
1 minute read
Uit my kuilvoerpen: Kuilvoer-evaluasie
by WCDOA pubs
deur prof. Robin Meeske
DDie Egiptenare het meer as twee duisend jaar gelede reeds graan in houers gestoor om dit te preserveer. Die inkuiling van gewasse is dus ’n taamlik nuwe manier van veevoer preserveer vir latere gebruik, maar dit geskied nou reeds vir drie eeue.
Tydens die inkuilingsproses word materiaal gekerf, gekompakteer en dan verseël met plastiek om lug uit te hou. Die doel is om so gou moontlik anaerobe toestande te skep waartydens melksuurbakterieë suikers benut om melksuur te vorm. Dit laat dan die pH tot ongeveer 4 daal en preservering vind plaas. Goed gepreserveerde kuilvoer kan vir jare geberg word indien dit nie aan lug of water blootgestel word nie. toe te dien wat die vlakke van asynsuur in die kuilvoer verhoog. Asynsuur inhibeer die groei van giste en swamme.
Die Santam/Veeplaas-kuilvoerkompetisie word jaarliks gehou om kuilvoer te evalueer en terugvoer aan produsente te gee. Die doel is om inkuiling te verbeter. Die evaluasiestelsel is oor jare ontwikkel en verbeter steeds. Dit fokus op fisiese eienskappe, voedingswaarde, fermentasieeienskappe en stabiliteit van kuilvoer.

Die skrywer, prof. Meeske, is die voorsitter van die tegniese komitee wat die inskrywings evalueer en ook skriftelik terugvoer aan al die deelnemers (>100) gee. Mondelinge terugvoer word by die jaarlikse Kuilvoersimposium gegee.
Die begin van goeie kuilvoer is om die gewas op die regte stadium te sny. Die droëmateriaalinhoud van mieliekuilvoer behoort 35% te wees wanneer dit ingekuil word, graanpitte behoort ingeduik te wees en mielieplante behoort fyn gekerf te word (kerflengte van 8-12 mm). Kompaksie behoort 700-750 kg vars materiaal per m3 of 240 kg droë materiaal per m3 te wees.

Bolaagkompaksie kan op baie plase nog verbeter. Swak bolaagkompaksie veroorsaak onnodige bolaagverliese. Sodra kuilvoer afbreek en agteruitgaan, sal die pH begin styg. Dit word veroorsaak deur giste en swamme wat vermeerder wanneer lug die kuilvoer binnedring. Resultate van die kuilvoerkompetisie het gewys dat mieliekuilvoer wat vir vyf dae aan lug blootgestel is, stabiel kan wees met geen styging in pH nie.
Stabiliteit van mieliekuilvoer kan verbeter word deur ’n heterofermentatiewe melksuurbakteriese inokulant tydens inkuiling
Vir meer inligting, kontak prof. Robin Meeske:
Terugvoer wat produsente ontvang, sluit in: kuilvoer is te nat, sny later, graanvulling is swak, styselvlakke is te laag, energiewaarde laag, veselinhoud te hoog, bolaagkompaksie is swak, kerflengte is te lank of kuilvoer is onstabiel by blootstelling aan lug. Produsente kan dan aandag gee aan probleempunte en só kuilvoer te verbeter.
Erkenning
Dit is ’n voorreg om deel te wees van die Santam/Veeplaas-kuilvoerkompetisiespan en só ’n bydrae te maak tot verbetering van kuilvoer in Suid-Afrika. AP