13 Aug 2021 | Edition 29 - 2021 | rekord@rekordmediafs.co.za | 072 757 0514
Dihlabeng NOU WEET JY ● NOW YOU KNOW
FOTO: Facebook (SPCA)
SUKSESVOLLE GOLFDAG GEHOU TEN BATE VAN DBV
CLARENS: Op Vrouedag, Maandag 09 Augustus 2021, het talle golfspelers die geleentheid gehad om deel te neem aan die Railway Liquorland Golfdag. Die dag was ‘n reuse sukses met heelwat deelnemers wat met hulle stokke opgedaag het by die Clarens Golf Estate. Die opbrengste van die Golfdag wat gehou is, was ten bate van die Diere Beskermings Vereniging in Bethlehem (DBV/SPCA). Hierdié dag kon nie so suksesvol gewees het as dit nie vir die groot aantal borge was wat die dag se sukses verseker het nie. Hulle is deur die DBV later op sosiale media bedank. Hulle het ook die deelnemers bedank vir hulle ondersteuning: “Baie, baie dankie aan elke speler, borg en ook aan die Clarens Golf Klub vir 'n uitstekende Golfdag wat aangebied was ten bate van ons organisasie. Dankie ook aan Railway Liquorland in Bethlehem wat dit gereël het. Die fondse word met groot vreugde en dankbaarheid ontvang.” Die ander borge was: Pernod Ricard SA, Heineken SA, Halewood International, Distell Ltd., KWV SA, Mari Kleynhans Spectacle Boutique, Phoenix Fire Bethlehem, Tommeli Venter Podiatrist, Rotherhaan Restaurant Clarens, Wulf Security Bethlehem, GC Tech Bethlehem., Clarens Golf Club and Leisure Estate, Artist Cafe Clarens, Highlander Restaurant Clarens and Beer and Braai Liquor Store Clarens.