courant swartland en weskus Swartland
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
1
Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury
12 November 2014
Uitgawe 297
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Wen kaartjies
Tomis raak mondig
Ruststasie spog met top-hoof
Sakekamer: Die wenners van die Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die
Jaar-kompetisie is Vrydagaand aangewys. Bo is Philip Faure (RSA Agrimakelaars - Groot Besighede), Keith Johnson (Geard Apteek - Medium Besighede), Riaan van Zyl (Van Zyl en Vennote - Klein Besighede) en voorsitter Werner Schreiber. Regs: Marina van der Merwe is aangewys as die "Persoonlikheid van die Jaar".
• VALSKERMSPRING NOU IN DIE SWARTLAND
Sweef op Diepkloof Alles wat vlieg is nie altyd voëls nie – in die Swartland sal ‘n mens eersdaags ook op die uitkyk moet wees vir valskerms. Dit is nou as die beoogde nuwe valskermklub na verwagting teen die einde van die maand sy valskerms gaan sprei in die hemelruim bo Malmesbury. Die hersonering van die ou Diepkloof vliegveld is pas deur die stadsraad goedgekeur. Die vliegveld is nagenoeg 12 km noord van Malmesbury, reg langs die N7 op pad na Moorreesburg. Dit word op die oomblik gebruik vir vliegtuie wat oeste bespuit en brandbestryding doen. Die aansoeker vir die hersonering is Mike Rumble, ‘n veteraan-vryvalspringer wat reeds sowat 2000 spronge agter die blad het. Hy het aan dié courant gesê hulle het reeds al die nodige goedkeuring van die nasionale Valskermvereniging, wat alle burgerlike val-
skerm-aktiwiteite beheer, gekry en hulle is op die nippertjie met Recreational Aviation Administration SA, wat die laaste `ja’ moet gee. Rumble sê die klub gaan oor ontspanning en behoort ‘n groot hupstoot vir sporttoerisme in die Weskus te gee. Hulle verwag groot belangstelling van plaaslike en internasionale entoesiaste. Hulle het Malmesbury gekies as die naaste plek aan Kaapstad met die nodige lugruim. “Ons gaan gevorderde vryval aanbied, waarskynlik die hoogste in Suid-Afrika.” Die klub wil ook terugploeg in die plaaslike gemeenskap. Eerste wat hulle nodig het, is vlieëniers. “Ons stel veral belang in mense met ervaring van lugbespuiting. Hulle het die kennis van turbinevliegtuie, met soortgelyke enjins as dié wat ons gebruik.” Daar kan ook tydelike werk geskep word vir
valskermpakkers en ervare vryvallers. Hulle soek ook na ‘n administrateur en ‘n vervoerkontrakteur om gaste na en van die vliegveld te vervoer. Rumble sê hulle gaan binnekort met oefenspronge begin en beplan ‘n groot opening teen die einde van November. “Ons wil mense bekend stel aan die wêreld van vliegwese.” Daar sal ook tandemspronge wees vir die ouens wat eers wil moed skep. Rumble het voorheen die Jump Garmin Skydiving Team gelei en bestuur, wat landwyd openbare vryval-optredes uitgevoer het. Daarna het hy die Skydive for Rhinos-veldtog gelei, waarin byna R7 miljoen ingesamel is vir die beskerming van renosters. Rumble is ook ‘n ervare landingstrook-operateur. Belangstellendes kan hom kontak by MotherCitySkyDiving@gmail.com of 079 337 2443.
NUUS • NEWS
12 November 2014