Skip to main content

1swartberg 2 november 2016 (394)

Page 1

c urant

Gratis • Free

70.6%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

2 November 2016

Uitgawe 394

Bergrivier

Swartland

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

Tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Steyn (72) sit weer voet in die hoek Gawie Steyn van Malmesbury, wat eersdaags sy 73ste verjaardag vier, het die afgelope Saterdag die ovaalbaan saam met ander knortjorjaers en ondersteuners gedurende die spesiale Kansa-byeenkoms aangedurf, toe hy self ‘n rondte voltooi het. Dit was Steyn se heel eerste ervaring in ‘n knortjor, hoewel hy in die tagtigerjare gereeld aan motorwedrenne deelgeneem het. Hy het dit beskryf as effens senutergend weens die beperkte spasie en sê die knortjor voel te “ingeprop” na sy sin in vergelyking met die produksiemotors waarmee hy gejaag het. Steyn het met sy seun, Wiele, se karretjie gery wat gereeld aan dié sport deelneem.

•'BALANS EN PERSOONLIKE KONTAK MAAK SAAK'

Smith wil goed sorg

Die Swartland Hospitaal op Malmesbury het 'n splinternuwe superintendent. Dr. Barry Smith is onlangs as die bestuurder van mediese-dienste by die Swartland Hospitaal en die hele sub-distrik aangestel. Sy visie is om wêreldklas publieke gesondheidsorg aan elkeen te bied. Smith sê om dié visie te verwesenlik, moet besluite en energie nou gefokus word op die kwaliteit van die dienste wat gebied word. “Ons wil ook verseker dat dienste relevant en persoon-gesentreerd bly.” Dié doelwit kom nie sonder uitdagings nie. Volgens Smith is die geografiese gebied wat die hospitaal bedien, groot en het dit 'n bevolking wat merkwaardig uitbrei. “Dit is moeilik om altyd oral te probeer wees.” Hy sê verder die balans tussen administratiewe werk en persoonlike kontak met personeel en die gemeenskap, is dikwels moeilik om te handhaaf. Smith is baie opgewonde oor sy nuwe posbeskrywing. Hy is veral opgewonde om te sien wat die impak van besluite oor die kwaliteit van sorg, oor die langtermyn op dienslewering en die pasiënt se ervaring gaan wees. Smith is in ‘n klein dorpie, Duiwelskloof in Limpopo gebore. Hy het op ses-jarige ouderdom na Kaapstad verhuis. Sy skoolloopbaan is by die Hoërskool DF Malan voltooi en sy voorgraadse studies aan die Stellenbosch Universiteit, waar hy ook sy

Dr. Barry Smith is aangestel as die nuwe superintendent van die Swartland Hospitaal op Malmesbury. MB,ChB-graad verwerf het. Om ‘n dokter te word, was nie sy eerste keuse nie. Hy het nog tot op die “nippertjie” joernalistiek, sielkunde en selfs kopieskryf oorweeg. Die keuse om medies te studeer, spruit uit sy belangstelling in biologiese wetenskappe, asook die behoefte om ‘n impak in die gemeenskap en mense se lewens te maak. Smith het ook ‘n nagraadse diploma in narkose aan die Colleges of Mediclinic SA verwerf. Sy mediese-loopbaan, het by die Potchefstroom Hospitaal afgeskop waar hy as ‘n intern en mediese-beampte gewerk het. Daarna het hy in die noodgevalle-eenheid op Klersdorp gewerk.

Dit is hier waar Smith ‘n liefde vir nooddienste ontwikkel het. Hy en sy gesin het die geleentheid Kaap toe met ope arms verwelkom toe hy ‘n voltydse pos in die noodsentrum by die Durbanville Mediclinic aanvaar het. Ná drie jaar by dié hospitaalgroep, bevind hy homself nou in die Swartland. Smith het vir homself ‘n doelwit gestel om eendag ‘n bestuursposisie binne die mediese veld te beklee. Dit het egter beteken dat hy loopbaankeuses só moes maak om hierdie droom te kon bewaarheid. Hy het egter nie verwag die geleentheid sou so vinnig na sy kant toe kom nie. Smith beskou dit as ‘n reuse-voorreg om in dié stoel as superintent te kan sit. Sy rol as bestuurder van mediese dienste behels die oorhoofse verantwoordelikheid vir die kliniese dienste, menslike hulpbronbestuur, finansies, ondersteuningsdienste en infrastruktuur van die Swartland Hospitaal, Radie Kotze Hospitaal op Piketberg en Lapa Munnik Hospitaal op Porterville, asook die Primêre Gesondheidsorgplatform vir albei die sub-distrikte. Hy het op navraag oor moontlike veranderinge bygevoeg dat hy vir eers wil verseker dat die “basics” in orde is, naamlik ‘n toeganklike, relevante en volhoubare distrik-gesondheidsisteem. “Ek sien hier ‘n instansie waar die pasiënt tevrede en die personeel gelukkig is.”

NUUS • NEWS

2 November 2016


NUUS • NEWS

2

2 November 2016

Swartland is tweede “groenste” munisipaliteit

Modeparade:

Die Christelike Privaatskool op Malmesbury het Saterdag 'n stylvolle modeparade in dié dorp se stadsaal aangebied. Hier is van die modelle in hul prag-uitrustings.

