“Tracking Ancient Life in the Karoo, Boland and West Coast” Saterdag 13 Oktober 2018 – Donderdag 18 Oktober 2018
Ontdek die wonder-wêreld van die Karoo op hierdie 6-dae en 5-nagte allesinsluitende 4-ster toer
Toerleier: Deon Kitching van Embrace South Africa Tours
Jurie van den Heever, wydbekende en gerekende paleontoloog en skrywer, toer saam op die roete om sy ryke kennis van die area te deel.
Blaai na die laaste bladsy van die brosjure om logistieke en finansiële inligting te kry
Tracking Ancient Life – In the Karoo, Boland en West Coast Dag 1 – Saterdag 13 Oktober 2018 Die groep ontmoet mekaar om 08:00 in die parkeerterrein by Laborie Estate in die Paarl, waarvandaan die bus vertrek. Ons is dadelik oppad Weskus toe na die West Coast Fossil Park in Langebaan. Jurie vertel meer van die termietneste in die koringlande en die geskiedenis van die rooikrans en Port Jackson bome. Na ‘n baie interessante inligtingsessie by die museum, is daar geleentheid om saam met Jurie op die terrein rond te loop. Die middagete word bedien by Thali Thali Lodge. Daarna reis julle via Moorreesburg na RiebeeckWes en Riebeeck-Kasteel. Daar is geleentheid om beide die twee unieke dorpe te verken. Dit is onder andere die geboorteplekke van Jan Smuts (besoek sy plaas) en D F Malan.
Julle groep kry die geleentheid om te oornag in die wonderlike historiese dorpie Tulbagh. Kom stap saam met julle gids deur die strate van Tulbagh en reis terug in tyd na die Kaaps-Hollandse tydperk. Daar word ook meer vertel van die aardbewing in die sestigerjare. Die vriendelike personeel van Wittedrift Manor House, Tulbagh, ontvang die groep en sorg dat julle die aandete lank sal onthou. Tydens aandete word ‘n kort inligtingsessie aangebied oor die drink en geniet van wyn.
Tracking Ancient Life – In the Karoo, Boland en West Coast Dag 2 – Sondag 14 Oktober 2018 Na ontbyt by Wittedrift Manor House, reis die groep vanaf Tulbagh na Ceres en dan na Touwsrivier om teen die middag by Matjiesfontein aan te kom. Die eerste stop is by die plaas Eselsfontein buite Ceres, waar Jurie van den Heever al die verskillende paleontologiese verskynsels uitwys en verduidelik. Elkeen kry die geleentheid om met sy/haar hamer self te kap vir fossiele. Die ontstaansgeskiedenis van Ceres word ook van nader bekyk.
Die groep reis oor Mitchells Pas na Touwsrivier. Julle stop in die pas om verskillende rotsformasies te bestudeer en die stilte van die Karoo te waardeer. Middagete word by die Kom Kyk Restaurant, Touwsrivier (eie rekening) bedien.
Aangekom op Matjiesfontein word daar dadelik in die dorpie se opspraakwekkende geskiedenis gedelf. Van Magersfontein en Matjiefontein, soldate en veldslae tot by James Logan en George Lohmann. Later die middag is daar geleentheid om die dorpie op jou eie te verken. Geniet dalk ‘n bier in een van die bes bewaarde pubs in die land! Die groep oornag in die bekende Lord Milner Hotel waar julle ook aandete geniet. Daarna volg ‘n kort gespreksessie met Jurie oor ervaringe tot op datum en wat in die volgende paar dae verwag kan word - Dr Jurie van den Heever.
Tracking Ancient Life – In the Karoo, Boland en West Coast Dag 3 – Maandag 15 Oktober 2018 Ons groet Matjiesfontein na ontbyt en vertrek oppad na Sutherland. Maak jou reg vir die diep Karoo! Aangekom in Sutherland besoek die groep vir Eddie Marais en sy vrou. Hy vertel meer van sy private Karoo-fossiel versameling en wys die uitstalling vir die groep. Daarna volg ‘n baie interessante besoek aan die geboortehuis van N P van Wyk en W E G Louw. Middagete by The Whitehouse Inn Sutherland (eie rekening)
Na middagete volg ‘n begeleide toer van SALT. “The Southern African Large Telescope (SALT) is the largest single optical telescope in the southern hemisphere and among the largest in the world. It has a hexagonal primary mirror array 11 metres across, comprising 91 individual 1m hexagonal mirrors.” Aandete is by restaurant Cluster d’Hote. Maak jou gereed vir ‘n driegang Karoomaaltyd uit die boonste rakke. Na aandete spandeer die groep twee ure om saam met Jurg Wagener meer oor die sterre te leer en om self deur kragtige teleskope die hemelruim te bewonder. Julle oornag in die Kambrokind Gastehuis met heerlike warm elektriese komberse!
Tracking Ancient Life – In the Karoo, Boland en West Coast Dag 4 – Dinsdag 16 Oktober 2018 Vandag besoek die groep twee baie bekende Karoo-dorpe: Fraserburg en Merweville. Vanaf Sutherland na Fraserburg loop die grondpad oor 108 km se wonderlike natuurskoon. “Fraserburg is one of the most authentic and well preserved Karoo towns left in South Africa”.
