal (bv. 1cm=1m). Maak ‘n paar afskrifte van die basiese plan, dan kan jy bv. op een afskrif alle bestaande goed aandui, soos krane, groot bome, windrigtings, deure, vensters en hekke. B. Op die tweede afskrif kan jy rofweg spesifieke areas aandui soos onthaal-area, grasperke, harde oppervlaktes (bv plaveisel), speelareas vir kinders, groentetuin of stoorareas vir kompos en tuingereedskap. C. Op die derde plan kan jy alle beskikbare ruimtes aandui, ten beste benut en wat by die styl van jou huis pas. Vir ‘n informele tuin gebruik ons rondinge/ sirkels, maar vir ‘n formele tuin gebruik jy reghoeke, vierkante en driehoeke. D. Op plan 4 dra jy nou alles vanaf nommer 1, 2 en 3 oor na een plan toe en bring nuwe detail by. Wanneer ‘n bestaande tuin herskep word, kan dit gebeur dat plante en fokuspunte nie goed inpas by jou nuwe uitleg nie. Indien jy hulle nie kan skuif of regsnoei nie, verwyder dit. E. Ten laaste, bring nou alle fyner detail in soos die soorte plante en bome wat geplant gaan word. Gebruik ‘n klompie sleutelprente in die kantlyn om aan te dui wat alles op die tuinplan beteken. F. Nou is dit tyd om jou plantlysie op te stel met die tuinplan byderhand en met die inagneming van die klimaat, mikroklimaat, grondtoestande, son, skadu, wind, immergroen of

bladwisselend; dis alles dinge wat in gedagte gehou moet word. Indien jy onseker is van jou plantkeuses, gaan na jou kwekery, sit ‘n paar idees bymekaar en kyk of die kombinasies werk. G. Die ideaal sou wees om alles op een slag te plant, dan kan jy dadelik ‘n idee kry van die totale effek. Dit is dalk moontlik as die area kleiner is, maar as tyd en geld beperk is, kan aanplanting oor tyd gedoen word – solank jy net by jou beplanning hou! Dinge kan bygevoeg word soos jy vorder; dit moet net inpas en nie lyk of dit aangelap is nie. Sterkte met die beplanning! Volgende keer (29 Augustus) gesels ons oor fokuspunte. (Bronne geraadpleeg: Pragtuine op klein skaal – Struik). ONTHOU: Dit is nou snoeityd! Alle rose, wingerd, bladwisselende vrugtebome, krismisrose en bladwisselende sierbome moet nou gesnoei word. Doen navraag by jou kwekery oor die snoei-proses en die spuit van ‘n swammiddel soos kalkswael en die gee van voeding. Groetnis tot volgende keer George Retief

Voorbereiding van grond is baie belangrik!


14

die courant

Uitslae Netbal

A-afdeling (spelers van die wedstryd tussen hakies) Clanwilliam A (Susanne Groenewald - D) wen Malmesbury A (Lyndua van Zyl - HD) 36-32 Citrusdal A (Whilma Groenewald – S) wen Porterville A (Amore Swart – S) 39-26 B1-afdeling (spelers van die wedstryd tussen hakies) Clanwilliam B (Charlene Nortjie - HD) wen Young Spurs A (Juliana Klaase – D) 54-29 Langebaan A (Minchen Schreuder - AV) wen Young Spurs A (Jo-Ann Britton - V) 66-20 Sea Harveest A (Shahayda Samson - HV) wen Citrusdal B (Maryke Mouton - HV) 37-32 Citrusdal B (Paulina Jafta - VV) wen Porterville B (Janie Hougaardt – S) 31-17

courant dienste

Duiwe VLUG VANAF VICTORIA-WES NA MALMESBURY (met spoed in meter per minuut) 1. M Hill 1163.558; 2. E Kotze 1149.731; 3. F Meintjes en seuns 1126.742; 4. G Horn 1121.636; 5. F Meintjes en seuns 1120.883; 6. F Meintjes en seuns 1120.353; 7. S Niemann 1112.958; 8. F Meintjes en seuns 1095.085; 9. E Kotze 1092.838; 10. F Meintjes en seuns 1086.263 VLUG VAN VICTORIA-WES NA MOORREESBURG 1. Frans Jooste 1115.2965 2. Bester en Theron 1113.5887 3. JH Mouton 1106.1899 4. P de la Qeurra 1101.9645 5. HMO Smmit en seun 1092.3683.

25 Julie 2012

dienste


25 Julie 2012

die courant Algemeen

1

Gesoek Wanted

2

PASTORALE BERADING - Skakel Theresa van Vreden By 083 310 3823 vir afspraak. (Assosiaat berader ABBO/Radiokansel. Reg: SAAP AO20/80

OP SOEK NA…… Welkom Meubels betaal harde kontant vir 2de handse goeie meubels, linne, breekgoed, winterklere (mans), skoene ens. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 ----------------------------LOSEERDER/HUISMAAT GESOEK - @ R2000.00 pm. Water & ligte ingesluit. Kontak 084 715 0627. Onmiddellik beskikbaar.

