die courant 13 maart 2013 213

Page 1

courant

tel 022 487 3221

Uitgawe 213

die

swartland en weskus

13 Maar t 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

Swaai stokke vir die DBV Verskeie bekendes het verlede week op Malmesbury ‘n draai gemaak om die klein balletjie te jaag by die spesiale Gholfdag wat vir die Swartland DBV gehou is. Die dag is georganiseer deur René Van Der Merwe van Malmesbury. Onder die 21 vierballe wat aan die dag deelgeneem het, was Kurt Darren, Wicus van der Merwe (van Malmesbury), Pieter Truter, Viljoen Retief en op die inlas is Rob Louw en Breyton Paulse.

•Koshuisgangers ‘kry dikwels emosioneel swaar’

‘Wegstuur is onding’ Nagenoeg 10% van Swartlandse leerders, onder wie van die streek se top-presteerders in akademie en sport, word vir hul hoërskoolloopbane weggestuur na naburige skole, soos Paarl Gimnasium. Daar word hulle dikwels aan geweldige kompetisie blootgestel. Een van hierdie groot bekende skole het een jaar in sy nuwe graad 8-klas 50 leerders gehad wat die vorige jaar hoofseuns in verskillende laer skole was en maklik 30 tot 40 Cravenweekspelers. Dirk Marais, hoof van Hoërskool Swartland, waarsku teen die nadele wat wegstuur kan meebring. ‘’Jou kind is weg. Dis soos ‘n lam wat te vroeg gespeen word. ‘‘Fisies is dit gewoonlik in orde, maar psigies is dit dikwels ‘n probleem deurdat hulle ‘n emosionele agterstand het weens die afwesigheid van ouers. “Die groot skole kom bied beurse aan vir die kinders. By ‘n Eisteddfod het ‘n juffrou van die Paarl ‘n kind van ons sommer bygeloop net nadat sy gesing het en beurse aangebied. ‘‘Dieselfde gebeur met kinders wat goed in sport presteer. Dis ‘n onding.’’ Verskeie rugbytalentsoekers vanoor die land kom bied Swartlandse atlete en rugbyspelers

beurse, gratis koshuisverblyf en gereelde vliegkaartjies huis toe aan. ‘’Paarl Gim is die groot afrokkelaar. Dis blatante handeldryf in kinders,’’ het ‘n omgekrapte onderwyser aan die courant gesê. Prof. Jonathan Jansen, nasionale onderwyskommentator en rektor van die Universiteit van die Vrystaat, het op die courant se navraag oor die praktyk om kinders weg te stuur, ge-e-pos: “Dit is altyd beter vir kinders om te leer en studeer by die skool naaste aan hul ouerhuis. “Maar wanneer ouers hul kinders wegstuur na ander skole, moet die eerste reaksie nie wees om dit te kritiseer nie, maar om te vra wat kan ons in die plaaslike skole doen ten einde die beste talent plaaslik te hou.’’ Dirk Malan van Laerskool Swartland, het gesê: ‘’Ek het my kind net 18 jaar by my. Ek wil hom nie al op 13 jaar wegstuur nie. Dan mis ek 5 jaar van sy lewe. ‘‘Na my persoonlike mening as opvoeder is geen koshuis beter as ‘n ouerhuis nie. Hoërskool Swartland het my kinders ongelooflike geleenthede gegee.’’

Volgens prof. Aslam Fataar, voorsitter van die Universiteit van Stellenbosch se departement opvoedingsbeleidstudie, is dit ‘n verskynsel oor klaskontekste heen, in van die armste tot die rykste buurte. ‘’Dis ‘n poging om hul drome, talente en ambisies uit te leef en hulle voel dis nie haalbaar in hul plaaslike konteks nie. Ons het hier te make met ‘n sterk individualistiese inslag. ‘‘Vir kinders en ouers uit arm buurte gaan dit dikwels gepaard met groot finansiële en emosionele opofferings.’’ Jannie van der Westhuizen, rektor van Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch, het op die courant se vraag oor waarom ouers kinders na sy skool sou stuur, geantwoord ouers vind die ‘’uitleef van die sogenaamde ‘old school values’ soos trots, res­­­­­­­­­­­pek, gentlemenship, die viering van ou tradisies, ens. aanloklik.’’ Hy voeg ook by dat Paul Roos ‘n ‘’lang en gevestigde reputasie en goeie naam as sterk akademiese skool, asook presteerder in sport en kultuur’’ het. Lees uitgebreide menings hieroor op bl. 7

‘Geen koshuis is beter as ’n ouerhuis’


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.