Wheat Focus / Koringfokus September/October 2025

Page 1


Ons toewyding tot innovasie strek oor generasies heen – dis die kode waarvolgens ons leef. Ons bied innoverende oplossings wat vandag se boere bemagtig en môre se generasies inspireer om uitdagings te oorkom en hul nalatenskap te bewaar. Deur ons vennootskap verseker ons dat boere hul passie vir boerdery nog vir vele generasies kan uitleef.

#BAYERvoordeel

Bayer (Edms) Bpk. Reg. Nr. 1968/011192/07. Collaboration Hub, Eerste Vloer, Waterfall-sirkel, Country Estate Rylaan 9, Waterfall City, Midrand, 2090.

VOORBLAD

Vir toeriste is die Overberg se golwende kanolalande net so ‘n skouspel soos Namakwaland se blommeprag. Onder die oppervlak was landbouers egter baie bekommerd oor hul oeste weens lae reënval.

Koringfokus / Wheat Focus verskyn ses keer per jaar en word in samewerking met die koringbedryf saamgestel, wat insluit: LNR-Kleingraan; SA Graaninligtingsdiens & SA Graanlaboratorium.

Gratis beskikbaar aan bona fide-kleingraanprodusente

Uitgewer en eienaar

Adres vir redaksionele kopie, advertensies en intekenare: Mediakom Posbus 20250

Noordbrug 2552

Tel: 018 293 0622

E-pos: info@mediakom.co.za www.mediacomcc.co.za

REDAKTEUR: Willie Louw

ADVERTENSIES: Jana Greenall 082 780 9914

UITLEG: Mercia Venter studio.chatnoir@gmail.com

KOPIEREG EN STANDPUNTE

© Kopiereg / Copyright: Ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg Nr 98 van 1978 en enige wysigings word alle regte voorbehou. Standpunte en aansprake in advertensies en artikels word nie noodwendig deur Mediacom Bk en enige medewerkers / deelnemende instansies onderskryf nie. Regstellings word net oorweeg indien ‘n tipografiese fout die bemarkingswaarde van ‘n advertensie/promosie verminder.

REEDS 43 JAAR DIE

ONAFHANKLIKE SPESIALIS­TYDSKRIF VIR DIE KLEINGRAANBEDRYF

4 Wheat breeder wins Women’s Voice competition

05 Invoertarief hoër aangepas

05 Students excel in breadmaking

06 SAGIS laat die land se statistiek van graan en oliesade klop

07 Relevante inligting op SAGIS se webtuiste

07 SAGIS waak jaloers oor akkuraatheid en betroubaarheid

08 Sosiale media: “wees dankbaar vir boodskappe”

18 Uitblinkers aangewys vir SA se Jongboertitels

18 CR-stropers lewer 50 jaar sukses met Twin Rotor

20 Vog, temperatuur, goggas … sluit dit uit met behoorlike stoorgeriewe

22 Protect seedlings against wilting

24 Wind is belangrik tydens spuit, maar moenie humiditeit onderskat

25 Masjinerieverkope kan vanjaar sterk voortgaan

27 Swartland vier skou met boeretrots, vermaak en plattelandse gasvryheid

29 Weather-proofing the breadbasket with index insurance

30 Navorser kry lewenstoekenning oor veilige voedsel

NEEM KENNIS

Weens afleweringsprobleme met die gewone posdiens word intekenare en lesers versoek om hul e-posadresse aan info@mediakom.co.za te stuur vir die elektroniese versending van KORINGFOKUS - WHEAT FOCUS.

10 Nuwe ervarings wag by Nampo Kaap

11 Erfenis, wol en uitnemendheid: ‘n samekoms van Merino-telers

12 Slim tegnologie vir landbou lyk só

13 Nampo: Onthou hierdie vir bywoning

13 ‘n Ruiterskouspel wag op Bredasdorp Park

15 Werkende honde in die kollig

Nampo Kaap

Wheat breeder wins Women’s Voice competition

Elaine van Eeden, a wheat breeder and researcher, is the 2025 winner of the Women’s Voice Competition. The finalists in the second year of this competition were Alani Janeke – communicator, Heleen Viljoen – agricultural economist, Prudence Thulisile Mokwena - farmer, Sarah Malatjie – project administrator, and Elaine van Eeden.

The competition, organised by Future Agri Perspective, continues to highlight the remarkable achievements and aspirations of women making a difference in agriculture and rural communities. Future Agri Perspective is an initiative of like-minded individuals who are teaming together to present credible and scalable platforms for individuals in the agricultural value chain.

This year the competition attracted some truly inspiring entries from across the country, each reflecting a story of resilience, leadership, and innovation in the sector. An independent panel of judges chose the winner, based on a final round of discussions.

The two runners-up were Heleen Viljoen (second place), an agricultural economist, and Alani Janeke (third place), a communicator.

Van Eeden is the pre-breeding and project lead at Syngenta and also the first woman breeder and researcher. She has spent the past 28 years dedicated to wheat breeding and research. She lives on a farm and mainly works in the Bethlehem region of the Free State. Accepting the honour she elaborated on her passion for wheat breeding, finding solutions to address challenges farmers have to cope with seasonally, but also to conform to the standards and needs of the milling and baking industries.

Van Eeden dedicated her victory to every woman working tirelessly, often behind the scenes, to ensure the wheat sector’s sustainability and progress, but especially to the team working with her on the research farm in the greenhouse.

“After reviewing the entries, it is unfortunate only five finalists could be selected,” Magda du Toit, director: Future Agri Perspectives, said. “All the women who participated, whether it was in a professional, leadership or technical role, are winners for their contributions to agriculture. The entries highlighted the sector’s vast possibilities and emphasised the meaningful role women play in agricultural sector. Congratulations to all of them.”

“By sharing their insights, the finalists in the 2025 competition shed new light on many aspects impacting on agriculture,” says Andries Wiese, business development manager at Hollard and main sponsor of the competition.

He added the women participating in the competition have the responsibility to help those that will join the sector in the future to find their feet within this space.

Apart from Hollard, the other sponsor partners were Syngenta Seed, Empire Fleet Solutions, NWK, and FNB. “Without the support of our sponsors, a competition and an event such as this would not have possible,” Du Toit said.

Pioneering women

In addition, women who played pioneering roles in agriculture were also honoured at the event and recognised for their significant contributions throughout their careers.

The honoured women were:

• Dr Marinda Visser, director: strategic projects and partner-

With Andries Wiese, business development manager at Hollard, are two recipients of the Women’s Voice special awards: Prof Sonja Venter and Karen Nel. Photo supplied.
Elaine van Eeden

Invoertarief hoër aangepas

Die derde aanpassing van koring se invoerheffing in 2025 is op 11 Julie 2025 afgekondig toe die vorige tarief van R549,50/ton verhoog is tot R851,50. Die jongste tariefaanpassing volg sowat ses weke nadat dit volgens die tariefformule gesneller het. Die vorige aanpassing was op 17 April 2025.

Opmerklik van die jongste tarief is die verskil met die snellertarief. Die snellertarief op 27 Mei 2025 was R856,34 terwyl die afgekondigde tarief in die Staatskoerant van 11 Julie 2025 R851,50 beloop het. Die tarief word gebruiklik met enkele sente aangepas tot ‘n ronde bedrag. Vorige aanpassings in 2024 en 2025 tussen die snellertarief en die afgekondigde tarief was 1 sent, 5 sent, 2 sent en weer 5 sent. Met die jongste tarief is die verskil R4,84.

Volgens die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (SAGIS) se webtuiste het die diens by die kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) navraag gedoen oor die prysverskil. Bewegings van koring se invoertarief word op SAGIS se webtuiste gepubliseer.

SAGIS het ter verduideliking gesê hulle berekening is “interim” en gee ‘n aanduiding van die tariefverandering. Die finale berekening word egter deur Itac gedoen, in ooreenstemming met Itac Verslag 538.

In 2025 is die eerste tariefaanpassing van R183,50/ton op 4 April 2025 gemaak, langer as ses maande nadat dit volgens

Wheat breeder wins Women’s Voice competition

FROM PAGE 4

ships in agriculture, University of Pretoria Innovation Africa;

• Karen Nel, a biochemist, entrepreneur and owner of Design Biologix;

• Prof Driekie Fourie, a nematologist and technical product lead: Syngenta Seedcare; and

• Prof Sonja Venter, a researcher and academic author specialising in agricultural sciences, ARC extraordinary professor, North-West University unit for environmental sciences and management.

“These awards serve to honour women who paved the way so that others can follow in their footsteps. The tributes highlighted the journeys each of these women had undertaken to reach success. Their stories - marked by challenges overcome and dreams pursued - serve as a reminder that women’s voices are not just about recognition, but about inspiring the next wave of leaders in agriculture,” Du Toit stated.

die veranderlike formule aangepas moes word. Die tweede tariefaanpassing van R549,50/ton het op 17 April 2025 gevolg, slegs sowat twee weke na die vorige aanpassing.

Die invoertarief of heffing word onder meer volgens die internasionale prys van VSA se nommer 2 harde rooi winterkoring en die rand-dollar-wisselkoers in ‘n formule vasgestel. Dit word deur Itac in die departement van handel, nywerheid en mededinging in oorleg met ander departemente geadministreer en in die Staatskoerant afgekondig.

Die tarief is veranderlik en word as ‘n basisprys vir koringprodusente gebruik wanneer die internasionale koringprys tot vlakke daal waar dit nie meer vir Suid-Afrikaanse boere lonend of gunstig raak om te produseer nie. Die doel daarvan is om plaaslike produksie te stimuleer en voedselsekerheid te verbeter. Verder was die bedoeling om plaaslike produsente tot ‘n mate te probeer afskerm teen gesubsidieerde ingevoerde koring.

In die afgelope seisoene is koringprodusente onder toenemende finansiële druk om volhoubaar te kan produseer. Volgens die landbou-ekonoom Johan Willemse sukkel veral die Swartland en die Suid-Kaap se produsente om hul somme te laat klop. Die produsente realiseer ‘n klein marge, wat nie vir die risiko vergoed nie. Indien die korrekte tariefformule toegepas en betyds afgekondig word, kan die posisie verbeter.

Students excel in breadmaking

Three students received top achiever awards after completing the SA Chamber of Baking’s courses in the basics and theory in breadmaking, with distinction. They were Wandile Ndlala (Premier Eswatini Bakery) receiving the Nic Alberts memorial award as top achiever in theory in breadmaking (88,5%), Akshan Ajoodha (AA Bakery) and Roxanne Gough (Eurogerm), both receiving the Clive Lonsdale memorial award as joint top achievers in basics in breadmaking with a mark of 97,5%. Pictured are Johan Niemand (chairman SA Chamber of Baking), Wandile Ndlala (Premier Eswatini Bakery), Akshan Ajoodha (AA Bakery), Roxanne Gough (Eurogerm), Pierre­Edouard Molina (managing director Eurogerm) and Richard Kuppan (chairman SA Chamber of Baking training committee). Photo supplied by SA Chamber of Baking.

SAGIS laat die land se statistiek van graan en oliesade klop

Ten einde akkurate inligting oor die beweging van Suid-Afrika se graan en oliesade in ‘n vrye mark te kan voorsien, het die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (SAGIS) in die 2024/25 finansiële jaar maandeliks 2 218 verslae van geregistreerde medewerkers ontvang.

Die verslae het gehandel oor 17,3 miljoen ton graan en oliesade wat gelewer is, 3,0 miljoen ton wat ingevoer en 3,6 miljoen ton wat uitgevoer is. Suid-Afrika produseer nege soorte graan en oliesade waaroor SAGIS markinligting ontvang, dit kontroleer en vrystel.

Benewens inligting oor heelgraan en oliesade is medewerkers ook wetlik verplig om inligting oor produkte te verskaf wat uit heelgraan en oliesade verwerk word. SAGIS het maandeliks 957 sulke verslae vir die afgelope jaar van 1 Maart 2024 tot 28 Februarie 2025 ontvang. Medewerkers het 11,1 miljoen ton produkte uit heelgraan verwerk, 1,0 miljoen ton is ingevoer en net meer as 0,5 miljoen ton is uitgevoer.