Te koop For sake

4

AFKOOK WILDSVLEIS TE KOOP @ R40.00 pkg. Heerlik vir pasteie maak. Verskeidenheid biltong en droëwors ook te koop. Kontak Christo Smit by 073 182 4840 ----------------------------EGTE LEER MANSKOENE - (Vellies, Stewels en sandale) Alle nommers Beskikbaar, asook groot nommers (5-15) Teen baie spesiale pryse. Malmesbury. Kontak Max 083 275 8266 ----------------------------TE KOOP - Klein koekies, karringmelk beskuit, asook gesondheidsbeskuit. Kontak 072 245 1850 ----------------------------EMBUIA EETKAMERSTEL - Bestaande uit 1.65cmx90cm tafel, 6 gestoffeerde stoele en buffet @ R3500.00. Embuia sitkamerstel 2x2 sitplekbanke en 2 stoele (los kussings) R3000.00. 2 Embuia enkelbeddens met matrasse R2000.00. Hout muureenheid vir TV, ens. 1.65cm. R1200.00. Alles in goeie toestand. Navrae: 022 433 3324/072 446 3911

Voertuie te koop

5

AAN ALLE KLIëNTE! ALLEENLIK KONTANT. VOERTUIE DRINGEND GESOEK! Ek betaal kontant vir enige voertuig of bakkie. Doen bankaflosse ook. Kontak 083 464 6960 ----------------------------AAN ALLE KLIëNTE! ALLEENLIK KONTANT. VOERTUIE DRINGEND GESOEK! Ek betaal kontant vir enige voertuig of bakkie. Doen bankaflosse ook. Kontak 083 464 6960 ----------------------------AANBOD! KONTANT DADELIK - Ons koop alle motors en bakkies vir kontant,

doen ook bankaflosse. Lopend en nielopende voertuie is ook welkom. Skakel 079 544 2824 ----------------------------AANBOD! KONTANT DADELIK - Ons koop alle motors en bakkies vir kontant, doen ook bankaflosse. Lopend en nielopende voertuie is ook welkom. Skakel 079 544 2824 ----------------------------OPEL MONZA 1600 silwer mags R13 500.00. Kontak 083 646 6960.

Eiendomme

6

Te Huur To Let

7

NETJIESE RUIM 4 SLAAPKAMER HUIS - Te koop naby Hoërskool. 2 Moderne badkamers. 3 Leefareas, binnebraai, ontwerperskombuis. Ingeboude kaste. Trek net in! Kontak verkoper-084 584 1220

courant smalls

XTREME GRAFSTENEMALMESBURY. Vir kwotasies, nuwe grafstene, herstelwerk, bewoording, ens. Beste pryse gewaarborg. Kontak 082 550 5859/082 561 3291 ----------------------------YSKASTE HERSTEL. Ook binne lekke. New Freeze, Kerkstraat 18, Moorreesburg. Skakel 082 573 1589/083 651 5547

Betrekking beskikbaar

17

LUTEA PARFUUM - 146 geure om te bemark! Uitstekende kommissie! 083 655 0445/madrigrobbelaar@gmail.com/ www.luteaperfume. co.za

TE HUUR - Een slaapkamer woonstel vir enkel persoon. Water ingesluit. Veilige area. Enkel parkeerplek. R2000.00 per maand. Malmesbury omgewing. Kontak 082 801 6992. Beskikbaar vanaf 1 September.

Dienste Services

12

ABC KINDERPARTYTJIES - Kindertemapartytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke en versiersuiker prints. Kontak Elsa 078 544 2038, abcpartytjies@gmail.com of www.abcpartytjies. weebly.com ----------------------------DU TOIT TRAILERSSleepwaens te huur asook kar sleepwa “piggyback”. Skaap spitbraai te huur. Kontak 022 482 1767/072 237 2349 ----------------------------JK SKOONMAAKDIENS - Jou alles in 1 tuindienste. Sny van grasperke en rante. Snoei van bome en struike. Skoonmaak van beddings. Uitleg van tuine en lê van gras.Verwydering van tuinvullis. Kontak Jaco vir gratis kwotasies-083 227 5937 ----------------------------KONTANT LENINGS vir maandelikse persone. Persone op swart lys ook welkom 074 114 2554 ----------------------------TOP CARPETS EN BLINDS - Teëls, matte laminering, vinylvloere, blindings en hersteldiens. Gratis kwotasies en professionele diens. Skakel 022 482 2100 ----------------------------UITHAAL EN VERWYDERING VAN BYE. Kontak Kobus du Plessis by 083 722 7787/022 482 2767 -----------------------------

Kontak ons gerus om hier te adverteer vir advertensies wat werk by 022 487 3221

smalls

15


courant agterblad

die

swartland en weskus

25 Julie 2012

Wesbank laat modder spat

HSS slaags met Strand

Steven Burger van Hoërskool Swartland duik oor vir sy drie teen Hoërskool Strand. Swartland het die rugbywedstryd met 22-28 verloor. REGS: Marelize Brand van Hoërskool Swartland se eerste meisieshokkiespan veg om besit teen Strand. Die wedstryd het met 0-elk gelykop geëindig. Gaan kyk gerus op ons Facebook-blad na die pragdrie.

LINKS: Adam Barlow (links) van Wesbank gly deur die modder, terwyl sy spanmaat Nevin Edas (regs) nader staan, met Ridiwaan Isaacs van Good Hopes wat probeer keer. Wesbank het Good Hopes van Riebeek Wes in die rugbywedstryd met 48-3 oorrompel. ONDER probeer Adam Barlow die bal voor ‘n opponent se hande deurskop.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
25 julie 2012 die courant 183 by DieCourant - Issuu