Brande in die Wes- en Oos-Kaap het wye skade vir mens en dier en aan die omgewing veroorsaak, ook emosioneel. Die koringbedryf brand spreekwoordelik ook en die hoop word op die Artikel 7-komitee gerig vir oplossings.
Koringfokus / Wheat Focus verskyn ses keer per jaar en word in samewerking met die koringbedryf saamgestel, wat insluit: LNRKleingraan; SA Graaninligtingsdiens & SA Graanlaboratorium.
Gratis beskikbaar aan bona fide-kleingraanprodusente
Uitgewer en eienaar
Adres vir redaksionele kopie, advertensies en intekenare: Mediakom
ONAFHANKLIKE SPESIALIS-TYDSKRIF VIR DIE KLEINGRAANBEDRYF
KLEINGRAAN
5 Small Grain welcomes back specialist in crop protection
6 Keeping an eye on our daily bread: Why wheat quality matters
20 Protect seedlings against wilting
NEEM KENNIS
Weens afleweringsprobleme met die gewone posdiens word intekenare en lesers versoek om hul eposadresse aan info@mediakom.co.za te stuur vir die elektroniese versending van KORINGFOKUS WHEAT FOCUS.
09 Koringforum: Buurlande vat kortpad met meel uit koring
09 Koringforum: Sóveel koring in ruil vir insetmiddele
12 Masjinerie: 2025 se verkope eindig goed
15 Toetse op produkte om gewasse te beskerm verbeter laboratorium se prestasie
22 Grond en water: ’n onskeibare vennootskap in ’n veranderende landboulandskap
23 Grond en water: Van bewusmaking tot aksie
24 Tafeldruifboer ontvang jongboertoekenning
25 Landbouskrywers wys hul uitblinkers aan
26 Graan SA huldig graanprodusent en landbouleiers
28 Agbizoorsig: Vervoer en buitelandse handel lyk belowend vir landbou
28 Agbizoorsig: Veilige opberging en graandiefstal
29 NviroTek brei dienste uit met Vinlablaboratorium
29 Agbiz appoints head for strategic projects
30 Agbizoorsig: Landbou kan nie sonder chemikalieë nie
30 Pioneer herdenk vanjaar sy eeu van landbouuitnemendheid
4 Koringforum kry die groen lig vir Artikel 7ondersoek
10 Oesskatting weerspieël swak toestande van wintergewasse
12 Kans om koringbedryf te red verminder vinnig
14 Wheat import tariff: “We cannot afford continued silence”
16 Ontydige invoer in WesKaap – sonder behoefte
18 2024/25 Marketing year in review
21 Oesskattings in 2026
27 Agribusinesses generally optimistic about business conditions
VKoringforum kry die groen lig vir Artikel 7-ondersoek
Die eerste stap van ‘n omvangryke ondersoek na die koringbedryf het in Januarie 2026 afgeskop toe die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) ingestem het dat ‘n Artikel 7komitee op versoek van die Koringforum saamgestel word. Dit is slegs die tweede keer dat die koringbedryf op dié wyse ondersoek word. oorweeg moet word.
olgens prof André Jooste, voorsitter van die Koringforum, is hy vroeg in Januarie 2026 skriftelik ingelig dat die Artikel 7komitee goedgekeur is. Die volgende stap is dat ‘n voorsitter vir die komitee uit die NLBR se raad aangewys en komiteelede uit belanghebbendes saamgestel word. Daarna kan die komitee se mandaat bepaal word. Die minister van landbou is by die proses betrokke.
In die Koringforum se versoek aan die NLBR vir die samestelling van ‘n Artikel 7komitee het die Forum versoek dat vier sake in die bedryf ondersoek moet word. Dit sluit in die invoertarief se verwysingsprys en snellermeganisme, die deursigtigheid van prysbepalings, die opberging en logistiek van koring, en transformasie en inklusiwiteit in die bedryf.
Afhangende van die Artikel 7komitee se mandaat mag hierdie sake in hulle sakelys opgeneem, afgeskaal of uitgebrei word. Die komitee kan bedryfsake wat lank gesloer het nou finaliseer omdat belanghebbendes saam vergader. Langsame kommunikasie tussen rolspelers in die verlede, onbeantwoorde versoeke en ander vertragings kan daarmee uitgeskakel word.
Die vier sake wat die Koringforum vermeld het is volgens prof Jooste kritiese kwessies in ‘n bedryf wat onder groot druk verkeer en wat belangrik is vir die bedryf se voortbestaan. Die rolspelers moet gesamentlik en binne die konteks van voedselsekerheid, werkverskaffing en landelike ontwikkeling oplossings daarvoor probeer vind.
Wat die tydsduur van so ‘n ondersoek betref sê prof Jooste hy aanvaar dat sake so spoedig moontlik afgehandel sal word weens die dringendheid daarvan. Die komitee se werk sal waarskynlik sake van alle rolspelers en die hele proses in die koringvoorsieningsketting insluit. Die komitee maak ná die ondersoek aanbevelings aan die NLBR wat dit in baie gevalle aan die minister van landbou voorlê.
Die belanghebbendes en rolspelers wie se standpunte in ag geneem kan word, is in die Koringforum verteenwoordig en by die NLBR as sodanig geregistreer. Elkeen het ‘n eie mandaat van die organisasie wat hulle verteenwoordig. Dit bring mee dat nie alle standpunte eenparig is nie.
Na etlike jare se pogings van die Koringforum, sy komitees en afsonderlike lede om probleme in die bedryf opgelos te kry is ‘n informele byeenkoms van belanghebbendes in Oktober 2025 gehou. Uitdagings in die bedryf is bespreek en hulle het besluit dat dit op ‘n meer formele wyse aandag moet kry. Die groep het ‘n aanbeveling aan die Koringforum gemaak wat onder meer ingesluit het dat ‘n Artikel 7komitee en ondersoek
Prof André Jooste, voorsitter van die Koringforum.
Koringforum se vier kwessies
Volgens prof Jooste is vier sake vermeld in die Koringforum se aansoek tot ‘n Artikel 7komitee by die NLBR. Die wet op die bemarking van landbouprodukte, Wet 47 van 1996, maak voosiening vir ‘n ondersoek deur ‘n Artikel 7komitee. Die Wet maak onder meer voorsiening vir verhoogde marktoegang deur alle rolspelers om landbouprodukte doeltreffend te kan bemark.
Die Forum het onder meer versoek dat die invoertarief se verwysingsprys en die snellermeganisme ondersoek moet word. Rolspelers meen dat die verwysingsprys en invoertarief nie beskerming aan produsente en hul produksie teen gesubsidieerde ingevoerde koring gee soos dit beoog was om te doen met die instelling daarvan nie.
Die oorsprong van ingevoerde koring, die gehalte en hoeveelhede daarvan en die tydstip van invoer regverdig volgens sommige rolspelers ‘n aanpassing van die tariefformule.
Die tydperk wat dit neem om die tarief aan te pas nadat dit volgens voorskrifte geneller het, is volgens belanghebbendes kommerwekkend. Die Forum se versoek is dat die tarief gereeld op voorafbepaalde datums aangekondig moet word volgens dieselfde werkswyse van die maandelikse brandstofprys. Dit sal sekerheid in die bedryf skep omdat betrokkenes presies sal weet wanneer die tarief van toepassing gaan wees.
Koring se prysbepaling en deursigtigheid daarvan binne die JSE se afgeleide markteafdeling (voorheen Safex) is ‘n tweede saak wat die Koringforum aan die NLBR vermeld het. Sommige belanghebbendes in die bedryf meen dat die prys nie die intrensieke waarde van SuidAfrikaanse koring weerspieël nie en dat spekulante se rol bevraagteken word.
Die Koringforum het verder hul kommer oor voldoende infrastruktuur by opberging en die gepaardgaande logistiek in hul aansoek vermeld. Verouderde infrastruktuur en beheer oor die graan se gehalte behoort ondersoek te word, met inagneming daarvan dat nuwe soorte koring soos witkoring bygevoeg kan word.
Om koringproduksie inklusief te laat groei is die vordering tot dusver nie voldoende nie, meen die Koringforum in sy aansoek. Individue wat voorheen benadeel is behoort in primêre
Small Grain welcomes back specialist in crop protection
The Agricultural Research CouncilSmall Grain has welcomed back a familiar face to its campus, with Dr Tshimangadzo “Tshima” Ramakuwela returning to the organisation as the Research Team Manager: Crop Protection.
Anelisa Gusha
ARCSMALL GRAIN
The Agricultural Research CouncilSmall Grain has welcomed back a familiar face to its campus, with Dr Tshimangadzo “Tshima” Ramakuwela returning to the organisation as the Research Team Manager: Crop Protection.
Her return marks an important moment for the ARC, bringing together institutional knowledge, scientific expertise and leadership experience. Prior to her appointment, Dr Ramakuwela served as a lecturer in the department of plant and soil sciences at the University of Pretoria.
However, her journey with the ARC began much earlier, where she previously worked as a researcher at the organisation.
Dr Ramakuwela’s research specialisation lies in the biological control of insect pests and plant pathogens using entomopathogenic nematodes (EPNs) and their symbiotic bacteria. This is a rare and highly specialised field.
This multidisciplinary work draws on nematology, entomology, plant pathology, and biotechnology and directly supports reduced reliance on chemical pesticides while strengthening integrated pest management systems in agriculture.
One of her most significant research
Koringforum
contributions has been in wheat disease management, particularly fusarium head blight (FHB). FHB is a devastating floral disease of cereals that poses serious health risks by contaminating grain with harmful mycotoxins.
In her current role at the ARC, Dr Ramakuwela leads crop protection research programmes across plant pathology, entomology, and weed science. Her work involves not only advancing scientific research, but also ensuring that outputs are practical, relevant and responsive to the needs of producers.
“My research is driven by the need for safe, environmentally friendly pest management alternatives,” she explains. “With growing pesticide resistance, environmental concerns and food safety challenges, sustainable agricultural practices are more important than ever.”
On a personal level, her drive stems from a love for learning, exploration, and challenge, these are qualities reflected in both her career and her personal pursuits. An avid hiker, she has completed demanding trails such as the 116 km Moshoeshoe walk in Lesotho and the Fish River Canyon in Namibia.
Originally from Venda in Limpopo, Dr Ramakuwela’s passion for agriculture began at a young age, growing up in a village where farming was an integral part
produksie en in die res van die waardeketting ‘n groter rol te kan speel.
Wes-Kaapse produksie
Prof Jooste sê koringproduksie in veral die WesKaap is onder ernstige druk en dit beïnvloed die toekoms van die bedryf en van betrokkenes in baie opsigte. In groot dele van die WesKaap is die koringbedryf die ruggraat van landelike ekono
of daily life.
She holds a PhD in Plant Pathology from the University of KwaZuluNatal, complemented by a BTech and National Diploma in Biotechnology from The Vaal University of Technology, as well as qualifications in Total Quality Management and Leadership Development for Middle Managers. Her professional development also includes prestigious international training programmes such as the Borlaug International Agricultural Science and Technology Fellowship Programme, as well as specialised training in integrated pest management and food safety.
Reflecting on her time in the industry which began in 2006 as a research technician at Small Grain and progressed to a researcher role in 2015, Dr Ramakuwela said adaptability and collaboration were key lessons for her.
“Research doesn’t always provide immediate answers, but persistence, critical thinking and collaboration are what turn science into meaningful impact for farmers,” she said.
mieë. Baie meganismes ter verbetering van die situasie is reeds in werking gestel en word ontwikkel, soos die verbouing van kanola, alternatiewe bewerkingsmetodes soos bewaringslandbou en ‘n verhoogde veekomponent in boerderye.
Dit is volgens hom ‘n ingewikkelde situasie. Produsente moet volhoubaar kan boer en wanneer hulle nie geld maak nie en die alternatiewe is uitgeput, beïnvloed dit die hele waardeketting.
VAN BLADSY 4
Dr Tshimangadzo “Tshima” Ramakuwela.