“Die beste besluite oor internasionale voedselsekerheid is slegs moontlik wanneer feitlike inligting beskikbaar is,” het Zovuyo Ngejane tydens SAGIS se jaarvergadering gesê. Hy is voorsitter van SAGIS se raad van direkteure. Die jaarvergadering is deur verteenwoordigers van 24 organisasies bygewoon.

SAGIS is volgens Ngejane trots daarop om die mark te dien deur aan die belangrike behoeftes van markinligting te kan voorsien. “Die personeel verdien gelukwense met die doelwitte wat behaal is en met die ongekwalifiseerde oudit van finansiële state in 2024/25.” Hy het ook SAGIS se hoofbestuurder, Bernard Schultz, die bestuur en mededirekteure bedank.

Die drie belangrikste sektore wat SAGIS se inligting gebruik is produsente, handelaars, verwerkers en beleidmakers. Vir produsente is die inligting belangrik vir onder meer gewaskeuses, planthoeveelhede, bemarkingsbesluite en prysverwagtinge. Handelaars en verwerkers gebruik die inligting om die beskik-

baarheid van plaaslike produkte te bepaal en in- en uitvoer te beplan. Beleidmakers maak daarvan gebruik vir handelsooreenkomste en voedselsekerheid en met die ontwikkeling van nuwe produsente.

SAGIS het gereelde skakeling met nasionale en internasionale besoekers. Volgens statistiek het belangstellendes van 165 lande SAGIS se webtuiste in 2024/25 besoek. Besoekers kry nie net SAGIS se inligting op die webtuiste nie, maar ook inligting van onder meer die Nasionale Oesskattingskomitee, Buro vir Voedsel- en Landboubeleid en van regeringsdepartemente soos die inkomstediens en Statistieke SA.

Om seker te maak dat inligting akkuraat is, het SAGIS inspekteurs wat medewerkers se inligting kontroleer. In die afgelope finansiële jaar is 710 persele besoek en het die inspekteurs sowat 67 760 km per pad afgelê. Altesaam 4,6 miljoen ton graan en oliesade is fisies by 381 medewerkers en 499 bergingspersele gekontroleer.

In die verslagjaar is 99,5% van die medewerkers se verpligte verslae ontvang en 76,9% is op die doeldatum gelewer.

Uit SAGIS se inligting is bevind dat die meerderheid graan en oliesade in betonbuise opgeberg word. Altesaam 68,25% word in hierdie tradisionele buise opgeberg, 10,91% in silosakke, 10,47% in bunkers, 7,83% in staalkonstruksies en 2,53% op ander maniere.

Wanneer SAGIS se uitgawes bereken word met inagneming van plaaslike lewerings plus die invoer van graan en oliesade, kos die inligtingsdiens R0,96/ton. Dit is slegs ‘n aanduiding van die koste, waarin die oes se omvang ‘n rol speel.

SAGIS se raad van direkteure bestaan uit verteenwoordigers van die Mielietrust, Olie­ en Proteïensadeontwikkelingstrust, die Wintergraanbedryfstrust en die Sorghumtrust. Die raad is (voor) dr Erhard Briedenhann (ondervoorsitter), Zoyvuyo Ngejane (voorsitter) en dr André van der Vyver. Agter is Thato Mugonda, Willem Groothof, Chris Schoonwinkel, Bernard Schultz (hoofbestuurder) en Craig Binnion. Van 1 Oktober 2025 af word dr Charl van der Merwe van Agbiz Grain ‘n direkteur.

Relevante inligting op SAGIS se webtuiste

Die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens se webtuiste bevat ‘n magdom verslae en inligting wat gereeld op datum gebring word. Sommige daarvan word volgens wetgewing bekendgemaak terwyl bykomende relevante inligting wat vir die bedryf van belang is, soos oesskattingsverslae, uit ander bronne afkomstig is.

Maandelikse verslae van heelgraan en oliesade bevat onder meer provinsiale in- en uitvoerverslae, provinsiale produsentelewerings, provinsiale produkverwerking en kommoditeite se graanvervoer.

Produkte se maandelikse verslae bestaan onder meer uit produkte wat vervaardig is en die in- en uitvoer daarvan. Dit behels produkte van mielies, koring en oliesade.

Op die webtuiste is weeklikse verslae van koring en mielies se in- en uitvoer, voornemens om mielies in- en uit te voer en die lewering van produkte van koring, mielies, sonneblomsaad en sojabone.

Die invoertariewe van mielies en koring, pariteitspryse en historiese gegewens afkomstig van SAGIS se eie en van ander bronne is op die webtuiste. Sommige historiese gegewens

strek terug tot in 1936.

SAGIS publiseer ‘n weeklikse bulletin op die webtuiste waarin ‘n versameling van plaaslike en internasionale aktuele inligting verskyn. Dit sluit byvoorbeeld pryse, voorraad en invoerpariteitspryse in.

Inligting uit bronne van buite SAGIS sluit ‘n verslag in oor die vraag- en aanbodskattings, ekonomiese aanwysers van handelsbanke en Statistieke SA se gemiddelde voedselpryse. Die webtuiste bevat ook inligting oor die inkomstediens se inen uitvoerstatistiek.

Bykomend is die vyf bedryfsforums van mielies, koring, oliesade, sorghum en grondbone se tersaaklike inligting op die blad.

SAGIS waak jaloers oor akkuraatheid en betroubaarheid

Die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (SAGIS) het op 11 November 1997 tot stand gekom nadat Suid-Afrika se bemarkings- en beheerrade gedereguleer is. Verskeie bedrywe uit graan en oliesade het die Nasionale Bemarkingsraad (NLBR) versoek dat die regering statutêre maatreëls instel sodat alle markdeelnemers registreer om die beweging van graan en oliesade aan te meld. Uit hierdie verslae kon die graan- en oliesadebedryf noodsaaklike markinligting ontvang.

Die graan- en oliesaadbedrywe het afsonderlike forums waar rolspelers en markdeelnemers gemeenskaplike sake bespreek. Een van hierdie sake is markinligting. Wanneer die bedrywe ‘n behoefte aan markinligting identifiseer nader hulle die NLBR wat SAGIS opdrag gee om die nodige kanale te skep en die inligting volgens voorskrifte te voorsien.

SAGIS se personeel evalueer die inligting wat hulle ontvang en vergelyk dit met eksterne bronne ten einde die korrektheid, betroubaarheid en relevansie te bepaal. Die inligting word nie gebruik om vooruitskattings oor oesgroottes te maak nie en die organisasie het geen bande met partye wat inligting verskaf nie.

Regeringsdepartemente word deur die verskillende bedrywe versoek om statutêre maatreëls af te kondig wat noodsaak dat alle rolspelers in die hantering van graan en oliesade registreer en inligting aan SAGIS verskaf. SAGIS funksioneer onafhanklik van die regering sover dit hulle mikpunte betref. Medewerkers word nie vir hulle inligting vergoed nie en vertroulikheid oor medewerkers word gehandhaaf.

Volgens SAGIS se 2024/25-jaarverslag was 517 medewer-

kers op 28 Februarie 2025 geregistreer vir heelgraan. Hulle het bestaan uit 370 verwerkers, 91 handelaars, 42 opbergers en 14 eienaars van hawesilo’s.

Inligting oor produkte wat aan SAGIS verskaf word was in die 2024/25 verslagjaar meestal afkomstig van onafhanklike supermarkte. Ander verslae oor produkte is ontvang van onder meer die mieliemaalbedryf, oliesaadperse, koringmaalbedryf, onafhanklike bakkerye en die in- en uitvoerders van oliesaadprodukte.

SAGIS kan nie bevoordeel word deur gemanipuleerde of verkeerde inligting aan die mark en -deelnemers te verskaf nie. Volgens die huidige raadsvoorsitter, Zovuyo Ngejane, hang die organisasie se toekoms af van die betroubaarheid van inligting wat aan die markdeelnemers beskikbaar gestel word.

SAGIS het vier lede, naamlik die Mielietrust, Olie- en Proteïensadeontwikkelingstrust, die Wintergraanbedryfstrust en die Sorghumtrust. Die vier trusts befonds SAGIS volgens ‘n inskrywingsbasis en elkeen voorsien twee direkteure wat die organisasie se raad van direkteure vorm.

Sosiale media: “wees dankbaar vir boodskappe”

Verskillende platforms van sosiale media, soos Facebook, WhatsApp, Instagram en LinkedIn, het verskillende doelstellings. Organisasies wat boodskappe wil oordra moet die regte platform daarvoor kies en deurentyd ‘n paar goue reëls volg, sê ‘n adviseur, opleier en akademikus, Salomien Boshoff. Organisasies se keuse van ‘n platform word bepaal deur die gehoor wat geteiken word, soos uitvoerders, verskaffers van insetmiddele en die landboubedryf, asook ontvangers se lewenstyl. Boshoff het by die jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (SAGIS) wenke oor die gebruik van sosiale media gegee. Sy is ‘n dosent in ondernemingsbestuur aan Akademia.

Wanneer ‘n organisasie énige terugvoering op sosiale media kry, hetsy positief of negatief, moet hulle dankbaar wees daaroor, sê Boshoff. ‘n Organisasie moet vinnig op ‘n boodskap reageer, vriendelik maar professioneel wees en nie blaam probeer ontduik nie. Wanneer gunstige kommentaar verskyn behoort die organisasie daarop te reageer en hulle

tevredenheid te toon. Sulke kommentaar behoort met ander gedeel te word. Organisasies behoort volgens Boshoff hul tevrede kliënte aan te moedig om ‘n boodskap op sosiale media te plaas.

“Elke kommentaar op sosiale media skep ‘n geleentheid vir ‘n organisasie om sy waardes te toon,” sê sy. “Wees kalm, slim en menswaardig.”

Sy herinner organisasies daaraan dat nie alle sosiale mediaplatforms altyd sal voortbestaan nie - hulle kom en gaan. Wat egter altyd bly staan is ‘n organisasie se behoefte om te kommunikeer, bande te smee en doeltreffend te bemark. Wanneer die verskillende platforms oorweeg word, kan Facebook en WhatsApp gebruik word vir algemene uitreiking en skep van vertroue. Instagram en TikTok kan bygevoeg word om ‘n jonger gehoor in landbou en op die platteland te bereik. LinkedIn en You Tube is meer geskik vir professionalisme, handelsmerkboodskappe en boodskappe met ‘n omvattender inhoud.

Uitblinkers aangewys

vir SA se Jongboer-titels

Jongboere wat met vrugte, neute, voëls en wyndruiwe boer is onder die finaliste wat vanjaar om Agri SA / Toyota SA se nasionale jongboertitel meeding.

Tot dusver in middel-Augustus het vyf provinsiale landboufiliale van Agri SA reeds hul finaliste aangekondig terwyl TLU-SA hul finalis vir hul eie kompetisie op 10 September 2025 gaan aanwys.

Agri Oos-Kaap

Agri Oos-Kaap se kandidaat is André Kritzinger (28) van die Tulpieskraal Boerdery in die Langkloof wat appels en pere verbou. Hy het ook ‘n Boran- en Wagyu-stoet. Sowat 90% van die plaas se boorde word onder nette beskerm.

Vrystaat Landbou

Vrystaat Landbou se kandidaat is die 36-jarige Tienie Prinsloo van die Loomar Boerdery in die Hoopstad-distrik. Hy dien saam met sy pa as direkteur in die boerderymaatskappy en hulle het sowat 16 000 pekanneutbome. Hulle het ook suikerbone, lusernlande en ‘n Beefmaster-stoet.

Agri Limpopo

Marko Grobler, ‘n papegaaiboer van Lowveld Parrot Breeders by Hoedspruit, boer met sowat ‘n duisend broeipare African Grey-papegaaie. Hy maak kuikens met die hand groot tot hulle 12 weke oud is. Die boerdery het ‘n kwarantynstasie en bedryf ‘n uitvoermaatskappy.

Agri Wes-Kaap

Francois Rossouw van Mooigezicht Estates naby De Doorns in die Hexriviervallei verteenwoordig die vierde geslag in die familieboerdery. Hy het tafeldruiwe op 310 ha en streef na presisieboerdery waarin tegnologie benut word.

