


TOPS
TOPS
Lana Oberholzer lei die o.19-Aflosspan tot oorwinning in die grootste item van die dag, wat ook Bloemhof se tweede plek vir 4M beklink het. Die span wen die aflos en teken ook ‘n nuwe 4M-rekord van 47.31 sekondes in die item aan.
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum het Bloemhof wéér vereer as die Top Afrikaanse Skool in die land, ‘ n vierde jaar in ’ n ry. Dié merietetoekenningsgeleentheid, wat op Vrydag 9 Februarie 2024 in Centurion gehou is, is deur tientalle skole regoor die land bygewoon. Bloemhof is volgens die SOS Matriekverslag 2023 as top skool onder Afrikaanse, dubbelmedium en parallelmedium skole aangewys. Hierdie toekenning word gebaseer op die gemiddelde aantal onderskeidings per kandidaat. Bloemhof se matriekgroep van 2023 het 3,57 onderskeidings per kandidaat behaal, die derde meeste in die land naas Herschel Girls’ High School en Rustenburg Girls’ High, beide Engelse skole in die Wes-Kaap. Dit besorg Bloemhof dus ook die eerste plek in die Wes-Kaap onder alle Afrikaanse, dubbelmedium en parallelmedium skole
Ses uit die top 20-skole in die land is Afrikaanse skole en enkelgeslagskole het veral uitgeblink. Tesame met hierdie top-skool-toekenning is die HMS Bloemhof ook vereer in die volgende vakgebiede gebaseer op die aantal onderskeidings per kandidaat:
Afrikaans Huistaal: ’n Algehele tweede posisie landswyd onder alle skole en algeheel eerste in die Wes-Kaap.
Engels Eerste Addisionele Taal: ʼ n Algehele tweede posisie landswyd en ʼ n eerste plek onder Afrikaanse skole.
Ingenieursgrafika- en ontwerp: ʼn Algehele derde posisie landswyd en 1ste plek onder Afrikaanse skole. Wiskundige Geletterdheid: ʼn Algehele vierde posisie landswyd en eerste plek onder Afrikaanse skole.
Fisiese Wetenskappe: ʼn Algehele agste posisie landswyd en eerste plek onder Afrikaanse skole.
Ekonomie: ʼn Algehele veertiende posisie landswyd
Volgens ons skoolhoof, me Wilna van Heerden, is daar ‘n paar faktore waaraan hierdie uitsonderlike prestasie toegeskryf kan word: “Hierdie uitstaande uitslae wat ons matriekgroep gelewer het, neem ons nie vanselfsprekend op nie en kan toegeskryf word aan ons puik opvoeders wat hul uitstekend van hul taak kwyt, die uitstekende werksetiek by die leerders en personeel, gesonde selfwaarde en natuurlik die seën van die Here.”
deur Vianté Rossouw
‘BloemRoos my hart klop vir jou!’ Liané van Zyl, Graad 10. Februarie is atletiekseisoen in die Kaap en elke jaar ding die Prestige-skole van Paarl en Stellenbosch teen mekaar mee. Paul Roos en Bloemhof kombineer hulle talente en vorm die span “BloemRoos”; Girls High en Boishaai span saam en Paarl Gimnasium neem ook deel Dis ‘ n hoogtepunt vir elke Paul Rooser en Bloefhoffer, so kom ervaar dit deur hulle oë…
Bloemhoffer
Ek word vroeg wakker om my hare te vleg in ‘ n Franse of Hollandse vlegsel. Netjies geklee in my Bloemhofbaadjie en das, ry ek saam met al my vriendinne in die bus waar musiek kliphard speel op ‘ n draagbare luidspreker. Almal sing saam met Jan Mattys se ‘Hey’ en ABBA se ‘Voulez-Vous’ Soos meisies maar altyd betyds is, arriveer ons voor Paul Roos se Maroon Masjien.
Skielik speel 21 Savage se ‘Redrum’, en BloemRoos se GK hardloop uit soos ‘ cops en robbers’. Die gees is mal wanneer ons ‘Where’s Your Famous’ sing. Paul Roosers en Bloemhof staan saam soos een man! Die dansers dans asof niemand vir hulle kyk nie en BloemRoos is hier vir dit! Bloemhoffers kyk weg terwyl Gim hulle heupe skud en die Paul Roosers hulle met geskokte ogies aankyk Deur die dag is daar verskeie pouses waar daar lekkernye verkoop en geniet word Ou vriende word weer gesien en nuwe vriende word gemaak. Daar word geskree en gebaljaar op die pawiljoene todat ons voete seer is en ons stemme kraak soos ‘ n ou man s ’ n.
