Pretoria (July - Aug 2016) Primary - High Schools

Page 7

AFRIKAANSE HOËR MEISIESKOOL PRETORIA (t) 012 344 3811 (e) bemarker@ahmp.co.za Vier Affies verwerf hul Presidentsverkenner toekennings. Vier Affies verwerf hul Presidentsverkennertoekennings Vier Graad 12-leerders van Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het tydens die Julie-skoolvakansie die Presidentsverkennertoekenning van die Voortrekkers verwerf: Tanri de Witt, Helena Cecile Kruger, Nicola Strydom en Elsje Taljard. Affies wens julle geluk – dit is ‘n besondere prestasie om hierdie toekenning te ontvang en span die kroon oor baie jare van volharding en toewyding. ‘n Leerder se belewenis van hierdie ervaring: Ek staan in my formele drag in die seremonie tydens ‘n regte Transvaalse sonsopkoms. Trots op aandag sing ek uit volle bors. Dit tref my soos ‘n nat lap: hierdie is nou werklik die einde, die einde van een ongelooflike Verkennerloopbaan. Die einde van so ongelooflike deel van my lewe, die Voortrekkers, die plek waar aande oggende word saam met vriende wat familie word. Herinneringe is gebou wat ons altyd sal onthou. Wat is beter as ‘n Voortrekkerkamp? Wel, volgens my ‘n sonsak op ‘n Tanri de Witt, Helena Cecile Kruger, Nicola Strydom en Elsje Taljard. Voortekkerkamp, wat beteken eintlik is daar niks beter as ‘n Voortrekkerkamp nie. Waar in jou lewe ontmoet jy so baie vriende wat familie is van Kaap tot Namibië? Waar leer jy so baie lewensverrykende kennis? Waar kry jy al hierdie dinge behalwe by Voortekkers? Die Voortrekkers is my huis, my rots en my trots. Dit is die plek waar ek myself kan wees en myself kan geniet. Ek groet dalk my Verkennerloopbaan by die Voortrekkers, maar die Voortrekkers groet ek nooit. Vandag sê ek dankie vir elke Voortrekker wat my loopbaan so suksesvol gemaak het deur hulle bydrae. Die vraag “Wat is Voortrekkers?” is een wat baie aan my gevra word, en wat ek antwoord is dat Voortekkers nie beskryf kan word nie, want dit is ‘n leefwyse saam met ander familie as jou bloed. Ek sê baie dankie aan almal wat my Voortrekkerloopbaan so suksesvol gemaak het. Uithou.Aanhou. Koershou. Presidentverkennergroep 2016, ek gaan julle mis.

HOËRSKOOL GARSFONTEIN(t) 012 998 6096/8200/8210 (e) garsies@garsies.co.za Rozanne du Plessis Rozanne du Plessis het onlangs die 10de plek behaal in die landswye De Beers English Olympiad vir English First Additional Language. Hierdie is ‘n baie gesogte en uitdagende eksamen wat jaarliks deur meer as 7000 deelnemers afgelê word. Sy het ook kontant en ander pryse losgeslaan.

REDDFORD HOUSE 67 Minutes for Mandela Day “By devoting 67 minutes of their time – one minute for every year of Mandela’s public service – people can make a small gesture of solidarity with humanity and a step towards a global movement for good.” ~ Nelson Mandela Foundation The students of Reddford House dedicated their 67 minutes by bringing bread and sandwich spreads and fillings to school and then giving their time to make hundreds of sandwiches to distribute to those less fortunate. As always, Reddford families gave generously and the positive spirit with which the students prepared and served the food was heartwarming.

Dance World Cup Chané Fischer het die Goue Medalje gewen vir haar solo in die Acro-Dance afdeling van die Dance World Cup. Dit was gehou in Jersey, Brittanje waar meer as 3000 dansers van 33 lande deelgeneem het. Sy het met ‘n punt van 92 die Goue Medalje verower, nadat haar naaste teenstaander van Skotland, ‘n punt van 87,3 behaal het. Chané is toe ook genooi om as deel van die hoogtepunte van die week, in die gala-aand te dans op 2 Julie, wat voorwaar ‘n groot pluimpie was. Met die medalje seremonie en prysuitdeling, is Suid-Afrika se volkslied gespeel toe Chané die Goue Medalje ontvang het. Baie geluk met hierdie puik prestasie Chané.

ATKV – Spelathon Gauteng finaal Carmi Wentzel behaal op 21 Julie ‘n 2de plek en Anri Engelbrecht ‘n 6de plek tydens die Gauteng finaal van die Graad 8 Spelathon kompetisie aangebied deur die ATKV. Carmi was die wenner van die uitdunne op 20 Julie en val tydens die finaal eers in die 29ste rondte uit. Baie geluk Carmi.

(t) 010 060 0757 (e) info@thehills.reddford.co.za

Cross Country Reddford House Preparatory recently participated in their first Cross Country event which took place at St Paulus Primary. The team faced the challenging course with enthusiasm and finished tired but proud. Chikosulu received a Silver Medal in the Boys u/10 2km. Asanda Motsumi in Grade 5 was awarded the Gold Medal for first place in the Girls u/11 3km.

Reddford Family and Friends Fun Day In June, the Reddford family came together for a day of fun before exams started. With over a thousand tickets sold, this was the biggest event yet in the history of this new school and it was a huge success. Ingaadi spa was there to offer parents a chance to relax while the kids tried out over twenty different inflatables including the mechanical surfboard, parachute rocket, sumo ring, zorb balls and giant slide. Dozens of different food stalls offered plenty of choice for meals and treats. Clowns, games and pony rides added to the carnival atmosphere.

AWSUM NEWS JULY/AUG 2016

Page 7


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Pretoria (July - Aug 2016) Primary - High Schools by AWSUM News - Issuu