Agri Noord-Kaap

Stephan Becker (34) van die plaas Smalhoek naby Upington bedryf ‘n ekstensiewe boerdery in die Kalahari met Dorper-skape en beeste. Hy het bekendheid verwerf met sy omvattende inligtingstelsel vir onder meer weidingskapasiteit, die klimaat en potensiële risiko’s. Becker was vanjaar die naaswenner in ‘n klimaatslim-ambassadeursprojek.

TLU-SA jongboer

Die wenner uit TLU-SA se finaliste word 10 September 2025 tydens die organisasie se kongres aangewys. Die finaliste is Neil Booyens (28) van Belfast, Tiaan Barkhuizen (33) van Loersandboerdery naby Garies, Thian Heyns (29) van Clocolan, Francois (Swys) du Toit (34) van Chrissiesmeer, Martin van Jaarsveld (30) van Greylingstad en die vennote Willem van der Merwe (36) en Francois du Toit (34) van Chrissiesmeer.

André Kritzinger Foto Agri Oos-Kaap.

Nuwe ervarings wag by Nampo Kaap

Nampo Kaap keer van 10 tot 13 September 2025 terug na Bredasdorp Park en beloof om met ’n hele rits nuwe en opwindende items die mees dinamiese ekspo nóg aan te bied. Dit wissel van sportaksie tot vee-uitstallings, lugbesigtiging tot kosmarkte – die program vier landbou, tegnologie en gemeenskap op sy beste.

“Nampo Kaap groei voortdurend as ’n platform waar vindingrykheid, tradisie en uitnemendheid bymekaarkom,” sê dr Dirk Strydom, besturende direkteur van Nampo (Edms) Bpk. “Saam met Bredasdorp Park NPC bied ons vanjaar ’n verfrissende ervaring wat produsente, landboukundiges en gesinne verbind met die nuutste ontwikkelings wat ons sektor se toekoms vorm.”

Meer parkeergeriewe en ‘n nuwe toegangspunt gaan sake vir die verwagte toename van besoekers vergemaklik. Werk het reeds na die vorige Nampo Kaap begin om die parkeerterrein met 7 hektaar te vergroot. ’n Nuwe ingang naby die Neptun-saal gaan besoekers se toegang verbeter.

As die weer saamspeel behoort die vorige bywoning van 45 894 besoekers oortref te word. Die gebeurtenis is ‘n groot ekonomiese inspuiting vir die Overberg. Na verwagting kan dit R20 tot R30 miljoen bydrae en meer as 100 werksgeleenthede skep.

Sporthoogtepunt: pensteek vir ruiters

Die Western Cape Lubricants-arena is opgradeer om pensteek aan te bied – ’n hoëspoed- ruitersport waar ruiters hul swaarden lansvaardighede vertoon. ’n Internasionale kompetisie tussen Suid-Afrika en Australië gaan ’n hoogtepunt hiervan wees. Die nuwe Landbank Lewendehawetent, nou langs die BKB Lewendehawesentrum, huisves 35 uitstallers. Nuwe telers sluit in Île-de-France-, Suffolk- en Persies skaaprasse, sowel as Limousin- en Chianina-beeste.

Verversings­ en ruspunte is oor Bredasdorp Park versprei sodat besoekers selfs binnenshuis die stalletjies en mensdom kan besigtig.

Merino SA bring die BKB Merino Classic weer terug op 11 en 12 September ná ’n afwesigheid van drie jaar, met meer as 300 inskrywings van stoet- en kommersiële boere verwag. Die BKB Nasionale Merino-vagskou word vanjaar vir die eerste keer aangebied – met die fokus op die sagte en fyn eienskappe van Merinowol.

Overberg Aviation bied helikopterritte van 3 tot 30 minute aan vir asemrowende lugfoto’s van Nampo Kaap en die Overberg.

Tentverblyf en SA Boerboele

Vir die eerste keer is daar luukse en standaardtente van Antionette Events vir tot 150 mense se verblyf op die terrein beskikbaar (admin@antoinetteevents.co.za). Geriewe sluit in privaatparkeerplek, 24/7 sekuriteit, ’n kuiertent en ablusies. ‘n Bespreking van minstens vier nagte is nodig.

Op Saterdag 13 September bied die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersgenootskap hul Wes-Kaapse kampioenskap aan met 100 geregistreerde boerboele wat in die arena meeding. Kenners en telers gaan in die Landbank Lewendehawetent beskikbaar wees vir gesprekke oor dié unieke Suid-Afrikaanse ras. Met die teenwoordigheid van hierdie spogdiere word besoekers aangeraai om hul eie troeteldiere tuis te laat.

Die voormalige Neptun-saal word omskep in die Neptun Deli – ’n kulinêre kuierplek met wyn, droëvrugte, olywe en handgemaakte produkte. Die gewilde Napier Garden Café bly op dieselfde plek as voorheen vir iets te drinke, eet of ’n ruskans.

Georganiseerde landbou speel steeds ’n sleutelrol in ondersteuning aan produsente. Lede van Graan SA, Vinpro, die Rooivleisprodusente-organisasie en die Melkprodusente-organisasie kan strategieë bespreek in die Santam Ouditorium. SA Stamboek gaan gesprekke lei oor teeluitnemendheid in melkbeeste, vleisbeeste en kleinvee.

“Nampo Kaap is ’n trotse samewerkingsprojek tussen Bredasdorp Park NPC en Graan SA,” sê Henk Aggenbach, voorsitter van Bredasdorp Park NPC. “Vanjaar se toevoegings en verbeterings reflekteer die idees en behoeftes van ons landbougemeenskap. Ons sien daarna uit om besoekers te verwelkom na wat ons glo die beste ekspo nog gaan wees.”

Beskermde

groenteproduksie

‘n Seminaar oor beskermde groenteproduksie bring kenners bymekaar om verskeie onderwerpe te bespreek, soos volhoubare waterbestuur, grondlose boerdery, presisieboerdery en kweekhuis-tegnologie.

Op hierdie argieffoto van Bredasdorp Park is dit duidelik hoekom die organiseerders parkeergeriewe uitgebrei en nog ‘n toegangshek ingerig het. Die nuwe ingang is naby die Neptun­saal.

Erfenis, wol en uitnemendheid: ‘n samekoms van Merino-telers

Na ’n afwesigheid van drie jaar vind Merino SA se BKB Merino Classic én die BKB Nasionale Merino Vagskou plaas. Hierdie gebeurtenisse word Donderdag 11 en Vrydag 12 September 2025 by Nampo Kaap aangebied. Dit vier Suid-Afrika se ryk Merino-erfenis, uitnemendheid in teling en die volgehoue ekonomiese waarde van die streek se wolproduksie.

Overberg, die Merino-hartland

Die besluit om die geleentheid weer by Nampo Kaap aan te bied, weerspieël die diepgewortelde nalatenskap van Merinoboerdery in die Overberg-streek. Merinoboerdery in Suid-Afrika het hier begin toe Michiel van Breda die ras in 1817

Vleismerino’s speel ‘n groot rol in SuidAfrika se veebedryf maar by vanjaar se Nampo Kaap gaan die beste stoetdiere in die BKB Merino Classic meeding. Terselfdertyd word die Nasionale Merinovagskou aangebied.

suksesvol op die Zoetendals Vallei-plaas gekommersialiseer het. Vandag speel die Merino-ras steeds 'n belangrike rol in die plaaslike ekonomie, wat Bredasdorp Park die ideale plek vir hierdie vertoonvenster maak.

Na die Classic se rekordbywoning in Bloemfontein waar 705 Merinos en 45 deelnemers betrokke was, beoog die 2025 Classic om meer as 300 inskrywings te lok uit stoet- en kommersiële kategorieë. Diere gaan in lang- en kortwolklasse meeding, met ramme en ooie wat in gewigsklasse verdeel word. Telers word aangemoedig om hul streek se skaap- en wolbeamptes te kontak vir registrasie en klaslyste.

Saam met die Classic plaas die BKB Nasionale Merino-vagskou die fokus op die ras se ekonomiese waarde. Vagte van minstens 50 mm lank (C-lengte), gehalte en visuele voorstelling word beoordeel.

Biosekuriteit

In ooreenstemming met beste praktyk word volledige biosekuriteitsmaatreëls toegepas. Die monitering van aanmeldbare siektes duur voort, en deelnemers sal persoonlik ingelig word oor enige relevante verwikkelinge. Die gesondheid van die vee én die veiligheid van deelnemers bly ’n prioriteit vir die organiseerders.

 Navrae BKB Merino Classic / BKB Nasionale Vagskou: Willie van Heerden - 082 571 2742 merinoram@eastcape.net

Foto: Nampo Kaap Facebook

Slim tegnologie vir landbou lyk só

Slim tegnologie vir hulpbronbestuur in landbou is in verskeie vertakkings te vind, soos in besproeiing, veebestuur, toesig oor toerusting en energie. Verskeie uitstallers gaan by Nampo Kaap hierdie stelsels demonstreer en aanbied om oplossings te gee waarby landbouers gaan baat.

Die tegnologie is ontwerp om produktiwiteit te verhoog, vermorsing te verminder en langtermynvolhoubaarheid te versterk. Besoekers het die geleentheid om baanbrekende tegnologieë te ontdek wat die verskuiwing na doeltreffendheid, volhoubaarheid en data-gedrewe besluitneming in landbou verteenwoordig.

Sommige van die slim tegnologieë wat ten toon gestel word, sluit die volgende in: Besproeiingstelsels: Reële-tydmonitering vir akkurate watergebruik by verskillende gewasse:

• Irrigator Products: Draadlose besproeiingsoplossings met VSD-pompe en sonkrag-radiotegnologie.

• Agrico: Terrein-aanpasbare spilpuntstelsels toegerus met webbeheer.

• Mottech: KI-geaktiveerde besproeiing-outopilot en IoT-gebaseerde aanbevelings.

Hernubare energie: Volhoubare energieplatforms wat afhanklikheid van tradisionele bronne verminder en bedryfskoste besnoei.

• Agri Solsec: Sonkrag-slimtoesigstelsels met reële-tydbewegingswaarskuwings.

• 2Zero50: Modulêre sonenergie-eenhede met geïntegreerde batterye en databestuur.

Veebestuur: Vindingryke stelsels in gesondheid- en gedragsopsporing wat voerdoeltreffendheid en weidinggebruik verbeter.

• Kokama: Modulêre voerafleweringstelsels en baalhanteringstoerusting.

• Hexagon Industries: Herwinde plastiekgereedskap met minimale onderhoud.

• Kraal.farm: GPS-oormerking gekombineer met voorspellende ontleding vir vee.

Presisielandbou: GPS-geleide stuur- en presisietoepassingstelsels.

• Crosscape: GPS-geleide stuur- en presisietoepassingstelsels.

• Tubestone/BKT: VF/IF-radiale bande ontwerp om grondstruktuur te beskerm.

Telematika en toerustingtoesig: Digitale monitering vir afstandtoesig oor plaasmasjinerie en bedryfsaktiwiteite.

• Donkerhoek Data: Omvattende plaasbestuursagteware vir brandstof-, arbeid- en hulpbronopsporing.

• Sensoru: Geïntegreerde paneelborde vir tenkvlak- en weersensordata.

• Pellenc Suid-Afrika: Vloot-telematika en elektriese draers vir wingerde.

• Match MX: KI-gedrewe graanprys- en roete-optimaliseringsplatform.

Outomatisering en saadgradering: Lae-energie, doeltreffende stelsels vir gestroomlynde insetvoorbereiding.

• Agrotech SA: Gravitasie-gebaseerde saadskeiers vir vormspesifieke gradering.

Biotegnologie: Gevorderde saadbehandelings vir verbeterde ontkieming en siekteweerstand.

• Syngenta: Demonstrasies van Celest®Top vir beter wortelgesondheid en fusariumbeheer.

IoT­mobiliteit en diagnostiek: Slim sensors wat insigte lewer vir beter landboubesluite.

• Bosch SA: Internet-van-Dinge-oplossings en diagnostiek vir landbouvervoer en naverkope-ondersteuning.

Dit is slegs sommige van die uitstallers wat besoekers by Nampo Kaap 2025 kan verwag. Soos die landbousektor in Suider-Afrika klimaatsuitdagings, werksmagtekorte en stygende insetkoste navigeer, is hierdie uitstallers gereed om vindingryke oplossings aan te bied wat aangepas is vir die streek se eiesoortige behoeftes.