Die einde is in sig… Die skrif is teen die muur. Girls High en Boishaai gaan beslis koning kraai die jaar. En so was die vraag nou: Gaan BloemRoos die jaar die Gimmies wen? Almal wag in spanning, harte klop verwoed… BLOEMROOS IS 2DE! Die BloemRoosleerders en -ondersteuners juig en spring op en af! ‘ n Dag wat altyd onthou sal word as ‘ n dag van samesyn, suster- en broederskap, jolyt en pret.
Paul Rooser (onderhoud deur Vianté Rossouw)
Elke Paul Rooser sien uit na Prestige. Wat kan beter wees as ‘ n dag van geen skool gevul met gees, gees en nog gees. Netjies en trots in my maroon blazer en das, babbel my suster (in Bloemhof) hoe ons die jaar vir Gimmies gaan wen Tydens Graad Saal word al die finale reëlings gou vir ons gegee Geduldig wag ons terwyl die matrieks eerste in hul busse inklim en daarna kry elke graad ‘ n beurt om op die busse te klim. Vol passie dreun die krete op die bus.
In die warm Paarl verstaan die graad aggies nog nie die konsep dat hulle heel onder moet sit nie, al is dit op die grond. Hulle beurt is hulle beurt. Die krete en dansers is altyd ‘ n groot fees om na te kyk. Tydens die breuke kan jy ook iets koop as jy braaf genoeg is om in die lang rye te staan Met my geluk jaag die GK’s en onderwysers my altyd terug sodra ek my slaptjips bestel het. En my sitplek is dan heel moontlik al gevat. My gunstelling kreet, Bomaye, word gesing met ‘ n klomp ander krete wat daarop volg en ons almal gaan bos. Teen die einde van ‘ n uitputtende dag van krete skree en geesvang op die pawiljoen, kondig hulle die resultate aan. Almal staan en wag in spanning. Ons het lekker gelag maar kliphard gejuig toe BloemRoos tweede plek vat, wat die Gimmies derde gelaat het Doodmoeg en met hees stemme, vertrek ons terug huis toe
PRESTIGE, jy was goed vir ons!! Na ‘ n dag vol geesvang met mede-broers en -susters het ‘ n Paul Rooser en ‘ n Bloemhoffer ten minste twee goed gemeen: Albei het baie liefde en trots vir hul skool en beide is hees geskree en doodmoeg na die dag!
Gevriesde waterbottels, Holandse vlegsels, meisies geklee in blazers in 37-grade celsius, maar harte vol van trots en die gees loop hoog “Bloemhof, let the 4M games begin!” Die hoogtepunt van ons kalender en die top Bloemhof-ervaring is die uitstekende 4M-Atletiekbyeenkoms wat elke jaar in Februarie plaasvind. Vier meisieskole se atletiekspanne, Paarl Girls High en La Rochelle uit Paarl en Bloemhof en Rhenish uit Stellenbosch, kompeteer teen mekaar om op die ou end as die wenner van 4M bekroon te word
Filip Gawlikowski, ‘ n Poolse uitruilstudent by Paul Roos wat Bloemhof by 4M kom ondersteun het, vertel: “Ek het nog nooit so iets ervaar nie. Ek is woordeloos! Ons het glad nie so iets in Pole nie. Die gees was mal! Ek was baie beïndruk met die liefde wat die meisies vir hul skole het en die hele byeenkoms was baie goed gereël Ek was ook beïndruk met die hoeveelheid ouers wat kom kyk en ondersteun het.” Wanneer jy die oggend van 4M by die skool aankom sien jy die meisies op ‘ n streep sit in die gange om mekaar se hare te vleg. Alhoewel ons eers drie periodes van skool het, fokus geen leerder werklik ‘ n 100 persent nie Almal sien uit na wat volgende gaan gebeur…die “groot spog “ ...