Keeping an eye on our daily bread: Why wheat quality matters
Bread is one of South Africa’s most consumed staple foods. Between October 2024 and August 2025, South Africans consumed the equivalent of 2 190 million loaves of bread almost 40 loaves per person over the period. The majority was white bread (almost 1 204 million panbaked loaves), followed by more than 969 million brown bread loaves, 16 million wholewheat loaves, and over 775 000 speciality breads.
Behind every slice lies a story of quality - and that story begins with wheat.
Mariana Purnell CONTRIBUTOR
Local and imported wheat: A shared responsibility
While South Africa grows a significant share of its own wheat, nearly half of what we consume is imported to meet national demand (Figure 1). From October 2024 to September 2025, South Africa imported approximately 1,83 million tons of wheat.
This means that the quality of both locally produced and foreign wheat directly affects the texture, taste, and nutritional value of the bread on our tables. Whether the grain is harvested in the Free State, Western Cape, or shipped in from the Black Sea region or Australia, the flour milled from it must meet consistent baking standards.
The accurate quality assessment of wheat and flour is fundamental to determining their suitability for milling and baking. Each test measures a specific quality trait, but it is when the results are considered together that they reveal the overall Milling and Baking Worth a scientific measure of how good a wheat cultivar or consignment really is.
Historical data shows that the proportion of imports has grown compared to early 2000s, underscoring the importance of monitoring both domestic and imported grain quality. Regular quality assessment by Southern African Grain Laboratory (SAGL) applies to both domestic and imported wheat making it relevant that imported wheat is subject to the same rigorous testing and thus quality comparisons become meaningful.
These quality analyses are conducted on a regular basis by the SAGL which has monitored the quality of local wheat since 1998 and that of imported wheat since 2003/04. Locally produced wheat from all over South Africa is analysed annually while inspectors from the Department of Agriculture collect import samples from various ports, which are then analysed
Table 1. Laboratory tests that determine Milling and Baking Worth and together define the performance of wheat.
Milling worth Baking worth
• Falling Number measures alphaamylase activity, an indication of sprout damage.
• Bühler extraction and Break Flour Yield indicate milling efficiency.
• Flour Colour affects consumer appeal.
• 1000 Kernel Mass (TKM) and Hectolitre Mass (HLM) reflect grain soundness and density.
• Mixo Development T ime measures dough strength.
• Loaf Volume indicates baking potential.
• Alveograph Strength and P/L Ratio describe gluten quality and elasticity.
• Flour Protein Content and Farino Water Absorption influence dough handling and final loaf quality.
Source: Southern African Grain Laboratory – SAGL
using the same rigorous criteria as local samples.
Even new South African bread wheat cultivars, intended for the country’s three major wheat production regions Summer rainfall dryland winter wheat (mainly in the Free State), Winter rainfall dryland spring wheat (Western Cape), and Irrigated spring wheat (Northern Cape and parts of Limpopo), are assessed for the quality of flour and bread they produce. The SAGL quality tests have shown that the wheat Milling and Baking Worth of irrigated wheat is constantly higher than that grown under dryland conditions.
This longterm dataset allows for an objective comparison between locally grown and imported wheat a critical tool for millers, bakers, and breeders alike.
The components of Milling and Baking Worth
Each wheat sample is evaluated using a range of laboratory tests that together define its performance (Table 1). Milling Worth focuses on how efficiently the grain can be turned into highquality flour while Baking Worth reflects the flour’s suitability for bread making. By combining the values, the Milling
Figure 1. As South African wheat consumption has increased without a concomitant increase in production, imports have grown over the last 35 years.
Source: South African Grain Information Service – SAGIS
and Baking Worth index provides a powerful way to differentiate between good and poorquality wheat, regardless of where it was grown.
Why it matters
Consistent bread quality depends on consistent wheat quality. For millers and bakers, understanding these differences ensures stable production and consumer satisfaction. For farmers and breeders, it guides cultivar selection and future research priorities. And for consumers, it means reliable, nutritious, and goodquality bread every day.
While South Africa produces a large portion of its wheat domestically, the import requirement remains very substantial with around 2 million tons in recent years. But whether grown under the South African sun or imported from abroad, wheat quality is the invisible ingredient that determines the success of every loaf.
The top origin countries are Russia, Poland, Lithuania, and Australia. The global sourcing is, however, not constant and South Africa’s “import basket” has thus shifted over time with the major share from Black Sea countries. However, Argentina, Australia, Canada, and Germany remain a constant source of good quality wheat imports while the consignments from the USA are lacking in both milling and baking worth (Figures 2 and 3).
South Africa’s biggest suppliers of wheat over the last 10 years have been Russia, Poland, and Lithuania (Figure 4).
Considering the SAGL quality assessments from 2006/07 until 2024/25 of wheat from South Africa’s biggest suppliers, it
Source: South African Grain Information Service – SAGIS
is apparent that the Russian milling worth (72) and especially baking worth (50) is low. Polish wheat milling worth (79) and baking worth (84) is slightly better, and Lithuanian wheat milling worth (92) and baking worth (77) is somewhat superior but not on par with South African wheat quality (80 and 94, respectively). Australian wheat milling worth (91) and baking worth (91) is preferable and more in line with local quality.
More recently, during the past 12month period (October 2024September 2025), more than 30% of the 1,8 million tons of imported wheat came from Australia while 24,27% and 10,62% came from the Russian Federation and Lithuania, respectively.
Responsibility and commitment
As bread continues to feed the nation, ensuring the integrity of every grain of wheat remains a shared responsibility from farmer to miller, baker to policymaker. South Africa’s ability to sustain consistent wheat quality, both local and imported, will define the reliability of one of our most essential foods. In a world of shifting climates and changing trade flows, our strength lies in knowledge and in the systems that uphold wheat quality through rigorous testing and transparent reporting.
Keeping an eye on our daily bread is not just a matter of science it is a matter of national food security and it depends on the daily commitment to quality.
Figure 2. Milling worth of wheat imports from 2006/07 to 2024/25. Source: Southern African Grain Laboratory – SAGL
Figure 3. Baking worth of wheat imports from 2006/07 to 2024/25.
Source: Southern African Grain Laboratory – SAGL
Figure 4. Black Sea countries dominate South African wheat imports (tons) from 2015 to 2025.
Flitesaadbehandeling
Sien met gemoedsrus uit na ’n
gesonde
oes .
Uitstekende beheer van saadgedraagde- en vroeë blaarsiektes
Effektiewe beskerming vir jong plante
Geen vertraging in ontkieming
Verlaagde swamsiekte-inokulum
Kontak jou naaste BASF-verteenwoordiger om verder te gesels. WhatsApp eenvoudig ‘hi’ na: +27 66 125 9522.
BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk • Sestiendestraat 852, Midrand, 1685 Posbus 2801, Halfweghuis, 1685 • Tel: +27 11 203 2400 • Faks: +27 11 203 2461 • Webwerf: www.agro.basf.co.za • Mobiele webwerf: m.agro.basf.co.za • Flite® Reg. Nr. L4965 Wet Nr. 36 van 1947. Aktiewe bestanddeel: Triticonazole 200 g/ℓ. Waarskuwing. Flite® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF
Gevaarstellings: Moontlikheid dat dit vrugbaarheid negatief kan beïnvloed. Kan skade aan organe veroorsaak (die lewer en byniere) deur langdurige of herhaalde blootstelling. Baie giftig vir waterlewe met langdurige gevolge. Dra beskermende handskoene/klere/ oog-/gesigbeskerming. Moenie die missproei of dampe inasem nie. LEES DIE ETIKET VOOR GEBRUIK.
JP Kotzé van die graanhandelaarsvereniging Sacota en Thandeka Ntshangase van die Nasionale Bemarkingsraad het die internasionale graanraad se konferensie namens die Koringforum bygewoon.
SuidAfrika se graanbedryf sal daarby baat as beleggings gemaak word in slim infrastruktuur en digitale toerusting. Terselfdertyd behoort vennootskappe tussen die openbare en privaatsektor versterk te word, sê SuidAfrikaanse afgevaardigdes wat die internasionale graanraad se konferensie in Londen bygewoon het.
Thandeka Ntshangase van die Nasionale Bemarkingsraad en JP Kotzé van die graanhandelaarsvereniging Sacota is deur die Koringforum afgevaardig om die konferensie by te woon. In hul terugvoering aan die Koringforum het me Ntshangase gesê plaaslike gewasse wat mededingend geproduseer word en by die klimaat pas behoort meer aandag te kry. Die graanbedryf moet verder tydig betrokke raak by internasionale handels en regulerende platforms.
Vir internasionale voedselsekerheid is vrye handel, vindingrykheid en beleggings in infrastruktuur nodig. Die internasionale graanraad ervaar ‘n nuwe tydperk in graanstelsels wat deur tegnologie, klimaat en verbruikers se voorkeure gerig word.
Wat koring in Afrika betref verwag die internasionale graanraad ‘n groot toename in invoer maar uitdagings soos die vertraging by hawens, voldoende opbergingsgeriewe en stadige uitlaaitye word terselfdertyd voorsien.
Weens koring se aanpasbaarheid en hoë voedingswaarde is dié graan noodsaaklik vir internasionale voedselsekerheid. Dit is ‘n belangrike stapelvoedsel vir meer as 2,5 miljard mense wêreldwyd en voorsien rofweg 20% van mense se dieetenergie en proteïeninname.
Die graanraad verwag dat internasionale koringproduksie in 2025/26 rekordvlakke kan bereik weens goeie opbrengste uit Kanada, die Europese Unie, Rusland en Australië. Wêreldhandel kan uitbrei weens ‘n groot aanvraag uit Asië, Australië se toenemende uitvoer en die VSA se verkope in die vroeë seisoen.
Onder die uitdagings wat die bedryf wêreldwyd ervaar is
Buurlande vat kortpad met meel uit koring
Die beweerde misbruik van SuidAfrika se buurlande om tariefvrye koring te verwerk en daarna meel en semels na SuidAfrika uit te voer is steeds ‘n doring in die vlees van die plaaslike bedryf. Dit het negatiewe gevolge vir produksie en veroorsaak onregverdige prysvoordele wat SuidAfrikaanse meulenaars benadeel.
Volgens ‘n verslag van die Koringforum se handelswerkgroep vind hierdie gebruik by sommige buurlande plaas wat nie genoem word nie. Lande sonder hawens wat koring tariefvry via SuidAfrika invoer is Botswana, Eswatini, Lesotho en Namibië.
Volgens die verslag word die omvang van hierdie gebruik ondersoek en gaan samesprekings daaroor voort. Die Forum verwys die saak na ministeriële vlak en versoek meer konsultasie daaroor.
Sóveel koring in ruil vir insetmiddele
Die kosteknyptang waarin koringprodusente verkeer word gedemonstreer wanneer koring se ruilvoet in verskillende seisoene sedert 2000/01 met die 2024/25seisoen vergelyk word. Die ruilvoet vergelyk hoeveel ton graan in ‘n seisoen nodig was om noodsaaklike insetmiddele soos saad, diesel en ureum te koop.
Die ruilvoetvergelyking is tydens ‘n vergadering van die Koringforum deur Graan SA se ekonoom, Heleen Viljoen, gewys.
In 2000/01 was 1,47 ton koring nodig om ‘n ton ureum te kan koop. In die 2010/11seisoen was 1,83 ton koring daarvoor nodig en in die 2024/25seisoen was 1,98 ton koring nodig.
Die ruilvoet van koring vir 1 000 liter diesel was soos volg: in die 2000/01seisoen kon 2,5 ton koring dit koop; in die 2010/11seisoen was 2,7 ton koring daarvoor nodig en in die 2024/25seisoen was 3,5 ton koring nodig.
Koringsaad se ruilvoet is op meer onlangse seisoene vergelyk. Die hoeveelheid saad wat vir die vergelykings gebruik is was 40 sakkies. In die 2020/21seisoen was 30,1 ton koring nodig om 40 sakkies saad te koop. In die 2015/16seisoen was 27,3 ton koring nodig en in die 2024/25seisoen was 34,4 ton koring nodig.
afnames in streekproduksie weens klimaat en geopolitieke spanning wat uitvoer wisselvallig maak. Nogtans kan voorraadvlakke gunstig wees.
