BETHLEHEM 24●01●19
www.rekordmediafs.co.za
Bethlehem Rekord
072 757 0514
RDE01
@rekordmedianow
AfriForum Bethlehem-tak loods skoonmaakprojek ■ Hesti Steenkamp BETHHLEHEM: Die AfriForum-tak in Bethlehem het 2019 afgeskop met ’n skoonmaakprojek by die Anglo-Boereoorlog-begraafplaas in dié dorp. Hierdie selfdoenaksie is op 19 Januarie 2019 geloods om die verwaarloosde begraafplaas skoon te maak en op te knap. Lede van die gemeenskap het die tak gehelp om gras te sny, bome te snoei en die algemene beeld van die begraafplaas te verbeter. As deel van die projek beplan die Bethlehem-tak afrondingswerk gedurende die
komende weke om grafte netjies te maak en onkruid met gifdoder te bespuit. Die tak beplan ook verskeie ander selfdoenaksies vir die toekoms. “AfriForum se Bethlehem-tak pak selfdoenaksies soos hierdie aan om algemene probleme in die gemeenskap op te los en ’n positiewe bydrae tot die gemeenskap te maak,” sê J.P. Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland. AfriForum se Bethlehem-tak nooi die gemeenskap uit om by hierdie tipe aksies betrokke te raak. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1).