7 minute read

Jesus Beweeg!

Next Article
Nuwe Vriendegroep

Nuwe Vriendegroep

Ds. Suzette Turner

Nou is die Turners rotsvas gevestig hiér op Montagu! Sedert ons laaste gesels was Jesus beslis aan die beweeg! Ek getuig graag en met groot opgewondenheid van sy omgang met ons.

Advertisement

’n Splinternuwe vrouebediening, ’n gebedsweek, ’n gemeente-ontbyt, ’n pienkvoetkerk, ’n pitkosaand, ’n belydenisklaskamp, ’n tienerkamp na Bredasdorp vir die #Imagine-beweging, ’n Paasmark – en dit was maar net die eerste kwartaal Ek was ernstig toe ek gesê het: Jesus beweeg!

Om kerk te wees met só ‘n vol dagboek is een groot voorreg; tog is dit geweldig belangrik om nie net ’n dagboek vol te maak met allerhande aktiwiteite nie, maar werklik Jesus se Koninkrykswerk raak te sien in elkeen van hulle En al manier waarop dít enigsins moontlik is, is om na aan Jesus te leef. Te luister na sy stem binne-in die besigwees. Ons wil graag in pas leef met God se ritme vir sy kerk.

Ek het soveel God-stories om te deel uit feitlik elke een van die bogenoemde gebeurtenisse, maar een van hierdie stories het Jesus in my hart kom beweeg Op ’n dag kry ek ’n whatsapp van ’n mamma in ons gemeente wat lees: ‘Iva wil jou graag iewers die week kom sien.’ Iva du Toit is ’n graad 7-leerder aan Laerskool Montagu en een middag na skool hardloop sy hier met die trappies op tot in my kantoor ‘Tannie, ek wil graag ’n praise & worship-aand vir die laerskool hou. Ek het klaar met die skoolhoof gepraat en ons moet ook die inkomste deel tussen die skool en die kerk. Sal tannie my kan help? Tannie, hoeveel kinders kan hierdie kerksaal vat?’

Dit neem my toe ’n oomblik om die versoek te verwerk en dit het heel moonlik voorgekom of ek ’n vertraagde reaksie gehad het, maar was eerder só oorwelddig deur hoe Jesus ons kinders beweeg. Iva se gehoorsaamheid getuig van ’n generasie wat steeds honger na hul Skepper. Dankie Iva, ons is só trots op jou! Jy maak spasie vir Jesus om te beweeg Ons hou Iva se lofprysingsaand, in samewerking met Laerskool Montagu, op 14 April om 18:00 in die kerksaal vir graad 4 tot 7. Met groot verwagting bid ons vir elke kind ’n ontmoeting met Jesus.

Hoekom hierdie besige dagboek? Nie om iets te bewys nie, maar om vir die Iva-generasie ’n kerk te wees waar hulle hul roeping kan uitleef

‘We will never change the world by going to church. We will only change the world by being the church.’

Jesus beweeg!

Oopgesprek

Dit is Paastyd!

Dit beteken verskillende dinge vir verskillende mense Vir sommiges is dit die begin van die skoolvakansie of die einde van die pluk- en parsseisoen kans om so bietjie te rus. Ander skud weer hulle vere reg, vir toeriste en besoekers, terwyl die lewe vir party net soos normaal aangaan… geen groot opwinding of besonderse vooruitsigte nie

Die kruis (met Jesus wat daaraan hang of leeg), die graf (met die klip geseël of weggerol), die vroue en die dissipels by die graf (hartseer of verwonderd en bly) en Jesus (opgestaan met merke aan sy hande en sy sy) is bekende Bybelse Paasfeestonele in hierdie tyd

Maar vir my, en ek dink vir ons almal maar, is die gevaar dat ons hierdie Bybelse Paasfeestonele en die gebeure wat daarmee saamloop, in ons koppe op ’n plek bêre wat so bietjie losstaan van die daaglikse lewe; van die (kan ek dit noem) sekulêre ritme van Paastyd… Ons gedagtes word, soos gewoonlik, besig gehou met die normale dinge van die lewe – soos reëlings vir vakansie en die uitsien daarna, met regmaak vir die kuiergaste vanuit die ooste en die weste of met “worries” van die normale lewe hier.