Die groep besigtig tipiese Karoo-fossiele in die Fraserburg Museum en luister na ‘n insiggewende praatjie. Daarna word die “voetspore” op die Gansfontein Paleo Oppervlakte besoek Middagete Frazerburg (eie rekening)
“Gansfontein Palaeo Surface: The rocks exposed here were originally deposited some 250 million years ago. On the farm Riethuisies there is a distinct trace fossil of a gastropod and the same trace fossil was found recently in Antartica, of great importance for Palaeontologists”. Vanmiddag se roete neem julle oor een van die belangrikste bergpasse in die omgewing, naamlik Teekloof Pass (R353), oppad na Merweville. Kyk gerus na die interessante VIDEO van die pas. Die groep kry geleentheid om Merweville se unieke kerk te besoek en om te luister na die klanke van die indrukwekkende orrel. Aandete: Vanaand kan julle die keur van die Vleis-Karoo op die spyskaart verwag. Ontspan om die braaivleisvure en geniet die mense van die omgewing se gasvryheid. Die groep oornag in die Springbok Lodge
Tracking Ancient Life – In the Karoo, Boland en West Coast Dag 5 – Woensdag 17 Oktober 2018 Na ontbyt verlaat ons groep Merweville, oppad Laingsburg toe. “Known to many as a geologist's wonderland, Laingsburg has much to offer tourists to see and do.”
Met Jurie van den Heever as gids word die rykdom van die fossielewêreld in die veld ontdek. Wat weet julle van die handjiestandfossiele en die groot fossiel, pareua sourier of pareua suar?
“Die gesteentes van die Karoo-supergroep dateer van die Gondwana-tydperk, toe suidelike vastelande een landmassa gevorm het en ook die tuiste van baie primitiewe reptiele was. Dié diere en die soogdieragtige reptiele het die Aarde bewoon nog lánk voordat die dinosouriërs ontwikkel het.” Rosalind Franklin
Middagete Wimpy Laingsburg (eie rekening) – net terwille van die herinneringe aan al die kere wat julle gestop het vir koffie en draairoomys by die Wimpy. ‘n Begeleide toer van die Laingsburg Vloedmuseum en die res van die dorp vind die middag plaas. Die bekende Francis van Wyk tree as toerleier op. Laingsburg is well known for the freak flood that devastated the town in late January 1981. In a matter of hours the entire town was under water with only the roofs of houses visible. The traumatic event claimed 104 lives and leaving only 21 buildings standing.
Hoe klink Koedoe Schnitzels vir aandete? Annelie Theron van Herambi en Swartberg staan reg om julle groep te ontvang by haar gastehuise.
Tracking Ancient Life – In the Karoo, Boland en West Coast Dag 6 – Donderdag 18 Oktober 2018 Na ‘n heerlike ontbyt verlaat die groep Laingsburg oppad na Worcester. In Worcester is daar ‘n unieke fossiel-wandelpad wat die groep rustig gaan ontdek. A little known fact in Worcester is a unique fossil trail. What makes it different is that the fossils can be explorer with touch, opening the world of fossils to the blind and deafblind people. The late George van Heerden was the creator of this tactile fossil trail. The open air exhibition makes it an exceptional experience and the concrete exhibits serve as an excellent source of tactile information to blind and deafblind people who have no other access to this unique resource.
Worcester het wonderlike wyn! Julle stop by die bekende De Wet Wynkelder vir ‘n wyn- en olyfproe. Maak gerus gebruik van die geleentheid om van hulle wyne te koop.
Die groep reis oor die bekende Du Toitskloofpas terug na die Paarl. Die toer sluit af om 17h00 in die parkeerterrein van die Laborie Estate in die Paarl na ses dae van wonderlike ervaringe in die Karoo!
Datums Saterdag 13 Okt – Donderdag 18 Okt 2018 Kostes R9,950 per persoon wat deel R11,950 per persoon enkel
6 dae en 5 nagte Ingesluit: alle akkommodasie,spesiale aandetes, toegangsgelde, vervoer fooitjies, 2 x middag-etes. Uitgesluit: 4 x middag-etes (sien toerprogram) Eie drankies
Betalingskedule • • •
• • •
Kontak ons so vinnig as moontlik om jou plek te bespreek en teleurstelling te vermy Deon Kitching Embrace South Africa Tours deonkit@mweb.co.za 082 5524 082 Daar is net plek vir 24 toerlede! As gaste van Embrace South Africa Tours kan jy net die beste diens, volle “luxury” vervoer, akkommodasie en sorg verwag!
Ons offer jou
20% van die toergelde by bespreking 40% einde Augustus 2018 40% einde van September 2018
Die geleentheid om van die mees historiese geologiese en paleontologiese skatte van die Karoo, onder leiding van Dr Jurie van den Heever, te ontdek en te besigtig
Terugbetaling by kansellasie geskied soos volg
Ervaar die wonderskone natuur van die Karoo en Boland. Besoek unieke plekke soos Sutherland, Matjiesfontein, Tulbagh, Ceres, Fraserburg, Merweville, Laingsburg
Volle bedrag TWEE maande voor die toer begin minus R250 admin-fooie 50% van totale bedrag betaal tot op datum EEN maand voor die toer begin 20% van totale bedrag betaal tot op datum SEWE dae voor die toer begin
Eet Karoo-geregte so uit die hand van kokke uit tradisionele kombuise
Ons waarborg jou die beste waarde vir jou geld. Vertrou ons om jou te opreg te bederf