Vir baie lande bring koringhandel voedselsekerheid en ekonomiese stabiliteit, maar deursigtige beleid en doeltreffende logistiek is noodsaaklik vir ‘n stabiele proses, sê me Ntshangase in die verslag.
OESSKATTING 18 DESEMBER 2025
Oesskatting weerspieël swak toestande van wintergewasse
Een van kanolaverbouing se belemmerings tot groter aanplantings in vorige seisoene was om voldoende kwaliteit saad beskikbaar te hê. Saad word ingevoer en vir die 2025seisoen is genoeg saad betyds voorsien en selfs ‘n buffervoorraad vir die volgende seisoen oorgehou. Saam met voldoende saad van goeie kultivars en groter verwerkingsvermoë deur Southern Oil Bpk (Soill) was die tafel gedek vir nog ‘n rekordoes.
Die jongste oesskatting van die Nasionale Oesskattingskomitee op 18 Desember 2025 dui op ‘n verwagte kanolaoes van 311 850 ton. Met beter winterstoestande in die Wesen SuidKaap kon die produksie tot 350 000 ton geklim het. Kanola is nie die enigste wintergewas wat deur die afgelope winter se swak landboutoestande in die Wes en SuidKaap
benadeel is nie. Met die jongste oesskatting is die verwagte koringoes ook verminder. Dit is nogtans meer tonne as in die vorige seisoen.
Die verwagte koringoes beloop 1,986 miljoen ton, wat 56 680 ton meer is as in die vorige seisoen. Indien dié hoeveelheid koring geoes word sal nog sowat 1,79 miljoen ton ingevoer moet word. Dit is effens minder as die vorige seisoen se invoer van 1,83 miljoen ton.
Koring volgens provinsies
Die verwagte koringproduksie in die WesKaap is 1,016 milj. ton, wat 51% van die land se totale oes is. Aanplantings het 363 000 ha beloop.
Die NoordKaap gaan na verwagting 16% van die koringoes bydra 308 000 ton. Die oes is 9 700 ton meer as in die vorige seisoen. Uit die Vrystaat word 290 700 ton (11% van totale oes) verwag wat op 57 000 ha geplant is. Dit dui op ‘n opbrengsverhoging teenoor die vorige seisoen. Die jong
Figuur 1. Koringproduksie 2015-2025.
Bron: NOK.
Figuur 2. Garsproduksie 2015-2025.
Bron: NOK. Figuur 3. Kanola-produksie 2015-2025.
Bron: NOK.
ste oesskatting se opbrengs is 5,1 t/ha teenoor die vorige seisoen se 4,6 t/ha.
Die oppervlakteskatting vir koring is 517 300 ha, waarvan ‘n geraamde 363 000 ha of 70% in die WesKaap geplant is, 57 000 ha of 11% in die Vrystaat en 40 000 ha of 8% in die NoordKaap.
Limpopo se aanplantings en produksie het teenoor die vorige seisoen toegeneem, maar in Noordwes is minder koring geplant en produksie daal. Limpopo gaan na verwagting 179 200 ton lewer en Noordwes 74 250 ton.
Ander gewasse
Kanola: Sedert 2020 se oes van 165 200 ton het produksie elke seisoen ‘n rekordvlak bereik en die tendens duur in die 2025seisoen voort. Vanjaar se verwagte opbrengs is 1,79 t/ha.
Gegewe goeie landboutoestande kan meer kanola in die volgende seisoen geplant word. Vroeë winterreën kan meebring dat koringhektare in die Swartland na kanola oorgeskakel word. Die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP) het in sy jongste vooruitskouing beraam dat die oppervlakte onder kanola in die volgende dekade jaarliks met 2,5% kan toeneem.
Gars: Die produksieskatting vir gars is 350 730 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 96 950 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,62 t/ha beloop. Die produksie is 21 520 ton minder as in die vorige seisoen.
Volgens die BFAP was die gemiddelde
Tabel 1. Wintergewasse: oppervlakteskatting en vyfde produksieskatting,
sieseisoen.
GEWAS
Kommersieël:
1) Slegs kommersieël. Uitgesluit gars of hawer wat gebruik word as weiding, kuilvoer, hooi en/of op die plaas as veevoer. Nasionale Oesskattingskomitee.
Tabel 2. Koring: oppervlakteskatting en vyfde produksieskatting 2025 produksieseisoen. Provinsie
garsproduksie tussen 2022 en 2024 vir hoofsaaklik vermouting sowat 355 500 ton en sowat 70 000 ton is ingevoer. Die hoeveelheid ingevoerde gars word deur die gehalte van die plaaslike oes bepaal sodat die kapasiteit vir vermouting benut kan word.
Hawer: Die verwagte oes vir hawer vir die 2025seisoen is 48 543 ton teenoor die vorige seisoen se 43 400 ton. Die oppervlakteskatting is 35 520 ha en die verwagte opbrengs is 1,37 t/ha.
Nasionale Oesskattingskomitee.
Soetlupine: In vergelyking met die vorige seisoen se soetlupine word ‘n geringe beter opbrengs van 1,00 t/ha verwag. Die produksieskatting 21 000 ton en die oppervlakte beplant is 21 000 ha.
Die sesde produksieskatting vir wintergewasse vir 2025 word 27 Januarie 2026 vrygestel. Meer inligting oor die NOK se statistiek is op SAGIS se webtuiste beskikbaar by www.sagis.co.za onder die opskrif ‘nonSAGIS infoCrop Estimates Committee’.
Kans om koringbedryf te red verminder vinnig
Min verbruikers van die miljoene wat brood as stapelvoedsel gebruik besef in watter benarde posisie koringprodusente verkeer. Marktoestande en kostestrukture skep ‘n onhoudbare posisie vir plaaslike koringprodusente, sê Richard Krige, voorsitter van Graan SA.
Die volhoubaarheid van die SuidAfrikaanse koringbedryf is volgens Graan SA (GSA) in ernstige moeilikheid. Produsente word gekonfrontreer deur verhoogde koste van insetmiddele, die dalende internasionale koringprys en onvoldoende markbeskerming.
Krige waarsku dat die geleentheid vir regstellende optrede vinnig verminder. Sonder besliste en gekoördineerde optrede deur die regering en die volle waardeketting word die koringbedryf se voortbestaan ernstig bedreig.
Kernfeite oor die koringbedryf
• Slegs 18% van ‘n brood se koste bestaan uit die koring daarin.
• Uit ‘n brood van R17,92 ontvang die koringboer R3,23.
• Die bedryf ondersteun sowat 12 600 werksgeleenthede waarvan 73% in die WesKaap is. Dit sluit bykomende werksgeleenthede uit van ander rolspelers in die bedryf, soos verskaffers van insetmiddele, opbergers en in die logistieke ketting.
• As plaaslike koringproduksie verval sal dit verbruikers jaarliks sowat R643 miljoen kos om dieselfde gehalte brood te kan ontvang.
BRichard Krige
Graan SA versoek dat die volgende vyf sake dringende aandag moet kry:
• ‘n Doeltreffender stelsel van die invoertarief: die verwysingsprys moet aangepas en ‘n outomatiese snellerstelsel ingestel word.
• Beperkings op ingevoerde koring tydens die plaaslike oestyd: Groot hoeveelhede koring word net voor of tydens oestyd ingevoer en onderdruk pryse kunsmatig en gevolglik die produsente se inkomste.
• Genetiese en produksietegnologie: die regulasies oor nuwe telingstegnieke moet aangepas word; die insluiting van wit koring in die nasionale koringmandjie sal diversifikasie en opbrengsstabiliteit verbeter.
• Produksieondersteuning en risikobestuur: gesubsidieerde oesversekering en ‘n regverdiger stelsel van die liggingsdifferensiaal.
• Herstel van doeltreffende vervoer en logistieke stelsels: verbruikers en produsente dra die koste van gebrekkige logistiek.
Masjinerie: 2025 se verkope eindig goed
eter verkoopsyfers van landboumasjinerie in die 2024/25seisoen is ‘n teken van optimisme onder boere vir die volgende seisoen, sê die landboukonoom Wandile Sihlobo van die landbousakekamer Agbiz.
Sy kommentaar volg op die vrystelling van Desember 2025 se verkoopsyfers van trekkers en stropers deur die SA Landboumasjinerievereniging (SALMA). Trekkerverkope is 11% meer as in Desember 2024 en vir die jaar 2025 van Januarie tot Desember is trekkerverkope 18,6% meer as in die vorige jaar.
Sewe minder stropers is in Desember 2025 verkoop, een meer as in Desember 2024. Met ‘n totaal van 207 stropers in 2025 is die jaar se verkope 3% meer as in 2024.
Willie Human, voorsitter van SALMA, sê na verwagting gaan 2026 se trekkerverkope tussen 5% en 10% minder wees. Stropers se verkope kan waarskynlik dieselfde wees.
“Die weerstoestande is oor die algemeen gunstig en die vooruitsigte vir die produksie van somergewsse lyk goed. Die produksie van wintergewasse was ook goed.”
Hoewel boere volgens Human versigtig optimisties is oor somergewasse, sal finale besluite oor die aankoop van masjinerie eers ná die oes geneem word.
Sihlobo meen laer rentekoerse het ook ‘n rol in verkope gespeel en dat kapitaal meer bekostigbaar was. Met die vooruitsig van goeie oeste en beskikbare kapitaal is Sihlobo optimisties dat goeie masjinerieverkope in 2026 kan voortduur.
Jaar
Wheat
import tariff: “We cannot afford continued silence”
“We cannot afford continued silence in reviewing the wheat import tariff,”
Grain SA warns. “Pro
ducers need certainty. The country needs a functional tariff system. And we need
it now.”
South Africa’s wheat industry is under severe pressure and facing mounting financial strain due to a prolonged delay in reviewing the wheat import tariff, Grain SA (GSA) warns. Many producers are now operating below sustainable levels as global wheat prices plunge to historical lows, eroding income and raising serious concerns about the future viability of local wheat production.
In June 2024, GSA and SACOTA jointly submitted a request to the International Trade Administration Commission (Itac) to review the wheat tariff reference price and implement an automated, transparent tariffpublishing system.
According to GSA, the goal was simple: ensure the tariff responds timeously to global price movements so that producers are not left exposed during severe market downturns.
Industry is still waiting
“During this period of inaction, wheat prices have dropped further, leaving local wheat farmers without a tariff that reflects current market conditions at a time when they need it most, and pushing local farmers deeper into financial distress. Without an updated tariff, South African producers are forced to compete directly with heavily subsidised imports, particularly damaging when imported wheat enters the market during the local harvesting period.”
According to GSA’s statement, the tariff process was prolonged when the National Chamber of Milling did not support the Grain SASACOTA proposal and instead called for
Itac to undertake a broader methodology review.
“This significantly added responsibility and extended timelines while farmers continue to shoulder escalating financial pressure. Notably, several milling and processing companies have reported improved financial performance in recent annual results, underscoring the imbalance across the value chain.”
Public concerns about tariffs often raise fears of rising food prices, yet the data shows the impact on consumers proved to be minimal. A R1 000/ton increase in the wheat price would add only about 63 cents to a loaf of bread. Wheat accounts for just 18% of the final retail price, with the remaining costs arising further along the wheat processing value chain. The consumer impact is therefore minimal, while the impact on producer survival is profound.
GSA chairperson, Richard Krige, warned that the industry cannot absorb prolonged uncertainty: “Local producers cannot compete with highly subsidised wheat imports, especially when those imports arrive during our harvest. Every delay tightens the pressure on farmers who are already stretched to breaking point.”
Grain SA requested the Minister of Agriculture to intervene and accelerate the conclusion of new reference price and the proposed automated tariffpublication mechanism. The organisation stresses that a timely decision is now critical to prevent irreparable damage to the wheat sector and safeguard South Africa’s longterm food security.
Toetse op produkte om gewasse te beskerm verbeter laboratorium se prestasie
Die byvoeging van ‘n afdeling vir gewasbeskerming by die SuiderAfrikaanse Graanlaboratorium (SAGL) het ontwikkel tot ‘n bate wat nou uitstekend presteer. Voldoening aan die (landbou)bedryf se toenemende behoeftes is een van die organisasie se belangrikste doelstellings, sê die voorsitter van die SAGL se direksie, dr Erhard Briedenhann. Dr Erhard Briedenhann Wiana Louw
In die SAGLafdeling vir gewasbeskerming word fisiese en chemiese ontledings van geformuleerde plantbeskermingsprodukte uitgevoer. Dit behels onder meer dat produkte se aktiewe bestanddeel voor en na opberging en vir suiwerheid ontleed word. Produkverpakkings se stabiliteit en die produk se rakleeftyd word ook onder verskillende toestande ondersoek.
Dr Briedenhann het tydens die SAGL se 2024/25 jaarvergadering die 28ste voorsittersverslag gelewer. Hy is saam met die res van die SAGL se direksie vir die volgende termyn van 2025/26 herkies.
In die verslagjaar het die afdeling vir gewasbeskerming bykans 500 geregistreerde ontledingsprojekte in opdrag van kliënte uitgevoer. Meer as 70% van hierdie take was op produkte se aktiewe bestanddeel gerig en meer as 20% op stabiliteit tydens opberging.
Die SAGL se bedryfskapitaal is volgens dr Briedenhann se verslag noodsaaklik weens toerusting in die verskillende laboratoriums wat vervang en vernuwe moet word om dienste en ontledings van ‘n hoë standaard te kan lewer. Dié behoefte aan kapitaal om toerusting te vervang is uitgelig in ‘n omvattende onafhanklike sakeverslag wat die SAGL in 2024 ontvang het.
“Ons kan met waardering en trots bevestig dat hierdie noodsaaklike bydrae deur die verskillende (landbou)trusts gelewer is. Dit bevestig die SAGL se toekoms om volhoubaar te bly as ‘n wêreldklas geakkrediteerde onderneming,” het dr Briedenhann in sy verslag gesê.
Hy het verwys na drie Bühlerlaboratoriummeulens vir koring wat in 2025 geïnstalleer is. Wiana Louw, die SAGL se bestuurder, het die nuwe meulens beskryf as kernbates in verskeie sleutelprojekte vir die volgehoue evaluering en verbetering van koringkwaliteit en verrigting, plaaslik en internasionaal.
As geakkrediteerde verwysingslaboratorium ter ondersteuning van die graan en oliesadebedryf spesialiseer die SAGL se toetse in vyf velde wat elkeen sy eie reeks ontledings uitvoer. Dié toetse word in die maallaboratorium, chemiese laboratorium, reologiese laboratorium, laboratorium vir voedingstowwe en die afdeling vir gewasbeskerming uitgevoer.
Dit vereis besondere vermoëns van personeel om die metodes volgens voorgeskrewe standaarde te kan uitvoer. Die werksterreine is aanpasbaar en kan uitgebrei word om voort
durend aan die landboubedryf se behoeftes te kan voldoen en in ooreenstemming te wees met veranderende regulasies.
Kwaliteitsontledings
Een van die SAGL se kerntake is die jaarlikse ontleding van gewasse se kwaliteit. Dié verslae, wat met die finansiële ondersteuning van landboutrusts saamgestel word, weerspieël met inligtingsbasisse die landboubedryf se toewyding aan voedselveiligheid.
Die SAGL se eerste kwaliteitsontleding is in 1997 op mielies uitgevoer. ‘n Jaar later is koring se kwaliteitsontleding bygevoeg. Dit is sedert 2011 na sojabone, ‘n jaar later na sonneblom en sedert 2018 na graansorghum uitgebrei.
Ten einde internasionaal erken te word, word die SAGL sedert 1999 volgens internasionale vereistes geakkrediteer op ISO 17025 se standaard en voldoen ook aan die beginsels van goeie laboratoriumpraktyke. Die ISO 17025akkreditasie bepaal dat ‘n laboratorium se kwaliteitsbestuur aanvaar kan word en dat die laboratorium die vermoë het om akkurate toets en kalibrasieresultate te kan voorsien.
Tydens die afgelope jaarvergadering is ‘n geouditeurde finansiële verslag voorgelê waarin vermeld word dat die SAGL as ‘n niewinsgerigte maatskappy in ‘n gesonde finansiële posisie verkeer, met toegang tot finansiële bronne. Sedert sy ontstaan het die organisasie telkens ‘n skoon ouditrekord ontvang en die afgelope finansiële verslag was weer eens sonder enige kwalifikasies.
Die belangrikste bron van inkomste is projekte wat die SAGL vir landboutrusts doen, gevolg deur ad hocontledings en inkomste wat die afdeling vir gewasbeskerming genereer.
In die oorsigjaar het die afdeling vir gewaskwaliteit meer as 47 000 ontledings gedoen, 1 127 ad hocprojekte uitgevoer en 3 799 toetsmonsters ontleed. Die afdeling vir gewasbeskerming se navorsingswerk het toegeneem van 284 projekte in 2022/23 tot 400 projekte in 2023/24 en 495 in die oorsigjaar.
Die SAGL se resultate weerspieël volgens dr Briendenhann die bydrae wat die bestuur en personeel onder leiding van Wiana Louw lewer. Hy het die verskillende (landbou)trusts bedank vir hulle kapitale bydrae en voortgesette projekte waarmee die SAGL se volhoubaarheid ondersteun word.
Ontydige invoer in Wes-Kaap - sonder behoefte
Brood se kleinhandelsprys het in onlangse jare min ooreengestem met bewegings van die koringprys. Die koringprys het sedert 2002 skerp gedaal maar broodpryse het steeds gestyg, sê dr Dirk Strydom van Graan SA. Tariefaanpassings word soms geblameer vir die broodprys se stygings maar bedryfsontleders sê daar bestaan min ooreenkomste.
Produsente sê die tydsberekening van SuidAfrika se koringinvoer is baie belangrik. Die meeste plaaslike koring word tussen Oktober en Desember geoes, maar koringinvoer se spitstye is van Augustus tot laat in Oktober. Dit lei tot ‘n ooraanbod net voor oestyd en ondermyn produsente se koringprys.
Ingevoerde koring dra by tot ‘n volgehoue voorraad van onbenutte koring in die plaaslike mark, veral in die WesKaap (Tabel 1). Plaaslike produksie was in die afgelope drie seisoene hoër as die gemiddeld van die afgelope tien jaar, nogtans word koring juis voor die plaaslike oestyd ingevoer. Die groter voorraadvlakke onderdruk gevolglik die plaaslike prys, sê Graan SA namens sy koringprodusente.
In die grootste produksiegebied van droëlandkoring, die WesKaap, word dieselfde kommerwekkende neiging ervaar. Hoewel provinsiale produksie in die afgelope seisoene beduidend hier toegeneem het, het koringinvoer deur Kaapstad se hawe ook toegeneem. Terselfdertyd was daar ’n geringe toename in plaaslike verwerkingsvermoë.
Wanneer statistiek sedert die 2015/ 16seisoen ontleed word, was koringproduksie in die WesKaap in die meeste seisoene veel meer as wat vir plaaslike verwerking nodig was (Tabel 1).
WesKaapse produsente bevraagteken hoekom koring steeds na die plaaslike mark ingevoer word hoewel hulle voorsiening meer as genoeg is. Koringinvoer het ondanks hierdie marksituasie voortgegaan, insluitend gedurende oestye, sê Graan SA.
Produsente waarsku dat SuidAfrika se toenemende afhanklikheid van ingevoerde koring ‘n langtermynbedreiging inhou vir ‘n volhoubare koringbedryf in SuidAfrika. Dit gaan volgens bedryfsverteenwoordigers nie net oor die huidige koringprys nie, maar oor ‘n lewens
vatbare koringbedryf. Sonder dringende ondersteuning is die risiko’s van voedselsekerheid en verbruikerstabiliteit ernstige bedreigings, sê Graan SA. Sonder tydige beleidsingryping wat ‘n hersiene tariefstruktuur en maatreëls teen toenemende invoer tydens oestyd insluit, sal plaaslike produksie onder finansiële druk bly en produksie selfs afneem. So ‘n situasie sal SuidAfrika en sy verbruikers toenemend blootstel aan buitelandse prysneigings en voorraad en ten volle afhanklik maak van die internasionale mark vir koringvoorraad.
Tabel 1. Vraag en aanbod van koring in die Wes-Kaap.
Bron: Graan
Beskerming wat die toets van tyd en kwaliteit deurstaan
Wanneer dit by effektiewe onkruidbeheer kom, is daar geen kortpaaie nie. Reeds vir baie jare plaas boere hul vertroue in ’n beproefde oplossing wat keer op keer presteer – Sakura®. Maak Sakura® jou nommereen-keuse in die langdurige vooropkomsbeheer van grasonkruide in jou koringlande en ervaar die kwaliteitsvoordeel vir jouself.
HOEKOM SAKURA®?
• Beproefde oplossing vir die beheer van ’n wye spektrum grasonkruide.
• Minder kompetisie met onkruide beteken beter opbrengs.
• Lei tot ’n afname in die onkruidsaadbank.
• Bly vir langer periodes aktief in die grond.
Die krag van beproefde prestasie
#BAYERvoordeel
Die registrasie-eienaar van Sakura® is Bayer AG Bayer (Edms) Bpk. Reg. Nr. 1968/011192/07. Collaboration Hub, Eerste Vloer, Waterfall-sirkel, Country Estate Rylaan 9, Waterfall City, Midrand, 2090. Sakura® is ’n geregistreerde handelsmerk van Kumiai Chemical Industry Co. Ltd. www.cropscience.bayer.co.za /// www.bayer.co.za /// Tel: +27 11 921 5000
GEVAAR
Sakura® Reg. Nr. L9082 (Wet Nr. 36 van 1947). Bevat Pyroxasulfone (pyrazole) 850 g/kg. Gevaarlik. Gevaarstellings: Kan skade aan organe veroorsaak (lewer, niere, blaas, urinêre stelsel en kardiovaskulêre stelsel) deur langdurige of herhaaldelike blootstelling indien dit ingesluk word. Uiters giftig vir waterlewe met langdurige gevolge. LEES DIE ETIKET VOOR GEBRUIK.
2024/25 Marketing year in review
Bernard Schultz SA GRAIN INFORMATION SERVICE
The 2024/25 marketing year, spanning October 2024 to September 2025, concluded with some notable shifts in wheat supply and demand dynamics. Final data released in November and December 2025 highlight the trends in whole wheat and related products.
The marketing year closed with an unutilised stock of 650 894 tons, representing a 13,2% decline compared to the previous marketing year, which was affectively the opening stock for the 2024/25 marketing year (Table 1). This reduction left approximately 99 000 tons less stock available at the start of the new 2025/26 marketing year.
Consequently, the first ten weeks of the 2025/26 marketing year saw an increase in wheat imports, totaling 429 625 tons, an increase of 67 306 tons over the same period last year.
Overall, South Africa imported 1 842 241 tons of whole wheat during 2024/25. Australia accounted for 31% of these imports, while the Russian Federation contributed 24% (Graph 1).
On the domestic front, wheat processing for the local market reached 3 555 889 tons, marking a 3,4% increase from the previous year. Of this, 3 543 940 tons were processed for human consumption, up 3,2% yearonyear.
Exports of South Africanproduced whole wheat also edged higher, totaling 224 810 tons, compared to 214 796 tons in 2023/24. The breakdown of export destinations is illustrated in Graph 2
Table 1 provides a comprehensive comparison of key reporting items when compared to the previous marketing year and includes stock levels, acquisitions, utilisation, and export performance. Highlights include:
• Opening stock: 749 838 tons (+33,1%)
• Imports: 1 842 241 tons (4,4%)
• Utilisation: 3 576 365 tons (+3,3%)
• Total exports: 261 547 tons (+4,7%)
• Closing stock: 650 894 tons (13,2%).
These figures underscore a year of moderate growth in local processing and exports, coupled with a reliance on imports to offset the demand balance.
Product data: Trends in wheaten products manufacturing
During the 2024/25 marketing year, South Africa produced 3 594 437 tons of wheaten products for human consumption, serving both local and export markets. The composition of this output reflects strong demand for staple flours:
• White bread flour accounted for 38% of total production,
• Cake flour contributed 30%, and
• Bran represented 20% of the overall volume (Table 2).
A fiveyear trend analysis (Table 3) reveals remarkable consistency in the share of major products. Cake flour has averaged 29,42%, white bread flour 37,98%, and bran 20,24% of total production.
Percentage share of products (2020/21 – 2024/25):
• Cake flour: 29,46% 30,31%
• White bread flour: 36,92% 37,87%
• Bran: 20,12% 20,10%.
Notably, brown bread flour and whole wheat meal show a downward trend, declining from 9,17% to 7,76% and 0,20% to 0,15%, respectively. This shift could suggest evolving consumer preferences and possible changes in dietary patterns.
Hoër registrasie vir landboustudie by Peritum
Een van die instellings wat landbouopleiding verskaf kan hul ope dag in Januarie 2026 feestelik hou nadat hulle as ‘n hoëronderwysinstelling geregistreer is. Die Peritum Agri Institute is ‘n privaat landboukollege en opleidingsvennoot vir landbouondernemings en bestaan reeds 24 jaar.
Peritum is in Desember 2025 as hoëronderwysinstelling geregistreer. Hulle mag nou naas die tradisionele SETAgeakkrediteerde studieprogramme nuwe programme aanbied wat deur die Raad vir Hoër Onderwys geakkrediteer word.
“Ons is diep dankbaar en baie opgewonde om 2025 só te kon afsluit,” sê Emmie Pietersen, direkteur van strategie, navorsing en ontwikkeling. “Peritum het die afgelope ses jaar daaraan gewerk om ’n kwalifikasiepyplyn te ontwikkel wat aan landboustudente meer opsies bied as die tradisionele SETAgeakkrediteerde programme. Die registrasie as Hoër Onderwysinstelling maak nou die deur oop vir studente om reeds in 2026 vir drie nuwe kwalifikasies in te skryf.”
Hierdie mylpaal is weer eens ’n eerste vir die Peritum Agri Institute. Die instelling is tans die enigste privaat hoëronderwysinstelling gerig op landboustudie wat op die departement van hoër onderwys se lys van geregistreerde hoëronderwysinstansies verskyn.
Peritum behou egter die praktiese fokus van sy onderrig, sê Belinda Louw, direkteur van bemarking en finansies van die instelling.
“Hoewel die nuwe kwalifikasies onder die Raad vir Hoër Onderwys geakkrediteer is, behou Peritum steeds die praktiese fokus van ons onderrigbenadering, soos vereis deur beroepsgerigte programme. Ons studente kan dus steeds op praktykgerigte onderrig staatmaak, terwyl hulle weet dat verdere studies by hul alma mater nou ook ’n realistiese en toeganklike opsie is.”
Peritum se opening is vir 16 Januarie 2026 by die Instituut se kampus by Spitskop in Bloemfontein beplan. Skakel hulle vir meer inligting by 086 122 8467 of stuur ‘n epos aan: marketing@peritumagri.com
Graph 1. Whole wheat imported for RSA.
Graph 2. RSA whole wheat exported.
Table 3. Individual product percentage of total manufactured.
products
Protect seedlings against wilting
Wheat farmers remain under financial pressure as grain prices remain below viable levels. With current production costs of approximately R16 000/ha, farmers need yields of at least 3,4 t/ha to break even. According to the Crop Estimates Committee, the 2025 national harvest, including dryland and irrigated wheat, is expected to average just 3,8 t/ha.
Farmers thus need to increase productivity, but rootrot diseases are one of the main culprits that threatens yield and profit margins.
Rootrot diseases are usually caused by a rootrot complex comprising more than one type of pathogen. The four most common rootrot diseases in barley and wheat are caused by fungi that live in the soil. These are Pythium spp. root rot, also known as seedling wilt; Fusarium root rot; Fusarium ear scorch; and Rhizoctonia root rot.
Pythium spp. has a specific preference for the juvenile tissue in young seedlings and hardly ever affects mature plants. The fungus infects the germinating wheat and barley seeds to feed on the sugars stored in the endosperm. This weakens the seedlings, causing them to emerge as wilted and fragile. Infected seedlings usually suffer from poor rootsystem development, which negatively impacts water and nutrient uptake that eventually reduces yield. Affected seedlings become stunted, de
velop brown, rotted roots and may lodge.
Seed treatment offers excellent preventive control as it can reduce stress on the seedling during the first 46 weeks after planting and give the seedling an opportunity to develop a strong and healthy root system enabling seedlings to reach their full yield potential.
“CELEST® Top is the ultimate cereal seed treatment solution, with protection against seedborne disease and insect pests so that crops can develop healthy, robust root systems. It not only protect the seed and seedling when they are at their most vulnerable, but also promote uniform crop establishment and the development of healthy root systems that lay the foundation for optimal crop yield and quality,” says Jurgens Minnaar, business manager of Syngenta Seedcare in South Africa.
CELEST® Top not only offers protection against Pythium spp. but also against Fusarium and several other soil and seedborne pathogens, diseases and insects. “It is the only registered seed treatment against Fusarium in South Africa,” Minnaar points out.
The product is a liquid concentrate fungicide and insecticide with contact and systemic properties for the control of diseases and insects that affect crops as indicated on the label. The three active ingredients, including two fungicides difenoconazole (triazole) and fludioxonil (phenylpyrrole) with thiamethoxam (neonicotinoid), provide protection against fungi and insect activity without affecting the germination of the treated seed.
“The efficacy of seed treatments against root diseases is the reason why all prebase and base wheat seed in the Sensako brand are treated with CELEST® Top,” adds Hendrik van Staden, Syngenta Seeds’ seed business unit lead for Africa and the Middle East.
For more information, visit Syngenta’s website at https://www. syngenta.co.za/product/cropprotection/celesttop Reg. No. L10418
Oesskattings in 2026
Midde in 2025/26 se wintergraanseisoen wat van Oktober 2025 tot September 2026 duur word die Oesskattingskomitee van die departement van landbou se beramings dopgehou sodat besluite geneem en aanpassings gemaak kan word.
Die oesskattings bied belangrike inligting vir die bedryf, owerhede en verbruikers te midde van veranderings soos klimaatstoestande, regeringsbeleid en geopolitiese omstandighede. Dit is veral in die koringbedryf van toepassing omdat hierdie graan ‘n belangrike stapelvoedsel is en die voorsiening daarvan ‘n groot rol in onder meer landelike ekonomieë speel. Die jongste skatting van die koringoes is 1,986 miljoen ton, wat 56 680 ton meer is as in die vorige seisoen. Dit sal die tweede seisoen sedert 2019/20 wees dat SuidAfrika minder as 2 miljoen ton koring kan lewer. Tussen 2009/10 en 2019/20 was die nasionale oes minder as 2 miljoen ton, maar in die seisoene 2020/21 tot 2023/24 is meer as 2 miljoen gelewer. Die volgende oesskatting (sesde produksieskatting) vir wintergewasse word 27 Januarie 2026 bekend gemaak en daarna is die Oesskattingskomitee se datums vir wintergewasse in die 2025/26seisoen soos volg:
26 Februarie 7de produksieskatting
23 April plantvoornemens vir die 2026seisoen
7 Mei Oesskattingskakelkomitee se finalisering van die 2025oes
28 Julie Voorlopige oppervlakteberaming
26 Augustus 1ste produksieskatting en hersiene oppervlakteberaming
29 September 2de produksieskatting
27 Oktober 3de produksieskatting
26 November 4de produksieskatting
18 Desember 5de produksieskatting.
Inligting van die Oesskattingskomitee word op bogenoemde datums om 14:30 bekend gemaak maar die datums is aan veranderings onderhewig wat vooraf gekommunikeer sal word.
TRAP FUSARIUM PLAT!
Stuur Fusarium planke toe: CELEST® Top beheer die versteekte gevare van saad- en grondgedraagde Fusarium wat onegalige stand kan veroorsaak.
Omvattende beskerming: ’n enkele CELEST® Top-saadbehandeling beheer ’n wye spektrum insekplae en swamsiektes tydens ontkieming. ’n Hupstoot vir groeikragtigheid: aangevuur deur CRUISER ® -tegnologie, verbeter tiametoksam in CELEST® Top die groeikrag van saailinge.*
Seed Protection
Grond en water: ’n onskeibare vennootskap in ’n veranderende landboulandskap
Die afgelope wêreldgronddag van 5 Desember 2025 doen ‘n beroep op die wêreld om die tema “Grond en Water: ’n Bron van Lewe” te erken. Maar vir die landbou gaan hierdie boodskap verder as blote bewusmaking. Dit herinner ons daaraan dat hierdie twee lewensondersteunende stelsels sáám bestuur moet word. Grond en water is nie afsonderlike uitdagings nie dit is een geïntegreerde stelsel wat voedselveiligheid, klimaatsveerkragtigheid en die langtermynvolhoubaarheid van landbou onderlê.
Prof Driekie Fourie
NEMATOLOOG, SYNGENTA SEEDCARE
Gelyktydige druk op grond en water
Grond én water word bedreig deur toenemende uitdagings wat moeilik is om te bestuur en te versag. Die groeiende krisis van waterskaarste word hoofsaaklik aangedryf deur klimaatsverandering: wisselvallige reën, verlengde droogtesiklusse, menslike druk soos oormatige onttrekking uit akwifere en oppervlakwaterbronne, én besoedeling van landbouafloop, nywerheidsvrystellings en stedelike afval. Nét so dringend maar dikwels minder prominent is die bedreiging van grondagteruitgang. Bogrond, die mees produktiewe laag vir landbou, is besonder kwesbaar vir agteruitgang. Dit behels:
• fisiese agteruitgang (wind en watererosie of verdigting deur swaar masjinerie);
• biologiese agteruitgang as gevolg van verlies aan organiese materiaal en afname in mikrobiese diversiteit, aktiwiteit en oorvloed; en
• bestuursverwante agteruitgang: onvolhoubare praktyke soos
intensiewe grondbewerking, monokultuurstelsels en die oorbenutting of onoordeelkundige gebruik van landbouchemikalieë.
Die versterkende resultaat
Waterskaarste vererger grondagteruitgang, terwyl gedegradeerde grond minder water kan absorbeer en opberg. Dit skep ’n bose kringloop wat landbouproduktiwiteit en die krag van ekosisteemweerstand ondermyn.
Die verhoging van organiese materiaal in grond is gevolglik van kardinale belang. Organiese materiaal funksioneer soos ’n spons dit absorbeer reënwater, berg dit en stel dit stadig vry. Grond met voldoende organiese materiaal het minder afloop en oorstromings en verbeter terselfdertyd gewasse se waterbenutting. Navorsing toon dat elke 1% toename in organiese materiaal ongeveer 185 000 liter ekstra water per hektaar kan opberg.
Hoewel boere nie hul grond se natuurlike tekstuur kan verander nie, kan hulle die waterhouvermoë verbeter, deur praktyke soos:
• die byvoeging van kompos of mis,
• die gebruik van dekgewasse, en
• die implementering van herlewingslandboumetodes.
Prof Driekie Fourie
Proaktiewe benadering tot die risosfeer
• Gereelde bewusmaking en ontleding van aalwurms in wortel/ander plantmateriaal soos aartappelmoere en grondmonsters van gewasse.
• Biologiese oplossings om voordelige mikrobes te bevorder.
• Geïntegreerde gewasbeskerming, insluitend geteikende saadbehandelings met minimale aktiewe bestanddele.
• Praktyke wat grondversteuring verminder om mikrobiese diversiteit en struktuur te bewaar.
• Wanneer die risosfeer floreer, word gewasse veerkragtiger teen biotiese én abiotiese stremming.
Hierdie praktyke neem egter tyd om grondgesondheid en waterretensie sigbaar te verbeter.
Die risosfeer: Landbou se mees kosbare 2-3 millimeter
Die risosfeer die dun laag grond rondom plantwortels is waar water, grond, biologie en plantgesondheid ontmoet. Dit is die enjinkamer van landbou. Hier voed worteleksudate die mikrobes, ontsluit mikrobes die voedingstowwe, en bepaal grondstruktuur hoe doeltreffend water die wortelsone bereik.
Maar dit is ook waar bedreigings bymekaarkom. Plantparasitiese aalwurms, grondgedraagde swamme, patogene bakterieë en virusse werk almal in hierdie beperkte sone. Die bestuur van die risosfeer is daarom nie opsioneel nie maar eerder ‘n noodsaaklikheid.
Van agteruitgang na herlewing: ’n praktiese raamwerk vir boere
Met byna 60% van wêreldgrond wat reeds gedegradeer is en 91% wat deur woestynvorming bedreig word, is ’n vindingryke benadering tot grondbestuur noodsaaklik. Boere benodig kennis en hulpmiddels wat gegrond is op volhoubare, vindingryke praktyke veral regeneratiewe landbou, wat grondvrugbaarheid natuurlik verbeter, ekosisteemgesondheid bevorder en koolstof vaslê om kweekhuisgasvrystellings te verminder.
Kwaliteit gewasse benodig kwaliteit water. Om waterbronne teen besoedeling te beskerm is nie onderhandelbaar nie. Nasionale veldtogte en opleiding oor waterbewaring is krities en elke landsburger moet hul rol verstaan in die beskerming van hierdie noodsaaklike hulpbron.
Landbou gebruik 70% van die wêreld se vars water en die vraag gaan toeneem soos bevolkings groei. Die oplossing lê in:
• Presisiebesproeiing: slegs toepaslike hoeveelhede water, wanneer en waar dit nodig is.
• Reënwateropvangs: opvangs en berging vir droë tydperke.
• Verantwoordelike waterbestuur: maksimum doeltreffendheid regdeur alle landboupraktyke.
Die toerusting van boere met regeneratiewe praktyke en presisienutsmiddels en die opvoeding van gemeenskappe oor waterbewaring skep ’n volhoubare toekomspad, een wat beide grond én water vir toekomstige geslagte beskerm.
Grond en water: Van bewusmaking tot aksie
Produsente moet doelbewuste stappe neem om waterskaarste, wisselvallige reën en grondagteruitgang te bestuur deur:
• Monitering en toetsing: grondtoetse om tekstuur en waterhouvermoë te bepaal.
• Aalwurmmonsterneming: toets tydens aktiewe groei om plantparasitiese nematodes te identifiseer en bestuur van die volgende gewas te beplan.
• Bou grondgesondheid: bv. verminderde grondbewerking deur bewaringspraktyke.
• Verhoog organiese materiaal: behoud van gewasreste, dekgewasse of grondveranderings.
• Gestruktureerde gewasbeskerming: ’n kombinasie van chemiese en biologiese oplossings binne ’n geïntegreerde benadering.
Saadbehandeling is ’n voorbeeld van verantwoordelike gewasbeskerming omdat dit baie minder aktiewe bestanddele gebruik as algehele of strooktoedienings om saailinge in die eerste kritiese 46 weke na aanplanting te beskerm. Syngenta se AVICTA®500 FS is tans die enigste plantparasitiese aalwurmdodersaadbehandeling (aktiewe bestanddeel abamectin) wat in SuidAfrika geregistreer is vir die beheer van plantparasitiese aalwurms.
Digitale landbou: Nuwe ruggraat van klimaatslimlandbou
Digitale hulpmiddels is nie meer lekker-om-te-hê nie dit is die ruggraat van moderne landboustrategie. Digitale landbou integreer tegnologieë soos GPS, satellietbeelde, dataontledings en kunsmatige intelligensie vir optimale landbouuitkomste. Presisie of slimlandbou stel boere in staat om datagedrewe besluite te neem wat opbrengste verhoog, kwaliteit verbeter en hulpbronne meer volhoubaar benut.
In ’n veranderende klimaat kan risiko bestuur word deur digitale hulpmiddels wat vroeë waarskuwings vir uiterste weerstoestande gee. ’n Voorbeeld is Syngenta se Cropwiseplatform ’n digitale “plaashandlanger” wat afstandswaarneming, dataontleding en kunsmatige intelligensie gebruik om boere toe te rus met insigte wat produktiwiteit én volhoubaarheid bevorder.
Rentmeesterskap
SuidAfrika se grond en waterbronne is van ons land se mees onderskatte bates. Om dit te beskerm is nie net ’n landbouverantwoordelikheid nie dit is ’n nasionale verantwoordelikheid. Elke landsburger, beleidmaker, landbouonderneming én boer speel ’n rol in die bewaring van die grondslag van ons voedselstelsel.
Soos die grondwetenskaplike en outeur William Bryant Logan tereg skryf: “Die toekoms van voedselveiligheid hang af van die lewende laag onder ons voete. Wanneer ons die grond herstel, herstel ons die planeet.”
Tafeldruifboer ontvang jongboertoekenning
Francois Rossouw, ‘n tafeldruifboer van die Hexriviervallei in die WesKaap, is aangewys as Agri SA en Toyota SA se 2025 Jongboer van die Jaar. Hy het die prestasie as ‘n huldeblyk beskou aan sy eggenote, JeanMari, sy ouers en die Mooigezichtlandgoed se personeel. Rossouw is produksiebestuurder en ‘n direksielid van die landgoed by De Doorns.
Rossouw het lof betuig vir die rol wat georganiseerde landbou speel en die ondersteuning wat hulle aan boere gee. Hy het ook die departemente van landbou en landbouondernemings bedank vir die belangrike rol wat hulle speel. Mooigezichtlandgoed het sowat 430 mense heeltyds in diens en tydens spitsseisoen word sowat 2 000 werkers in diens geneem. Die toekenning as Jongboer van die Jaar is volgens hom aan spanwerk te danke en sonder die span, sy
Francois Rossouw van Mooigezicht-landgoed. Foto: Mooigezicht Landgoed
familie en die voorreg om die Here se grond te kan bewoon en bewerk sou hy nie die prestasie behaal het nie.
Die beoordelaars het Rossouw se bestuursvermoë en benutting van tegnologie geprys en gesê sy boerderypraktyke, gemeenskapsdiens en geloofswaardes was opmerklik. Hy dra die verantwoordelikheid van die landgoed se vyf produksieeenhede. Dit sluit die landgoed se finansiële sake, bemarking en arbeidsake in.
New Harvest Boer van die Jaar
Die New Harvest Boer van die Jaar in 2025 is Rudzani Sadiki van die plaas Welgewaagd by Dwaalboom in die Thabazimbidistrik. Sy boerdery sluit braaihoenders, speenkalwers, skape en sonneblom in en hy benut tegnologie soos globale posisioneringstelsels (GPS) en ‘n hommeltuig.
Sadiki is ‘n ywerige ondersteuner van georganiseerde landbou. Dit sluit deelname aan studiegroepe, die Saamwerkboerevereniging, Graan SA, African Farmers’ Association en die Pluimveevereniging in.
Kommunale Boerderyvereniging van die Jaar
Thamsanqa Mxokezeli en vier lede van Iqhude Supply and Farming van die plaas Riverside naby Elim in die WesKaap is 2025 se Kommunale Boerderyvereniging van die Jaar. Die vyf lede deel verantwoordelikhede maar het afsonderlike rolle vir die boerdery se blomkwekery, vee, gewasse en besproeiing.
Iqhude Supply and Farming boer hoofsaaklik met proteas en fynbos, skape en beeste. Hulle benut natuurlike weiding vir die vee en vul dit aan met hawer, raaigras en lupiene.
Agri SA en Toyota SA se toekennings:
• 2025 Jongboer van die Jaar: Francois Rossouw, Mooigezichtlandgoed, De Doorns
• 2025 Hew Harvest Boer van die Jaar: Rudzani Sadiki, Welgewaagd, Thabazimbidistrik
• 2025 Kommunale Boerderyvereniging van die Jaar: Iqhude Supply and Farming onder leiding van Thamsanqa Mxokezeli, Riverside, Elim
Landbouskrywers wys hul uitblinkers aan
Jan Grey van Janvoslandgoed in Mpumalanga wat ‘n gediversifiseerde boerdery op die plaas Brakfontein bedryf is aangewys as Landbouskrywers SA se 2025 Boer van die Jaar. Saam met hom is die Landboukundige van die Jaar en Nuwe toetreder tot kommersiële boerdery aangewys. Die Landbouskrywers het by dieselfde geleentheid interne toekennings bekend gemaak.
Die 2025 Landboukundige van die Jaar is dr Hendrik Smith van Asset Research en die Nuwe toetreder is wyle Nkosana Mtimkulu van Noordwes.
Hoewel die landboubedryf ingewikkelde uitdagings ervaar, soos stygende produksiekoste, onsekerheid oor klimaat en valse inligting, toon SuidAfrikaanse boere en kommunikators daagliks dat veerkragtigheid ‘n lewenswyse is, het Landbouskrywers SA se nasionale voorsitter, Lindi Botha, tydens die toekennings gesê.
“Hierdie toekennings gee erkenning aan mense wat landbou vorentoe neem, hetsy deur vindingrykheid op die plaas of deur kragtige artikels wat ‘n stem aan die bedryf gee.”
Die minister van landbou wat die geleentheid in Worcester bygewoon het, John Steenhuisen, het in sy gelukwense aan die benoemdes gesê hulle leierskap, vindingrykheid en veerkragtigheid stel ‘n aanhoudende standaard van uitnemendheid in landbou.
“Ek kan met trots sê dat landbou die SuidAfrikaanse ekonomie staande hou. Die toename in opbrengs, oesgroottes en produsente se vindingrykheid help alles om sekerheid aan SuidAfrika se ekonomiese toekoms te gee,” het Steenhuisen gesê.
Boer van die Jaar
Jan Grey is die vierde geslag suiwelboer en lei sedert 1994 ‘n gediversifiseerde landbouonderneming. Janvos se boerdery op die plaas Brakfontein naby Davel in Mpumalanga sluit ‘n melkery met 650 koeie, ‘n Boranstoet en kommersiële beeste, appelboorde en gewasse op 3 200 ha in.
Janvoslandgoed funksioneer soos ‘n geïntegreerde sakeonderneming waarin elke afdeling ‘n onafhanklike koste en inkomstestruktuur het. Dit maak presisiebestuur, doeltreffendheid en volhoubare groei moontlik sonder kruissubsidiëring. Benewens boerdery is Grey by georganiseerde landbou en gemeenskapsontwikkeling betrokke, onder andere as ‘n direkteur van ‘n gesamentlike onder
Twee ontvangers van die Landbouskrywers SA se 2025-toekennings saam met die organisasie se nasionale voorsitter, Lindi Botha. Dr Hendrik Smith is die skrywers se landboukundige van die jaar, dr Dirk Grobler het wyle Nkosana Mtimkulu se postuumtoekenning as nuwe toetreder tot kommersiële boerdery ontvang en Jan Grey is die boer van die jaar.
neming tussen Agri SA Mpumalanga en TLU SA.
Landboukundige van die Jaar
Dr Hendrik Smith van Gauteng is ‘n landboukundige en grondwetenskaplike wat hom toespits op herlewingslandbou, die herstel van grondgesondheid en om hulpbrondoeltreffendheid landwyd te verbeter.
Hy lei tans ‘n bewaringsinisiatief vir boere by Asset Research waarin vennootskappe tussen verskillende sektore gevestig word sodat kommersiële en ontwikkelende boere bemagtig kan word.
Dr Smith glo dat die toepassing van bewaringsbeginsels een van boere se belangrikste beleggings kan wees vir langtermyngrondgesondheid en volhoubaarheid.
Nuwe toetreder tot kommersiële boerdery
Die toekenning as 2025 se Nuwe toetreder tot kommersiële boerdery is postuum aan Nkosana Mtimkulu van Amanhle Farm in Noordwes gemaak.
Hy het ‘n suksesvolle korporatiewe loopbaan in 2010 verlaat en ‘n melkery met verwerkingsgeriewe begin. Na die terugslae van die Covid19pandemie het Mtimkulu hom in 2022 tot graan
Foto: Landbouskrywers SA
boerdery gewend.
Die boerdery op 533 ha het gewasse met hoë waarde ingesluit, soos GMOvrye springmielies, koring en kleinwitbone. Benewens sy suksesvolle boerdery was Mtimkulu by die ontwikkeling van boere betrokke en het studiegroepe en boeredae aangebied waarmee geleenthede vir die jeug en vroue in landbou geskep is.
Hy is onverwags in November 2025 op 42 jarige ouderdom oorlede.
Landbouskrywers vereer
Landbouskrywers SA het interne toekennings aan hul lede gemaak vir uitnemende bydraes gedurende 2025. Die FNB Kommunikasietoekennings het gegaan aan Temba Msiza, Glenneis Kriel, Magda du Toit en Thabi Modutoane. Glenneis Kriel het ook CropLife SA se toekenning vir gewasbeskerming ontvang.
Lindi Botha het twee toekennings ontvang, onderskeidelik van Case IH in SuidAfrika en ‘n toekenning van die Internasionale Federasie van Landboujoernaliste. Vir tegniese artikels het Carien Kruger en Susan Botha die Japie Groblertoekennings ontvang. Corné Louw het ‘n spesiale toekenning van CropLife SA ontvang vir sy ondersteuning van gewasbeskerming.
Graan SA huldig graanprodusent en landbouleiers
“Boerdery gaan oor tydsberekening, spanwerk en vertroue,” het Graan SA en Syngenta se 2025 Graanprodusent van die Jaar, Hansie Viljoen van Leeudoringstad in Noordwes, gesê nadat dié toekenning gemaak is.
Viljoen is volgens Graan SA (GSA) vereer vir sy innoverende, gedissiplineerde en datagedrewe benadering tot graanverbouing. “Viljoen Boerdery is ‘n toonbeeld van volhoubare diversifikasie waar mielies, sojabone en ander gewasse geproduseer word met ‘n mensgesentreerde bestuursfilosofie en deurlopende herbelegging in vaardighede en tegnologie.”
Benewens Vijoen en sy vrou Wilmarie was die twee ander finaliste vir die toekenning JP en Thonelle Truter van Moorreesburg in die WesKaap en Riaan en Malanie Taljaard van Hoopstad in die Vrystaat.
Die beoordelaarspaneel vir die toekenning bestaan uit ‘n agronoom, landbouekonoom en grondkundige wat die finaliste evalueer. Saam met opbrengs beoordeel hulle ook hoe doeltreffend elke produsent sy hulpbronne, finansies en boerderystelsels bestuur. Finaliste word nie net vir graanproduksie erken nie, maar ook vir hul diversifikasie, innovasie en leierskap binne die landbougemeenskap. GSA sê dit is ‘n omvattende evaluering wat die veelvlakkige aard van suksesvolle moderne graanboerdery weerspieël.
GSA het ook hulde gebring aan drie landbouleiers wie se bydrae veel verder strek as hul eie landerye.
Die Inspirasietoekenning het aan Jozeph du Plessis van SchweizerReneke gegaan na 22 jaar diens in GSA se raad en sy deurslaggewende rol in die vestiging van SuidAfrika se kommersiële sojaboon en katoenbedryf.
Jaco Minnaar, voormalige voorsitter van GSA en van Agri SA, het die Goue Graantoekenning ontvang vir sy leierskap, integriteit en toewyding aan produsentevolhoubaarheid gedurende sommige van die uitdagendste jare in landbou.
Die uitgetrede voorsitter van GSA, Derek Mathews van Sannieshof, het die Goue Graantoekenning ontvang vir sy
Carel van Niekerk † (Piket Implemente)
Carel van Niekerk (81), ingenieur en ontwerper van landbouimplemente en die vorige eienaar van Piket Implemente op Piketberg is in Januarie 2026 oorlede. Hy was bekend as ‘n planmaker, ontwerper en vervaardiger van werktuie wat verskeie oplossings aan boere besorg het. Dit het onder meer damskrapers, ‘n veerploeg, ‘n skottelplanter, aartappeluithaler en planter van fyn saad ingesluit. Uit sy vindingrykheid het Piket Implemente ook gesorg vir tapkarre, skeurploeë en selfs ‘n strandskoonmaker. Van Niekerk word oorleef deur sy vrou, Soekie, en twee seuns, Carel en Rossouw.
visie, nalatenskap en diens in die versterking van Graan SA, die bemagtiging van graanprodusente en die bevordering van betekenisvolle transformasie.
Albie Bester †
Albie Bester (82), leierboer van die Swartland, is op 7 Januarie 2026 oorlede. Hy het tot in 2009 op die plaas Malkopvlei by Moorreesburg met graan, skape en beeste geboer. Bester was bekend as ‘n perdeliefhebber en was ‘n beoordelaar by die Swartlandskou waarvan hy ook ‘n bestuurslid was. Hy was ‘n direksielid van die destydse onderneming Moorreesburg Koringboere Bpk. Bester word deur sy vrou, Elizabeth, dogters Anneke en Adele en seuns Chris en Jacques oorleef.
Hansie Viljoen, Graan SA en Syngenta se 2025 Graanprodusent van die Jaar Foto: Graan SA.
Agribusinesses generally optimistic about business conditions
The current level of the agribusiness confidence index suggests that South African agribusinesses are generally optimistic about business conditions in the country. The survey was conducted in the last week of November 2025 and covered agribusinesses operating across various agricultural subsectors nationwide.
After falling for two consecutive quarters, the Ag biz/IDC Agribusiness Confidence Index (ACI) increased by 5 points to 67 in quarter 4 (Q4) of 2025, well above the 50neutral mark. Favourable weather conditions, strong exports throughout the year on the back of ample grains, oilseeds, and horticulture harvests, as well as better port efficiencies, are among the key drivers of optimism in the sector.
The ACI reflects the perceptions of at least 25 agribusiness decisionmakers on the 10 most important aspects influencing a business in the ag ricultural sector. It is used by agribusiness executives, policymakers, and economists to understand the perceptions of the agribusiness sector. It also serves as a leading indicator of the value of the agricultural output while providing a basis for agribusinesses to support their business decisions.
The capital investments subindex increased by 7 points from Q3 to 74. This uptick is well aligned with the encouraging highfrequency data, such as tractor and combine harvester sales.
The subindex measuring export volumes surged by 32 points from Q3 to 75. According to Sihlobo this is unsurprising as South Africa's agricultural exports have remained strong since the start of the year despite significant trade policy shifts and uncertainty.
The general agricultural conditions subindex increased by 4 points to 71 in Q4 2025. The increase highlights optimism about the benefits of La Niñainduced rains in the 2025/26 season, which has recently started.
“The recovery of the sector this year will likely be uneven,” said Wandile Sihlobo, chief economist of the Agricultural Business Chamber of SA (Agbiz). “We see better production conditions in the horticulture and field crops. However, the livestock industry is under pressure due to footandmouth disease. Moreover, the La Niña rains will help in horticulture and field crops.
“Also important are the collaborative efforts between business and government on pushing for better management of the municipalities, addressing rural crime, and the release of the governmentowned land to appropriately selected beneficiaries. This is key for longterm expansion in the sector,” added Sihlobo.
Subindices
The ACI comprises 10 subindices. Most increased in Q4 2025, while two declined slightly.
The market share subindex lifted by 11 points to 71 in Q4 2025. Most respondents across the various subsectors shared this optimism and generally aligned with the better agricultural production conditions.
The employment subindex increased by 3 points to 53 points in Q4 2025. This mirrors the sector's general employment conditions.
The general economic conditions subindex improved by 3 points to 62 in Q4 2025. This is consistent with the country's general macroeconomic optimism following S&P's credit rating upgrades, South Africa's removal from the FATF grey list, and numerous positive developments stemming from the implementation of Operation Vulindlela.
Mild decline
The turnover subindex confidence fell by 4 points from Q3 to 71. This was primarily driven by views from the winter cropgrowing regions, which reflect the fact that, while the harvest is relatively large, prices are lower. Similarly, the net operating income subindex declined by 6 points to 65 in Q4 2025.
The subindices of the debtor provision for bad debt and financing costs are interpreted differently from the abovementioned indices. A decline is viewed as a favourable development, while an increase signals growing financial strain.
In Q4 2025, the debtor provision for bad debts indices fell by 3 points to 47, reflecting gains from generally large agricultural harvests in the country, mainly in field crops and horticulture. However, the financing costs index lifted by 12 points to 82. This was surprising, as the recent decline in interest rates has eased the cost of capital in the country.
Wandile Sihlobo
Figure 1. Agbiz/IDC Agribusiness confidence index. Source: Agbiz Research, South African Weather Service. Shaded areas indicate periods of drought in South Africa
Vervoer en buitelandse handel lyk belowend vir landbou
Doeltreffender werk by Durban en Kaapstad se hawe, hervormings in spoorvervoer en aandag aan paaie wat vir landbou belangrik is is sommige van die groen lote vir ‘n belowende jaar, sê Theo Boshoff, uitvoerende hoof van die landbousakekamer Agbiz.
Ná ‘n hofbeslissing kan ‘n kontrak tussen Transnet se haweowerheid en ‘n privaatmaatskappy onderteken word waarvolgens ‘n gesamentlike maatskappy Durban se hawe in die volgende 25 jaar gaan bestuur en ontwikkel.
Onder die sake wat volgens Agbiz in 2026 dopgehou moet word, is vordering met immunisering teen bekenklouseer, hofsake wat onteiening toets, waterregulasies en vordering met titelaktes en die regte op gemeenskapsgrond. Die regulering van middels vir gewasbeskerming en hervorming van swartbemagtiging moet eweneens onder die vergrootglas bly. Agbiz-oorsig:
By Kaapstad se hawe is nuwe hyskrane in gebruik geneem, tegnici opgelei en die tweede fase van ‘n kragopwekkingsprojek tree in werking. Die GenSetkragopwekkers het die landboubedryf sowat R3 miljoen gespaar, het Boshoff tydens Agbiz se 2025 mediadag aan joernaliste gesê.
Saam met Agbiz se span kundiges het Boshoff ‘n oorsig van landbousake in 2025 gegee en vooruitskouings oor die volgende jaar gelewer. Agbiz het byvoorbeeld aan die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, aanbeveel dat SuidAfrika en die owerheid onder meer moet fokus op onderhandelings wat spoedige resultate vir landbou kan gee.
Dit sluit in om meer aandag te gee aan markte van Golfstate en OosAsië, soos die Verenigde Arabiese Emirate, SaoediArabië, Japan en SuidKorea. Die institusionele kapasiteit van die kommissie vir internasioale handelsadministrasie (Itac), die inkomstediens (SARS), onderhandelings oor handel en die departement van handel, nywerheid en mededinging (DTIC) behoort volgens Agbiz versterk te word.
Agbiz se bestuur- en personeelspan wat joernaliste op hoogte gebring het van hul sake in 2025 en vooruitsigte van 2026. Wandile Sihlobo was afwesig toe die foto geneem is.
Agbiz-oorsig:
Veilige opberging en graandiefstal
Nuwe telingstegnieke, die gebruik van kunsmatige intelligensie en presisieboerdery is onderwerpe van belang in 2026, sê die bestuurder van Agbiz se graanafdeling, dr Charl van der Merwe van Agbiz Grain. Terselfdertyd is markinligting wat akkuraat en betyds is asook ‘n regverdige en gesonde bemarkingstelsel belangrik.
