1
INLIGTINGSBROSJURE Wat is HOOPVOLLE GESINNE?
Ons was 'n span skrywers wat 'n paar jaar gelede bymekaar gekom het om materiaal te ontwikkel vir die Modkats-programme www.modkats.co.za. Soos baie keer vantevore het ons bekommerd gesels oor die onbetrokkenheid van ouers by die kategese, en gewonder hoe dit omgeswaai kan word. Een ding het ons verseker geweet: beide ouers en kinders is baie onseker oor hoe om met mekaar oor hulle geloofslewe te praat. Hulle voel dikwels skaam en onbeholpe en sukkel om dit op 'n NATUURLIKE manier te doen!
HOOPVOLLE GESINNE is 'n projek wat enige gemeente in die land, groot of klein, kan loods, om op 'n deurlopende basis die gesinne in hulle gemeente toe te rus om mekaar te ondersteun en op te bou om as kinders van God vir sy Koninkryk te lewe (geloofsvorming en dissipelskap). Die program-materiaal is in Afrikaans en daarom sal net Afrikaanse gemeentes daarby baat vind. MAAR, en dis belangrik, die materiaal is Bybelsgefundeerd en kan deur enige kerk of huiskerk in Suid Afrika, of selfs buite Suid Afrika, gebruik word.
Wat is die hoof-fokusarea van HOOPVOLLE GESINNE? Die hele projek gaan oor VERHOUDINGS! Soos Jesus Christus ons geleer het (SIKLUS 1), met die res van ons familie in die huis, wat omgee vir mekaar (SIKLUS 2), met die mense in ons buurt, skool en gemeenskap (SIKLUS 3) en dan met mense en omstandighede wat ver van ons af lewe! (SIKLUS 4). Met ander woorde hoe reik ons familie sover uit?
Waar kom die gedagte vandaan?
En dis daar waar ons besluit het om 'n "ontvriesings-program" vir gemeentes te ontwikkel wat oor VIER jaar strek. Die naam van die projek het toe HOOPVOLLE GESINNE geword.
Jy praat van HOOPVOLLE GESINNE, maar is dit nie eintlik 'n bietjie belaglik nie? Orals hoor mens dan van die "GESIN" wat in 'n krisis is? Wel, kom ons vra eers wie en wat is 'n gesin? Die Amerikaanse droom van na Wereld Oorlog 2, en die TV-reekse, films en boeke wat daarmee saamgegaan het, het ons almal maak glo dat die perfekte