Tydens die groot spog staan graad 8's verbouereerd rond, atlete gesels, meisies skarrel rond op soek na sitplek en daar word gesing, geskree en ja, die matrieks huil want dit is hul laaste 4M Atlete staan trots op die verhoog terwyl hul naam aangekondig word as deel van die span. Verskeie videos word gespeel waar leerders van Paul Roos, Paarl Gimnasuim en selfs Bloemhof se geliefde Jan Mattys boodskappe van ondersteuning stuur- Als om ons sterkte toe te wens en ons opgewonde te maak vir wat kom “4M is ‘ n kans vir ons skool om as een saam te kom en mekaar te ondersteun in wat ons doen,” vertel mede-Bloemhoffer Christine Knoetze in graad 10. Dan kom die busrit na die warm Dal Josafat-stadium - pure “gees-op-wiele”! Van harde musiek wat pomp op jou vriendin se klein draagbare luidspreker, tot meisies wat nog mekaar se hare vleg, wat sing, wat dans en baljaar Dié gees kan mens nie beskryf nie – ons is een en almal is daar vir een doel, om Bloemhof se naam hoog te hou.
Almal neem hulle sitplekke in Ons kan omtrent nie ons opgewondenheid in toom hou nie Sodra die optogte begin, verander elke Bloemhoffer se ogies in hartjies as hul die GK’s se mooi uitrustings sien Dis pragtig Wit toppies, wit rompies…en daai handskoene! Op daai oomblik wil elke Bloemhoffer ‘ n GK-lid wees. En ons harte bars van trots! Op die maat van die tromlyn van Boishaai kom al die atlete tot stilstand waar die meisies van elke skool ‘ n beurt kry om hulle kreet te skree Die kreet word uit volle bors gesing met soveel passie en soveel trots. Nie een enkele matriek het droë oë nie. Dis moeilik om te beskryf hoe dit voel, al is jy nie ‘ n atleet nie. Daardie kreet bring ons bymekaar. Susters word absoluut mal van passie en gaan aan asof hulle sewe koppies yskoffie gedrink het Ons spring rond, sing, lag, gesels en moedig ons atlete aan van ‘ n afstand af en ons doen dit met trotse oorgawe. “Dis ‘ n onvergeetlike dag vol gees, susterskap, hoendervleis en waar jy jou longe uitskree,” vertel een van ons mede-Bloemhoffers.
Sodra die onderwysers klaar aflos gehardloop het, begin die son sak, die berge kry ‘ n ligte pienk skynsel, en jy weet nou is dit die dansers se beurt vir die groot finale optrede. Uit respek, want dis hoe ‘ n Bloemhoffer geleer is, bly ons doodstil terwyl die ander skole se dansers rondspring. Maar as ons eie Bloemhof-dansers opkom, hoor jy gille wat jy nie eens by ‘ n Taylor Swift-konsert sal hoor nie
Dan is dit tyd vir die aankondiging waarvoor ons almal die hele dag al wag. Soos wat die pryse uitgedeel word, is die vraag op almal se lippe: “Gaan ons werklik laaste wees die jaar?” Dan word dit aangekondig: vierde plek, Rhenish, en derde plek, La Rochelle, wat beteken BLOEMHOF IS 2DE! Ons skree en dans want ons kon vir die hoeveelste jaar ons plek verdedig en behou! Selfs ons hoof, juffrou van Heerden, dab en almal juig!
Bloemhof het die afgelope Vrydag die DBV besoek en kosbare tyd saam met die diere spandeer Baie dankie aan die dames wat hulle harte vir dié spesiale doel oopgemaak het
Dankie ook aan die Bloemhoffers wat gehelp het om ‘ n bedrag van R15 000 in te samel deur middel van ons Civviedae. Hierdie bedrag is Vrydag saam met hondekos, katkos, komberse en ander noodsaaklikhede aan die DBV oorhandig. Ons waardeer en eer hulle vir die werk wat hulle in ons gemeenskap doen!
Bloemhof het verlede jaar geld ingesamel vir die Stop Rhino Poaching-organisasie. Die organisasie het onlangs aan die skool ‘ n skrywe gerig waarin hulle die skool bedank het vir die bydrae. Met die fondse wat ingesamel is, kon hul twee opsporingsbande vir twee K9-honde aankoop. Die organisasie het ons namens die reservaat wat die bande vir hul honde ontvang het, bedank en die onderstaande foto's gestuur. Baie dankie aan elke ouer en Bloemhoffer wat bygedra het tot hierdie organisasie se saak.