Agbiz Grain se lede besit 98% van SuidAfrika se opbergingstrukture vir graan. Bykans 69% van hierdie strukture bestaan uit betonsilo’s terwyl sowat 22% graan in silosakke en bunkers opgeberg word, het dr Van der Merwe tydens Agbiz se 2025 mediadag aan joernaliste gesê.
Met verwysing na regsaspekte gee die graanafdeling in 2026 aandag aan onder meer die fokus op die gebruik van chemiese produkte in landbou en die veldtog om alle chemikalieë
te verbied.
Koring se tariefstelsel en verwikkelinge met die verbouing van wit koring kry volgens dr Van der Merwe aandag terwyl kanola se gradering hersien word. Lopende projekte van die graanafdeling sluit ‘n protokol vir voedselveiligheid in weens verbruikers se toenemende aandrang op deursigtigheid en versekering dat voedsel veilig en higiënies moet wees. Hy het verwys na graandiefstal wat toeneem en wat ontwikkel het in goedgeplande en gesofistikeerde operasies. Agbiz Grain se graandiefstalforum koördineer strategieë op ‘n formele en nasionale vlak terwyl die intensiteit en frekwensie van sulke voorvalle toeneem.
Dr Charl van der Merwe
Foto: Agbiz.
NviroTek brei dienste uit met Vinlab-laboratorium
NviroTek Laboratories (Edms) Bpk, analitiese laboratoriums binne die Senwesgroep, se nasionale voetspoor is versterk met die verkryging van die Vinlab Holdings Group van Stellenbosch.
Vinlab is volgens ‘n verklaring deur Senwes ’n vertroude naam vir wynontleding, watertoetse en sertifiseringsdienste in die wynwaardeketting. Die verkryging verbreed Senwes se gespesialiseerde vermoëns in die wyn, water en landbousektor.
Vinlab, wat in 2001 in Stellenbosch deur die sakevrou Hanneli Smit gestig is, is gevestig as een van SuidAfrika se betroubare wynlaboratoriums. Met internasionaalgeakkrediteerde toetsmetodes en ’n rekord van akkuraatheid en kennis van die bedryf, ondersteun Vinlab dus die sektor se toenemende fokus op gehalte, uitvoergereedheid en tegniese nakoming.
NviroTek Laboratories het meer as 17 jaar se wetenskaplike kundigheid met omvattende chemiese en mikrobiologiese ontledings, higiënemonitering, chromatografie, biotoetsing en gespesialiseerde landboudiagnostiek. Verskeie van sy laboratoriummetodes is ook geakkrediteer deur SANAS volgens die ISO/IEC 17025:2017standaard. NviroTek bedryf laboratoriums in Noordwes, die WesKaap en deur sy Nemlabafdeling in Klapmuts, Upington en Durban.
Die integrasie van Vinlab versterk volgens Senwes die Nvi
roTekgroep se kapasiteit om die groeiende SuidAfrikaanse wynbedryf te ondersteun. Die vennootskap maak dit moontlik om ’n wyer, geïntegreerde diensaanbod te lewer van grond, blaar en kunsmisontledings tot aalwurm, plantsiekte en grondgesondheidstoetse. Kliënte kan gevolglik ’n omvattende, naatlose wetenskaplike oplossing ontvang.
Volgens Dailena Pienaar, besturende direkteur van NviroTek, sal alle bestaande bedrywighede by Vinlab onveranderd voortgaan. Kliënte kan dus op ononderbroke diens staatmaak, met die huidige bestuur en personeel wat aanboord bly. Stigter Hanneli Smit sal steeds by die tegniese aspekte van die onderneming betrokke wees om die integriteit en gehalte van diens te verseker.
Pienaar het voorts dié uitbreiding verwelkom: “Hierdie uitbreiding stel ons in staat om ons diensaanbod en voetspoor verder te diversifiseer en nog groter waarde aan ons kliënte te bied. Dit versterk ons verbintenis tot gehalte, akkuraatheid en volhoubare groei.”
Altwee organisasies deel ’n sterk SuidAfrikaanse identiteit en toewyding vir die bevordering van plaaslike laboratoriumstandaarde en sektorale vindingrykheid. Dit ondersteun Senwes se strategie van gediversifiseerde groei en volhoubare waarde binne die landboubedryf.
Agbiz appoints head for strategic projects
The Agricultural Business Chamber (Agbiz) appointed Sinovuyo Moabalobelo as its head: strategic projects.
“We are excited to welcome Sino to the Agbiz team,” said Agbiz CEO, Theo Boshoff. “Agbiz has always had a strong focus on economics, trade, policy, and legislation, but we are increasingly seeing that publicprivate partnerships (PPPs) are essential to creating an enabling environment for agribusiness.
“In recent years, the industry has entered into a PPP with Transnet to create additional plug points in the Port of Cape Town, while also engaging in rail reform and exploring partnerships to improve road infrastructure. Beyond regulatory certainty, our regulators must also be capacitated to perform effectively.”
Ms Moabalobelo has over 15 years of experience in social policy, transformation, stakeholder engagement, and strategic project management. She was previously involved at Business Unity South Africa (BUSA) and Harambee Youth Employment Accelerator.
She holds a Bachelor of Laws (LLB) from the University of South Africa, and is currently completing an MBA in International Relations and Diplomacy.
According to Agbiz her background in both business and
social development, coupled with her passion for inclusivity and sustainability, aligns strongly with Agbiz’s mission to strengthen the competitiveness and transformation of South Africa’s agribusiness sector.
Sinovuyo Moabalobelo
Photo: Agbiz.
Agbiz-oorsig:
Landbou kan nie sonder chemikalieë nie
Onder die wanindrukke oor die gebruik van landbouchemikalieë is die voorstelling dat daar sónder plaag en onkruidmiddels geboer kan word en dat regulasies oor die registrasie en gebruik van hierdie middels onvoldoende is, sê die hoof van Agbiz se regsintelligensie, Annelize Crosby.
Tydens die landbousakekamer Agbiz se inligtingsdag vir media het Crosby gesê dit is ‘n wanvoorstelling dat daar geen uitwerking op voedselsekerheid gaan wees indien hierdie middels onttrek gaan word nie. Terselfdertyd kan daar nie aanvaar word dat SuidAfrika se situasie en toestande dieselfde is as in byvoorbeeld Europa nie.
Na aanleiding van ‘n seminaar oor landbouchemikalieë wat die departement van landbou op Stellenbosch aangebied het, het Agbiz inligting aan die portefeuljekomitee van landbou gegee oor die verantwoordelike gebruik van landbouhulpmiddels.
Nieregeringsorganisasies loods verbete projekte om alle gevaarlike plaagmiddels te verbied. Tydens die seminar was een van die aanbevelings dat middele wat elders verban word ook in SuidAfrika verbied moet word. Alternatiewe middele wat veiliger is moet volgens die aanbeveling bevorder word.
‘n Finale verslag met aanbevelings is aan die minister van landbou voorsien en volgens Crosby word ‘n nuwe wetsraamwerk verwag.
“Dit is belangrik dat ‘n raamwerk met realistiese wetenskaplikgebaseerde inligting op grond van SuidAfrikaanse klimaats
toestande en plae saamgestel word,” sê Crosby.
Met verwysing na aanpassings in die nasionale waterwet het Crosby gesê onsekerheid oor toegang tot besproeiingswater gaan moontlik ‘n uitwerking hê op beleggings in die bedryf, op plaaswaardes en op die produksie van landboukommoditeite onder besproeiing.
Landbou se uitvoerwaarde
Wanneer handelsooreenkomste gevoer word moet die omvang van SuidAfrikaanse landbouprodukte se uitvoerwaarde in aanmerking geneem word. In vergelyking met die uitvoerwaarde van onder meer ystererts, chroom, staal en voertuie is die waarde van landbouprodukte steeds meer, het Wolfe Braude, bestuurder van Agbiz se vrugteafdeling gesê.
Braude het verwys na die beduidende uitvoerpotensiaal wat na lande soos China, SaoediArabië, die Verenigde Arabiese Emirate en Viëtnam bestaan. SuidAfrika voorsien slegs 0,5% landbouprodukte wat China invoer en minder as 1% produkte wat SaoediArabië invoer. Minder as 1% van die MiddeOoste en Asië se ingevoerde landbouprodukte is van SuidAfrika afkomstig. Hoewel SuidAfrika lid van die Brics+ groepering is, word slegs 13% van handel daarheen gestuur.
Agbiz se voorstel dat tariefvoordele afsonderlik op spesifieke sektore gemik moet word, word nou deur die departement van handel, nywerheid en mededinging onderskryf.
Pioneer herdenk vanjaar sy eeu van landbou-uitnemendheid
Pioneer, ’n wêreldleier in die verskaffing van landbouoplossings en saad, vier in 2026 sy honderdste bestaansjaar en die vennootskap met SuidAfrikaanse boere.
“Net soos Pioneer boere wêrelwyd die afgelope eeu ondersteun het, staan ons reg om die volgende 100 jaar saam met SuidAfrikaanse boere aan te pak,” sê Jaco Snyman, sakebestuurder van Pioneer Saad SuidAfrika.
Die handelsmerk is 100 jaar gelede deur Henry A. Wallace gestig en dit is volgens Pioneer gebou op ’n nalatenskap van vindingrykheid, volharding en ’n verbintenis met produsente. Sedert Pioneer die eerste bastermieliesaad ontwikkel het, was die maatskappy aan die voorpunt van landbouontwikkeling. Danksy ’n begrip van die unieke grondomstandighede, klimaat en uitdagings van SuidAfrikaanse boere, is die maatskappy se storie in SuidAfrika ook vir dekades gewortel in die plaaslike landbousektor.
Die kern van hulle verbintenis is die filosofie dat die boer eerste kom, sê Snyman. “Dit beteken dat die boer die middelpunt van ons besigheid is en dat elke daaglikse besluit in die boer se beste belang geneem word.”
Voorbeelde van Pioneer se vooruitgang sluit in droogtebe
stande kultivars, asook insek en onkruidbestande kultivars wat Corteva se PowerCore™tegnologie bevat. Hulle bied ook digitale oplossings wat boere in staat stel om met presisie te boer, soos die Pioneer Farmer App en gLinktegnologie wat help met die akkurate voorspelling van onder meer kuilvoersnytyd.
“Pioneer SuidAfrika benut hul toegang tot globale hulpbronne en wêreldklastegnologie, wat verfyn word met behulp van plaaslike kennis om by SuidAfrikaanse boere se praktyke te pas,” sê Emile van den Berg, nasionale landboukundige bestuurder van Pioneer Saad SuidAfrika.
As deel van die eeufeesviering beplan Pioneer verskeie geleenthede soos boeredae in Maart, deurentydse plaasbesoeke en ’n sterk teenwoordigheid by Nampo.
In SuidAfrika én in die buiteland het die maatskappy ook ’n verbintenis tot gemeenskapsdiens gemaak deur 100 000 ure se vrywillige werk deur hul personeel en agente. Pioneer Saad SuidAfrika fokus op voedselsekerheid en wetenskapsprogramme.
Vir meer inligting oor Pioneer SuidAfrika se 100jaar viering, gesels met ‘n plaaslike Pioneeragent, stuur ‘n epos aan info.rsa@pioneer.com of besoek hul webwerf by www.pioneer.com/za. Hou ook hul sosiale mediaplatforms dop.
Use the specialists
PUBLISHERS OF:
Wheat Focus / Koringfokus: Specialist magazine for small grains
Vegetables & Fruit / Groente & Vrugte: Explore markets in fresh produce
Subtrop Journal: Journal for avocado, mango and litchi growers
Yearbooks:
SA Avocado Growers’ Association (SAAGA)
SA Litchi Growers’ Association (SALGA)
SA Mango Growers’ Association (SAMGA)
Belê in Pure Koringpotensiaal in die Wes-Kaap
Sensako se koringkultivars is spesifiek geteel vir die Wes-Kaap, daarom kan ons jou help om jou goeie planne in goeie opbrengs om te sit. Stel jou plantpakket saam uit die volgende SENSAKO-koringkultivars: