DIE EMMAUS-SENTRUM VIR GELOOFSVORMING IN FAMILIEEN GEMEENTELIKE BEDIENING
In samewerking met SHEPHERD, DIE SENTRUM VIR DIE BEGELEIDING VAN GEESTELIKE LEIERS by die Teologiese Fakulteit, Universiteit van die Vrystaat Bloemfontein
SE KORT KURSUS PROGRAMME 2012 EN 2013 ALGEMENE VRAE EN ANTWOORDE
www.emmaussentrum.ning.com
KENMERKE VAN DIE KORT KURSUS PROGRAMME
soepel en toekomsgerig
kompak en effektiewe tydsbenutting
internet-gebasseer en altyd toegangklik
sinvol bruikbaar in klein en groot gemeentes
gerig op persoonlike groei en toerusting van self-denkers
praat en dink oor die nood
van die samelewing en individu
bring opwinding en entoesiasme vir die uitleef van jou mensheid voor God
1. Onder wie se beskerming staan die kursusse? Die kursusse is ontwikkel deur die EMMAUS-SENTRUM vir Geloofsvorming in Familie- en Gemeentelike bediening. http://emmaussentrum.ning.com/
Die kursus is geakrediteer by SHEPHERD, die SENTRUM VIR DIE BEGELEIDING VAN GEESTELIKE LEIERS by die Teologiese Fakulteit, Universiteit van die Vrystaat.
Dr Gerhard Botha, Direkteur SHEPHERD, tree op as eksterne evalueerder.
Studente ontvang 'n SERTIFIKAAT van EMMAUS en SHEPHERD na die voltooiing van al hulle opdragte.
TWEE BELANGRIKE SAKE: 1. Predikante van die NG KERK ontvang 30 (dertig) VBO-punte vir die kort-kursus se voltooiing 2. Indien enige studente na die voltooiing inskryf by die Teologiese Fakulteit UV vir die MA PRAXIS-studies, ontvang hulle afslag vir die werk wat alreeds in die kursus gedoen is.
3. Hoeveel keer per jaar kom die groep bymekaar vir klasse/ kontakweke? Baie belangrik: ons is totaal en al web-gebaseer. Dit beteken egter nie jy moet 'n internet en rekenaar-fundi wees nie...
Studente ontmoet mekaar en hulle dosent gereeld in hulle Facebookgroep of in hulle belangegroep op die EMMAUS-webtuiste. Dit beteken jy hoef GEEN tyd in te boet om klasse by te woon, of weg van die huis en werk, te wees nie. Ons is selfs bereid om per Skype met jou te gesels, indien dit nodig is!
4. Waar gaan ek al die boeke en bronne in die hande kry?
Het jy geweet ons stuur vir jou AL JOU MATERIAAL - JA ALLES - op 'n “flashdisk” as ons 50% van jou kursusfooi en inskrywingsvorm ontvang het? Dit is ingesluit by jou kursusfooie!
Dis absoluut fantasties!
Al die DVD-snitte wat jy moet kyk, al die "links" na webtuistes, AL DIE BOEKE, al die artikels, al die audio-opnames is OP EEN “FLASHDISK”! Dis so maklik soos dit! Jy het DADELIK (per oornagpos) al jou inligting en kan jy begin om jou studiegids (op die flashdisk) op jou rekenaar deur te werk.
5. Wie sal baat vind by die kursusse? Predikante, pastore, jeugpredikante wat leiding moet neem in die transformasie en reformasie van hulle gemeente tot 'n meer familie-vriendelike gemeenskap. Kinder-, Jeug- en Gesinswerkers wat die programme en strategieĂŤ moet implementeer en monitor.
Gemeenteleiers wat 'n visie het vir die integrasie van Geloofsvorming, Familie- en Gemeentebediening. Alle teologiese studente wat graag wil spesialiseer in 'n meer holistiese kinder-, jeug-, en familiebediening.
• GENIET JOU STUDIES!