Die Swartland Munisipaliteit is op 21 Oktober met prysgeld van R70 000 beloon, nadat hulle aangewys is as die naaswenner in die Wes-Kaap se Groenste Munisipaliteit-kompetisie. Swartland het in 2007 met die kroon weggestap toe hulle die nasionale wenner van die Skoonste Munisipaliteit-kompetisie aangewys is. Die kompetisie het vroeër jare bekend gestaan as die Skoonste Dorp-kompetisie, maar is sedertdien uitgebrei tot ‘n baie meer omvattende kompetisie wat onder meer faktore soos afval-, kus- en waterbestuur, asook luggehaltebeheer insluit. Die inisiatief om ‘n groener en omgewingsvriendeliker munisipaliteit en die bestuur daarvan te bevorder, word jaarliks volgens streng kriteria beoordeel. Die munisipaliteit se prys is nie toegeken vir spesifieke projekte binne die onderskeie kategorieë nie, maar omdat Swartland oor die jare wat hulle deelgeneem het, konsekwent goed presteer het, verduidelik strategiese bestuurder, Leon Fourie. “Ons prys was vir die tweede beste algehele

prestasie in die plaaslike munisipaliteite-kategorie." Elke vraag in die vraelys tel punte, so ons totaal vir al die vrae was die tweede meeste. Die kategorie sluit onder meer energiedoeltreffendheid en bewaring, biodiversiteit, kwaliteit van lugbestuur en leierskap, nakoming, instansie reëlings en publieke deelname in. Freddie Bruwer van die siviele departement sê hy is getaak om ‘n besigheidsplan op te stel vir die spandering van die R70 000, saam met insette vanaf die uitvoerende burgemeesterskomitee. "Die reëls bepaal dat die geld ter bevordering en bewusmaking van die groen inisiatief moet wees en volhoubaar moet wees", sê Bruwer. ‘n Gedeelte kan ook gaan vir werkskepping. “Die plan behoort teen einde November voltooi te wees, wat dan aan die departemente van omgewingsake voorgelê sal word vir goedkeuring, voordat die prysgeld ontvang kan word,” voeg hy by. Hessequa Munisipaliteit is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die groenste munisipaliteit in die Wes-Kaap aangewys.

Leerkragte maak wiskunde pret Meer as 160 onderwysers van die Weskusonderwysdistrik is onlangs bekend gestel aan kreatiewe en innoverende nuwe maniere om wiskunde te gee. Die meeste van hulle sê die ervaring sal hulle help om die vak meer toeganklik en vervullend vir hulle leerders te maak. Die onderwysers het ’n twee dae lange, intensiewe Woeker met Wiskundekonferensie bygewoon. Dit is teen die einde van Oktober op Citrusdal aangebied deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) in samewerking met die Weskus-onderwysdistrik en met steun van die Trust vir Afrikaanse Onderwys. Die konferensie was in die vorm van ’n Wiskundevertoonkas waarin leidende op-

voeders die nuutste onderrigmetodes en -tegnieke in ’n reeks lesings, werkswinkel en motiveringspraatjies aangebied het. Onderwysers vanaf Graad R tot deur die Grondslag-, Intermediêre, Senior en Verdere Onderwys en Opleiding- (VOO-) fases het die geleentheid bygewoon. Die Weskus Woeker met Wiskunde-konferensie was die tweede wat die SBA in die Wes-Kaap gehou het. Danksy die suksesvolle bywoning, het die bestuur besluit om nog ‘n konferensie in 2017 aan te bied en dwarsdeur die Wes-Kaap uit te brei, sê die hoof- uitvoerende beampte van die SBA, dr. Niel le Roux. Die Weskus-konferensie het onderwy-

sers van dwarsoor die onderwysdistrik gelok. “Die onderrig en verstaan van wiskunde is ’n massiewe uitdaging in skole,” verduidelik dr. Le Roux. “Die klem is op praktiese onderrig,” verduidelik projekbestuurder Johan van Lill. “Daar is baie alledaagse items en dinge wat ons dikwels weggooi wat as onderrighulpmiddels gebruik kan word om leer meer prakties en pret te maak. Die doelwit is om onderwysers te inspireer deur hulle bekend te stel aan nuwe idees en hulle aan te moedig om hulleself te vra: Wat kan ek in my klaskamer doen om beter onderrig te gee?” Vir meer inligting oor die SBA besoek gerus www.sbafrikaans.co.za


NUUS • NEWS

3

2 November 2016

Op die kole: Die span van RSA Makelaars op Malmesbury het besoek afgelê by die Aanskemering tehuis vir Bejaardes op dié dorp. Hulle het die inwoners met 'n braai en lekker gesels bederf. Hier is Tamaryn van Deventer, Maré Nel, Hannie Hanekom, Linda Carstens, Marshay Moses, Mnr Hanekom, Marinda Petrie, Randall Carolus, Maggie Durr, Ericka Visser en Penny Louw. Voor is Marthie Weyers, Mev H Kellerman, Antoinette Meyer, Marthie van Blerk, Lana Pretorius en Simon van Blerk.