Lees gerus meer oor die organisasie by https://www.stoprhinopoaching.com/
Vanjaar se koorkamp het weer al die regte note getref en die jaar fortissimo* afgeskop! Die koor het hard gewerk om nuwe liedere aan te leer met die hulp van ons bekwame musiekpersoneel; me Marijke Roos (dirigent), mnr Chester Meyer en me Suné van Wyk. Vanjaar het prof Ernst Buscagne van Switzerland weer sy ekspert kennis met die koor kom deel. Met die nuwe musiek amper onder die knie en die hegte bande wat die naweek gesmee is, kan dié koor net accelerando**!
*Musiekterm: hard of sterk
**Musiekterm: geleidelike toename in spoed, ook die koor se naam
Bloemhof se graad-12 dames en hul pa ’ s het verlede Vrydagmiddag die jaarlikse Pa-en-dogter Piekniek by Zorgvliet bygewoon. Dit is een van die spesiale geleenthede op die matrieks se kalender en ‘ n hoogtepunt elke jaar. Baie dankie aan me de Villiers wat die dag moontlik gemaak het. Ons is dankbaar vir kosbare oomblikke soos hierdie!
Die Bloemhof-atlete en hulle ouers het Sondagaand ons jaarlikse Atletiekfees bygewoon Hierdie fees was ' n wonderlike geleentheid om die atlete en hul besonderse atletiekseisoen saam te vier en ook saam te kuier voor die groot 4M-byeenkoms plaasvind. Wat ' n spoggerige geleentheid was dit nie! Baie dankie aan die ouerkomitee wat die pragtige aand gereël en moontlik gemaak het. Ons weet die geleentheid was beslis ' n hoogtepunt vir ons atlete.
Vanjaar het die Bloemroos-atlete met pragtige keppies by Prestige gespog Bloemhof wil die borge wat hierdie keppies moontlik gemaak het, bedank: Dawid Heyl en Carlo Stickling, asook Hannerie du Toit van HM Embroidery Studio wat die keppies teen kosprys aan ons voorsien het. Baie dankie vir u bydrae; die atlete van Bloemroos het spoggerig gelyk in die keppies!
HMS Bloemhof se atlete het uitstekend gevaar by die jaarlikse Prestige-byeenkoms BloemRoos eindig in die tweede plek na afloop van die byeenkoms.
Vanjaar het Bloemhof se atlete talle rekords gebreek. Die rekords sluit in:
Hannah Olivier Dogters o 15-200m: 26 96 sekondes
Milana Stickling Dogters o 15-200m: 25 44 sekondes
Lara Ehlers Dogters o 19-400m: 56 98 sekondes
Lisa Steenkamp Dogters o.15-800m: 2:15.90
Daniela Viljoen Dogters o.17-800m: 2:14.04
Lana Oberholzer Dogters o.19-100m Hekkies:13.49 sekondes
Mignonne de Beer Dogters o.19-Verspring: 5.69m
Mignonne de Beer, Lara Ehlers, Zahni Smit and Lana Oberholzer - Dogters o 19-Aflos 4x100m: 47 96 sekondes
Die volgende dames het medaljes verower op die dag:
Goud:
Shammei Botha o.14-200m
Nell Basson o 17-200m
Lara Ehlers o 19-200m
Lara Ehlers o 19-400m
Daniela Viljoen o.17-400m
Daniela Viljoen o.17-800m
Lisa Steenkamp o.15-800m
Lana Oberholzer o.19-100m Hekkies
Lana Oberholzer o 19-400m Hekkies
Simone van der Merwe o 17-400m Hekkies
Mignonne de Beer o 19-Verspring
Bea Wium o.14-Gewigstoot
Juané Maass o.19-Spiesgooi
Mignonne de Beer o.19-Aflos
Lara Ehlers o.19-Aflos
Zahni Smit o 19-Aflos
Lana Oberholzer o 19-Aflos
Silwer:
Milana Stickling o.15-100m & -200m met nuwe rekordtyd; Nell Basson o.17-100m; Mignonne de Beer o.19-100m; Ella Lategan o.14-200m; Almi Geyser o.15-1500m; Olivia Schwartz o.17-1500m & -3000m; Shammei Botha o 14-300m Hekkies; Alecia Stander o 17-Hoogspring; Tayla Deerans o 19-Verspring; Jenna von Zeuner o 15-Gewigstoot; Lise de Villiers o 17-Gewigstoot; Shammei Botha, Alet Louw, Ella Lategan & Bea Wium o 14-Aflos; Milana Stickling, Hannah Oliver, Elaine van Harte & Zani Volschenk o 15-Aflos; Nel Basson, Lise de Villiers, Daniela Viljoen & Mila Bester o.17A-Aflos.
