1swartberg 2 november 2016 (394)

Page 1

c urant

Gratis • Free

70.6%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

2 November 2016

Uitgawe 394

Bergrivier

Swartland

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

Tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Steyn (72) sit weer voet in die hoek Gawie Steyn van Malmesbury, wat eersdaags sy 73ste verjaardag vier, het die afgelope Saterdag die ovaalbaan saam met ander knortjorjaers en ondersteuners gedurende die spesiale Kansa-byeenkoms aangedurf, toe hy self ‘n rondte voltooi het. Dit was Steyn se heel eerste ervaring in ‘n knortjor, hoewel hy in die tagtigerjare gereeld aan motorwedrenne deelgeneem het. Hy het dit beskryf as effens senutergend weens die beperkte spasie en sê die knortjor voel te “ingeprop” na sy sin in vergelyking met die produksiemotors waarmee hy gejaag het. Steyn het met sy seun, Wiele, se karretjie gery wat gereeld aan dié sport deelneem.

•'BALANS EN PERSOONLIKE KONTAK MAAK SAAK'

Smith wil goed sorg

Die Swartland Hospitaal op Malmesbury het 'n splinternuwe superintendent. Dr. Barry Smith is onlangs as die bestuurder van mediese-dienste by die Swartland Hospitaal en die hele sub-distrik aangestel. Sy visie is om wêreldklas publieke gesondheidsorg aan elkeen te bied. Smith sê om dié visie te verwesenlik, moet besluite en energie nou gefokus word op die kwaliteit van die dienste wat gebied word. “Ons wil ook verseker dat dienste relevant en persoon-gesentreerd bly.” Dié doelwit kom nie sonder uitdagings nie. Volgens Smith is die geografiese gebied wat die hospitaal bedien, groot en het dit 'n bevolking wat merkwaardig uitbrei. “Dit is moeilik om altyd oral te probeer wees.” Hy sê verder die balans tussen administratiewe werk en persoonlike kontak met personeel en die gemeenskap, is dikwels moeilik om te handhaaf. Smith is baie opgewonde oor sy nuwe posbeskrywing. Hy is veral opgewonde om te sien wat die impak van besluite oor die kwaliteit van sorg, oor die langtermyn op dienslewering en die pasiënt se ervaring gaan wees. Smith is in ‘n klein dorpie, Duiwelskloof in Limpopo gebore. Hy het op ses-jarige ouderdom na Kaapstad verhuis. Sy skoolloopbaan is by die Hoërskool DF Malan voltooi en sy voorgraadse studies aan die Stellenbosch Universiteit, waar hy ook sy

Dr. Barry Smith is aangestel as die nuwe superintendent van die Swartland Hospitaal op Malmesbury. MB,ChB-graad verwerf het. Om ‘n dokter te word, was nie sy eerste keuse nie. Hy het nog tot op die “nippertjie” joernalistiek, sielkunde en selfs kopieskryf oorweeg. Die keuse om medies te studeer, spruit uit sy belangstelling in biologiese wetenskappe, asook die behoefte om ‘n impak in die gemeenskap en mense se lewens te maak. Smith het ook ‘n nagraadse diploma in narkose aan die Colleges of Mediclinic SA verwerf. Sy mediese-loopbaan, het by die Potchefstroom Hospitaal afgeskop waar hy as ‘n intern en mediese-beampte gewerk het. Daarna het hy in die noodgevalle-eenheid op Klersdorp gewerk.

Dit is hier waar Smith ‘n liefde vir nooddienste ontwikkel het. Hy en sy gesin het die geleentheid Kaap toe met ope arms verwelkom toe hy ‘n voltydse pos in die noodsentrum by die Durbanville Mediclinic aanvaar het. Ná drie jaar by dié hospitaalgroep, bevind hy homself nou in die Swartland. Smith het vir homself ‘n doelwit gestel om eendag ‘n bestuursposisie binne die mediese veld te beklee. Dit het egter beteken dat hy loopbaankeuses só moes maak om hierdie droom te kon bewaarheid. Hy het egter nie verwag die geleentheid sou so vinnig na sy kant toe kom nie. Smith beskou dit as ‘n reuse-voorreg om in dié stoel as superintent te kan sit. Sy rol as bestuurder van mediese dienste behels die oorhoofse verantwoordelikheid vir die kliniese dienste, menslike hulpbronbestuur, finansies, ondersteuningsdienste en infrastruktuur van die Swartland Hospitaal, Radie Kotze Hospitaal op Piketberg en Lapa Munnik Hospitaal op Porterville, asook die Primêre Gesondheidsorgplatform vir albei die sub-distrikte. Hy het op navraag oor moontlike veranderinge bygevoeg dat hy vir eers wil verseker dat die “basics” in orde is, naamlik ‘n toeganklike, relevante en volhoubare distrik-gesondheidsisteem. “Ek sien hier ‘n instansie waar die pasiënt tevrede en die personeel gelukkig is.”

NUUS • NEWS

2 November 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.