• HSS NOU 'SLIMSKOOL'

Gratis internet vir plaaslike skole ‘n Nuwe ‘Wi-Fi’-houer wat onlangs by die Hoërskool Swartland op Malmesbury aangebring is, kan eersdaag tot gratis internet-toegang vir alle publieke skole in die area aangewend word. Die Wes-Kaap se Departement van Onderwys (WKOD) hoop om teen die einde van 2016/2017 se finansiële jaar, gratis toegang tot die internet aan alle publieke skole te kan verskaf. Volgens woordvoerder Paddy Atwill, maak die departement goeie vordering met die bekendstelling van die eLearning-program aan skole regoor die Wes-Kaap. Die Wes-Kaapse regering beskou die eLearning-program as ‘n mylpaal wat geleenthede vir leerders sal bevorder en groot uitdagings binne die provinsie se onderwyssektor die hoof bied. Sleutelkomponente van die program sluit ‘n wye-area-netwerk (WAN) in, wat byna al die skole in die Wes-Kaap tot ‘n hoëspoed breëbandnetwerk sal verbind. Plaaslike area netwerke (LANS) binne skole sal aan die WAN verbind word. Die WKOD beoog om 1 278 skole, insluitend Hoërskool Swartland, tot die WAN, terwyl daar ‘n alternatiewe konneksie vir die 191 skole wat nie tot die vesel-optiesenetwerk (fibre optic) verbind kan word nie, gesoek word. Die stelsels sal gratis Wi-Fi vir elke skool wat verbind is, insluit. Die Wes-Kaapse regering se diensverskaffer het tot dusver 871 skole tot die WAN verbind wat 68% van skole wat vir die projek geïdentifiseer is, verteenwoordig. Volgens Brian de Beer, onderwyser by HSS,

is hulle baie dankbaar om as een van slimskole geïdentifiseer te word. “Dit gaan wonderlik wees vir die skool.” Die departement het reeds 4 267 slim klaskamers voltooi met ‘n verdere 1061 slim klaskamers wat einde Oktober gereed sal wees. Daar word beoog om 7 277 slim klaskamers voor te berei. ‘n Verdere element van die projek, is ‘n eLearning toegangspoort of eerder die “ePortal” wat toegang tot digitale inhoud bied. De Beer sê leerders sal hul eie slim-toestelle skool toe kan bring waar die toepassing (app) afgelaai kan word om inligting wat deel vorm van die kurrikulum, te verkry. Die toegangspoort is ontwerp om samewerking tussen onderwysers, uitgewers van handboeke en ander industrieë, aan te moedig om inhoud op een digitale platform te deel. Onderwysers word gewys hoe om hulle onderrigvaardighede en leerkapasiteit uit te brei deur innoverende internetgebaseerde programme te gebruik. Geleenthede vir onderwysers om eLearning te gebruik, is egter steeds beperk, al het baie leerders elektroniese toestelle soos slimfone, omdat die aflaai van data duur is. eLearning sal egter meer toeganklik raak soos WiFi-punte by skole gevestig word. Die WKOD het ‘n veldtog geloods om onderwysers aan te moedig om digitale inhoud te vervaardig. Meer inligting oor die digitale platform kan by die webblad, wcedeportal.co.za gevind word.


dié

4

courant

Nuwe besems

'n Nuwe besem se borsels is nog vars, nuut en lus vir die nuwe uitdagings. Die Swartland Hospitaal het 'n nuwe besem in Dr Barry Smith gevind. Gesondheidsorg is nie 'n beroep wat ons almal sal kies nie, want dit het baie uitdagings en om met mense se lewens te werk, is iets waarvoor jy hare op jou tande moet hê. Dr Smith pak al die nuwe uitdagings met ywer aan. Hy is passievol oor dit wat hy doen en stel sy mense eerste. Hierdie geleerde is beslis 'n aanwins vir die hospitaal, maar ook die breë gemeenskap. Ons weet nooit wanneer ons die dag die dienste van die plaaslike hospitale gaan benodig nie en dan wil jy met 'n geruste hart jou lewe in die mediese personeel se hande plaas. Ons moet ons hoed afhaal vir hierdie beroepslui, want 'n groot verantwoordelikheid rus op hul skouers.

NUUS • NEWS

2 November 2016

It’s Good News

Quest for gold

The quest for gold can make people GO to great lengths, USE great energy and ENDURE great hardships. Recently, a Chinese herdsman named Berek Sawut found a seventeen pound gold ‘nugget’ lying in a field. Can you imagine the stampede that could cause? Gold has been discovered on every continent, but remains so rare that more steel is poured in one hour than all the gold produced in recorded history. In the Bible gold is often used as a symbol for spiritual virtue and Christ’s righteousness. The Apostle Paul said we are to build with the gold of the gospel as our foundation. The Apostle Peter said faith is more precious than gold tested by fire. In Revelation chapter three, the Lord told John to write to the church of Laodicea the following message, “Because you say, ‘I am rich, have become wealthy, and have need of nothing’—and do not know that you are wretched, miserable, poor, blind, and naked— I counsel you to buy from Me gold, refined in the fire…” They needed Christ’s righteousness - symbolised by gold. God wanted the Laodiceans to desire and acquire His gold. He wants the same for us. What God has prepared for those with faith in Him makes Sawut’s 17-pound nugget look like the smallest nugget.


