Southern Cape (March 2017) Primary - High Schools

Page 13

HOËRSKOOL LANGENHOVEN Twaalf Das-atlete verwerf SWD Twaalf van Hoërskool Langenhoven se Dasse het na afloop van die Eden Atletiekkampioenskappe provinsiale kleure verwerf. Ons is baie trots op hierdie atlete!

(t) 028 713 1065 (e) admin@langenhovenhs.co.za

Mnr. & Mej. Langenhoven glansaand

Op Donderdag, 23 Februarie 2017 was dit tyd vir die jaarlikse glansaand waar die skool se mooistes aan die gehoor voorgestel is en ongeveer 170 Sêrleerders hulle talente gewys het. Die tema, African Safari, het ieder en elk betower. Die dekor was soos iets uit ‘n boek en almal kon op hulle eie verbeeldingsreise gaan. ‘n Tradisionele driegang-maaltyd het verder die verbeelding aangegryp. Na afloop van al die glans

Die wenners: VOOR: Anja Joubert (Mej. Jnr Langen-hoven), Jeanne-Carla Marais (Mej. Jnr tweede prinses) en Tinka Fox (Mej. Jnr eerste prinses). MIDDEL: Juanique van Vuuren (Mej. Persoonlikheid Jnr), Kelly-Mari Boswell (Mej. Fotogenies), Cady Beukes (eerste prinses), Liza Gerber (Mej. Langenhoven), Shannon Smith (tweede prinses), Janique Gerber (Mej. Persoonlikheid), Nika du Toit (Nika en Juanique deel Mej. Persoonliheid Jnr) en Bianca Lombaard (Glansaand Debutant). AGTER: Justin Riddles (tweede prins), Christiaan Heyns (Mnr. Fotogenies), Anru van Schalkwyk (eerste prins) en Gian Rademeyer (Mnr. Langenhoven).

VOOR: Stephani Heenop (driesprong), Nadia Enslin (driesprong), Margaux Pienaar (diskus), Jowin Pietersen (400 m), Lazlo Paulsen (1 500m hindernis, 1 500m & 3 000m) en Andrie Swart (800m). AGTER: Cornrin-Lee Adams (verspring), Brendon Marais (spiesgooi), Elzé van Tonder (gewigstoot), Richard Marshall (spiesgooi & diskus), Stephan Prinsloo (diskus) en Alika Steyn (gewigstoot & diskus).

HOËRSKOOL ALBERTINIA Atletiek Emile Damons (Graad 9) het baie goed gedoen in die 200m vir seuns o/14. Emile neem van 17 tot 18 Maart deel aan die Wes-Kaap kampioenskappe te Paarl.

en swier is die wenners aangewys. Liza Gerber is as Mej. Langehoven verkies, Gian Rademeyer het die Mnr. Langenhoven-kroon ontvang en Anja Joubert is as Mej. Junior Langenhoven aangewys. Ongeveer 40 sangers in elke graad het ook op die kroningsgeleentheid hulle talente ten toon gestel. Die Sêr het hierdie jaar ‘n nuwe blaadjie omgeslaan en die kompetisie-element is uitgehaal. Die leerders kon ook gebruik maak van musiek en instrumente. Dit was verseker die hoogste kwaliteit nóg!

(t) 028 735 1018 (e) albertinia.high@gmail.com

Rugbyproewe

Kultuur

Leerders van HS Albertinia het deelgeneem aan die Presidentspan-proewe van SWD. Vyf seuns is opgeneem in die 0/16-groep in die Hessequa-span.

‘n Selgroepie van die NG Kerk in Mosselbaai het vanjaar besluit om te belê in HS Albertinia se leerders. Hierdie selgroepie het n aantal gratis Bybels geskenk aan die skool.

Lenville Smith, Junior Stephanus, Johany Witbooi, Joshwill Saayman en Aschaldo Kiewiet.

Proewe o/18 Drie van die senior seuns het ook plek gekry in die 0/18span.

Herman Maartens (skoolhoof), Franco Terblanche (hoofseun), Amy Michiel (hoofdogter) en een van die lede van die selgroepie.

OAKDALE LANDBOUSKOOL Krieketspanne Die o.19 B-krieketspan was die wenners van die liga-finaal teen Hoërskool Knysna en palm hierdeur die SWD Promosieliga in. Die o.19 A-span het Saterdag in die finaal van die SWD Superliga teen die span van Glenwood House gespeel, die wedstryd met 63 lopies gewen, en as ligawenners van die Hoërskole Superliga gekroon. Pietie Uys (kaptein) het die trofee van mnr. Francois Visagie van die SWD Krieketunie ontvang. Die o.15A-span van Oakdale het op Riversdal teen hul eweknie van Glenwood House in die o.15-SWD-liga te staan gekom en die wedstryd met agt paaltjies gewen. Mnr. Carelse van die SWD Krieketunie het die trofee aan die kaptein, Jessie Adams, na afloop van die wedstryd oorhandig. Oakdale het gedurende 2016 begin met die krieketakademie wat in die Oakdalesportsentrum aangebied word. Dit het tot gevolg dat krieketspelers ook gedurende wintermaande hul krieketvaardighede kon inoefen en verbeter. 0.15A-span.

Ruwayden Kiewit, Kerone Jansen, Anwar Saayman.

(t) 028 713 2549 (e) bemarking@oakdale.co.za

Tennis

Mej. Oakdale verkies Mej. Oakdale 2017 is gedurende die Oakdale Valentynsbal gekroon. Sy sal die skool tydens die 2017interskole, wat vanjaar op Riversdal sal plaasvind, verteenwoordig. Die Valentynsbal is ‘n gewilde aktiwiteit op die skool se sosiale kalender. Hier kan die Oakdalers hul “gentlemanship” aan die skoner geslag demonstreer. Oakdale bied aan leerders die geleentheid om sosiale vaardighede aan te leer en uit te leef. Lissa Fourie van Hoërskool Outeniqua is as Mej. Oakdale 2017 gekroon. Haar eerste en tweede prinsesse is Liezl Kruger en Elriette Snyman, albei van Hoërskool Punt. Liezl Kruger, Lissa Fourie en Elriette Snyman.

Die eerste tennisspan het, afgesien van hul oorwinnings in verskeie toernooie, ook vanjaar die SWD Hoërskole-liga ingepalm. Oakdaletennis gaan van krag tot krag en waardevolle insette word gelewer deur die Oakdale Tennisakademie. Mnre. Wimpie Helmand en Coco Theron is verantwoordelik vir die afrigting en koördinering van die span.

VOOR: Duther Theron en Derick Jooste. AGTER: Mnr. Coco Theron (koördineerder), Willem Wessels, Henk Smit en mnr. Wimpie Helmand (afrigter).

AWSUM NEWS MARCH 2017

Page 9


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Southern Cape (March 2017) Primary - High Schools by AWSUM News - Issuu