Verskeie faktore het die bedryf vir hernubare energie uit sy nate laat bars. Nuwe tegnologie van volhoubare energieplatforms word by Nampo Kaap gedemonstreer om die afhanklikheid van tradisionele bronne te verminder en bedryfskoste te besnoei.

Nampo: Onthou hierdie vir bywoning

Kaartjies

Toegangskaartjies is aanlyn beskikbaar by ticketprosa, met afslag vir aanlynaankope teen R100 vir volwassenes. By die hekke kos kaartjies R110 vir volwassenes en R50 vir kinders.

Voorskoolse-kinders kry gratis toegang.

Ekspo-ure

10 - 12 September: 08:00 - 17:00 13 September: 08:00 - 14:00

Verblyfbesonderhede:

Kaap Agulhas Toerismekantoor: 028 424 2584 / 082 896 2225 of besoek www.overberg-info.co.za .

Hoogtepunte

• Uitgebreide toegang en parkering

• Groter tent vir lewende hawe

• Lugbesigtiging met helikopterritte

• Merino Classic keer terug en vagskou maak debuut

• Tentverblyf op die terrein

• Fokus op die Boerboel

B• Neptun Deli maak sy debuut

Hy is nie gedaan nie, rus net met al die bewonderende oë op hom. Sowat 100 geregistreerde boerboele neem Saterdag 13 September aan die Wes­Kaapse kampioenskap van die ras deel.

• Landbou-inligting en strategiese samesprekings

• werkende honde - skaaphonde, Boerboele, SA Lugmag se honde-eenheid

‘n Ruiterskouspel wag op Bredasdorp Park

esoekers aan Nampo Kaap 2025 gaan 'n opwindende ervaring beleef wanneer die Western Cape Lubricants-arena omskep word in 'n verhoog vir wêreldklas-perde-opwinding.

Pensteek: Suid-Afrika vs Australië

Die hoogtepunt van vanjaar se program is die internasionale pensteektoets tussen Suid-Afrika en Australië, met kompetisies van die nasionale span, vrouespan en 'n o.21-span. Hierdie dapper sport, gewortel in vertroue en presisie tussen perd en ruiter, behels die tref van grond- en lugteikens met lanse en swaarde in volle galop. Met diep landbouwortels floreer pensteek steeds as 'n sport - tot 80% van die ruiters kom uit boerderygemeenskappe.

Ruiters gaan oor drie dae meeding:

• 10 September - lans-items;

• 11 September – swaard-items; en

• 12 September – aflos: ringe en lemoene.

Mounted Games: 'n toets van spoed, presisie en beheer

Besoekers kan hul ook verlustig in die dinamiese talent wat die Mounted Games na Nampo Kaap bring. Van Woensdag, 10 September tot Vrydag, 12 September, tussen 09:00 en 10:00, demonstreer 'n talentvolle groep Suid-Afrikaanse ruiters hierdie hoë-oktaan-perdesport. Dit vereis split-sekonde behendigheid en absolute koördinasie tussen perd en ruiter.

Die Mounted Games word beskryf as die tienkamp van per-

dedissiplines - dit vereis die spoed van 'n resiesperd, die draaibehendigheid van 'n snyperd en die reaksievermoë van 'n gesoute veeperd. Ruiters moet skerp draaie, vinnige oorhandigings en ingewikkelde struikelblokke met merkwaardige beheer navigeer.

Op Saterdag, 13 September, kry plaaslike ruiters die kans om hul slag te wys in 'n kompetisie. Dit stel nie net talent ten toon nie, maar ook die kameraadskap en ruiterkuns van hierdie vinnig groeiende sport regoor Suid-Afrika.

Perdeboogskut: krag in presisie

Ruiters van die Griffin's Horse Archery gaan besoekers tot die verre verlede terugvoer na hierdie antieke dissipline van perdeboogskiet. Hierdie ruiters galop op volle spoed terwyl hulle teikens met onfeilbare akkuraatheid tref. Dit behels samehorigheid tussen mens, dier en tradisie en is aanskoulik vir geskiedenisaanhangers, boogskietliefhebbers en enigiemand wat geboei word deur die grasieuse intensiteit van perdesport.

Ook Friese en miniatuurdonkies

Die arena bied ook bekoorlike en opvoedkundige ervarings van die volgende:

• Ikahan Quistador Friesperde – koninklike vertonings van een van Suid-Afrika se voorste Fries-stoeterye;

• Bredasdorp swart perde – plaaslike uitnemendheid;

• Donkiedam miniatuurdonkies – pragtige miniatuurdonkies vir alle ouderdomme; en

• ponieritte vir kinders – pret vir jong besoekers.

New technology improves study of barley seed quality

While studying a gene linked to seed dormancy, the CenGen team has taken on a project to look at it in more detail than they are used to. This is part of a broader attempt, with their research partners, to try and solve some of the malt grain storage issues experienced by the barley industry (funded through SA Winter Cereal Industry Agency; SAWCIA).

The gene of interest has two different forms (also called alleles) that can be present in a barley variety either as FORM 1 (more dormant) or FORM 2 (less dormant). FORM 1 of the gene codes for the dormant seed character which is less prone

to preharvest sprouting when rain falls close to harvest time. Meanwhile, FORM 2 of the gene codes for the non-dormant character in the seed, which increases the risk of preharvest sprouting. However, another level of complexity is added, since this gene can also have more than one copy (one to four; Figs. 1 and 2).

Considering the two forms of the genes and the possibility

1. A DNA string depicted to carry one copy of FORM 1 (dormant type), which is prevalent in commercial malt barley varieties grown in South Africa.

2a. A DNA string depicted to carry one copy of the gene namely FORM 2 (non­dormant type), which is the predominant form in the North American varieties.

Figure 2b. A DNA string depicted to carry one copy of FORM 1 (dormant type) and two copies of FORM 2 (non­dormant type), a scenario frequently observed in the North American varieties which are prone to preharvest sprouting.

CenGen researchers at the University of Cape Town (IDM) to receive training and conduct their ddPCR analysis: Ellis Tsetse, Diana Mngomezulu, Dr Dharanidharan Ramamurthy and Kelly Breeds.
Figure
Figure

Werkende honde in die kollig

Nampo Kaap 2025 bied vanjaar ’n aanskoulike program aan waar werkende honde die kollig steel. Van die intelligensie van skaaphonde en die krag van Boerboele tot die presisie van die SA Lugmag se honde-eenheid - besoekers kan uitsien na ’n reeks demonstrasies wat die unieke rol van honde in landbou en veiligheid beklemtoon.

SA Lugmag se Honde-eenheid

Die SA Lugmag se hoogs opgeleide honde wys hul vaardighede in die arena op Woensdag (13:00-14:00), asook op Donderdag- en Vrydagoggend (08:00-09:00). Hierdie diere demonstreer taktiese reaksies en gedragsopleiding wat in werklike operasies gebruik word en gee aan besoekers ’n kykie in militêre hondehantering van wêreldgehalte.

Skaaphondprogram

Ten spyte van tegnologiese vooruitgang, bly werkende honde ’n onmisbare hulp vir boere met vee. ’n Goed afgerigte skaaphond kan ’n skaapboer of sy span help om ’n trop skape of beeste vinnig en sonder spanning te bestuur. Aangebied deur die Suid-Afrikaanse Skaaphondvereniging (SASDA), bied hierdie program opvoedkundige insig in kuddebestuur

met interaktiewe vertonings. Besoekers kan ook die gewilde kraaldemonstrasies sien, waar hanteerders hul honde deur ’n voorgeskrewe baan lei om presisie en samewerking te demonstreer.

Boerboel-skou

Op Saterdag (09:00-14:00) kan Boerboel-liefhebbers hierdie trotse Suid-Afrikaanse ras in die arena sien tydens ’n gespesialiseerde skou. Bekend vir hul lojaliteit, krag en selfvertroue, is Boerboele ’n simbool van funksionele elegansie en ’n gunsteling onder honde-eienaars. Beoordeling fokus op algemene voorkoms, bouvorm, beweging, skou-aanwesigheid en hoe goed die hond aan die rasstandaard voldoen. Ongeveer 100 geregistreerde Boerboele word verwag om vir die titel mee te ding.

Besoek tydens die ekspo gerus ook die SA Boerboel Telersgenootskap se stalletjie in die Landbank Veetent en beleef self die trots van Boerboel-teling.

Met hierdie hondevertonings bring Nampo Kaap 2025 tradisie en tegnologie bymekaar, en huldig dit daagliks die uitsonderlike vaardighede, lojaliteit en toewyding van werkende honde.

New technology improves study of barley seed quality

FROM PAGE 14

of up to four different copies, one can just imagine all the possible combinations of the forms that can occur in a single variety, a phenomenon referred to as a gene with Copy Number Variants (CNV) (Fig. 2). International research has shown that barley varieties with more copies of FORM 2, are more likely to preharvest sprout (not always visible with the naked eye, referred to as pre-germination).

One way to look at the presence of multiple copies is using a method called Droplet Digital PCR (ddPCR). Symbolically, it is a type of looking glass that provides insight to CenGen they did not have before. The details in Figs. 1 and 2 only become visible after a ddPCR experiment. This equipment does not yet exist in the South African small grains sector.

CenGen attained access to the appropriate instrumentation at a medical lab at the University of Cape Town. Access to the instrumentation where they work with highly infectious diseases was not the only challenge. Additionally, the information about the specific DNA markers to use is proprietary. CenGen had to develop these DNA tags from scratch.

The first rounds of experiments showed that the CenGen team successfully designed the markers/tags. It is now known that South African commercially planted barley varieties have only one copy of FORM 1, in contrast to the North American varieties, which contain multiple copies of the gene and a prevalence of FORM 2

Seed dormancy is certainly not influenced by a single gene; looking into this major gene is the first step in studying these genes. However, it is now known that the South African barley producers are in the best possible position regarding this specific important gene compared to their North American peers.

CenGen gratefully acknowledges Luke Forbes, Field application specialist (Bio-Rad) for in-depth training in ddPCR, which was made possible through the efforts of Ellis Tsetse of Lasec® Group. Dr Dharanidharan Ramamurthy (Institute of Infectious Disease and Molecular Medicine, University of Cape Town) is thanked for arranging the use of the instrumentation. CenGen also works closely with SABBI, Dr Malcolm Macaulay (James Hutton Institute, UK) and ABInBev.

Recent developments in wheat diseases: Breakdown of Yr15 resistance gene against yellow rust and the expansion of wheat blast

Two major threats to global wheat production were reported at an international workshop: the breakdown of the Yr15 resistance gene against yellow rust in the UK in 2025 and confirmed in other European countries; and the alarming spread of wheat blast. South African wheat breeders and pre-breeders need to revisit the yellow rust resistance genes used currently and explore alternative resistance genes.

Tarekegn Terefe

ARC-SMALL GRAIN

The recent Borlaug Global Rust Initiative (BGRI) Technical Workshop which was held jointly with the 17th International Cereal Rusts and Powdery Mildews Conference in Canada in June 2025, highlighted two major threats to global wheat production: the breakdown of the Yr15 resistance gene against yellow rust and the further spread of wheat blast into a previously unaffected country. This article summarises the importance of this development and its implication to South Africa.

The breakdown of o Yr15 resistance gene

Yellow rust, also known as stripe rust, caused by the fungus Puccinia striiformis f.sp. tritici (Pst), is one of the most devastating fungal diseases of wheat worldwide. The disease predominantly appears as yellow masses of spores arranged in stripes on the leaves (Photo 1), but can also occur on leaf sheaths, glumes, and awns of wheat plants. Yellow rust can cause yield losses of over 50% in South Africa and other wheat growing regions.

Resistant cultivars provide an economical and environmentally sustainable yellow rust control. As a result, resistance breeding has become a major strategy for managing yellow rust globally. This strategy involves incorporation of single or combination of different resistance genes into wheat cultivars to provide protection against Pst. However, resistance conferred by most of the major genes is often short-lived because Pst frequently evolves into new races which may overcome resistance in existing cultivars. One of the yellow rust resistance

genes which has been extensively used in wheat breeding programmes worldwide, including South Africa, is Yr15

The Yr15 resistance gene was first discovered in the 1980s and has provided protection against multiple Pst races since then. However, a new virulent Pst race capable of overcoming Yr15 has been detected in the UK in spring 2025, posing a threat to nearly 60% of wheat cultivars currently grown in the country, as reported in the BGRI workshop (Nellist, 2025). Similar susceptibility of cultivars carrying Yr15 has since been confirmed in other European countries, indicating the spread of the new race beyond the UK.