NUUS • NEWS

5

2 November 2016

Dienstemming:

Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS

Die stemming vir vanjaar se Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie van die Malmesbury Sakekamer is nou oop. Besoek www.sakekamer.co.za om jou stem te laat geld. Die stemming sluit Vrydag.

WEEKEND SAVINGS on st e B

b the raai Rainbow Frozen Chicken 4 Drums + 4 Thighs 1.5kg Each

WAS R42.99

R

PnP Bulk Grabouw Boerewors

PnP Uncooked Bulk Beef Mince

R

38

54

R

66

Per kg

Per kg

PnP Fresh Chicken Braaipack 4s or 16s

R

38

90

Per kg

10kg Clover Full Cream or Low Fat Fresh Milk 2 Litre Each

R

21

BUY ANY 2 FOR

80

GET 1 FREE FOR EVERY R150 YOU SPEND

Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre

R

Spekko Long Grain Parboiled Rice 2kg

WAS R26.99

26

R

18

90

Plus earn

BONUS STIKEEZ EZ

WAS R97.99

WAS R12.99

8 79 PRICES SO LOW YOU WON’T BELIEVE YOUR EYES 219 109

R

FREE APP d Keep ‘em

PnP Super Maize Meal 10kg

Pasta Grande Spaghetti or Macaroni 500g Each

when you buy selected products

ry!

90

R

WAS R256

Amarula Cream Liqueur 750ml

R

90

Hunters Dry, Gold, Export or Hard Lemon Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Case

WAS R135.99

R

Cuddlers Comfort New Born or Value Pack Assorted Per Pack

Ariel Hand Washing Powder Assorted 2kg Each

R

R

117

WAS R149.90

90

WAS R59.99

38

90

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Bellville, Camps Bay and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

PRICES VALID 3 - 6 NOVEMBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS501

NEW BUYING MONTH STARTS ON THE 6TH


NUUS • NEWS

6

2 November 2016

Landbouvereniging nou bekend as Agri Malmesbury Die Malmesbury Landbouvereniging het ‘n nuwe blaadjie omgeslaan en spog nou met ‘n nuwe naam en nuwe logo. Dié besluit om die landbouvereniging se naam en hul beeld te verander, kom ná deeglike selfondersoek en bespreking deur die bestuur. Die nuwe naam is onlangs op die algemene jaarvergadering voorgelê en deur die lede goedgekeur. Dit kom ook nadat die nodige wysigings aan die grondwet aangebring is om voorsiening te maak vir die toetrede van agri-besighede in die plaaslike gemeenskap tot die ledebasis van Agri Malmesbury. Agri Malmesbury nooi alle agri-besighede uit om by hulle aan te sluit om sodoende ‘n gemeenskaplike bydrae te lewer en nie slegs aan die landboubedryf nie, maar ook aan die breër gemeenskap

in die bedieningsgebied. “Agri-besighede het buiten die Malmesbury Sakekamer, geen gesamentlike spreekbuis nie en die gedagte is dat hul behoeftes deur Agri Malmesbury as kanaal aangespreek moet en kan word,” verduidelik die bestuur. Die bestuur het ook besluit om ‘n nuwe naambeeld wat in lyn sal wees met dit waarmee in die gebied geboer word, te ontwerp. Die nuwe naambeeld is ook goedgekeur en onlangs aan die lede gedurende ‘n ledevergadering bekend gestel. “Die koringaar verteenwoordig die hoofbedryf waarvoor die gebied wêreldwyd bekend is. Die groen driehoek verteenwoordig groei en vooruitgang met die drie hoeke, naamlik die wingerd-, skaap- en beesbedrywe wat die ander hoofondersteunende bedrywe tot die graanbedryf in die Swartland is,” vertel

Skaapstudie: Die nuwe bestuur

vir Agri Malmesbury se skaapstudiegroep is onlangs gedurende hul algemene jaarvergadering by Laerskool Swartland se sportsentrum verkies. Voor van links sit John Dürr, Peter Steyn, Dr. Francois de Villiers, Du Toit Dürr en Eben Schellinck. Agter staan Ewan Louw, Pieter Dreyer, Derrick Becker, Nollie Stofberg en Oubaas Lesch Jnr.

die bestuur. “Die geel son verteenwoordig die lig van God wat oor ons almal skyn en waghou, asook die energie verskaf wat nodig is om ons Godgegewe taak, om die grond te bewerk, te versorg en te bewaar, na te kom.” Volgens die bestuur, het die landbouomgewing die afgelope aantal jare so baie verander, dat produsente en landboubesighede nie meer los van mekaar kan staan nie. “Die aanslae van buite maak dat ons as ‘n gesamentlike magsbasis moet optree en die belange van die hele landbouwaardeketting moet beskerm en uitbou. Volhoubare voedselproduksie moet ongehinderd kan voortgaan in ons gemeenskap. Ook in die land as ‘n geheel. Dit was grotendeels die hoof-dryfveer agter die veranderings, verduidelik die bestuur.

Koringstudie: Die koringstudiegroep se nuwe

bestuur bestaan uit Peter Steyn, Michiel Smuts, Dicky Hewett, Gert Claassen en Eben Schellinck in die voorste ry met Johan Smuts, Hennie Eksteen, Dolfie Walters, Paul Truter en Derrick Becker heel agter.

Niemand kan ooit my man se plek inneem nie Maak nie saak hoeveel hulle verdien het nie: as ʼn geliefde sterf, is die verlies altyd erg Scheme voor, wat ondersteuning vir die familie en met die begrafnis aan die naaste familie verskaf en aan die oorledene se afhanklikes – ongeag wie die ongeluk veroorsaak het.

• Vooraf bepaalde voordele • Maandelikse betalings • Erkenning van behoefte, nie van verlies nie #EverybodyHurtstheSame

RABS OTM Afrikaans.indd 1

20/10/2016 12:58


NUUS • NEWS

7

2 November 2016 BETREKKING VACANCY Betroubare INSLAAP huishulp en kinderversorger gesoek. Needed a trustworthy sleep-in, home- and childcaretaker. Whatsapp to 0723681565 #3090 DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 544 2038 of elsa@ abcpartytjies.co.za #2393 GESOEK WANTED AANDAG!!!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ens. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/ 084 794 7528 #2005 GELUKWENSING CONGRATS RAAI WIE WORD 50???

Waydon Brander - Baie geluk. Ek is baie lief vir jou en mag Liewe Jesus jou seën en nog vele jare spaar. - Tietie Dienkie #3056 ----------------------------------BRENDA PIETERSEN 5 NOVEMBER Geluk met jou kroonverjaarsdag op 27 Oktober JASLIN (Josie). God se rykste seëninge. Baie liefde - Ma, Pa, Broers en Suster #3047 ----------------------------------RAAI WIE WORD 27 JAAR OUD OP 28 OKTOBER

RICARDO LEE-ROY (Buksie) HENKEMAN. Ek is baie lief vir jou. Jy is my oogappel. Jy moet lekker verjaar en wees 'n soet seun. Van: Ouma, Oupa, Jo-Ann en Evangeline #3048 ----------------------------------RAAI WIE IS 60 ????? OP 3 NOVEMBER 2016

Mag al jou drome waar word. Jy's 'n vriendin duisend. Bly altyd JY. Liefde: Jou Umlungu's #3041

Baie geluk op jou verjaardag. Alle voorspoed en mag jou lewe geseënd wees. Baie lief vir jou en lekker verjaar - jou suster Sarah & Herman #3057 ----------------------------------Liewe Ma, baie geluk met Ma se verjaardag. Alles wat mooi is vir die pad vorentoe. - Claudia en Bradley #3058 ----------------------------------Baie geluk! Alles wat mooi is. Mag Jesus u vele jare spaar en al u drome bewaarheid. Klomp liefde - Nicky #3059 ----------------------------------Ons sê baie geluk met u geboortedag. Seën en voorspoed is ons wens. Baie liefde - Chrizaan, Timo, Zenobia, Tristan en Keagan #3060 ----------------------------------RAAI WIE IS 50!!!! OP 3 NOVEMBER

JU-HEIN - 7 JAAR OUD 'n Liefdevolle en vreugdevolle lewensjaar word jou toegewens. Bly die oulike seuntjie wat jy is. - Mammie, Daddy, kleinboet Juan en al die familie. #3050 Hoop jy het 'n ongelooflike eerste verjaarsdag DE-HEYCO. Mag jy 'n lekker dag spandeer saam familie en maaitjies. Mammie, Dorra en Ouma. #3043

BERNELEIGH 21!!!!! Baie geluk met jou 21ste verjaardag. Dankie vir die dogter wat jy is. Liefde: Mammie, Ouma, Uncle, Tannie en kinders #3044 ---------------------------------Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. Mag lewensvreugde jou op die pad begroet. God se seënwense. - Antie Rika,Denzil, Marika, Marisca, Henlize en Timrique #3045 ----------------------------------RAAI WIE WORD 70 ?? OP 5 NOVEMBER

Wens u 'n geseënde en voorspoedige nuwe lewensjaar toe. Mag die Here u nog vele jare spaar. - Mina en gesin #3046

Hou dié courant se Facebook-blad dop vir al jou nuus en gebeure!

JAY-DEAN HERRINGS Geluk met jou "Crown Birthday" op 25 Oktober. God se rykste seën word jou toegebid. Van: Ma, Oupa, Lolly, Gino en boeta Giffie #3050 ----------------------------------Geluk met die herdenking van die geboortedag. Mag die Here jou nog vele jare spaar. Van: Vissie, Chris, Kevin, Chriswin en Kaylim #3051 ---------------------------------Geluk Jay-Dean. Alles wat mooi is vorentoe. Jy moet lekker verjaar. Van: Tietie, Carlo, Fuzlyn, Marchalé, Gershwin, Karlin en Marquite. #3052 ----------------------------------Geluk Jay-Dean met jou 25ste verjaarsdag op 25 Oktober. Stel God eerste in jou lewe. - Fenna, Johaynnen en Lee-Hagen #3053

WERNER. Geluk met jou geboortedag. Mag die Here jou seën, lei en beskerm. Lekker verjaar. - Die Pietersen, Carolus gesinne, Mulla en Alfredo #3054 ----------------------------------WAYDON BRANDER

Op 1 November 2016 is jy twee jaar oud. Ons is baie lief vir jou. Jy is ons sonstraal. - Mamma, Pappa, Nanna, Pa en Ma #3055

JOHN VAN DER BYL Baie geluk met jou verjaardag. Alles wat mooi is. Mag Jesus u nog vele jare spaar en alle drome en wense waar maak. Jou dogter: Johnnic #3061 -----------------------------------

SHANELL MULLER 29 Oktober 2016 Baie geluk. Moenie stres vir die eksamen nie, vat dit kalm. Die Here sal jou beskerm. - Jou Ouma Fien #3062 ----------------------------------Shanell Muller - Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou met vele jare uitspaar. Baie lief vir jou. Van: Tannie Landie en gesin #3063 ----------------------------------EMILE SWARTS - 21!!!!!! on 6 NOVEMBER

You are a wonderful blessing, a treasure from above. Your laughter, warmth and special charm, your thoughtfulness and love. Enjoy your 21th birthday. From: Mommy #3064 -----------------------------------

ADRIAN DYASON Baie geluk met jou verjaarsdag op 3 November. Mag die goedheid en guns van ons Hemelse Vader u altyd bybly. Behou daardie glimlag en jou vriendelikheid. - Antie Tessa, Michael en kinders #3065 -----------------------------------

4 November 2016 - Baie geluk met jou geboortedag CHESWILL. Alles wat mooi is en onthou Tannie is baie lief vir jou. Van: Witny, Hezi, Ugene en Tannie Lizy #3078 ----------------------------------TYLER PIETERSEN

Dina September #3083

ROMANO FREDERICKS (Maans) - Jou eerste verjaarsdag in die hemel. Hoe graag wil ons jou gelukwens en 'n drukkie gegee het. Ons sal altyd jou mooi herinneringe koester. Van: Landie en Familie #3084 ----------------------------------Maans Fredericks (30 Oktober) - Jou eerste verjaarsdag weg van ons. Ons was by jou graf, die trane het vrylik gevloei en ons weet jy is veilig in Jesus se arms. Van: Aunty Fien en familie #3085

I cherish the warmth of being wrapped by the love given by you. Happy anniversary. From your hubby, Marco #3068

DE-HANDRÉ SEPTEMBER Dit was jou neënde verjaarsdag op 30 Oktober 2016. Van: Oupa Dappit en ouma Dina September #3069 -----------------------------------

Baie geluk met Mammie se verjaarsdag. God se rykste seën. Ons dank God vir u 60 jaar. - Kinders, familie en kleinseun #3049 Ons eie La Mar Mckenzie is 50! Verjaardae is vol herinneringe, vreugde en drome. Mag jou dag vol nuwe herinneringe wees. - Fredericks-gesin #3042

ALICESTINE NOVEMBER Baie geluk met jou verjaarsdag op 2 November. Stel God eerste in jou lewe. Dankie vir al jou liefde en geduld. - Antie Tessa en kinders #3066 ----------------------------------ALICESTINE & ADRIAN, Baie geluk my kinders met julle verjaarsdae. Mag die Here julle seën. Lekker verjaar. Van: Mammie Linda #3067

Baie geluk met jou mondigwording. Stel God eerste in jou lewe en al die ander dinge sal bygevoeg word. Mag die sleutel van onafhanklikheid die deur na jou drome oopsluit. Met baie liefde - Mammie, Pa, Broers en familie #3077

DEIDRE RAJAH (1 November) - Baie geluk met jou verjaarsdag. Jy is altyd in ons gebede. - Tannie Fien en Familie "May the good Lord keep and Bless you wherever you go!" #3070 ----------------------------------Baie geluk met jou verjaarsdag. Bly die lieflike mens wat jy is. Mis jou baie. - Landie en familie #3071

DAVID BOOIS (5 November) - Baie geluk met jou 50ste verjaarsdag. Alles wat mooi is op jou lewenspad. Van: Landie en gesin. #3072 ----------------------------------David Boois - Baie geluk met jou halwe eeu. Moenie so slaap in die bus nie - dit raak groot dae, hou jou besittings styf vas. - Tannie Fien en familie #3073 ---------------------------------Dawid:5/11/2016 - 50 and Fabulous. Baie geluk en mag God nog 'n 50 byvoeg alles wat mooi is. Jou vriendinne- Ewanda en Elizabeth # 3074 ----------------------------------Dawid, baie geluk met jou 50!!! Van Saartjie Baardman (Enid Leander) #3075 ---------------------------------RAAI WIE WORD 60 OP 6 NOVEMBER 2016

Baie geluk met u verjaarsdag. Hoop u word bederf. Van: Die Pavaratte #3076 ----------------------------------RAAI WIE WORD 21??? OP 2 NOVEMBER

Raai wie word vier op 3 November. Baie geluk ons eie Babelbekkie. Ons is baie lief vir jou al is jy so handvol en wil net hardloop, maar daardie gee ons het nog meer redes om jou so lief te hê. Klomp soene en liefde. Van: Mammie, Daddy, Curtly, Reece, Amor, Ouma Nellie en Oupa Glenn #3079 -----------------------------------

BENTLEY SEDEMAN Geluk my man en pa - Ons is baie lief vir jou. Hoop jy geniet jou dag en baie dankie vir die wonderlike Pa en manlief wat jy is. Ons waardeer jou regtig baie - Liefde #3080 MEMORIUM IN MEMORIAM HENRICO VAN DER POLL Gebore : 28 Oktober 1979 Oorlede: 19 Maart 2014

Ons het nie die oggend van 19 Maart 2014 geweet dat God jou naam sou sê. Jy het nie alleen gegaan nie, 'n deel van ons as familie is saam met jou. Jou liefde is nog steeds ons gids. Wens die hemel het ook besoekure gehad HENRICO. - Ma, Pa, Kevin en Michelle #3081 ----------------------------------JACK DANIEL JACOBS 12/9/1938 - 29/10/2006

Dit is reeds 10 jaar, maar die verlang en gemis is daar vir al jou sêgoed en vir almal 'n grap vertel. Ons weet dat jy veilig is by Jesus. On sal jou nooit vergeet - ons praat nog elke dag van jou. Van: jou vrou Stephnie, dogter en skoonseun, seun en skoondogter, kleinkinders en agter kleinkinders #3082 ----------------------------------DENISE PLAATJIES

Op 1 November 2016, is dit jou eerste verjaarsdag weg van ons. Verlange is groot. Dino, Dappit en

Vandag op 4 November 2016 presies 3 jaar gelede skielik weggeneem van ons, maar steeds dink ons aan jou elke dag. Ons weet jy is op ‘n veilige plek tot God ons weer eendag bymekaar sal bring. Van jou verlangende vrou: Evelyn, kinders en kleinkinders #3086

CHRISTENE SKIPPERS Baie geluk met jou geboortedag suster. Baie dae is my verlange nog na jou. Van: Jou suster Hendriena, Derick & Boetie #3091 STERFGEVAL OBITUARY RACHEL CHRISTINA FARAO Gebore: 1 April 1962 Oorlede: 25 Oktober 2016

Sag heengegaan in die ouderdom van 54 jaar. Jou stem is stil, en jy word baie gemis. Begrafnisdiens op Sondag, 6 November 2016. 8:30-9:00 (lykskouing). Huisdiens van 9:00 - 10:00 by Leeubekkiestraat 8 en die Kerkdiens om 10:00 in die Bovertrek Kerk in Roosboomstraat, Koringberg. Liefdegroete Lucas, Martha, Lizma, Cecile ,Christopher, Claudia en kleinkinders #3087 ---------------------------------CHRISTINA CLEOPHAS Gebore: 27.08.1944 Oorlede: 26.10.2016

Ons geliefde Ma, Ouma en suster, sag heengegaan op 26 Oktober 2016. Ons berus ons dat u in die hande van ons Vader is. Rus in Vrede. - Kinders en kleinkinders • Roudiens: Woensdag, 2 November om 19:00 by St Thomas Anglikaanse Kerk en op Donderdag, 3 November om 19:30 by Gousblomstraat 54, Malmesbury. Begrafnis op Sondag, 6 November om 11:00 by die Huis (Gousblomstraat 54) en om 12:00 by St Thomas Anglikaanse Kerk #3088

CHRISJAN (Swannie) SWANEPOEL Woorde is min om ons hartseer te beskryf. Ons kan nie die lewe sonder jou voorstel nie. Liefde Mynie, kinders & Familie. Gedenkdiens Donderdag 3 November om 11:00 by NG Kerk Moorreesburg. #3089 TE HUUR TO LET Kantoorspasie te huur in Malmesbury - 200m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/50 TE KOOP FOR SALE Aloe Ferox Produkte Bestel al u produkte by u agent, Lina Gerber. Kontak: 022 482 3414 #3039 ----------------------------------Gekomposteerde mis te koop tot einde November. 50kg sakke, R40/sak, aflewering ingesluit, minimum bestellings van 10 sakke. Skakel Laetitia Walters 082 780 9422 #2768 ---------------------------------Samsung Tab 3 7" vir R1700 en Samsung Gear VR teen R1100. Skakel 082 668 0886 #3092 ---------------------------------Stokvis Fillette @ R200/ boks; Stokvis porsies @ R150/boks; Stokvis @ R55/kg asook Snoek. Visvingers en Viskoekies @ R45/kg. Skakel 022 487 3265 / 084 250 2460 #2871


courant

Tel: 022 487 3221

Junior-kampioen:

Johandré Theron is 'n kranige gholfspeler van Malmesbury wat weet hoe om 'n bal te slaan. Hierdie graad 4-leerder van die Laerskool Swartland het verlede week die SA Kids Junior Opegholfdag vir kinders onder 9 en 10, gewen. Die toernooi is op die Royal Cape-gholfbaan gespeel. Hy het oor die laaste nege putjies slegs 44 houe gespeel.

NUUS • NEWS

2 November 2016

SPORT

dié

8

2 November 2016

Sportuitslae

Sports results

Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner, Woensdag 26 Oktober - Enkel Stableford: Lindsay Meyer 23, George Prinsloo 22, Lothar Buhr 19, Billy Howberg 19, Gerhard Immelman 18 Vrydag Sundowner, Vrydag 28 Oktober: Enkel-Stableford - Jacobus Snyders 23, George Prinsloo 22, Eric Februarie 22, Brian de Beer 22, Donnie Smit 22 Round Table Gholfdag - Saterdag, 29 Oktober : Beterbal Stableford: Fritz de Beer & Thys Esterhuizen 45; Lindsay Meyer & William Matthysen 45; Paul Hardcastle & Peter Hardcastle 44, Adriaan Louw & Johann Ackerman 44; Jacques Badenhorst & Merwe van der Merwe 43; Sakkie Klasen & Eben Lingeveldt 43, F Pereira & M Pereira 43; Gerhard Bester & Lothar Buhr 43; Andre Uys & Herman Treurnicht 43; Josef de Beer & Ernest Matthysen 42

Lillies:

Die Abbotsdale-rugbyklub het Vrydagaand sy ster-spelers van die jaar vereer vir hul uithaler-spel. Agter: Shelton Appollis (speler van die jaar), Renfred Adams (beste voorspeler), Tiaan Fry (veelsydigste speler), Heinrich Williams (veelsydigste voorspeler), Chemandré van Schalkwyk (eerstespan agterspeler van die jaar; spelers se speler) en Josef Ceasar (spelers se speler). Voor: Wiam Syster (mees gedissiplineerde), Gillman Williams (mees toegewyde speler) en Birthrim Gysenberg (Golden Boot-trofeewenner). Foto: David Howburg

Gholf Malmesbury (72) Vierbal-samespel: (9 putjies) N Elridge, G Durrell, R Sullivan en J Ackerman 50; G Jamneck, D Jamneck, P Tepper en M van Vuuren 47; C de Jager, G Saayman, R van der Merwe en D van der Merwe 47; C Visser, D Giliomee, J Rabe en B Mouton 47; G van Rooyen, V Hunt, N Kotze en V Dippenaar 46; T Goosen, H Els, A Uys en J Cilliers 46 Moorreesburg (72) Houespel: M Wiese 71, M Carr 71; H April 74; A Smit 75, E van Niekerk 75 Malmesbury Krieketklub Kraaifontein bat eerste en teken aan 173. Beste boulers vir MKK was Divaan Robertson 3/26 en Sergio Rooms 3/35. MKK kolf en teken 101 aan. Beste kolwer was Sergio Rooms met 35. MKK verloor met 72 lopies

Sydney Crow is aangewys as die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg se veelsydigste sportvrou. Sy was lid van die Boland-atletiekspan en Wes-Kaap netbalspan.

Top 10: Antoinette Burger van die

Porterville Hoërskool het Saterdag op Moorreesburg aan Hoërskool Dirkie Uys se Top 10-atletiekbyeenkoms deelgeneem.

Gerrit Bester is aangewys as die veelsydigste sportman. Hy is in die Boland Cravenweek rugbyspan opgeneem, asook in die eerste krieket-, tweede tennisspan en het deelgeneem aan atletiek.

Suzanne Kotzé het die Rapportryers-trofee ontvang vir beste kultuurprestasie. Sy was die nasionale kampioen by die SA Jeugskou (met die hoogste punte) in die senior wolskaapafdeling.

Corin de Waal dié skool se sportvrou (beste prestasie) van die jaar). Sy was lid van SA-tennisspan wat in Tunisië gespeel het.

Johan van der Westhuizen het die Emmeri Serdyntrofee vir beste prestasie in nie-skoolsport ontvang. Hy was lid van Protea hengelspan wat internasionaal deelneem en het 'n vierde plek behaal.

Garlin Cleophas is Hoërskool Dirkie Uys se sportman van 2016 (beste prestasie van die jaar). Hy was lid van Wes-Kaap-atletiekspan wat aan die SA-byeenkoms in Durban deelgeneem het.

Piketberg Krieket Klub Piketberg 1 het sy wedstryd teen Stellenbosh & Distrikte met 33 lopies gewen en is nog steeds onoorwone in die Promosie Liga. Piketberg 2 het verloor teen Mbekweni KK met 3 paaltjies en dit was 'n baie swak dag gewees vir die span. Wedstryd Opsommings Piketberg 1 teen Stellenbosh Distrikte Beste Kolwers: L. Frederiks 95 Lopies, D Fortuin(Jnr) 41 lopies. Beste Boulers: D. April 5/38 Jvd Merwe 3/30. Piketberg 1 wen met 33 lopies Piketberg 2 teen Mbekweni KK Beste Kolwers: D. Fortuin(Snr) 27 lopies, T. Kok 23 Lopies. Beste Boulers: T. Kok 2/32 C. Adams 2/28 Piketberg 2 verloor met 3 paaltjies Skole Krieket Porterville vs Charlie Hofmeyer: Charlies 211/6 (Keagan Frans 42, Dricus Swart 38, Eulme Norman 38) Porterville 94 (Vernon Willemse 5/26) Charlie Hofmeyr klop Porterville met 117 lopies


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
1swartberg 2 november 2016 (394) by DieCourant - Issuu