die courant 1 oktober 2014 291

Page 1

courant swartland en weskus Swartland

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

1 Oktober 2014

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

Uitgawe 291

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Nuwe riool-aanleg vir vallei

Rabie wen “Ride the Rhino”

Eiendomswaardasies vir die Swartland

Skou-pret Die afgelope Malmesbury Skou het ‘n hele klomp nuwe items op die program gebied. Die 4x4-baan was veral ‘n gunsteling onder skougangers. Die vroue van die omgewing het weer hul beste voetjie voorgesit vir ‘n foto saam met Steve Hofmeyr by die Damesoggend.

• HUIS VAN HEERDE KRY ABBA-HULP

‘Gee kinders vlerke’

Armoede gaan nie net oor finansies nie, dit is ook wanneer mense sonder drome is. Só het Herna Adams, Organiseerder AbbAsorg van die ATKV, gister gesê by die amptelike opening van die ATKV-AbbaSorg Huis van Heerde se Voorskoolse ECD Sentrum op Moorreesburg: Ons Reënboog Vinkies. “ATKV AbbAsorg fokus op voorskoolse kinders. Ons wil ‘n verskil maak deur ‘n droom, hoop aan ‘n kind te gee.” Kobus Smit, uitvoerende bestuurder van Huis van Heerde, was duidelik dankbaar oor die uitkoms wat hierdie vennootskap met die ATKV aan hulle bied. Die verarming van die platteland en die groeiende sosiaal-ekonomiese nood van kinders het die fokus van die sentrum heeltemal verander.

“Ons kinders wat inkom, is ook al jonger en jonger. Hulle het ‘n enorme opvoedkundige agterstand en gebreke. “Dit word ‘n duur en tragiese belegging in die staat-subsidiestelsel. “Die voorskoolse sentrum het nodig geword om kinders toekomsdrome te gee. Só kan ons vir elke kind ‘n individuele ontwikkelingsplan opstel.” Die sentrum het in Julie verlede jaar geopen met 12 kinders. Nou is daar ook 18 kinders uit die gemeenskap wat elke dag aangery word vir omgee, onderrig, twee etes en ‘n kospakkie elke aand. Vrydae is daar ook ‘n naweekpakkie. “Ons kinders kom dikwels uit agtergronde van dwemmisbruik en mishandeling. Hierdie

agterstande maak dat hulle meer nodig het as wat ‘n gewone ECD-sentrum kan bied,” het Carin Plaat, hoof van die sentrum, die rede agter die ontstaan van die Vinkies verduidelik. Die vennootskap met AbbAsorg beteken dat die ATKV nou die helfte van die finansiële las dra. “AbbAsorg is ‘n handelsmerk van die ATKV wat ons graag in elke dorp en stad wil sien. Dit is net moontlik met vennootskappe soor hierdie.” Raadslid Marlene van Zyl, wat die geleentheid namens die Swartlandse burgemeester bygewoon het, het gesê dié inisiatief is in lyn met Swartland Munisipaliteit se missie. Sy het statistiek aangehaal wat daarop dui dat tot 80% van voorskoolse kinders in die Swartland nie in ECD-sorg nie, maar swerf in die strate rond. “Hierdie ingryping is prysenswaardig.”

NUUS • NEWS

1 Oktober 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.