Die gevaar is dat ons wel kennis neem van Bybelse Paasfeesbeelde, maar dat dit net vir ’n kort tydjie nostalgie by ons aanwakker… ons as’t ware help om so bietjie te ontsnap van die werklike lewe wat soms weerlig-wild kan wees Dit gebeur maklik en met almal van ons.

Maar toe ek in hierdie week deur die uitstallings in die kerk stap, waar ’n paar van ons gemeentedames Jesus se 7 kruiswoorde uitgebeeld het, het ek iets anders ervaar.

• By die eerste uitstalling skryf ek ’n dankgebed vir genade op ’n papiertjie en spyker dit self aan die kruis vas Die hamerhoue ruk my diep Lukas 23:34 – “Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie ”

• By die tweede uitstalling sien ek dadelik die ketting en slot op ’n stuk rooi lap, en die slot aan die ketting is oopgesluit Dit dring weer tot my deur Jesus maak mense VRY! Lukas 23:43 – “Ek verseker jou: vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

• Ek stap tot by ’n tafel wat keurig gedek is – die derde uitstalling Die name van die gaste by elke bord… “gasvrou”, “haar man”, saam met die “Tuinier”, die “Huishulp”, die “Teller” en die “Eensame oom”. Almal van hulle is welkom! Net soos Maria, word hulle nie misgekyk nie Johannes 19: 26-27 – “Daar is U seun… Daar is jou moeder.”

• By stasie vier is dit die prent van die MENS Jesus wat met uitgestrekte arms en ’n pyntrek op sy gesig staan, en agter Hom die GODDELIKE Jesus wat sy arms omhoog hou, wat onmiddellik my aandag trek. Ek ruik die kers wat brand. Matteus 27:46: “My God, my God, waarom het U my verlaat?”

• By die vyfde stasie word ek begroet deur ’n swart doek voor ’n ingang met die woord “Dipsao” daarop (Grieks vir “om dors te ly”, “te smag na verkwikking a g v die pynlike gevoel van gebrek) Toe ek by die ingang instap, hoor ek hoe kraak die droë boombas op die grond onder my voete Ek gaan sit op die stoel voor die kruis, druk ’n sponsie in asyn en proe daaraan hoendervleis! Ek staan op, druk my hand in ’n emmer vars koue water, raak eers aan my voorkop om my te herinner aan my doop, maar vee toe sommer die nattigheid oor my hele gesig en my arms… “Dankie dat U my skoonwas!” Johannes 19:30 – “Ek is dors.”

• Stasie ses het ’n groot kruis met ’n pragtige skildery van Jesus se gesig wat afkyk. Net bo dit is gevlegde doringtakke, soos ’n kroon Die woorde “Tetelestai” tref my – en die beskrywing…

“Tetelestai is die Griekse woord om te sê die werk is afgehandel en is ook ’n rekenkundige term wat beteken die rekening is nou ten volle vereffen ” Johannes 19:30 – “Dit is volbring.”

• En by die laaste stasie, stasie nr. sewe in die kapel, is dit weer die kruis, die prent van Jesus daaraan, die verskillende kleure materiaal met elkeen se betekenis en die swart kers wat my aandag trek Maar die gebed in die boek wat op 4 April oop lê voor die kruis, gryp my hart aan : “Here, help ons om, in ’n tyd waarin daar so baie klem gelê word op menseregte, ons kruise op te neem en die waarheid met waardigheid te verkondig. Leer ons om fyn te luister en gee vir ons die nodige onderskeiding sodat ons in ’n tyd van verwarring die ware God sal aanbid en sy Naam in hierdie wêreld sal verkondig.” (vry vertaal in Afrikaans)

Die uitstallings van Jesus se kruiswoorde het my herinner aan die gebeure rondom Goeie Vrydag en het die ou bekende Bybelse Paasfeesbeelde opgeroep Maar in plaas daarvan dat dit my vir ’n oomblik nostalgies laat ontsnap van realiteit, net om dit daarna weer in my kop op ’n plek te bêre wat losstaan van die daaglikse lewe, besef ek hier het iets anders met my gebeur

Dit was nie net ’n kop-ervaring nie Ek het iets met my sintuie beleef! Ek het dit gesien, gehoor, geproe, geruik en gevoel! Dit was ’n diep realiteit, en nie net ’n mooi sprokiesverhaal of ’n teologiese teorie nie! DIT is hoe God is! Nie ver en eenkant nie, maar hier by ons. Hy is by JOU! Sy woorde op pad na die kruis toe, en net voordat Hy sterwe, sê: “Ek het jou lief.”

Lize Rossouw

Die kombuis is die hart van enige huis ’n Kombuis is nie net waar maaltye gekook word waarmee mense gevoed word nie, dit is ook waar mense bymekaarkom. Waar daar gesels en gekuier word rondom die kombuistafel en die kookpotte Hier word raad gevra en ook uitgedeel met liefde, resepte en rate uitgeruil, hier word harte gelawe wat swaarkry en nuwe moed geskep vir die uitdagings van die lewe wat voorlê en word daar gedans in oomblikke van uitbundigheid. Die kos wat in die meeste kombuise gekook word, word dikwels gegeur met die sout van trane, maar ook die speserye van geluk en vreugde. En hier word daar gebid Baie Nie net vir die kos wat voorberei word nie, maar vir die hande wat dit maak en dié wat dit ontvang, ook vir die smart en die lief en leed wat in daardie kombuis gedeel word. Dit alles maak enige kombuis ’n hartsplek Gelyk aan enige dokter se spreekkamer en enige dominee se kansel. Die kombuis van Montagu se NG kerksaal is ongetwyfeld so ’n kosbare spasie. Nie net word daar bitter hard gewerk om fondse uit niks te genereer nie, maar daar kan enigiemand enige tyd van die dag instap om raad te vra, ’n druk van bemoediging te ontvang of sommer net in die werk gesteek te word sodat jou brein vir ’n rukkie kan afskakel van die stres en geharwar van jou lewe. Om met kos te werk. is immers so na aan sielkundige berading wat mens kan kry sonder om woorde te gebruik. Hierdie kombuis sorg nie net vir haar NG gemeente nie, maar het ’n baie wyer impak op mense se lewens. As jy honger is, sal hier vir jou ’n kospakkie wees. Ongeag jou velkleur of geloofsoortuiginge. As jy werkloos is, is daar ’n goeie kans dat hier vir jou opleiding van een of ander aard sal wees wat jou in die rigting van werksgeleenthede sal stuur.

As ons die voordele van hierdie kombuis kan besef en realiseer, sal dit vir die hele Montagu-gemeenskap nog van groot waarde wees en die liefde van Montagu NG Gemeente nog verder help uitdra.

Ons as vrouens van Montagu wil graag hierdie droom bewaarheid en ons kombuis help om sy volle potensiaal te bereik deur hom toe te rus vir hierdie reusetaak Huidiglik is daar net basiese gereedskap en kookimplemente in die pragtige kaste en laaie. Daar is glad geen industriële toerusting nie en hiersonder is elke funksie en geleentheid ’n gesukkel. Nog ’n groot probleem is dat daar bykans geen lugvloei of enige vorm van verkoeling in die kerkkombuis is nie. Almal wat al hier uitgehelp het, weet hoe ongelooflik warm dit in die kombuis is, die sweet tap jou in strome af. Tog kla niemand ooit nie Maar ons vroumense weet tog hoe belangrik dit is om daardie toerusting te hê en hoe belangrik ’n koel kombuis is Boonop sal elke nuwe stukkie toerusting soos goud opgepas word en aangewend word om ons droom te verwesenlik van ’n vrouehart vir Ons Kombuis.

Om hierdie droom te verwesenlik gaan daar nog hard gewerk moet word, maar hiervoor is ons nie bang nie Enige hulp en voorstelle van moontlike fondsinsamelingsprojekte is welkom As jy betrokke wil raak, gee asseblief jou naam by die Kerkkantoor op

This article is from: