Skip to main content

ProAgri SA 289

Page 4

Voorbladartikel

Só skep Kverneland ՚n droomsaadbed

D

ie diepste droom van enige saadkorrel of -pit is ՚n eenvormige, snoesige saadbed waarin hy in knus kontak met die grond kan ontkiem en sy wortels behaaglik kan uitstrek om volle gebruik van voedingstowwe in die goeie grond te maak sodat hy tot ՚n geil gesonde plant kan ontwikkel wat vir die boer hope wins in die sak besorg. So ՚n perfekte saadbed is wat Jupidex se Kverneland Enduro Pro vir die boer skep – vinnig, flink en bekostigbaar. Of jy vlak of diep wil bewerk, Enduro is steeds jou antwoord en boonop geniet jy die toegewyde ondersteuning van Jupidex se kundiges en rotsvaste na-verkoopdiens wat jou immer doel-treffend en voorspoedig aan die boer hou. Boonop kry hierdie werktuig ook 'n 24-maande waarborg nes ander Kverneland werktuie. Dit is mos nou diens! Hierdie waarborg is geldig vanaf die afleweringsdatum en is slegs beskikbaar op produkte wat na 2022 vervaardig is. Om te verseker jou werktuig bly onder waarborg, moet dit op eenjarige ouderdom geïnspekteer word. Die inspeksie bevestig dat jy mooi na jou Kverneland-toerusting omsien en en dat enige probleem wat opduik 'n fabrieksfout is wat Jupidex sal noop om spoedig op te tree om dit reg te stel. 2

ProAgri Suid-Afrika 289

Kverneland se ploeë en ander toerusting het geen bekendstelling by SuidAfrikaanse boere nodig nie en bied boere sommer van die wegspring af ’n belangrike voordeel omdat Kverneland se toerusting uit unieke staal vervaardig word, en deur 'n gepatenteerde koolstofinduksieverhardingsproses gaan. Kragtige en doeltreffende werkverrigting is sinoniem met Kverneland se Enduro-grondbewerkingsreeks. Die Enduro Pro neem doetreffendheid en tydbesparing na die volgende vlak met sy hoëspoed bewerking asook die eenmalige verstelling en die verskeidenheid bewerkings wat op een slag gedoen word. Die Enduro Pro werk tot 35 cm diep

deur Bianca Henning

en het ՚n dubbelparallelo-gramroller­ skakeling wat in die ry hidroulies verstel kan word om die werkdiepte te verander. Hierdie grondbewerkers is geskik vir ՚n wye reeks toestande, veral vir stoppelbewerking en vir bewaringsbewerking, om jou grondstruktuur te bevorder en grondvog te bewaar.

www.proagri.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
ProAgri SA 289 by ProAgri - Issuu