DIHLABENG REKORD

Page 1

20 Aug 2021 | Edition 30 - 2021 | rekord@rekordmediafs.co.za | 072 757 0514

Dihlabeng NOU WEET JY ● NOW YOU KNOW

SILENT NITE KRY NUWE EIENAARS ❑ Corné van Noordwyk

BETHLEHEM: Dis amtelik! Skelms sal nou in hulle spore moet trap vir dié twee, want Douw en Nadia Raimondo (op die foto links bo) gaan Silent Nite Alarms na nuwe hoogtes toe vat, sedert hulle die besigheid op 1 Julie 2021 oorgekoop het. Hulle het albei jarelange ondervinding in die besigheids-wêreld en beslis ook in die sekuriteits industrie. Hulle benadering is om 'n reuse verskil te maak in die Sekuriteitsdienste in die Bethlehem en omliggende areas. "Ons glo in lojaliteit aan die gemeenskap, ons kliënte, ons waardevolle personeel en beamptes, en fokus ernstig op FOTO’S: Facebook

'n korporatiewe beeld met 'n baie sterk ‘kliente en diens gefokuste benadering,” het Douw Raimondo aan die media vertel. Die stof het skaars gaan lê en die nuwe eienaars het aangekondig dat hulle binnekort ‘n beheerkamer en reaksie eenheid in Reitz gaan oopmaak. Silent Nite spog ook met ‘n uitmuntende en bekwame tegniese-span. Hulle werk onder die bekwame leierskap van Marlena (op die foto links onder). “Hulle is die beste in die Oos-Vrystaat!” Nadia sê: “Ons is beskikbaar 24/7 om na alle alarm, CCTV, elektriese heining en hekmotor probleme om te sien.” Hulle nommer/s is: 058 863 7094 of 057 303 0920

AFRIFORUM: VRYSTAAT SE VULLISTERREINE IN ‘N HAGLIKE TOESTAND – LEES MEER OP BLADSY 5


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.