Brons:
Zahni Smit o.19-200m; Ella Lategan o.14-400m; Zani Volschenk o.15-400m; Katerien Fourie o.14-800m & -1500m; Simone van der Merwe o 17-800m; Gize Strydom o 14-3000m; Lilah Meyer o 15-Hoogspring; Rozelle Buhr o 19-Hoogspring; Jeannie Myburgh o 17-Paalspring; Tayla Deerans o 19-Driesprong; Danielle Nortje o.17-Gewigstoot; Bea Wium o.14-Diskus; Lene van den Heever o.15-Spiesgooi; Jeannie Myburgh o.17-Spiesgooi; Veerle van Heerden, Mieke Britz, Jeanie Myburgh & Simone van der Merwe o.17B-Aflos.
Welgedaan aan elke atleet wat deelgeneem het. Ons is baie trots op julle.
HMS Bloemhof se atlete het tydens die 4M-byeenkoms groot karakter gewys en ten spyte van ‘ n paar struikelblokke en uitdagings ‘ n 2de plek met 1 punt verseker. Talle hartroerende stories is na afloop van die byeenkoms vertel en daar is vasgestel: die 1 punt is beslis elke atleet in die span se punt wat bygedra het tot die uitkoms 4M was ‘ n uitsonderlike spanpoging!
Vanjaar het die atlete uitstekend gevaar en nes met Prestige is daar ook rekords verbreek. Die rekords sluit in:
Lisa Steenkamp: o.15-1500m
Lara Ehlers: o.19-200m
Lana Oberholzer, Mignonne de Beer, Zahni Smit & Lara Ehlers: o 19-Aflos 4 x 100m
Die medaljewenners op die dag was:
Goud:
Lisa Steenkamp o.15-1500m
Mignonne de Beer o.19-100m Hekkies & o.19-100m
Lara Ehlers o 19-200m
Bea Wium o 14-Gewigstoot
Juane Maass o 19-Spiesgooi
Lana Oberholzer, Mignonne de Beer, Zahni Smit & Lara Ehlers o.19-Aflos 4x100m
Silwer:
Lilah Meyer o.15-Hoogspring
Tyala Deerans o 19-Driesprong
Daniela Viljoen o 17-1500m
Therina de Bruin o 19-1500m
Danielle Nortje o.17-Verspring
Simoné Dry o.19-Hoogspring
Shammei Botha o.14-200m
Nell Basson o.17-200m
Zahni Smit o.19-200m
Alecia Stander o 17-Hoogspring
Lisa Steenkamp o 15-800m
Simone van der Merwe o 17-800m
Lilea de Waal o.19-800m
Bea Wium o.14-Diskus
Ella Lategan o.14-400m
Brons:
Katerien Fourie o 14-1500m & -800m; Maric de Roubaix o 19-1500m; Shammei Botha o 14-90m Hekkies; Jenna von Zeuner o 15-Gewigstoot; Rozelle Buhr o 19-Hoogspring; Milana Stickling o 15-100m & -200m; Minke Shaw o.15-800m; Therina de Bruin o.19-800m; Jeannie Myburgh o.17-Spiesgooi; Nell Basson o.17100m; Lana Oberholzer o.19-100m; Lara Ehlers o.19-400m; o.14-Aflos 4x100m: Shammei Botha, Alet Louw, Bea Wium & Elné Gouws; o.15-Aflos 4x100m: Hannah Oliver, Milana Stickling; Lené van den Heever & Elaine van Harte
Dit was duidelik dat elke atleet die afgelope Dinsdag haar bes gegee het op die baan en veld en bygedra het tot die uitslae op die dag Welgedaan aan elke dame; ons is baie trots op julle!
Bloemhof se A-tennisspan het koning gekraai by die St. Mary’s Tennis Festival in Johannesburg wat vanaf 9 tot 11 Februarie plaasgevind het.
