courant swartland en weskus
dié
Swartland
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
24 September 2014
Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury
Uitgawe 290
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Isipani laat silo’s verrys
‘Boer soek ‘n Vrou’ op Porterville
Swartland NG Noord vier 50 jaar
Dis skoutyd op Malmesbury en allerhande nuwighede en ou bekendes is slaggereed vir vanjaar se samekoms. Tiaan Smit en Robyn Hartman, Mnr en Mej Malmesbury Skou, het solank die hellings van die eerste 4x4-baan gaan ontdek. Meer oor dié skou op bl 2 en 7.
Malmesbury Skou 2014! • SEDERT 1939 OP KLIPKOPPIE SIGBAAR
M’bury kry sy naam
Malmesbury het Saterdag weer sy “naam” teen Klipkoppie teruggekry. ‘n Groep van 25 Voortrekkers van die Swartland, van graad 5 tot 11, onder leiding van sewe offisiere en ouers, het Saterdag die groot taak aangepak om die dorpsnaam op die “Klipkoppie” te herstel en te verf. “Toe ons bewus word van die naam teen die koppie, het ons bietjie navorsing gedoen en tot ons groot verrassing uitgevind dat die naam in 1939 deur die destydse Swartland Voortrek-
kers uitgepak en onderhou is,” vertel Sunet de Jongh van die plaaslike Voortrekker-tak. “Ons is nie seker wanneer hulle opgehou het om dit te onderhou nie, maar deur die jare het die plantegroei en weer die naam onsienbaar gemaak. Die Swartland Munisipaliteit het ons toestemming gegee vir die herstel en onderhoud van die dorpsnaam.” Met harde werk en ná 80 liter verf, staan Malmesbury weer trots teen die Klipkoppie. Die Voortrekkers het elkeen wat ‘n deel by-
gedra het bedank, asook die drie borge van die verf.” Burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, het die groep bedank vir hul toewyding en deursettingsvermoeë om die projek suksesvol te voltooi. Sunet se reaksie: “Dit is vir ons ‘n eer om iets terug te gee aan ons pragtige dorp! Ons het nie verniet ‘n kode wat lees `’n Voortrekker waardeer en bewaar sy omgewing’ nie.” Gaan kyk op die Swartland Voortrekkers se Facebook-blad vir die foto-storie.
NUUS • NEWS
24 September 2014