The expansion of wheat blast

Another critical update at the BGRI workshop was the alarming spread of wheat blast to Uruguay. Wheat blast is a destructive fungal disease caused by Magnaporthe oryzae pathotype Triticum (MoT). This disease can cause rapid bleaching of wheat ears (Photo 2) and yield losses of up to 100% under favourable conditions. It was first detected in 1985 in Brazil and has since spread to other South American countries, including Bolivia, Paraguay and Argentina, and most recently to Uruguay in 2023 (Silva, 2025).

The wheat blast causing fungus produces airborne spores, which means its spores can spread through air over large distances and cause infection. It is also seedborne, meaning it can be transmitted through infected seeds. A closer genetic similarity was found between the MoT strains collected in Uruguay and those from Brazil, suggesting that wheat blast may have spread from Brazil to Uruguay.

Outside of South America, wheat blast was observed for the first time in Bangladesh (Asia) in 2016, affecting over 15 000

hectares of wheat and resulting in about 90% yield losses in certain fields.

In Africa, it was detected for the first time in Zambia during the 2017/18 season (Tembo et al. 2020). With the recent detection in Uruguay, wheat blast has now been confirmed in seven countries across three continents, highlighting the transboundary nature of the disease and its potential threat to global wheat production.

Implications for South Africa

Yr15 has been one of the key genes used in yellow rust resistance breeding in South Africa. However, the detection of Yr15-virlent races in the UK and beyond suggests that this gene is no longer reliable. Therefore, South African wheat

breeders and pre-breeders need to revisit the yellow rust resistance genes used currently and explore alternative resistance genes such as Yr5, Yr10 and Yr24 to decrease future risks.

These and other seedling resistance genes should be used in combination with each other and with adult plant resistance genes to improve resistance durability.

Previous studies have shown the occurrence of similar diseases (rust races) in Zambia, Zimbabwe, and South Africa, indicating the possibility of inoculum exchange between these countries. Thus, the presence of wheat blast in Zambia increases the risk of further spread to neighbouring countries, requiring urgent attention and regional collaboration.

Genetic resistance has been a cornerstone of wheat blast management strategies wherever this disease has been reported. However, the response of South African commercial cultivars and breeding lines to wheat blast is unknown. Therefore, proactive steps are needed to screen local cultivars and lines in hotspot areas.

Researchers from ARC have already started collaboration to evaluate South African wheat germplasm for blast resistance in Bangladesh. This is an encouraging initiative and needs to be strengthened and expanded, as it will help to identify resistant materials to be used in South Africa in wheat blast control.

Additionally, breeders should proactively start international collaborations to accelerate the development of resistant cultivars. Such efforts are crucial for protecting the South African wheat industry against the wheat blast threat.

Furthermore, the ongoing National Rust Monitoring Programme of ARCSG, which is annually conducted together with collaborators from the University of the Free State, should be extended across southern Africa. Such regional partnership on disease surveillance is critical for early detection of emerging rust races and the wheat blast pathogen. Surveillance will also support rapid response efforts against these destructive diseases, reducing yield losses and protecting regional food security.

References

Nellist C. 2025. Breakdown of Yr15 Resistance in the UK. The 17th ICRPM Conference, June 15-20, Vancouver, Canada.

Silva P. 2025. First detection and genetic characterization of Magnaporthe oryzae pathotype Triticum in Uruguay. The 17th ICRPM Conference, June 15-20, Vancouver, Canada. Tembo et al., 2020. Detection and characterization of fungus (Magnaporthe oryzae pathotype Triticum) causing wheat blast disease on rainfed grown wheat (Triticum aestivum L.) in Zambia. PLoS ONE 15(9): e0238724. https://doi.org/10.1371/ journal.pone.0238724

Photo 1. Stripe rust symptoms (masses of yellow spores arranged in stripes) on an infected wheat leaf.
Photo 2. Symptom of wheat blast on a wheat head (left) and a healthy wheat plant (right).
(Photo courtesy of Guillermo Isidoro Barea Vargas)

CR-stropers lewer 50 jaar sukses met Twin Rotor

Sedert 1975 speel New Holland-stropers met Twin RotorTM ‘n leidende rol in kragdoeltreffendheid en kapasiteit, asook met die gehalte van graan en strooimateriaal.

Danksy die CR-stropers se deurlopende ontwikkeling en verbetering kon die nuutste tegnologie ingespan word om die stropers se kenmerkende krag, werkverrigting en graangehalte aan landbouers te lewer.

New Holland het drie modelle in die CR-stroperreeks beskikbaar:

• CR9.90 (390 kW) toegerus met 22” rotors en skoonmaakarea van 6,5 m2;

• CR7.90 (309 kW) toegerus met 17” rotors en skoonmaakarea van 5,4 m2; en

• CR6.80 (230 kW) toegerus met 17” rotors en skoonmaakarea van 5,4 m2

Konstante materiaalvloei na die Twin RotorTM is moontlik danksy die Dynamic Feed RollTM wat krag spaar en kapasiteit verhoog. Daarby vloei materiaal reguit en egalig deur die TwinPitch RotorsTM en word die skoonmaakoppervlak eweredig gelaai vir optimale gewas- en materiaalskeiding.

Die Dynamic Feed RollTM verseker ‘n lineêre spoedaanpassing tussen die werkende modules om selfs groen en nat materiaal baie goed te kan verwerk. Die voordeel daarvan is dat boere vroeër in die oggend en later in die aand kan stroop. Die Dynamic Feed RollTM se diepgesnyde spane dien ook as klipbeskerming in die vloeikomponente.

Nog ‘n ontwerp in die CR-stropers met twee belangrike voordele, is die TwinPitch Rotor™-stelsel. Dit maak ‘n sagter

Vir RSA wag CR10-stropers

Om na die volgende vlak van oesmasjiene te beweeg gaan New Holland in Suider-Afrika later die CR10 bekendstel – besonderhede daaroor volg binnekort.

CR10-stropers en 8.50L-druiweoesmasjien by Nampo Kaap

New Holland se CR10-stropers met Twin Rotor™-tegnologie kan 10 tot 13 September 2025 eerstehands by Nampo Kaap op Bredasdorp ervaar word. Dié suksesvolle stroperreeks word saam met New Holland se Braud 8.50Ldruiweoesmasjiene op New Holland se uitstalling vertoon (standplaas 71-78). Altwee die gevorderde masjinerie vier hul 50ste bestaansjaar.

dors-aksie moontlik en lewer uitstekende strooi asook brandstofverbruik.

• Die rotors se hoë rasperstawe en klein rotorbuis in kombinasie met die eiervormige konkawe-opening laat voldoende speling toe om ‘n gewas-op-gewas-dors-aksie te gee, wat baie sagter is as die gewas-op-konkaaf-dors-aksie. Dié ontwerp lewer ‘n doeltreffende dors-aksie, veral met hoë volume opbrengste.

New Holland CR­stropers vier vanjaar 50 jaar sukses met Twin RotorTM Foto verskaf.
NA BLADSY 20

OES NOU EN BETAAL EERS

Kontak jou New Holland-handelaar vandag of bel ons:

Paul de Korte (064 752 1613) - KwaZulu-Natal, Mpumalanga Quintus Smit (082 524 7397) - Wes-Kaap, Noord-Kaap en Oos-Kaap Eduan Booyens (071 871 8163) - Noordwes, Vrystaat, Gauteng en Limpopo

en voorwaardes geld

Vog, temperatuur, goggas … sluit

dit uit met behoorlike stoorgeriewe

Graanprodusente probeer voortdurend opbrengs verhoog sonder om kwaliteit en wins in te boet. Daarom bestee die produsent baie tyd aan kultivarkeuse. Dit is egter ewe belangrik dat saad onder optimale toestande geberg word.

Twee reëls is van toepassing wanneer saad gestoor word:

• Die lewensduur van saad neem met die helfte af vir elke 1%-toename in voginhoud of elke 6 ˚C-toename in temperatuur. - Harrington se reël

• Sodra saad volwassenheid bereik, begin daar as’t ware ’n aftelperiode wat met reëlmaat verminder. Dit beteken dat saad net ‘n sekere aantal dae het voor afsterwing. Die tempo van vermindering hang af van die temperatuur en voginhoud. - Bradford se metronoomreël

Hoewel ideale omstandighede op die land vóór plant bewerkstellig kan word deur grondregstellings en goeie vooropkomsonkruidbeheer om mededinging uit te skakel, het produsente nie noodwendig beheer oor alle aspekte nie. Om risiko’s te help beperk, vertrou die produsent op die jongste genetika en saad van goeie gehalte.

CR-stropers lewer 50 jaar

VAN BLADY 18

Beskerm die saadbelofte deur goeie bergingsgeriewe

Die koop van kwaliteit saad met ‘n hoë opbrengspotensiaal is ‘n belegging vir die komende plantseisoen. Maar, dit sal water onder die brug deur wees om duur te betaal vir die jongste saadprodukte wat goeie genetika bevat en dan loop alles na aflewering op die plaas skeef.

Dit is gevolglik krities dat produsente seker maak dat saad onder optimale toestande geberg word. Sou die saadkwaliteit verminder weens swak of ontoereikende omstandighede, kan produsente groot opbrengs- en finansiële verliese in die gesig staar. In sommige gevalle kan swak ontkieming en opkoms as gevolg van swak opberging tot ‘n totale misoes lei.

“Saad is ’n lewendige organisme en goeie gehalte saad met ’n hoë ontkiemingspersentasie kan vinnig agteruitgaan as dit onder ongunstige omstandighede geberg word. Syngenta doen baie moeite om goeie gesertifiseerde saad aan produsente te lewer. Sou hierdie saad nie reg opgeberg word nie, kan produsente onnodig groot verliese ly,” sê Hendrik van Staden, eenheidshoof van Syngenta se saadafdeling in Sub-Sahara Afrika.

sukses met Twin Rotor

• Vir die beste strooigehalte en brandstofverbruik is dit baie belangrik dat die gewas vir die regte tydsduur binne die stroper se dors-area bly, daarom is die CR-stropers met die korter 2,64 m-rotorontwerp toegerus.

Die kombinasie van die TwinPitch RotorTM en Dynamic Flow ControlTM lewer ‘n aansienlike besparing op brandstofverbruik en die beste strooigehalte vir gevorderde baalgehalte.

Op en af - doeltreffend op alle werksterreine

Die Opti-CleanTM skoonmaakstelsel bewerkstellig optimale skeiding tussen skoon graan en ander materiaal. Die stelsel werk binne sy eie raam en dit kan die stelsel gelyk hou al kantel die stroper tot soveel as 17 grade. Gevolglik is die stroper ideaal vir gelyke en ongelyke werksterreine.

Ook die waaierspoed dra tot die CR-stropers se kenmerke by. Die Opti-FanTM-tegnologie kompenseer vir die uitwerking van swaartekrag op gewasmateriaal. Wanneer die stroper op ‘n gelyke vlak oes, kan die verlangde waaierspoed gekies word. Die waaierspoed pas dan outomaties by op- of afdraandes aan.

Die RotoThreshTM-herdorsstelsel werk afsonderlik van die

hoofdorsarea vir die maksimum kapasiteit by alle gewasse. Ná die herdorsproses word die gedorste materiaal teruggegooi op die skoonmaakarea en nie terug in die hoofdorsarea nie, sodoende word die hoofdorsarea by die rotors nie oorlaai of die graan beskadig nie.

Die gerieflike kantoor-kajuit

Hoewel ergonomies is die CR-stroper se kajuit ook eenvoudig ontwerp. Alle funksies is maklik om op te stel, met alles wat nodig is om in beheer van die stroper te bly sodat werk met die druk van ‘n knoppie afgehandel kan word.

Elke verstelling of aksie tydens die dorsproses geskied vinnig terwyl die nodige inligting op die Intelliview IVTM-skerm verskyn. Uit die kajuit het die operateur ‘n duidelike uitsig van 180 grade op die invloei van materiaal.

Vir die stroopseisoen is New Holland se CR-stropers gereed om gewasse met die beste kwaliteit, produktiwiteit en optimale brandstofverbruik te oes. Vir meer inligting oor New Holland-stropers, besoek www.newholland.com/za of kontak Derrick Coetzee, produkbemarkingspesialis vir oes- en hooitoerusting in Suider-Afrika by (+27)82-524-7447.

Saad se gehalte word bepaal gedurende produksie, verwerking, verpakking, asook tydens die opbergingsfase. “Elke pit wat nie opkom nie en elke saailing wat nie in ’n volwaardige plant ontwikkel nie, bring ’n potensiële opbrengsverlies mee.”

Die agteruitgang van saadkwaliteit word hoofsaaklik toegeskryf aan temperatuur, relatiewe humiditeit, saadvoginhoud, mikro-organismes en insekte. Die omgewing waar saad opgeberg word het ’n groot uitwerking op die lewensduur en kwaliteit van die saad. Daarom moet faktore soos temperatuurskommelings, die stoorlokaal en stooroppervlakte, asook die saadvog-inhoud, noukeurig dopgehou word.

Saad moet altyd in ‘n droë stoor opgeberg word en die wisseling tussen die minimum en maksimum temperature moet so klein as moontlik wees. “Pasop vir opberging in ’n oop stoor of ‘n vertrek wat nie goeie isolering het nie. Die wisselende humiditeits- en temperatuurvlakke in so ‘n oop stoor kan wisseling in die saadvoginhoud veroorsaak,” sê Van Staden.

Optimum bergingstoestande

• Die stoor moet droog wees;

• beheer temperature binne sodat dit nie te warm word nie;

• vermy temperatuurskommelings deur dit so gelykmatig as moontlik te hou;

• beheer insekte en plae doeltreffend;

• hou die saadstoor skoon; en

• hou die saad- of graanvog dop.

Wanneer ‘n saadstoor gebou of beplan word is ventilasie belangrik en indien saad lank gestoor gaan word, kan verkoeling oor-

weeg word. Die stoorfasiliteit moet verkieslik geen vensters hê nie, met slegs een deur wat geseël en gesluit kan word. Die fondasie moet van klip of beton wees. Indien dit ’n betonvloer het, moet enige latere krake baie deeglik verseël word sodat insekte nie daarin kan skuil nie. Alle gapings rondom kragpunte, bedrading, ventilasie en deure moet ook verseël word. Die mure kan van steen, beton of metaal wees en alle ventilasie-openinge moet ontoeganklik vir insekte en voëls wees.

Goeie sanitasie is noodsaaklik om swamme, bakterieë, myte, voëls, insekte en knaagdiere te beheer. Enige vermorste saad moet verwyder word. Die vloer en mure behoort gereeld met ’n nawerkende insekdoder gespuit te word. Alle chemiese plaagbeheerbespuitings moet in oorleg met ’n chemiese agent gedoen word.

Die stoor moet gereeld geïnspekteer word vir insekte, voëls of ander plaagdiere soos rotte en muise. Maak seker dat die dak nie lekplekke het nie en teken ook die temperature in die stoor aan vir latere verwysing.

Behoorlike rekord moet gehou word van wanneer die saad in die stoor geplaas is. Verskillende soorte saad moet apart opgeberg word om oorkruis-besmetting te voorkom.

Relatiewe humiditeit en temperatuur is die belangrikste faktore wat die opbergingsperiode van saad bepaal. Saad bereik ’n sekere voginhoud wanneer dit aan konstante humiditeitsvlakke blootgestel word. Die mikroklimaat binne die stoorfasiliteit het ’n beduidende uitwerking op saadgehalte. Met ’n toename van slegs 6 ˚C of 1% saadvog in die lokaal kan die saad se raklewe en kiemkragtigheid met die helfte verminder.

Hoe hoër die saad se voginhoud, hoe meer word dit deur hoë temperature beïnvloed. Die verlaging van temperatuur en saadvog is gevolglik ’n doeltreffende manier om saadgehalte in opberging te handhaaf.

Saadmaatskappye doen baie moeite om te midde van elke seisoen se uitdagende omstandighede kwaliteit saad aan die produsent te lewer.

“Seisoenskommelinge bied, net soos aan die produsent, ook aan saadmaatskappye groot uitdagings wat saadproduksie betref. Om gehalte te kan waarborg gaan saadmaatskappye jaarliks groot uitgawes aan. Dit sal jammer wees as saadgehalte en die inherente genetiese eienskappe in die weegskaal beland as gevolg van sub-optimale stoortoestande,” meen Van Staden.

PROMOSIE

Protect seedlings against wilting

Root-rot diseases are one of the many challenges that small grain farmers have to deal with on an annual basis. These diseases complicate production and threaten profit margins.

SYNGENTA SEEDCARE

Soil-borne diseases are one of the primary threats to young plants, as they undermine seedling vigour and survival before any above-ground symptoms are apparent. Adding to the complexity of the situation, is the fact that root-rot diseases are usually caused by a root-rot complex comprising more than one type of pathogen. Fungal and oomycete species are the dominant participants in the complex, while bacteria and viruses are also known to cause root rot.

The four most common root-rot diseases in barley and wheat are caused by fungi that live in the soil. These are Pythium spp. root rot, also known as seedling wilt; Fusarium root rot; Fusarium ear scorch; and Rhizoctonia root rot.

The fungi are common in all cultivated soils and can live in the soil on crop debris or as hardy oospores for a long time. When climate conditions are favourable, especially when adequate moisture and a suitable host plant is present, the oospores will become active and infect crops on the field. As these fungal diseases also occur on other crops, such as maize and vegetables, they are difficult to control, especially where crop rotation is not an option.

Pythium spp. has a specific preference for the juvenile tissue in young seedlings and hardly ever affects mature plants. The fungus infects the germinating wheat and barley seeds to feed on the sugars stored in the endosperm. This weakens the seedlings, causing them to emerge as wilted and fragile little plants. Infected seedlings usually suffer from poor root-system development, which negatively impacts water and nutrient uptake and eventually reduces yield. Affected seedlings become stunted, develop brown, rotted roots and may lodge.

Because the infection occurs at a very early stage, it is not always correctly diagnosed. Poor germination and emergence are often attributed to poor-quality seed or other soil-borne diseases such as Rhizoctonia spp. or Fusarium spp.

Symptoms include:

• darkened and poorly developed plant roots and crown;

• spikes turning white before healthy plants begin to mature;

• heads and kernels do not fill; and

• stunted plants that produce few tillers.

Seed treatment offers excellent preventive control as it can reduce stress on the seedling during the first 4-6 weeks after planting, enabling seedlings to reach their full yield potential. The protection seed treatments offer also gives the seedling an opportunity to develop a strong and healthy root system.

“We focus on treating seed against fungal infection so that crops can develop healthy, robust root systems that function optimally. Well-formulated products, such as Syngenta’s CELEST® Top, not only protect the seed and seedling, but also promote uniform crop establishment and the development of healthy root systems that lay the foundation for optimal crop yield and quality,” says Jurgens Minnaar, business manager of Syngenta Seedcare in South Africa.

Seed treatments offer a range of benefits:

• Ensure healthy and vigorous seed.

• Improve the visual appearance of seed.

• Improve the plantability of seed as only the best polymer seed coatings are used to ensure the treatment binds with the seed.

• Simplify crop management during planting as various seed treatment products can be applied on the seed simultaneously.

• Protect germinating seed and young seedlings from the outset when they are at their most vulnerable.

• Proper protection during planting ensures realisation of the planned planting population.

• Enable healthy and strong root system development from an early stage to ensure effective uptake of water and nutrients.

• Compounds are purposefully formulated to be target specific.

CELEST® Top not only offers protection against Pythium spp. but also against Fusarium and several other soil- and seedborne pathogens, diseases and insects. It is the only registered seed treatment against Fusarium in South Africa.

It is a liquid concentrate fungicide and insecticide with contact and systemic properties for the control of diseases and insects that affect crops as indicated on the label. The three active ingredients, (two fungicides - difenoconazole (triazole) and fludioxonil (phenylpyrrole), with thiamethoxam (neonicotinoid) provide protection against fungi and insect activity without affecting the germination of the treated seed.

“The efficacy of seed treatments against root diseases is the reason why all pre-base and base wheat seed in the Sensako brand are treated with CELEST® Top,” says Hendrik van Staden, Syngenta Seeds’ seed business unit lead for Africa and the Middle East.

For more information, visit Syngenta’s website at https://www. syngenta.co.za/product/crop-protection/celest-top

TRAP FUSARIUM PLAT!

Stuur Fusarium planke toe: CELEST® Top beheer die versteekte gevare van saaden grondgedraagde Fusarium wat onegalige stand kan veroorsaak.

Omvattende beskerming: ’n enkele CELEST® Top-saadbehandeling beheer ’n wye spektrum insekplae en swamsiektes tydens ontkieming.

’n Hupstoot vir groeikragtigheid: aangevuur deur CRUISER ® -tegnologie, verbeter tiametoksam in CELEST® Top die groeikrag van saailinge.*

Beyond Seed Protection™

LEES DIE PRODUKETIKET VOOR GEBRUIK.

CELEST® Top (nie beperk nie) bevat fludioxonil (fenielpirrool) 25 g/ℓ, difenokonasool (triasool) 25 g/ℓ en tiametoksam (neonikotinoiëd) 262.5 g/ℓ (Reg. Nr. L10418, Act Nr. 36 van 1947). WAARSKUWING.

GHS-Gevaarstelling: Word daarvan verdink dat dit vrugbaarheid beskadig. Word daarvan verdink dat dit die ongebore kind kan beskadig. Baie giftig vir waterlewe met langdurige effekte. CELEST® Top is die geregistreerde handelsmerk van ’n Syngenta Groepmaatskappy. Syngenta Suid-Afrika (Edms.) Beperk, Privaatsak X60, Halfway House, 1685. Tel. (011) 541 4000. www.syngenta.co.za © Syngenta Ag, 2000. Kopiereg voorbehou. Alle ongemagtigde vermeerdering word verbied.

@SyngentaSA | www.syngenta.co.za

SKANDEER HIER VIR MEER INLIGTING

Jack Pickering verduidelik hoe belangrik spuittoestande is vir doeltreffende opname deur plante.

Wind is belangrik tydens spuit, maar moenie die humiditeit onderskat nie

Almal wat gewasse spuit weet wanneer die wind waai is dit sinneloos, maar hoe gereeld word humiditeit, oftewel Delta T, in ag geneem? As die antwoord ‘nooit’ is, is dit so goed as om geld in die water te gooi.

Humiditeit is belangrik, sê Jack Pickering, toedieningspesialis by Syngenta Suid-Afrika, omdat dit bepaal hoe vinnig spuitdruppels verdamp.

“Selfs as die druppels die teikenplante tref soos hulle moet, maar hulle verdamp te vinnig, het die teiken nie genoeg tyd om die aktiewe bestanddeel op te neem nie. Al die moeite is dan verniet, om nie eers van die belegging in die produk te praat nie,” sê Pickering.

Delta T word bereken deur die nat boltemperatuur van die droë boltemperatuur af te trek. Dit is ‘n beter aanduiding van hoe vinnig water verdamp as wat relatiewe humiditeit (RH) is. Hoe hoër Delta T se lesing, hoe vinniger verdamp water omdat die temperatuur hoog en humiditeit laag is. Volgens Pickering is spuittoestande nie meer gunstig nie sodra Delta T se waarde 8 °C verbysteek.

Delta T-lesings is geredelik beskikbaar en produsente wat spuit het waarskynlik reeds die nodige data. Die meeste plaasweerstasies kan Delta T-lesings gee en as die produsent onseker is kan hy of sy vir Cropwise Spray Assist registreer.

Hierdie gratis diens van Syngenta neem al die omgewings-

faktore wat spuittoestande beïnvloed in ag en identifiseer optimale spuitvensters vyf dae vooruit.

“Die inligting is daar – al wat die produsent hoef te doen is om dit te gebruik,” sê Pickering.

Produsente wonder of Delta T nie net ‘n toedieningspesialis se obsessie met data is nie. Pickering gee toe dat hy onder ‘n wip gevang kan word met syfers, maar sy obsessie het te doen met data wat produsente help om beter besluite te neem wanneer insetkoste, opbrengs en winsgewendheid ter sprake is.

Tydens ‘n onlangse boeredag het hy met ‘n informele opname bevind dat net twee van die 30 produsente met wie hy gesels het, Delta T in ag neem voordat hulle spuit. Heelwat meer produsente is geneig om die watervolume te verminder om hul spuite se doeltreffendheid te verhoog. Minder water, hoër toedieningspoed en fyner druppelgrootte is egter ‘n doodskoot vir doeltreffende gewasbeskerming wanneer dit warm en droog is.

“Fyner druppels gee wel beter bedekking, maar net omdat watersensitiewe papiertjies wys dat die gewasplante nat is, beteken dit nie dat daar genoeg aktiewe bestanddeel op

Masjinerieverkope kan vanjaar sterk voortgaan

Hoewel die verkope van trekkers in die afgelope sewe maande van 2025 deurlopend goed was en beter as in die vorige jaar se ooreenstemmende tyd, moet onthou word dat 2024 se verkoopsyfers swak was, sê ‘n ekonoom.

Volgens die Landboumasjinerievereniging (SALMA) se Julieverslag is bykans 34% meer trekkers in Julie 2025 verkoop as in Julie 2024. Wandile Sihlobo, die landbousakekamer Agbiz se hoofekonoom, sê swak verkope in 2024 en faktore soos vanjaar se beter weerstoestande en ‘n positiewe sentiment dra by tot vanjaar se sterk herstel van verkoopsyfers.

In Julie vanjaar is 753 trekkers verkoop teenoor die 563 eenhede van verlede Julie. Tot dusver is 4 315 eenhede vanjaar verkoop, wat ongeveer 23% meer as in die ooreenstemmende tydperk van 2024.

Ses stropers is in Julie 2025 verkoop teenoor die agt eenhede van Julie 2024. Ondanks hierdie daling is vanjaar se stroperverkope tot dusver sowat 27% meer as verlede jaar se stroperverkope.

Sihlobo sê die daling in stroperverkope is nie ‘n beduidende bekommernis nie vanweë die hoër verkoopsvolumes in die af-

gelope maande.

Na verwagting gaan trekkerverkope vanjaar 10% meer wees as verlede jaar, sê Willie Human, voorsitter van SALMA. Huidige beramings dui daarop dat stroperverkope in 2025 ook meer gaan wees.

“Die aanplanting van gewasse in die winterreënstreke sal na raming soortgelyk wees as verlede jaar en met die winterreën wat tot dusver geval het, lyk die gewasproduksievooruitsigte op die oomblik goed,” sê Human. “Met grondwatertafels hoog na die goeie somerreën en die reën wat laat in die somer geval het, lyk vooruitsigte vir die komende somergewasseisoen oor die algemeen gunstig.”

Hy reken boere gaan weens mielies se later oestyd as gewoonlik onder druk wees om betyds klaar te oes, landerye voor te berei en gewasse vir die nuwe seisoen te plant. Nogtans is die marksentiment positief.

Saam met die beter produksietoestande in landbou, beskou Sihlobo die effense verlaging van die rentekoers ook as positief. Sommige boere mag besluit om voort te gaan met die vervanging van masjinerie in die kopende maande.

Wind is belangrik tydens spuit, maar moenie die humiditeit onderskat nie

VAN BLADY 24

die teiken neergesit is nie,” verduidelik Pickering. “Afhangend van die chemikalie, is die dosis op die plant belangriker as die bedekking. Jy kan tot 40% van die aktiewe bestanddeel verloor sonder om daarvan bewus te wees. Daarom moet jy verdampingswegdrywing – wat gebeur wanneer Detla T te hoog is – in aanmerking neem, selfs wanneer daar geen wind is wat gewone wegdrywing kan veroorsaak nie.”

Die boodskap is dat produsente nie watervolume alleen moet verminder nie. Watervolume is een van die instrumente tot die produsent se beskikking en moet gebruik word saam met ál die ander faktore wat doeltreffende toediening kan beïnvloed, soos spuitstukke, toedieningspoed en klimaatstoestande.

Wanneer byvoorbeeld teen 100 liter gespuit word, moet die Delta T-waarde in die regte spektrum lê. Indien nie, moet watervolume en druppelgrootte verhoog word om verdampingswegdrywing teen te werk. Sodoende kry die produk genoeg tyd om in die plant opgeneem te word.

“My aanbeveling vir die beste resultate is 200 liter watervolume wat teen 'n stadiger trekker-/spuitspoed toegedien word en met 'n spuitstuk wat 'n growwer druppel produseer. Die wegdrywing sal minder wees, wat beter gewasbeskerming aan die hand werk en die chemikalie wat in die omgewing beland, beperk. Dit verminder ook die kans dat weerstand kan ontwikkel.”

Pickering wys verder daarop dat volume-mediaan-deursnee (VMD) beteken dat 50% van die druppels wat uit ‘n spuitstuk kom kleiner as die kleurkode sal wees en 50% groter.

“Die druppels is beslis nie almal ewe groot nie, en die produsent sal gevolglik nie al die bedekking verloor wanneer growwer druppels gespuit word nie. Dit is ook nie reg om net aan te neem dat growwer druppels slegter bedekking beteken nie.”

Dit is ‘n feit dat spuitstukke duur is, maar ‘n slegte toediening kos nóg meer. Die geld wat byvoorbeeld verloor word wanneer 20% van die produk aan slegte spuittoestande afgestaan word, sal genoeg wees om byna, of selfs ten volle te betaal vir die regte spuitstukke wat die regte druppelgrootte lewer.

Onthou ook dat die kombinasie van die regte spuitstuk, growwer druppels en ‘n hoër watervolume gewoonlik ‘n wyer toedieningsvenster tot gevolg het. Dit gee die produsent meer tyd vir ‘n sorgvuldiger en gevolglik doeltreffender toediening.

“Dit is onmoontlik om té veel klem te lê op die positiewe uitkoms wat moontlik is wanneer effens meer diesel en ‘n bietjie meer tyd in ‘n toediening belê word – jy kry jou geld in ‘n oogwink terug.”

Dink weer oor omgewingstoestande en Delta T. Op die gholfbaan gebruik die speler nie die drywer om ‘n bal uit die ruveld te slaan nie – dit is die sandwig se werk. Net so is die aanpassing van druppelgrootte en watervolume die korrekte instrument om spuitsukses in warm, droë toestande te behaal.

Market information: 2024/25 marketing year

International wheat information

The United States department of agriculture (USDA) estimates global wheat production for the 2025/26 season at a record 808,5 million tons. Global consumption of wheat is estimated to be slightly higher to reach 806,4 million tons while global closing stocks are forecast to contract to a seven-year low at 261,5 million tons.

Local supply and demand

According to the monthly wholegrain data, the opening stock for whole wheat on 1 October 2024 was 749 838 tons, 33,1% higher year on year, while unutilised stock at the end of June 2025 was 1 029 819 tons, 8,1% lower year on year.

Nine months into the marketing year, 1 864 966 tons whole wheat were delivered at commercial premises. A total of 2 646 579 tons whole wheat were processed for the local market. Wheat processed for animal feed at the end of June 2025 was 90,4% higher year on year at 10 366 tons.

Wheat withdrawn by producers (1 610 tons) were 48,8% less year on year, while whole wheat released to end consumers was 30,9% higher than the same period the previous year at 1 357 tons. A total of 15 654 tons of seed was used for planting purposes. This was 20,4% less comparing to the same time the previous year.

International and local supply and demand with regard to whole wheat is summarised in Table 1

According to the weekly reports from 1 October 2024 to 25 July 2025:

• A total of 1 868 305 tons wheat was imported. Most imports were from Australia (405 491 tons), Russia (370 935 tons), and Lithuania with 194 149 tons.

• Intended eight-week total for imports for South Africa was 409 958 tons, while the total exports for the same period were 12 997 tons.

• Exports of locally produced wheat, all to neighbouring countries, were 184 202 tons. Most exports were to Zambia (69 444 tons) and Zimbabwe (60 585 tons).

Wheaten products

At the end of June 2025, a total of 2 644 390 tons wheaten products were manufactured while 25 335 tons were imported, and 21 518 tons exported. For the nine-month period a total of 1,781 billion pan baked bread was reported to SAGIS.

For the current marketing year, 46% of the per capita use of wheat processed was for pan baked bread. In Table 4 the average prices of bread and flour can be seen.

Table 1. Supply and demand (RSA vs international).

(a) Including producer withdrawals, seed and end users

(b) Excluding products

(c) Net dispatches(+)/Receipts(-) plus Surplus (-)/Deficit(+)

(d) All stocks, regardless ownership thereof, in commercial structures

Source: SAFEX

Table 2 and 3 show how the prices of wheat on local and international markets.
Table 2. SAFEX: Latest wheat prices vs previous prices.
Table 3. KCBT: Latest wheat prices vs previous prices.

Source: SA Stats

Barley

For the nine month period (October 2024 – June 2025), barley produced for the local market at 370 287 tons, was 1,6% less than the previous year. Imports of whole grain were 105 842 tons, 3,4% less year on year, while barley malt imported were 320,7% more at 46 872 tons, for the same period.

A total of 227 106 tons were processed for human consumption. This included barley processed for drinkable

alcohol. Unutilised stock at the end of June 2025 was 317 292 tons.

Canola

At the end of June 2025, nine months into the current marketing year, canola are once again breaking records with the following highlights:

• Producer deliveries was 23,1% higher than the previous year at a record high of 290 234 tons.

• Exports also reached a new record

with 43 393 tons, all to Kenya.

• A total of 173 048 tons were processed, of which 169 555 tons (12,1% more year on year) were crushed for oil and oil cake.

• Animal feed decreased with 30,6% year on year at 3 493 tons.

Oats

The opening stock for oats was 25 679 tons (23,8% more than the same period the previous year). Deliveries directly from farms for the local market was 4,1% higher than for the same period the previous year. Imports of 24 309 tons (all imported from Canada) was 24% less for the same period. A total of 599 tons was withdrawn by producers, comparing to only 12 tons the previous year, while 9 514 tons stock was stored at processors. This was 24,1% less for the same period the previous year..

Sources: SAGIS, NAMC, Stats SA.

Swartland vier skou met boeretrots, vermaak en plattelandse gasvryheid

Van Woensdag, 3 tot Saterdag, 6 September 2025 word die 91ste Swartlandskou by die Moorreesburgskougronde op Moorreesburg aangebied. Dit is ’n vierdaelange feestelike ervaring propvol sakegeleenthede, uitstallings, demonstrasies, gesinsvermaak, kinderpret, stalletjies, ’n troetelplaas en restaurante.

Landbou-hoogtepunte

Saam met die kleinvee-kampioenskappe word ‘n skaapskeerkampioenskap Saterdag, 6 September gehou waar Tinus du Plessis, Suid-Afrika se eie skaapskeerkoning en houer van die nasionale én internasionale rekord, gaan optree.

Gedurende die vier skoudae word met 8 top vleisbeesrasse geskou vir die titels van senior kampioenbul, senior kampioenkoei en opperste raskampioen. Die Romagnola-ras gaan vir die eerste keer by die Swartlandskou hul opwagting maak. Ander beesrasse sluit in Herefords, Simmentalers, Rooi en Swart Angus, Santa Gertrudis, Charolais en Sussex.

By die Jeugskou op Woensdag, 3 September neem meer as 250 skoumanne deel aan 16 dissiplines in die Wes-Kaapse kwalifiserende streekskou. Swartlandskou het onlangs by die Agri-Expo-kongres die toekenning ontvang as Beste Jeugskouaanbieder, waarop die organiseerders baie trots is.

Perdekrag en tradisie

Perdeliefhebbers kan uitsien na die Vlaamperd SA Kampioenskap en die SA Saalperdkampioenskap, terwyl die indrukwekkende 8-span wa-perde op Saterdag, 6 September weer ’n

vertoning lewer wat jaarliks gehore van regoor die land lok en bekoor.

Vir die dames, kinders en fynproewers

Die damesdag word Woensdag, 3 September gevul met inspirasie, mode, geselskap en heerlike kos. Boys R Back gaan skoubesoekers terugneem na die goue era van “boybands” en Lizz Meiring gee haar solovertoning van die “Real Housewife”.

Kinders kan aktiwiteite in die nuwe kinderpark ontdek met vermaak soos rekspronge op trampolien, verfbal, springkastele en trapkarre.

Van Donderdagaand, 4 September af sorg gewilde kunstenaars vir musiek en vermaak. Musikante sluit in Wynand en Chereé, Brendan Peyper, die Step by Step-dansskool, Ruan Theron, Tamlyn Wessels, ONS en Danny Smoke.

Landbou se toekoms in fokus

Die landbou-oggend van Vrydag, 5 September het as tema Boerdery se toekoms - Ons skei die koring van die kaf. Sprekers soos Theo Vorster, prof Johan Fourie, dr Tobias Doyer en JP Landman gaan besoekers inspireer en insigte oor die toekoms van landbou deel.

Die Swartlandskou se organiseerders moedig besoekers aan om hul kaartjies betyds aanlyn te koop via TIXSA by https://tickets.tixsa.co.za/event/swartlandskou-moorreesburg . Besoek die skou se webtuiste by www.swartlandskou.co.za

Vier saam met die Swartlandskou ’n fees van boeretrots, gesinsvermaak en onvergeetlike herinneringe.

Table 4. Wheaten products

Meer koring en minder kanola en gars geplant

Terwyl weerstoestande in die suide teen middel Augustus wisselvallig was vir ‘n belowende oes van wintergewasse, dui landswye aanplantings op ‘n geringe toename in hektare. Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se voorlopige oppervlakteskatting van 29 Julie 2025 is meer koring, hawer en soetlupine geplant maar minder gars en kanola.

In die Wes-Kaap het graan het volgens berigte in middel Augustus in die

Swartland danksy gereelde reën goed vertoon, maar in die Overberg was

Tabel 1. Wintergewasse se voorlopige oppervlakteskatting vir die 2025­produksieseisoen.

* Voorneme gebaseer op toestande van middel April 2025. 1) Slegs kommersieël. Uitgesluit gars of hawer wat gebruik word as weiding, kuilvoer, hooi en/of op die plaas as veevoer. Bron: NOK.

Tabel 2. Koring se voorlopige oppervlakteskatting 2025­seisoen

Voorneme gebaseer op toestande van middel April

sake op ‘n mespunt en in afwagting vir broodnodige vog.

Die NOK se voorlopige skatting teen die middel van Julie 2025 van die oppervlakte onder koring beloop 512 500 ha, wat 1,42% of 7 200 ha meer is as die 505 300 ha wat verlede seisoen geplant is.

Vir gars is die voorlopige oppervlakskatting 95 700 ha, wat 4,97% of 5 000 ha minder is as die 100 700 ha van verlede seisoen. Die oppervlakte onder kanola is 164 900 ha, wat 0,51% of 850 ha minder is as die 165 750 ha wat verlede seisoen beplant is.

Volgens die NOK is hierdie oppervlakteskatting gebaseer op die resultate van ’n nie-ewekansige opname. Dit is onderneem deur die departement van landbou se direktoraat: statistiek en ekonomiese ontleding met insette van die provinsiale departement van landbou ingesluit.

Die skatting het inligting van die Onafhanklike Produsente-oesskattingstelsel (Pices) uitgesluit. Dit word vir die Wes-Kaap in Augustus 2025 gerapporteer en vir die Vrystaat in September 2025.

Provinsiale koringaanplantings

In die Wes-Kaap, Vrystaat en Limpopo was koringaanplantings meer as in die vorige seisoen, maar in Noordwes en Mpumalanga is minder geplant.

Bron: NOK.

Weather-proofing the breadbasket with index insurance

With artificial intelligence tools, agri-insurance are now shifting the focus in weather related risks from indemnity to building resilience and prevention. Complex and costly individual loss assessments required in traditional indemnity insurance are often delayed when farmers need support the most. Parametric (index-based) insurance provides a streamlined solution.

Farmers are conservative by nature; it would be reasonable to assume they would be wary of the hype around artificial intelligence (AI). Farmers today, however, operate in an increasingly unpredictable environment.

In 2024, to address and improve agricultural risk management, South Africa's regulators approved index insurance product for weather related risks. AI-powered tools in agri-insurance are now shifting the focus from indemnity to building resilience and prevention.

Supported by the South African Insurance Association (SAIA) and its members, farmers can now utilise innovative

Meer koring en minder kanola en gars geplant

Die beraamde oppervlakte beplant in die Wes-Kaap is 369 000 ha, wat 1 000 ha meer is as die 368 000 ha van die vorige seisoen. Vir die Vrystaat is die aanplantings 54 000 ha, wat 5 000 ha meer is as die 49 000 ha wat verlede seisoen geplant is. Limpopo se aanplantings beloop 23 000 ha. Dit is 2 500 ha meer as in die vorige seisoen.

Die oppervlakte beplant in die Noord-Kaap is 38 000 ha, wat dieselfde is as in die vorige seisoen. Noordwes se aanplantings van 10 500 ha is 1 500 ha minder as in die vorige seisoen.

Ander gewasse

Garsaanplantings het die derde agtereenvolgende seisoen verminder. Sowat 5% minder gars is volgens die voorlopige oppervlakteskatting geplant. Die hektare beloop 95 700 teenoor die vorige seisoen se 100 700 ha.

Vir die eerste keer sedert die 2019-sesoen is minder kanola as in die vorige seisoen geplant. Volgens die NOK beloop kanola se oppervlak 164 900 ha. Dit is 0,51% of 850 ha minder as die vorige seisoen se 165 750 ha.

Die voorlopige oppervlakteskatting vir hawer is 33 520 ha, dit is 8,1% of 2 520 ha meer as in die vorige seisoen. Soetlupine se aanplantings vir die 2025-seisoen het met 9,4% toegeneem tot 17 500 ha.

Meer inligting oor die NOK se statistiek is op SAGIS se webtuiste beskikbaar by www.sagis.org.za onder die opskrif ‘non-SAGIS info - crop estimates’. Die hersiene oppervlakte be-

insurance tools to help them weather the storms. Using the Internet of Things (IoT), insurers aim to move beyond blunt monthly rainfall indices by tapping real-time environmental and soil moisture sensors to calibrate the parametric triggers more granularly, reducing the gap between the index and actual loss (basis risk).

Pamela Ramagaga, general manager of insurance risks at SAIA, stated that transformative risk management tools like index-based (parametric) insurance are gaining momentum as progressive solu-

TO PAGE 30

plant en eerste produksieskatting vir wintergewasse vir 2025 word 27 Augustus 2025 vrygestel.

VAN BLADSY 28
Figuur 1. Koringoppervlakte 2010­2025.
Figuur 2. Kanola­oppervlakte 2010­2025.
Pamela Ramagaga
Bron: NOK.
Bron: NOK.

Navorser kry lewenstoekenning oor veilige voedsel

Prof Liza Korsten se bydrae om voedsel vir Suid-Afrika met plantpatologie en mikrobiologie te beveilig het aan haar ‘n lewenstoekenning besorg. Die toekenning van 2024/25 NSTF-South32 is deur die Nasionale Wetenskaps- en Tegnologieforum (NSTF) gemaak. Dit staan as die “Oscars van die wetenskap” bekend en uitnemendheid in wetenskap, ingenieurswese en tegnologie word bekroon.

Prof Korsten van plantgesondheid en voedselveiligheid aan die Universiteit van Pretoria (UP), het volgens die beoordelaars wetenskap tot aksie laat oorgaan. Sy het kritieke sake soos siektes afkomstig van voedsel en oesverliese aangedurf en met vindingryke en praktiese oplossings vorendag gekom.

Benewens haar akademiese en navorsingswerk aan die UP is prof Korsten ‘n mededirekteur in die nasionale navorsingstigting se sentrum van uitnemendheid en sy is president van die Afrika-akademie van wetenskap.

Dr Renée Prins, stigtersdirekteur van CenGen, was ook ‘n benoemde in die afdeling vir ‘n lewensbydrae.

Die NSTF het tydens die toekenningsgeleentheid op 31 Julie 2025 sy 30ste bestaansjaar herdenk en Dawie Fourie met die NSTF Ukhozi-toekenning vereer vir sy lewensbydrae in belang van NTSF en Suid-Afrika. Die NSTF-toekennings is in 1998 deur lede en medewerkers van die Nasionale Wetenskaps- en Tegnologieforum ingestel.

Die NSTF het verskeie afdelings vir die NSTF-South32-toeken-

nings. In een van die afdelings was die Landbounavorsingsraad (LNR) vir die eerste keer betrokke en vyf wetenskaplikes met verbintenisse in landbou is hiervoor benoem. Die ontvanger was prof Olaniyi Amos Fawole van die Universiteit van Johannesburg vir sy navorsing oor volhoubare na-oestegnologie en landbouverwerking. Hy beklee die leerstoel vir volhoubare bewaring en agroverwerking in die departement wetenskap, tegnologie en innovasie.

Die NTSF-LNR-toekenning gaan aan ‘n individu of span vir hul bydrae tot volhoubare landboubestuur, kennisontwikkeling en die vind van oplossings in die afgelope vyf tot tien jaar. Ander benoemdes in hierdie afdeling was die departement dierewetenskap aan die Universiteit van Pretoria onder leiding van prof Carina Visser, dr Mahlatse Kganyago van die Universiteit van Johannesburg se departement geografie, omgewingsbestuur en energiestudies, prof Liza Korsten en prof Stephanie Juliane Editha Midgley, spesialiswetenskaplike in klimaatsverandering by die Wes-Kaapse departement van landbou en buitengewone medeprofessor aan die Universiteit van Stellenbosch.

In die afdeling vir navorsers is prof Susan Taljaard van die WNNR en medeprofessor aan die Nelson Mandela Universiteit benoem vir haar bydrae as brugbouer tussen wetenskap en beleid waarmee volhoubare oplossings in kusbestuur aangespoor is.

Weather-proofing the breadbasket with index insurance

FROM PAGE 29

tions to build resilience among vulnerable farmers.

Streamlined with objective parameters

Almost three years ago, Santam was SAIA’s representative to test soil moisture deficit (drought) grain crop indexbased insurance. Since then, Santam is one of the insurers who has been successful in its application to the Prudential Authority to underwrite weatherbased index insurance.

Traditional indemnity insurance requires complex and costly individual loss assessments that are often delayed when farmers need support the most. In contrast, parametric (index-based) insurance provides a streamlined solution with payment based on the occurrence of specific, predefined events, like objective weather parameters (e.g. rainfall meas-

ured at specific stations over a set period) rather than individual farm losses.

When the index falls below or exceeds an agreed threshold (e.g., insufficient rainfall during a critical growing phase), an automatic payout is triggered. This simplicity translates into benefits such as rapid payouts, lower and flexible premiums, and transparent, indexed reporting in risk assessments.

"Index-based insurance represents a breakthrough for building resilience among smallholder and emerging farmers,” said Ramagaga. “SAIA is committed to fostering the partnerships and enabling environment needed to scale these solutions effectively."

Subsidy of premiums

To foster inclusion and economic stability in rural communities, SAIA has engaged with the department of agri-

culture, land reform, and rural development to pilot broader implementation of scaling insurance products and advocating for essential premium subsidies for small-scale farmers. The government subsidy of insurance premiumsup to 75% for small-scale farmers and 25% for commercial farmers - enhances the sustainable uptake of drought insurance, facilitating broader coverage across various agricultural segments.

About the SAIA

The South African Insurance Association (SAIA) is the representative body of the non-life insurance industry. SAIA has 58 members, comprising all categories of non-life insurers, including reinsurers. Its members abide by the SAIA code of conduct, which ensures adherence to best-practice industry standards and self-regulation.

Use the specialists

PUBLISHERS OF:

Wheat Focus / Koringfokus: Specialist magazine for small grains

Vegetables & Fruit / Groente & Vrugte: Explore markets in fresh produce

Subtrop Journal: Journal for avocado, mango and litchi growers

Yearbooks:

SA Avocado Growers’ Association (SAAGA)

SA Litchi Growers’ Association (SALGA)

SA Mango Growers’ Association (SAMGA)

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.