Die span het in die semi-finaal teen die Hoërskool Menlopark skoonskip gemaak en toe teen St. Mary’s - die gasheerskool, met skoon stelle die toernooi gewen. Wat ‘ n uitsonderlike prestasie!
Welgedaan aan die dames.
Die tennisspanne is steeds besig met hul liga en die uitslae is as volg:
Tennisliga 12 Februarie 2024
o.19 A wen 6-0 teen Parel Vallei
o.19 B wen teen HMS o.19B
o.19C verloor teen Rhenish o.19B
o.15 A wen 6-0 teen Rhenish o.15A
Tennisliga 9 Februarie 2024
o.19 A wen teen Gim o,19A 6-0
o.19 B wen – HSS onttrek
o.19 C verloor teen Strand o.19A
o 15 A verloor teen Parel Vallei o 15A
o 15 B verloor teen Gim o 15A
Bloemhof se swemspan het verlede week aan die Frank Myburgh Malmesbury swemgala deelgeneem en uitstekend gevaar. Die span het algeheel 3de geëindig uit 7 deelnemende skole wat in die A-liga deelneem.
Die o.14A-span het die 1ste plek losgeswem en die o.16A- en o.18A-span het 3de geëindig. Uit 19 items waaraan die span deelgeneem het, Bloemhof vier 1ste plekke, twee 2de plekke en elf 3de plekke behaal. Baie geluk en welgedaan!
Bloemhof se waterpolo-spanne het ‘n paar bedrywige weke agter die rug en het uitstekend gevaar in die onderskeie toernooie waaraan hulle deelgeneem het. Die uitslae was as volg:
Waterpolo-wedstryde: 9 Februarie
o.16B teen Bridge House: Wen 8-7
o.16A teen Elkanah o.19A: Wen 10-3
Waterpolo: o.16A Rhenish-toernooi 16-18 Februarie
Teen Glenwood Verloor 0-15
Teen Wynberg Verloor 3-7
Teen St. Cyprians B Wen 1-12
Teen Somerset College Verloor 1-8
Teen Herschel A Verloor 2-15
Teen Rhenish A Verloor 1-16
11/12de posisie uitspele: Verloor teen Springfield en eindig 12 uit 14 spanne
Waterpolo: 14 Februarie (Vriendskaplike wedstryd)
o.14A teen Somerset College Wen 9-4
Welgedaan aan die spanne!
Op 17 Februarie het die top Bloemhof-atlete aan die Curro-atletiekbyeenkoms in Pretoria deelgeneem. 34 bekende topskole het aan dieselfde byeenkoms deelgeneem. Skole soos Paarl Gimnasium, Paarl Girls’ High, Helpmekaar Kollege en Prestige College het as vriendskaplike kompetisie opgetree.
Hoërskool Menlopark verower die eerste plek, terwyl Afrikaans Hoër Meisieskool kort op hulle hakke volg en die silwer medalje huis toe geneem het. HMS Bloemhof het die 16de plek behaal kort op die hakke van Hoërskool Montana. Al was die bene seer, die kompetisie sterk en die hitte ondraaglik, het hierdie dames nooit moed opgegee nie en steeds hul beste gelewer.
Baie geluk aan elke atleet met haar prestasie en toewyding. Bloemhof is ongelooflik trots!
Ons Waterpolo-eerstespan het 9 tot 11
Februarie aan Oakhill School in Knysna se o.19Waterpolo Chukka-toernooi deelgeneem. Hierdie dames het sewe wedstryde in slegs drie dae gespeel! Ons is trots op die volgende uitslae:
Wen 5-3 teen Collegiate
Gelykop 6-6 teen Parklands College
Verloor 8-4 teen Diocesan School for Girls
Wen 8-2 teen Fairmont High School
Gelykop 5-5 teen Fishhoek High School
Wen 5-3 teen Merrifield
Wen 6-0 teen Campsbay High School
Veels geluk aan elke speler wat haar hart uit gespeel het!
Foto’s: Jan van Zyl
Ons weeklikse program en Jaarkalender is op ons webtuiste beskikbaar. Dit word gereeld bygewerk om die nuutste inligting te vertoon. Klik gerus op die skakel om die program en kalender te besigtig:
Alle sportprogramme, wedstrydbepalings en sportuitslae is op ons webtuiste beskikbaar Dit word gereeld bygewerk om die nuutste inligting te vertoon Klik gerus op die skakels om die items te besigtig: